Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Onderhoude | Interviews > Afrikaans > Paul Eilers gesels met Maggie Marx oor die Roepman-ervaring

Paul Eilers gesels met Maggie Marx oor die Roepman-ervaring


Maggie van Eeden - 2011-05-05
Untitled Document

Paul Eilers op die stel van Roepman


As my navorsing korrek is, is Roepman die eerste film in ’n hele klompie jare waarby jy betrokke is en die eerste een in die swart regie-stoel. Vertel ons van die belewenis.

Die maak van Roepman was ’n onvergeetlike ervaring. Die jong span wat bymekaargekom het, was net eenvoudig die beste tegnici met wie ek deur meer as 40 jaar gewerk het. Dit was vir my ’n droom wat waar geword het.

Wat het jou laat besluit om aan die Roepman-produksie deel te neem?

Ek het die boek Roepman van Jan van Tonder jare terug gelees. Om die waarheid te sê, Jan het my die manuskrip laat lees. Dadelik was dit duidelik dat hierdie ’n grootse film kan word. Toe Piet de Jager my nader, het ek nie twee keer gedink nie.

Watter uitdagings het die verfilming gebied?

Om met kinders te werk is nie speletjies nie. Om met jong akteurs te werk, ook nie – jy werk met mense se sielsgoeters en moet fyn trap in die pietersielie. Ek het gelukkig nog die luukse van uiters bekwame en talentvolle senior akteurs gehad wat die jonger spelers kon aansteek.

Jy is ’n veteraan-akteur – op die verhoog en op kamera. Hoe het hierdie ondervinding jou gehelp om leiding te gee aan die akteurs in die film, veral die jonger akteurs?

As akteur is mens bewus van die slaggate en moeilike prentjie wat jy op ’n klein doek moet skilder. Ek moes hulle net deur my gedagteproses neem en veilig laat voel terwyl hulle deur die labirint beweeg.

Is daar enige internasionale regisseurs of films wat as inspirasie vir jou uitvoering van Roepman gedien het?

Eintlik is ek (om nou nederig te wees) soos Eastwood en Redford. Ek moes eers oud en afgeleef word voordat ek so ’n taak kon aanpak. Ek en Piet het na heelparty films gekyk, en veral die Duitse en Franse films het my baie gehelp.

Wat is die toekoms van die Afrikaanse filmbedryf, en kan dit op ’n internasionale vlak kompeteer?

Baie belowend, en ja, met die regte draaiboeke kan ons meer as kompeteer met enige mark.

Enige ander produksies (hetsy teater, televisie of film) wat jou aanhangers kan verwag?

Die hoop beskaam nie. Tans doen ek die regie van Stuur groete aan Mannetjies Roux met Laurika Rauch en ’n klomp talentvolle mense. Ek glo dis eerste tipe musiekdrama in Afrikaans. Maar dis net so ’n heerlike ervaring.