Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Gepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

Rust-mijn-ziel, ’n droom
Johann de Lange - 2011-02-22
Rust-mijn-ziel, ’n droom vry na ’n droom van Hennie Aucamp Altyd weer dieselfde droom: winter, en nag op die Stormberge. Ek is verlate, oud en dors getrek. Ek kom te voet aan waar Rust-mijn-ziel altoos wag. Van die opstal is net ’n murasie oor. Tolbos en sand bied geen toeverlaat. Net die een vertrek staan desolaat: die kombuis met ’n lig wat brand. Ma sit voor die swart stofie met sy krom pote op die teëls. Die tafel staan gedek, en by my ou eetplek is daar...

Die digter se Kategismus
Pieter Hugo - 2011-01-26


Die meeste dinge dood alleen
Karlien van der Merwe - 2011-01-26


Wittgenstein-siklus
Marius Crous - 2011-01-25
Wittgenstein-siklus I in die kloostertuin praat wittgenstein in ’n privaat taal met sy plante bespeur hy in die rye plantjies ’n logiese patroon soos in die stelsin so het ek die vuurstoker gegooi na popper wys hy met ’n stok vir die ab en met sy vingers om die onkruid rangskik hy sy gedagtes oor die liefde II Frances Skinner vir jou geliefde is die inpas van pitjies in ’n plant of die enjin van ’n motorkar vir my soos ’n wiskundige formule wat moet klop...

Krismis-blues
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2010-12-15
Krismis-blues Port St Johns 1978 in die stil donker lagune hoor ek in die oggend die loerie wat roep uit die kou van die maan loerie wat roep om reën van die nuwejaar in die nag met sonsteek en wange gebrand tot pienk kougom het die son sy kaleidoskoop van krismispatrone soos skerwe om en om in my kop gedraai my bene is skewe riete my bootjie dryf moeg teen die pont van jou liggaam, bots teen oggendskottelgoed die sis van ’n stofie of stemme ’n stort of...

Lied van die suikerrietkappers
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2010-12-15
Lied van die suikerrietkappers Empangeni, Natal Ons sing en dans by die myn vir die toeriste ons dans en slaan ’n tonga ons sing die lied van die suikerrietkappers die kappers se sang ’n tongvuur wat klap terwyl hul maak die suiker die bier uit die korrel uit die riet tot die woord kom korrel van die tong in die kies o ons sing die lied van die loerie wat roep om reën Umgungundlovu ons roep die Tugela se tong wat flits in die son en die wolke wat hoog en heilig ry op die...

vingeroefening met en
Johannes Prins - 2010-12-08


Teologie
Marius Crous - 2010-12-08
Teologie Stupefying images of grief-in-dream - Geoffrey Hill 1 speel penderecki se dies irae by die hekke van die hemel wek tog god so uit sy postkoïtale gesnork verby is die wierook en die soetighede van kom heer jesus kom van afgeslagte skapies met pels ’n vuil tampon of vriendjies wat wil kolbe speel nou terwyl suurstof soos silwermotte stadig knibbel die planeet soos ’n veretterde oogbal draai in die kop van die kosmos kan ons net kla en kerm uit die keel soos die viole van...

Doodsmagting
Cas Vos - 2010-11-17
Doodsmagting Vir James Ker Die wond se eerste sug is verlig, verlange na lewe met sy onhebbelik- hede wat mens hals en kop oorval. Toegevou in doeke en met ’n mond wat gretig suig, blaas die mens uit stikstofbewolkte longe asem. ’n Sonar hou al die organe stip dop, kleppe sluit soos sluise oop en toe en bloed pols deur soepel are. In ’n trog trek melancholie op die galblaas donker saam. Die niere skei gifstowwe uit en die lewer spoel bloed skoon. Alles wat verteer word uitgewerp. Dis...

Dae vol herfs
Cas Vos - 2010-11-17


Liefde met myself
Johann de Lange - 2010-11-17
Liefde met myself James L White Wanneer ek dit doen, onthou ek hoe dit was met ons. Dan onthou my hande ook, en jy’s weer by my, net soos dit was. Na werk sou jy inkom en die TV afsit en op die rand van die bed gaan sit, die vertrek vul met petrolreuk van jou werkklere, probeer om my nie wakker te maak nie hoewel jy altyd het. Ek sou stadig uitadem en sê: “Hi Jess, jy moeg, beertjie?” Jy sou sê nie te veel nie en my maag vryf, nie jags vir my nie, net baie...

