Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Artikels | Features > Wat het gebeur op die MK Derde Avontoer?

Wat het gebeur op die MK Derde Avontoer?


Annie Klopper - 2009-01-07

Annie Klopper het die afgelope Desember vertrek op die MK Derde Avontoer saam met tien bands en 100 seerowers op twee busse wat tussen Langebaan en Jeffreysbaai musikale chaos gesaai het.

Annie het waarskynlik iewers langs die kus ’n pragtige man ontmoet en spandeer nou die res van die somer saam met hom in ’n afgeleë, romantiese kusdorp. Wat presies met haar gebeur het, weet ons nie, maar haar bagasie (insluitende haar kamera) het hier opgedaag. Haar klere was vol seesand en tussenin was ’n opgefrommelde briefie (geadresseer aan haar ouma) wat lees:

Beste Ouma

My Desembervakansie is ingeryg op warm kilometers langs besige strande, gebak in soel somerson wat flits teen blinkvuil hare wat soos gebreekte snare waai in die bries met stowwerige voete wat dans in gebreekte skoene wanneer ’n geesdriftige rockshow elke aand ’n kusdorp se sluimer verbreek met musiek wat soos warm sonbrandroom uit die inhibisies van sweterige lywe van bottels bars.

Dit was die MK Derde Avontoer. En ek was daar om foto’s te neem.

Op grond van haar dagboek kon ons aantekeninge by haar foto’s plaas. Die laaste inskrywing in hierdie betrokke dagboek sê die volgende:

Die Heuwels Fantasties, wat hulle eerste show (ooit) op Stilbaai gejam het, som dit dalk die beste op met die woorde van hul nuutste, “Pille vir Kersfees”:

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees.

Musiek was duidelik die beste raat vir enige kwaal.

Foto’s deur Annie Klopper

Klik hier vir nog van Annie se Avontoerfoto's