Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap

LitNet Virtuele Wyngemeenskap


<< 1 2 3 4 >>

Nina Swart, Terblanche Jordaan, Lize Beekman en Dieter Voigt hou piekniek
Johann H Crafford - 2008-06-06


“Donkiestap” oor Polkadraai-heuwels
Johann H Crafford - 2008-06-06


Wynliefhebbers proe Van Ryn-brandewyne, Belgiese sjokolade en Brasiliaanse koffie
Johann H Crafford - 2008-06-06


Vier die seisoen van liefde!
Johann H Crafford - 2008-06-06
Ja, dit is so. Die winter het ons nog in sy wurggreep. Maar dit is nooit te laat om jou dagboek uit te pluk en nou reeds plek te maak vir die lente nie. Onthou, tyd wag vir niemand nie!Teken solank 13 en 14 September in jou dagboek aan, en skryf Durbanville Hills se naam neer. Dis ‘n Saterdag en ‘n Sondag.En dis die rede: kom vier lente by die Durbanville Hills-kelder en drink ʼn heildronk op die bekoring van somer by vanjaar se Seisoen van Sauvignon op 13 en 14 September. Geniet...

Piekniek met bokswyn saam met Nina Swart, Terblanche Jordaan, Lize Beekman en Dieter Voigt
2008-06-05


Goue glorie vir Eikendal by Decanter
Johann H Crafford - 2008-06-04
Eikendal, die bekende wynkelder aan die voet van die Helderberg tussen Stellenbosch en Somerset-Wes, het internasionale erkenning by die 2008 Decanter World Wine-toekennings gekry deur een van slegs vier goue medaljes wat vanjaar aan ‘n Suid-Afrikaanse sauvignon blanc toegeken is, in te palm.Die goue medalje is toegeken aan die Eikendal Sauvignon Blanc 2007, wat een van vier medaljes is wat deur die landgoed tydens die kompetisie ingepalm is. Met dié viertal het Eikendal dan ook sy beste...

Stellenbosch-wynroete help arbeiders met opleiding
Johann H Crafford - 2008-06-03
Stellenbosch American Express® Wynroetes belê tans in die ontwikkeling van die nodige vaardighede om die standaard van toerismegerigte dienste in die Stellenbosch-wynland te verbeter.Die Kursus in Uitnemendheid in Wyn- en Kliëntediens vind plaas op Vrydag 18 Julie by die kantore van die Landbougenootskap in Stellenbosch. Die doelwit van die kursus is om kelderwerkers te leer hoe om volgens die hoogste internasionale standaarde wyn aan die publiek te bedien tydens wynproeë in proelokale,...

Vergelegen brei sy gewilde winterprogram uit
Johann H Crafford - 2008-06-03
Vergelegen bied dié winter ‘n reeks aktiwiteite wat strek van spesiale aandetes tot omgewingsuitstappies, en van die proe van wyn uit ‘n vaatjie tot demonstrasies van verskillende geregte.Die program skop op 25 Junie af met die eerste van drie wynproeë met wynmaker André van Rensburg as gasheer. Die wynproe begin om 18h00 en sluit ‘n aandete in. Die koste is R95 per persoon en besprekings is noodsaaklik. Die ander twee wynproegeleenthede vind op 30 Julie en 20...

Stellenbosch Hills stel sprankelnuwes vry
Johann H Crafford - 2008-06-03
Stellenbosch Hills, 'n gevestigde rolspeler in die Suid-Afrikaanse wynbedryf met meer as 63 jaar se wynmaakgeskiedenis, het pas hul 2008-oesjaar se witwyne en 2006-oesjaar se rooies aan die media bekend gestel tydens 'n middagete buite Stellenbosch.Die 2008-witwyne wat bekendgestel is, sluit 'n sauvignon blanc, chenin blanc en 'n blanc de blanc in. Laasgenoemde is 'n versnit van sauvignon blanc en chenin blanc, en is eksklusief te koop by die Stellenbosch Hills-proelokaal by Vlottenburg buite Stellenbosch....

