Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Toneel

Toneel


<< 1 >>

Die skryf van dramas
George Weideman - 2007-03-06
Alhoewel ek, soos Danie Botha (Voetligte en applous, Protea Boekhuis) op presies dieselfde ouderdom en in presies dieselfde jaar (1960) vir die eerste maal met ‘n (professionele) “toneelopvoering” kennis gemaak het, het ek grootgeraak in ‘n huis waar vermaak en kreatiwiteit en “vertonings” hand aan hand gegaan het. Pa was ‘n houtwerk- en handwerkonderwyser wat ook toneelstukkies geskryf en vertaal het. Daarnaas het hy kore afgerig, ‘n skoolorkes op...

Hoe woorde werk in monde op plankvloere
Willem Anker - 2007-02-13
The theater, which is in no thing, but makes use of everything – gestures, sounds, words, screams, light, darkness – rediscovers itself at precisely the point where the mind requires a language to express its manifestations. To break through language in order to touch life is to create or recreate the theatre. – Antonin Artaud, The Theatre and its Double In effect theatre became the martyr of all who risked humanity, all who wanted to shape the form of existence. That...

Writing Drama
Anton Krueger - 2007-02-13
1. WRITERS WRITE John Braine begins his wonderful book on writing a novel (called – somewhat unsurprisingly – Writing a Novel [1974]), with an anecdote about Sinclair Lewis, the first American to win the Nobel Prize. Apparently Lewis turned up very drunk to deliver a talk about writing to a group of Harvard students and started off by yelling out, "Hands up, all those that want to be writers!" When everyone's hand shot up he silenced them all with an acerbic: "Then why...

Die drama van dramatekste
Lizz Meiring - 2007-01-29
Die beskikbaarheid van toneeltekste bly ‘n probleem. Gebruik plaaslike produksiespanne internasionale tekste, is die koste enorm. Onthou, jy betaal in euro, pond of dollar, via DALRO (Dramatiese Artistieke en Letterkundige Regte-organisasie) wat met die meeste van die internasionale agente of regsmense van oorsese dramaturge onderhandel namens Suid-Afrikaanse teatervervaardigers. As jy ‘n internasionale teks wil opvoer, betaal jy twee dinge: Tantieme, oftewel opvoerregte –...

Teater is nie vir sissies nie
Albert Snyman - 2007-01-29
Die jaar is 1995. Die plek is ʼn skoolsaal êrens in die Karoo. My werk is beligtingsontwerper-assistent. Ek is senuweeagtig. Ek wil hom beïndruk. Hy stuur my op na die voorste beligtingspyp wat in die dak van die saal is. Ek klim teen ʼn stuk growwe tou uit om in die dak te kom. Daar hang drie ligte bo ʼn paar strooibale in ʼn area wat seker ʼn meter en ʼn half hoog is. Hy skakel die ligte aan en die eerste een ontplof. Hy sê vir my om dit oop te maak. Ek...

From doorstop to usable script
Janet van Eeden - 2006-12-04
"You will never write a good book until you have written some bad ones." – George Bernard Shaw. I read this fairly simple quote in a group email this morning as I started writing this piece and it struck me as the best place to start talking about writing plays, whether they are for the stage or for the screen. My experience in play- and screenwriting comes from just doing it. Writing, that is. And I wrote a lot of bad ones in the early days. I started writing plays and screenplays...

ET TU GODOT
Harry Kalmer - 2006-11-28
ET TU GODOT (101 gedagtes rondom die skryf van teatertekste) Koop ’n tweedbaadjie.Dra die tweedbaadjie.Koop ’n pyp.Rook die pyp.Koop ’n cable-knit jerseyDra die cable-knit jersey. (Veral in die somer.)Groei ’n baardAs jy nie ’n baard kan groei nie, laat groei jou beenhare.Moenie bang wees om kanse te vat nie.Moenie bang wees om pretensieus te wees nie. Maar wees altyd eerlikOnthou! Teater is die plek van die houtswaard, die toutjiesbaard, die lapperd en onoortuigende...

