Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 9 >>

Sanlam SkryfNet XX: Francois Bloemhof se eerste verslag
François Bloemhof - 2009-05-22
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste verslag deur Francois Bloemhof van: Christien Nesser: BomIda Bester‘Gräbe: Op soek na Sarita Rita Swanepoel: Marta loop in haar slaap Stefanus Nel: VarkoelientjieJohnny Malgas: Voicemail Christien Nesser: Bom Christien, die eerste ding wat my hinder – met die veronderstelling dat die verhaal gemik is op plasing in ’n tydskrif – is dat dit te kort is: 1 145 woorde, terwyl die meeste ...

Sanlam SkryfNet XX: Elize Parker se eerste verslag
Elize Parker - 2009-05-22
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste verslag deur Elize Parker van: Christien Nesser: BomIda Bester‘Gräbe: Op soek na Sarita Rita Swanepoel: Marta loop in haar slaap Stefanus Nel: VarkoelientjieJohnny Malgas: Voicemail Christien Nesser: Bom Die karakterskets word nie ’n verhaal nie en bly ’n karakterskets van iemand in die verlede van die hoofkarakter wat vertel (wie is sy, waar is sy nou in haar verlede, hoekom is die storie vir...

Sanlam SkryfNet XIX: Gerrit Rautenbach, tweede verslag
Gerrit Rautenbach - 2009-05-13
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede verslag deur Gerrit Rautenbach van: Kobie Coetzee: Rugreis na gister André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de klas Margarethie Bredenkamp: Die Madonna op my boekrak Hannes Steyn: Tweespoor-kronkelpad Katryn Penberthy: "Vir oulaas" Kobie Coetzee: Skandmuur Die nuwe opskrif werk beter. Daar is ’n uitnodiging en intrige. ’n Goeie inleidende prikkel kan die leser by die...

Sanlam SkryfNet XIX: Chris Barnard, tweede verslag
Chris Barnard - 2009-05-13
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede verslag deur Chris Barnard van: Kobie Coetzee: Rugreis na gister André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de klas Margarethie Bredenkamp: Die Madonna op my boekrak Hannes Steyn: Tweespoor-kronkelpad Katryn Penberthy: "Vir oulaas" Kobie Coetzee: Skandmuur Benewens enkele tikfoute, soos byvoorbeeld die aanhalingstekens in die slotsin, het ek geen belangrike kritiek teen die teks nie....

Sanlam SkryfNet XVIII: Koms van die keiser: 19/12/01, 18.15 nm
Erla Diedericks - 2009-04-23


Sanlam SkryfNet XVIII: Waar daar ’n ring is, is daar ’n rokie
Erla Diedericks - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - PoësieFinale weergawe van Erla-Mari Diedericks se tweede gedig: Waar daar ’n ring is, is daar ’n rokie Maak ’n ring ’n gat toe? Dis waaroor ons kibbel, ek en jy ons eie ringe glinsterend, fluisterend Maak ’n ring ’n gat toe? Nevermind die seks, sê ek, ernstige gapings, skeure geskep deur wrede woorde kan nie toegestop word deur ’n ring nie O, ja, dit kan, sê jy ’n...

Sanlam SkryfNet XVIII: As U nou wou
Sanet Boshoff - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Finale weergawe van Sanet Boshoff se eerste gedig: As U nou wou Liewe God, Ek skryf 'n kort nota in dik vet letters om die grootheid van my leegheid te beklemtoon. Ek is op soek na die skadu wat my dag en nag sal kom vol maak, met wie ek snags kan inkruip en lepel lê tot die môredou kom spatsels vlek op ons asem flou. Ek wil nes bou in sy holtes en my maan wit lyf oor sy aardkors vou. Ek is op...

