Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Fiksie | Fiction


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Die ete
Je Nel - 2008-02-05
Hy is al ‘n rukkie in die skemer restaurant toe hy hulle eers opmerk. Seker twee van die aantreklikste vroue wat hy in ‘n lang tyd gesien het. Hulle sit in ‘n donker, stil hoekie met hulle koppe naby mekaar en gesels. Die een blond en die ander donker. Die blonde meisie se vrolike rok glip kort-kort van haar skouer af. Haar vel lyk soos porselein. Die donkerkop se bloedrooi mini wys dat sy pragtige bene het. Die donkerkop sê iets amusant en gooi haar kop agteroor terwyl sy...

Die Gastehuis
A change of scenery

Smart Tart - 2007-12-19
Die Kaapse yskoue winters laat my altyd gryp na ouma se donskombers en 'n glasie rooiwyn. Dit was Vrydag en gitswart wolke het breed oor die berg gelê. Ek was aan diens in die lounge, want Riko was af siek. Ek het geweet dit gaan 'n la-a-ang aand wees toe mevrou Gastehuis en haar vriendin Mary Ann in die lounge sit en kuier. Mary Ann met haar sjiffonrokkie met die shoulder pads, haar patent-leather-skoene en die gepermde hare. Fok, dit lyk soos 'n going-away-rokkie. Sy't sulke pienk...

Onverwags, onbepland en ... onvergeetlik!
Swerwer - 2007-12-19
Die lewe van ’n alleenloper het baie fasette en intriges en uit die aard van die saak lewer elke dag sy eie kwota hiervan op. Ek ken vir Telana reeds verskeie jare en alhoewel sy ’n hele paar jaar jonger as ek is, is sy my senior in ’n ander afdeling van ons firma. Ek en my kollegas het net die grootste respek vir haar werk en ek self het vir haar wat as enkelouer twee kinders alleen grootmaak, groot deernis en respek. Ek het haar leer ken as ’n persoon wat haar eie...

Hoe werk dit?
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 7

2007-12-19
My neef se “oppie paal”-meisie lê op die rusbank in die eetkamer en kyk in ’n KYK. KYK is die eerste fotoverhaaltydskrif wat in Suid-Afrika toegelaat was, en alhoewel die Sensuurraad streng beheer oor die inhoud uitoefen, preek die dominees daarteen en die meeste pa’s belet dit in hul huis. Die meisie se ouers het haar uitgeskop omdat sy “skande oor die huis gebring het” deur swangerskap buite die huwelik, dus bly sy nou by my oom-hulle totdat sy en...

Ooreising, dit is ook moontlik
Swerwer - 2007-12-19
Wat as ’n saai aand vir Stoffel voorgelê het, is besig om al hoe lekkerder te word. Die donkerkoppie raak met elke dans vriendeliker en hy weet nie of hy hom verbeel nie, maar dit is of sy hom al stywer vashou namate die aand vorder. Steffie is hier saam met haar een-en-twintigjarige dogter wat lyk asof sy en haar ma in dieselfde vorm gegiet is. Stoffel het al met Bianca ook ’n paar draaie gegooi en sy is self maar ook nie ’n agtergeblewene waar dit by warmbloedigheid...

Die gevoel
Antjie Sommer - 2007-12-12
Dinge het nog nooit in my lewe vir my na die regte kant toe gedraai nie. Ek was verlief op hierdie mooi seun op skool wat ek geweet het totaal buite my bereik was, en een keer dolverlief op ‘n getroude man wat ek voor my heilige gees geweet het nooit sal realiseer nie, en hy sou ook definitief nie sy vroutjie vir my los nie.En so het ek maar die lewe deur gegaan sonder om daai regte warm gevoel onder die hart te kry soos julle wat eens op ‘n tyd verlief was dat jou ore sing en jou maag...

