Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Gepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

Santiaguinos
Joan Hambidge - 2010-03-18
O geliefde, geteisterde stad: ek verneem van jou ellende, jou Costanero Norte afgesny Santiagunos vasgekeer in jou donker ondergrond en Estacion. Ek stap in my gedagtes oor die Alameda en wonder of Sanhattan steeds staan. Smelt die sneeu op die Andes? Weet die Cordillera de la Costa van jou terugslag? Bloei die Mapoche? Is die Tupungato-vulkaan aan die sluimer en stotter? O geliefde, geteisterde stad: Las Chascona, daardie monument is hopelik ongeskonde? “Verby die land se mure,...

Parys
Joan Hambidge - 2010-03-08
Reg onder die Eiffeltoring in ’n somerse Parys reën dit (and I’m singing in the rain) en vele sambrele wág om die stad van mites te besigtig in al haar arondissements. ’n Kleuter soek sy pa, twee verliefdes vroetel vervaard in die bedompige hysbak. Die stad is onder rekonstruksie: tuimelend van metro tot bus, tot reg voor Alexandre Gustave Eiffel se staaltoring, 1652 trappies tot bó. Marie Antoinette bespied die stad...

Priester pleeg selfmoord
Johann de Lange - 2010-02-16


Teleskoop buite Sutherland
Andries Bezuidenhout - 2010-02-15
Vreemd hoe die sterre prut vannag, kaal deur die oog beskou, ’n donker brousel, maar as jy hiér – op die Roggeveld se skurwe eskarp, ver van fabriek en brandende stad – in die duisternis roer met lens en silinder, kan jy Sirius aanstip, daardie witwarm son, selfs die mane geslingervel om Jupiter, die reus, nóg wêrelde wat swerk in die wolk van Magellaan en in elke ster wat uitbrand ontkiem ontelbaar meer. Ja, ’n sterrewag moet skerp...

Hoe kokerbome breek
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2010-02-15
tussen boesmangras en skobbejak peil blare ’n hartelose hemel – pyle uit harde bas en delikate hout ’n stekelige sjabloon puntig aan roesbruin stamme vas en soos elke ander spesie moet die volgende geslag kannibaals in ’n begraafplaas wortel tussen grys karkasse wat wit verbleik en hard soos horingklip lyk maar in ’n rukwind tot maniok verpoeier lewe deur dopluis uitgesuig of bloot van kroon tot wortel deur eie las in twee geskeur hierdie...

Dood in Venesië
Joan Hambidge - 2010-02-15
Ek is die regisseur van my eie lewensdrama nes Visconti varend oor die vuil waters van Venesië met die produksie: La morte a Venezia. ’n Gegrimeerde Aschenbach (deur Dirk Bogarde vertolk) smagtend na die Poolse seun Tadzio. Oor en oor kyk ek na die video op YouTube, luister na die streng bevele van Luchino met die repetisie van daardie één toneel: die jong, blonde seun wat stap oor ’n donker brug. Mahler, en sy doodsobsessie, speel in...

Evolusie van die oog
Johann de Lange - 2010-02-11
En toe kom die oog, die saamgestelde oog, fasetoog van die trilobiet: soos ’n soet korf vir lig. Skei kalsiet af vir eksoskelet, en vir die oog; daarsonder, sonder die kristal-oog is hulle naak én blind. Visioenêr, nie? Dan die insekte, kleiner & fyner, tot die ultieme naaldekoker blitsige jagter wat beelde vyf keer vinniger prosesseer as óns. En dan dop die buite- kant met fotosensitiewe selle na binne: ligtende boom van ’n wynglas,...

Drie duimsketse
Johann de Lange - 2010-02-11


New York
Joan Hambidge - 2010-02-10
Ek plaas vannag die deur op dubbelslot en in my geheue sien ek jou grootse skyline. Die stad – soos hierdie reisiger – word meer behoedsaam, dog nie stiller nie: niks kan ooit in die plek kom van jou imposante, tuimelende Twee Torings: in hul afwesigheid juis dubbel aanwesig. In Chinatown spog die telefoonhokkies steeds met pagoda-dakkies en Harlem bly donker, ’n ruimte van haat, nyd en opstand. In Greenwich Village vertel mense hoe het dit...

Tokio 東京都
Joan Hambidge - 2010-02-10
Op ’n oggend staan ek in die vismark, sien hoe tuna, nori en aji uitgestal lê. ’n Bedrewe visserman, in geel rubberstewels, vlerk ’n vis bek-oop met een haal. Uit sy pens tuimel daar binnegoed en ’n bloederige stank. Ook herinneringe uit ’n diepsee-bestaan, volledig áfgesluit van aardbewings of reënende bomme. Berg Fuji ken hy nie en ’n ligte sneeuval (nes sagte dons oor die oseaan) bly iets vreemds. Edu...

