Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Gepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

Helen Martins
Marius Crous - 2009-08-14
1. (Ah Moon of my Delight who know'st no wane) op watter van die drie bedjies op 'n ry in die lang kamer met sy slangvoettafel gaan sy vanaand die maan soos vir johannes hattingh inwag vir die skurwe streel oor haar lyf nog toe onder die fyngemaalde marmitepotjies in haar ooghoeke die poeierstof van die glas met die kleur van ontroomde melk wat sy opgegooi het teen die son op soek na die presiese pigment karoolig vir die ster van die ooste 2. in dié dorp...

Elizabeth Donkin
Marius Crous - 2009-08-14
1. sommige stede dra die name van goewerneurs of keiserinne 'n jodiumgeel staatshospitaal dra joune in 'n windmakerige stad ver van jou lyf in indië wag jou hart gebalsem in 'n trommel vir die uitpakslag in die ou st pancras-kerkhof 2. onder die piramide is haar hart gebalsem (al die pad van meerut) ingemessel nou nog onder die geflap van 'n helikopter bo die ystermanne soos spartelende sardyne in die vlakwater onder die gesweis en getimmer aan die stadion...

Mensgemaak (in glas)
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-08-13


Grenslose suburbia
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-08-13
Sondae ry 4x4's kortpad deur die plakkerskampna die parkeerterrein van dieMega-gemeente langsaan. In dié suburban ghetto plak squatters in die son voor die sink-kaias. Tussen die shacks aas bronstige honde en skud vrouens kooigoed uit. Runaways en skaapkoppedrup vet in konkasen transistormusiek polsdeur die plakkersdorp.Gehurk in die stofgooi dwellers diceop die Kwaito-beat. Tydens die uitreik-aksiena die oggenddiens,word die kortpad se stofseremonieel van die plakkersse...

sewe dae
Johannes Prins - 2009-07-22


Reisverslag
Pieter Strauss - 2009-07-22
(vir GHW) Die hete son trek water uit 'n spreekwoord wat nouliks nog bestaan. Teen die membraan wat God soos 'n doek uit Sy verre oord oor hierdie gepoeierde landskap span gloei 'n akwarel. Hy reis opnuut verstom verder noord na waar hy dalk nog hoort. 'n Leeftyd skuur verby: die hongerblom van sy kinderjare, die turksvyboord van kalwerliefde, die klam reuk van grond waarin ou vergete lentes weer nuut ontwaak. En meteens, onmiskenbaar in sy mond, ook die soet-vrank...

Michael Jackson (1958–2009)
Joan Hambidge - 2009-07-22
Jy was nie van hierdie wêreld nie: jy skep ’n Neverland, jou kasteel met prinse in ’n verdroomde feëverhaal weg van jou bitter jeug. Hier abdikeer jy nooit jou posisie as die Koning van Pop: jy herskep jouself word ’n Gemmerbroodmannetjie - spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie’s die rykste in die land? Jy moonwalk aantygings oor die vele Hansies in jou towerland. Die aaklige heks genaamd die werklikheid swaai haar verdoemende staf:...

Metamorfoses
Hennie Aucamp - 2009-07-15
vry na Ovidius ʼn Vis het sy skubbe en is daardeur vis maar ʼn postmodernis vul al sy hiate met vermomde sitate en reken hy is die uiteindelike vis. ʼn Parodis paradeer met ander se klere: ʼn vaalvalk wat smous met loerie se vere. Rare avis plagiaris die postmodernis. Ironies, op die koop toe die postmodernis: op die keper beskou ʼn aartskonformis; plunder ander se oeuvres van Barthes tot Vasalis op jag na kapok vir sy eie nis (versteek met collages...

ng vis, ng vlees
Carina Stander - 2009-07-02
binne-in die bangbossteek twyfel deur die vel ek wonder of jy werklik iskan jy die waterpad voorspelglip jy met die tapir deur 'n skemer poelsloes soos die otter wriemel en wóél 'n tamaai kapibara onder koel waterslaaiswaai jy regtig aan die stingels van my binnelyf nóg vis nóg vleesmet bene en gewrigte gesig en bloed en geesjy antwoord nie klein kindjy bot stil jy bot sagniemand waag 'n woordas asem in 'n asem lag Uit: woud van nege en negentig vlerke...

