Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Ongepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

Hipertekspoësie-kompetisie: Terugflits
Hilda Smits - 2009-11-05
Onthou julle die Zephyr met sy reuse sitplekke sonder safety belts. Die Zephyr sonder remme.En kasterolie-bottels wat soos juwele in die geel son geglinster het,die geroeste graaf wat spit en delf aan sy eie rou wond in die droë grond. Rysmierbult, en ons heeldag in die bakkende son.En die ou plaashuis wat so swaar gesug het tussen sy eie skarniere, die vier winde het geloei soos geeste, die vensters in ’n duisend stukkende skerwe soos sproeiers teen die wit lig. Onthou julle ...die...

kitaarmeisie
Merle Chalmers - 2009-10-30
driftig gooi jy kitaar-akkoorde rigting Kaapstad, kaalvoet vrou-alleen op die langpad blonde wolk om jou kop, vreemd en anders jy skreeu en sing jou hartseer-storie-pyn, suiwer klank wat in weskusbossies verdwyn eggo oor skuiwende duine, sweef oor branders silwer flessie flits fanaties na jou mond, ander hand swaai kitaar wild die lug in rond sonbesies skril, die son staan stil lenige lyf in langwit linnerok deurskynende kurwes wat reisigers lok was jou monsternag te...

affair
Merle Chalmers - 2009-10-30


Hipertekspoësie-kompetisie: Aritmiek+
Philip Nel - 2009-10-29
Is daar ’n oomblik in die tydwanneer die pols van elke uitgesoekte kwartskristaltóg ekstrasistolies tong uitsteek vir hierdie eeuse kolossale mikrotegniek wat immers net die tandratwerk van rewolusionêre nywerheidverdwerg tot komponentevan 'n stroombaan watonsigbaar aan die ure vreet om elke tegnokraat se daeakkurater om te meet ...<< Klik hier om nog hiperteksgedigte te lees << << Klik hier vir die riglyne van die hipertekspoësie-kompetisie...

Vuvuzelanagte
Philip Nel - 2009-10-29


Koerantmankroeg
Philip Nel - 2009-10-29


Moermooi oggend
Philip Nel - 2009-10-29
al die kar laat wasmy mooiste hemp vasgeknoop'n slag geskeergeluister na Koos Kombuis se giggeloor RSG gewonder oor die gedagtesvan my vrougery tot by McDonald'snie 'n burger gekoop nierondgeloop in Menlynprobeer luister na my songsin die karmaar die swart wolkhet gedonkerbril oor hierdiemoermooi oggendtuinduiwe se herfsliednie meer 'n wals niemaar 'n waarskuwingMoreleta se tabernakel pronkoorkant Woodhill se vensterogiesboomloos nog 'n vier by viersit op my gatkomturbo nou...

Hipertekspoësie-kompetisie: Sonder opdrag
Gepleeg deur Oemdhan Pieterse - 2009-10-28


Ons almal bly in ’n sjjjtraat
Kwikfeeks - 2009-10-22
In die dubbelverdieping is daar ’n rolstoelkind weggebêre op die balkon vir die kloofuitsig. Een pa dobbel en drink tussendeur bietjies werk en patente bedink. ’n Hond is van agter onder deur ’n jaende motor voorlangs lewend uit. Boetie belowend word ’n boomkop en skelm Wilhelm se tjekboek-scams flop. Die dokter se laatlam blyk ook stadig van verstand. Die mooiste ma met ’n mooier vermoorde suster versteen stilsittend op die luik. Die seun...

Jakob (my regterhand-tuinman aan VIGS dood)
Lecia de Waal - 2009-10-22


Nokturne
Elizabeth Kendall - 2009-10-01
my kersie brand ’n klein wit lig teen die stilte van ’n pikswart nag waar alles sag asemhaal en wag uit my vulpen se mond rol dapper woorde oor vlaktes wit papier waar ek hier in die vroeë oggend sit en kyk hoe skadutonge skugter teen die mure lek ons huis se krag is af geen internet of helder lig die yskas stil en dood en net die veraf dreuning van motors in die straat wat kom en gaan, van iewers vandaan dis Juniemaand in Bronkhorstspruit en deur die vensterruit...