Mantra
Zandra Bezuidenhout - 2010-02-10
Jy soen my wakker as jy my inlyf in die gange van die dag. Wanneer ons mekaar raakloop by poorte en pilare raak jy my aan en soen jy my. In die middagkoepel van die tuin soen jy my dralerig in water onder die geklank van groen. Vroegaand in die marmer-ure  is jou tong ’n akkedis, ’n grap wat glip van trap tot trap. Maar snags ja snags as jy my openliker soen ontskulp jy my tot loperige silwer. Jy soen my Jy soen my en ek sterf. Eros is ’n...

kougoed
Johann de Lange - 2010-02-10
kanna, kankerbossie met rooi snaters & die smal harige silwervaal blaartjies koel water van die bron sterre van woestynroos kaktusse met prikkelige galaksieë foutloos klok- of antikloksgewys in die hut van die gedagte wagtend op die woord op die voetpad wit sterre van kanna onder die sole ’n ska’wagter deuskant Sutterland kan nie wil nie deurtrapte paadjies enduit volg die khoi & nama maak kooksels vir ontsmet, kou...

Brandwind
Johann de Lange - 2010-02-10


Gaia
Marius Crous - 2010-02-03
gaia wees ons genadig in hierdie uur van die vlieënde swyn laat die aarde soos ’n bol mukus afgesluk word in die oesofagus van die heelal gee tog net dat ek nie die een gaan wees wat alleen uitkyk oor ’n atavistiese landskap na die reën piscine patel speel met wilde diere wat hier kom opkrul en uithol sodat ek moet uitskei met ’n tier wat gluur vanuit my bad dat ek tog net nie opgeskeep sit met figuursaagmensies hul vleis reeds afgevreet deur suurrreën...

Slotsom
Daniel Hugo - 2010-02-03


Drinklied
Daniel Hugo - 2010-02-03


Stamvader
Daniel Hugo - 2010-02-03


Once in a blue moon
Hendrik Botha - 2010-01-08
Oujaarsdag 2009die tweede volmaan in desember verrys vanaandbo die oosterkim, met wasgoedwolke wat verbyskuifen as jy jou verbeel: ’n skynsel blou. maar hier ter plaatse loei sirenes, skote klapen bloed vloei in die strate. agter in ’n ambulans ’n ma met ’n virus inhaar bloed in barensnood: ma en kindsal so ’n skouspel onwaarskynlik weer beleefin Alexandra: ’n baba op haar ma se rugdeur ’n dwaalkoeël deurboor en iewers op’n plaas in Mpumalanga...

wanneer ek met woorde reis
Tessa Louw - 2009-12-08
kan ek niks agterlaat nie soos die dag by ongevalle ek met my eenbeen-pa in sy dis-chem rolstoel ’n gangreentoon waaraan vlieglarwes smak onder crèpeverbande weggesteek die stank wat opwalm en vasklou aan die haartjies in my neus en ek dink o vader van genade hy is besig om lewend te ontbind en voor my oë te disintegreer die omleiding vir bloed na die voet word ’n bo-die-knie-amputasie en daar is hy my geenbeen-pa ’n mens maar semi met...

oë van klip
Tessa Louw - 2009-12-08
my ma kon nie ’n enkele traan oor ’n enkele ding stort nie god het haar met klipoë geseën hy het haar ’n hart gegee wat nie water kon trek nie my ma het met haar hande keel opgesit met treurende vingers ’n nalatenskap aanmekaar geslaan laslapkomberse kerspitkussingslope kabeltruie matriekafskeidrokke blinders en beddegoed mango-hoender macaroni en kaas mosaïekduiwe home perms en highlights botaniese tuine barberton daisies my...

In my droom
Hilda Smits - 2009-12-01
In my droom sit ek weer agter op die motorfiets in Indië, kamera wankelrig in die hand, die pad kronkel soos ’n nat tong onder ons deurgeslyte bande, en die gloeiende Oog van die kamera brand ’n gat deur die immergroen bome, die wit oggendlig wat flikker-en-spat aan weerskante, ons hare wapper verlore – windverstrooide woorde - en ons wit dansende hande gryp na vlietende skadu’s in die glibberige pad. En die ewige wind wat in my ore druis, die...

