Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

Poësie


<< 1 2 3 4 5 6 >>

SkryfNet XXIII: Vryevers (in die plek van “’n Herfsgedig”)
Elmarie Viljoen - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Vryevers Eens op ’n tyd het sy haar skaamwit nagrok versigtig vol gedigte geskryf: verse met klanke wat nog roerloos lê en ritme wat skaars ritsel soos sagte papier. So het sy dan elke aand aan die slaap geraak: geklee in strofes sonder some en skewe-naat-rympatrone, en só gehoop om dalk een oggend as digter te ontwaak. Maar een nag...

SkryfNet XXIII: Hondelewe (in die plek van “Desember”)
Elmarie Viljoen - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Hondelewe Daar kom ’n tyd wanneer die hond met dowwe pels en droë snoet die waterbak nie meer kan haal nie en wakker word in eie bloed. Die onus rus dan op die baas om God te speel en te besluit dat Wagter nou genoeg geleef het: sy blaf is weg, so ook sy byt. Maar dan kom daar ’n ander tyd – vooruit bepaal, soms onverwags –...

SkryfNet XXIII: Krisis (2)
Bibi Slippers - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Bibi Slippers se gedig: Krisis Yalkarra[i] bring droogte na die leë land en ek keer ’n glas water op die mat voor my lessenaar om. Ek verstar, verstaan wat die nat vlek voorspel … Die aardbol trek sy voorkop op ’n plooi “Alles sal verander,” sug die see. Vloedgolwe vrees en verwarring spoel sewe soorte eko-vriendelike waspoeier in die chaos...

SkryfNet XXIII: Ek woon weer in die trope (2)
Bibi Slippers - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Bibi Slippers se gedig: Tweede maal tropies (Ek woon weer in die trope) Op pad terug van die mark af besef ek wìl hier wees, by jou. Ek pak ons oes op die tafel uit verdeel my vertelling in hoofstukkies vrugte; transponeer versigtig na die vreemde toonaard van jou tong: hierdie piesangs: die vallei naby Melmoth as mens amper terug in Empangeni is; hierdie papaja:...

SkryfNet XXIII: Kliptuin (in die plek van “Gestenig”)
Adri Swart - 2009-12-07


SkryfNet XXIII: Afgedwaalde (in die plek van “Verlange”)
Adri Swart - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Adri Swart se gedig: Afgedwaalde selfs die voëls slaap maar laat my die sterre tel soos skape in die middel van die nag (as een verskiet) en iemand vlieg ʼn twee-seater wat net my somme deurmekaar kom hel sodat ek weer van voor af moet minus en die afgedwaalde plus in my voet wat slaap (gelukkige hy) maak sterretjies flikkerend nes soek dan die afwesigheid in die holte van ons bed waar...

SkryfNet XXIII: Lina Spies se eerste verslag
Lina Spies - 2009-11-26
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste verslag deur Lina Spies van: Elizabeth Kendall: "Hartsake" en "’n Gedig vir Chris" Bibi Slippers: "Ek woon weer in die trope" en "Krisis" Adri Swart: "Verlange" en "Gestenig" Elmarie Viljoen: "Desember" en "’n Herfsgedig" Hendrik Botha: "Grafskrif" en "Donor" Algemene nota aan al vyf digters....

SkryfNet XXIII: Andries Bezuidenhout se eerste verslag
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2009-11-26
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste verslag deur Andries Bezuidenhout van: Adri Swart: "Verlange" en "Gestenig" Bibi Slippers: "Ek woon weer in die trope" en "Krisis" Elizabeth Kendall: "Hartsake" en "’n Gedig vir Chris" Elmarie Viljoen: "Desember" en "’n Herfsgedig" Hendrik Botha: "Grafskrif" en "Donor" Algemene nota aan...