Nektar
Goddess - 2007-12-12
Die water in die swembad is kristalhelder en net so blou soos die hemel wat soos ‘n deken oor die aarde uitgesprei is. Hier waar ek soos ‘n kat in die middagson uitgestrek lê, voel ek hoe die fyn druppels perspirasie tussen my vol, kaal borste begin uitslaan. Ek staan lui op en stap stadig by die trappies af tot in die water sodat dié se koel lafenis my hele liggaam kan toevou. Dis heerlik en ek wens dat ek hóm hier gehad het vir ‘n bietjie afleiding …Nadat...

Oor toutrek en ander kwaskenades
Nattelie Jags - 2007-12-12
“Wie sou nou begin het om ’n poesie ’n kwas te noem?” dink sy by haarself terwyl sy haar verstom aan die skilder se pap velle in groen. “Ja, ’n padda se rugbult met die voutjie kan ’n mens herinner aan twee skaamlippies wat uitstulp. Of ’n roosblom se vou op vou in dieprooi en pienk kan jou laat smag na ’n vrou se sagte cerise lekkerte waar die klitoris weggesteek is … Maar ’n kwas? Dis darem net te vergesog!”Pricasso doop weer...

Middernagtelike avontuur
Swerwer - 2007-12-12
Dit was Sondagmiddag en soos gewoonlik was ek alleen op die plaas waar ek ‘n woonstel gehuur het. Dit was maar ‘n kleinerige woonstel wat bestaan het uit ‘n slaapgedeelte met dubbelbed en dan die badkamergedeelte. Kombuisgeriewe was die gesamentlike lapa waar ek en al die tydelike bewoners van die Backpackers-hutte kon bak en brou, want al die nodige geriewe was daar beskikbaar. Dit was egter maar selde wat daar besoekers gekom het, so uit die aard van die saak was ek meestal al...

'n Los gelukkie
Jan Boer - 2007-12-12
Ek het haar die eerste keer gesien toe sy so ’n ent voor my in die ry beweeg het by OR Tambo se inweegtoonbank. Dit was ‘n vroeë vlug Kaapstad toe en haar welgevormde lyf in die wit broekpakkie was iets wat ek geweet het deur die dag in my dagdrome sou opduik.So beland ek toe op sitplek 26C, en daar sit sy reeds in 26A teen die venster. Vlugtig ontmoet ons oë en sê morê sonder woorde. Medereisigers na ‘n dag of twee se arbeid in die amper vreemde wêreld...

Derde ontmoeting tussen my en my skoonsus
Perky Male - 2007-12-12
Die dag het soos al my ander dae van die week begin. Myself uit die bed kry, koffie drink, ontbyt eet, wakker word, werk toe … Toe besef ek dat ek vandag vir die werk moet weggaan en dit so “per ongeluk" uitgewerk het dat my skoonsuster se wederhelfte vir die werk moes weggaan. Ons het dit nie eens aan iemand genoem nie en het vreeslik uitgesien na ons gesteelde uurtjies. Sy het natuurlik die weddenskap verloor toe my span haar span in die Super14 verslaan het. Die resultaat was...

Die Gastehuis: Die troue
Smart Tart - 2007-12-12
"Hoekom is die gras nog nie gesny nie? Dis so lank ek moet die skietlamp gebruik om die honde te gaan soek," kerm mevrou Gastehuis. "Dis sewe-uur in die oggend, Mevrou, en die gaste slaap nog. Johannes weet hy moet die gras vanoggend sny," verduidelik ek gaap-gaap. Ek het immers tot twee-uur vanoggend rondgehardloop om alles reg te kry, van die Honeymoon Suite tot die onthaal-area. "Daar is ook nie genoeg blomme in die voorportaal nie. Lee, jy moet die bloemiste nóú...

Die konsistorie
Die sekskapades van Sugar Daddy: Deel 6

2007-12-12
Baie mense wat die titel van hierdie sekskapade sien, sal dink dit het iets te doen met die verhaal van die knapie wat gesê het ‘n konsistorie het iets te make met ‘n motorongeluk. Hy’t verduidelik dat toe iemand teen hulle vasgery het, sy pa vir hom gesê het: “Bly sit jy net hier, ek gaan hoor wat is die kon’ se storie.” Maar nee, hierdie een vind aansluiting by die feit dat my oorle pa die koster was van die kerk wat spog met die oudste ingevoerde...

