Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap

LitNet Virtuele Wyngemeenskap


<< 1 2 3 4 >>

Paul Murray in conversation with the South African Pavarotti of wine, Michael Olivier, about his new book, Crush!
Paul Murray - 2008-01-22
Michael Olivier is the author of food books and wine columns. His latest book is an annual about wine and contains useful information for the reader on which wines to drink now and how much you will pay for a range of different wines – cheapest in the R20s, to in the R200s. Questions asked are answered, like, “What should I be drinking?" "What’s the newest wine?" Crush! 100 South African Wines to drink now You are the wine lover ― it’s your crush on...

'n Skatkis vol juwele
Johann H Crafford - 2008-01-21
Een van die gewildste dorpe in die Boland vir binnelandse sowel as buitelandse besoekers is ongetwyfeld Franschhoek. En as mens na al daai uitsonderlike eetplekke, boetieks, galerye en dies meer in sy hoofstraat kyk, is dit duidelik hoekom. Maar Franschhoek se rykdom lê nie net binne sy dorpsgrense nie. Die verskeidenheid wynprodusente in hierdie pragtige vallei bied op hul eie meer as genoeg rede om keer op keer terug te gaan. Een Saterdag besluit ek en vroulief toe mos om weer ‘n...

Bekoor jou geliefde op Valentynsdag met Grünberger Rosenlese
2008-01-21
Laat jou innerlike Diva na vore kom dié Valentynsdag en bekoor die man (of vrou) in jou lewe met die verleidelike blos van Grünberger Rosenlese. Dié wyn se romantiese koraalskakering en speelse geure wat herinner aan aanloklike aarbeie en framboos sal hom (of haar) beslis betower.Grünberger Rosenlese is ‘n besonderse wyn met ‘n soet, vrugtige smaak wat jy maklik kan onderskei aan sy kenmerkende “blocksbeutel”-buikfles. Afgesien daarvan dat dit die ideale,...

Stellenzicht stel vierde ABSA Toptien-pinotagewenner bekend
2008-01-21
Stellenzicht, die bekende pinotage-produsent van Stellenbosch, het onlangs sy vierde ABSA Toptien-pinotagewenner, die 2006 Stellenzicht Golden Triangle Pinotage, bekendgestel. Dit is die derde agtereenvolgende keer dat Stellenzicht hierdie gesogte toekenning ontvang. Hiermee het wynmaker Guy Webber hom bewys as een van die land se nuwe pinotagemeesters, en hy is nou ook deel van die uitgesoekte groepie wynmakers wat reeds vier of meer ABSA Toptien-wyne opgelewer het.Webber koester nog die glorie...

Zorgvliet skep sy eie hemelruim
2008-01-18
Zorgvliet mag nou wel die nuwe laaitie in die buurt wees, maar sy wyne spreek reeds boekdele. In so ’n mate dat die gerekende John Platter-gids, die nie-amptelike bybel van die wynbedryf, nie minder nie as 16 van Zorgvliet se 21 wyne in die jongste Platter-gids bekroon. En dis nie sommer net vir krone uitdeel nie. Daardie 16 Zorgvliet-wyne het drie en ’n half sterre en meer by Platter gekry, terwyl Zorgvliet se trots, die Richelle 2004, nie minder nie as vier en ’n half sterre...

Nelson-wynlandgoed kry vrouewynmaker
2007-12-18
Lisha Nelson, Nelson’s Creek se nuwe wynmaker, en haar hond Fudge. In pas met ’n internasionale neiging onder top-wynprodusente om vroulike finesse by hul wyne te voeg deur vrouewynmakers aan te stel, het die Nelson-wynlandgoed onlangs dieselfde gedoen. Maar eienaar Alan Nelson het verder gegaan deur die wynmaakverantwoordelikheid op die familieplaas van 135 hektaar in die heuwels aan die voet van die Paarlberg aan sy dogter Lisha (25) toe te vertrou. Lisha ...

Dagtoer: Stellenbosch-skatkis onthul nog ’n juweel
Johann H Crafford - 2007-12-13
Villiera Tel: 021 8652002/3 E-pos: wine@villiera.com Web: www.villiera.com Wynproe-tye ...

Simonsig se pinotage doen dit weer en weer!
Johann H Crafford - 2007-12-13
’n Pinotage van Simonsig het weer eens ’n slag geslaan by die jaarlikse ABSA Top Tien Pinotage-kompetisie. Sedert ’n pinotage van hierdie landgoed die eerste keer in 2001 met die louere in hierdie strawwe kompetisie weggeloop het, is dit die derde keer dat Simonsig met ’n oorwinning spog. Die Simonsig Redhill Pinotage 2005 het vanjaar die landgoed se naam hoog gehou. Maar dis nie net in die Top Tien Pinotage-kompetisie dat hierdie eg Suid-Afrikaanse kultivar sy naam...

Fleur du Cap maak stem dik by ABSA Top Tien Pinotage-kompetisie
Johann H Crafford - 2007-12-13
Fleur du Cap het sy slag gewys as een van Suid-Afrika se voorste pinotage-produsente deur sy stem dik te maak in die 2007 ABSA Top Tien Pinotage-kompetisie met sy Pinotage 2005. Dié seëvierende Fleur du Cap Pinotage 2005 – ’n klassieke weergawe van die variëteit wat op eie bodem gekweek is – het teen ’n rekordgetal inskrywings van 148 te staan gekom en is deur ’n paneel pinotage-kenners, wat plaaslike sowel as internasionale beoordelaars insluit,...

Gehaltewyne in nuwe, gerieflike verpakking
Johann H Crafford - 2007-12-05
’n Opwindende nuwe konsep in wynverpakking wat veral gepas is vir ’n besige leefstyl maak dit nou moontlik om enige tyd en enige plek wyne van gehalte te geniet. Vier besonderse wynreekse is pas bekendgestel in dié innoverende, gerieflike en 100 persent herwinbare Prisma-verpakking sodat oesjaarspesifieke wyne sowel as prettige versnitte oral en altyd geniet kan word. Bo en behalwe hul omgewingsvriendelike trefkrag is hierdie wyne ideaal vir onthaal, hetsy binnenshuis...


<< 1 2 3 4 >>