SkryfNet XXIII: ’n Gedig vir Chris
Elizabeth Kendall - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: ’n Gedig vir Chris Jy het na my gekom op ’n dag toe die garsland aan doodgaansiekte wou beswyk toe die kruike leeg en koud en krakerig was toe niks meer nêrens op ’n plek wou pas toe alles halfmas was Ons het koorsig aan mekaar se lippe gehang ek het in jou blouste oë verdrink, diep weggesink gevoel asof ek jou van toentertyd af ken,...

SkryfNet XXIII: Hartsake
Elizabeth Kendall - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: Hartsake Elke hart het vier kamers: dit het ek toentertyd geleer in die biologieklas waar ek ’n tiener was toe was my hart dié van ’n kind sorgeloos en vry, so lig die tyd het aangestap en ek’t ’n hele paar keer sleg my kop gestamp, my hart verloor tyd en raad het dit genadiglik weer reggetoor en netjies op sy plek teruggesit...

SkryfNet XXIII: Krisis
Bibi Slippers - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Bibi Slippers se gedig: Krisis daar is ’n globale ekonomiese krisis en ek keer ’n glas water op die mat voor my lessenaar om klimaatsverandering is die grootste katastrofe waarvoor kontemporêre samelewing nog te staan gekom het en my gunsteling romp word groen in die was want my hippie-hemp is toe nie kleurvas nie ek brand ons aandete breek ’n nael verloor my paspoort...

SkryfNet XXIII: Ek woon weer in die trope
Bibi Slippers - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Bibi Slippers se gedig: Ek woon weer in die trope oppad terug van die mark af besef: ek wìl hier wees, by jou ek pak ons tropiese oes op die tafel uit en sny my verlede in klein stukkies op maak dit verteerbaar vir jou vreemde tong hierdie piesangs: die vallei naby melmoth as mens amper terug in empangeni is hierdie papaja: ek klim as kind die bure se boom, die vrug val saggies in...

SkryfNet XXIII: Gestenig
Adri Swart - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Adri Swart se gedig: Gestenig Die son klim nat uit Gilead en stort sy strale oor ons twee, saam begin ons die woestynreis na die Dooie see. Ek smelt my troupand vir ons goue kalf. Saam dans ons kaalvoet op ’n volmaan aand … soos Israeliete in n vreemde land - sonder enige verdriet. Moeg lê ons langs mekaar en voor God, ons kan nie anders nie ... ons is aan die...

SkryfNet XXIII: Verlange
Adri Swart - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Adri Swart se gedig: Verlange Die maan lê lepel vanaand met my Sy trek my hart se punt see toe … en ek lê en kyk hoe my verlange volword … soos ’n maan Ek probeer jou oproep in die vaal lig van die maan maar ek het vergeet hoe spel ’n mens jou naam Ek speel jou sintuie soos ’n harp, my verlange komponeer...

SkryfNet XXIII: Grafskrif
Hendrik Botha - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Hendrik Botha se gedig: Grafskrif Op jou getuigskrif staan daar tussen reëls dat jy nie sinvol funksioneer in spanverband - heeltyd huiwerend op die periferie waar daar meer asem is as wat die muwwe mainstream bied – Maar somtyds raak dit eensaam daar, en soos Bukowski sou jy ’n leeftyd neem om te verstaan dat eensaamheid oorskat word - maar toe was dit te laat. ...

SkryfNet XXIII: Donor
Hendrik Botha - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Hendrik Botha se gedig: Donor my hart op veertig by sy rakleeftyd verby, my niere uitgeloog op vyftig, die lewer deur vernielsug en die longe deur besoedeling van bruikbaarheid gestroop maar ek stuur vir jou my oë, in lewe blou, om die korneas oor te plant sodat jy met ander oë na dieselfde son en sterre as ek in verwondering kan kyk, maar mag die laaste prentjie, vandag...

