 |
Rapper D'Low open sy eerste vertoning in Amsterdam.
|
 |
Deen Louw (verhoognaam D'Low) nooi die Nederlandse skoonheid Nikki van Alst uit vir ’n dansie. |
 |
Dans die verhoog aan die brand.
|
 |
Die gehoor moet saamdans! Michael le Cordeur staan gereed, terwyl vroulief bietjie oorweldig is. Nóú moet die Nederlanders darem hard konsentreer! |
 |
Fatty (Calvin Nqcaku) uit die toneelstuk Dit sal die dag wees is bekommerd oor al die probleme in Suid-Afrika. As hy nie raad weet nie, is sy antwoord: "Hulle's jaloers!" |
 |
Fatty en Boesman (Calvin Ngcaku en Themba Ndimande) is boemelaars, "zwervers", wat op ’n humoristiese toon sosiale kritiek lewer op die Suid-Afrikaanse samelewing.
|
 |
André Koning uit Amsterdam by sy biltongstalletjie.
|
 |
Etienne van Heerden saam met Leopold Scholtz van Media 24 in ligte luim. |
 |
Marius van der Wall en Piet Snyman van Fiesta saam met Yolande Breytenbach (biltongpakkie in die hand) en Anet Vosloo van Naspers. |
 |
’n Paar BBP's uit Suid-Afrika, onder wie Marius van der Wall, Niël Rademan, EKM Dido, Yolande Breytenbach, Anet Vosloo en Haddad Viloen. |
 |
Boesman (Themba Ndimande) luister aandagtig na Breytenbach, terwyl Fatty (Calvin Nqcaku) dit net geniet om in Amsterdam te kan kuier. Dit was lekkerrrr! |
 |
Gideon van Eeden en Louise van Wingerden ontspan in die kleedkamers na hulle toneelstuk Afrikaans is nie vir sissies nie. |