Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Resensies | Reviews

Resensies | Reviews


<< 1 2 >>

Drive ’n sprokie met ’n hart van bloed
Jacques Liebenberg - 2011-12-23
Drive Regisseur: Nicolas Winding Refn Kamerawerk: Newton Thomas Sigel Hoofspelers: Ryan Gosling, Carey Mulligan en Albert Brooks. Tydsduur: 100 minute Drive is ’n sprokie. Maar ’n sprokie soos A Fistful of Dollars en Wild at Heart sprokies is. Dis ’n sprokie wat met liefde geskep is en uitgebeeld word – van die amper anderwêreldse klankbaan en die vloeiende, pienk letters van die titel en akteurs se naam tot die nabyskote van sy hoofspeler en die kleurspel van...

Moneyball weet wie die tjeks uitskryf
Jacques Liebenberg - 2011-12-22
Moneyball Regisseur: Bennett Miller Kamerawerk: Wally Pfister Hoofspelers: Brad Pitt, Jonah Hill en Philip Seymour Hoffman Tydsduur: 133 minute Moneyball is ’n langerige, groot en belangrike fliek – boonop met groot name (behalwe nou Steven Soderbergh, wat glo die pad gevat het ’n paar dae voordat met verfilming begin sou word) – waarin eintlik maar ’n baie eenvoudige punt gemaak word (lyk dit baie na). Lewe in die oomblik. Geniet elke deel daarvan – sonder...

"In a better world" sou dit ’n beter fliek wees
Jacques Liebenberg - 2011-12-14
In a Better World Regisseur: Susanne Bier Kamerawerk: Morten Soborg Rolverdeling: Mikael Persbrandt, William Johnk Juels Nielsen, Markus Rygaard en Trine Dyrholm Looptyd: 119 minute Mens kan so half verstaan waarom In a Better World vroeër vanjaar met die Oscar vir beste anderstalige fliek weggestap het. Sy onderwerpmateriaal is besonder aktueel – tienergeweld; die verlies van ’n ouer; selfs Derdewêreld-dilemmas. Daarby is sy regisseur ’n bewese rolprentmaker en...

Beginners bring hoop vir elkeen
Jacques Liebenberg - 2011-11-29
Beginners Regisseur: Mike Mills Kamerawerk: Kasper Tuxen Rolverdeling: Ewan McGregor, Mélanie Laurent en Christopher Plummer. Looptyd: 105 minute Twee dinge waarmee ons saamleef: Die rol wat ouers in hul kinders se benadering tot die lewe speel, is bepalend; en Sommige lesse gaan mens dalk nooit leer nie. Ek kan seker byvoeg daar’s weinig absolute waarhede en mens moet nooit “nooit” sê nie, maar dis nie tersaaklik in dié bespreking van Beginners, een...

The Adventures of Tintin – Kuifie, maar nie juis nie
Reinhardt Fourie - 2011-11-23
The Adventures of Tintin: The Secret of the Unicorn Regisseur: Steven Spielberg Kamerawerk: Janusz Kamiński Draaiboek: Steven Moffat, Edgar Wright, Joe Cornish Rolverdeling: Jamie Bell, Andy Serkis, Daniel Craig, Simon Pegg, Nick Frost Musiek: John Williams Looptyd: 107 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 23 Desember 2010 Daar word gesê Hergé (pennaam van die Belgiese strokiesboekskrywer en -kunstenaar Georges Remi) het enkele weke voor sy dood vir Steven Spielberg aangewys...

50/50 kans dat kankerkomedie slaag
Jacques Liebenberg - 2011-11-16
50/50Regisseur: Jonathan LevineKamerawerk: Terry StaceyRolverdeling: Joseph Gordon-Levitt, Seth Rogen en Anna KendrickLooptyd: 100 minute Dis waagmoedig om ’n kankerstryd as ’n komedie te bemark; mense neem tog so vinnig en uit beginsel aanstoot. Maar hoewel 50/50 die verwagte emosionele knoppies druk wanneer hy sy deurslaggewende slottonele bereik, is die komedie-element allermins oorrompelend. Dis nogal moeilik om besonder entoesiasties te raak oor dié fliek, wat met ’n...

