Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 17 >>

Kompetisie: Februarie 2002
Roual Deetlefs - 2011-03-03


Kompetisie: sentimental friend
Izak van Rensburg - 2011-03-03
sentimental friend speel vanaand ’n gekrapte kortspeelplaat, afgemete teen vyf en veertig omwentelinge per minuut sodat dit kan voel asof die tyd vinniger verbygaan. lê en luister vanaand oor deurnagversoeke of jy weer haar sagte asem in die golwe teen die rotse kan hoor as die naald deur jou sinne sny en die warm bloed soetsappig oor jou wange rol. verbeel jou die soel aand is ’n skeertuig oor moerasse in ’n vakuum waarin gedagtes vashaak soos die ankers van gebreekte...

Kompetisie: Vesting van staalbrûe
Susan Grobler - 2011-03-03
Vesting van staalbrûe Wag vir my in Pittsburgh en dra ’seblief jou goue ketting waarop ons bloudrukke geëts is. Daar’s nog net ’n paar brûe wat oorgesteek moet word na die broodboom van ons verlede waar lang verdrinkte winters in oopgebreekte skulphelftes soos ’n Raka op ons wag. Luister hoe die wind begin roep na herinneringe wat onverbiddelik deur onstuimige waters beur. Wag vir my, want spoedig sal my vingers in die kromming van jou hande verstrengel...

Kompetisie: Waas
Roual Deetlefs - 2011-03-03


Kompetisie: die son was ’n stekelblaarklapper
Adriaan Coetzee - 2011-03-03
die son was ’n stekelblaarklapper sy moet jou by rehab kom haal soos ’n afbeenkolgans. later terugvat sodat hulle jou vlerke kan knip voor jy weer die son in donner en crash. sy sal julle kinders kalm hou en skerm vir jou al sê almal jy’s nie meer lekker nie want jy vertel vir haar die son was ’n stekelblaarklapper. sy verstaan jou gehuil oor alles of onbeheerste lag. tree in die eg om die eer van ’n vrou en nie in die naam van jy weet wat, so- doende kan dit...

Kompetisie: brandstand
Mariëtte van Graan - 2011-03-01
brandstand jou sweet stink na siel en sonde teen my aan- gesig hierdie tipe temptasie is nie vir dié wat blind en broos van siel is nie red ons van verhongering breek die brood in brokke oor die bed ons knaag soos diere aan donker dinge hierdie drifte gooi ’n duisternis so groot soos die heel- al se genade oop deur die plafonne van ons hokke en kraak uit in onsuiwer verskuiwings van die aarde wat vulkane oopbreek soos supernovas waardeur ons neerdaal tot die afgronde van die hel en...

Kompetisie: Een van ons is
Pieter Kriel - 2011-03-01


Kompetisie: Eensaam
Diana Stassen - 2011-03-01
Eensaam Hoe niks moet mens word om van dit (dié huwelik) iets te maak? Van ’n hart wat praat en ’n lyf wat raak is daar geen spraak Ervaring: afwesig – totaal Krematorium-stilte, ewigdurende … Produksiegrafiek: emosies – leeg, laag, non-eksistant Ongeregistreerd op dié skaal Die ander helfte: ek Soos ’n komma in ’n lang sin – leesteken-alleen Mens in ’n skare, oënskynlik vervuld, omring; dog Leë oë … dowe...

Kompetisie: Stoelgang
Dionne Crafford - 2011-03-01


Kompetisie: Ek gee g’n flenter om nie
Bruno FA Andries - 2011-03-01
Ek gee g’n flenter om nie Jy het twee dae laas gebad en ek gee g’n flenter om nie jy dra nie ’n kriesel grimering jy lyk wragtiewaar nie goed nie Jou hare is natgesweet ek sien dit nie eers raak nie jy huil en vloek soos ’n matroos dit pla my nie in die minste Die stank van ontsmetmiddels en bloed laat my naar voel mure en uniforms smelt saam tot grys iemand skreeu “ons is amper daar” By die huis wag berge wasgoed vuil hemde en stink sokkies en die...