Net môre
Koos vannermerwe - 2007-12-03
Ek het nog altyd ‘n sterk persoonlikheid gehad. As vrou kry jy dan baie gou allerhande interessante name, soos yskastert, bitch, viswyf, noem maar op. Ek steur my nie juis daaraan nie. Ek is goed gekwalifiseerd en ek het my pad boontoe oop baklei en oop gewerk, en natuurlik soos nodig my vroulike maniere gebruik om hardekwasse te oortuig in die laataande. ‘n Goeie spyker is altyd lekker en as dit ‘n doel kan dien, waarom nie?Nog nooit het ek gehuiwer om ‘n man aan te vat in...

'n Fantasie net vir jou
MielieKoek - 2007-12-03
Maggie, ‘n geleerde vrou, kan maar net haar kop skud; dis nou maar een ding wat sy glad nie vir haarself kan uitwerk nie. Dis ook nou nie dat sy dink sy gaan iewers hulp met die raaisel kry nie. Die ding kom nou al ‘n lang pad. Vandag is die dag wat sy vir Eben uit haar kop gaan kry. Die man wat haar voete onder haar uitgeslaan het toe sy maar nog ’n kind was. Hier waar sy in die koffiekroeg sit, is sy oortuig dat dit nie regtig kon gewees het nie. Sy was nog ‘n kind en hy...

Coitus interruptus - iewers in 'n Taiwannese hotelkamer
Ian Hendrix - 2007-11-21
Ian Hendrix se intieme relaas in 849 woorde ... Sondagaand Liewe Laurinda Ek het pas by die hotel aangekom en my skootbrein opgekoppel. Die hotelkamer het ‘n fantastiese uitsig oor die stad en sy diljoene neon-advertensies. Ek het gehoop dat ‘n briefie van jou sal wag as ek weer inskakel na die lang vlug, maar al wat ek nou het, is om jou aan my lyf te ruik. Ek verbeel my ek ruik jou in die kamer … Hoe anders, want die laaste uur en ’n half voordat jy my by die vlieghawe...

Kyk wat doen jy!
Vonk - 2007-11-20
“Kyk wat doen jy!” fluister sy.Die wit, blinkgestrykte harde lakens in die goedkoop vakansieoord is koud onder haar kaal boude en rug. Sy beur effens vorentoe en beduie met haar kop, waar hy voor haar sit, na die prentjie van sy manlikheid diep gepenetreer in die jong volmaakte opening van haar seksualiteit.Hy frons effens - wat bedoel sy? Is dit 'n spel dat hy moet kyk hoe hy haar bevredig om hom nog stywer te maak? Of is dit n vermaning dat hy verantwoordelikheid moet neem vir dit wat...

Die wynkelder ('n Fantasie vir ons twee ...)
Goddess - 2007-11-05
Dit was een van daardie warm somersdae wanneer die hitte in sulke gloede uit die plaveisel rondom die swembad uit opstyg. Ek was amper spyt dat ek mense oorgenooi het vir ‘n braai, want dit was een van die min dae wat ek nie by die werk moes wees nie, en ek was net lus om van my klere ontslae te raak en in die koel, uitlokkende water weg te sink. Tog was daar ‘n pluspunt … As daar nou iets is wat my vinniger kan warm maak as ‘n Suid-Afrikaanse somer, dan is dit hy …...

Beskermde seks
Altyd Lus - 2007-11-05
Ons hoor heeldag van beskerm jou en jou maat wanneer julle seks het teen ongewenste swangerskap, oordraagbare geslagsiektes en om higiëniese redes. Dit is makliker gesê as gedaan as jy nog nooit kondome gebruik het nie. Renette was reeds op die voorbehoedpil om ongewenste swangerskappe te elimineer en vir die ander redes hoef ons nie te vrees nie, want ons was getrou aan mekaar en het nie rondgenaai nie. Dit gebeur toe dat in die klein dorpie waar ons woon, Renette se voorraad voorbehoedpille...