Woorde in 'n akteur se mond
Leon Kruger - 2006-11-21
Dis vroegoggend, te vroeg vir baie dinge, maar nooit te vroeg vir koffie en ’n sigaret nie. Hy stap lusteloos, met ’n koppie instant in die hand, en ’n eerste-sigaret-mofgeit in die kop na sy klein studeerkamer toe. Eintlik is dit net ’n baie klein kamertjie waar ’n bed nie kon inpas nie en nou omskep is in die plek waar hy daagliks probeer toor met woorde. Hy skakel die groot swart rekenaar aan, sit sy koffie neer, plaas sy hande op die keyboard en begin wag. Na vyf...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Om woorde lyf te gee
Hans Pienaar - 2006-09-14
In die Bybel het die woord vlees geword, op die verhoog kry woorde lyf. Dalk sal hierdie verskil nouer blyk te wees as ‘n mens na die verskillende vertalings en vertolkings van die heilige boek deur die eeue kyk, maar dit verduidelik baie van die eienaardighede en unieke eienskappe van die teater. Vlees is deel van ‘n binêre kode, saam met bloed. In die teater van oorlog en geskiedenis, en veral godsdiens, is dit die bloederige morsighied van mense se stryd en struweling...

Sanlam Aanlyntoneelskool: As jy die studeerkamer begin regpak
Gaerin Hauptfleisch - 2006-07-27
’n Bekende skrywer of ander martelaar het gesê dat dit baie lekkerder is om te geskryf het as wat dit is om te skryf. En ek moet ruiterlik erken dat dit my ondervinding ook is. Ek is al male sonder tal vreeslik opgewerk en entoesiasties oor ‘n projek, net om ure vir ‘n blanko rekenaarskerm te staar. Ek lieg; gewoonlik soek ek verskonings om ander goed te doen – die staardery hou gewoonlik nie baie lank nie. Soos ander skrywers (ek sou myself nou nie voordoen as ‘n...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Waaroor kan ek skryf?
Braam van der Vyver - 2006-07-27
Wanneer daar by skryfskole/skryfskrums oor toneelskryf gepraat word, stuur die gesprek gou in die rigting van die vraag wat alle skrywers een of ander tyd konfronteer: Waaroor kan ek skryf? Temaseleksie is en bly ‘n dimensie van skryf wat net deur volgehoue eksperimentering baasgeraak kan word. Voornemende dramaturge wil gewoonlik weet hoe daar vasgestel kan word of ‘n tema of situasie sterk genoeg is om ‘n hele toneelstuk te “dra”. Die antwoord is nie ‘n eenvoudige...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Toneelskryf: geluk of tegniek?
Nico Luwes - 2006-07-27
Om te skryf oor hoe jy toneelstukke skryf, is miskien gevaarlik, want dan gaan jy skryf oor hóé jy skryf en nie by die skryf van die toneelstuk uitkom nie! Kritiese analitiese denke verlam juis die spontane kreatiewe proses. Die twee perspektiewe is aartsvyande! Moet nie selfkrities wees tydens die proses nie! Ander mense sal oordeel. Resep vir skryf? Ek twyfel. Miskien maniere wat vir die een mag werk en vir die ander geheel en al nie! Meer hieroor later. Ek was gelukkig om deur...

Sanlam Aanlyntoneelskool: (applous)
Tertius Kapp - 2006-07-27
Die menslike hand word gevorm deur 27 beentjies: 8 albastergrootte karpale op die gewrig, 5 langer metakarpale bene vir die palm, en 14 lang falankse vir die vingers en duim. Die opponerende duim is ‘n unieke verskynsel by die primaatfamilie, te danke aan die artikulasie van die eerste metakarpale been met die karpale bene. Die fyn manipulerende bewegings van die hand is verder te danke aan drie stelle spiere: die duim-/tenare spiere, die pinkie-/hipotenare spiere, en die lumbrikale spiere....