Du Toitskloof stel kraakvars sauvignon blanc vry
Johann H Crafford - 2008-06-03
Die Du Toitskloof-kelder het bekend gemaak dat sy 2008 Sauvignon Blanc nou oral beskikbaar is. Hierdie kraakvars witte is ʼn onopgesmukte wyn vol intense geure en met die karakter kenmerkend van hierdie kultivar.Keldermeester Philip Jordaan sê die onmiddellike omgewing van die kelder by die ingang tot die Du Toitskloofpas is stellig die koelste in die hele Breëriviervallei. Die wingerde is al van vroegmiddag in die skaduwee van die hoë bergpieke. “Die terroir hier is perfek...

Stellenbosch Hills en Agrimark stel Biltongmaker van die Jaar-kompetisie bekend
Johann H Crafford - 2008-06-03
Hier’s nou ’n kompetisie om elke boerklong se mond te laat water. Letterlik! En sommer ook vir daai boeredollas wat ’n donderslag sy piep laat afskrik.Tydens die onlangse bekendstelling van wynkunstenaar PG Slabbert van Stellenbosch Hills se 2006-rooies en 2008-wittes is aangekondig dat Stellenbosch Hills en Agrimark ’n Biltongmaker van die Jaar-kompetisie gaan borg.“Stellenbosch Hills was die eerste kelder wat met ons Wyn- en Biltongavontuur wat ons by die proelokaal...

Fluweelsagte cabernet sauvignon van Durbanville Hills
Johann H Crafford - 2008-05-29
Met sy geurige pruim- en bessie-aromas is die 2006 Durbanville Hills Cabernet Sauvignon, wat pas op die mark gekom het, die perfekte pasmaat vir koue wintersaande. Met sy kenmerkende ferm tanniene is dit ʼn elegante, goedgebalanseerde en fluweelsagte wyn, en ʼn klassieke voorbeeld van ʼn Suid-Afrikaanse cabernet sauvignon. Die druiwe is afkomstig van laagliggende wingerde wat gekies is vir die prominente geure en struktuur wat hul vrug aan die wyn verleen. Die druiwe is in Maart teen...

Internasionale brons vir ilka
Johann H Crafford - 2008-05-29
Die Alluvia-boetiekwynlandgoed en -gastehuis net buite Stellenbosch in die asemrowende Banhoekvallei is onlangs weer eens vereer met twee medaljes by die 2008 Internasionale Wynuitdaging. Sowel die 2005 ilka Cabernet Sauvignon as die 2007 ilka Sauvignon Blanc het bronsmedaljes in hulle onderskeie kategorieë ingepalm.Die toonaangewende internasionale kompetisie het vanjaar met meer as 9 000 inskrywings gespog en word bestempel as die beste en grootste blinde proe in die wêreld. Die Internasionale...

Ma van Kampsbaai wen Van Ryn’s se Toekenning vir Brandewynuitnemendheid
Johann H Crafford - 2008-05-29
Winifred Bowman, ’n ma van Kampsbaai wat ook ’n biomediese wetenskaplike is en boonop ’n doktorsgraad in die onderwys het, het die hoogste telling in die brandewynmodule van die Kaapse Wynmeesters (KWM) se eksamen behaal en daarmee die Van Ryn’s-toekenning vir Brandewynuitnemendheid vir 2008 verower.Die pas afgestudeerde Kaapse Wynmeester, wat in beroepsgesondheid en gehalteverbeteringsbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch doseer, was voorheen ’n fisioterapeut...

Sop-Saterdae vir ‘n bietjie warmte hierdie winter
Johann H Crafford - 2008-05-22
Kies Saterdae van Julie tot September koers na Nederburg in die Klein Drakenstein vir ʼn heerlike bord sop en ander lekkernye.Van 12 Julie kan besoekers by hierdie bekende wynmakery buite die Paarl inloer vir ʼn glas vonkelwyn gevolg deur ʼn bord warm tuisgemaakte sop met varsgebakte brood en patees, en gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Wanneer: Elke Saterdag van 12 Julie tot 13 SeptemberTyd: 11:00–14:00Koste: R75 per persoon (sluit twee glase van ons reserwe-reeks wyne in)Vir...