Sanlam SkryfNet XVIII: Spieëlbeeld
Sanet Boshoff - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Finale weergawe van Sanet Boshoff se tweede gedig: Spieëlbeeld Terwyl ek vir jou lê en wag, stap die lewe in tiene verby. Ek bondel hulle in groepies van vyf en sien skielik hoe dertig jaar in die hoek sit en lag. Ek nooi toe maar die bondel jare vir 'n ou koppie Nescafé-koffie. Ons kuier oor ditjies en datjies, oor verlede en hede, maar niemand rep 'n woord oor die toestand van die...

Sanlam SkryfNet XVIII: Vir die dagreis Kaap toe
Francilié Hoek - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Finale weergawe van Francilie Hoek se eerste gedig: Vir die dagreis Kaap toe (op die tube vanaf Westminster) droomland toe godland van geheime baaie waar die membraan-fyn mondjies van see-anemone om my wysvinger soen the next station is London Bridge change at London Bridge for Northern Line British Rail and mainline European services die eenvoud van ‘n plat berg, ‘n enkel bos stofland waar mense...

Sanlam SkryfNet XVIII: Oh come all ye faithful
Francilié Hoek - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Finale weergawe van Francilie Hoek se tweede gedig: Oh come all ye faithful (Op pad na Sloan Square Station in die koue) Hierdie roete kan ek reeds toe-oë volg. Hang streepserp uit die bus en verbeel my ‘n fliek: Issey Miyake, Sainsbury’s, Debenhams se Kersbome wat blink, die towerliggies wink getros om ‘n straatverkoper se nek. Ek skrikdeins vir sy puisies in die flonkerlig, die...

Sanlam SkryfNet XVIII: sodat as die wind waai die musiek hard kan speel
Adolph van Coller - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Finale weergawe van Adolph van Coller se eerste gedig: sodat as die wind waai die musiek hard kan speel I In die ideale landskap staan neste leeg, was golwe lanklaas in hulself gekeer. Dit is beter so – skryf is nie ʼn aktiwiteit vir twee nie. Skryf staan alleen. Dit is bedoel vir waar een saam is, vir wie die kamermusiek van twee, die meervoudige oggend kan agterlaat. Slegs dáár kom die...

Sanlam SkryfNet XVIII: en die woord het vlees geword en die vlees gedig
Adolph van Coller - 2009-04-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Finale weergawe van Adolph van Coller se tweede gedig: en die woord het vlees geword en die vlees gedig na ’n reël van Octavio Paz Poësie het elke gedig vir ewig aan die brand laat slaan – weg is woorde, alle beelding verlore, uitgewis die afstand tussen objek en naam. Poësie het elke gedig vir ewig aan die brand laat slaan. Ek verlang voortdurend terug na die April voor my geboorte –...

SkryfNet XIX: Vir oulaas
Katryn Penberthy - 2009-04-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Katryn Penberthy se verhaal: Vir oulaas "Oom Pieta is toe gisteraand oorlede," lui my sus se e-pos-boodskap. "Die begrafnis sal seker Woensdag of Donderdag wees." Ek skakel my rekenaar af en gaan sit op die stoep, toegewikkel in ’n kombers, stomende koffiebeker in die hand. Meimaand in Seattle is koud en nat, al is dit lente. Oom Pieta, jongste broer van my ma. Dis nie asof die nuus...

SkryfNet XIX: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas
André Ferro - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van André Ferro se verhaal: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas Kaïro skrik vroegoggend wakker na ’n rustelose nag. Die stad staan onwillig op en gooi die kombers van nag langs hom neer. Sonder sukses probeer hy die alomteenwoordige besoedeling uit sy oë vee. Deur die rookmis kyk hy na die ou vuil geboue. Dit staar strak terug na hom. Op die ongelyke...

SkryfNet XIX: Tweespoor-kronkelpad
Hannes Steyn - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Hannes Steyn se verhaal: Tweespoor-kronkelpad Kurt is moeg. Sy lyf is seer. Sy gemoed veel erger. Veral vanmiddag. Vir meer as twintig dae al ry hy nou dié eentonige pad Galgeberg toe en terug. Die werkgedeelte kan nog gaan. Dit is ’n selfoonperseel wat hy bo-op die berg buite McGregor bou. Dis nie soseer die fisiese aanslag op sy 43-jarige lyf wat pla nie. Selfs die laaste stuk gruispad die...