SkryfNet XXIII: 'n Herfsgedig
Elmarie Viljoen - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: ’n Herfsgedig Hierbinne my herfshuis waar my hart in die lou-lui son waak, hoor ek ’n heilige gewerskaf buite in my tuin: die tydsame gehark van kraakblare, die fluistersproei uit my geroeste gieter, die vredige spit in beddings wat so lank blomloos moes bly en ek weet daar word vir my ’n winterwonder bewerk. << Terug...

SkryfNet XXIII: Desember
Elmarie Viljoen - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Desember En skielik hou almal weer vakansie by die see onder die son met sy glimgesig sy arms wat wapwapwapper soos ’n vlieër bo die warmgroen water die luidrugtige sambrele. Kyk, hier is mý vakansie: stink skulpe in my tas dooie miere in my bed sand agter my ore sout in my kieste en ’n hol hart verweer deur alle desembers...

SkryfNet XXI: Op 'n afstand (3)
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-09-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Finale weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Op 'n afstand Versigtig snuif jy die lug luister aandagtig, sidder en trek jou spiere styf. Ek hou jou dop sien jou naderkom, en wag. Met versluierde oë en ’n lyf wat vasgenael is op een plek, hou jy my dop. Tydsaam kyk jy op en wag. My hart is vol klein spoortjies...

SkryfNet XXI: Kan kraanvoëls vlieg? (3)
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-09-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Finale weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Kan kraanvoëls vlieg? Terwyl ek by die tafel op die houtdek vir jou wag hou ek die bleshoenders in die vleiwater dop. Ek sien jou aangestap kom koerant in die hand. Dié keer het jy opgedaag. Selfs die blou kraanvoëls kom nader, met hulle glasogies en stywe bene, om die mirakel te aanskou. Ek is stom verbaas dat ek jou nog herken...

SkryfNet XXI: Kanoneiland (3)
Kobus Lonte - 2009-09-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Finale weergawe van Kobus Lonte se gedig: Kanoneiland as die loop se smerige banke ’n lading snel see toe stoot trek daar rimpelings oor water wat die deppende riete laat ril terwyl die moer koeëlrond tol ruik ek en my vrou nou lont waar vroeër se vuur en swael nog ’n laaste paar vonke skiet teen die nag se houtskoolrante brand ek om jou dan te beleër met salpeter oral om die...

SkryfNet XXI: Wat die bandiet gesien het (3)
Kobus Lonte - 2009-09-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Finale weergawe van Kobus Lonte se gedig: Wat die bandiet gesien het Die geboë kam van branders bloei soos wit krismisrose voor hulle blom kwiek kiewiete oor en weer, koud kronkel rivier en byt die stof - mond, waar meeue aanhou swoeg tussen rots duikelend tot in hulle brullende graf seil ’n skip windkant af na sy graf, harders na ’n hinderlaag om te bloei in die pelsrob se rats kake op...

SkryfNet XXI: Dieëtsiekte (3)
Ineke du Toit - 2009-09-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Finale weergawe van Ineke du Toit se gedig: Dieëtsiekte In die donker, verwyder van afkeurende, snedige opinies lê ek (honger, uitgeteer). Ek eet my toffies in die donker, waar niemand sien nie – dis smaakloos en hard. Bewend Skeur Een Papier Na Die Ander. In die donker, versadig aan afkeurende, snedige opinies lê ek (opgepof, uitgevreet). Ek eet my toffies in...

SkryfNet XXI: Die Kunstenaar se koors (3)
Ineke du Toit - 2009-09-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Finale weergawe van Ineke du Toit se gedig: Die Kunstenaar se koors Koorsagtige, geverfde – al jou gesigte gekom in drome na jou eensame kamer, in jou koue bed. Waar snags jy koorsig verf aan jou wraakgevulde visioen van vergane beelde. Vertroebel deur jou koorsige gees – al die gesigte geverf uit drome. Waar is die realiteit in jou koue bestaan? As bedags jy morbied verdwaal in ’n...