Vier Boerepsalms
Hennie Aucamp - 2009-06-23
Bakdag op Rust-mijn-ziel Niks bring jou heiligheid by nie soos brood: die afknie van deeg, die rys daarvan tot oor die rand van ’n paraffienblik-pan, en dan, by die bakoond, die versigtig instoot in bakbossie-hitte wat sidder en beef. Met die oonddeur gegrendel, en met mis diggemaak, begin tergend en spannend ’n Bybelse waak: wát gebeur in die oond voor die deeg herleef tot ’n nuwe vorm, uit aarde en koring? Die brood kom uit, word verlos uit die pan –...

Om boer te wees
Pieter Strauss - 2009-06-23
('n Parodie op 'n gedig deur WEG Louw, gepubliseer in Die ryke dwaas, 1934) O, om 'n boer te wees met jou hele wese in die son die liewe, bange dag deur; om saans moeg terug te kom van die lande, te gaan lê en wag vir nog 'n klip wat deur 'n venster breek, nog 'n comrade wat hom op jou skape wreek; en teen derde hanekraai, oor 'n beker boeretroos, die skuldopgaaf met nuwe oë weer vas te hou. O, om so onherroeplik in jou moer te wees en maar elke...

Dharma
Marius Crous - 2009-06-18
Wat weet sy met die moesie, tussen die sigarette, aanstekers en sigarevan die dharma?Tog, haar heen-en-weer,tussen pakkies, etikette en die kasregisteris beter as 'n diepe instaar by die nawel;die uitkraam en uitpluis van koans.Haar stipter blik oor die toonbankin die rigting van die tydskrifte- een groot smeersel van foto's en blokletters -is fyner van insigas my newelige gegluur na die Boeddha teen die muur.Daar is meer sprake van skerper ruik en dieper kykin die meisie se aangee van 'n...

Vyf haikoes
Pieter Strauss - 2009-06-11


Refleksies
Susan Grobler - 2009-05-18


patroon
Susan Smith - 2009-05-18
mamma jy brei vir my ’n aran-trui in mos- steek en kabels steek vir steek vleg die drade ons hegter aan mekaar vas en so, met die woldraad om pinkie en wysvinger gehaak brei jy stories en familievertelle uit die voortye los regs en aweregs alternatiewelik en eindig altyd weer die laaste steek met regs herhaal die ry – dis mossteek en wanneer jy drie steke op ’n klein derde naald glip en die volgende drie regs brei dan die derde naald se drie...

Daar is vele foto’s van ons my lief
Joan Hambidge - 2009-05-07
My selfoon en rekenaar berg vele foto’s van ons en nou, saam met Roland Barthes weet ek: jy was my hele universum, en elke teken wys terug na jou. Dit staan alles in A lover’s discourse, jy sien. Maar die verstaan maak niks makliker of ongedaan. ’n Foto van ’n sonsondergang, (dit dui op ons einde) my sak op jou vloer, (’n aanwysing van my vertrek) en die foto van die vloervelletjie spreek vir sigself. Geykte beelde en foto’s word...

Perspektief
Susan Grobler - 2009-05-07
(vir Franci)moenie skaam wees nie, my lief, dat vreemdes ons armoede in jou foto's raaksien nieLaat hulle klets oor die guurheid van ons Madagaskar-huisieshulle neuse optrek vir die gietreuk wat aan ons manne klou laat hulle wonder oor die gebarste hande van ons vorstelike vroueagter bakhand en met groot oë ons kaalgat kinders beskinder hou jou rug regop, my lief,trek jou mooi skouers terug,lig jou ken en kyk hullevierkantig in die oëwant ons woon in kompasse van klei wat nie lek nie...

