Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

Poësie


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Sanlam SkryfNet X: Melville nagte
(Finale weergawe)

Pieter du Plessis - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Pieter du Plessis se eerste gedig Melville nagte Ek stap in die voetspore van my eie nostalgieen storm met my gedagtes oor ‘n leë stuk papierDaar`s die klaviermusiek wat herinneringnader aan my kon trek. Ek sien die straatjies van jou jonkword-handwat na my toe loop;in die plootjies rondom jou mooi oëword jy ‘n kaleidoskoop- ‘n gebeure bundel van hoop -want ons kon saamsmelt in die leegheid...

Sanlam SkryfNet X: Krismis-regime
(Finale weergawe)

Pieter du Plessis - 2006-10-04


Sanlam SkryfNet X: Vlieër
(Finale weergawe)

Magda Janse van Rensburg - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Magda van Rensburg se tweede gedig Vlieër in die lokval van die wind dans en tol my vlieër grynslaggend uitdagend met swiepende stert hoog bokant ons klein stippels op die strand dan ruk hy moedswillig uit protes aan sy dubbelanker wil hoër sterker verder op die wind in triomfantelike vlug tot die verste draai waar droom weer moet terugswenk tot realiteit ...

Sanlam SkryfNet X: Kiewiet
(Finale weergawe)

Magda Janse van Rensburg - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Magda Janse van Rensburg se eerste gedig Kiewiet jy verwilder my venynig met jou kamikaze-swiep en skel skerp skril as ek te naby kom - is dit omdat jy hinkbeen seer en alleen is of omdat jy jou klein terrein wil afkamp en beskerm vrees jy my as indringer wat jou swart-en-wit bestaan bedreig of word bloot jou kleurgrens deur my toenadering oorskry Kiewiet dit laat my...

Sanlam SkryfNet X: koggelmander hoop
(Finale weergawe)

Loammi Wolf - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Loammi Wolf se eerste gedig koggelmander hoop vat my handstap met my oor die water: toor ’n hemelvol ligoog koggelmanders toor ’n volmaanmet ’n glim op die see toor ‘n godmet ‘n hand vir vrede die see onrustigin die skulp van my oor die hart bakhand geklemin die klou van vrees: ’n hemelse kruis veeg aarde toe stamp die stok van my siel in die aarde vas Terug na...

Sanlam SkryfNet X: Whether paraffin of lampolie
(Finale weergawe)

Illona Edwards - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Illona Edwards se tweede gedig Whether paraffin of lampolie Whether paraffin of lampolie ek is min gespinwant ek dra Levis en pointy shoes. My make-up is soms gesmudgema’ my lipstick en gloss is spotless. ‘n Boem op die hoek van Vesperdeneis ‘n meeting place en ‘n toileten net soe skuins by die Italian Restoerantdoen ek business. Niks minner as R80, vi’ extra kan os praat.Die looks...

Sanlam SkryfNet X: My rolstoel se wiele
(Finale weergawe)

Illona Edwards - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Illona Edwards se eerste gedig My rolstoel se wiele My rolstoel se wiele kan ook aangedryf word met ‘n stuk draad waarmee kaalvoetkinders myle kan hardloopen die handleuning ‘n arm kan stuten die leer rugleuning ‘n ou jean kan patch. My hand val per ongeluk teen die boekrak.Stofdeeltjies klou aan my vingerpunte en my oog val op die nuuste seksroman. Bene verstrengel en uitgebeeldop maniere waarvan...

Sanlam SkryfNet X: Genesis
(Finale weergawe)

Antoinette Klein - 2006-10-04


Sanlam SkryfNet X: Brekfis
(Finale weergawe)

Antoinette Klein - 2006-10-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet X - Poësie Finale weergawe van Antoinette Klein se eerste gedig Brekfis ek wil vir jou brekfis maakop 'n geel en wit geruite doekvars brood en bottervol borrie appelkose en vyerooibostee swart en bittersak koffie soet met roomwat ek van jou lippe wil lekterwyl jou hande die kaaltevan my slaaplyfonder die kamerjas streeloor my muffin borsiesaf oor my buiktotdat ek smelt soos botter- gaar word vir joudie wit gestoldie geel nog sag komgeniet...

Sanlam SkryfNet XII: ''Ongalulu, Sektor 2-Zero, Suidwes-Afrika/Angola, 1986'' (1)
WL van der Merwe - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van WL van der Merwe se tweede gedig Ongalulu, Sektor 2-Zero, Suidwes-Afrika/Angola, 1986Bedags het ons in die oop savanne patrollie geloop,maar snags die kaplyn oorgesteek na die ander kantom tussen veeskuilings, statte en sendingstasieswaterputte te vergiftig en landmyne te plant. Toe verskuif die generaals met kopspeldjies op ‘n kaartin Pretoria die kaplyn noord met breuke van ‘n breedtegraad, waarna ons snags...