Hoekom eggo jy my?
Jelleke Wierenga - 2010-11-17


Sondagaand
Jelleke Wierenga - 2010-11-17


Marguerita-dans
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2010-11-10
Marguerita-dans Die term Marguerita-dans word deur walviskenners gebruik as benaming vir ’n sirkelvormige formasie van walvisse wat ’n beseerde walvis om die beurt uit die water moet lig Sal jy my hoog oplig teen die einde wanneer ek moeg word sodat ek die land kan sien waar geel pels van die son kom broei op die wit eiers van klippe waar die sand wit en lig blink teen donkergroen skubbe van bamboes en seewier wat dryf die verrotte ledemate van ’n uitgestorwe dier, sal...

Beheersd
Karlien van der Merwe - 2010-11-10


Vismot
Johann de Lange - 2010-10-27
Vismot Het Marais hom dood gekwel oor stof op “Mabelêl”, of Louw Tristia onder ’n lamp beskou vir gaatjies in die teks waar leestekens beheks geraak het? Stellig wel. Het Cussons geblaai deur Die Somerjood & gewonder wat is die antidoot teen letters (soos letsels) wat metter- tyd onleesbaar word van die lig? En wat gemaak met die settersduiwel: toeval, of skuil ’n ketter in die lood? Wakker lank na middernag fladder ek rusteloos tussen blaaie, lig...

Hand-held
Johann de Lange - 2010-10-27
Hand-held jy doen jou str8 vriend terwyl hy die kamera vashou inzoem op jou hondse oë nog nader vir ’n intieme skoot jou hande wat die rits- sluiter áf-trek, die gulp wyd- oop beur soos ’n taai blom & dan hoe jy mond & neus in die opening druk & diep inadem, die gordel uit die lussies ryg, die ent vas- byt tussen wit tande, die taai wit stamper in calvin klein soen wat óp-buig uit die mik – jy speel af voor sy oë reik- halsend...

Plaas toe vir Kersfees
Lewies Botha - 2010-10-20
Plaas toe vir Kersfees By Queenstown is ons nog haastig verby by Aliwal-Noord verkoop klein seuntjies trapsuutjies klein ou mensies met krom ruggies en uitpeuloë wat boontoe bid en bewerig voete sleep al om die vensterlose mure (Is sterre nie maar net prikke in ’n skoenboksplafon nie?) by Fouriesburg koop jy botteltjies konfyt en harissa paste by Petrus Steyn staar hulle ons aan wie’s die koeliemeid? by Ficksburg het die kersiebome iewers tussen seisoene verdwaal en...

Song of Experience
Marius Crous - 2010-10-20


Song of Innocence
Marius Crous - 2010-10-20


NG Kerk, palissades
Andries Bezuidenhout - 2010-10-20
NG Kerk, palissades Aandwandeling in die buurt van my jeug – groter witstinkhoute, kleiner huise, perspektief se groeipyn in my ledemate. Gaan langs die NG Kerkgebou staan, nou agter staalheining gebarrikadeer. As kind het my oë lyne ondersoek – spitsige ruite, driehoekige sjablone wat dak en plafon se nate napraat. Iewers dominee Wannenburg se vae dreunsang wyl my boude die banke intiem bestudeer. Vanaand voer ek ’n ander gesprek – ek staan buite, maar my ouer ore...

Poen: Twee weergawes
Hennie Meyer - 2010-10-19


graanstoor
Toast Coetzer - 2010-10-07
graanstoor ek’t al selfmoord oorweeg maar dit is te tragies – of morsig die einde moet kom met ’n bom of ’n leeu aan die keel die dood is ’n wagwoord wat niemand onthou nie die einde is simpel water wat rimpel krokodil aan die maag dan lewe ek eerder beter en eet wat ek wil glimlag en wuif vir ieder en elk dis immers ’n lied babas word gebore met longe kinders moet leer en grootword en groei en die land in hul eie aangesig skep ek slaap my lewe om die verskil...