Amatola in die week van verkiesing
Carina Stander - 2009-04-16


Oggend in Walmer
Marius Crous - 2009-04-09
kras skrei die gonser by my voordeurek word gesteur in my oggendritueel van koffie en rachmaninoffoor die interkom die stem van ‘n vorige inwoner se broersorry sir I am looking for my biblewie soek ‘n bybel in ‘n woonstel in walmerwanneer mediums in televisieateljees jou dadelik deurskakelna geliefdes en vermistes in die hiernabestaanwanneer oprah die evangelie van goedvoel daagliks uitlêis daar nog behoefte aan die fabels van genesisin tye wanneer jy jou vingerpunte kan streeloor...

Afrikaanse haikoes
Johann Lodewyk Marais - 2009-04-09


Dis al
Jelleke Wierenga - 2009-04-08


Bloot sê
Jelleke Wierenga - 2009-04-08
Weet ik veel hoe poëzie eruit moet zien sê Tom Lanyone (Lan-wa) en ek sê: Tom, beste jongen, ek sta’ versteld want hier is dit ook so ongesteld: Vir ritme en beryming bestudeer ek my handleiding Huppel en sy maats deur WO Kühne byvoorbeeld: Huppel-huppel saam met die wind, trippel-trippel, Huppelkind asook: Die wêreld is ’n ronde bol, van binne is hy hol. En in die middel, vol gevare, ...

Natasha Richardson
’n elegie

Joan Hambidge - 2009-03-19
Stilte en privaatheid versoek in die Sacré-Coeur dan na die ICU in Manhattan waar fotograwe Lauren Bacall en Vanessa Redgrave opmerk by die Lenox Hill. Stilte en privaatheid behoef vir die Redgrave-dinastie se óngerepeteerde toneelstuk: “Ski-ongeluk te Mont Tremblant”. Is die lewe ’n kabaret? Of ’n monoloog? Stilte en privaatheid, flits dit oor die TV-skerm. Stilte en privaatheid, vra die emosielose nuusleser. “If...

’n Dag in die stad
Loftus Marais - 2009-03-17
I – laatslaper nou wat klink meer ritmies as die reverse-beeps van lorries? en dan toet hy nog soos ’n vals klarinetnoot dis weer oggend agter my toe gordyne: ’n stad vir nou gebou uit klank ek lê en luister (nog effe lam van slaap) hoe die argitektuur van die kaap homself stem homself opwarm wie slaan die vensters toe? wie sit al die masjiene aan? wie swaai die hyskrane, so stadig in die wind? alles voor daai klankbordberg ek is...

soektog: astrolabe
Marthinus Beukes - 2009-03-05
(i)wat het van astrolabe gewordvra jyek probeer hom in versvoet nalooptog is hy onopspoorbaarook in jou versmet inhaakrym en omarmdrifis die attachment leeg:file could not be found (ii) slegs sterre son en maanken jou naam dag en snagsprobeer ek jou afwesigheid in stipspikkels natekenwat blyis die eggo's van tyd en ewigheidmeetbaar in verlies en vindteen die inwaai van die seisoene se windmy geliefde jy bly soek in teen die konstante vloei van die seinese stroomtog kaats jy doflig sag in die...

palm-pas
Carina Stander - 2009-02-11
saans dra ek my man se glimlag soos 'n sekelmaan in my die dag word ryp tot 'n ingeslape groen katel die inmekaarpas in die binneplaas is 'n skaamtelose psalm die musiek loop uit in kleur en klank: hoe heimlik primitief is ons hartklop in die nanag vanaand prewel ons die drie honderd seëninge in ons slaap en benoem mekaar langsamerhand: jou lokke jou wimpers jou werwels jou spiere vol afwagting en ingehoue spanning jou oë...

