Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

Poësie


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Sanlam SkryfNet XVII: Ongenooid (1)
Juhlène Wagner-Möller - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Juhlène Möller se tweede gedig: Ongenooid ek vermy dit soos die pes want yes jou oë jou stem is soos die lou musiek wat snags vanuit die dorp se sad strate opstaan oor die geskroeide sole en goor gomasems van opgeskote ongeskoeides bliksem en verby leë woonstelnommers voeter huis-paleis-pondok-bartokkeltok voortrok selfs fok deur my boonste luike kom toonleer klim subitum...

Sanlam SkryfNet XVII: Wens (1)
Juhlène Wagner-Möller - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Juhlène Möller se eerste gedig: Wens Ek wil vir jou ’n wintersnag in die skaapsklere van ’n gedig invag, ongemaklik nou jou lê met my binne die lettergrepe daarvan kry. Ek wil vir jou ’n kers se vlam in die hantam van ’n ets opdam, onder dwang ons dan herhaaldelik tussen lae ink en papier indrink. Behoorlik teen my grein in, effens onkant, beteuterd,...

Sanlam SkryfNet XVII: Gesin (1)
Paula Hartzenberg - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Paula Hartzenberg se tweede gedig: Gesin Daar was glo vroeër ’n kind wat stuifmeelkorrelgroen gesterf het. Maar ’n vuurrooi drake-asem waai oor Europa. Pa ry van Amba Alagi na Nairobi met die Burggraaf van Aosta, trotseer die woestynjakkals, ploeter lyfdiep langs rusperbande in ysige Pontynse modder. Ma treusel ’n purperwinde om ’n stukkie lap: Eendag op ouma se...

Sanlam SkryfNet XVII: Vlugtig in die Laeveld (1)
Paula Hartzenberg - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Paula Hartzenberg se eerste gedig: Vlugtig in die Laeveld Die skemer kom aan - ’n likkewaan in droë takkies vlug skugter in die donker weg; die bome skiet, die dik gekwaak van paddas verdrink die rivier tot die maan wit opkom. Spore en sleepsels word in die sand gelê, die skrik van ’n nagapie skel en kortstondig in die donker bygelê - ver van die drankie by die lapa...

Sanlam SkryfNet XVII: skrywersillusie (1)
Pieter Odendaal - 2008-05-20


Sanlam SkryfNet: elegie vir ’n skoolklavier (1)
Pieter Odendaal - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Pieter Odendaal se eerste gedig: elegie vir ’n skoolklavier by lykskouing probeer ek jou uitken daar agter die swaar gordyn van onse verhogie lê jy in al jou groteske glorie: agterpoot geamputeer snare wat soos derms by jou maag uitpeul uitgeslaande tandeklawers op die vloer confetti-saagsels gestrooi: merk die letsels van slaginstrumente oor jou rug (blykbaar...

Sanlam SkryfNet XVII: Te min om saak te maak, te veel om te handle (1)
Lize Swartz - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Lize Swartz se tweede gedig: Te min om saak te maak, te veel om te handle my beadhead is uitgekam, die dreads non-existent en ek skep die melkvelletjie, nou bruin van die koffie, in die wasbak en ek dink aan jou wanneer die extractor fan rasend breek wanneer die gloeilamp drie verdiepings ver val kyk hoe dit die sement doer onder tref en in alle rigtings spat...

Sanlam SkryfNet XVII: Brandpyn (1)
Lize Swartz - 2008-05-20
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Weergawe een van Lize Swartz se eerste gedig: Brandpyn aan K soos ek ry op my fiets begin dit liggies reën druppel-donsies wat aangehardloop kom en soos verskietende sterre my gesig tref my grimering afpluk en as die son skielik deur die reën skyn trek ek my oë op skrefies en rý ryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryryry totdat...

Sanlam SkryfNet XV: Grense (finaal)
Lucille Greeff - 2008-04-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Lucille Greeff se tweede gedig: Grense vanaand swem ek uit op die rug van die eb en vloed van my ink in die maan om die matroosknoop wat jou hier geanker hou los te woel en jou in eenvoud eindelik te laat gaan met die gety na ‘n plek agter die fluisterende skimme van my meisiehart-liefde se hunker na jou diep stem en my tiptoon opreik na die soene in jou mond. Terug...

