Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Ongepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

Wo hao hsiang ni
Johann Schutte - 2010-05-19


’n Gedig oor my pa se asem
Johann Schutte - 2010-05-19
Hierdie is nie ’n gedig vir die armes nie; ons het niks om oor skuldig te voel nie Dit is ’n gedig oor ons huis wat al meer hardlywig begin word vandat my pa dood is Ons huis is nie meer in staat om te ontlas nie Dit is nie ’n gedig oor transformasie of nuwe beginne nie Dit handel oor al ons kak wat met die grootste moeite uit kaste gehaal word en in bokse gepak word wat vir eers onder in ander kaste gepak word totdat dit swaar en moeisaam deur die kolon van die gang...

Die taal waaragter intensies skuil
André van der Merwe - 2010-05-19
vandag voel ek baie-talig soos veeltalig maar oneindiger ek verstaan die blou lug die empatie waarmee sy vlieswolkies omsoom borrelwolke oor bergrand babbel aaneen brandersuis vertel diep geheime geveerdes dra skindernuus van een groen na ander en ek spits my ore vir die vibrasie van ‘n hibiskus tussen die groen geklets dis die taal wat uit longe blaas oor glottale bewe geklap deur tonge teen tande en gerond word deur vlesige lippe dís die taal wat ek nie kan ontsyfer...

Uitasem
André van der Merwe - 2010-05-19
die jare vlie deur my met ’n swaeltjieflits wat uitasemhoog karteldartel en dan laag swiep vir ’n bekkie gogga net sodra ek gewoond raak aan my verbyseisoen verskyn die volgende spikkel – die spel gaan voort en in my ondervel luier ’n gedurige ondertoon die wete dat elke woord my laaste kan wees sou ek met ’n belangrike woord wou afeindig soos kognitiewe of penumbra of o my god miskien ’n humorklaarmaak soos kotteljons of LOL of swanesang met...

onklaar
Yolanda van der Mescht - 2010-05-19


nawoord
Yolanda van der Mescht - 2010-05-19
dood en gewond is jy soos die dag toe ek jou tussen die biesies kry wit en doodstil was jy waar jy tussen die pienk blommetjies ly ek het na jou gekyk later gesit om mooi te sien hoe jy lyk jou oë bleek en gewaas terwyl die brommers in jou ore raas my vingers was bang en nat maar ek wou so graag aan jou vat soos ‘n kind het ek om jou gegaan totdat ek later gebukkend oor jou staan jou mond het so gesoek na kleur onbewustelik het ek vooroor gebeur jou wit lippe aangeraak en jy’t...

Lotus
Johann Schutte - 2010-05-13
Die Boeddha vertel my dat ek jou self geskep het jou gevorm het uit die swart slik van my karma soos uit saad en dat jy my spieëlbeeld is my moordenaar my verkragter my hijacker my bedrieër my dealer my dief Jy is bloot my buite, sê die Boeddha en ek kan jou net ongedaan maak deur diep medelye Daarom vat ek jou vanaand saam met my af af na die bodem as jy my meulsteen is is ek mos joune ook Mag ons lyke mildelik vrot half toe onder die slik en mag dit wat uit ons kiem groen wees...

Breyten Breytenbach is op almal se lippe
Johann Schutte - 2010-05-13
Daar sit hy dan in die koelte van jou neus met sy pyp en die sanna van sy sutra en betig en beskrou die wederstrewige volk “Julle dink verniet julle staan in blom julle gaan nog almal vrek!” Maar dames en here vergun my om u voor te stel: Johann Leopoldt Schutte Paspoortnr 434448326 uit die nageslag van BB Lasarus ’n hele kroos wit lotusse soos hiasinte met hulle tone bo die modder Ooste toe – daar waar dinge begin Gerugte doen die ronde vaag soos ou skatkaarte van ’n...