Springhaas
Pedetes capensis

Johann Lodewyk Marais - 2009-02-05


Streepmuis
Rhabdomys pumilio

Johann Lodewyk Marais - 2009-02-05


Hartstorie
Marius Crous - 2009-02-05
And until the gift of desire, the heart is a titular, Insane king who stares emptily at his counselors. – Robert Pinsky ek weet jou hart is ’n wiegstoel saam met die rommel uitgegooi sonder kussing lê hy op sy sy wit tot op die grein geskuur tussen die papkuil wie gaan met stewels en jaghond die paadjie verlaat en die riete in wipstoel oor die skouer na die skuur vir vernis en vasdraai wie gaan saans by die rivier wieg gaan met die klippe praat...

Hartstorie
Marius Crous - 2009-02-05
And until the gift of desire, the heart is a titular, Insane king who stares emptily at his counselors. - Robert Pinsky ek weet jou hart is 'n wiegstoelsaam met die rommel uitgegooisonder kussing lê hy op sy sywit tot op die grein geskuurtussen die papkuilwie gaan met stewels en jaghonddie paadjie verlaat en die riete inwipstoel oor die skouer na die skuurvir vernis en vasdraaiwie gaan saans by die rivier wieggaan met die klippe praatas die water...

Olympia
(Manet)

Joan Hambidge - 2009-01-30
Vir Johan van Wyk en Johann de LangeSo kyk julle na my,vól postmodernistiese teorieen geswymel oor Wie en Watek nou eintlik is:my hand voor my bougainvillea(as U wil)en die ander eentrek speels die bedekking nader;my designer-sandaleuit Japan druk my;daar is, terloops, geen sterreop my tepeltjiesen die blomme,vars gepluk en gerangskik,gee ek weg vir die kamerbediende(saans werk sy by Adult World)omdat ek, beslis géén hoer, met jou gaan lê (hoor hoe blaas die kat!)wat so...

Zanzibar
Joan Hambidge - 2009-01-13


‘n Skielike verlange
Diana Ferrus - 2009-01-13


Swakopmund herbesoek, 2008
Andries Bezuidenhout - 2008-12-19
(in vier dele, met Apfelschnapps en Tafel Lager) 1 Op die kaai by die Mole het Melanie mos jou hand geneem, jou palm na bo gekeer en beweer sy kan die toekoms sien. Die klokkies aan haar romp het geklingel toe sy met groot oë sê: Jy gaan doodgaan. Die woestyn was rooi teen die wolke en die see grys onder die mis. Enigiemand kon dit sien, die kleure van die woestyn en die see. Of dalk meng ek nou my kleure en my tye en was die lug bloot newelloos en...

Marie-Antoinette
Fanus Rautenbach - 2008-12-18


Salome
Fanus Rautenbach - 2008-12-18


Cleopatra
Fanus Rautenbach - 2008-12-18
Cleopatra Die eeue kantel. En die donkies staan vaaltyn vaal onder die vyebome sonder vrug, waar Cleo se soldate met geplette emmers die badsous uit die uiers lig Dit word in koperskottels weggevoer na die paleis en gooi dit dat die witvog spat in ’n goudomraamde marmerhouer, waarin Cleopatra bad … Cleopatra The ages topple and the donkeys sleep open-eyed Under the barren tree Where Cleo’s soldiers in copper buckets The bathing sauce from the udders free...

In die Drakensberg
Fanus Rautenbach - 2008-12-18


bome van die dood
Fanus Rautenbach - 2008-12-18


ongetiteld
Hilda Smits - 2008-12-18


ongetiteld
Hilda Smits - 2008-12-18


vir isobel 27 Junie 1918
Hilda Smits - 2008-12-18


sondag lunch in wetherspoons
Hilda Smits - 2008-12-18


Vlam onder die water
Carina Stander - 2008-12-17
25/12 sy onthou 'n Asem oor haar wang in die windstil namiddag wanneer sy die Ritseling hoor en voel hoe 'n reuse-Waterlelie diep in haar rypsagte buik ontluik verstaan sy geen tyding of taal slegs dat 'n Blom van verwondering bestuif is en dryf in 'n verslete stal dié nag skiet 'n Saad uit haar hande deur die heelal se helder spiraal en êrens is 'n kleurmal skare al die engele en diere orals juigend en die moedermaagd se...