Sanlam SkryfNet XV: Versagtende omstandighede (finaal)
Lucille Greeff - 2008-04-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Lucille Greeff se eerste gedig: Versagtende omstandighede Sy brand gate in die holtes van haar mond, waar woorde dik en stil hang in die rook van ’n eindelose string sigarette. Sy, is verstar in die hoek van die slaapkamer. Hy, is blind-skuldig in sy magteloosheid. Sy gesig het oor sy oë kom swel; die vuiste wat hom getem het, gooi diep skaduwees in blou en swart en pers op sy vel. Sy,...

Sanlam SkryfNet XV: eerste dood (finaal)
Tessa Louw - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Tessa Louw se eerste gedig: eerste dood my eerste dood het my onverhoeds betrap hy het geskuil onder ’n sluier van woorde ek dink ons kontak moet eerder ’n toevallige interaksie word ek hoop jy sal dit so aanvaar (die raklewe van ons aanraking het verval en is op die vullishoop van terloops gegooi) my asem het tussen lettergrepe uitgeloop ...

Sanlam SkryfNet XV: vierenveertig (finaal)
Tessa Louw - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Tessa Louw se tweede gedig: vierenveertig vir adriaan, janus en tian wanneer julle my as van tafelberg in die rigting van valsbaai vir die wind en die walvisse strooi sal julle dan onthou dat ek eenmaal vierenveertig was my seuns onthou daar bo op die berg as valsbaai agter julle oë inswem daardie dag toe julle sou vra maar ma waarom skryf ma so baie oor seks het my mond ’n...

Sanlam SkryfNet XV: Hunkering (finaal)
Hilda Smits - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Hilda Smits se eerste gedig: Hunkering die stram stoel op die stoep omvou jou steeds in groet en snags val jou eggo-voet in verlate strate en ek roep jou fier stap op voor oog die boog van jou denker-kop, Pa ons spons leeg getap soos ’n plat see sou ek rustig oor jou koorsige voorkop wou vee in plaas van die drup, die drup van die alewige kraan in my hart wat tap, snags tap my asem het egalig uitgestrek...

Sanlam SkryfNet XV: Freud-se-huis observasie (finaal)
Hilda Smits - 2008-04-09


Sanlam SkryfNet XV: Ligkol in die nag (finaal)
PS Rossouw - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van PS Rossouw se tweede gedig: Ligkol in die nag Ligkol in die nag, mense dans daarin en sing Gimme hope Joanna sodat die oues stil wegraak, moeg vir monoloë en niemand wat meer luister na die ou Transvaal daar waar my Sarie woon of werklik nog wil weet dat kinders in kampe, Majuba en die Union Jack eens ook mode was. Ligkol in die nag, mense dans daarin en sing De la Rey sodat die...

Sanlam SkryfNet XV: Aan die einde van die reënboog (finaal)
PS Rossouw - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van PS Rossouw se eerste gedig: Aan die einde van die reënboog Ongeag veertig dae se dryf daarna Die krap in die grond om tekens te mag vind dat die ganse aarde op kon stapel bloot vir die koms van die mens, dat die nuwe era wel digter damp en hitte feller bots teen die atmosfeer as gevolg daarvan Net so vier miljard jaar na ’n aminosuur uit die begin kon klim om ’n alg te word, ’n vis...

Sanlam SkryfNet XV: ooswestuisbes (finaal)
Izak van Rensburg - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Izak van Rensburg se tweede gedig: ooswestuisbes nadat ons met geboorte ons kykers ver en wyd oop kon kloof om deur bitterbloed se skanse te gluur, sal ons die oë kan oopslaan om oor gespanne heuwels die hiernamaals in te tuur om alfabeties anoniem met gevulde koffers vanuit die krip tot aan die kruis die onbeplande reis aan te pak en woorde met ons saamdra, klinkende...