Black Butterflies: Lost opportunities
Gillian Schutte - 2011-11-03
Black Butterflies Director: Paula van der Oest Cinematography: Giulio Biccari Starring: Carice van Houten, Liam Cunningham, Rutger Hauer, Nicholas Pauling Runtime: 95 minute “And then she came in, small and quiet but tense like a coiled spring, her curly hair unruly, her dark eyes guarded but smouldering ... In the course of the weekend I saw her eyes move through an amazing range of expressions, from cool and objective to flashing with ferocity, from serene to exuberant to apathetic...

One Day vele dae te lank
Jacques Liebenberg - 2011-10-18
One Day Regisseur: Lone Scherfig Kamerawerk: Benoit Delhomme Rolverdeling: Jim Sturgess en Anne Hathaway Looptyd: 107 minute Dié is een vir die smartvrate. En daarby ’n fliek sonder enige teken van momentum, waarvan die opmerklikste eienskap die vertoning van die datum is soos die jare aanstap. Dis so vrekvervelig jy kan nie besluit of jy moet lag of huil wanneer die Groot Gebeurtenis uiteindelik – en ons praat hier eers van so tien minute voor die einde – sy opwagting...

Friends with Benefits: Darem hoofsaaklik ''Benefits'' vir dié ''Friends''
Jacques Liebenberg - 2011-10-05
Friends with Benefits Regisseur: Will Gluck Kamerawerk: Michael Grady Rolverdeling: Mila Kunis, Justin Timberlake, Patricia Clarkson en Richard Jenkins Looptyd: 109 minute Anders as wat die geval was met die vervelige No Strings Attached, kan mens wrintiewaar bly sit totdat die slottoneel in Friends with Benefits vervaag. Dié twee romantiese komedies is nog een van daardie Hollywood-verskynsels soos mens ook met Armageddon en Deep Impact, Dante’s Peak en Volcano gesien het: melk...

Wasted on the Young ook ’n verspeelde kans
Jacques Liebenberg - 2011-10-04
Wasted on the Young Regisseur: Ben C Lucas Kamerawerk: Dan Freene Rolverdeling: Oliver Ackland, Adelaide Clemens en Alex Russell Looptyd: 97 minute ’n Vriendin se geskeide kêrel is ’n welgestelde, Engelse Jood van Kaapstad se suidelike voorstede. Hy’t ’n 18-jarige seun en ’n 14-jarige dogter, en my vriendin vertel die vreesaanjaendste goed van hoe die tieners in dié kringe tekere gaan. Die 14-jarige se 17-jarige kêrel kom kuier en hy slaap...

The Tree of Life is verf wat stádig droog word
Jacques Liebenberg - 2011-08-26
The Tree of Life Regisseur: Terrence Malick Kamerawerk: Emmanuel Lubezki Rolverdeling: Brad Pitt, Jessica Chastain, Hunter McCracken en Sean Penn Looptyd: 139 minute Een van twee benaderings word vir The Tree of Life vereis. Een: Moenie geld bestee om daarna te gaan kyk nie, want dis ontsaglik selfbewus en vervelig. Twee: Leef jou vooraf in ’n besonder swewende, peinsende, metafisiese luim in en beskou die National Geographic-agtige gegewe as soortgelyk aan dié in The Thin Red...

Super 8 laat die nostalgie onverdund bruis
Jacques Liebenberg - 2011-08-25
Super 8 Regisseur: JJ Abrams Kamerawerk: Larry Fong Rolverdeling: Joel Courtney, Elle Fanning en Riley Griffiths Looptyd: 112 minute JJ Abrams se Super 8 is so ’n onbeskaamde en eenvoudige oefening in die nostalgie, mens vergewe hom al die gate in sy storie. En dis nie sommer enige nostalgie nie, maar die Steven Spielberg-soort van die 70’s en 80’s. Spielberg, medevervaardiger van Super 8, se klassieke VVV-flieks Close Encounters of the Third Kind en ET: The Extra-Terrestrial...