SkryfNet XIX: Rugreis na gister
Kobie Coetzee - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Kobie Coetzee se verhaal: Rugreis na gister Dit was herfs toe ek hulle ontmoet het: asem-wegslaan-herfs in die Diamantberge van Noord-Korea. Ek het by ’n rusplekkie langs die pad gaan sit – enersyds om bietjie asem te skep ná die steil klim; andersyds om net die oranje en geel en rooi en brons glorie rondom my te geniet. Ondertoe kronkel mierstrepies mense teen die hange uit en boontoe:...

SkryfNet XIX: Die Madonna op my boekrak
Margarethie Bredenkamp - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Margarethie Bredenkamp se verhaal: Die Madonna op my boekrak “Segovia. Jy móét Segovia toe gaan.” José sit effens vorentoe in sy stoel. Hy kyk my in die oë, lig sy hande en laat sak hulle weer wanneer die kelner twee koppies koffie en ’n espresso op ons tafel neersit. Ek en Sophi het graag by die bakkery oorkant sy groentewinkel koffie gedrink en hy het dikwels...

SkryfNet XX: Voicemail
Johnny Malgas - 2009-04-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste weergawe van Johnny Malgas se verhaal: Voicemail Die telefoon lui net. Aanhoudend. Hy moes al seker neergesit het, maar hy hou aan en word verslaaf aan die ritmiese luitoon. Sy kop begin maal en flitse van kindergesigte word duidelik in sy kop. Hy beleef die aaklige gelag van die kinders op die speelgrond en hy wat alleen met stof op sy skoene en broek staan.Hy voel hoe die groter seun vorentoe stap en hom vol in die...

SkryfNet XX: Varkoelientjie
Stefanus Nel - 2009-04-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste weergawe van Stefanus Nel se verhaal: Varkoelientjie Jacolientjie was drie gewees toe sy en haar twee boeties in die sandput langs hulle huis gespeel het. Sy was pragtig. "Dis nou ’n mooi kind," het haar kleuterskoolonderwyser, tannie Ansa, altyd gesê. Haar ogies was blou soos die swembad na haar pa hom gebackwash het. Haar hare was ligbruin en haar gesiggie so rond en skoon soos ’n nuwe...

SkryfNet XX: Marta loop in haar slaap
Rita Swanepoel - 2009-04-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste weergawe van Rita Swanepoel se verhaal: Marta loop in haar slaap Hy strek sy arms en stoot sy hande die lug in. “Môre Marta.” Hy kreun, gaap en sug. Vir veertig jaar is dit die ritueel. Marta se eerste gewaarwording van die nuwe dag. ’n Paar verskilletjies het met die jare bygekom. Toon se koördinasie of bedagsaamheid het met die jare gekwyn en elke dan of wan tref sy hand haar skrams....

SkryfNet XX: Op soek na Sarita
Ida Bester-Gräbe - 2009-04-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste weergawe van Ida Bester-Gräbe se verhaal: Op soek na Sarita Jy sal seker verbaas wees om na soveel jare van my te hoor. Ek weet jy woon nou in Nylstroom en van jou man se hartaanval … My vrou is in Mei dood na ’n rooftog. Ek preek Sondag in jul gemeente. As jy bereid is om my te sien, ontmoet my Saterdagmiddag êrens vir koffie. Barend Hoeveel jaar? By die veertig moet dit wees, en tog is dit...

SkryfNet XX: Bom
Christien Nesser - 2009-04-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste weergawe van Christien Nesser se verhaal: Bom “Onthou jy nog vir Bom?” vra Anneli toe sy Vrydag uit die bloute bel. “Ek lees sy’s Woensdagnag oorlede. In haar slaap.” Ek staan lank met die foon in my hand. Ja, ek onthou vir Bom. Dit kon nie anders nie. Sy het haar eie bynaam geskep. Met haar eie pofferhandjie dit onder aan elke opstel geskryf: B.O.M., met die datum daarnaas. Altyd in...