In die arms van Sofia
Johann Schutte - 2010-05-13


Doringrosie
Fransi Nieuwoudt - 2010-05-12
Pappa, met patriargale ywer het jy in elke dorp spinwiele verbrand en die vlaskam verban – so het die kokon al digter om my reeds gevlerkte lyf gespan. Pappa, in my sestiende jaar het ek die taai veseldraadjies oopgebreek en losgebeur. Grootogig voelhorings gestoot na die stuifmeel van vreemde blomme en die nektar van skoenlapperwees met poeiervoetjies ontdek. Pappa, hoe kon ek weet dat pylsterte en wespe soms songevleuel hul angels lig en dat die prik vir jare onder geslote oë sou sluimer?...

Dit was die Kaap
Johann Schutte - 2010-05-04


Twaalf stappe na Padmapani
Johann Schutte - 2010-05-04
My Sofia is die hoer van Babilon My Sofia het almal lief My klein lotusblom tussen addicts en dealers In Sunnyside roep sy haar geliefde In Arkadia roep sy na hom: Ek is so vrugbaar soos modder, roep sy soos slyk lê ek onder in jou My Sofia is nie die bebrilde bibliotekaresse of die vietse skooljuffroutjie van Flintstones nie My Sofia raak aan die slaap met ’n dronkgat wat in haar nek lê en kwyl In die oggend bel sy my van ’n tiekieboks af Sy huil ’n bietjie...

Stilfoto
Izak du Plessis - 2010-05-04
Ek wou nog daardie oomblik saam met jou deur my vergeterige lens verewig: jou growwe baadjie teen my kinderwang ... toe waai jy uit my voue van onthou. Ek onthou nou net die bosgeraamtes gekruisig teen die drade langs die pad tussen Bloemfontein en Petrusburg. Jy’t gesê dit maak ’n mooi stilfoto met ’n windpomp in die agtergrond ... nou sper ek my lenssluiters ewig oop en bid om jou weer in beeld te kry. Maar jou baadjie is ’n bosgeraamte gekruisig...

Ode aan ’n naakte skoonheid
Izak du Plessis - 2010-04-19
With chaste heart, and pure eyes I celebrate you, my beauty, restraining my blood so that the line surges and follows your contour ... (Uit: “Ode to a naked beauty” – Pablo Neruda) die lyne van jou lyf is lang gras in die wind wat waai en buig terwyl die geelskraal vingers van...

Ode aan ’n naakte skoonheid
Izak du Plessis - 2010-04-19
With chaste heart, and pure eyes I celebrate you, my beauty, restraining my blood so that the line surges and follows your contour ... (Uit: Ode to a naked beauty – Pablo Neruda)   die lyne van jou    lyf is lang gras in die wind wat waai en buig terwyl die geelskraal vingers van die oggendson oor knoppiekoppies kruip en silwer spore verf oor wolke, rots en water. Kyk hoe darteldans en  duik die lig oor werwels van die pad wat aanstryk na die huis waar son en maan mekaar ontmoet;...

Ode aan 'n naakte skoonheid
Izak du Plessis - 2010-04-19
With chaste heart, and pure eyes I celebrate you, my beauty, restraining my blood so that the line surges and follows your contour ... (Uit: Ode to a naked beauty – Pablo Neruda)   die lyne van jou    lyf is lang gras in die wind wat waai en buig terwyl die geelskraal vingers van die oggendson oor knoppiekoppies kruip en silwer spore verf oor wolke, rots en water. Kyk hoe darteldans en  duik die lig oor werwels van die pad wat aanstryk na die huis waar son en maan mekaar ontmoet;...

One time
Marietjie Lavelle - 2010-04-15
Jou stem in my geheue luider as die gedreun van One Time-vlug 835 van Johannesburg na George. My trane opgeskort agter jare se oefen in kamers van heimwee na vervloë gemeensaamheid. In twee dae en nagte breek ons ’n hele brood. Water verander in wyn wanneer ons woorde daaroor bruis. Ongekurk, ’n borrelende fontein van onthou. Jy neem my op ’n reis: ons rits deur boomryke lanings verby ingange van paleise wat glimmer in ’n waas van welvarendheid tot binne die hart van ’n...