Ná my laaste asem
Philip Nel - 2009-12-01
As ek ná my laaste asem kan sweef na waar ek wil waar sal ek draai? Beslis bo Tafelberg en af af tussen hergebore fynbos af met Langstraat tot onder by die waterfront. Vandaar soos blits na Stellenbosch se berge ’n kort draai oor ou Simon langs Helshoogte verby Bothmaskop op in Jonkershoek laaag en staaadig oor die fynbos - los maar al die ander blomme - verby Tweede Waterval dan skielik links op tot bokant die Pieke. Duskant Sneeukop draai ek om...

Woordsmid
Philip Nel - 2009-12-01


Huidigbevoordeeldes
Philip Nel - 2009-12-01
Hulle is bevoordeel maar weet hulle dit? Tekens van die vorige nog oral net so twee-en-vyftig mielieplante ’n klompie hoenders los beeste bokke oral bokke donkiekarre skorokoro’s Nog steeds waterdraers want tenks en pompe het klaar ophou loop spazas is nader as die nuwe reuse-Spar Kinders kinders langs die paaie in skooldrag op pad na vrot toilette sonder water en wie moet dit herstel? Plafonne val saam met standaarde kasdeure hang...

Met ander woorde
Philip Nel - 2009-12-01


Kon ek nie maar net
Philip Nel - 2009-12-01
Kon ek nie maar net iewers in my klein stil huisie smôrens met die son of skadu op my houtbankie om die huis beweeg het om tyd met meer geduld tevrede te verwyl nie? Kon ek nie maar net iewers met minder eggo’s in my brein ritmeloos met ure se onhoorbare getik op my stoepie uitsigloos gesit het sonder helder son tot ná my sononder nie? Kon ek nie maar net iewers skroewe vasgedraai sooie oopgeploeg pitte ingegooi ...

Die wedergeboorte van Rom Houben
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-12-01
yskoud die bloed deur my are, gewigloos die lede stom stembande tril-tril swaar tong hang dik spoeg dam op sypel mondhoek langs verbeelding knipoog die geheue sluiers weg ’n kreun rol roggel koggel geluidloos uit my keel. O, God die frustrasie nie eers ’n traan ek veg teen opgee ingee nie-omgee ’n toeskouer van my eie lyding U kruis pen my vas in ’n vakuum waarin ek vir jare al sekondes aftel soos gebedekrale en stemloos prewel: ...

siembamba-narratiewe
Susan Smith - 2009-12-01
siembamba-narratiewe sien mamba mama sien baba sien seuntjie sien dogtertjie vergete groot of lank reeds dood sien hoe die storie deur die krake van die verlede glip tussen Amatola-klowe, konsentrasiekampe, Norvalspont klipperige rante, sandveld, suurveld, berg en vleiland ontwyk die begrip lê die vertellers in rye dood as dit sou gebeur, my kind dat jy sou sterf sal hulle sing om jou te prys blomme sal hulle pluk in die heuwels rondom jou stil stof hier en hier lê...

Shoot to kill
Magmoed Martin - 2009-11-30
hier in die verre lies ek mos daily ’n South African dose of news van Malema ken ek mos alles van sy hatred vir Blade Nzimande en dié se love vir rooi wyn ... Read More en even sy attack op Cronin die white messiah en ek ken oek hoe hy vir die DA se Zille se court maar Malema is mos ’n niks in comparison met South Africa se police minister wat somaar autocratically decree “shoot to kill” en ouch eina die victim was ’n drie jaar oud kind en is mos met dié...

Hipertekspoësie-kompetisie: Die leser is dood
Susan Smith - 2009-11-19
Die leser is dood geen stiplees vir jou liewe digileser, e-burger van die www jou ingeboude belemmering produk van niks-anders-ken-nie jou aksies op Wii simulerend uitgedruk onwillige leser van die lettere geen groot roman van ’n duisend bladsye of wat vir jou nie, geen ou meesters in stowwerige argiewe wat geduldig op nabylees wag nie geen verskerpte aandag aan die maksimale vooropstelling van die gebruik van taal nie jy meet jou aflaai/terugvoer af in mega- giga-...

Hipertekspoësie-kompetisie: Bokkom
André Kotzé - 2009-11-12


Hipertekspoësie-kompetisie: Wanneer jy anders is
Theo Kleynhans - 2009-11-12
Lion's Head Pub, 14 Mei 2003, 01:10wanneer jy anders isonthou jy die groen seepin die Lion’s Head sebadkamers soos Matisse wanneer jy anders issing jy karaoke – weet jy hoe om taai rooi kralemet panache te dra –kyk hoe glim ons voorkoppekyk hoe dans ons die swaaikanonheupe antikloks is ons andersom dié gelamineerde tafelomhemelsnaam bloots om die blinde buffet van hierdie stotterende mock-tudor kroegsonder Lorca << Klik hier om nog hiperteksgedigte te lees...