Sanlam SkryfNet XVIII: Bernard Odendaal, tweede verslag
Bernard Odendaal - 2009-03-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Tweede verslag deur Bernard Odendaal van: Adolph van Coller: "sodat as die wind waai die musiek hard kan speel" en "en die woord het vlees geword en die vlees gedig" Francilié Hoek: "Vir die dagreis Kaap toe" en "Oh come all ye faithful" Sanet Boshoff: "As U nou wou" en "Spieëlbeeld "Erla-Mari Diedericks: "Koms van die keiser: 19/12/01, 18.15 nm"...

Sanlam SkryfNet XVIII: Danie Marais, tweede verslag
Danie Marais - 2009-03-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Tweede verslag deur Danie Marais van: Adolph van Coller: "sodat as die wind waai die musiek hard kan speel" en "en die woord het vlees geword en die vlees gedig" Francilié Hoek: "Vir die dagreis Kaap toe" en "Oh come all ye faithful" Sanet Boshoff: "As U nou wou" en "Spieëlbeeld "Erla-Mari Diedericks: "Koms van die keiser: 19/12/01, 18.15 nm" en...

Sanlam SkryfNet XVII: Gerfgoed (finaal)
Paula Hartzenberg - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Paula Hartzenberg se tweede gedig: Gerfgoed Daar was glo vroeër ’n kind, ’n groen grassaad, wat gesterf het. ’n Vuurrooi drakeasem waai oor Europa, Pa ry met die Burggraaf van Aosta van Amba Alagi na Nairobi, trotseer die Woestynjakkals, ploeter lyfdiep langs rusperbande in ysige Pontynse modder. Ma treusel ’n purperwinde om ’n stukkie lap – eendag vanaf...

Sanlam SkryfNet XVII: Vlugtig in die Laeveld
Paula Hartzenberg - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Paula Hartzenberg se eerste gedig: Vlugtig in die Laeveld Die skemer kom aan – ’n likkewaan in droë takkies swenk in die halfdonker weg; miere begin in ’n boom invreet, die dik gekwaak van paddas verdrink die geruis van die rivier tot die maan wit opkom. Spore en sleepsels word in die sand gelê, die skrik van ’n nagapie kortstondig in die donker gestil....

Sanlam SkryfNet XVII: lords en ladies, verwelkom die maer man met die lang vingers (finaal)
Pieter Odendaal - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Pieter Odendaal se tweede gedig: lords en ladies, verwelkom die maer man met die lang vingers kyk met sy blote hande kaap hy melkweë sonder enige moeite skroef hy sterre los (dis nie steel nie dis bloot leen) kyk uit woes en leeg skep hy tweedehandse ligkastele waarin sy verligte kop tot in ewigheid sal woon lords en ladies, gooi jul kepse in die lug (maar bly immer op...

Sanlam SkryfNet XVII: elegie vir ’n skoolklavier (finaal)
Pieter Odendaal - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Pieter Odendaal se eerste gedig: elegie vir ’n skoolklavier daar agter die swaar gordyn van ons verhogie (waar elke kind iemand is teen die agterste muur geverf) kry ek jou stil en opgespeel: kyk die merke op jou rug agterpoot afgesaag sit jy op jou bas snare nes uitgedunde hare uitgeslane tandeklawers op die vloer – ’n haasbek ou grand dame (ek weet dit was simon en jaco...

Sanlam SkryfNet XVII: Te min om saak te maak, te veel om te handle (finaal)
Lize Swartz - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Lize Swartz se tweede gedig: Te min om saak te maak, te veel om te handle my bedhead is uitgekam, die dreads non-existent en ek skep die melkvelletjie, nou bruin van die koffie, in die wasbak en ek dink aan jou wanneer die extractor fan rasend breek wanneer die gloeilamp drie verdiepings ver val kyk hoe dit die sement doer onder tref en in alle rigtings...