Die Apokalips begin in Pretoria
M Labuschagne - 2010-04-07


Verlang
Izak du Plessis - 2010-04-07


om die wind te vang
’n ode aan breyten

Izak van Rensburg - 2010-03-24
is om die Ysterkoei te laat sweet en laggende Katastrofes uit te dryf, dit teen die mure van die Huis van die Dowe neer te skryf om ’n Kouevuur te teken en ’n Lotus luisterryk te kweek Om te vlieg en om Blomskryf te bedryf om die Oorblyfsels van ’n tydelike reis op te spoor, na te gaan, bymekaar te skraap en uit te Skryt Met ander woorde: Om ’n sinkende skip blou te verf om die Boom agter die maan te gaan haal en te...

rooi manuskrip
Jan J van Staden - 2010-03-18


Dorpstrate
Jeanne van Heerden - 2010-02-10
Eendag het sy geloop by die onderste straat Waar die dorp soos ’n stilte lê en wag By die klipmuur het sy haar hart gelos En belowe om te verander Om eendag beter te wees Toe loop sy kaalvoet al langs die stukkende sypad en sy vergeef haarself Oor en oor Maar sy kan nie regtig nie Want vergifnis kom net met berou En hoe berou jy iets waaroor jy droom Waarna jy smag Hoe berou jy die bestaan van ’n vrou se siel...

My taal
Elizabeth Kendall - 2010-02-10


Biologieles
Hendrik Botha - 2010-01-27
in die begin, elke sel en vesel haarfyn beplan, dubbeldraad-heliks ’n spiraal, aminosure in volgorde gekoppel, hand uitgesoek een vir een, alles perfek gekodeer om elke sel soos ’n metronoom op die bestemde tyd en plek te laat verdeel en gaandeweg soos die ouderdom kom al hoe traer soos alles rondom maar, dog steeds in perfekte harmonie, so alles volgens plan. dan eendag iewers, ’n sel wat spoor verloor, ’n twaalfde dissipel wat hom nie steur aan terugvoer...

Iewers
Elizabeth Kendall - 2010-01-19


Afskeid
Marcel du Pré - 2010-01-19
die heelal is vol sirkels en spirale ineengevleg soos planete in hul bane volg hul elk ʼn noodlotsweg in die winter van jou weggaan is my weemoedskring voltooi sonder hoop op nog ’n lente wat my liefde kon ontdooi in dié sirkel van verlange het ek heel alleen bly staan oorbewus van net een waarheid: dat die liefde ook kan taan net herin’ring aan ’n ander voller bloeityd klank in my soos die hol herhaalde eggo’s van ’n kreet...

Om dié nag te onthou
Alwyn Roux - 2010-01-08
IHoe groot Tyd is, en hoe klein die onthou daarvanin woorde, veral in drome wat neem en geesoos Tyd onthou. Ek wil, sou ek wou noem, dat die aarde in al haar nagte teruggeein klank wat hierdie menslikheid, in begeerte, transendeer. II Dié gedig dwing hom op my af, soos verkragtingen die uitblakering van kerswasop ’n spieël: sien my gesig in die wasige onruim van weerkaatsingen die begeerte om jou weer te ontmoet. IIIWant drome dra die Tyd meein sang - ’n canto vir Sy mildelike...

onthou
Francois du Plessis - 2009-12-08


Hipertekspoësie-kompetisie: Dagmaan
Karlien van der Merwe - 2009-12-04


Hipertekspoësie-kompetisie: Ayoba
Salome Jordaan - 2009-12-02
Kaapstad snags het vreemde geluide Vuvus, sirenes, bote en meide Die mishoring kondig ’n onheil aan Van weer wat kom uit ’n lang koue baan Ek strek my, blaas my op, groter en groter Skop vas, waarsku teen die mensdom se gemoker Teen Tafelberg se skouers raak my eie skouers wyd Tot ek groter word as alles, op, tot die buiteruimte uit Die Groot Klip hier teen my Die water die steun my En die hawe se groet, My lief! Jou soene is soet!<< Klik hier om nog hiperteksgedigte...

