Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices > Nuut by Benedic Boeke

Nuut by Benedic Boeke


2010-11-01

 

Ek leef van vrugte – vandag

Skrywer: Essie Honiball, geredigeer deur Johan Nel

ISBN: 978-0-9814408-2-8

Verkoopsprys: R160

Bladsye: 158

Ek leef van vrugte vandag is by toonaangewende winkels beskikbaar, of direk van Benedic Boeke ([email protected]).

Na soveel herdrukke en verwerkings sedert 1979 word die ikoniese boek Ek leef van vrugte, in die 2010-weergawe heeltemal hersien en bygewerk onder die bekwame redigering van Essie Honiball se jare lange vriend Johan Nel. Johan het in 1979, toe geen ander uitgewer Ek leef van vrugte wou uitgee nie, die eerste keer die boek gepubliseer. Die res is geskiedenis.

Verskeie herdrukke het deur die jare gevolg en hierdie nuwe 2010-uitgawe, met die titel Ek leef van vrugte – vandag, word nou in verskeie afdelings verdeel. Die rol van die vroeë pioniers wat saam met Essie hierdie opwindende dieet help ontwikkel het, se verhale word telkens aangevul deur Essie se 2010-kommentaar op hulle doen en late van baie jare gelede.

Daarna is daar insette deur die nuwe generasie, wat Herma Loubser se inspirerende verhaal, en ook dié van ander Hokaaiers van vandag insluit. Daar is ook in hierdie deel verhale van hoe mense in Amerika, Engeland en Europa hierdie opwindende dieet ervaar.

Ten slotte word daar wetenskaplik na die voordele van die vrugtedieet gekyk deur die bekende mediese navorser dr Dawie van Velden.

 

Essie Honiball – Die ontwaking

Skrywer: Anoeschka von Meck

ISBN: 978-0-9814408-3-5

Verkoopsprys: R180

Bladsye: 282

Essie Honiball – die ontwaking is by toonaangewende winkels beskikbaar, of direk van Benedic Boeke ([email protected]).

 

Die bekroonde skrywer Anoeschka von Meck, wat groot bekendheid verwerf het met haar boek Vaselinetjie, vertel 'n verhaal wat op die lewe van Essie Honiball gebaseer is.

Teen 'n agtergrond waar Essie in die Vrystaat grootgeword het, ervaar die leser saam met haar verhoudings wat 'n impak op haar lewe gemaak het: dié met haar eerste man, Cornelius de Villiers-Dreyer, ook bekend as Cosmo, wat haar gehelp het om met 'n vrugtedieet te begin, en haar stimulerende lewe saam met haar tweede man, die bekende spotprent-tekenaar TO Honiball.

Die boek fokus veral op die spirituele ontwaking wat Essie toenemend in haar lewe ervaar het en die impak wat die vrugtedieet op haar fisiese en geestelike welsyn gehad het.