Sanlam SkryfNet XVII: Gebreekte fiets, gebroke ons (finaal)
Lize Swartz - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Lize Swartz se eerste gedig: Gebreekte fiets, gebroke ons aan K soos ek ry op my fiets begin dit liggies reën druppel-donsies wat soos verskietende sterre aangedartel kom my gesig met ligspikkels tref my grimering af-weerligstraal en as die son skielik deur die reën skyn dink ek aan swartjellytotsdonskombersemazda3vrugtesap en ek trek my oë op skrefies en ...

Sanlam SkryfNet XVII: sessie (finaal)
Juhlène Wagner-Möller - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Juhlène Möller se tweede gedig: sessie ek sit en luister uit my vuis uit vermy dit wat my klit vit soos die pes want yes en ja en amen mens vir my is jou oë soos ook jou stem is onverbiddelik mooi en nooi my soms onverwags soos die veraf loom musiek wat skalks teen skemer downtown lyf en geite kry skoorvoetend eers deur die geskroeide sole en goor gomasems van...

Sanlam SkryfNet XVII: liefde-met-gevoel (finaal)
Juhlène Wagner-Möller - 2009-03-24
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVII - Poësie Finale weergawe van Juhlène Möller se eerste gedig: liefde-met-gevoel ek wil vir jou ’n wintersnag in die skaapsklere van ’n gedig invag ongemaklik nou jou lê met my binne die lettergrepe daarvan kry ek wil vir jou ’n kers se vlam in die hantam van ’n ets opdam onder dwang ons dan herhaaldelik tussen lae ink en papier indrink behoorlik teen my grein in effens onkant beteuterd...

Die LitNet SkryfNet-liriekskryfskool: Foto's
Annie Klopper - 2009-03-12
Op 10 Maart het LitNet (in samewerking met Boeke-Insig en met die ondersteuning van Sanlam) tydens die US Woordfees 'n SkryfNet-liriekskryfskool aangebied. Die aanbieders van hierdie leersame geleentheid was Lize Beekman, Valiant Swart, Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, aKING en Die Heuwels Fantasties), Andries Bezuidenhout (Brixton Moord en Roof Orkes) en Bertie Coetzee van Zinkplaat en De Plate Kompanje. Die skryfskool is afgesluit met 'n heerlike middagete onder die koeltebome van die...

Sanlam SkryfNet XIX: Gerrit Rautenbach, eerste verslag
2009-01-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Eerste verslag deur Gerrit Rautenbach van: André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas Margarethie Bredenkamp: Die Madonna op my boekrak Hannes Steyn: Tweespoor-kronkelpad Katryn Penberthy: Vir oulaas Kobie Coetzee: Skandmuur André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas André Ferro het ‘n baie interessante reis hier beet. ‘n Treinreis van Kaïro na Alexandrië...

Sanlam SkryfNet XIX: Chris Barnard, eerste verslag
2009-01-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Eerste verslag deur Chris Barnard van: Kobie Coetzee: Skandmuur André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas Margarethie Bredenkamp: Die Madonna op my boekrak Hannes Steyn: Tweespoor-kronkelpad Katryn Penberthy: Vir oulaas Algemene inleiding Die vraag wat met die lees van hierdie vyf verhale by ‘n mens opkom is: Wat word bedoel met die term reisverhaal? Want in die gebruiklike sin van die woord...

Sanlam SkryfNet XVIII: Danie Marais, tweede verslag
Danie Marais - 2008-12-17
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Tweede verslag deur Danie Marais van: Adolph van Coller: "sodat as die wind waai die musiek hard kan speel" en "en die woord het vlees geword en die vlees gedig" Francilié Hoek: "Vir die dagreis Kaap toe" en "Oh come all ye faithful" Sanet Boshoff: "As U nou wou" en "Spieëlbeeld"Erla-Mari Diedericks:...