Hipertekspoësie-kompetisie: Toulouse-Lautrec
René Bohnen - 2009-11-05
Toulouse-Lautrec Spatsels kleur wat ek sterrehoog lanseer in ’n reënboog van gebreke en gebede, drup soos taai absint se wase neer op can-can-poppe en Henri-hoepelbene. My olieverf-oë vloei oor kaskades kant waar mans na vinnige dye vlug. In jolige kroeë lispel ek ʼn klam konsonant terwyl ons verwarm in kwynende lig. Pluiskeile kom hyg in donker silhoeët ...

Hipertekspoësie-kompetisie: Vermiste koffer gevind
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-11-03
Vermiste koffer gevind Neem kennis Dan Brown Mexiko het sy eie intrige:’n Koffer notaboekies en negatiewe op rolle Agfa en Kodak nitraat-film:beeldmateriaal en ’n draaiboek geskik vir ’n Aryan Kaganof rolprent-riller:Lied van die Fascistiese Bomwerpers. Negatiewe van gevaarsone-fotograwe Robert Capa Gerda Taro en Chim Seymore ’n Heilige oorlog se afgryse digitaal bewaar vir die mensdom.deur Hemingway geboek en later verfilm.Legendes sneuwel: Lank lewe Lorca<<...

Hipertekspoësie-kompetisie: Vermiste koffer gevind
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-10-29
Vermiste koffer gevindNeem kennis Dan BrownMexiko het sy eie intrige:‘n Koffer notaboekies en negatiewe op rolle Agfa en Kodak nitraat-film:beeldmateriaal en 'n draaiboek geskik vir ‘n Aryan Kaganof-rolprent-riller:Lied van die Fascistiese Bomwerpers.Negatiewe van gevaarsone-fotograwe Robert Capa Gerda Taro en Chim Seymore 'n Heilige oorlog se afgrysedigitaal bewaar vir die mensdom. Deur Hemmingway geboek en later verfilm.Legendes sneuwel: Lank lewe Lorca. << Klik hier...

Hipertekspoësie-kompetisie: Sukiyaki
Joan Hambidge - 2009-10-29
Sukiyaki (Ue o Muite Arukou)Sou ons ooit kon weettoe ek in Bangkok en later in Koh Samui hierdie lied aanvrahoe ek later, alleensonder jou soos dáárdie Kyu Sakamotojou vertrek vanaand beween? Glo 13 miljoen eksemplare behuil daardie Anonieme Nooise laaste tatabaai. Net in één gedig(ek beloof) sal ek Weer en Weerwens jy's terugen ‘n growwe wens (en rym) laat vaar. Sukiyaki: Sukiyaki Bangkok: Vir hotelle en inligting oor Bangkok Koh Samui:...

Hipertekspoësie-kompetisie: Digitaliseer
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2009-10-21
hoe het dit skielik stil geword -tikmasjienvuiste wat deur lint bloed uit blaaie mokerdrukperse wat spore stamp om aan soldate rigting te wysgietvorms wat viniel só martel dat naalde gille uit groewe steekspeke wat films in rolle folter, suur wat papiergedaantes laat biegklaviere wat pleidooie uit snare hamer, beitels wat gestaltes uit klip kasty?waar's die rumoer van implemente noudat ons geweld elektronies pleeg?<< Klik hier om nog hiperteksgedigte te lees << <<...

jozi
Johannes Prins - 2009-10-15
vir loftus marais my stad staan soggens grootoog en kaalvoet op straathoeke en konsertina-asem die seisoen in plastiekbotteltjies terwyl taxi’s en bmw’s lyne sny en snuif laat september vlos sy met weerlig teen die rante en gorrel die jaar se hangover weg met donderweer en dink dan bedruk oor die laaste paar maande dan hang sy vir ’n halfuur uit met vet druppels en bumper bashes, haar maskara loop wanneer sy vir ’n oomblik dink aan die slapenaars...

Huldeblyk vir IL de Villiers: Nagedagtenis
Joan Hambidge - 2009-10-05
Shevirat ha-Kelim Vir Izak So vra jy my op ’n keer oor die Kabbala, oor die kruik wat in ligtende stukke breek, oor vorms wat sig in nuwe vorms wreek. Jy is glo in jou vroeë slaap weg - soos ’n potlood wat onverwags breek – maar glo my, alles word nóú besleg. In ons Blou Verseboek lê jy tussen D Sleigh en PH Roodt se wit boom, koerantman, prediker, digter: ondertussen, onder weg, terwyl ons, blote afdrukke van hoër waardes, probeer om...