Die gastehuis: Mnr De Villiers
Smart Tart - 2007-10-31
Ek hou hom dop van my kamervenster af. Swart krulhare tot in sy nek. Goed gebou, maar nie baie lank nie. Mnr De Villiers, volgens die gasteboek-inskrywing. My kamer is nou wel aan die agterkant van die gastehuis, maar dit is waar al die gaste parkeer. So ek sien hulle altyd kom en gaan. Ek sit my lipstiffie aan en trek my kamerdeur agter my toe. Laat die dag begin!Ek en Mnr Krulhare kom saam by ontvangs aan.“Goeiemôre, mnr De Villiers,” groet ek. Hy lyk verbaas. Ek het maar my spesiale...

Gewaagde plekke - Deel 1: In die hotel
Altyd Lus - 2007-10-23
Om iets te waag maak dinge meer interessant, of sal ek sê meer opwindend. Of kan dit wees dat om baie-baie jags te wees mens skoon onnosel of miskien aan die kommin kant laat? Jare terug, lank na my en Renette se troue, na ons tweede kind se geboorte, wen ons 'n week vakansie met die aankoop van 'n voertuig. Die vakansie was in een van die hotelle langs die pragtige Tuinroete. Dit was soos 'n tweede wittebrood, want oupa en ouma het na die kinders tuis omgesien. Met ons albei in ons seksaktiefste...

Gewaagde plekke - Deel 2: Seks op die strand
Altyd Lus - 2007-10-23
Saam met 'n klomp familie het ons lekker vir 'n naweek weggebreek na een van die klein privaat strandjies aan die Weskus. Daar was 'n hele klomp gesinne met klein kindertjies bymekaar. Ons het sommer twee gesinne een huisie gedeel; van seks was daar dus geen sprake nie, omdat dit net kindertjies en mense was waar jy kyk en kom.Die kinders het een middag besluit om op die strand te gaan speel, en my suster, wat onderwyseres is, het hulle heerlik gaan vermaak en rustig besig gehou. Renette maak toe...

Gewaagde plekke - Deel 3: Seks in die bussie op die parkeerplek
Altyd Lus - 2007-10-23
Vier pare pelle besluit om saam Nuweland toe te gaan om die ellendige WP bietjie op te beur. Pierre bied toe aan om met sy bussie te ry, so 'n tiensitplek-Toyota. Dit was 'n jollie trippie en die voggies het maar gevloei, want ons het geweet Renette is nie 'n drinker nie en sy kon terug bestuur en almal veilig by hulle woonplekke besorg.Ek het die gewoonte om my hand agter in Renette se broek in te druk en te voel of sy 'n g-string aan het of 'n lekker ragfyn gladde broekie. Dit maak my gek om te...

Die gastehuis: Die veearts
Smart Tart - 2007-10-23
Ek onthou daardie nag so goed. Ek en die veearts …Die nag was lank en geniepsig. Dit was drie-uur in die oggend. Ek was wawyd wakker en het gelê en luister na Keith Poepindiebroek van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se weerberig vir Kaapstad: baie koue toestande met sneeuneerslae op die berge van die Wes-Kaap en wydverspreide reënbuie. Maar ek het besluit om die koue dag met wydverspreide bene te begin. Ek het opgespring, my tande geborsel en alles wat kon kreukel, krimp, koek en...

Stoffel, die model en die Buffalo Rally
Swerwer - 2007-10-17
Dis Maandagoggend en die vennote het so pas klaar gekonfereer oor die week wat voorlê se program. My program is lig, want ek is van Woensdagoggend af vir paar dae met verlof! Ek ry Woensdagoggend vroeg Oudtshoorn toe vir die Buffalo Rally! My opgewondenheid loop hoog.“Stoffel, moenie loop nie, ons moet eers gesels,” roep Eric, ons seniorvennoot in die prokureursfirma, my terug.“Jong, ek het ’n groot guns om jou te vra,” sê Eric. “Melanie het gevra ek...