Sanlam SkryfNet XVIII: Bernard Odendaal, tweede verslag
Bernard Odendaal - 2008-12-17
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Tweede verslag deur Bernard Odendaal van: Adolph van Coller: "sodat as die wind waai die musiek hard kan speel" en "en die woord het vlees geword en die vlees gedig" Francilié Hoek: "Vir die dagreis Kaap toe" en "Oh come all ye faithful" Sanet Boshoff: "As U nou wou" en "Spieëlbeeld"Erla-Mari Diedericks:...

SkryfNet XVIII: Waar daar ’n ring is, is daar ’n rokie
Erla Diedericks - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Erla-Mari Diedericks se tweede gedig: Waar daar ’n ring is, is daar ’n rokie Maak ’n ring ’n gat toe? Dis waaroor ons kibbel, ek en jy ons eie ringe glinsterend, fluisterend Maak ’n ring ’n gat toe? Nevermind die seks, sê ek, ernstige gapings, skeure geskep deur wrede woorde kan nie toegestop word deur ’n ring nie O, ja, dit kan, sê jy ’n...

SkryfNet XVIII: Koms van die keiser: 19/12/01, 18.15 nm
Erla Diedericks - 2008-12-11


SkryfNet XVIII: Spieëlbeeld
Sanet Boshoff - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Sanet Boshoff se tweede gedig: Spieëlbeeld Terwyl ek vir jou lê en wag, stap die lewe in tiene verby. Ek bondel hulle in groepies van vyf en sien skielik hoe dertig jaar in die hoek sit en lag. Ek nooi toe maar die bondel jare vir 'n ou koppie Nescafé-koffie. Ons kuier oor ditjies en datjies, oor verlede en hede, maar niemand rep 'n woord oor die toestand van die toekoms...

SkryfNet XVIII: As U nou wou
Sanet Boshoff - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Sanet Boshoff se eerste gedig: As U nou wou Liewe God, Ek skryf 'n kort nota in dik vet letters om die grootheid van my leegheid te beklemtoon. Ek is op soek na die skadu wat my dag en nag sal kom vol maak, met wie ek snags kan inkruip en lepel lê tot die môredou kom spatsels vlek op ons asem flou. Ek wil nes bou in sy holtes en my maan wit lyf oor sy aardkors vou. Ek is op soek...

SkryfNet XVIII: Oh come all ye faithful
Francilié Hoek - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Francilie Hoek se tweede gedig: Oh come all ye faithful (Op pad na Sloan Street Station in die koue) Hierdie roete kan ek reeds toe-oë volg. Hang streepserp uit die bus en verbeel my ’n fliek: Issey Miyake, Sainsbury’s, Debenhams se Kersbome wat blink Die towerliggies wink getros om ’n straatverkoper se nek. Ek skrikdeins vir die flonkering teen aknee. Want elders is...

Sanlam SkryfNet XVIII: Vir die dagreis Kaap toe
Francilié Hoek - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Francilie Hoek se eerste gedig: Vir die dagreis Kaap toe (op die tube vanaf Westminster) na my droomlandskap hoopland godland van geheime baaie waar die membraan-fyn mondjies van see-anemone om my wysvinger soen the next station is London Bridge change at London Bridge for Northern Line British Rail and mainline European services die eenvoud van ’n plat berg, ’n enkel bos stofland...

Sanlam SkryfNet XVIII: en die woord het vlees geword en die vlees gedig
Adolph van Coller - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Adolph van Coller se tweede gedig: en die woord het vlees geword en die vlees gedig na ’n reël van Octavio Paz poësie het elke gedig vir ewig aan die brand laat slaan weg is woorde, alle beelding verlore, uitgewis die afstand tussen objek en naam poësie het elke gedig vir ewig aan die brand laat slaan ek verlang voortdurend terug na die april voor my geboorte daarom dat...