SkryfNet XXI: Daniel Hugo se tweede verslag
Daniel Hugo - 2009-09-22
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede verslag deur Daniel Hugo van: Ineke du Toit : "Die Kunstenaar se Koors" en "dieëtsiekte" Gerald Erasmus : "Toer" en "Reënboogland" Elana Esterhuyse : "Die Kersvlam hyg (Die Kersvlam bloei) " en "Digterseks (Die bruin hond)" Kobus Lonte : "Kanoneiland" en "Wat die sipier...

SkryfNet XXI: Lucas Malan se tweede verslag
Lucas Malan - 2009-09-22
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede verslag deur Lucas Malan van: Ineke du Toit : "Die Kunstenaar se Koors" en "dieëtsiekte" Gerald Erasmus : "Toer" en "Reënboogland" Elana Esterhuyse : "Die Kersvlam hyg (Die Kersvlam bloei) " en "Digterseks (Die bruin hond)" Kobus Lonte : "Kanoneiland" en "Wat die sipier...

SkryfNet XXI: Digterseks (2)
Elana Esterhuyse - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Elana Esterhuyse se gedig: Die bruin hond In ’n oomblik waar talent my beproef voel ek soos ’n hond wat draf en doelloos in strate blaf en verby i digter en verby i re‘l uiteindelik neerval op ’n eie matras buite waar dit niemand pla Hond weet van buite slaap (“marginaal” die woord wat blaf) steeds verroom hy sy horison met die digters wat ook honde is steeds...

SkryfNet XXI: Die kersvlam hyg (2)
Elana Esterhuyse - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Elana Esterhuyse se gedig: Die kersvlam bloei Vodka-glase breek haar water en bekers loop oor en strootjies speel soms sigaret in die Kaap wat Hollands is soos dagga-koekies en terte in die nywerhede van ons tuiste Op die rak sit tydskrifte (deesdae ook sy) verkrag met picture perfect ideale met die cherry op die koek gesond...

SkryfNet XXI: Die Kunstenaar se koors (2)
Ineke du Toit - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Ineke du Toit se gedig: Die Kunstenaar se koors Koorsagtige, geverfde - al jou gesigte gekom in drome na jou eensame kamer, in jou koue bed Waar naarstallig jy snags verf aan jou wraak-gevulde visioen. Vergroen deur jou koorsige gees - al die gesigte geverf uit drome. Waar is die realiteit in jou koue bestaan? ‘Wyl gewillig jy bedags smeer aan jou haat verdoemde koors. <<...

SkryfNet XXI: dieëtsiekte (2)
Ineke du Toit - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Ineke du Toit se gedig: diëetsiekte ek eet my toffies in die donker, in die donker verwyder van afkeurende, snedige opinies lê ek. (honger, uitgeteer) waar niemand sien nie. ek eet my toffies in die donker, bewend, skeur een ...

SkryfNet XXI: Wat die sipier gesien het (‘n sestina) (2)
Kobus Lonte - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Kobus Lonte se gedig: Wat die sipier gesien het Nou is die branders gipskruid se bloei om die wikkelende kompas te laat blom en kiewiete kwiek oor en weer, koud kronkel rivier en byt in die stof - mond waar meeue perde koudlei tussen rots duikelend tot in hul brullende graf. ’n Skip seil nou hebsugtig na sy graf, harders na ’n hinderlaag om te bloei in die pelsrob se rats kake...

SkryfNet XXI: Kanoneiland (2)
Kobus Lonte - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Kobus Lonte se gedig: Kanoneiland daar trek ‘n rimpeling oor water met ‘n kanon se gespanne flanke wat vol lading bly boor by die voortdurend vloeiende mond as my vrou ruik soos salpeter of kom die see beleërend nader? om groewe by die voet van kettings te vind met hierdie berge ook ‘n katafalk vir swael terwyl ou bome soos lonte ril en die maan koeëlrond tol...