Bridesmaids bied vuil stof tot nadenke
Jacques Liebenberg - 2011-08-24
Bridesmaids Regisseur: Paul Feig Kamerawerk: Robert D Yeoman Rolverdeling: Kristen Wiig, Maya Rudolph, Rose Byrne en Chris O’Dowd Looptyd: 125 minute In een toneel in As Good As It Gets sê Greg Kinnear se karakter aan Jack Nicholson se Melvin: “Jou grootste bate is jou bereidwilligheid om jouself te verneder.” Dis skynbaar ook waar van Afrikaners, veral wanneer dit by Engels kom. ’n Afrikaner sal hom mos baie makliker in die troebel water van Engels-uitspraak...

Captain America jaag na sy vervaldatum
Jacques Liebenberg - 2011-08-16
Captain America: The First Avenger Regisseur: Joe Johnston Kamerawerk: Shelly Johnson Rolverdeling: Chris Evans, Hayley Atwell, Hugo Weaving en Tommy Lee Jones Looptyd: 124 minute Praat van ’n superkrag. Die superversadigingspunt vir superheldflieks is al amper op ons. As hy nie reeds in die supertruspieëltjie verdwyn nie. Want die een strokiesuperheld ná die ander vind sy/haar weg na die supersilwerdoek (3D, sien?) en, in die meeste gevalle, is dit maar hoogstens supermiddelmatige...

The Perfect Host is onwaarskynlike koue pampoen
Jacques Liebenberg - 2011-08-10
The Perfect Host Regisseur: Nick Tomnay Kamerawerk: John Brawley Rolverdeling: David Hyde Pierce, Clayne Crawford en Nathaniel Parker Looptyd: 93 minute As jy ’n hele fliek op ’n onwaarskynlike sameloop van omstandighede bou, moet jy seker maak dis ’n boeiende affêre. Anders sit mens deurgaans en wonder of dit als die moeite werd is. En dan begin die lewe effe beklemmend raak, want die feit dat die springmielies vir ’n verandering vars en smaaklik is en daar’s...

Win Win: Viering van klein oorwinnings
Jacques Liebenberg - 2011-07-27
Win Win Regisseur: Thomas McCarthy Kamerawerk: Oliver Bokelberg Rolverdeling: Paul Giamatti, Amy Ryan, Alex Shaffer en Bobby Cannavale Looptyd: 106 minute Hollywood-grootkoppe hou daarvan om die yslike begroting van die regtige duur flieks te verdedig deur te sê dié (hopelike) lokettreffers se verdienste stel hulle in staat om kleiner flieks met groter “artistieke meriete” te kan maak. Beteken dit mens moet die groot ateljees ’n fliek soos Transformers: Dark of...

Scream 4: ’n postmoderne rilfees!
Rohan Magerman - 2011-07-13
Regisseur: Wes Craven Kamerawerk: Peter Deming Rolverdeling: David Arquette; Neve Campbell; Courteney Cox-Arquette; Emma Roberts; Rory Culkin; Adam Brody Looptyd: 111 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 6 Julie 2011 Vyftien jaar gelede het Wes Craven ’n briljante fliek bekendgestel: Scream, ’n selfbewuste parodie in die slasher-genre. Craven se fliek het die gesig van die genre vir ewig verander. Alhoewel sommige kritici hul mes ingehad het vir die fliek, was Scream nogtans...

’n Source Code wat in enige dimensie werk
Jacques Liebenberg - 2011-06-30
Source CodeRegisseur: Duncan Jones Kamerawerk: Don Burgess Rolverdeling: Jake Gyllenhaal; Michelle Monaghan; Vera Farmiga; Jeffrey Wright Looptyd: 93 minute Wat’s dit wat mense in die oggend laat opstaan? Gesig was, aantrek, die kinders regkry vir skool en gaan sloeg by die werk. Dis seker maar gewoonte, maar dalk is dit ook potensiaal, oftewel die moontlikheid van iets beters wat kan kom – of dit nou ’n Stormers-sege, ’n LED-TV of die volmaakte lewensmaat is. En dis...