Middelmatigheid
André Kotzé - 2008-12-17
Even in the days of Solomon and Socrates wisdom lagged behind our mediocrities AK En telkens trek ons nog ʼn mediaan om enigeen wat uitskiet bo die res gou uit te ken bo middelmatiges, en enige ambisie hok te slaan. Die Afrika-metode: maak ‘n merk so halfpad teen die hut se ingangspaal sodat uitskieters wat die hoogte haal, betyds gesien en tydig uitgewerk kan word; soos skrywers, digters wat ver sien, langs nuwer, steiler, hoër ...

Voyeur
Marius Crous - 2008-12-09
So, so many times So many signs You're out there waiting I should have known You're out there waiting, Natalie Imbruglia Om 3 vm kom ek oor my maag en hand Van 2.45 vm af was jou lyf hier in my kop Kon ek jou ruik op die lakens Was jou vingers om my tong Om 3.10 vm drink ek 'n glas water Sonder jou en sonder klere Voor die venster Onder lê die woonsteltuin Sementvaal met sy potplante Grasperk en ysterhek Is dit 3.12 vm as ek jou 'n...

Wag
Marius Crous - 2008-11-17
'Cause I know how it hurtsWhen you lose the one you wanted'Cause he's taken you for grantedAnd everything you had got destroyed (Beyonce - "If I were a boy")van hulle wag op die rotse bo die baaiswart voëls flapvlerk in die windvan hulle wag in die voorkamerskoud soos onaangeraakte teevan hulle sal nooit ophou wag niedie telefoon 'n stil weduweemoedermaar een van hulle sal van die rots soos 'n meeu vlieg oor die hawe'n ander haar lyf soos...

Haar oog
Loftus Marais - 2008-11-17
o beminde, daar is 'n leesteken in jou oogjy knipper jou wimper teen 'n haartjiewat krap, 'n bogie, 'n hakiewee, jy raak tranerig teen 'n parentese!en vra vir mý om dit uit te kry, en ek trekjou blou oog oop: dit sit op die wit'n cédille onder jou pupil, 'n kommao wie durf jou perfeksie redigeer?ek pik met my pinkie dit uit en vind: 'n saamvoegmerk op my vingerpuntmaar blaas dit weg, bemindeen wens nét vir die mooie dingesoos o jou blik, en onversperde...

Wys my die plek
Joan Hambidge - 2008-11-10
Eat your heart out, C Louis Leipoldt'n pasticheJy het nooit jou trouring afgehaalnie, nee, nee die skyn bly bewaar.O wys my die plek eens toe jy myne was.Twee maal koop ek vir jou ringen ek dans met die vrou en hou my lyfso vol dingetjies, dingetjies.Jy het nooit jou trouring afgehaalnie, nee, die skyn bly bewaar.Kom gee vir my ‘n polpyntjie.Somer en son en suntan lotionen ek dans met die vrou en hou my lyfso vol dingetjies, dingetjies.Jy het nooit jou trouring afgehaal nie, nee, die skyn...

op die pad tussen ermelo en morgenzon
Andries Bezuidenhout - 2008-11-10
verlede oktober wou ek aan die slaap raakop die pad tussen ermelo en morgenzonmaar die somer het begin en die stekelstammevan verlede seisoen se mielies lê nogvir kwaadgeld in die lande rond en krapaan my oogvliese word wakker swaapword wakker al maak die ritme van landedeur jou vensterruit jou so vaakek wou verlede oktober op die pad tussenermelo en morgenzon aan die slaap raakmaar toe tref die een band ʼn slaggatin die pad wat my nek agtertoe klapen ewe skielik skyn die teer weer helderin...


<< 1 2 3 4 8 >>