SkryfNet XXI: Op 'n afstand (2)
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Op 'n afstand Versigtig snuif jy die lug luister aandagtig, sidder en trek jou spiere styf. Ek hou jou dop sien jou naderkom, en wag. Met versluierde oë en ’n lyf wat vasgenael is op een plek, hou jy my dop. Tydsaam kyk jy op en wag. My hart is vol klein spoortjies wat jy getrap het toe...

SkryfNet XXI: Kan kraanvoëls vlieg? (2)
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Kan kraanvoëls vlieg? Terwyl ek by die tafel op die houtdek vir jou wag hou ek die bleshoenders in die vleiwater dop. Ek sien jou aangestap kom koerant in die hand. Dié keer het jy opgedaag. Selfs die blou kraanvoëls kom nader, met hulle glasogies en stywe bene, om die mirakel te aanskou. Ek is stom verbaas dat ek jou nog herken...

SkryfNet XXI: Reënboogland (2)
Gerald Erasmus - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Tweede weergawe van Gerald Erasmus se gedig: Reënboogland ek bel jou net om te hoor: is alles veilig daar? my hotelkamer se deur op knip laat my wonder: is die buitehek op slot die alarm aan die voordeur gesluit die agterdeur gegrendel die ligskakelaar gestel die honde uit (leef hullle nog? gaan roep hulle deur die tralies by ‘n venster) is die kinders bo: gebad gebid gebed? is jy veilig daar,...

SkryfNet XXI: Toer (2)
Gerald Erasmus - 2009-09-15


SkryfNet XXI: Daniel Hugo se eerste verslag
Daniel Hugo - 2009-09-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste verslag deur Daniel Hugo van: Ineke du Toit : "Kunstenaar se Koors" en "dieetsiekte" Gerald Erasmus : "Toer" en "Reënboogland" Elana Esterhuyse : "Die Kersvlam hyg" en "Digterseks" Kobus Lonte : "Kanoneiland" en "Wat die sipier gesien het " Isabelle Nell van Niekerk: "Kan...

SkryfNet XXI: Lucas Malan se eerste verslag
Lucas Malan - 2009-09-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste verslag deur Lucas Malan van: Ineke du Toit : "Kunstenaar se Koors" en "dieetsiekte" Gerald Erasmus : "Toer" en "Reënboogland" Elana Esterhuyse : "Die Kersvlam hyg" en "Digterseks" Kobus Lonte : "Kanoneiland" en "Wat die sipier gesien het " Isabelle Nell van Niekerk: "Kan...

SkryfNet XXI: Wat die sipier gesien het
Kobus Lonte - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Kobus Lonte se gedig: Wat die sipier gesien het Nou is die bare ‘n krismisroos se bloei tot die kompas vernaam begin blom kwiek kiewiete oor en weer, koud kronkel rivier en byt in die stof - mond waar meeu perde koudlei tussen rots duikelend tot in hulle brullende graf. ‘n Skip seil nou hebsugtig na sy graf, harders na ‘n hinderlaag om te bloei in die pelsrob se rats kake...

SkryfNet XXI: Kanoneiland
Kobus Lonte - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Kobus Lonte se gedig: Kanoneiland waarom trek daar ‘n ril oor water asof ‘n hings voortdurend sy flanke terwyl hy gespanne drink aan die see? die mond rimpel soos ‘n lont met die maan wat koeëlrond tol en my vrou ook ruik soos salpeter of kom die ruiter op ‘n perdegang nader? om ou lyne by die groef van kettings te vind met hierdie berge ‘n katafalk vir swael...

SkryfNet XXI: Op 'n afstand
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Op 'n afstand Versigtig snuif jy die lug luister aandagtig, sidder en trek jou spiere styf. Ek hou jou dop sien jou nader kom, en wag. Met versluierde oë en 'n lyf wat vasgenael is op een plek, hou jy my dop. Tydsaam kyk jy op en wag. My hart is vol klein spoortjies wat jy getrap het, toe jy...