Sanlam SkryfNet XVIII: sodat as die wind waai die musiek hard kan speel
Adolph van Coller - 2008-12-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XVIII - Poësie Weergawe twee van Adolph van Coller se eerste gedig: sodat as die wind waai die musiek hard kan speel I In die ideale landskap staan neste leeg, was golwe lanklaas in hulself gekeer. Dit is beter so – skryf is nie ’n aktiwiteit vir twee nie. Skryf staan alleen. Dit is bedoel vir dáár waar een saam is, vir dié wat die kamermusiek van twee, die meervoudige oggend kan agterlaat....

Skandmuur
Kobie Coetzee - 2008-11-05
Dit was herfs toe ek hulle ontmoet het.Asem-wegslaan-herfs in die Diamantberge van Noord-Korea.Ek het by ‘n rusplekkie langs die pad gaan sit - enersyds om bietjie asem te skep ná die steil klim; andersyds om net die oranje en geel en rooi en brons glorie rondom my te geniet.Ondertoe kronkel mierstrepies mense teen die hange uit en boontoe, tot by die skerpgepunte pieke, gaan die miertjietrein aan. By daardie pieke wil ek nog uitkom, maar dis nog baie ver.Toe sien ek hom. Die jong man...

Vir oulaas
Katryn Penberthy - 2008-11-05
"Oom Pieta is toe gisteraand oorlede," lui my sus se e-pos-boodskap. "Die begrafnis sal seker Woensdag of Donderdag wees."Ek skakel my rekenaar af en gaan sit op die stoep, toegewikkel in ‘n kombers, stomende koffiebeker in die hand. Meimaand in Seattle is koud en nat, al is dit lente. Oom Pieta, jongste broer van my ma. Dis nie asof die nuus onverwags is nie - oom Pieta se siekbed was ‘n lange. Dis ook nie asof die doodstyding juis iets aan my lewe gaan verander nie...

Die Madonna op my boekrak
Margarethie Bredenkamp - 2008-11-05
"Segovia, jy moet Segovia toe gaan," het José my opgewonde aangemoedig toe hy hoor ek beplan 'n reis na sy geboorteland, Spanje. Ons het weer in die bakkery oorkant sy groentewinkel gesit en koffie drink. Hy het dikwels oorgestap en by my en Sophi aangesluit as ons ná die Franse klas daar gaan koffie drink het. Dan het ons bietjie gesels en weer elkeen ons eie gang gegaan. Vurig vertel hy van die waterleiding wat die Romeine nog gebou het, van die katedraal en van El Alcázar....

Van Karo na Alexandrië: 3de klas
André Ferro - 2008-11-05
"Joe, word wakker, ons gaan laat wees vir die trein," sê Ferro. Hy skud Joe in 'n poging om hom wakker te maak. "Wat is dit?" sê Joe, nog half aan die slaap. "Dis opstaantyd, anders gaan ons die trein Alexandrië toe verpas." "Ek's nie meer lus om soontoe te gaan nie. Waai sonder my. Ek's te moeg. Ek wil nog slaap." "Jou moer. Jy kom saam," sê Ferro. Hy lig Joe se matras op en gooi hom uit die bed uit. "Bliksem,...

Tweespoor-kronkelpad
Hannes Steyn - 2008-11-05
Kurt is moeg. Sy lyf is seer. Sy gemoed veel erger. Veral vanmiddag. Vir amper 'n maand al ry hy die eentonige 200 kilo's site toe en terug. Die werkgedeelte kan nog gaan. Dit is 'n selfoonperseel wat hy bo-op Galgeberg buite McGregor bou. Dis nie soseer die fisiese aanslag op sy middeljarige lyf wat pla nie. Selfs die laaste ent gruispad die berg uit is draagbaar. Dis die "terug"-gedeelte wat lol. Sedert sy egskeiding drie jaar gelede het sy Bellville-huis niks anders as ‘n...


<< 1 2 3 4 9 >>