Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 17 >>

Alice Miller Revisited
Joan Hambidge - 2011-07-27
Untitled Document Alice Miller Revisited VWL Die dag treur in goue akkerblare, tot in die kelders van onthou. Die troostelose dag draai en draai soos ’n lendelam, geroeste windpomp. Laat alles val wat seermaak of verbrou, ook die stamelinge van so ’n omdraai. Die woedes, verliese, afwysings, en God weet, dít wat roep om verswyging. O gode van my jeug: Camus en Sartre, deur Boeddha terúg tot by daardie Iets. Wis elke afdraaipad of misverstand uit. Die dag treur...

Syd Barrett (6 Januarie 1946 – 7 Julie 2006)
Jaco Fouché - 2011-07-27
Untitled Document Syd Barrett (6 Januarie 1946 – 7 Julie 2006) Onthou jy toe jy jonk was? Al daardie son En die lang, polsende aande Al daardie kleure en klank En die smag en die dank En die felheid en die helheid Van sinne behou Onthou jy toe jy jonk was? Albums en liefde en uitdagendheid Sak soos die son in die see Jy leef jare sonder om te sing Gaan uit vir tee Los ’n fooitjie onder jou piering Eendag, eendag kwyn selfs die verlange Onthou jy toe jy jonk was? Al die grafskrifte...

Lucian Freud (1922 – 2011)
Joan Hambidge - 2011-07-27
Untitled Document Lucian Freud (1922 – 2011) Iesegrimmige Lucian bewys waar ego is, sal id uitkom. Elke skildery laat hierdie woorde sappig in haakse portrette uitmond. “Ek is my kuns en omgewing,” grom hy aan ’n kritikus, ”en ja verdomp, ek sal maak nes ek wil: die model gaan immers nie lángs die portret hang!” Vlesig en vet sý groteske Olympia. “Ek doen net wat ek nie kan vertel.” So wat was die obsessie dan, meneer Freud?...

die moontlikheid van taal
Cornel Judels - 2011-07-19
hoe sou ek ’n liefdesgedig van stapel stuur om eenvoudig te sê: ek het jou lief sou ek begin met jou naam wat lêplek eien in die buidel van my borste of met jou hande wat fomente rondom my vergaar sou dit sinvol wees om oortollighede delikaat by te voeg byvoorbeeld: “as jy na my roep uit jou keel gaan daar ’n vogtige voetpaadjie oop in ’n ruie bos” liefs nee! sonder om die leser te verwar met beelde wat metafore kruis my hart het jou bloot liewer as...

Somnambulêre ballade
Heidi Papadopoulos-Pienaar - 2011-07-14
Untitled Document Somnambulêre ballade Groen, groen, ek is lief vir groen. Groen wind, groen takke. Die skip op die horison en die perd op die berg. Met die skaduwee op haar middel, droom sy op die balkon, groen vlees, groen hare en oë koue silwer. Groen, groen, ek is dol oor jou. Onder die sigeunermaan bekyk goeters haar, goeters wat sy nie kan sien nie. – Romance sonambulo, Lorca Groen, groen ek is ook dol oor jou. Maar die aarde is ’n slaapwandelaar wat luister hoe ander...

om ’n digter te dood
Adriaan Coetzee - 2011-07-12


Fabulisha de la Queillerie in ’n steeg
Loftus Marais - 2011-07-05
Untitled Document Fabulisha de la Queillerie in ’n steeg sy sien ’n entjie in begin die plakkaat- beplakte mure skurf, verbleik tot strekkings skeursels sy gaan vryf so fresh french tips en al oor die kryterige oppervlak patrone skuins oor baksteen, wit vorm na vorm oorvleuelde merke, onlangse geskiedenis, bleek woorde: live!, -LEGS EEN WEEK, presents:, kaartjies nou en sy lief dit, hierdie stedelike mos gegroei so skoon, ’n ou gebou in furs of nee, point de venise selfs hier...

Diary of a bad year
Marietjie Steenberg - 2011-06-15
Untitled Document Diary of a bad year met apologie aan JM Coetzee enkele hardnekkige rafels klou nog verbete aan ’n verslete blad wat steeds voorgee om met ’n rugkant, gestroop tot in die senuwee die rebellie van omkrulblaaie te keer daagliks wen die penkoppe grond merk hulle gebied met plasse ink grys loodgroewe, neon-graffiti en kramme om die oorname te beklink volgens beplanning sal hierdie staat ook op die bestemde tyd tot sy val kom en die eens kleurvolle lint halfmas hang...