‘n Nuwe Demant onder SA brandewyne
Johann H Crafford - 2008-05-22
Demant is ’n nuwe brandewyn op die lippe (en in die monde) van die mense wat tel – ’n vlekkelose brandewyn met vele fasette, ’n gloeiende, helder kleur en ’n seldsame, kosbare smaak. Dié suiwer potketelproduk van Oude Meester vier 60 jaar van brandewynproduksie en dra ’n gepaste naam vir ’n diamant-herdenking.Demant is as ’n lekkerdrink-metgesel vir die wêreldwyd bekroonde 12 Year Old Reserve ontwikkel, en is ’n opwindende nuwe keuse...

Vyfgangmaaltyd met portwyn
Johann H Crafford - 2008-05-22
Op een van my besoeke aan die Klein Karoo-wynroete – waar ek ‘n oorvloed lekker wyn, lekker kos en lekker mense ervaar en geniet het – het ek by De Krans-privaatkelder op Calitzdorp gaan inloer. En terwyl ek en Boets Nel, wynmaker én wynmeester, so om ‘n tafel wyn en wyndinge gepraat het, het hy my skielik uit die veld geslaan met die woorde: “Het jy geweet ‘n mens kan ‘n hele maaltyd net met gefortifiseerde wyne voorsit?"Ek het hom so half skepties...

De Toren stel jongste Z vry
Johann H Crafford - 2008-05-22
Sukses lei tot sukses! En dis presies wat Emil den Dulk van De Toren Private Cellar se jongste vrystelling verwag.Die De Toren Z 2006 is, soos sy suksesvolle voorgangers, ‘n klassieke Bordeaux-versnit wat in beperkte volumes met sorg en passie by hierdie privaat kelder in die Polkadraai-heuwels buite Stellenbosch gemaak word.Die De Toren Z 2006 volg in die voetspore van die gewilde en suksesvolle 2004- en 2005-oesjare, wat byna volpunte gekry het by sowel Stephen Tanzer se International Wine...

Stellenzicht se kampioen Syrah wen weer
Johann H Crafford - 2008-05-20
Die Stellenzicht Syrah 2001, die shiraz uit die bekende “Goue Driehoek” aan die voete van die Helderbergreeks wat reeds vele pryse ingepalm het, het pas sy vierde internasionale goue medalje op die 2008 Concours Mondial de Bruxelles in Bordeaux gewen, en ook sesde algeheel geëindig.Verlede jaar het die 2001-oesjaar van hierdie Stellenzicht-vlagskipwyn alle ander Suid-Afrikaanse shirazwyne uitgestof en in die top 10 geëindig en ‘n goue medalje gewen tydens die heel eerste...

Eikendal bied pruttende smulgenot met kaas fondue
Johann H Crafford - 2008-05-20
Sus die smullus met ‘n smelt-in-die-mond-eetervaring hierdie winter wanneer Harald’s – die nuut-getooide restaurant van die Eikendal-wynlandgoed – die potte laat prut met hul immergewilde kaas-fondue tussen Mei en Augustus.Vanaf 23 Mei tot 22 Junie en weer vanaf 16 Julie tot einde Augustus kan jy Vrydag- en Saterdagaande kom aansit vir sjef Harald Siedler se weergawe van die kaasfondue – ‘n nostalgiese eetervaring wat opnuut vlam gevat het sedert sy ontstaan in...