Sanlam SkryfNet XV: winkelvensterinkopies (finaal)
Izak van Rensburg - 2008-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Finale weergawe van Izak van Rensburg se eerste gedig: winkelvensterinkopies (Eksodus 20:8-11, 17) na ure, buite geslote deure, asof in ’n skyngeveg drentel ons sleepvoets tussen pasop-vir-gly-borde wat ons treë verplaas deur gange van begeertes, jy hoog-gehak en soveel meer uitgevat as die plastiekpoppespel wat met modes oorgehang deur die eenrigtingglas in sonde drapeer die verspotte...

Sanlam SkryfNet XV: Gilbert Gibson, tweede verslag
Gilbert Gibson - 2008-02-19
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Tweede verslag deur Gilbert Gibson: Amazon.co.uk vertel vandag vir my: “You want poetry? We got poetry. You want Shakespeare? We got Shakespeare. (And a bunch of other drama too!) Looking for some help with your exam? We got York Notes, Cliffs Notes, and all sorts of study guides. Understand more, with over 220,000 volumes of Poetry, Drama, and Criticism available to buy today.” Geen wonder die wêreld...

Sanlam SkryfNet XV: Marius Crous, tweede verslag
Marius Crous - 2008-02-19
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Tweede verslag deur Marius Crous: Dit is duidelik dat die vyftal digters moeite gedoen het met die herskryf van die gedigte en ek wil hulle sterk aanraai om verder met die gedigte te worstel. ’n Eerste poging is nie noodwendig die beste nie. Hulle begin op te let na metafore en na woordoordaad; na sinskonstruksies en na nuutskeppinge wat nie logies in die gang van die gedig uitgewerk word nie. Wat hulle ook spoedig...

Sanlam SkryfNet XV: Versagtende omstandighede (2)
Lucille Greeff - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Lucille Greeff se eerste gedig: Versagtende omstandighede Sy brand gate in die holtes van haar mond, waar woorde dik en stil hang in die rook van ’n eindelose string sigarette. Sy, is verstar in die hoek van die slaapkamer. Hy, is blind-skuldig in sy magteloosheid. Sy gesig het oor sy oë kom swel; die vuiste wat hom getem het, gooi diep skaduwees in blou en swart en pers op sy vel. Sy,...

Sanlam SkryfNet XV: Ligkol in die nag (2)
PS Rossouw - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van PS Rossouw se tweede gedig: Ligkol in die nag Ligkol in die nag, mense dans daarin en sing Gimme hope Jo’anna sodat die oues gade slaan, moeg vir monoloë en niemand wat meer luister na die ou Transvaal daar waar my Sarie woon of werklik nog wil weet dat kinders in kampe, Boereoorloë en die Union Jack eens ook mode was. Ligkol in die nag, mense dans daarin en...

Sanlam SkryfNet XV: ooswestuisbes (2)
Izak van Rensburg - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Izak van Rensburg se tweede gedig: ooswestuisbes nadat ons met geboortever en wyd ons kykers oop kon kloofom deur bitterbloed se skanse te gluursal ons ons oë kan opslaanom oor die heuwels die hiernamaalsin te tuuren anoniemdie onbeplande reisvanuit die krip tot aan die kruisalfabeties met gevulde koffersaan te paken woorde met ons saamdraklinkende simboliek uit die binneste ruimtesin skraal lywe van verslete...

Sanlam SkryfNet XV: winkelvensterinkopies (2)
Izak van Rensburg - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Izak van Rensburg se eerste gedig: winkelvensterinkopies (Eksodus 20:8-11, 17) na-ure buite geslote deure asof in ’n skyngeveg drentel ons sleepvoets tussen pasop-vir-gly-kennisgewings borde wat ons treë verplaas deur gange van begeertes is jy hoogs gehak en uitgevat veel meer as die plastiekpoppespel met hedendaagse modes oorgehang wat deur die eenrigtingglas in sonde drapeer die...