Eerste maal naak
Altyd Lus - 2007-10-17
In die dae voor televisie en pornografiese boeke was dit byna onmoontlik vir jong seuns om poesies te sien. Jy moes maar planne maak om kaal te swem of om meisies af te loer. Ons het wel geweet hoe poesies voel. Baie van die warm meisies het daarvan gehou as ons hulle vinger en met hulle poesies speel as ons in die flieks gesit het.Almal was dus baie nuuskierig in hul oorgangsjare na tieners oor hoe presies sou 'n poesie lyk. Meisies was skaam om dit te wys en sou jou uit jou geloof klap as jy hulle...

By die tennisbaan
Johnny Stud - 2007-10-10
Dis ‘n sonnige Woensdagmiddag en ons is op die tennisbane vir ons gewone potjie sosiale tennis. Ons het albei die ekstra oefening nodig, het ek met Lezelle afgespreek ‘n paar Saterdae gelede. Daar was geen bybedoelings gewees nie, sekerlik nie van Lezelle se kant nie, maar indirek het ek wel ‘n paar fantasieë in my gedagtes vertroetel. Lezelle is ‘n jeugdige 38 jaar oud, met kortgeknipte bruin hare, koningsblou oë en ‘n figuur wat sensueel aanlokkend is....

My vrou se prokureur
Sylvester - 2007-10-03
Dis net na agt toe ek uit die stort uitklim, ‘n pt-broek aantrek en my moeë karkas in die gemakstoel voor die TV neerplof. Dit was ‘n helse week en ek sien uit daarna om ‘n rustige aand voor die kassie deur te bring en dan te gaan slaap. Ek het reeds my selfoon afgesit en my motor in die garage toegesluit sodat dit lyk of niemand by die huis is nie. Ek is soos in glad nie lus vir mense vanaand nie. Ek flip deur die kanale en settle dan vir ‘n fliek wat ek weet nie te...

Die gastehuis: Die blinde klavierstemmer
Smart Tart - 2007-10-03
Ek móét julle net vertel van die blinde klavierstemmer.Dit was 'n Donderdag. Die warm, eentonige wind het my rusteloos en bedruk gemaak.Ek was net op pad na 'n hoofpyn toe die ou motor stilhou, al stotterend met blou dieselwolke agterna. Die bestuurder het stadig uitgeklim, omgeloop en die agterdeur oop gemaak. 'n Middeljarige man met 'n donkerbril het uitgeklim. Die volgende oomblik verskyn mev Gastehuis soos 'n advertensie op 'n TV-skerm. (Soos julle weet, is mev Gastehuis 'n lang,...

Getroude tannies raak ook lus
Swerwer - 2007-09-26
Dis 1969. Pas twee maande uit die skool en ek word verplaas na hierdie klein Weskusdorpie … onervare in dit waarom die lewe en die liefde draai. My ondervinding van seks was gegrond op die seksspeletjies en gevry op skool. Werklik passievolle seks het ek nog nooit gehad nie. Ja, baie girls gevry en gevinger, maar seks … nog nie werklik nie. Maar hierdie dorpie het nie meisies nie. By verdere ondersoek blyk dit dat daar maar drie meisies onder die ouderdom van dertig jaar en twee geskeide...

Asimov
Johan - 2007-09-20
My hand is so pas in die as gemoer deur ‘n ou toppie – en ek is de wetter in. De wetter in vir die naamlose ou drelvel, vir Alet en vir myself. De wetter in vir alle sexy jong girls wat deur geld eerder as testosteroon opgeklits word, wat nie ‘n jong boertjie kan waardeer nie, de wetter in vir die samelewing, my voortdurende gebrek aan geld, maar meestal vir Alet. Fok, ek honk van testosteroon en is vanaand juis so jags soos ‘n wasbeer en ‘n ou toppie verpletter my...