Sanlam Aanlyntoneelskool: Warning: If you read this as an aspirant writer, you do so at your own risk!
Mike van Graan - 2006-07-27
It is with some trepidation that I write about my writing for theatre, particularly if it is for the benefit of aspirant writers, as I am still in the process of learning the craft myself. I have no formal training as a writer. I studied drama at university and read lots of plays, but that was for the purpose of passing exams. I’m only beginning to read “writing for theatre for dummies”-type literature. And yet I’m being asked to participate in this “school for writers”,...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Wanneer mens moeilik asemhaal
Hennie van Greunen - 2006-07-27
So jy draai regs van die N2, ry af met Park Side West wat Marshstraat word, deur die dorp (Bib, OK Bazaars, Poskantoor, Truworths, Fanie’s Apteek, Homeleigh’s Shop, ‘n kilometer van onbewinkelde niks, verby die Oasiskafee, die Waldorfkafee, verby die ou Hoërskool) en dan om die Punt, ‘n eenrigtingslang wat verby die see seil en sy eie stert vreet terug op pad dorp toe. Dis die ruggraat van Mosselbaai. Een van my eerste storiegedagtes was om die ruggraat vanuit die lug...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Weet waarmee jy te doen het
Marthinus Basson - 2006-07-27
Gereeld staan ek voor die 36 meter van my boekrak en probeer besluit wat ek weer moet lees voor die dood my die kans ontneem. Miskien Patrick White se Vivisector vir ‘n 13de keer? Petronius Arbiter se Satyricon vir ‘n 4de? Al die baie gedigte van WH Auden? Liewer my grysblou Kinderbybel met die mooi prentjies op elke teenblad wat my eerste bekendstelling aan skilders soos Rembrandt en Edward Burne-Jones was? Of die verflenterde Superman en Metal Men Comics wat ek vir ‘n tiekie...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Inspirasie is oral. As jy lewe, het jy iets om te sê
Jeanne Goosen - 2006-07-27
Laat ek my met hierdie skrywe my by Afrikaanse drama bepaal, wat die stand van sake betref en hoe ek dit ervaar. Hoe dit gaan? Kan nie kla nie. Dit gaan goed met drama – veral óp kunstefeeste en wééns kunstefeeste. Ons het feeste sielsnodig. Tienduisend toeriste kry die geleentheid om hulle geliefkoosde sterre in lewende lywe te sien optree en die mediadekking is goed – wel, beter as vóór 1994. Sondae gee Rapport ‘n oorsig. Sterre –...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Sokkies optrek!
Saartjie Botha - 2006-07-27
Ek sit 'n maand of wat gelede by Vida in Kloofstraat, Kaapstad, en wag dat iets moet gebeur. Wat moes gebeur - 'n vinnige koffie met 'n ou vriend op besoek uit die Vrystaat - is onbepaald uitgestel weens die vriend se uitgebreide wyntoer vroeër die oggend. Bacchus se ingryp gee my 'n paar minute om te spandeer op my gunstelingaktiwiteit: mense kyk. (Die teorie dat daar slegs een ding is wat interessanter is as mense kyk, die kyk na mense wat na mense kyk, is vir die oomblik nie ter sake nie.)...

Sanlam Aanlyntoneelskool: Wat seuns, meisies en kunstenaars wil weet
Adriaan Meyer - 2006-07-27
Op ’n sekere ouderdom begin jy agterkom dat jy besig is om te verander. Jy kry vervulling op behoeftes wat jy nooit voorheen gehad het nie, en jou brein mik-mik alewig in ’n sekere rigting. Jy begin wonder oor daardie wit bladsy wat so skaamteloos naak daar lê en wag vir jou pen. En dis al. Die einde. Jy bly die onvolwasse tiener wat nooit die moed bymekaargeskraap het om jouself te ontbloot voor ’n ander nie. Dít is die kunstenaar in baie van ons. ’n Lewe...


<< 1 >>