Wanneer was dit?
Elizabeth Kendall - 2009-10-01
Was dit op die heuwels van Eype, of op die klippiestrand van Westbay, in die nou straatjies van Dorset of tussen die stalletjies van Bridport? Was dit in die warm son op die oopdakbus of toe hoenderspoortjies om my oë bly lê het van al die lekker lag op Sondag: was dit toe? Was dit toe die kamera gekliek het en ek langs Cyberdog se weirdo staan en smile oor die absolute vreemdheid van alles; was dit op die ellelange roltrap wat ek so katvoet benader het (terwyl jy oor jou...

beton en engel
Carien Smith - 2009-10-01


Caster Semenya
Kobus Grobler - 2009-09-18
Van kleintyd word jy gespot mannetjie-dogter van Jacob die een wat by ouma Maputi moet broek aftrek en wys. Op die sokkerveld met die bal is jy seun-held vir die abakwetha hulle wat alleen gaan na die veld want tussen jou bene hang niks. In Berlyn wen jy die titelkroon koerantopskrifte sê man-jifiek en die wêreld wil weet: is ons kampioen-vrou dalk man? In die media dryf agterdog jou geslag op die spits: trek af, trek af, wys ons jou wyf! word jy die wêreld se...

Hooglied vir die maan
Yolanda Holden - 2009-09-16


somergeluide vir die ornitoloog
Francois du Plessis - 2009-09-16


as kanker weer kom
Kwikfeeks - 2009-09-14
(vir stiefpa Wessel) as kanker weer kom as kanker weer kom kom haal dit ou kêrels siek ou kêrels moeë kêrels verdienstig van loon ons maplotters was daar, my hele gespuis (vrou en kinders inkluis) het jou gesoengroet om te proe, die bloedoogneute van essenhoute het dof gelê die hele parkeerplek sonne vol en wilde pruim het wynrooi saamgetros op die dag op die dag toe ons goed genoeg was om te sien hoe die doodsengel soos ’n swangerskap...

Soms
Herman Lategan - 2009-09-07


die slak
Hilda Smits - 2009-09-07


die Stilte
Hilda Smits - 2009-09-07
die mure het steeds ore wat luister, en skadu's sluipvoetloos oor wit hande.ek spits my ore, gretige antennas, en hou my asemafwagtend op. ek klem my wit hande, en hou die dooiehorlosie met groot oë dop ...en ek wag -vir die bekende gesels van sleutels wat in 'n rooi voordeurkners. die sagte sug van 'n boekbladsy onder geel lamplig.vir die brom van Beethoven op 'n raserige klokradio. die intiemenanag-murmeling van twee stemme in gesprek.'n spinnende kat se ligvoet-midnagspel...

Tottenham court road
Hilda Smits - 2009-09-07


Laaste Appels
Bibi Slippers - 2009-09-07


As dit pap reën
Bibi Slippers - 2009-09-07
"sparrow" klink gevaarlik potensiële bedreiging om die hart te pylmaar mossie klink so klein en kwesbaar soos 'n mossie mos maar is en diè was blykbaar "sparrows" maar ek meen dat dit mossies was wat een vir een soos deegklonte uit die lug gedrup het ploep ploep ploep ploep ploep ploep ploep in Palmerston North se parke en paaie lê hopies vere en verlies 'n swerm dood het onverwags hier neergevlerk die reën het harder as gewoonlik afgekwetter en...

Tornado
Bibi Slippers - 2009-09-07
i : Eerste beweging nog weke se wolke wat bou en bou en berg word op die horison die sonderson die siddering dis dit-wat-kom die donker tor kruip nagteliks nader en dreig bedags op die drumpel van doer vandaar vanwaar 'n leë oog loer nog weke se wolke drom dringend saam die donderdonder supersel die druk die dreuning en dan die hel ii: Ef 2 die losbars brul die dreig word draai paplepelsirkelwind wat waai...

Mamma da Costa
Marnus Breed - 2009-09-04


menswees
Kwikfeeks - 2009-09-04


Varkgriep
Wanja Senekal - 2009-08-27
Die vark is nie dood nie hy is van die duiwel besete en hardloop gevaarlik naby die afgrond hy wei by taxistaanplekke, informele nedersettings, veiligheidskomplekse, hospitale en howe hy manifesteer as ’n virus en versprei na skole en universiteite hy sit op die ashoop en krap sy sere met ’n potskerf in die kerk braak hy woorde van vergifnis en hoes kieme van geweld.Die vark is honger en onrustig, hy smag na die gras anderkant die ogiesdraad hy lei die kudde van mesmoordenaars,...

Nagedagte
Kwikfeeks - 2009-08-26
kinderspore oor stofpaaie bring my heen na ‘n plot op Wheatlands en doringdraad wat skuins staan en stokpale wat slap hang verby donse gras en die kwetterjoel vere wat oral gis en kak en koeloekoeloe tot die kombuis van oom Hans en tannie Bellie se laagplakspoegdak-huis steeds teen sy kromdag krank kon oom Hans nog van die windpomp val en homself soos water van die grond haal woorde stook hy nie meer net sy pyp bly blougrys brom en rank tannie Bellie klop roomryk...