Die piekniek
Popplap - 2007-09-20
Ons hou stil onder 'n koelteboom. Voor ons kabbel die rivier vrolik voort, onbewus van die seksuele spanning wat om ons draai. Jy klim uit, stap om, maak die deur vir my oop, loop na agter, maak die "boot" oop en haal 'n kombers en 'n mandjie uit. Ek staan en wag voor die kar en tuur oor die rivier uit, niks siende, terwyl die laatmiddagstrale oor die water speel. Jy kom staan langs my, gooi die kombers neer voor ons, en sit die mandjie neer. Jy draai om, vat my om my lyf, en soen my...

Jeff, Sharon en ek
Ian Hendrix - 2007-09-10
Ek woon in ‘n dakwoonstel in die hartjie van Sydney. Op pad na die parkeergarage waar ek my rooi motortjie parkeer, is die Great Synagogue van die Joodse Ortodokse gemeente wat iewers in 1870 gebou is. Die ingang na die sinagoge is direk van die sypaadjie af en wanneer troues daar plaasvind, is die informele modeparade voor die aanvang van die seremonie ‘n fees vir enige oog. Mooi modes en begerig-byderwetse mooi mense. En soms selfs ‘n uiters bevredigende ervaring – soos...

Minki en Chris
Henna - 2007-09-10
Minki staan by die venster van haar sitkamer en kyk na die weerligstrale wat die hemel verlig ... vreesaanjaend ... en tog ook wonderlik ... Die reëndruppels los spoortjies op die ruite, en sy streel met haar vingers sag teen die vensterruit. Sy sug behaaglik as sy dink aan haar beplanning vir haar en Chris se tiende huweliksherdenking. Hmm, dink sy met 'n voldane glimlag op haar pragtige, vol mond ... Chris sal beslis in sy noppies wees. Die kinders is by haar ma, die kos is in die bain-marie,...

Sasol
Bees - 2007-09-10
Die selfoon in my sak vibrate en hier waar ek in die meeting sit is ek sommer de moer in omdat ek op hierdie Woensdag nog vieruur in die vervelige meeting sit. Ek haal die foon uit en sien dis JJ wat my gesoek het en hy sê ek moet hom terugbel.Meeting klaar en bier en snacks en almal staan en kak praat en dit rook dat ek skoon naar word, want ek het mos die twak gelos so paar jaar terug.Ek bel vir JJ en hy het hierdie blink plan om te gaan loop poendeer. "Poendeer" is in ons kringe...

Palimpses - 7
Grysklip - 2007-08-30
Klik hier vir Deel 1 | Klik hier vir Deel 2 | Klik hier vir Deel 3 | Klik hier vir Deel 4 | Klik hier vir Deel 5 | Klik hier vir Deel 6 Soos enigeen kon voorspel, was ons eerste sessie baie konvensioneel. Ek op my rug met gesperde bene en hy tussen hulle besig om te pomp asof daar geen einde aan mag wees nie. Die feit dat hy nou beheer gehad het en so diep kon gaan as wat hy wou, het met sy kop gewoeker en dit was nie baie lank voordat hy versnel het en toe verstyf het nie. Ek kon voel hoe sy penis...

Die Sondagmiddag-uitstappie
Smart Tart - 2007-08-28
Gerda het wakker geword van die honde se geblaf. Sy't haar kop stadig opgelig en gesien dat Jan nog lê en slaap, aan sy kant van die bed, soos altyd. Tog te bang om vyf sentimeter te naby aan haar te lê. Wat ís dit met die man? Is hy nog ooit 'n man? wonder Gerda terwyl sy die gordyn effens oplig en sien dat die son alreeds bo-op die berg sit. Hoekom het ons al twee verslaap? Ons het nie gisteraand seks gehad nie, so dit kon nie dit gewees het nie. Toe onthou sy skielik: dis Sondag...

