Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

Kompetisies | Competitions


<< 1 2 3 >>

LêNet-skryfkompetisie: Met 'n knippie
Gert Sevenster - 2007-01-17
Ek het Salomé in die Godfather op Oudtshoorn raakgedrink. Die plek was vol celebrities en wannabe’s, want die KKNK was in volle swang. Ek het saam met ‘n klomp actors gesit wat besig was om resensies te vergelyk. Vier leë Chardonnay-bottels het verklaar waarom hulle ego’s besig was om hulle persoonlikhede te verswelg. By haar tafel het ‘n sepie-aktrise vuurballe met Stroh-rum geblaas. Die toeskouers het telkens na hulle asems gesnak wanneer sy haar volgende...

LêNet-skryfkompetisie: ... weet ...
Willem Beeckman - 2007-01-15
Die maan is vol. Die see is swart. In die verte agter op die horison is klein liggies van ‘n verbygaande skip op pad na êrenste. Die spierwit brandertjies rol speels heen en weer oor die strand. Ek lê op die strandstoel op die houtdek van my strandhuis. Dit is stil, die maan het die hele houtdek silwer geverf. Ek is alleen … In die agtergrond speel die oorspronklike klankbaan van Cats. Die koel windjie en die sagte klank vervleg en streel sag oor my naakte liggaam....

LêNet-skryfkompetisie: Seksdaad sonder gewaad
Adie - 2007-01-15
Hoe ook al ‘n mens die storie gaan lees, bly dit maar spokerig. Ons het vriende gehad wat baie ryk was, so geld was nie ‘n probleem vir hulle nie. Elke einde van die jaar kom ons bymekaar, en dan speel ons ‘n speletjie. Ons kies elkeen ‘n land en dan word dit in ‘n emmer gegooi en dan word die voorstelle getrek. Ons het al amper die hele wêreld so vol gereis. Daar het nie veel plekke meer oorgebly nie. My keuse was toe die ou deel van Hamburg. Ek het...

LêNet-skryfkompetisie: Dit was 'n wilde stormagtige nag ...
GrysKlip - 2006-12-21
Dit was ‘n wilde, woeste, stormagtige nag . . . Ja, toemaar, ek weet dis sleg afgesaag om ‘n storie só te begin. Maar dis nie ‘n storie nie; enigiemand wat daardie aand in my skoene sou gestaan het – as ek skoene aangehad het – sou besef het dis werklikheid. Wilde, woeste, storm-en-drang-werklikheid. Met die klem op storm. Of dalk drang. My verlof het ek vroeg geneem, daar in die Waterberge op Oupa se plaas waarop hy lankal nie meer boer nie. ‘n...

LêNet-skryfkompetisie: As die donker kom ...
No Regrets - 2006-12-21
"Faan …" Hy snork, smak effens. "Faan …" fluister-beveel sy. Daar is nou 'n dringendheid in haar stem. "… Mmmmmm …" Faan werk by Wesbank; hy reël finansiering vir korporatiewe kliënte. "Fokkit Faan, word wakker … daar is iets by die ruit!" sis sy gedemp. Ems Smit lê al vir die afgelope vyf minute beangs na die ruit en staar, onseker of sy 'n beweging gewaar het; dan, dan is dit weer daar, reëlmatig,...

LêNet-skryfkompetisie:
Daryll: 'n Spookstorie

Johan - 2006-12-14
Die embrio se een ogie is oop. Deur die ongelyke glas van die canfruit bottel lyk dit of die pêrel-ogie beweeg. 'n Koue waterdruppel skarrel stadig teen my rugstring op. Ek kyk diep in die gewer se oë en weet dat ek nie die geskenk moet aanvaar nie. Maar my Calvinistiese opvoeding skop in en met 'n bewerige "dankie" neem ek die fles met die klotsende inhoud uit sy hande. "Ek het geweet jy sal dit waardeer. Daarom het ek eers die een embrio gegee 'as a test'. Dit is special....

LêNet-skryfkompetisie: Gehang
Natteli Jags - 2006-12-12
Die radiowekker se rooi liggie skyn 01h37. Yolanda sug vir die soveelste keer en draai nog 'n slag in die rondte. Sy kan net nie vanaand aan die slaap raak nie. Dis einde van die jaar en chaos by die koerant. Sy is toegegooi onder deadlines, onderhoude, adminwerk en jaareindfunksies. “Miskien sal 'n bietjie spanning-ontlading my help om aan die slaap te raak,” giggel sy by haarself. Haar vingers gly af en sy begin stadig oor haar bobene vryf. Sy glip haar vingers onder...

LêNet-skryfkompetisie: Spookstorie met 'n difference
Leandr� - 2006-12-12
“Joey is so ‘n prosaïese naam,” kla die mooi blonde meisie vanuit haar koshuisbed teenoor haar boesemvriendin. “So asof mens in Lindley of Koffiefontein of Veertienstrome gebore is.” “Moenie klein dorpies afkraak nie, daar woon goeie mense," vermaan Laura streng. “Goed, ek trek dit terug, maar ek wil nie self daar bly nie,” hou Joey moedswillig aan. “Wat maak jy?” “Ek lees.” “Wat?” “Jou dagboek.”...

LêNet-skryfkompetisie: stuur jou kortverhaal nou!
16 November 2006 - 1 Januarie 2007 - 2006-11-15
Hier is 'n groot uitdaging vir LêNet-skrywers, met 'n lekker prys om die nuwe jaar mee af te skop. Dis eenvoudig: Skryf 'n lekker spookstorie van hoogstens 2 000 woorde. Stuur jou verhaal aan Ingrid Lehmensich. Dit mag in Engels of Afrikaans geskryf word. LêNet-lesers sal self die beste storie aanwys. Die wenner sal 'n geleentheid kry om saam met óf Kleinboer (skrywer van die opspraakwekkende roman Kontrei) óf Karin Eloff (redakteur van Loslyf) by die La Vista...


<< 1 2 3 >>