Sanlam SkryfNet XII: ''Kremasie'' (1)
WL van der Merwe - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van WL van der Merwe se eerste gedig Kremasieek wou haar so graag begrawesoos ‘n baba in die wiegie van ‘n kis ek wou dat sy gelawe in lelies en rosesagkens afdaal in die aarde, in die duisternisek wou haar dan bedek met kluitewat ek uitspit uit die rooigrond en potkleimet graaf en skoffel ‘n bed vir haar berei- slaap sjuut slaap, die vertrek het geen ruite -maar toe is sy ver-as, verbrand, gekremeeringestoot...

Sanlam SkryfNet XII: ''nuusredakteur'' (1)
Johannes Prins - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Johannes Prins se tweede gedig nuusredakteur(vir tt cloete ) ’n nuusredakteur bid nie want god is net nog ’n storie as ons nie kommentaar by hom kan kry nie, of sy woordvoerder staan die storie oor tot môre as hy op rekord erken dat hy moord gepleeg het – al was dit om ander te red – maak ons die voorblad skoon met kommentaar van die kerk en die polisie as hy nie sy telefoon...

Sanlam SkryfNet XII: ''donker materie'' (1)
Johannes Prins - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Johannes Prins se eerste gedig donker materie soms wanneer jy sukkel om die vensters in die afgeleë kamers van jou kop oop te maak verwring jou donker materie my brose swaartekrag, versteur jy die kosmiese webbe van onsigbare woorde wat soos skuim verdwyn op die see van my tong dan stuur ek ’n onbemande tuig met boodskappe in kode: ’n gespalkte adam in ’n da vinci-wiel,...

Sanlam SkryfNet XII: ''Middag mirage'' (1)
Elize Parker - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Elize Parker se tweede gedig Middag mirage12:00 weer eens die subtiele stilte van die middelmiddag-uur sekondes van sinsbegoëling soos ‘n blinde ‘n beeld belees tas ek na die dynserigheid van ‘n bewende horison vol drywende ligspieëls bewende beelde wat om midderdag in mirages skerf opgeefsels van onthou ook: die sterwende gewig van suiwer bewustheid Lees Elize Parker se eerste...

Sanlam SkryfNet XII: ''Ballade van Daisy Rowe'' (1)
Elize Parker - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Elize Parker se eerste gedig Ballade van Daisy Rowe* aan die begin van die twintigste eeu in ‘n huis langs die vuurtoring op L’Agulhas verstil ‘n koorsasem agter die lippe van die ligwagter se madeliefiekind ‘n stil, slu smet los spore soos wit mossels in haar keel in sy nagwake rig hy met gesmelte skaapstertvet in die Argandlamp vlote staalskepe oor suidpuntwaters weg van kliphorisonne hy...

Sanlam SkryfNet XII: ''Historektomie'' (1)
Basie Duvenhage - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Basie Duvenhage se tweede gedig Historektomiedie huisbediende kom periodiek voor stok vir werk sogenaamd verkeerd gedoen ma se baarmoeder is klinies met die blink lem in die Kaap verwyder haar hormone is deurmekaar met gal gemeng die medikasie is stoffasie van chemiese wanbalans soos ma en pa deur middel van ons-suster-sentrale praat word geld nie aan bossies gepluk, so vele male stoot gloede op tot die ongemaklike stiltes...

Sanlam SkryfNet XII: ''Aljimmers verpand'' (1)
Basie Duvenhage - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - PoësieWeergawe een van Basie Duvenhage se eerste gedig Aljimmers verpand ek sit gehurk ek t!am die ou bokooi se agterbeen agter my knieg vas en ek trek met my duim en vier vingers om die speen gebind dat die witmelk juigend in die blink dop-emmer spat afwagtend blêrskrou die lammers aljimmers afgehok uitgelate staan hulle op hul voorknieë en suip die geel duwweltjies pronk hoog in die driedoringbos opgerank, wat saam uitnooi,...

Sanlam SkryfNet XII: ''Verwisseling'' (1)
Neil Cochrane - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Neil Cochrane se tweede gedig Verwisseling(vir Gerhard) In Oktober verruil sy haar vaalheid vir lilapers mooimaakgoed, dan gaan Mevrou Pretoria oorboord in die tiende maand, in hierdie mooimaakmaand wanneer diplomate verander in narre, amptenare in supermodelle, die swart kraaie van die regbank in dartelende vlinders. maar net jou pa sien dit net hy leef dit, terwyl ons probeer om verlies te rangskik, poog om hom terug...

Sanlam SkryfNet XII: ''Swart weduwee'' (1)
Neil Cochrane - 2006-08-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XII - Poësie Weergawe een van Neil Cochrane se eerste gedig Swart weduwee(alias Latrodectus mactans) In stoetgang oor sand treur sy oor haar jongste metgesel die giftige weduvrou wat die soveelste vrypas bied tot paar om hom gulsig deel te maak van haar. Kyk! onder haar roukleed lê geraamtes van besit maar berou sal sy nooit –doen dit immers weer– vreet hul op, want hul skiet ver te kort. Gespaar sal sy nie bly, want naas...


<< 1 2 3 4 5 6 >>