Fleur du Cap stel manjifieke nuwe Unfiltered Merlot bekend
Johann H Crafford - 2008-05-20
Fleur du Cap het pas die nuwe oesjaar van sy spogwyn in die ultrapremium Unfiltered-reeks, die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2006, vrygestel wat, soos dit betaam, propvol heerlike, gekonsentreerde vrugtegeure is. Dié besonderse wyn is die opvolger van ‘n rits meesterlike ongefiltreerde merlots. Die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2004 het ‘n Veritas dubbelgoue ? dubbele goue? medalje ingepalm, asook ‘n Michelangelo goue medalje, terwyl die 2005-oesjaar ‘n Winemakers’...

Versny uitsoekwyne hierdie Vadersdag op Nederburg
Johann H Crafford - 2008-05-20
Skep hierdie Vadersdag ʼn meesterstuk saam met jou pa op Nederburg en ervaar die kuns om uitsoekwyne te versny. Geniet vonkelwyn met jou aankoms en ontdek saam met jou gesin die pret van wynmaak deur self ʼn versnit van rooiwyne te maak. Daarna kan jy aansit vir ‘n heerlike driegangmaal in die pragtig opgeknapte besoekersentrum, waarna jy die dag kan afrond met koffie en brandewyn. Drie gelukkige pa’s staan ʼn kans om geskenkpakke met Nederburg-wyne in ʼn trekking te wen....

Is ons Suid-Afrikaners maar net agter die klip?
Johann H Crafford - 2008-05-20
Statistiek wat einde verlede jaar aan die lig gekom het, dui daarop dat slegs 14 persent van Suid-Afrika se volwasse bevolking wyn gebruik teenoor sowat 70 persent in Frankryk. Wat hierdie inligting erger maak en in mens se keel laat vassteek, is die feit dat blykbaar net die Sjinese minder drink as ons. As dít nie genoeg is om ‘n mens na drank te laat gryp nie, weet ek nie wat is nie!Maar hoekom is ons hier aan die suidpunt van Afrika so ver agter die klip? Ek bedoel, hier word reeds...

Geniet biltong en wyn by Stellenbosch Hills
Johann H Crafford - 2008-05-19
Wyn word te proe aangebied saam met alles van kaas tot sjokolade, maar ‘n eerste in Suid-Afrika is Stellenbosch Hills se “local is lekker”-kombinasie van twee Suid-Afrikaanse gunstelinge, naamlik lekker wyn en ewe lekker biltong.Wyn word sedert 1659 aan die Kaap gemaak en biltong se geskiedenis strek net so ver terug. Die woord biltong is afgelei van twee woorde, naamlik bil, wat "boud" beteken, en tong, wat "strook beteken". Biltong beteken dus "‘n...

Durbanville Hills vier tiende oesjaar
Johann H Crafford - 2008-05-19
Lekker wyn, lekker kos en lekker mense is drie van die belangrikste bestanddele vir ‘n lekker lewe. En wanneer jy daai drie bestanddele saamgooi in ‘n pot met ‘n feesviering van enige aard, kan die lewe mos net ‘n lied wees!En so gebeur dit nou die dag dat Durbanville Hills ‘n paar van ons wat ons lewe maak en tyd verwyl voor toetsborde uitnooi om hul tiende oesjaar te kom vier. Ja, dis al tien jaar dat Martin Moore en daai ander gawe mense van Durbanville Hills ons...

Simonsig slaan dubbele goud los
Johann H Crafford - 2008-05-08
Simonsig, wêreldwyd bekend vir sy bekroonde reeks rooiwyne, het uitgeblink by die 2008 Swiss International Air Lines-wyntoekennings met twee van sy gesogte rooies wat elk ‘n goue medalje ingepalm het.Met ‘n spoglys van internasionale toekennings wat strek oor ‘n tydperk van 40 jaar van uitmuntende wyngehalte, val die eer hierdie keer op Simonsig se bekende Kaapse rooiwynversnit, Frans Malan 2004, en die veelbekroonde Merindol Syrah 2004, die landgoed se eerste twee rooiwyne...