Kompetisie: Tussen lyne
Ivan Bee - 2011-03-01


Die buurman
Melanie Grobler - 2011-02-24
Die buurman Laatmiddag eet ek bloubessies maar soms eet ek reën hoe min het ek nodig om alles te besit? my behoedsame buurman wat alleen leef bewaar sy goed met sorg hy kan oud en nut na vore bring. matrys en instellings en voorskadu en naskadu asook insigte uit die heelal. sy boekrak stof hy daagliks af hy versamel memorabilia, voorwerpe duidelik in vorm. betoon eerbied aan kleinodes, bewys hoflikheid aan versamelde en gesoute patrone van beskawing. soms is daar sameswerings,...

Ou man tussen die riete van agterdog
Melanie Grobler - 2011-02-24
Ou man tussen die riete van agterdog Sit die groente-skrapertjie eenkant, trek my voorskoot uit – die geskilde komkommers en appels lê op die kombuistafel en die lig weifel tussen stoel en deur. ek karteer die nuwe pad na die melkbos, skuins agter hom aan deur die digte fluitjiesriet om drifsels van woorde te versamel – net ’n rukkie langer dan sien jy lig kaats naas die rand van die water – hy sing hoog, sing laag sing soos een wat vriende tot afskeid...

Lima
Carina Stander - 2011-02-24
Lima Peru probeer om te vergeet waarsku die stad om lig te loop want ek wil die kind op die sypaadjie nie sien nie gesig versluier agter vuillug garúa probeer om te vergeet die koue kind ruik Mercado del Indios se alpakkatruie en musse van wol laat die stad in vlamme opgaan want ek wil haar nie so sien nie die kind staan met hartseer speelballe in 'n stad van waansin waar sy stiptelik om spitstyd al op die stippellyn wawiel die munte traanblink in haar hand steeds is haar voete...

Kompetisie: O, fok
André Coetzee - 2011-02-24


Kompetisie: Soms as jy met my praat
Trisa Hugo - 2011-02-24


Kompetisie: Hoe ruik die liefde?
Kilgore Trout - 2011-02-24


Kompetisie: Liefde (soort van)
Kilgore Trout - 2011-02-24
Liefde (soort van) Na vyftig jaar van man-en-vrou wees Het haar vrougeur verflou Met nog net een bors En ‘n lyf skeef getors Les sy egter nog steeds my dors. Haar eens digte blonde haredos Het vervaal tot dofgrys en toe in klosse verdwyn Sodat haar skedel donserig deurskyn. Haar hande lewerig gevlek knokkel om my vuis Terwyl fyn vore haar benige gesig kloof. Onder die siekwit vel van haar bene kronkel are persblou Donker strome deur ‘n dorre aarde amper van lewe onthef Wat...

Kompetisie: Oorkonde
Ri Vermooten - 2011-02-24
Oorkonde Luider as sonoor vibreer die maandeindmark. Amorf tuit opgehoopte spitsverkeer. Die plantjiesman smous skril en groen met hoopseisoen. A capella vivakrappers korf. Die openbare lug straal akkolade, gil helder ruite senu-energie-fasade. Dawerend akklameer, rondom, concerto’s aangehoorde tyd. Die onbeskaamde foon kommunikeer. Kruisbeen verkoopster prik stom met hekelpen en draad die plaveiselgesprek; verswelg dit prestissimo in haar weefpatroon vir later midasuitroepe, luid...

Kompetisie: Koeplet
Nelius Boshoff - 2011-02-24


Kompetisie: Dampkring
Karlien van der Merwe - 2011-02-24


Kompetisie: Die entoesias
Jacobus vd Riet - 2011-02-24
Die entoesias Per lugpos arriveer toe eindelik sy outentieke artefak die bonkige asbak van melkwitte glas afkomstig vanaf die lankvergane Ile de France, 'n vierkantige pêrel in 'n skulp van papiere verpak. Kyk hoe loop French Line al teen die een wand langs en in een hoek gloei nog rooi die sierlike seël van die Compagnie Generale Transatlantique. Hy hou dit in sy hande die onwerklike gewig, 'n opdrifsel uit 'n versonke tydsgewrig. Hy hou dit teen sy oor asof om die deining en...

Kompetisie: Eengesprek
Karlien van der Merwe - 2011-02-24
Eengesprek Ek kyk toe dat jy jou denke leegmaak. Leër as Vrystaathemel in droogteseisoen. Jou mossie-gedagtes kies kroes kortpad na die naaste draad; ek sien, maar kan niks daaraan doen nie. Jy misken die tril van lewe en stem onder voël-fyn kloutjies wat ons laaste verbindingslyn korstig omklem. Net ’n paar tjilp-kwele vertoef jy daar, om met die naaste lugstroom wind-op te vaar. Ek hou dop dat jou oë waas soos rypasem oor ruitglas. Jy krul jou fetus-toe; as...