SkryfNet XXI: Kan kraanvoëls vlieg?
Isabelle Nell van Niekerk - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Kan kraanvoëls vlieg? Terwyl ek by die tafel op die houtdek vir jou wag hou ek die bleshoenders in die vleiwater dop. Ek sien jou aangestap kom koerant in die hand. Dié keer het jy opgedaag. Selfs die blou kraanvoëls kom nader, met hulle glasogies en stywe bene, om die mirakel te aanskou. En ek, ek is stom verbaas dat ek jou...

SkryfNet XXI: dieetsiekte
Ineke du Toit - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Ineke du Toit se gedig: dieetsiekte ek eet my toffies in die donker, in die donker verwyder van afkeurende, snedige opinies lê ek. (honger, uitgeteer) waar niemand sien ek eet my toffies in die donker, bewend skeur een papier...

SkryfNet XXI: Kunstenaar se koors
Ineke du Toit - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Ineke du Toit se gedig: Die kunstenaar se koors Koorsagtige, vergeesde, geverfde Al jou gesigte gekom in groen drome na jou eensame kamer, in jou koue bed Verf jy snags, naarstallig aan jou wraak-gevulde hormone. Vergroen deur jou koorsige gees Al die gesigte geverf uit drome waar is die realiteit in jou koue bed Smeer jy bedags, gewillig aan jou haat verdoemde koors. <<...

SkryfNet XXI: Reënboogland
Gerald Erasmus - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Gerald Erasmus se gedig: Reënboogland ek bel jou net om te hoor: is alles veilig daar? my hotelkamer se deur op knip laat my wonder: is die buitehek op slot die alarm aan die voordeur gesluit die agterdeur gegrendel die ligskakelaar gestel die honde uit (leef hullle nog? roep hul deur die tralies by ‘n venster) is die kinders bo: gebad gebid gebed? is jy veilig daar, veilig...

SkryfNet XXI: Toer
Gerald Erasmus - 2009-08-06


SkryfNet XXI: Digterseks
Elana Esterhuyse - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Elana Esterhuyse se gedig: Digterseks In die talent-groot oomblik voel ek hond-draffend wat in die strate blaf waarvan bekers oorloop verby i Psalm en verby i jou en tot in die stofste boeke so smal soos die bibrak se genade verroom ek my horison (klophard) tot in die digters van dae wat eenmaal mense was nie dikgetik bebundel in die poësie van geen geslag waar kinders...

SkryfNet XXI: Die Kersvlam hyg
Elana Esterhuyse - 2009-08-06
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXI - Poësie Eerste weergawe van Elana Esterhuyse se gedig: Die kersvlam hyg Vodka-glase breek haar water (die bekers loop oor) en strooitjies speel soms sigaret in die Kaap wat Hollands is, méér Amsterdam soos daggakoekies en terte in die nywerhede van ons tuiste Op die rak sit tydskrifte (deesdae ook sy) verkrag met picture-perfect sekskat-sketse met die cherry op die koek gesond in 'n lewe sonder vigs...

Sanlam SkryfNet XVIII: Koms van die keiser: 19/12/01, 18.15 nm
Erla Diedericks - 2009-04-23


Sanlam SkryfNet XVIII: Waar daar ’n ring is, is daar ’n rokie
Erla Diedericks - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - PoësieFinale weergawe van Erla-Mari Diedericks se tweede gedig: Waar daar ’n ring is, is daar ’n rokie Maak ’n ring ’n gat toe? Dis waaroor ons kibbel, ek en jy ons eie ringe glinsterend, fluisterend Maak ’n ring ’n gat toe? Nevermind die seks, sê ek, ernstige gapings, skeure geskep deur wrede woorde kan nie toegestop word deur ’n ring nie O, ja, dit kan, sê jy ’n...


<< 1 2 3 4 5 6 >>