Kraaie oor surburbia
Charl-Pierre Naudé - 2011-06-14


Die hemelliggame
Charl-Pierre Naudé - 2011-06-14


Vir ’n digter
Hilda Smits - 2011-06-01
Untitled Document Vir ’n digter daar is heuning in jou woorde konsonante tussen jou tande sagte vokale in jou handskud jou soepel tong vlek my vel oop in die reën in die reën vlek jou sterk soepel tong my oop ek is ’n vrug ek is ’n gedagte in my moeder se geheime baarmoeder my vingerpunte so klein en teer soos die voelers van ’n mier tas na fluweelagtige mure ek lees jou daar raak in braille tussen bloed en naelstring teen my moeder se hartklop tussen my gedagtes...

Angsaanval
Joan Hambidge - 2011-05-24
Angsaanval ’n soort ghazal Žižek meen pyn het geen woorde nie en angs is die enigste ware emosie. Alles is aangeleer: liefde, jaloesie begeerte, die hele santekraam. Žižek meen pyn het geen woorde nie en angs is die enigste ware emosie. In ’n droom strek jy jouself oor my rug so helder, so dwingend soos ’n doodsberig. Žižek meen pyn het geen woorde nie en angs is die enigste ware emosie. ’n Beoogde ghazal oor ons affaire ’n Persiese reis beplan,...

land van die opkomende son – 11 Maart 2011
Christine Barkhuizen-Le Roux - 2011-05-17
land van die opkomende son – 11 Maart 2011 toe kom hy stadigaan naderend aangeswel ’n prehistoriese amebe geopenbaar uit seë gekolk deur oseane vure swael en sprei sy ongevormde klomp sluk in omring verdrink braak uit sluip land in breek deur sandkastele heinings strate teerterrasse trap op deur vensters deure dakpanne huise en winkelhal verby menshoogte dring in die kele af by ore uit laat lywe agter in die stroom wat slingerend styg verby die verste skrikbeelde groei met onmeetbare...

Pryslied van die tromme
Zandra Bezuidenhout - 2011-05-10


Vat dit
Leon de Kock - 2011-05-10


Suid-Afrika – ’n Rap-sodie op die boud
Danie Marais - 2011-05-10


Sinekdogee
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2011-05-10


Brief aan Suid-Afrika
Melt Myburgh - 2011-05-10


Ag, anderkant Freud
Waldemar Gouws - 2011-05-04


Piëta
Izak du Plessis - 2011-05-04
Untitled Document Piëta (by die dood van Andries Tatane) Die hart is nie ’n klip nie, juis daarom syg ’n mens makliker neer as marmer (klei in die hande van ’n beeldhouer) as die hart gebeitel word, tot ’n krom- posisie van die dood: Verlossers kom en gaan deur skote as die elikser van die lewe stol, die hart tot bitter beelding op die mond uitloop. Juis daarom is dit sommer ’n kak idee om uit oortuiging neer te syg soos marmer. Piëtas is onvolledige...

Neerslagtigheid
Michael du Plessis - 2011-04-26
Neerslagtigheid Na Charles Baudelaire, LXXVIII, "Spleen", Les fleurs du mal Die rëengod, vererg tot in sy dieptes deur die stad, giet skaduryke koue in golwe uit sy kruik en gooi die bleek inwoners van ’n nabygeleë kerkhof nat en stort op mistige voorstede die kennis van ’n dooie. My kat soek teen die vensterruit vergeefs ’n lêplek en sonder ruskans bly sy maer lyf vol omlope en woelig; in die geute dwaal die gees van ’n ou digter, gevrek, met die treurstem...

Humeurigheid
Michael du Plessis - 2011-04-26
Humeurigheid Na Charles Baudelaire, LXXXIX, "Spleen", Les fleurs du mal Was ek ook duisend jaar oud, het ek nie meer herinneringe. ’n Groot laaikas, belaai met rekeninge, verse, liefdesbriewe, hofpapiere, ou romantjies en dik haarlokke gerol in vaal kwitansies, steek minder weg as my bedroefde dodeskop. Dis ’n piramiede dié, ’n groot grafkelder volgeprop met meer lyke wat daar lê as in ’n gemeengraf saam. Ek’s ’n begraafplaas verafsku deur die...