Kompetisie: Hooglied vir die Mauretania (1907-1935)
Jacobus vd Riet - 2011-02-24
Hooglied vir die Mauretania (1907-1935) Tuur ek soos 'n Bedoeïen uit by my hart se tent sien ek immer soos ‘n opgeefsel die Mauretania wat op die einder met haar sog soos ‘n lang wit sleep statig trek oor die blougroen duine van Atlas se See. O verre karavaan o vier drommedarisse in enkelgelid – soos boggels jou rooi skoorstene waar rook en stoom uit jou stoomketels en jou stookoonde borrel – o Mauretania, Mauretania, vir jou wou ek ‘n kajuitjonge wees, jou...

Kompetsie: Fok jou
Ronel Nel - 2011-02-24


Kompetisie: Geen vlees
Reneé Yzel - 2011-02-22


Kompetisie: Een vlees
Reneé Yzel - 2011-02-22


Kompetisie: Die wêreld tuimel
Klaas - 2011-02-22


Kompetisie: Ark
Tuinman - 2011-02-22


Kompetisie: ink
Fanie Viljoen - 2011-02-22


Kompetisie: Deur dik en dun
Dirk Schenck - 2011-02-22


Kompetisie: die pad lê bevlek met gebreekte blues-records
Hilda Smits - 2011-02-22
die pad lê bevlek met gebreekte blues-records vir jou my skat die pad lê bevlek met gebreekte blues-records en jou klam vingers soek na snare soos woorde ritmies gestrem bloei jou slanke vingers in gebare en ek pause – vir ’n oomblik – maar die bar klop ’n oop kloppende kop en my brein my brein verloor ritme tussen jou voos are die bebloede drade verstrengel in wat ek nog wou sê maar nou moet vergeet want die blues-trein los my op die platform en...

Lughawe (Cape Town International)
Loftus Marais - 2011-02-22
Lughawe (Cape Town International) iets word hier gevier dis selfs in die dieng-dieng-dieng voor die afkondigings in die chirpy gepiep van bagasietrollies ’n holte vol eggo’s, afwagting en té veel helderte feestelik maar ingehou soos in ’n eksklusiewe hotelkroeg die lui elegansie van die roltrappe al is daar ’n vreemdheid in die kliniese skynsels (altyd iets hier van die hospitaal) en in die enjindreunings deur die uitkykvensters (is dit net ék wat graag ’n...

Rust-mijn-ziel, ’n droom
Johann de Lange - 2011-02-22
Rust-mijn-ziel, ’n droom vry na ’n droom van Hennie Aucamp Altyd weer dieselfde droom: winter, en nag op die Stormberge. Ek is verlate, oud en dors getrek. Ek kom te voet aan waar Rust-mijn-ziel altoos wag. Van die opstal is net ’n murasie oor. Tolbos en sand bied geen toeverlaat. Net die een vertrek staan desolaat: die kombuis met ’n lig wat brand. Ma sit voor die swart stofie met sy krom pote op die teëls. Die tafel staan gedek, en by my ou eetplek is daar...

Poësiekompetisie: ’n Rebellie teen romanse
2011-02-15
Hier is jou kans om jou digterlike grofgeskut uit te ruk in ’n grootskaalse rebellie teen rooi-en-wit romanse. Skiet alle “I love you”-beertjies, sjokolade-hartjies en temerige kaartjies oor blosende bemindes aan flarde met ’n gedig wat wys dat jy werklik weet waar ware liefde lê. Die idee Skryf ’n liefdesgedig sonder enige verwysing na die liefde, enige clichés of enige geykte liefdesbeelde. Gebruik ’n ongewone konsep wat nie gewoonweg met...