Kuba, 'n Ballade
Joan Hambidge - 2009-10-01
In Kuba op soek na die Buena Vista Social Club loop ek my vas in agterstrate waar vroue sit met haarkrullers gemaak uit bruin toiletrolle, en ou Chevs uit die vyftigerjare soos haaie deur die strate swenk. In Kuba op soek na die Buena Vista Social Club troef deurskynende waters en die Cayo Coco, die Jardines del Rey die reisiger se T-hemp waarop ’n jong Che neffens Hemingway soos star fuckers brag. In Kuba op soek na die Buena Vista Social Club slingerswaai sigaarrook - hei,...

Proses
Hennie Aucamp - 2009-09-22


Fatale osmose
Hennie Aucamp - 2009-09-22


Outopsie
Hennie Aucamp - 2009-09-22


Mombassa-blues
Joan Hambidge - 2009-09-16


’n Amulet teen oorwintering
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-09-16
Sat van die winterslaap kruip die aardling onder die takskuiling uit en gooi sy velkaros eenkant. Hy hurk op die verkluimde grond, krap tussen opdrifsels en kluite op soek na lewe in die moederskoot. In die oerdonker onder die aardkors swel die vrugsak, groei die saad. Atira baar die voorjaar dan kantel sy son toe. Die doula knip die leefstring kort, begrawe die nageboorte en trap die winterweer se tjank af. Sy bal haar vuis en besweer die koue. Gaia sug wysgerig en rol die paradyskleed...

My geheime onbekende drawwer in die Park
Floris A Brown - 2009-09-11
elke Saterdag vroegmôre in die Park sterf my hart in jou as jy verby my draf jou verleidelike glimlag sagte: “Hallo” maak my knieë jellie ek was myself in jou natgeswete gesig natgeswete bo-top natgeswete styfspanbroek natgeswete kurwes van jou lyf raak flou in die aanskoue van die pienkrooi blos op jou wange voordat jy om die hoek verdwyn begin jy agteruit draf wuif gooi ’n soen wetende dat jy my speels opvreet...

varsgeborene
Carina Stander - 2009-09-04
jy kom op die dagtoe die heuningvoëls om die donker botselsvan vuurpyle tros die kleurmense van die Kaap dra aronskelke oor 'n treinspoor soos langsteelkerse in die nagjy tree die vleipad na ons af jou voete twee skutblare jou bene stingelsag ek herken jou van ver roep vuurling vuurlingdie lelies brand hul fakkels op jou koms 'n hegrank klou en word gesnoei kyk hoe die bloedblom vir jou bloeijy kom in die koelheid van Augustus in wolke stuifmeel in stormwindselfs die ritsel van wimpers...

Ontologieles
Loftus Marais - 2009-09-04
die oggend is donker, ek stap werk toe oor 'n pleindie dinge van die stad begin aan my verskynen soos dit mos 'n Digter dan betaamprobeer ek, maar natuurlik, die Syn se geheim bepeins, o, poëties verstáánmaar in 'n systraat is 'n neonbordwaardeur my vrae beantwoord word:meubelwinkel LEWIS se letters is gebreekmaar eenvoudig waar: lees daar, klein rymelaar:nét "...IS" "...IS" "...IS" flits weer en weerjirre, dat selfs die werklikheid...

Voëls van onheil
Pieter Strauss - 2009-08-20
(soos vertel deur Diä!kwain) 1. Die Bokmakierie Mamma was die een wat my vertel: Die bokmakierie, die !koroken!koroken koggel jy nié. Dié voël wéét te veel. Hy weet hoeka wat dóér gunter gebeur! En hy weet watter Boesmans steel vee op 'n ander plek. Hy kom vreet nie net, hy kom deel jou mee alle slegte goed wat hy weet. As hy dink jy verstaan hom nie – jy snap nie die boodskap uit sy bek – dan kom hy weer, 'n tweede...

Begin
Marius Crous - 2009-08-14
hier waar die baakensrivier sy bondelgoed afkarwei na die see staan die skepsel op eers was hy 'n borrel toe 'n blerts toe 'n boggel nou 'n baas van sy uitgetrapte plaas op die rug van die rivierloop op sy klip wat brandwag hou droom hy van skuilings waarin mens kan inkyk van dakke wat rook van osse wat rol in die paadjie af in sy eerste lewe wil hy ou kortbeen vlieg soos 'n voël met 'n strontstreep rook uit sy stertvere wil hy graag soos 'n...


<< 1 2 3 4 8 >>