Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Kennisgewings | Notices > Dekade: Tien jaar van aanwinste vir die Sanlam-kunsversameling

Dekade: Tien jaar van aanwinste vir die Sanlam-kunsversameling


2008-08-13

22 Julie – 16 Januarie 2009

Sanlam-kunsgalery

Sanlam-Hoofkantoor
Strandweg 2, Bellville

Om die stigting van Sanlam 90 jaar gelede te gedenk, bied die Sanlam-kunsversameling tans ’n tentoonstelling aan wat die klem laat val op sy aanwinste van die afgelope tien jaar. Dié befaamde versameling van Suid-Afrikaanse kuns waarmee in 1965 begin is, is sedert 1997 deur nie minder as 544 werke aangevul nie.

In ooreenstemming met die Sanlam-versameling se oogmerk om verteenwoordigend van plaaslike kuns te wees, is die keur van 83 werke in die huidige tentoonstelling ’n eklektiese vermenging van die verlede en die hede - van die laat 19de eeu tot die teenswoordige tyd.

Volgens Stefan Hundt, kurator van die Sanlam-versameling, laat hy binne die beperkings van die beskikbare ruimte, met dié tentoonstelling die klem val op ’n keur van die interessantste aankope oor die afgelope tien jaar.

“Binne die konteks van beduidende vraag na werke deur die vermaarde “ou meesters” aan die een kant en aan die ander kant kontemporêre werke wat tans in die brandpunt staan, is van die kunstenaars wat nou verteenwoordig word, feitlik al vergete. Ek hoop dus dat dié tentoonstelling in ’n mate weer die kunsliefhebbers bekend sal stel aan die ryke uiteenlopendheid wat die afgelope eeu ’n kenmerk van Suid-Afrikaanse kuns was.”

Die werke wat te sien is, dek van ’n Frans David Oerder-waterverfskildery uit 1899, wat ’n sangoma-voorspellery uit bene op die vloer van ’n konsessiewinkel uitbeeld; ’n blik op Houtbaai in waterverf deur Durant Sihlali uit die 1970’s; ’n mooi, byna surrealistiese landskap deur Ricky Dyaloyi; en beeldhouwerke deur Johannes Maswanganyi, Edoardo Villa en Philipps Kolbe, tot by die grinterige installasies van Jan van der Merwe, Gavin Younge en Leora Faber.

Die tentoonstelling is op 7 Augustus 2008 om 19:00 geopen deur dr Wilmot James, nie-uitvoerende direkteur van Sanlam Beperk en uitvoerende direkteur van die African Genome Education Institute.

Dit sal tot 16 Januarie 2009 besigtig kan word, gratis.

Vir nadere besonderhede, bel Stefan Hundt, kurator: Sanlam-kunsversameling,

021 947 3359 / 083 457 2699

 

Klik hier vir Amanda Botha se artikel: Wat kan as verteenwoordigend van Suid-Afrikaanse kuns in ’n postmoderne periode gereken word?

Klik hier vir 'n lys van kunswerke in die Sanlam-versameling wat reeds beskikbaar is op LitNet

Die uitstalling sluit oa die volgende kunswerke in: