Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap

LitNet Virtuele Wyngemeenskap


<< 1 2 3 4 >>

Wyngebeure in September
Johann H Crafford - 2008-09-08
Ry jy te gereeld Jan tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (en weke) op hul kop gaan keer.1. Sop-Saterdae: Elke Saterdag tot 13 September tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75 per persoon. Skakel Sunette Rust by (021) 862-3104 of stuur ‘n epos aan nedwines@distell.co.za om te bespreek.2. Elke dag: Die...

Nederburg plant ongewone kultivars
Johann H Crafford - 2008-09-08
Nederburg se besluit om 'n gemengde blok carignan en grenache op die plaas te plant, is een van sy proefnemings met ongewone kultivars om nog boublokke vir vernuwing te skep en die wynmakery op die uitwerking van klimaatsverandering voor te berei.Die nuwe wingerd van 3,5 ha in granietagtige Glenrosa-grond volg op die aanplanting van 'n blok grenache van 2,7 ha en 'n blok carignan van 1,2 ha op die plaas verlede jaar. Produsente lewer al verskeie jare malbec, mourvèdre, tannat,...

To decant or not
Christine Rudman Cape Wine Master, wine writer and wine consultant - 2008-09-03
The decanting practice was originally established because some older reds and vintage ports threw a sediment in the bottle. Think back to how wine was made before the advent of filtration or stabilising equipment and you will understand. Such a sediment poured into a guest's glass during a dinner party would be unattractive and probably also taste bitter. It is composed largely of deposited tannins, after all, so the host would prefer to pour a clean glass. By transferring the content of the...

Kom maak ‘n draai by Polkadraai
2008-09-01
Polkadraai-heuwels tussen Stellenbosch en Kuilsrivier is een van die Stellenbosch-wynroete se bes bewaarde geheime. Hier kry mens meestal klein boetiekwynmakerye vanwaar jy asemrowende uitsigte op sowel Stellenbosch en sy omgewing as Valsbaai het. En vir ‘n uitsonderlike eetervaring is Jakarta Rijsttafel Restaurant langs die La Provence-pad net die plek. Hier geniet (kloksgewys van links voor) Ingrid Bein van Bein-privaatkelder, Duncan en Veronica Fransz van Jakarta, en Fanie Joubert van La...

A world first for Darling
Johann H Crafford - 2008-08-14
Darling, less than an hour's drive from Cape Town, is the first wine-producing district to be awarded membership status by the Biodiversity Wine Initiative (BWI) with all individual farms, as well as Darling Cellars, achieving accreditation. Desktop research indicates that this is a worldwide first with no similar achievement elsewhere in the wine-producing world.Inge Kotze from the BWI explains: "This exemplary wine district encapsulates BWI's central philosophy of conservation and continual...

Alchemy of Gold betower beoordelaars in Londen
Johann H Crafford - 2008-08-14
Alchemy of Gold het nóg ’n paneel internasionale beoordelaars wat Suid-Afrikaanse brandewyne naas die beste spesialisbrandewyne uit Frankryk, Spanje, Italië, Kalifornië en elders geproe het, betower.Die jongste medalje-oes – twee goues en vier silwer – by die 2008 International Spirits Challenge in Londen volg op die hakke van die portefeulje se veelvuldige-medalje-sukses by vanjaar se International Spirit Competition.Die goue medaljes is toegeken aan ’n oesjaarbrandewyn...

Raats stel nuwe oesjare se wyne bekend
Johann H Crafford - 2008-08-14
Die bekende wynmaker Bruwer Raats van Raats Family Wines stel eersdaags die wyne van sy jongste oesjare bekend. Sowel die 2008 Raats Original Chenin Blanc as die 2007 Raats Cabernet Franc bied 'n ongekende wynervaring. Die Raats Original Chenin Blanc weerspieël duidelik hierdie wynmaker se onwrikbare geloof in hierdie kultivar, en die afwesigheid van hout beklemtoon die inherente vrugtige eienskappe van die chenin-druif. Die 2008-oesjaar is 'n verleidelike kombinasie van appel, pynappel en...

Hemel op aarde
Johann H Crafford - 2008-08-13
"Almal eet en drink, tog waardeer net sommiges die smaak." Die Sjinese filosoof Confucius het die spyker op die kop geslaan toe hy hierdie wysheid kwytgeraak het.Ek het dikwels aan hierdie gevleuelde woorde gedink toe ek en vroulief onlangs die Hemel en Aarde-vallei besoek het. Dis die vallei in die Walker Bay-wynstreek waar puik wyn, puik kos en asemrowende uitsigte op jou wag. En veel meer.Na daai besoek van twee dae aan die wynmakers in die vallei daar by Onrusrivier het ek besluit sy...

Wyngebeure in Augustus
Johann H Crafford - 2008-08-11
1. Kaasfondue: elke Vrydag- en Saterdagaand in Augustus bied Haralds Restaurant op die Eikendal-wynlandgoed op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes sy bekende kaasfondue aan. Die koste is R125 per persoon. Skakel Harald by (021) 855 5033 of 082 663 5901 om te bespreek.2. Sop-Saterdae: Elke Saterdag in Augustus tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75...

Rickety Bridge Sauvignon Blanc lof toegeswaai
Johann H Crafford - 2008-08-07
Die enigste sauvignon blanc-wingerd op hierdie prentjiemooi Franschhoekse wynlandgoed teenaan die rivier is beloon toe die Rickety Bridge Sauvignon Blanc 2007 ‘n vierstergradering ontvang het in Decanter se "New World Sauvignon Blanc Tasting" (gepubliseer in Decanter se Junie-uitgawe). Dit was een van slegs sewe sauvignon blancs, waarvan net twee uit die Kaap, wat hierdie hoë gradering ontvang het.Decanter, wat in Engeland uitgegee word, is een van die voorste en gesaghebbendste...

Kom Paarl toe vir ‘n vuurwarm Persiese fees
Johann H Crafford - 2008-08-07
Verruil die winterbloutes vir ‘n purperwarm wyn-en-kos-ervaring by die Persië tot Paarl-fees op 16 Augustus 2008 by die bekende Nederburg-wynlandgoed buite die Paarl. Hierdie fees, met sy ryk Persiese atmosfeer, ontleen sy tema aan die legende wat te vertel het dat die shiraz-druif (ook bekend as syrah) sy oorsprong in antieke Iran gehad het sowat 7 000 jaar gelede. Getrou aan beelde van die lewe in antieke Persië sal die streek se keurigste wyne en voedsel te proe wees. Besoekers...

Wynbedryf lei wynkelners vir 2010 op
Johann H Crafford - 2008-08-07
Wines of South Africa (WOSA), die niewinsbejag-organisasie wat Suid-Afrikaanse wyne wêreldwyd bevorder, het vorendag gekom met ʼn vernuftige werkskeppingsveldtog om 2 010 wynkelners vir die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 op te lei. Die doel is om te verseker dat plaaslike en buitelandse toeriste in 2010 wynbediening van wêreldgehalte ontvang deur geld vir opleiding deur die verkoop van ʼn rooiwyn van topgehalte in te samel. Dié wyn is spesiaal vir die projek...

Durbanville Hills Sauvignon Blanc 2008 nou beskikbaar
Johann H Crafford - 2008-08-07
Durbanville Hills se 2008 Sauvignon Blanc, die eerste wyn van die kelder se tiende oesjaar, is pas beskikbaar gestel. Met volop tropiese vrugte soos vy, lemmetjie, koejawel en appelliefie, het die wyn ʼn lieflike volheid in die mond, en dit eindig met ʼn vars nasmaak. Die keldermeester, Martin Moore, sê sedert die eerste oes in 1999 het die naam Durbanville Hills bekendheid verwerf vir sauvignon blanc van topgehalte. Moore stel voor die wyn word effens koud op sy eie geniet of saam...

Nederburg wen gesogte shiraz-toekenning
Johann H Crafford - 2008-08-07
Nederburg, wie se 2006 Winemaster’s Reserve Shiraz pas as die wenner van die tydskrif WINE se Shiraz Challenge vir 2008 aangewys is, is besig om baie vinnig ’n uitstekende reputasie vir sy suksesvolle interpretasie van dié kultivar in sy verskillende reekse op te bou. Verlede jaar is hierdie Paarlse wynmakery se eerste shiraz onder die Manor House-etiket - die 2005 - by die International Wine & Spirit Competition in Londen as die wêreld se beste shiraz en wenner van die...

‘n Paradys aan die voet van die Helderberg
Johann H Crafford - 2008-07-28
“Wyn is vir my passie. Dit is familie en vriende. Dit is ‘n warm hart en ‘n edelmoedige gees. Wyn is kuns. Dit is kultuur. Dit is die wese van die beskawing en die kuns van die lewe.”So skryf Robert Mondavi oor die nektar van die gode in sy outobiografie Harvests of Joy.Met hierdie gevleuelde woorde in gedagte het ek een wintersoggend met ‘n nuwe Nissan X-Trail All Mode 4x4-i die pad Stellenbosch toe gevat om ‘n dag by die wynmakers langs die Annandale-pad tussen...

Lord Neethling Noble Late Harvest wen terroir-toekenning
Johann H Crafford - 2008-07-21
Neethlingshof se Lord Neethling Weisser Riesling Noble Late Harvest 2006 is op die jaarlikse Suid-Afrikaanse Terroir-toekennings as die beste natuurlike soetwyn aangewys vir sy uitsonderlik plekgebonde smaak en ’n vermoë om elegansie met ʼn konsentrasie van geur te kombineer.Die 2005-oesjaar van dieselfde wyn is twee jaar gelede by die heel eerste Suid-Afrikaanse Terroir-toekennings ook as die landwye wenner in die kategorie vir natuurlike soetwyne aangewys. Die kategorie dek die hele...

JC le Roux vonkel in pienk
Johann H Crafford - 2008-07-21
Die Huis van JC le Roux sprankel met ‘n nuwe pienk blos, die elegante La Fleurette, wat parmantig sjarme verleen aan Suid-Afrika se geliefde reeks vonkelwyne. Hierdie verfrissende vonkelgenot bied speels dog stylvol die perfekte pasmaat vir in-die-kol modieuse en glansryke sosiale vlinders wat "Le Good Life" ten volle geniet.Met sy unieke en byderwetse voorkoms streel dié toeganklike rosé die sintuie met ‘n vonkelplesier van uitmuntende gehalte en ‘n lae...

Seidelberg se Cecilia 2006 wen goud
Johann H Crafford - 2008-07-21
Seidelberg-landgoed se Cecilia 2006, wat in 2007 vrygestel is as deel van ‘n opheffingsinisiatief, het weggestap met ‘n goue medalje op die 2008 Femmes et Vins du Monde Concours International (Internasionale Kompetisie vir Vroue en Wyne van die Wêreld), wat onlangs in Monaco plaasgevind het.Die Cecilia 2006, ‘n versnit van shiraz, mourvèdre en malbec, is slegs een van agt wenners van ’n goue medalje en die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat bekroon is onder die klein...

Bunnahabhain wen toekenning as beste ter wêreld
Johann H Crafford - 2008-07-21
Bunnahabhain se 25 jaar oue Islay Single Malt Scotch Whisky het op die onlangse World Whiskies Awards vir 2008, wat in samewerking met Whisky Magazine aangebied is, ’n toptoekenning verower. Dié puik enkelmout is as die beste veenvrye enkelmoutwhisky van Islay aangewys. Dié 25 jaar oue whisky is onlangs in Suid-Afrika bekend gestel.Bunnahabhain het 'n wonderlike mengsel van smake met ’n soet geur van karamel en bessie- en roomsmake wat met geroosterde neute en mout gebalanseer...

The story of zinfandel
Johann H Crafford - 2008-07-21
Where does zinfandel come from?Thanks to DNA testing it has been proven by Dr Carole Meredith of UC Davis that zinfandel and primitivo are the same. The next closest relative that she studied was the plavac mali (pronounced plah-vahtz mahlee), an offspring of zinfandel and the Croatian varietal dobricic. Eventually she found a grape called crljenak kastelanski (pronounced sirl-yen-ack kastenlanski) in Croatia. It was then confirmed that zinfandel, primitivo, and crljenak kastelanski are genetically...

‘n Aandjie uit met vriende op Eikendal
2008-07-21


Weskuskuiertjie
2008-07-21


Wyngebeure in Julie
Johann H Crafford - 2008-07-16
Ry jy naweke Jan tuisbly se karretjie? Wel, hier’s nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke op hul kop gaan keer:24 JulieStellenbosch Hills: Voedsel-en-wyn-aand om 19:00 – 19:30 teen R80 per persoon. Skakel Tanja of Estelle by (021) 881-3828/9 om te bespreek.25 JulieVergelegen: Winter-aandete in die Lady Phillips Restaurant met wynmaker André van Rensburg en sjef Henrico Grobbelaar om 19:30 – 20:00 teen R270 per persoon. Skakel (021) 847-1346 vir besprekings.30 JulieSimonsig:...

SA se eerste organiese vonkelwyn borrel by Avondale
Johann H Crafford - 2008-07-16
Avondale Bio-LOGIC Wynkelder het Suid-Afrika se eerste Méthode Cap Classique-wyn wat van organiese Bio-LOGIC-druiwe berei is, vrygestel.Avondale Méthode Cap Classique Brut (Nie-Oesjaar), ’n 100 persent Chardonnay MCC, is die jongste toevoeging tot Avondale se wynreeks. Die kelder spits hom toe op die verbouing van druiwe deur die natuurlike herstel van die grondbalans. Dit word gedoen deur die herstel van grondswamme en organismes wat natuurlik in die grond voorkom, maar weens...

Al gehoor van Cape Rock Wines?
Johann H Crafford - 2008-07-15
Een van die vele voorregte van oor wyn skryf is dat jy dikwels wyne ervaar wat die gewone man op straat bitter selde, of nooit nie, beskore is. Op ‘n onlangse besoek aan een van my gunsteling-wyngebiede, die Olifantsriviervallei, was ek weer so bevoorreg.Maar voor ek verder gaan, moet ek darem verduidelik dat die Olifantsrivier-wynroete nie net oor lekker wyn gaan nie. Dit gaan ook oor lekker Weskuskos en laastens maar beslis nie die minste nie, die lekkerste mense. O ja, en dan’s daar...

Goud vir Oude Molen VOV-brandewyn
Johann H Crafford - 2008-07-15
Oude Molen 14-jaar-oue VOV-brandewyn het internasionale erkenning ontvang toe dit onlangs by die toonaangewende International Wine & Spirits Competition in Londen 'n goue medalje gewen het en as die beste in sy klas aangewys is.Die International Wine & Spirit Competition is in 1969 tot stand gebring met die doel om gehalte en perfeksie in die wêreld se beste wyne, spiritualieë en likeurs te bevorder. Hierdie doel word bereik deur 'n dubbele beoordeling wat bestaan uit 'n professionele...

Bilton stel besonderse 2005 Merlot bekend
Johann H Crafford - 2008-07-08
Bilton-wynlandgoed, die prentjiemooi plaas teen die geil, groen hellings van die Helderberg in 'n streek bekend vir sy puik rooiwyne, het pas die 2005-oesjaar van sy kenmerkende merlot bekend gestel. Bilton se merlots word uitgeken aan hul fluweelsagte dog kragtige karakter."Die merlot wat volgens die tipiese klassieke styl gemaak is, is baie aromaties op die neus met 'n verskeidenheid bessiegeure wat blou- en wildebessie insluit. Die volronde dog fluweelsagte smaak met sy goed saamgestelde...

Bein bewys grootte tel nie
Johann H Crafford - 2008-07-07
Grootte tel nie! Wel, nie wanneer dit by die maak van uitstekende wyn kom nie. Om die waarheid te sê, in wynmaakterme sit ‘n Dawid dikwels vir ‘n Goliat ore aan.Vat nou byvoorbeeld vir Petrus Place (beter bekend as Bein Privaat Kelder) in die Polkadraai-heuwels naby Stellenbosch. Die tuiste van uitmuntende merlots van Luca en Ingrid Bein is ‘n skamele 3 ha groot, insluitende die huis en die kelder. Met slegs 2,2 ha onder merlot is dit heel waarskynlik die kleinste professionele...

Klein Drakenstein vol verrassings
Johann H Crafford - 2008-07-07
Pous Johannes XXIII het eendag gesê: "Mans is soos wyn. Sommige verander in asyn, maar die bestes verbeter met ouderdom."Ek sal maar dat vroulief besluit watter een van daai twee ek is, maar ek het so ‘n vermoede sy gaan sê ek verouder baie goed. Soos ‘n uitmuntende rooiwyn.Altyd op soek na nuwe plekke en ervarings in die wynlande - en natuurlik nuwe wyne, kosse en mense - vat ek en my beter helfte een Vrydagoggend toe mos die N1 noordwaarts uit Kaapstad, draai links...

Zonnebloem stel nuwe wingerdboukundige en druifaankoper aan
Johann H Crafford - 2008-07-07
Zonnebloem, een van Suid-Afrika se eerste vername wynhandelsmerke, het Annelie Viljoen as sy nuwe wingerdboukundige en druifaankoper aangestel. Sy is ook die eerste vroulike druifaankoper wat die pos by Distell beklee.Alhoewel al haar klasmaats wynmakers wou word terwyl sy haar BSc Honneurs-graad in Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het, het Annelie die wingerde en die vooruitsig om buite in die natuur te werk, bo 'n loopbaan in die kelder verkies.Die feit dat Annelie...

Philip Costandius gaan Solo
Johann H Crafford - 2008-07-04
Philip Costandius, bekende wynmaker en huidige voorsitter van die Kaapse Wynmakersgilde, het besluit om sy eie heil te soek deur sy eie wynmaak-onderneming - Solo Individual Wines (Edms) Bpk - op die been te bring.Philip, wat pas 'n ampstermyn van 5½ jaar as keldermeester by Lourensford-wynkelder voltooi het, sal nou konsentreer op sy eie reeks handgemaakte wyne onder die Solo-etiket. Hy sal ook beskikbaar wees om kleiner ondernemings by te staan as konsultant met hul wingerd- en kelderbestuur....

Groote Post stel twee vlagskipwyne vry
Johann H Crafford - 2008-07-04
Groote Post Wingerde, geleë in die Darling-wyndistrik aan die koel Kaapse Weskus, het onlangs die 2007-oesjaar van sy twee vlagskip Boergondiese styl wyne, ‘n pinot noir en ‘n gehoute chardonnay, vrygestel. En albei is toegerus met die innoverende, gesofistikeerde en estetiese Vino-Lok-glasprop.Die 2007-oesjaar is voorafgegaan deur ideale, koel groeitoestande met vroeë somerreën wat gelei het tot kleiner bessies vol lewendige kleure en gekonsentreerde vrugte. Die altyd...

Oak Valley Chardonnay 2006 slaan goud los
Johann H Crafford - 2008-07-04
Die tweede oesjaar van die Oak Valley Chardonnay, wat verlede jaar deur die Oak Valley-landgoed in die Elgin-vallei vrygestel is, het ‘n goue medalje op die International Wine Challenge in Londen gewen.Dit is geensins verrassend nie as mens in ag neem dat die hoog aangeskrewe Jancis Robinson hierdie wyn onder Suid-Afrika se top drie witwyne tel.Die International Wine Challenge, met meer as 9 000 inskrywings van 40 lande, is die grootste wynkompetisie in die wêreld. Oak Valley was die...

Pret en plesier op De Grendel
Johann H Crafford - 2008-06-30
‘n Groep wynliefhebbers het onlangs besoek gebring aan die De Grendel-landgoed in die Durbanville-wynvallei vir ‘n baie spesiale keldertoer en wynproe. Pryse is gewen tydens ruiksessies om die geure van wyne te identifiseer, en ‘n gelukkige trekking is aan die einde van die geleentheid gehou waartydens Robbie “Leeuloop” Wessels, een van vier glansmense wat die hele toer en proe meegemaak het, Jerome Olivier van Bellville se dag gemaak het. Die ander wenners van wyn (vir...

Van Ryn’s weer eens die wêreld se beste
Johann H Crafford - 2008-06-30
’n Plaaslike brandewyn wat langs die Eersterivier naby Stellenbosch met die hand gemaak word, het by die International Wine & Spirit Competition (IWSC) van 2008 die titel as Beste Brandewyn ter Wêreld ontvang. Die trofee is aan die Van Ryn’s Collection Reserve 20 Year Old Potstill toegeken, en is die derde wat die distilleerdery verower. Van Ryn’s het dieselfde titel ook in 2004 en 2005 verower, in albei gevalle vir die 12 Year Old Potstill.Vanjaar is Van Ryn’s se...

Zonnebloem stel lewendige sauvignon blanc bekend
Johann H Crafford - 2008-06-30
Zonnebloem Sauvignon Blanc 2008, wat nou beskikbaar is, spog met 'n oorvloed groen sauvignon blanc-aromas wat heerlik aangevul word deur tropiese vrugtegeure wat deurvloei na die smaak. Dit is die perfekte verfrissende wyn om elke dag te geniet.Die druiwe, wat uitgesoek is van wingerde in die Stellenbosch-, Darling- en Malmesbury-omgewings, is vanaf middel Januarie tot einde Februarie met die hand geoes om 'n ruim verskeidenheid geure wat strek van die groen grasagtige tot die voller, ryker tropiese...

Winskopies uit die wingerd
Edo Heyns - 2008-06-24
Die tyd van die jaar wat die oesjaarsyfer op die meeste winkelrak-witwyne vinnig besig is om oor te slaan, is hier. Dit is ’n baie opwindende tyd vir wyndrinkers: nie net is daar die opwinding van vars, nuwe geure in veral jong sauvignon blancs nie, maar die verskynsel van "bin end”-uitverkopings en verspotte afslag behoort al hoe meer dié met ‘n oog vir ‘n winskopie se aandag te trek.Dit spruit natuurlik uit die feit dat daar druk op winkels is om rakspasie te...

Villiera palm nog toekennings in
Johann H Crafford - 2008-06-23
Villiera bou steeds voort op sy reputasie as een van die voorste produsente van bottel-gefermenteerde vonkelwyn in die land. Vandeesmaand het die 2001 Villiera Monro Brut 'n welverdiende silwermedalje by die 2008 Concours Mondial de Bruxelles verower. Hierdie prestasie volg kort nadat Villiera een van Suid-Afrika se sewe goue medaljes verower het by vanjaar se Internasionale Wyn-uitdaging vir sy 2007 Villiera Cellar Door Chenin Blanc. Die 2004 Monro, 'n versnit van merlot en cabernet sauvignon,...

Rooie van De Krans vat goud
Johann H Crafford - 2008-06-20
De Krans-wynkelder in Calitzdorp het besonder goed gevaar in die onlangse Swiss International Air Lines Awards.De Krans se 2006 Touriga Nacional (‘n droë rooiwyn) het ‘n goue medalje verower – een van slegs 34 vir meer as 700 wyne wat ingeskryf is. Dit was ook die enigste wyn uit die Klein Karoo wat ‘n goue medalje verower het.Hierdie wyn is onlangs ook gekies as die beste waarde vir geld in die Ongewone Rooiwyn-kategorie by die Wine of the Month-klub. Volgens wynmaker-broers...

Three Ships kry goud oorsee
Johann H Crafford - 2008-06-20
Three Ships se Bourbon Cask Finish, die enigste 100 persent Suid-Afrikaanse versnyde whisky, het pas by die toonaangewende International Wine & Spirit Competition in Londen goud ontvang, en is ook as klaswenner aangewys.Die Bourbon Cask Finish het meegeding teen ʼn wye verskeidenheid whiskies wat gemaak is in enige lande buite Skotland. Die goue medalje is die eerste belangrike toekenning wat die Bourbon Cask Finish sedert sy bekendstelling in 2005 ontvang, en daarmee bou dit voort op die...

De Krans Port kry drie top graderings
Johann H Crafford - 2008-06-20
De Krans Wynkelder, port-spesialis van Calitzdorp, het uitstekend gevaar in die jaarlikse proe van portwyne in die toonaangewende Wine-tydskrif. Drie portwyne van De Krans het die beste gradering van 4 sterre behaal in die Junie 2008-uitgawe! Slegs ses wyne het vierstergraderings behaal – almal uit Calitzdorp!Die portwyne van De Krans wat so goed gevaar het, was De Krans se Cape Tawny Port, Cape Vintage Port 2006 en Cape Vintage Reserve Port 2006.Volgens wynmaker-broers Boets en Stroebel Nel...

Lomond se enkelwingerd sauvignon blanc wen gesogte trofee
Johann H Crafford - 2008-06-18
Lomond se 2007 Pincushion Sauvignon Blanc is in Decanter se Worldwide Awards, wat in Londen aangekondig is, beoordeel as die beste Suid-Afrikaanse sauvignon blanc wat vir minder as £10 verkoop. Daar was bykans 10 000 inskrywings vir hierdie toekennings, maar minder as drie persent het goue medaljes ontvang.Die feit dat hierdie enkelwingerdwyn in een van die kategorieë met die strafste mededinging al die ander inskrywings die loef kon afsteek, getuig van sy aanloklike aromas van ryp vye...

Allesverloren stel gesogte Shiraz vry
Johann H Crafford - 2008-06-17
Allesverloren - die oudste landgoed in die Swartland-distrik en alombekend vir sy puik shiraz - het pas die 2007-oesjaar van die immergewilde wyn bekend gestel.Die vorige oesjaar, die Allesverloren Shiraz 2006, is as Rooiwyn van die Jaar vir 2007 in Swede aangewys en deur Austrian Airlines opgeraap om aan boord van hul vlugte na Suid-Afrika bedien te word.Die voortdurende vraag na Allesverloren se shiraz, plaaslik sowel as internasionaal, het die passievolle eienaar en wynmaker Danie Malan genoodsaak...

Two Oceans ry die golf
Johann H Crafford - 2008-06-17
Distell se sleutel-wynhandelsmerk Two Oceans raak-raak aan ’n miljoen kissies, danksy wêreldwye verkope wat steeds dubbelsyfergroei toon, sê Brad Gold, die handelsmerkbestuurder.Die onopgesmukte, lekkerdrink-lewenstylhandelsmerk geniet al meer steun danksy verkope van ’n reeks vrugtige en verfrissende wit- en sagte, goedgeronde rooiwyne op elke vasteland – al is Kanada, Suid-Afrika en Swede die belangrikste markte. Daar is gesonde groei in al drie dié markte,...

PG beantwoord nog wynvrae
Johann Crafford - 2008-06-12
Daar is beslis groot belangstelling onder mense om meer van wyn te weet en hopelik kan ons deur die Virtuele Wyngemeenskap bydra tot ‘n groter kennis en waardering van die nektar van die gode. En miskien kan ons sodoende ook ietsie positiefs doen aan die skokkend lae syfer van net 14 persent volwasse Suid-Afrikaners wat Bacchus se voggies geniet.Wynvrae sypel stadig maar seker deur na ons en ons sal voortgaan om vir PG Slabbert, wynmaker van Stellenbosch Hills, te vra om op hulle te reageer.Indien...

Wyn, kos en mense aan die Weskus
Johann H Crafford - 2008-06-12
Tydens ‘n onlangse besoek aan die Olifantsrivier-wynroete langs die Weskus het ‘n handvol wynskrywers “kragte gemeet” met die wynmakers van daai geweste. Hier kuier Jan Ponk (Fryer’s Cove), Johan Rademan (RSG), Monika Greeff (Olifantsrivier Vodacom-wynroete), Edo Heyns (Wynland/Fynproe), Jors Troelie (Litnet Virtuele Wyngemeenskap), Hilsa van Heerden (Melkboomsdrift) en nog ‘n mooi meisie van daai geweste heerlik saam by Muisbosskerm om wyn en kos wat die begrip...

Kom geniet stylvolle pieknieks op Nederburg
Johann H Crafford - 2008-06-10
Kom beleef die lekkerte van lente op Nederburg met ‘n heerlike deli-piekniek terwyl jy die soet plattelandse Drakenstein-lug inasem en jou in die asemrowende mooi van hierdie wynlandgoed verlustig.Die pieknieks word bedien onder heerlike skadubome of op die uitgestrekte grasperk, omring deur die Drakensteinberge en teen die agtergrond van die geskiedkundige Nederburg-herehuis.Smaaklike deli-piekniekmandjies met varsgebakte brood, ‘n verskeidenheid kase, kouevleise, patee, pasta, slaaie,...

Nederburg wys sy beste op veiling
Johann H Crafford - 2008-06-10
Vanjaar se Nederburg-wyne, wat in September onder die hamer van Stephan Welz kom, dek ʼn wye spektrum en meer as 40 jaar van wynbereiding.Die oudste Nederburg-wyn wat opgeveil sal word, is ʼn 1964-port, die enigste wat Günter Brözel ooit gemaak het. Hy het net shiraz-druiwe daarvoor gebruik en die wyn vertoon steeds ʼn ryk, fluweelsagte vrugtigheid gemeng met geure van speserye, vanielje, rosyntjies en karamel. Elke bottel is individueel genommer en die prop met ʼn waslagie...

PG beantwoord jul wynvrae
Johann H Crafford - 2008-06-09
Die Wynforumblad was skaars “lewend” toe laat die lesers van hulle hoor. En sommer ‘n klomp het lekker interessante vrae gehad, wat ons na PG Slabbert, wynmaker van Stellenbosch Hills, (foto regs) deurgestuur het vir kommentaar.Omdat so baie vrae ontvang is, het ons eers net ‘n paar deurgestuur. Die volgende klompie sal vroeg volgende week deurgestuur word na PG.Hier is die vrae en PG se antwoorde:1. Jaco Kleynhans van die Strand: Wat’s die verskil tussen byvoorbeeld...

Guy Webber kuier saam met vriende na ‘n heerlike brood- en wynsessie
Johann H Crafford - 2008-06-06



<< 1 2 3 4 >>