Ergernis
Michael du Plessis - 2011-04-26
Ergernis na Charles Baudelaire, LXXX, "Spleen", Les fleurs du mal Ek’s nes die vors van ’n land vol rëen, ryk, dog onmagtig, grysaard en tog seun, hy minag sy raadgewers se swiere, verveel hom met sy honde soos met ander diere. Niks beur hom op nie, nie wildvoëls en nie valke, en nie sy volk nie, wat vrek vlak voor sy balkon. Die aardige ballades van sy lieflingsnar laat dié siek wreedaard net sy gesig verstar. Sy beblomde bed verander in ’n graf. die...

Skroot
Jan-Ben Rothmann - 2011-04-26


Brahman
Johann de Lange - 2011-04-26


w ∆ z = cov (wi, zi) + E (wi ∆ zi)
Tertius Kapp - 2011-04-07
w ∆ z = cov (wi, zi) + E (wi ∆ zi) ek kan jou betaal vir ’n vlerkfladdering, vir die retina van ’n astronoom, Marilyn se maagdevlies is goedkoper as die geheue van ’n swyende digter. stel alles op prys: sluimerende drome, verdwaalde gebede, ’n dubbele hartomleiding. staan terug om die skittering te sien, jy is nog jonk, jou oë sit skeel in jou kop. net woorde is gratis. alles is reeds gesê, en die mark het bepaal dat die gekoudes vrygelaat word: dié...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Ekologie
Helmine le Roux - 2011-04-07


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Natuurbloed
Werner Mller - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Roepstem
Riaan le Roux - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Lieb Kriek - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Blink bloedspoor
Hanneke Strumpher - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Gravure
Corlietha Swart - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Stop!
Andre Rossouw - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Spoor
Franci Greyling - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: sjuutloop
Susan Smith - 2011-03-31


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Histories
Manda Lotz - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Lewensiklus
Elsa Wasserfall - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Richtersveld
Delina Malan - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Konflik
Delina Malan - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Encephalartos cupidus
Ester Cloete - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Huiswerk
Franci Greyling - 2011-03-30
Huiswerk AG Visser: Die droster met die vaal karos daar by die wag-’n-bietjie-bos, met dik opnaaisels deur sy huid met ’n tandestoker op sy snuit – dis mos die Agteros- sambok- renosteros. Eie werk: ou renoster jou doring jou horing jou punt in die wind jou windmaker jou windmakerige ding jou wegkruiper jou wildewragtig jou wegswaaistert Verbeteringe: opnaaisels – patrone met ’n – sonder dis mos – dit was Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Aarde
Jenny Fourie - 2011-03-30
Aarde Hemel, aarde, blou en blink Skitter ysberge, deinings wink Boggelwalvis met skrille fluit ’n mensekind in enkelskuit Visarend met wydspan-vlerke Swewe op wonderwerke Fyn skoenlappers swerf van verre Oor seisoene met die sterre Liefde lewe lowergroen Helder hemel, sterresoen Velde wuiwend in die wind Skadubome, sing my kind Amber oë bespied die veld Pietsende stert, vlugtende held Roggelbrul vul maanlignag Polsende lewe, aardse dag Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Watervolk
Carina Stander - 2011-03-29
Watervolk Nkulunkulu, Jou mooi aarde is stilweg besig om te sterf. Die gras gesels nie, die wild trek weg, die slang vergeet sy vel in die gras. Droogte haat kinders, hy eet hulle op; die mans hou ons vroue met bok-oë dop as ons boombas kook vir sop of kalbasse dra wat sug vir biesmelk. (Die kind wat nie hardop huil nie verwelk in die bobbejaanpels op sy ma se rug.) Bedags kom rooimier en saans muskiet. Doer by die drinkgat langs fluitjiesriet loer 'n dorre stomp hoe ons nader...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Rapers
Philip Nel - 2011-03-29


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Hoor hulle roep
Retha Fick - 2011-03-29


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bergbruidjie
Siegfried Schäfer - 2011-03-29


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: wedloop
Sunita Keyser - 2011-03-29


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: skalie
Sunita Keyser - 2011-03-29


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Ontkenning
Thea Barkhuizen - 2011-03-29


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Doodloopspore
Wini Esterhuizen - 2011-03-29



<< 1 2 3 4 17 >>