Die Klein Karoo het ‘n groot hart
Johann H Crafford - 2008-05-06
"‘n Heildronk op verskeidenheid." So lui die leuse van die Klein Karoo-wynroete. En wát ‘n verskeidenheid! Wyn, kos en mense. Wingerde, vrugteboorde en fynbos. Berge en dale. Vlaktes en rotskoppies. Staproetes, quadbike-roetes en fô-baai-fô-roetes. Wildreservate en warmwaterbronne. En vele meer.Ja, dis ‘n wêreld wat jy nie haastig aanpak nie. Roete 62 tussen Montagu en Oudtshoorn ry jy stadig en met mening! Al is die pad so mooi. Want daar’s...

Groot wynmakietie op Stellenbosch om die draai
Johann H Crafford - 2008-04-22
Dit is tyd vir alle wynliefhebbers om hul vere reg te skud en koers te kies na die Boland vir die jaar se grootste wynopskop, want die Stellenbosch-wynfees vind vanaf 31 Julie tot 3 Augustus plaas by die Paul Roos-sentrum op Stellenbosch. En hierdie jaar se fees beloof ‘n allemintige, pretbelaaide makietie vir almal met ‘n lus vir die lewe en dus vir die uitsonderlike wyne van die Wes-Kaap. Die Stellenbosch-wynfees vind elke jaar plaas en lok duisende plaaslike en oorsese besoekers wat...

Bruwer Raats en Mzokhona Mvemve se 2005 MR de Compostella met toppunte beloon
Johann H Crafford - 2008-04-22
Wynmakers Bruwer Raats en Mzokhona Mvemve het vir die tweede agtereenvolgende jaar 'n punt van 93 verower in die gesiene Amerikaanse wynpublikasie, Wine Spectator, vir hul 2005 MR de Compostella. Die bekende wynkritikus James Molesworth het hierdie oesjaar weer eens met toppunte beloon en dit ook as een van die beste Suid-Afrikaanse Bordeaux-versnitte in sy Top Wines-rubriek benoem. Malesworth was baie beïndruk deur hierdie wyn en het dit beskryf as 'n “groot wyn met verruklike ondertone...

Rekord-uitvoer stu WOSA se planne vir Nedbank Cape Wine 2008
Johann H Crafford - 2008-04-22
Suid-Afrika se wynuitvoer gaan steeds van krag tot krag en volumes het in die eerste kwartaal van 2008 skerp gestyg met 35 persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit kom te midde van Wines of South Africa (WOSA) se beplanning vir Nedbank Cape Wine 2008 later vanjaar. Die tweejaarlikse toonkas aan die internasionale mark vind van 23 tot 25 September plaas as deel van ’n wyn-lenteseisoen vir die bedryf. Dit val tussen die Nederburg-veiling en die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling,...

Die Klein Karoo het ‘n groot hart
Johann Crafford - 2008-04-15
"‘n Heildronk op verskeidenheid." So lui die leuse van die Klein Karoo-wynroete. En wát ‘n verskeidenheid! Wyn, kos en mense. Wingerde, vrugteboorde en fynbos. Berge en dale. Vlaktes en rotskoppies. Staproetes, kwadbaaikroetes en fô-baai-fô-roetes. Wildreservate en warmwaterbronne. En vele meer.Ja, dis ‘n wêreld wat jy nie haastig aanpak nie. Roete 62 tussen Montagu en Oudtshoorn ry jy stadig en met mening! Al is die pad so mooi. Want daar’s...

Allesverloren hou makietie met wyn, kos en musiek
Johann H Crafford - 2008-04-08
Allesverloren-landgoed, die oudste wynlandgoed in die Swartland en alombekend vir sy puik Shiraz en Port, bied oor die naweek van 3–4 Mei ‘n verlustiging van uitsonderlike wyne, egte Swartlandse gasvryheid, verruklike kos en musiek tydens die jaarlikse Riebeekvallei-Olyffees.Allesverloren – geleë teen die hange van die Kasteelberg tussen Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes – is die ene plesierigheid tydens dié twee pretbelaaide dae en sorg vir hope plattelandse jolyt...

Zonnebloem stel twee nuwe Rhône-stylwyne bekend
Johann H Crafford - 2008-04-08
Zonnebloem, een van Suid-Afrika se eerste vername wynhandelsmerke, het hul gewilde wynreeks uitgebrei met twee nuwe Rhône-stylwyne, ‘n gul viognier en ‘n weelderige rooi versnit gemaak van shiraz, mourvèdre en viognier. “Ons het besluit om ons wynreeks uit te brei met twee nuwe klassieke wyne wat inskakel by Zonnebloem se tydlose wynmaaktradisie. Dié twee wyne, die Zonnebloem Viognier 2007 en Zonnebloem Shiraz Mourvèdre Viognier 2006, is gemaak van druifsoorte...

Kom geniet kos en wyn op Darling
Johann H Crafford - 2008-04-08
Lekker wyn, lekker kos en lekker mense is drie van die belangrikste bestanddele vir ‘n lekker lewe. En Darling se wynmense weet hoe om wyn en kos te kombineer dat selfs slegte mense lekker sal word!Elke Saterdagaand in Mei word ‘n fees van wyn en kos op hierdie dorpie aangebied, en hulle noem dit sommer die Trinity-wynaande.Die vyf aande sal wynmakers van elk van die wynprodusente in hierdie omgewing die gelukkiges onder ons deur ‘n proe van 4/5 van hul eie wyne neem, waarna ‘n...

Sprankelnuwe wynmaker by Die Huis van JC le Roux
Johann H Crafford - 2008-03-26
In die hartjie van die pragtige Devonvallei buite Stellenbosch het die sprankelende Elunda Basson haar tuisgemaak by Die Huis van JC le Roux as die nuwe wynmaker van gesogte vonkelwyne by Suid-Afrika se voorste vonkelwynkelder. Elunda het wynbou en enologie vir twee jaar by die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Sy is daarna verplaas na die Elsenburg Landboukollege waar sy haar Hoër Sertifikaat in Landboukunde en Diploma in Keldertegnologie in 1997 behaal het, wat ‘n studietoer...

Nederburg stel eerste chenin blanc bekend
Johann H Crafford - 2008-03-26
Razvan Macici, Nederburg se keldermeester, het nog altyd groot geloof in die diepte en kompleksiteit van chenin blanc gehad, maar wou wag tot hy die regte druiwe kry voor hy dié kultivar by die Nederburg-wynreeks voeg. Hy noem sy heel eerste chenin blanc "’n wyn met ’n baie groot hart wat aroma, palet, mondgevoel en nasmaak betref".Die Nederburg Winemaster’s Reserve Chenin Blanc 2007 word net van volgroeide droëland-bosstokke gemaak, en dié word sorgvuldig...

Pinotage pronk in nuwe Simonsig Frans Malan 2004
Johann H Crafford - 2008-03-26
Pinotage steel die kollig in die jongste oesjaar van Simonsig se gewilde Kaapse rooiwynversnit, Frans Malan 2004, ‘n keldermeesterstuk wat opgedra is aan dié landgoed se legendariese patriarg en medestigter van Suid-Afrika se eerste wynroete in Stellenbosch.“Simonsig Frans Malan weerspieël die vele talente en eienskappe van my oorlede vader en sy toegewyde passie om altyd ons eie unieke gehalte op die internasionale wynfront te steun. Die Pinotage-begeleide 2004 is so reg...

Eikendal-oesfees beloof ’n bielie van ’n buitelug-makietie
Johann H Crafford - 2008-03-19
Maak ’n aantekening in jou dagboek en trek jou feesvere reg vir ’n bielie van ’n buitelug-makietie. Op Sondag 13 April lei alle paaie na die Helderberg-wynlandstreek wanneer Eikendal eerbied toon aan die wonders van die druif met ’n loslit Weintaufe-oesfees wat sal sorg vir luilekker vermaak vir ’n ieder en ’n elk. Buiten dat dit ’n gewilde buitelug-makietie is propvol vermaak, heerlike kos en salige samesyn, bied hierdie kelder jou ook die unieke...

