Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Ongepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

Kompetisie: Eensaam
Diana Stassen - 2011-03-01
Eensaam Hoe niks moet mens word om van dit (dié huwelik) iets te maak? Van ’n hart wat praat en ’n lyf wat raak is daar geen spraak Ervaring: afwesig – totaal Krematorium-stilte, ewigdurende … Produksiegrafiek: emosies – leeg, laag, non-eksistant Ongeregistreerd op dié skaal Die ander helfte: ek Soos ’n komma in ’n lang sin – leesteken-alleen Mens in ’n skare, oënskynlik vervuld, omring; dog Leë oë … dowe...

Kompetisie: Stoelgang
Dionne Crafford - 2011-03-01


Kompetisie: Ek gee g’n flenter om nie
Bruno FA Andries - 2011-03-01
Ek gee g’n flenter om nie Jy het twee dae laas gebad en ek gee g’n flenter om nie jy dra nie ’n kriesel grimering jy lyk wragtiewaar nie goed nie Jou hare is natgesweet ek sien dit nie eers raak nie jy huil en vloek soos ’n matroos dit pla my nie in die minste Die stank van ontsmetmiddels en bloed laat my naar voel mure en uniforms smelt saam tot grys iemand skreeu “ons is amper daar” By die huis wag berge wasgoed vuil hemde en stink sokkies en die...

Kompetisie: Tussen lyne
Ivan Bee - 2011-03-01


Kompetisie: O, fok
André Coetzee - 2011-02-24


Kompetisie: Soms as jy met my praat
Trisa Hugo - 2011-02-24


Kompetisie: Hoe ruik die liefde?
Kilgore Trout - 2011-02-24


Kompetisie: Liefde (soort van)
Kilgore Trout - 2011-02-24
Liefde (soort van) Na vyftig jaar van man-en-vrou wees Het haar vrougeur verflou Met nog net een bors En ‘n lyf skeef getors Les sy egter nog steeds my dors. Haar eens digte blonde haredos Het vervaal tot dofgrys en toe in klosse verdwyn Sodat haar skedel donserig deurskyn. Haar hande lewerig gevlek knokkel om my vuis Terwyl fyn vore haar benige gesig kloof. Onder die siekwit vel van haar bene kronkel are persblou Donker strome deur ‘n dorre aarde amper van lewe onthef Wat...

Kompetisie: Oorkonde
Ri Vermooten - 2011-02-24
Oorkonde Luider as sonoor vibreer die maandeindmark. Amorf tuit opgehoopte spitsverkeer. Die plantjiesman smous skril en groen met hoopseisoen. A capella vivakrappers korf. Die openbare lug straal akkolade, gil helder ruite senu-energie-fasade. Dawerend akklameer, rondom, concerto’s aangehoorde tyd. Die onbeskaamde foon kommunikeer. Kruisbeen verkoopster prik stom met hekelpen en draad die plaveiselgesprek; verswelg dit prestissimo in haar weefpatroon vir later midasuitroepe, luid...

Kompetisie: Koeplet
Nelius Boshoff - 2011-02-24


Kompetisie: Dampkring
Karlien van der Merwe - 2011-02-24


Kompetisie: Die entoesias
Jacobus vd Riet - 2011-02-24
Die entoesias Per lugpos arriveer toe eindelik sy outentieke artefak die bonkige asbak van melkwitte glas afkomstig vanaf die lankvergane Ile de France, 'n vierkantige pêrel in 'n skulp van papiere verpak. Kyk hoe loop French Line al teen die een wand langs en in een hoek gloei nog rooi die sierlike seël van die Compagnie Generale Transatlantique. Hy hou dit in sy hande die onwerklike gewig, 'n opdrifsel uit 'n versonke tydsgewrig. Hy hou dit teen sy oor asof om die deining en...

Kompetisie: Eengesprek
Karlien van der Merwe - 2011-02-24
Eengesprek Ek kyk toe dat jy jou denke leegmaak. Leër as Vrystaathemel in droogteseisoen. Jou mossie-gedagtes kies kroes kortpad na die naaste draad; ek sien, maar kan niks daaraan doen nie. Jy misken die tril van lewe en stem onder voël-fyn kloutjies wat ons laaste verbindingslyn korstig omklem. Net ’n paar tjilp-kwele vertoef jy daar, om met die naaste lugstroom wind-op te vaar. Ek hou dop dat jou oë waas soos rypasem oor ruitglas. Jy krul jou fetus-toe; as...

Kompetisie: Hooglied vir die Mauretania (1907-1935)
Jacobus vd Riet - 2011-02-24
Hooglied vir die Mauretania (1907-1935) Tuur ek soos 'n Bedoeïen uit by my hart se tent sien ek immer soos ‘n opgeefsel die Mauretania wat op die einder met haar sog soos ‘n lang wit sleep statig trek oor die blougroen duine van Atlas se See. O verre karavaan o vier drommedarisse in enkelgelid – soos boggels jou rooi skoorstene waar rook en stoom uit jou stoomketels en jou stookoonde borrel – o Mauretania, Mauretania, vir jou wou ek ‘n kajuitjonge wees, jou...