Hipertekspoësie-kompetisie: Op straat
Charles Tait - 2009-12-01
Hoop trek diep deur my.Bring hitte tot my are en bring ’n glimlag tot my gesig.Vuil en moeg sien ek fokkol om oor te smile.Ek doen dit anyway. Ek stap voort soos die donker val.Onder robots wat altyd rooi bly, droom ek.Dinge wat vir jou niks kan beteken nie.Die koud byt aan my soos ’n brandsiek braken ek like dit.Dit maak my wil opstaan en beter doen.Reg maak wat iemand anders vir my gebreek het.Seker laf, ma’ die koud maak my warm.Vat my gedagtes na ’n plek waar...

Die onbandige ek
Isabel Niemand - 2009-12-01
Die onbandige ek* Met ’n lag wat rinkel, donder en wegraak in haarself net om dit weer teen die dieptes van haar plesier te ontbloot. ’n Vrou wat haar aan vreugde, oordaad en waarheid vergryp Warm vye in die somerson, gul granate ryp. Om kaalvoet en kaalkuit in Struisbaai se branders te loop, dwarrelend in die kaneelkleur van Karoostof te draai. Op kilometer zero die geur van tweedehandse boeke in te asem en wydsbeen te staan op ’n Overbergse lusernland dat die Suidooster...

Ongelukstoneel
Isabel Niemand - 2009-12-01


Parys
Isabel Niemand - 2009-12-01
Op 17 quai’ d Anjou staan sy met veryste voete en ’n skrywersiel verstom Voor die Hotel Lauzun waar Baudelaire na vertelling Les Fleurs du Mal geskryf het Die dubbel houtdeure is met rose bekerf En sy dink verwonderd dat as sy net een asemteug in daardie solderwoonstel kon neem, sou een asemteug haar twee verdiende woorde kon laat skryf. Terug op die metro klim twee minnaars by Pigalle op Met moeite word ’n groot instrument saam ingebeur Hulle neem oorkant mekaar...

Waar daar vroeër begeerte was
Mariëtte van Graan - 2009-12-01


Yeats by die sterrewag
Mariëtte van Graan - 2009-12-01
hinkepink stadig oor die klippers by die sterrewag want dis donker en die oogballe is nog toegewoel in sterstof so loop stadig die donker buite is skielik digter soveel meer intens as vroeër want die niks van ’n heelal daal skielik neer op die klippers van ’n vrystaatse heuwel so skuifel stadig so stadig oor die klippers want tyd is elementêr en absoluut onsinnig die babasterre op die punt van orion se swaard is maar tien miljoen jaar oud en nog skoon...

My taal
Marius Bekker - 2009-12-01


Hipertekspoësie-kompetisie: chthonian horse
Willem Jansen - 2009-11-26
chthonian horse jy vat oor by die hek van die dood kondukteur van beide ons ismes. jy ken die roete beter as hades die prys is vas, noodsaaklik jou vel en spier moet skeur om jou kragte los te laat jy wring ’n resies met die dood die teuels aan jou as kind gedwing jou pa se saal, jou ma se toom en so galop ons gort-is-gaar ek op jou versweepte rug op soek na my verlore gees jy bring my moeg (my siel nog soek) net-net veilig hier fier loer jy terug, jou skof bebloed maar nog...

Hipertekspoësie-kompetisie: So sonder
Leoni Jooste - 2009-11-26


Hipertekspoësie-kompetisie: Die dood laaik my nie
Dalize Pieterse - 2009-11-25
Ek is in die bottel agter glas ’n droë vasgepende gestalteonder gevangenskapglanstussen water en tafelbladvorms van ’n plat dimensiedeurdrenk met uitvoeringsvan flitsende drogbeeldewat makabere gesigte trekvan nat katpote ’n vis se vlugweerskante na die tronk staarvan onder die glas van my eiemimieke akwamaryn-kloosterin breekbare glasvorm gegiet. << Klik hier om nog hiperteksgedigte te lees << << Klik hier vir die riglyne van die hipertekspoësie-kompetisie...