Sanlam SkryfNet XV: Die sielkunde-student (2)
Hilda Smits - 2008-01-28


Sanlam SkryfNet XV: die hunkering (2)
Hilda Smits - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Hilda Smits se eerste gedig: die hunkering die drup van die alewige kraan in my hart wat tap, snags tap miskien moes ek destyds die eiland se sand aan my klam voete laat talm het vir nog ‘n halfmaan-aand maar ek stroop jou my tweede vel my geraamte glim nou sag in die skemerlig 'n stellasie sonder jou gesig jou afhande skop in 'n ronde emmer onder die bed en jou bloed kook ek op my stoof...

Sanlam SkryfNet XV: vierenveertig (2)
Tessa Louw - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Tessa Louw se tweede gedig: vierenveertig vir adriaan, janus en tian wanneer julle my as van tafelberg in die rigting van valsbaai vir die wind en die walvisse strooi sal julle dan onthou dat ek eenmaal vierenveertig was my seuns onthou daar bo op die berg as valsbaai agter julle oë inswem my mond het ’n leuen spelonk daardie september toe julle sou vra en so by the way ma...

Sanlam SkryfNet XV: eerste dood (2)
Tessa Louw - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Tessa Louw se eerste gedig: eerste dood my eerste dood het my onverhoeds betrap hy het geskuil onder ’n sluier van woorde dit sal beter wees as ons kontak eerder ’n incidental interfacing word sinne het my brein soos beroertes aangeval my asem het tussen lettergrepe uitgeloop ek vertrou jy sal dit so aanvaar het hy met die slot ’n senu oopgesny...

Sanlam SkryfNet XV: Grense (2)
Lucille Greeff - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van Lucille Greeff se tweede gedig: Grense vanaand swem ek uit op die rug van die eb en vloed van my ink in die maan om die matroosknoop wat jou hier geanker hou los te woel en jou in eenvoud eindelik te laat gaan met die gety na ‘n plek agter die fluisterende skimme van my meisiehart-liefde se hunker na jou diep stem en my tiptoon opreik na die soene in jou mond. Terug...

Sanlam SkryfNet XV: Aan die einde van die reënboog (2)
PS Rossouw - 2008-01-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Weergawe twee van PS Rossouw se eerste gedig: Aan die einde van die reënboog Soveel trap so maklik agter reënboë aan en krap gedurig in die grond, ken tekens uit totdat kalksteen dieper grou versper en die ruimte al nader flodder word. Swaar hoewe sink en lig dan uit ’n skedelkus, kras hematiet1 van kwarts om oor gedaantes te plateer; skuif duine bak soos breë lag, geograwe ...

Sanlam SkryfNet XV: Gilbert Gibson, eerste verslag
Gilbert Gibson - 2007-11-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Eerste verslag deur Gilbert Gibson van: Lucille Greeff se "Die stilte en die storm" en "Grense" Tessa Louw se "eerste dood" en "vierenveertig" PS Rossouw se "Storm. Sononder." en "Ligkol in die nag" Hilda Smuts se "die hunkering" en "freud se huis observasies" Izak van Rensburg se "winkelvensterinkopies" en "ooswestuisbes" ...

Sanlam SkryfNet XV: Marius Crous, eerste verslag
Marius Crous - 2007-11-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - Poësie Eerste verslag deur Marius Crous van: Lucille Greeff se "Die stilte en die storm" en "Grense"Tessa Louw se "eerste dood" en "vierenveertig" PS Rossouw se "Storm. Sononder." en "Ligkol in die nag" Hilda Smuts se "die hunkering" en "freud se huis observasies" Izak van Rensburg...

Sanlam SkryfNet XV: die hunkering (1)
Hilda Smits - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Hilda Smits se eerste gedig: die hunkering miskien moes ek destyds die eiland se sand aan my klamvoete laat talm het vir nog 'n halfmaand 'n halfmaan-aandons asems gebreek op die nag gewreek het soos wat die nugterdag deursypel totdat elke korrel van die hunkerende wens verdwyn.die spons leeg getap, soos die plat see, sou ek dan rustig oorjou koorsige voorkop kon veein plaas van die drup die drup van die alewige...