Die drieminuteportret
Pieter Hugo - 2010-10-07
Die drieminuteportret die ouer vrou wat een been onder haar ingevou by die tafel sit hou haar oë skuins na bo op die mond van die jong vrou wat effe skeefkop langs haar gestut oor die hoë rugleuning staan met die koerant half op die tafel half vasgehou in haar hand haar ander hand beaam wat sy hardop lees sodat haar voorskootsoom liggies om haar bene dans hulle oë lag vir ’n oomblik saam in mekaar vir iets in die berig by ’n ander tafel wink iemand ongeduldig...

Nampti, Hart-van-die-Dagbreek
Karlien van der Merwe - 2010-10-07
Nampti1, Hart-van-die-Dagbreek And above all do not make me a thing, a thing with one face – like water held in a hand that would spill me; otherwise kill me. Louis Mc Niece: “A prayer before birth”, uit Gesprekke oor Ingrid Jonker, dr LM van der Merwe. Hier het jy nog nié jou kalbassie aan die voete van die Reënbul gesit nie en ek is bly, want vanoggend is jy die stilte binne my. Só ’n inkeer vat lank om te gebeur: langer as Drieankerbaai toe stap,...

Verdigte Liefde
Pieter Hugo - 2010-09-29
Verdigte Liefde Ek het nog nooit in al die jare in al die jare jare jare nog nooit in al my jare ’n liefdesgedig geskryf nie dis nie dat ek nooit liefgehad het nie beslis nie nooit liefgehad nie nie nooit liefgehad nie nee nie nooit nie verseker nie nooit liefgehad nie dis net dat ’n liefdesgedig so ontsettend moeilik is ’n liefdesgedig is ontsettend moeilik moeilik ontsettend ontsettend om te skryf Boonop het ek bitter bitter lank laas heeltemal te lank gelede...

Tuiskoms
Lewies Botha - 2010-09-28
Tuiskoms (1989) nêrens beweeg daar optog-vlotte deur die strate nie. voëltjies fladder nie linte blinkertjies vanuit hoë geboue nie. kerkstraat is nie gevul met vurige omhelsings tussen jagse jonges nie. nêrens blaas toeters en hang dronk laglywe uit stampvol motors nie. meisies wapper nie soos swerms wilde vinkies nie. reik nie oopbloes na helde in oopbuskonvooie langs strate nie. strooi nie klam blombroekies op die verhoë voor voete nie. niemand swaai aan oom paul se...

onder-kaap
Eckhard Cloete - 2010-09-28
onder-kaap wanneer jy by jou voordeur uitgaan kan jy dit sien aan die manier hoe die 4x4’s en SUV’s soos brulpaddas oornag opgeswel het. eers kan jy nie jou vinger daarop lê nie. maar dit raak moeiliker. om by jou motor se deur in te skuur. om plek tussen die oumense op die tennisbaan te kry. om die kelner se aandag te trek in die oorvol restaurant. om die aankomende verkeer te ontduik in jou peristaltiese gang die binnestad in. wanneer jy opstaan en die mis dig oor die...

Van resensente gepraat
Zandra Bezuidenhout - 2010-09-28
Van resensente gepraat Slaan nie oormatig ag op resensente: dié soort het ook hul mankemente. Eenogig ingeteel met medepligtiges in wandelgange van die skrywendes klits die bedrewe woordetokkelaar dikwels ’n pot vol kwasi-kennis deurmekaar met pikante name wat die leek bekoor sit bekkiges ’n dis as weloorwoë mening voor. Maar is daar grond vir hul fanfare of kabaal, of staan die keiser selfs by die loflied kaal? En hoe betroubaar is die slagtersmes van jagters wat so...

In ligte laaie
Jannie Malan - 2010-09-28
In ligte laaie Mense vra altyd As jou huis afbrand en jy kan net een ding red. Wat sal dit wees? Sommige reken, dalk my man of vrou, die kinders, ’n geliefde hond of kat, handsak, bybel, foto-albums, die lêer met al ons testamente en beliggingsdokumente, juwele nog by jou ma geërf, ’n skootrekenaar, my versameling Bloubulparafernalia, Led Zepplin-langspeelplate, ’n first edition Karouac? vra iemand ooit Wat is die een ding wat jy sal los? net te dankbaar om in vlamme...

Just Marilyn (1926–1962)
Joan Hambidge - 2010-09-28
Just Marilyn (1926–1962) Vir TTC en al die napraters Jy is net Marilyn, Marilyn Monroe ’n naakte lyf, oop en bloot, sowel wondnaat as wond. Jy soek jou vader soos alle weeskinders, ja, in die naam van die vader, verheug toe jy uitvind daar was wél ’n vader, jy had ’n naam. Maar jy het verskeie name, Norma Jeane Mortenson, Norma Jeane Baker, toe word jy Marilyn Monroe, ’n lusobjek, ’n fantasie, op almal se lippe, femme fatale, MM: The Prince and the Showgirl....

as jy weer kom
Marlise Joubert - 2010-09-28
as jy weer kom as jy weer kom met jou denim en tigerhempie aan moet jy weet dat ek jou nie kan optel nie nie kan ronddra nie en om by te hou sal ek my spore korter maak stoom afblaas sodat geen trok uit hierdie trein los kan raak nie kind ek wag al so lank die dae begin verkleur en die sterre val soos wit uiltjies op my dak en jou bed is opgemaak met teddies en safte lawwe honde flapoorhase en een langstertpanther maar al wat kom is jy en ek wag en kook sop druk aartappels fyn tussen die tande...

North by Northwest
Joan Hambidge - 2010-09-15
North by Northwest Eva Marie Saint, in ’n dokumentêr, (of is dit nou Eve Kendall?) vertel alles oor Hitchcock se North by Northwest. Ou potjierol se film oor paranoïa en vals identiteite. Ouer as die skone Eve, lap sy geheime uit: Cary Grant was nie haar minnaar, en nee, by Mount Rushmore sou sy nie kon afval (daar was stutte en stellasies), en Cary moes in ’n ateljee koes en swenk voor ’n vliegtuig wat sproei. Eat your heart out, Sigmund Freud, Sigmund Freud. Mount...

Brueghel in Parow
Johann de Lange - 2010-09-14
Brueghel in Parow vir Joan Wat lyding aanbetref was hulle nooit verkeerd die Ou Meesters: hoe dit gebeur te midde van die daaglikse sleur. Dit was jou 45ste verjaarsdag 11 September 2001: Antjie & John, & ek & my beste, Christof, op sleeptou vir ete by jou & jou soon-to-be eks. In die tv-kamer staan ons, wyn & geskenke in ons hande & kyk hoe twee vliegtuie oor & oor in die Twin Towers vasvlieg, hoe die twee geboue oor & oor, een na die ander ineentuimel –...

Op ’n eiland
Johann de Lange - 2010-09-14
Op ’n eiland And the ports have names for the seaWH Auden met apologie aan Karel Schoeman Dit is ’n lang reis van Piréus na die eiland. Die skip is oud & lendelam, sukkel traag van hawe na hawe, vertoef soms terwyl die son neerbrand, totdat die fluit weer blaas & die reis voortgesit word. Hawens, stadjies, eilande dryf verby, blou bergkamme teen die lug, vensters flits boodskappe terug. Daar is eilande wat deur geen mens bereik is nie, wit strande deur geen voet betree,...

wandelaar II
Marthinus Beukes - 2010-09-14


wandelaar I
Marthinus Beukes - 2010-09-14


Martelares
Johann de Lange - 2010-08-11
MartelaresAgi Mishol “The afternoon darkens, and you are only twenty.”– Nathan Alterman, “Afternoon in the Market” Jy is net twintig en jou eerste swangerskap is ’n bom wat ontplof. Onder jou wye romp is jy swanger met dinamiet en skroot. Dit is hoe jy deur die mark loop, tikkend tussen die mense, jy, Andaleeb Takatkah. Iemand het met jou kop se bedrading gepeuter en jou in die rigting van die stad geloods; al kom jy van Bethlehem, die Huis van Brode, het...

ons word vanmôre weer wakker
Carina Stander - 2010-06-25
ons word vanmôre weer wakker gesig teen gesig gewrigte beskermend oor mekaar se naakte rûe - jy is my verbond en my enigste gelofte sonder jou sal ek gewoon in makheid verval vanmôre word ons in ’n hemelbed wakker deur die bamboesblinders kruip die dag af met die trappe die kombuis maak oop op ’n kuswoud waar kleur in ruigtes sluimer voëls drink buite die venster en ons skink nog filterkoffie, my lief want dis vandag reeds sewe jaar vandat die troutafels...