The Lincoln Lawyer: ’n Prokureur met sy hemp aan
Jacques Liebenberg - 2011-06-15
The Lincoln Lawyer Regisseur: Brad Furman Kamerawerk: Lukas Ettlin Rolverdeling: Matthew McConaughey; Marisa Tomei; Ryan Phillippe; Frances Fisher Looptyd: 118 minute Hoe weet mens wanneer Matthew McConaughey in ’n “ernstige” fliek speel? Hy trek nie binne 30 minute sy hemp uit nie. (Nou moet mens hard dink om te onthou wanneer laas hy nié van sy hemp ontslae geraak het nie. Dit maak tog geldelik sin om jou ster se grootste bate ten toon te stel, dan nie?) Mens sou...

Fast Five: Al hoe vinniger al hoe vrotter
Jacques Liebenberg - 2011-06-09
Regisseur: Justin Lin Kamerawerk: Stephen F Windon Rolverdeling: Vin Diesel, Paul Walker, Jordana Brewster en Dwayne Johnson Looptyd: 130 minute ’n Mens kan veel – en nie veel daarvan goed nie – van die vyfde Fast & Furious-fliek sê, maar een ding staan soos ’n paal bo water: In die snikhete Rio de Janeiro is Dwayne Johnson se FBI-karakter die enigste een wat deurgaans soos ’n vark sweet. Dit daar gelaat. Vele brullende motors, testosteroon, sjoebroekies...

’n Blink bekendstelling
Jacques Liebenberg - 2011-05-17
Thor Regisseur: Kenneth Branagh Kamerawerk: Haris Zambarloukos Rolverdeling: Chris Hemsworth, Natalie Portman en Tom Hiddleston Looptyd: 114 minute Is Thor ’n fliek? Ja, dit is. Is dit iets waaroor ’n mens opgewonde raak? As jy nie kan wag dat The Avengers uitgereik word nie, ja. Dan is dit die moeite werd om van Thor kennis te neem. Want dit dreun en donder en blits dalk 3D, blinkgepoets, maar dis ook al. Daar gebeur nie veel in Thor wat noemenswaardig is nie, maar dis noemenswaardig...

Die eerbare uitweg
Jacques Liebenberg - 2011-05-11
Regisseur: Richard J Lewis Kamerawerk: Guy Dufaux Rolverdeling: Giamatti, Rosamund Pike en Dustin Hoffman Looptyd: 134 min Hoe oordeel ons mense? Aan hul dade (ook wat hulle nié doen nie)? En indien wel, oordeel jy iemand aan sy “gemiddelde” optrede, of is een flater genoeg om ’n vriendskap of verhouding te kelder? Die vet weet, daar’s geen formule vir vergifnis nie. Dis seker maar veronderstel om soos aanvaarding te wees: onvoorwaardelik. Maar elkeen het daardie...

Die vlees is gewillig, maar die storie nié
Jacques Liebenberg - 2011-05-04
Regisseur: Neil Burger Kamerawerk: Jo Willems Rolverdeling: Bradley Cooper, Abbie Cornish en Robert de Niro Looptyd: 105 minute Op ’n ooglopend gepaste manier is die titel van die fliek Limitless ironies, want ’n rolprentmaker kan omtrent enigiets met dié storie aanvang. Gelukkig vir die minder kieskeurige fliekganger het die regisseur, Neil Burger, besluit om die beproefde en voorspelbare resep van oordadige, visuele foefies in te span om die gate in die draaiboek (gegrond...

No Strings Attached in tipiese Hollywood-styl
Jacques Liebenberg - 2011-04-28
Regisseur: Ivan Reitman Kamerawerk: Rogier Stoffers Rolverdeling: Ashton Kutcher, Natalie Portman en Kevin Kline Looptyd: 110 minute In geen stadium van die geveg kan ’n mens kla oor die feit dat Natalie Portman skielik in drie, vier flieks te sien is nie. Hoewel haar rolkeuses in die verlede effe eklekties was, was haar kultusstatus nog nooit in die gedrang nie (hoewel, vermoed ’n mens, ’n paar klipharde aanhangers kan kla oor die populistiese erkenning in Oscar-gestalte)....