Kompetsie: Fok jou
Ronel Nel - 2011-02-24


Kompetisie: Geen vlees
Reneé Yzel - 2011-02-22


Kompetisie: Een vlees
Reneé Yzel - 2011-02-22


Kompetisie: Die wêreld tuimel
Klaas - 2011-02-22


Kompetisie: Ark
Tuinman - 2011-02-22


Kompetisie: ink
Fanie Viljoen - 2011-02-22


Kompetisie: Deur dik en dun
Dirk Schenck - 2011-02-22


Kompetisie: die pad lê bevlek met gebreekte blues-records
Hilda Smits - 2011-02-22
die pad lê bevlek met gebreekte blues-records vir jou my skat die pad lê bevlek met gebreekte blues-records en jou klam vingers soek na snare soos woorde ritmies gestrem bloei jou slanke vingers in gebare en ek pause – vir ’n oomblik – maar die bar klop ’n oop kloppende kop en my brein my brein verloor ritme tussen jou voos are die bebloede drade verstrengel in wat ek nog wou sê maar nou moet vergeet want die blues-trein los my op die platform en...

Alzheimer
Izak du Plessis - 2011-01-06


die grondpad huis toe
Hilda Smits - 2010-12-15


korset
Yolanda Holden - 2010-11-03


Dreigement
Izak du Plessis - 2010-10-27
Dreigement Niemand weet wat gebeur het toe ’n 20-jarige meisie die oggend ná die Wêreldbeker-eindstryd in 2007 in ’n motorbotsing gesterf het nie. Die enigste mense wat weet, is me Nastasha Delport (20), wat dood is, en mnr Bennie Barkhuizen en sy passasier, wat niks van die botsing kan onthou nie ... Elke keer as daardie tyd van die jaar kom, dan kom al die herinneringe terug. Elke jaar met die herdenking van haar dood kry hy ’n begrafnisbrief van Nastasha op sy hek...

fotograaf
Pieter Odendaal - 2010-10-27


vir my sussie
Pieter Odendaal - 2010-10-20


digterlik verwonge/stigtelik besonge
Marius Ackermann - 2010-09-28
digterlik verwonge/stigtelik besonge jy’s op voornaamterme met die ganse volk geprewelde lirieke boeiend broeiend in mikrofone van die siel aktrizes pruil jou naam in lesinglokale word jy met hoë wenkbroue in volronde vokale gedisserteer en gedissekteer dunlippige omroepsters klank jou galbitter braakstof tot rêrig iets besonders iets moois iets rsg’s op gala-aande gaap jy mee met die ATKV maar sou jy armgatdronkgatdruggietroebadoer slentergatflentergatdigterversiemoer...

dankgebed van ’n welvarende man
Marius Ackermann - 2010-09-28


Posodinie
Theo Spann - 2010-07-27


Jou kaal sien
Philip Nel - 2010-07-27


Nou
Anna Visser - 2010-07-27
Ons moet baie foto’s neem, nou, terwyl ons nog oraaiterig lyk. Want daar kom ’n dag wat my oë nog blink sal wees maar my arms te kort wil word vir tydskryf of bybel lees en ek wragtag na iets tussen gister en talcumpoeier sal ruik. Ons moet baie love letters skryf, nou, terwyl ons hulle nog self kan lees. Want daar kom ’n dag wat ek die roomys van jou neus sal moet afvee jou pantoffels, die remote, die datum en my naam vir jou moet aangee en die love en die letters in my briewe...

Vissmous
Desiré Lyners Volkwijn - 2010-07-21
Hee’like varse heddok en snoek, enige varse’ swem hulle nog Praat me’ my dis alles hie’ hake en snoek Een vannie dae is da’ niks mee snoek nie, dan ve’koep ons net die hake Krap en koep, ek la’ my customers krap en koep na heart’s content. Nou hoekô is daai ma se robot dan alwee’ soe rooi? Oe, djy sê ha’ robot is ma’ altyd soe rooi? Dja, alles het gechange; nou ka’ djy ma’ ry op rooi en stop op green Varse...