Hipertekspoësie-kompetisie: Loopgraaf van woorde
Jean Oosthuizen - 2009-11-19
Ek lê veilig in my loopgraaf van sinne en letters en praat twak op die net met die ander klomp wetters. Maar toe kom jy, jou boggher. Met jou x-ray-visie en kennis van die bos kom krap jy die mossel wat toe was weer los. Jy laat my weer wonder oor die sin van die lewe. Oor liefde en haat, oor vergeet en vergewe. Maar uit my loopgraaf van sinne en woorde skiet ek op die res uit allerlei oorde. – Hierdie gedig is aanvanklik op OuLitNet gepubliseer. << Klik...

Hipertekspoësie-kompetisie: – in menseheugenis
Angie Gallagher - 2009-11-19


Hipertekspoësie-kompetisie: Ons dra die kis oor kluit en gras
Izak du Plessis - 2009-11-12
Ons dra die kis oor kluit en gras,verby die stof wat lewend was. Die plek’s besaai met hope doodwat ry op ry wag vir die Jood, vasgebeitel in piëtas.Beskikker van ons deel en las,net U bepaal ons lewenspas.U is die troue Vriend in nood;ons dra die kis. ’n Hadida preek luid en krasby kripte van die parias;wroet onbewus van mes en loodvir wriemelende lewensbrood,wat vlak lê tussen kluit en gras – Ons dra die kis.<< Klik hier...

Hipertekspoësie-kompetisie: Koerantnuus
Elizabeth Kendall - 2009-11-12


Hipertekspoësie-kompetisie: eweL yM
Sakkie Nel - 2009-11-12
(My lewe in trurat)Is ek gesigloosas facebook my nie ken nie?Is ek doofstomas ek nie twitter en tweet nie?Is ek haweloosas myspace nie plek vir my het nie?ek wonder ...Kan ʼn elektroniese plakkerskamp instaan vir ʼn huis in liefde gehou?Kan ʼn boodskap van nulle en ene ooit ʼn sagte skouer en samesyn vervang?Kan duisend foto’s en woorderegtig die gesig van my drome wees?<< Klik hier om nog hiperteksgedigte te lees << << Klik hier vir die riglyne van die hipertekspoësie-kompetisie...

Hipertekspoësie-kompetisie: Jy is wat jy eet
Isabel Mac Donald - 2009-11-12


Hipertekspoësie-kompetisie: sy
Bibi Slippers - 2009-11-12
sywat haas-oor-kop hals-oor-gat die konyn se holte binneval kliek kliek kliek agter die wit muis aan, sy lang ore en infrarooi stert hop hop hop verdwyn dan in die chaos: sy sy sy sy sy sy sy soek oralmaar na wat?hullesê sug suggereer dingesy haas haar huis toemaar sy issyne<< Klik hier om nog hiperteksgedigte te lees << << Klik hier vir die riglyne van die hipertekspoësie-kompetisie...

gewigloos
Wynand Booysen - 2009-11-06
vir Jessica Foord (Waterval, Durban, 2 Maart 2008) in die somer speel die honde sondae in die bos en die son fletter soos vinke swerm op die dam – in Waterval staal skeer oor die kuiltjie in haar nek dié dag in die bos die lem koud op haar vel asem beklem skielik soos ’n visgraat in haar keel klere bruut afgestroop kraaikloue van grypende vingers skend haar woordlose asem duiwels wel geil in hul bloed en die drif skuim dik om brakkerige lippe al vyf hurkend...

Hipertekspoësie-kompetisie: flikkering
Rianne van Vuuren - 2009-11-05


Hipertekspoësie-kompetisie: Nie van brood alleen
Marietjie Lavelle - 2009-11-05
Die dae van jam en brood is lankal verby; Jamie Oliver en kie het gekom om te bly. My ma was onbewus van spaghetti of couscus,maar boontjiebredie, wat ’n smaaklike dis! Alles was kosjer soos per Kook en Geniet, ons moes maar alles eet wat sy ons bied. Toe kom Kentucky, Mike’s Kitchen en Fast Foods,"Bring ’n glas, skink van die wyn in die doos!" Braaivleis, deesdae slegs die as van die vuur my tjop onherkenbaar tussen die geur van die uur.Ons praat in kulinêre...


<< 1 2 3 4 8 >>