Die eiland
Blou Viooltjie - 2007-08-16
Dis laatmiddag en die briesie wat so pluk-pluk aan Lene se haartjies voel koelerig op die vel. Dis juis die koeligheid wat haar haar lyf styf teen my laat aanvly … en so stap ons hand om die lyf deur die vlakwatertjies op die strand. Klein gilletjies laat my sommer giggel as die brandertjies ons onverhoeds vang en teen ons kuite opspat. Die lig het 'n besonderse sagte, goue kleur en laat Lene se gelaat nog sagter en vrouliker lyk, en as ek my kop draai na haar, sien ek die gloed van die sluimerende...

Liewer laat as nooit
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 5

2007-08-16
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 5 Klik hier vir Deel 1 | Klik hier vir Deel 2 | Klik hier vir Deel 3 | Klik hier vir Deel 4 Lank, lank gelede het ek langs haar gesit op die agtersitplek van my oom se splinternuwe 1958 Ford. Ons was te veel neefs en niggies om gemaklik in te pas en het maar half dwars na die eenkant of anderkant gesit om darem ‘n skouer of iets teen die rugleuning te kry. Ek het haar die eerste keer gesien toe ons in die kar klim. Sy was ‘n niggie van my niggie...

My skoonsus (Deel 2)
Stokstyf - 2007-08-07
Deel 1 Die groot naweek het aangebreek – Bulls vs Sharks. Vrydagaand en almal gaan uit eet. Almal was in rep in roer om die kos en drinkgoedjies te koop vir môre sê wedstryd. Elkeen was by die winkel om alles te koop wat nodig was. Ek en my skoonsus sê aankope was reeds gedoen en in die garage gepak. Dit het ons minstens een uur gegee om alleen te wees. Ons het mekaar sedert die Kersseisoen nog nie weer gesien nie, maar gereeld oor die selfone gepraat. Alles beplan toe die...

Hoekom?
Deserthorse - 2007-08-07
Hoekom is ons arm? Hoekom moet jy nagdiens werk? Hoekom is die kamer so koud … sonder jou? Die winterwind slaan met mening teen die ysterrame vas en die ruite dra die klank luidkeels aan my oor. Met die duvet tot amper oor my oë getrek wonder ek wat jy nou doen. Hoekom het ons nie ‘n elektriese kombers nie? Is jy dalk besig om met ‘n inbreker te stoei of sit jy dalk in jou klein glashokkie en kyk hoe die vlae winterreën op die nat aarde neersif? Ek lek oor my lippe en...

Wow ... sonner dink op die bus
Antjie Sommer - 2007-08-07
Hier sit ek nou, nie omdat ek wil nie, maar omdat ek moet. Die busstop is nogal verlate, en die wind sny yskoud deur die helse baadjie wat ek aan het. Ouma is siek en ek moet gaan kuier. Ek het nie verwag die busstop gaan sooooo stil wees nie, anders het ek maar vir Ouboet gevra om saam te wag – met vandag se tyd weet mens ook nooit wat om te verwag nie. Daar is maar vandag baie “goggas”, soos my ouma sal sê, in die wêreld. Uiteindelik is die bus hier. Die paar van...

Palimpses - 6
Grysklip - 2007-07-23
Klik hier vir Deel 1 | Klik hier vir Deel 2 | Klik hier vir Deel 3 | Klik hier vir Deel 4 | Klik hier vir Deel 5 My linkerhand het met verdrag laer op sy maag gesak totdat ek sy broek gevoel het. Ek kon sien dat sou ek enigsins laer gaan, ek by hom nuwe terrein sou betree. Van streel gaan ek oor na kielie met vingerpunte en naels en kon voel hoe hy sy maagspiere styf intrek onder die nuwe stimulering. Hy onderbreek nie die soen nie en dit gee my moed. Met een beweging sit ek my hand op sy broek...

Palimpses - 5
Grysklip - 2007-07-16
Klik hier vir Deel 1 | Klik hier vir Deel 2 | Klik hier vir Deel 3 | Klik hier vir Deel 4 Met die regte musiek op die hoë-trou en ons arms naastenby reg geplaas, was dit gou duidelik dat dit voordelig was om kaalvoet te wees; hy het nie veel gevoel vir ritme gehad nie en het my ook veels te los en op ‘n afstand gehou sodat ons nie mooi saam beweeg het nie. Sou hy skoene aangehad het, was my tone blou. Hy was apologeties wanneer hy besef het wat hy doen, maar het darem telkens weer...