Oorgang
Philip Nel - 2010-07-21
met skemerduiwe gaan sit laaste los woorde op ’n tak teen vlieswolksome van ’n hoëveldhemelrok sing janfrederik jou fluitfyn naam as eerste ligte outomaties aanklik alreeds vroeër herfsgeel teen die grou Maartgordyn nou verstaan ek eers dat somer net die tafeldoek voorsien as ons laatmiddagure van oorganklikheid met ryp vye en druiwe bedien voel ek reeds die naderende koue front sny deur swartnaak takke van my wintereik terwyl ’n skilderystil...

ek verf jou in kleure
HJ - 2010-06-25


Mandorla
HJ - 2010-06-25
dit was in oktober toe jy ’n mandorla op my deur geverf het opgehewe ou oker lyne soos die bloedswanger paaie waar ek deur die tye heen geswerf het (in jozi vier swerwers die bloutrein lentefees) in sumbu roep djembe-dromme na die somerreent en warrel en klak Nyau-dansers die Gule Wamkulu op die metrum van my hart waar jy die mandorla gekerf het (in debra tabor bou ek tussen die hongeres my winterhuis in jou oog is my herfs se gees) die mandorla wat ek met my dra en om my pols gebind...

fête des fous
HJ - 2010-06-25
Ur-ma: hoor jy snags die gemuil van die dode as ek my rondtes doen? sê die uil: dis net ’n skaduwee teen die muur wit kraai: dit sluip! dit bekruip! Ninlil: ek is die engel uit die diep poele die waternimf sê die uil: nee, óp in die lug, sy kom in die warrelwind wit kraai: die wind! die warrelwind! Ur-ma: ruik jy die odorante van dwingende testosteroon? sê die uil: dis ’n roep tot die geveg wit kraai: jy’s gek! jy’s gek! Ninlil: ek het dors....

onhubaar
Yolanda van der Mescht - 2010-06-25


Rooi
Isabel Niemand - 2010-06-08
Rooi, die kleur van my hart, framboos raakgetrap in die sand. Drogbeeld wat ’n gestalte van sy eie kry; haar beeldskone gesig, julle geluk. Rooi, vlek van my lipstick op jou onderlip die flits van my naels soos granaatpitte my hande besitlik op jou rug (Het toe nooit aan my behoort.) Rooi, verraderlike gloed van my wange wanneer my telefoon jou klokslag aankondig voor jy huis toe gaan na haar. Woorde wat my twyfel oorrompel. Rooi, die nooduitgang in my verstand toe die aankondiging van...

Stom/p
Andre van der Merwe - 2010-06-03


Die vrou van Montmartre
Koot Pieterse - 2010-05-31
By die stop in Montmartre, ’n figuur in ’n jas wat inklim en haar in die oop staanplek pas. Die meeste kyk weg; hulle ken hierdie vrou – sy leef in ’n hoek van die stasiegebou. ’n Ruk staan sy stil, kyk met dowwe oë rond asof sy die stemming, die smaak wil deurgrond. Dan neurie sy sag in die laatmiddagson ’n oeroue liedjie, ’n Franse chanson. Die stem word al harder, die woorde kom by, en iets in die stem roer my gees binne my. Haar stem waarin...

Die lekeprediker
Koot Pieterse - 2010-05-31


As jy gaan
Koot Pieterse - 2010-05-31


Ongetiteld
M Labuschagne - 2010-05-31


Stom/p
André van der Merwe - 2010-05-28


Die storie van die blad
André van der Merwe - 2010-05-28
die tafel staan nou voor my, met sy gemerkte houtblad van grootword waarom die wêreld besit is deur ’n monopolie-keilhoed en hotelle op eloffstraat die ooghoogterand waaroor oupa sy skrikstories uitrek vir kleinjariges en ek dan met bewetrots kan sê ag ek was nooit bang nie, nooit snye van sondagaandskoolprojekte te diep in die grein my getergde suster se giggels tot die skaam van die handgemaakte rok nie meer snaaks genoeg is nie ’n tafel van apologie onverwagse...

Rekonstruksie
Danie Venter - 2010-05-28
wanneer dit volbring is en die uur aanbreek vir die afbreek van die bouval wat vir my soos vir ander nie per toeval net ’n leeftyd kon bly staan los dan eers vir ’n wyle jul koevoete hamers pikke grawe en verken die agterplaas byna hoorbaar: my pa wat hoes ’n makou wat kla my ma wat hallelujas sing ’n haan wat baie meer as drie maal kraai byna sigbaar: omgekantelde driewiel met voorwiel wat nog draai moerbei- vye- koejawel-...

Afri-dite
Floris van Zyl - 2010-05-27
ek sien wit skuim kook vanuit vlak waters waar die kastrasie van die oervader geworp is, tot ’n vuil, septiese see, deur een van sy eie die gebruis en borrel, wild, soos swerms wit swane wat spartel, verstrengel in ou plastiekhouers die oersaad het die donker bodem bevrug die waters bedaar, ’n stil chaos rus onder die branders wat melodies teen die strand breek uitgespoel lê duisend klein blink skulpies, die water het gebreek, die swane stil en beheers die kreet – sag,...

toe sy wegstap
Selwyn Milborrow - 2010-05-27



<< 1 2 3 4 8 >>