Sanlam SkryfNet XV: freud se huis observasies (1)
Hilda Smits - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Hilda Smits se tweede gedig: freud se huis observasies in Freud se huis het ons, die gelowiges, die wentel-trap geklim en as toeriste ons oë laat rus, oopgespalkvir almal om te sien, op die studeer-kamerskim-was 'n reuse-walvis stoeiend op die stranden ook 'n sagte leerbank, steeds liggaamshittealkant, sku slapend onder oë.die Hongerte het my die toeris (nat neus teen die glaskas)gestrand, ewig wroegend...

Sanlam SkryfNet XV: Die stilte en die storm (1)
Lucille Greeff - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Lucille Greeff se eerste gedig: Die stilte en die storm Sy, brand gate in die holtes van haar mond,waar woorde dik en stil hangin die rook van ‘n eindelose string sigarette.Sy, is verstar in die hoek van die slaapkamer.Hy, staar blind na sy gebalde magteloosheid.Sy gesig het oor sy oë kom swel;die vuiste wat hom getem het gooi diep skaduwees in blou en swart en pers op sy vel.Sy, staar en sien wilde vingers...

Sanlam SkryfNet XV: Grense (1)
Lucille Greeff - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Lucille Greeff se tweede gedig: Grense* My pen vat papier vas vanaandsoos die noordwes die water platstoot vir my om op te skryf.Elke een van my letters vat langpad stroomaf deur my are om opgewas die deinings van my hartkamerte gaan opsoek;want Hermann, jou skepelê steeds in my baai.Hul’s hier uit ver oordesaam met die ou winde wat oor die groot en stil see waai.Ek’t gedink my kuslyn is oop,my hart...

Sanlam SkryfNet XV: eerste dood (1)
Tessa Louw - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Tessa Louw se eerste gedig: eerste dood my eerste dood het my onverhoeds betraphy het gereis op die wye rug van ‘n woordgeskuil onder die inkswart sluier van ‘n sinhom uiteindelik openbaar in die finaliteit van ‘n fraseek hoop jy sal dit so aanvaarhet hy die skoon snit van sy slot gesindaar was geen verblindende wit ligof jesusarms om my te ontvangnie ‘n harp nie ‘n sitergeen god...

Sanlam SkryfNet XV: vierenveertig (1)
Tessa Louw - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Tessa Louw se tweede gedig: vierenveertig wanneer julle my as van tafelbergin die rigting van valsbaaivir die wind en die walvisse strooisal julle dan onthou dat ek eenmaal vierenveertig was dat my oë in tale kon praatmy mond ‘n leuen kon spelonkmy seuns julle mag maar weetmy lyf was ‘n witwarm wagkamerwat spontaan onder julle pa se swaelvingers vlam kon vatek was elke man se nagvlugek was elke...

Sanlam SkryfNet XV: winkelvensterinkopies (1)
Izak van Rensburg - 2007-10-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van Izak van Rensburg se eerste gedig: winkelvensterinkopies na ure buite geslote deureasof in 'n skyngevegdrentel ons verleësloopsloop tussen pasop vir gly kennisgewingsbordjies wat ons treë verhangdeur gange begeertes jyhoogs gehak en uitgevatna die verspot en onbeperkte fliekse springmielies en louerige skuimkoffieen omdat ons nie meer geld oor het nieis dit...

Sanlam SkryfNet XV: ooswestuisbes (1)
Izak van Rensburg - 2007-10-23


Sanlam SkryfNet XV: Storm. Sononder. (1)
PS Rossouw - 2007-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van PS Rossouw se eerste gedig: Storm. Sononder. Swaar hoewe sink en lig uit die Skedelkus.Vonke fnuik ver strepe oor die heelalasof elke slag lig verplaas en laat rimpel oor uitgestrekte poele;dobber oor ’n vastelandwaarteen geen geborene strand– uit willekeur. Maar bannelinge nat spoeg en wys:Duine kruip al om mekaar;wind teug korrels uit die grond.Lang slukke sand val uit die winden snork terug in ’n...