Die bargain
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 4

2007-07-16
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 4 Klik hier vir Deel 1 | Klik hier vir Deel 2 | Klik hier vir Deel 3 Ek stap langs die Cornish in Dubai en bejammer weer eens die Moslem-vrouens wat met sluiers oor die koppe in hierdie snikhete humiditeit moet loop. Ekself is sopnat gesweet en sien uit na my verlof, waarin ek beplan om vir ‘n paar weke deur Indië te gaan toer met hulle weergawe van ons bloutrein. Net jammer ek gaan alleen en ek voel weer die holkol van verlange na ‘n vroulike...

Someraande
Venter - 2007-07-13
Dit was ‘n soel someraand wat ‘n mens net lus is om skoene uit te skop en te ontspan in die lafenis van die mooi swembad in die lowergroen tuin. Ongelukkig is dit nie vir my beskore nie, want as vrou van die skoolhoof in die plattelandse dorpie word daar van jou verwag dat jy gemeenskapsbesit word en bly. Gedurige kuiertjies van voornemende hoofdogters en -seuns van die skool, die alewige geskenke van dit en dat, gaan my nog teen die mure uitdryf, dink ek terwyl ek my grimering aansit....

Praktiese bewys
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 3

2007-07-03
Die sekskapades van Sugardaddy: Deel 3 Klik hier vir Deel 1 | Klik hier vir Deel 2 Die 4x4 spring van klip tot klip in Waddi Diba en met elke stamp voel dit of my kop wil bars – ek babeleer vanoggend verskriklik. Ek is nie ‘n sterk drinker nie en is gisteraand in die enigste kroeg op Kassab, in die Mussandam, raak gedrink deur ‘n bende Boere wat op ‘n olieboor in die omgewing werk. Gelukkig was my handlanger vanoggend weer laat en ek het vir hom weggery, dus kan ek sonder...

Vrou alleen
Smart Tart - 2007-07-03
Vroegoggend het my dag al met oppe en affe begin, op en af soos die Cobra by Ratanga Junction. Die ketel het besluit dis nou genoeg, die haardroër wou nie werk nie en die hond se kos is op. Dit is die einde van die maand en ek kan nie bekostig om laat by die werk op te daag nie. Hoekom moet ek vrou-alleen so sukkel? Is daar dan nie ‘n deksel vir elke pot nie? “Dan stap ek maar die paadjie alleen … leen … leen,” sing ek Kurt Darren se liedjie op pad na my kar toe,...

Streepdas
Tinktinkie Tondeldoos - 2007-07-02
Die plek wemel van mense. Net waar jy kyk, loop Kersfeeskopers met ‘n soort vasberadenheid op hul gesigte wat enige ander tyd van die jaar ongeëwenaard bly. Lus-anne druk haar leersakkie teen haar heup vas en voel die swaar gegraveerde gespe deur die dun moeselienstof van die wit rok teen haar vel. Dit voel koud, soos ‘n gevriesde hand teen haar sweterige lies. Dis warm; selfs met die inkopiesentrum se lugreëling bly dit bedompig. Die hortende menigtes met hul veelkleurige...

Winternag se hitte
Venter - 2007-06-22
Dit was een van daardie koue wintersaande waar ‘n mens net lus voel om voor ‘n verwarmer op te krul. Dié luuksheid is egter ongelukkig nie vir my beskore nie, dink ek terwyl ek my motor se neus in die rigting van die skool draai. Hoeveel aande gaan daar nog wees, dink ek, waar die hoof van die skool moet teenwoordig wees. Die ouers dink een of ander snaaksheid uit en die hoofnar moet maar “perform”. Dit is ironies wat ‘n mens alles sal opoffer vir die “onderwys”,...


<< 1 2 3 4 5 6 >>