Unknown stuur af op verbeeldinglose toevallighede
Jacques Liebenberg - 2011-04-20
Regisseur: Jaume Collet-Serra Rolverdeling: Liam Neeson, Diane Kruger, January Jones en Aidan Quinn Looptyd: 109 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 April 2011 Daar’s ’n eenvoudige rede waarom kêrels soos Jason Bourne en Jack Bauer sulke gewilde uitdelers van reg en geregtigheid is: Hulle faal nie. En in die postmoderne, metroman-wêreld word hulle ook gepas geteister deur allerhande demone, net sodat mense kan sien hulle’s eintlik diep seuns wat veel te...

Rango laat animateurs groen van jaloesie
Jacques Liebenberg - 2011-04-07
Titel: Rango Regisseur: Gore Verbinski Met die stemme van Johnny Depp, Isla Fisher, Abigail Breslin en Ned Beatty Looptyd: 107 minute ’n Mens kan om baie redes moed verloor en soos Billy Crystal sit en steun in die bed. Sewe uit tien motoriste wat jou pad kruis, behoort ’n kandidaat vir genadedood te wees. Agt punt sewe mense in ’n fliekteater se naam kan ook maar bygevoeg word. So ook die meerderheid mense met honde, kinders en sosiale netwerke. Vir Proteas, politici, “kunstenaars”...

Drive Angry – Cage doen nie veel anders as dít nie
Jacques Liebenberg - 2011-04-05
Drive Angry 3D Regisseur: Patrick Lussier Kamerawerk: Brian Pearson Spelers: Nicolas Cage, Amber Heard Looptyd: 104 minute Daar was ’n tyd toe Nicolas Cage ’n mens se aandag gehou het. Hy was ’n onvoorspelbare akteur wat ’n aweregse silwerdoeklewe met besonderhede en nuanse kon vul – van malkop-kinderontvoerder tot eks-soldaat-reisiger-met-’n-swak-knie tot Laura Dern se effe nihilistiese minnaar met sy slangvelbaadjie. ’n Tom Cruise vir die eenkantmense....

The Fighter: ’n uitklophou van ’n fliek
Jacques Liebenberg - 2011-03-31
Untitled Document Regisseur: David O Russell Skrywer: Scott Silver Rolverdeling: Mark Wahlberg, Christian Bale, Amy Adams, Melissa Leo, Jack McGee Looptyd: 114 minute Klik hier en koop The Fighter nou van Kalahari.net! Daar’s oomblikke wanneer dit voel of mens nie asem kry nie. As jy gelukkig is, bly dit net ’n oomblik.Vir sommige is dit ’n leefstyl; ’n koue, harde hand wat jou hart so klem dat dit die lewe uit jou pers en jou gehawend deur die lewe laat strompel....

Crazy Heart a quiet film
Reney Warrington - 2010-03-02
Director: Scott CooperRuntime: 112 minutesCast: Jeff Bridges, Maggie Gyllenhaal, Robert Duvall, Tom Bower, James Keane, Colin FarrellI can’t stand country music. So it was a tough decision to go and see Crazy Heart. I am glad I did. Even if the film is slightly monotonous at times, Jeff Bridges and Maggie Gyllenhaal are exceptional together.In a nutshell The once great country singer, Bad Blake, is now touring bowling alleys, drinking too much, sleeping with gushing female fans and...

Fantastic Mr Fox strange yet brilliant
Reney Warrington - 2010-02-10
Director: Wes Anderson Voices: George Clooney, Meryl Streep, Jason Schwartzman, Bill MurrayDate of release: 12 February 2010 Length: 87 minutes Reney’s rating: 90% George Clooney’s charm is undeniable. I even went against my organic, fair trade and recycling principles to buy a darn Nespresso machine because he is the “Nespresso guy”. In Fantastic Mr Fox, there is just no resisting him as Mr Fox, a chicken thief gone “straight” in this stop-motion animation...

Waltz with Bashir an utterly moving film
Reney Warrington - 2010-01-26
Sadly not a lot of people will see this beautiful film. Waltz with Bashir, now on at Nouveau, is a subtitled animated documentary that deals with war. Director Ari Folman uses this animated feature film/documentary as a haunting confessional. He was a soldier during the First Lebanon War and was present during the massacres at the Sabra and Shatila refugee camps in West Beirut. He had no memory of it though and takes us along on his journey to try and remember where he was and how involved...