Herakles
Marius Crous - 2010-05-26


Eumaios
Marius Crous - 2010-05-26
All vagabonds and strangers are under Zeus suur stink die oggendson wat my wakker maak suurder my slaapgoed en my hut se binnekant maar xenios weerligsmyter en dondermaker ek kon die vier helhonde van hom afkeer hom jongvark voer die uitgeswelde bere vang ons vir die vryers en hom toegooi met my bokkaros vannag skuil ek saam met die blinktandswyne tussen die rotse teen die noordewind met swaard en spies slaap hy by die vuur toe onder skaapvelle en ek die knaap van ktesios kan droom van ktimene...

Ogygia
Marius Crous - 2010-05-26


vir jou en al die ander wat soos jy voel
Selwyn Milborrow - 2010-05-13


navigasieliniaal
Karen De Wet - 2010-05-05
A pilot is never lost, maybe sometimes a little unsure about his current position gebuk oor die papier, geboeid, verdiep, sit jy met lyne wat strak en reguit onder jou hand uit gly. koersvaste lyne omgekeerd in wit op die swart papier – swart soos die lug bo die saterdagnagse see voor my. die bewus afgemete orde, die feillose rigting van jou lyne roep ou sepia skeepskaarte vol vergane name in my op, die aaneengestringde stippels van sterrebeelde met die blote oog uit die lug gehaal...

Vir Lucas Malan
Sarina Dnges - 2010-04-22
“’n Laning populiere wat so bloot en witbas lag:” weet jy hoe Van Gogh-geel word die blare as jy wag tot in April, wanneer ook Herfs (’n antikwaar in brons-en-koperware) opdaag op die werf en koning Midas sy goudkwas spat op die aarde? Strooptyd. Die blare word roesterig en bros. Dit val af. Dit ontbrand. “Hoe bly die mens in sy aard aan die boom se loof en verval tog droewig verwant?” Stellig is jy net verplant, afgekap vir papier of brandhout vir ’n...

Ted
Marius Crous - 2010-04-21


Lupercal
Marius Crous - 2010-04-21
Sylvia is princess of cooks. – Ted Hughes in ’n brief aan Gerald Hughes, 27 Augustus 1957 sy kan nie skryf nie kan nie die lem diep genoeg inlê nie maar hy met die visbloed aan sy hande gaan sit en word ’n valk in die reën sy kan nie skryf nie bak skons en koeke en terte soos haar ma hy smeer sy drif af aan die papier vul die strandhuis met sy testosteroon in sy james bond-swembroek is hy crow met sy klere nat soos otterpels op sy wang steeds die buitelyne...

Stockholm
Joan Hambidge - 2010-04-15
’n mislukte sonnet Greta Garbo se dorp, ja, en Anne Sofie von Otter se plek, hierdie Venesië van die Noorde, koue, gedistansieerde stad. “Xantippe met haar geskeerde lippe,” blaker ’n porno-film. “Stockholm laat my koud,” staan opgeteken in my reisdagboek deur Skandinawië per trein, per boot, per voet en per gedig. Veral per vers wat nie uit die voeë kom nie: nog ’n vers oor ’n digter-op-soek-na-die-volmaakte O. Uppsala o Uppsala! Hier is die Mëlarmeer...

Sydney
Joan Hambidge - 2010-04-15
Voor ons Moulin Rouge-produksie daal ek af in die hel in Sydney en besigtig hoe vuurpakkies van een hart na die ánder hart oorgedra word nes ’n bloekom wat brand. Ek skandeer die hawestad per boot, kiek die Operahuis met ’n weggooikamera (dis 1994) en poseer self vir ’n foto. “Come on, take me to the Mardi Gras,” sing ek op die trappe. Saans oefen ek aan my monoloog ter verdediging; bedags besigtig ek die diere in Tarongo-dieretuin, kyk weer na “Our lips are...

Las Vegas, Nevada
Joan Hambidge - 2010-04-06
Hier staan dobbelhuise neffens kerke hul plek vol en sy ry met ’n Greyhound, geleerbaadjie en gerugsak, die Sondestad binne. Met ’n “achy breaky heart” word die woestyn die perfekte backdrop vir ’n downtown-motel, waar reisigers en hoere kortsondig vertoef. Fear and loathing in Las Vegas. Agter haar lê die Stad van Engele en vóór haar Miami. Nou, in die oomblik, beleef sy die Mojave-woestyn, nageboots in restaurante dwarsoor...


<< 1 2 3 4 8 >>