Ontdekkingsreis
Philip Nel - 2009-08-20
Die straat loop deur 'n ou bekende huis en neem my jare later op 'n ou ontdekkingsreis wat eggo's uit die gang en onbewoonde kamers bons tot by die warm stoof van reënerige winteraande ronde klippe wat stamp en rol in modderwaters stompe dooie beeste lyke warm sop en sopnat klere my bed is leeg my broer s'n ook ek ruik my pa se pyp ek hoor my ma se skottelgoed die dae van die week kom stuk-stuk uit die tye van die jaar kom bymekaar...

Taj Mahal van klank
Philip Nel - 2009-08-20


Weerklank
Philip Nel - 2009-08-20


Ope brief aan Charles Bukowski
Hendrik Botha - 2009-08-05
hoe lank terug, Charles Bukowski, het jy gesê dat eensaamheid oorskat word, dat dit veel erger is om te laat te wees? maar het jy ooit gevoel hoe alléén alleen kan wees: hoe beenwit ‘n plafon kan raak as jy vir twaalf ure daarna staar, hoeveel druppels van ’n druppende kraan jy in veertien uur kan tel. hoeveel karre tussen tienuur saans en dagbreek in die straat hiervoor verby ry. en sê my Charles, hoe wéét mens wanneer dit...

Oorlewing
Hendrik Botha - 2009-08-05


Terloops
Hendrik Botha - 2009-08-05


Gebed
Hendrik Botha - 2009-08-05


Net voor die son sak
Hendrik Botha - 2009-08-05
- vir WdV 28.06.2009 astraal hier langs jou sien ek jou vasgevang in ‘n web van plastiekpypies en kanules en kateters wat jou bind aan hierdie bed, en jou oë lyk moeg en tam, jou mondhoeke hang en jou vel is koud en grys, en ek besef as ek jou wil red sal ek jou spoedig hier weg moet vat – ver weg tot waar selfs die dood nie van ons weet - waar Kaokoland se laatmiddagson en stof en sand ons van alles laat vergeet, waar ons teen skemer ‘n vuur kan pak en...

Berlyn
Adri Breed - 2009-08-05


Gent
Adri Breed - 2009-08-05


Vryheidsmanifes
Kwikfeeks - 2009-08-05
ek wil my rot en kaal weggee hoopvol vir my vrou en ongeskonde dogter se eer of net hul lewens dan of nie ek wil honde hê wat bloot lê en wag op liefde en kinders en kos ek wil oor afgesaagde telefoonpale en die veld se derms kabel kontak maak ek wil by my oopgekapte voordeur almal welkom heet ek wil deur my oopforseerde veiligheidshek welwillendheid die wêreld indra ek wil met 'n rollie onder my kopkussing rustig saam drome aanvra ek wil donker dit...

Messina
Adri Breed - 2009-08-05
Messina is 'n grys dorp waar kremetarte opvallend lomp oorgewig, ontaktvol gestapel staan. Soggens ruik dit daar na teerpale, gras brood en bier, en smiddae net na teer. In die strate slenter immigrante nêrens om heen te gaan hul babas treurig op hul heupe. Taxi's en swaarvoertuigtrokke raas. Die hel kan so klink. Die son van Messina brand warm - vrouens in bakkies en karre voor die koöperasie het sweetdruppels tussen hul borste. In Messina sit mense saans In groen heininglose...

Potchefstroom
Adri Breed - 2009-08-05


aandblom
Francois du Plessis - 2009-07-30


dagbreek
Francois du Plessis - 2009-07-30


skadu en beeld
Francois du Plessis - 2009-07-30


Swyende tweegesprek
Hendrik Botha - 2009-07-22


Nabetragting
Hendrik Botha - 2009-07-22


Op jou rooi polvytjies
Thea van Jaarsveld - 2009-07-15


woestynverlange
Francois du Plessis - 2009-07-08


Stemdag 2009
Carina van der Walt - 2009-07-08
Geslagte lank het ons gevegvir die heilige regom 'n kruis te trek - skrynend eenvoudig is die weg.Nou is ons weer op die puntom met gepunte lood te korrel. Twee snylyne bepaal die kruispuntin 'n worp van kruis of muntin bloedin vuurin grondin lood.Eers deur berekende blanke here, rekenmeesters, tollenaarsen hul valse vroue in kant, rinkellaggies en pastelpakkies(Here, behoed ons).Dan swartes wat toi-toi Amandla, kompromitterende krimineleen vandag diés in diaspora:bloed- en grondgebondenesstomp-...

Afstand
Carina van der Walt - 2009-07-08



<< 1 2 3 4 8 >>