Mini-review: Departures both heartbreaking and uplifting
Reney Warrington - 2010-01-18
Director: Yojiro TakitaRolverdeling: Masahiro Motoki, Ryoko Hirosue, Tsutomu Yamazaki, Kazuko Yoshiyuki, Kimiko Yo, Takashi Sasano Only the Japanese can make a film that is both heartbreaking and uplifting without turning soppy. Departures moved me to tears, but was always authentic. It celebrates life through showing a deep respect for death. Daigo loses his job as an orchestra cellist, moves back to his hometown, and answers a newspaper ad for what he thinks is a job at a travel agency. The...

Suzette Kotzé-Myburgh se top tien flieks van 2009
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-12-17
1. Doubt 2. Man on Wire 3. Vicky Cristina Barcelona 4. Slumdog Millionaire 5. I’ve Loved you so Long 6. The Visitor 7. Izulu lami 8. Coco avant Chanel 9. Whatever works 10. Departures 1. Doubt Ek het nooit kon dink dat ’n fliek oor die Katolieke kerk wat in die sestigerjare afspeel my so sou beïndruk nie. Hierdie karaktergedrewe drama oor ’n priester wat daarvan verdink word dat hy met die seuns in sy gemeente lol, word gedra deur die uitstekende spel van Philip Seymour...

Julie & Julia hoog aan te beveel
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-11-19
Julie & Julia Spelers: Meryl Streep, Amy Adams, Stanley Tucci, Chris Messina Regisseur: Nora Ephron Danksy die blog-fenomeen is die fliekwêreld ’n heerlike kosfliek ryker – en danksy die lekkerte van eet raak fliekkykers nie moeg vir kosflieks nie! Hierdie fliek is gegrond op die werklike lewe van twee vroue: die beroemde Amerikaanse kok, skrywer en TV-persoonlikheid Julia Child (Meryl Streep), en Julie Powell (Amy Adams), ’n doodgewone vrou...

Izulu Lami (My Secret Sky) verdien ’n Oscar
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-10-01
Izulu Lami (My Secret Sky) (2008)Zoeloe met Engelse onderskrifteSpelers: Sobahle Mkhabase, Sibonelo Malinga, Tshepang Mohlomi, Joy MbewanaRegisseur: Madoda NcayiyanaAs hierdie fliek 'n aanduiding van die stand van ons rolprentbedryf is, het ons baie om oor dankbaar te wees. Regisseur Madoda Ncayiyana se eenvoudige verhaal van twee kinders se oorlewingsreis kan in dieselfde asem genoem word as Majid Majidi se pragprent Children of Heaven. Thembi (Sobahle Mkhabase) en Khwezi (Sibonelo Malinga)...

Rituele van die Tibettaanse soutrapers treffend gedokumenteer in The Yogis of Tibet; The Saltmen of Tibet
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-07-30
Vertoontyd: Tot 2 Augustus in die Labia-teater, Kaapstad As deel van die Exploring Consciousness Filmfest, wat gereeld by die Labia aangebied word, wys daar tans agt films oor Tibet, saamgegroepeer onder die titel Dreaming the Himalayas. The Yogis of Tibet (2002) is ’n boeiende dokumentêr wat ’n voëlvlug bied oor die geskiedenis van dié ontoeganklike bergland wat eers vroeg in die twintigste eeu deur Westerlinge gesien is. Tibet se sake is al sedert ’n hele paar...

Reel time: Harry Potter and the Half Blood Prince – Been there, done that!
Reney Warrington - 2009-07-22
Ten minutes into The Halfblood Prince I had the vague feeling that I had seen this movie before. And of course I had, because I had seen the previous five Harry Potter films. Still I hoped to be surprised, to be blown away. No such luck. It is all too familiar. As per usual the emotional storytelling is strong and the humour enchanting. The film is also filled with a good dose of zany characters and the usual suspects in the form of daft Ron, brainy Hermione and the wide-eyed, overwhelmed Harry. Of...