Die digter se Kategismus
Pieter Hugo - 2011-01-26


Die meeste dinge dood alleen
Karlien van der Merwe - 2011-01-26


Wittgenstein-siklus
Marius Crous - 2011-01-25
Wittgenstein-siklus I in die kloostertuin praat wittgenstein in ’n privaat taal met sy plante bespeur hy in die rye plantjies ’n logiese patroon soos in die stelsin so het ek die vuurstoker gegooi na popper wys hy met ’n stok vir die ab en met sy vingers om die onkruid rangskik hy sy gedagtes oor die liefde II Frances Skinner vir jou geliefde is die inpas van pitjies in ’n plant of die enjin van ’n motorkar vir my soos ’n wiskundige formule wat moet klop...

Alzheimer
Izak du Plessis - 2011-01-06


die grondpad huis toe
Hilda Smits - 2010-12-15


Krismis-blues
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2010-12-15
Krismis-blues Port St Johns 1978 in die stil donker lagune hoor ek in die oggend die loerie wat roep uit die kou van die maan loerie wat roep om reën van die nuwejaar in die nag met sonsteek en wange gebrand tot pienk kougom het die son sy kaleidoskoop van krismispatrone soos skerwe om en om in my kop gedraai my bene is skewe riete my bootjie dryf moeg teen die pont van jou liggaam, bots teen oggendskottelgoed die sis van ’n stofie of stemme ’n stort of...

Lied van die suikerrietkappers
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2010-12-15
Lied van die suikerrietkappers Empangeni, Natal Ons sing en dans by die myn vir die toeriste ons dans en slaan ’n tonga ons sing die lied van die suikerrietkappers die kappers se sang ’n tongvuur wat klap terwyl hul maak die suiker die bier uit die korrel uit die riet tot die woord kom korrel van die tong in die kies o ons sing die lied van die loerie wat roep om reën Umgungundlovu ons roep die Tugela se tong wat flits in die son en die wolke wat hoog en heilig ry op die...

vingeroefening met en
Johannes Prins - 2010-12-08


Teologie
Marius Crous - 2010-12-08
Teologie Stupefying images of grief-in-dream - Geoffrey Hill 1 speel penderecki se dies irae by die hekke van die hemel wek tog god so uit sy postkoïtale gesnork verby is die wierook en die soetighede van kom heer jesus kom van afgeslagte skapies met pels ’n vuil tampon of vriendjies wat wil kolbe speel nou terwyl suurstof soos silwermotte stadig knibbel die planeet soos ’n veretterde oogbal draai in die kop van die kosmos kan ons net kla en kerm uit die keel soos die viole van...

Doodsmagting
Cas Vos - 2010-11-17
Doodsmagting Vir James Ker Die wond se eerste sug is verlig, verlange na lewe met sy onhebbelik- hede wat mens hals en kop oorval. Toegevou in doeke en met ’n mond wat gretig suig, blaas die mens uit stikstofbewolkte longe asem. ’n Sonar hou al die organe stip dop, kleppe sluit soos sluise oop en toe en bloed pols deur soepel are. In ’n trog trek melancholie op die galblaas donker saam. Die niere skei gifstowwe uit en die lewer spoel bloed skoon. Alles wat verteer word uitgewerp. Dis...

Dae vol herfs
Cas Vos - 2010-11-17


Liefde met myself
Johann de Lange - 2010-11-17
Liefde met myself James L White Wanneer ek dit doen, onthou ek hoe dit was met ons. Dan onthou my hande ook, en jy’s weer by my, net soos dit was. Na werk sou jy inkom en die TV afsit en op die rand van die bed gaan sit, die vertrek vul met petrolreuk van jou werkklere, probeer om my nie wakker te maak nie hoewel jy altyd het. Ek sou stadig uitadem en sê: “Hi Jess, jy moeg, beertjie?” Jy sou sê nie te veel nie en my maag vryf, nie jags vir my nie, net baie...

Hoekom eggo jy my?
Jelleke Wierenga - 2010-11-17


Sondagaand
Jelleke Wierenga - 2010-11-17


Marguerita-dans
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2010-11-10
Marguerita-dans Die term Marguerita-dans word deur walviskenners gebruik as benaming vir ’n sirkelvormige formasie van walvisse wat ’n beseerde walvis om die beurt uit die water moet lig Sal jy my hoog oplig teen die einde wanneer ek moeg word sodat ek die land kan sien waar geel pels van die son kom broei op die wit eiers van klippe waar die sand wit en lig blink teen donkergroen skubbe van bamboes en seewier wat dryf die verrotte ledemate van ’n uitgestorwe dier, sal...


<< 1 2 3 4 17 >>