Sanlam SkryfNet XV: Ligkol in die nag (1)
PS Rossouw - 2007-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XV - PoësieWeergawe een van PS Rossouw se tweede gedig: Ligkol in die nag Ligkol in die nag;mense dans daarin en lag,sodat die oues stil wegraak– krom van jare, fier van tyd – asof hul die lewe nie meer ken nie,afsydig staan daarvan ... of andersom.Hulle vertel ook nie meer van dieselfde nagte of ’n ou stomp se vlamme nie –toe briewe nog mode was en telegrammeamper soos die internet kon skerts, kon lag,kon huil.Hulle vertel...

Sanlam SkryfNet XIII: ''Die rietrot'' (finaal)
Dirk Slabbert - 2007-08-07


Sanlam SkryfNet XIII: ''Geheime van die see'' (finaal)
Dirk Slabbert - 2007-08-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIII - Poësie Finale weergawe van Dirk Slabbert se eerste gedig Geheime van die seeDonkermaan val waterpas oor kaalvoetsand;blinddoek die skemer aan hemeltranskers;vly swartlyf in golf en geheime geswelg;stryk en spoel skadu’s teenaan hartstrand;worstel om gal wat oopwond lê; en spoeg;liefde se kenter in seesout en seer;waar diepdenkendes uitasem induiken groot geeste dwing om op te staan;met siedende blitsbasuine laat knal;berigte uitkots...

Sanlam SkryfNet XIII: ''Cappain'' (finaal)
Renier Palland - 2007-08-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIII - Poësie Finale weergawe van Renier Palland se tweede gedig CappainJy sit in jou diep skaduwee,vingers pronk in jou sakkelippe bewe-bewetone krulskoene draai na links.Jou coloured vel is bruiner as bruin,met effense eelte aan jou duime‘n Bottel Crackling,soos ‘n oorgrote ereksie,weggesteek in jou broek.Cappain?Ek lyk ryk.Almal lyk ryk as jy arm is.Jou fluisterstem verras my.Ek hoor jou nie, hoef mos nie, kan mos nieCappain vi' my...

Sanlam SkryfNet XIII: ''Oumens'' (finaal)
Renier Palland - 2007-08-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIII - Poësie Finale weergawe van Renier Palland se eerste gedig OumensIn die supermark,tussen tien rye rakke ruik dit nog na joudie geur van lemoen versag die lugJy is opgekrul soos nat papierJou hande bestry die vrugJy, bevrug met die nag se angsJou stem gehou in die koue holtes van jou kamerJou man se gesig, gegiet, geraamJy is nie so krom soos jou soort nieJy is saghelder en met ‘n lus vir leweJy is alleen in die nag met jou radioRSG (gewoonlik...

Sanlam SkryfNet XIII: ''verbleikte foto's'' (finaal)
Bernard Nieuwoudt - 2007-08-07


Sanlam SkryfNet XIII: ''mense-besmet'' (finaal)
Bernard Nieuwoudt - 2007-08-07


Sanlam SkryfNet XIII: ''Ses Brugge'' (finaal)
Kobus Lonte - 2007-08-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIII - Poësie Finale weergawe van Kobus Lonte se tweede gedig Ses Brugge perdevy laat bytjies soos vabonde vrydat bloesems eintlik om sý hoeke suiselterwyl klokke hul opgewondenheid verklapin hierdie kontrei waar kelkies dien vir konfettikan my vrou dit nie meer verhelp om te huil niesedert ons skielik begin praat het oor nesskop en die nedersetting ook vir goed moes agterlaatmet sy priële nou afhanklik van die tierelierende tuinier wat...

Sanlam SkryfNet XIII: ''Raaswater (oesfees)'' (finaal)
Kobus Lonte - 2007-08-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIII - Poësie Finale weergawe van Kobus Lonte se eerste gedig Raaswater (oesfees)Na die dans bly die romanse my byas volk se dronkverdriet aanhou met draalen ganse soos kavaliers die loop begelei.Uile begin ook kleppend uit hul neste gly oor krappe in die kasarm van ‘n kanaal,na die dans bly die romanse my bywaar die voorman met ons fiskaal stryas hy lyf wegsteek waar die voor moet maalen ganse soos kavaliers die loop begelei.Dán kom...


<< 1 2 3 4 5 6 >>