The Hangover is wickedly funny!
Reney Warrington - 2009-07-08
It is offensive, totally politically incorrect, sexually quite risky and above all hilarious. Sensitive viewers should rather go and see Night at the Museum 2. Four guys go to Las Vegas for a bachelor’s party and things go seriously wrong. It sounds like a recipe for a typical "what happens in Vegas stays in Vegas" film. What sets The Hangover apart, however, is the fact that you are not shown the wild night in question, but the morning after. When the guys wake up with no memory...

Kristin Scott Thomas lewer ʼn kragtoer in I’ve loved you so long
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-07-02
I’ve loved you so long (2008) Frans met Engelse onderskrifte Spelers: Kristin Scott Thomas, Elsa Zylberstein, Serge Hazanavicius, Laurent Greville, Frederic Pierrot Regisseur: Philippe Claudel ’n Vrou wat vaal en verwaarloos lyk, sit en wag in ’n kleinerige lughawegebou. Sy rook senuagtig, ’n siniese trek om haar mond. ’n Mooi, jong vrou kom vinnig aangery, parkeer en draf die gebou binne. Die twee groet; die atmosfeer is styf en ongemaklik. Die jonger vrou...

The Lieder of Leonard
Pieter Uys - 2009-06-25
Click here to purchase Live in London from kalahari.net now! He jogs up the stairs to join the ensemble. Looking dapper and groomed in their suits, they are ready and eager to unleash Leonard's Lieder in this unusually vast chamber. Even the lovely female vocalists are formally attired, setting a splendid visual standard for a night of a thousand harmonies. Everything about this extraordinary DVD impresses. There's the breathtaking cinematography, the expert and seamless editing that strikes...

Man on wire – een van die verstommendste films ooit
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-06-03
Man on wire (2008) Spelers: Philippe Petit, Jean-Louis Blondeau, Jean-François Heckel, Annie Allix, Alan Welner, Mark Lewis Regisseur: James Marsh ’n Mens kan nie anders as om jou af te vra nie: Wat op aarde motiveer iemand om vir 45 minute lank heen en weer te loop op ’n kabel van ’n paar sentimeter dik, gespan tussen die hoogste geboue in die wêreld? Die antwoord blyk iets te wees soos sir Edmund Hillary se reaksie oor hoekom hy Everest uitgeklim het: “Want...

Reel time: Star Trek
Reney Warrington - 2009-06-03
Everyone expected the new Star Trek to stink as badly as all the other Star Trek films did. We were all so incredibly wrong. We should, in fact, apologise to all the Trekkies worldwide. Just because. With the technology we have these days, it is almost a given that action films will have incredible, gob-smacking special effects/CGI/animation. Unfortunately another given is that the incredible, gob-smacking special effects/CGI/animation normally overshadows other important elements such as...

Reel time: Coraline 3D
Reney Warrington - 2009-05-20
I don't do horror. Prison Break scares me. So did Buffy the Vampire Slayer. I'm a real sissy, I know. It is surprising, then, that I went to see Coraline when the mere trailer had me petrified. It just looked so damn incredible that I couldn't miss it.That was the first disappointing aspect of this film. The trailer made it out to be more haunting and gothic than it turned out to be. Sure, the film might scare a couple of three-year-olds, but I remained seated and relaxed at all times....

Reel time: Rachel getting married and Gran Tarino
Reney Warrington - 2009-05-07
Rachel getting marriedWhat a beautifully crafted, intelligent, complicated, perfectly cast masterpiece of a film. Yes, it deserves all of that.The way it was filmed Imagine sticking all your relatives around a dinner table. Chaos reigns for the first quarter, because everyone talks at once and personalities clash. Until you decide which conversations and personalities are interesting enough and focus on individual stories and people.Rachel getting married was filmed in exactly this manner. Handheld...