Dubbele viering by Die Huis van JC le Roux
Johann H Crafford - 2008-03-18
Suid-Afrika se voorste huis van vonkelwyne, Die Huis van JC le Roux, wat geleë is in die hart van die pragtige Devonvallei in die Stellenbosch-wynlande, vier vanjaar ’n dubbele viering – sy tiende verjaarsdag en sy sprankelende nuwe voorkoms. Hierdie vieringsjaar merk ook die eerste oes van die nuwe keldermeester en wynmaker, Elunda Basson. Oor die afgelope tien jaar het Die Huis van JC le Roux...

Eerste ontvangers van Drostdy-Hof se beursskema
Johann H Crafford - 2008-03-18
Drie chemiese-ingenieurstudente aan die Universiteit van Stellenbosch is die eerste ontvangers van die nuwe Drotsdy-Hof Beursskema om histories benadeelde mense te help met die bevordering van hul studies en 'n loopbaan in die wynbedryf. Hierdie beurse, wat vanjaar vir die eerste keer toegeken is, gee die ontvangers ook die geleentheid om onskatbare praktiese ondervinding by Distell op te doen waar hulle tydens vakansies en na hulle studies sal kan gaan werk. Hierdie nuwe beursskema is ’n...

Vrede en Lust maak jou lus vir die lewe
Johann Crafford - 2008-03-18
Ek en Dana Buys stem oor een ding ’n honderd persent saam, en dit is dat wyn ’n lewenslange ontdekkingsreis is. Nes die lewe, voeg ek altyd by. Dana is die eienaar van Vrede en Lust (021 874-1611), maar om hierdie wynplaas by Simondium tussen Paarl en Franschhoek te beskryf, is bitter moeilik. Mens moet soontoe ry, by die Cotage Fromage-restaurant (021 874-3991) gaan eet, in een van daai pragtige kothuisies of in die groot herehuis gaan oorbly, en natuurlik wyn geniet. En as...

Bilton stel 2004 Shiraz bekend
2008-03-10
Die prentjiemooi Bilton-wynlandgoed, wat geleë is teen die groen hellings van die Helderberg, het pas sy 2004 Shiraz bekend gestel.Die Bilton Shiraz 2004, vol aromas van wildebessie en organiese, vleisagtige en speseryagtige geure, is die perfekte kuierwyn vir die komende koeler maande. Op die neus bekoor die komplekse dog ryk Shiraz met verleidelike speserygeure van vanielje en kaneel wat heerlik aangevul word deur geure van leer, swart olywe en eikehout. Die smaak behaag met ‘n intense...

Eerste ontvangers van Drostdy-Hof Beursskema is aangekondig
2008-03-06
Drie aspirante chemiese ingenieurs wat by die Universiteit van Stellenbosch studeer is die eerste ontvangers van die nuwe Drotsdy-Hof Beurs Skema om histories-benadeelde individue te help met die bevordering van hulle studies en 'n loopbaan in die wynindustrie. Hierdie beurse wat vanjaar vir die eerste keer toegeken is, gee die ontvangers ook die geleentheid om onskatbare praktiese ondervinding by Distell op te doen waar hulle tydens vakansies en na hulle studies sal kan gaan werk. Hierdie nuwe beursskema...

Allesverloren seëvier in Swede
Johann H Crafford - 2008-02-27
Die Allesverloren-landgoed – die oudste wynplaas in die Swartland-distrik en alombekend vir sy puik shiraz – het uitgeblink in Swede met hul 2006-oesjaar wat as die Rooiwyn van die Jaar vir 2007 bekroon is. Die Allesverloren Shiraz 2006 is as die beste rooiwyn in Swede aangewys tydens die jaarlikse toekennings van Allt om Vin, die land se toonaangewende wyntydskrif. Dié wyn het voorkeur geniet by die 33 vooraanstaande wynskrywers wat die wyne beoordeel het. Allesverloren...

Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2007 skiet die hoogtes in
Johann H Crafford - 2008-02-27
Fleur de Cap se witwynmaker Pieter Badenhorst glimlag trots vir sy "eersteling" Suid-Afrika se nasionale lugredery, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het die Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2007 as hul kampioen-witwyn vir 2008 aangewys deur dit met die SAL Witwyn van die Jaar-trofee te vereer. Dié gesogte wyn, wat vroeg in 2008 bekend gestel word, het reeds gewys waartoe hy in staat is deur as een van die top 10 wyne benoem te word by vanjaar se...

La Motte stel twee nuwe rooies bekend
Johann H Crafford - 2008-02-27
La Motte, die welbekende wynlandgoed by Franschhoek, het pas sy 2006 Shiraz en 2005 Cabernet Sauvignon bekend gestel. Hierdie twee is deel van die groeiende getal kultivars in die La Motte Classic Wine-reeks. Die La Motte Shiraz 2006 beloof om so gewild onder kieskeurige wynliefhebbers te wees as sy voorganger, die Shiraz 2005 wat goud by die 2007 Concours Mondial de Bruxelles gewen het. Edmund Terblanche, wynmaker, meen die wyn het ’n “neus” wat die kenmerkende shiraz-speserygeure...

The Venue @ L’Avenir
Johann H Crafford - 2008-02-27
Rosé de Pinotage 2007 van L’Avenir Die Sentinel-kasteel langs die L’Avenir-wynlandgoed op die R44 buite Stellenbosch het al baie kommentaar ontlok, van “interessant” tot “steen des aanstoots”. In 2006 is die Sentinel-plaas deur L’Avenir aangekoop en die gebou en wingerde by die L’Avenir-handelsmerk ingelyf. En nou is die kanon-beskermde kasteel omskep in The Venue@L’Avenir, ’n wynproe- en funksielokaal uit...

O brandewyn laat my staan ...
Johann Crafford - 2008-02-22
Brandewyn en Coke was my eerste bekendstelling aan Bacchus. Dit was as student op Stellenbosch en ek dink die Coke het gehelp met die oorgang van koeldrank na sterker drank. Later het ek “opgegradeer” na brandewyn en gemmerlim, oftewel ’n “ginger square” (overgeset synde ’n gemmervierkant). Maar soos alle vriendskappe het my en Bacchus s’n ook maar begin met die aanvanklike kennismaking, later het ons pelle geword, en na baie jare en vele sakke sout...

DUBBELE SPRANKELENDE VIERING BY DIE HUIS VAN J.C. LE ROUX
2008-02-21
DUBBELE SPRANKELENDE VIERING BY DIE HUIS VAN J.C. LE ROUX Suid-Afrika se voorste huis van vonkelwyne, Die Huis van J.C. Le Roux, wat geleë is in die hart van die pragtige Devonvallei in die Stellenbosch Wynlande, vier hierdie jaar `n dubbele viering – die huis se 10de verjaarsdag en die viering van sy sprankelende nuwe voorkoms.Hierdie vieringsjaar merk ook die eerste oes van die Keldermeester en Wynmaker, Elunda Basson, die nuwe vonkelbrein agter die gesogte J.C. Le Roux Méthode...

Fall in love with Simonsig and win more than her heart on Valentine’s Day
2008-01-30
When love is in the air, the tantalising Oyster & Brut Rosé Special from Simonsig Estate is all you need to put the sparkle back into Cupid’s bow.Make your way to this legendary cellar for on-the-spot exuberance and revel in the refreshing taste of three luscious oysters and a flute of sparkling Simonsig Brut Rosé for only R30. This dazzling duo is on offer for the entire month of February, but should you visit Simonsig prior to or on Valentine’s Day, you’ll be...


<< 1 2 3 4 >>