Slumdog Millionaire: Toeganklik sonder om diepte in te boet
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-03-19
Slumdog Millionaire Gegrond op die boek Q & A deur Vikas Swarup Spelers: Dev Patel, Anil Kapoor, Freida Pinto, Irfaan Khan, Madhur Mittal Regisseur: Danny Boyle Die lewe boots die kuns na, lui die gesegde, en in dié geval gebeur dit weer. Daar is nou al veel gewag gemaak van hierdie arm-wat-ryk-word-verhaal, maar dit ís verstommend dat die filmproduksie dieselfde pad as die inhoud geloop het. Met ’n klein begroting is ’n film geskep wat vanjaar die Oscar vir...

Streep en Hoffman skouspelagtig in Doubt
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-03-05
Spelers: Meryl Streep, Philip Seymour Hoffman, Amy Adams, Joseph FosterDraaiboek en regie: John Patrick ShanleyAbsoluut uitstekend, hierdie drama wat al feitlik as 'n periodestuk beskryf kan word (dit speel af in 1964). Soos verlede jaar se Gone baby gone daag dit die kyker behoorlik uit met komplekse morele en etiese vraagstukke.In 'n laemiddelklasbuurt in die Bronx draai die inwoners se lewens om die Katolieke kerk en die aangrensende skool. Vader Flynn (Philip Seymour Hoffman) is die gemeente...

Met Vicky Cristina Barcelona begin fliekjaar op 'n hoë noot
Suzette Kotzé-Myburgh - 2009-01-07
Titel: Vicky Cristina BarcelonaSpelers: Scarlett Johansson, Rebecca Hall, Javier Bardem, Penélope Cruz, Patricia Clarkson, Chris MessinaSkrywer en regisseur: Woody AllenWaar Woody Allen se onlangse films Matchpoint en Scoop lawwerige moordverhale-in-'n-klassestudie was, is sy jongste veel ernstiger. Maar dis veral 'n besonderse en verrassende ars poetica vir die beroemde klein neuroot. Reeds die titel dui dit aan: die karakters Vicky en Cristina, sowel as Barcelona, die "kunsstad"...

The Band’s Visit ʼn juweel uit Israel
Suzette Kotzé-Myburgh - 2008-12-11
Spelers: Sasson Gabai, Ronit Elkabetz, Imad Jabarin, Saleh Bakri, Shlomi AvrahamDraaiboek en regie: Eran KolirinArabies en Hebreeus, met Engelse onderskrifte Kersfees is op ons, en soos elke jaar is dit tyd vir daardie aardige fenomeen: die Kersfeesfliek. Vanjaar word ons die beste uit Amerika gebied: The Christmas Cottage, gegrond op die vroeë lewe van Thomas Kinkade, wat deur Film Finesse "America's most-collected living artist" genoem word. (Reg geraai, hy doen ook Kerskaartjies.)Reeds...

The Counterfeiters: nie net nog 'n Holocaust-film
Suzette Kotzé-Myburgh - 2008-11-25
The Counterfeiters(Duits met Engelse onderskrifte)Spelers: Karl Marcovics, August Diehl, Devid Striesow, Sebastian Urzendowsky, August Zirner, Martin BrambachRegie en draaiboek: Stefan Ruzowitzky Klik hier om The Counterfeiters nou van kalahari.net te bestel! Dis altyd die moeite werd om dop te hou watter film die Oscar vir die beste buitelandse rolprent wen, en met The Counterfeiters, 2008 se wenner, was die wag tot dit op ons kringloop verskyn, beslis die moeite werd. Die film is gegrond op 'n...

Jerusalema: Ons eie City of God
Suzette Kotzé-Myburgh - 2008-10-13
SpelersRapulana Seiphemo, Shelly Meskin, Ronnie Nyakale, Robert Hobbs, Motlatsi Mahloko, Malusi Skenjana, Kenneth Nkosi, Jeffrey Sekele, Jafta MamaboloRegisseurRalph ZimanAs 'n mens daaroor nadink, is 'n fliek soos hierdie - 'n blik op binnestedelike misdaad, geweld en korrupsie - lankal 'n voor die hand liggende keuse vir 'n Suid-Afrikaanse regisseur. Noem dit ons eie City of God. Dis die verhaal van Lucky Kunene, 'n hoërskoolseun uit 'n tipiese arm Soweto-gesin...


<< 1 2 >>