Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 9 >>

SkryfNet XXIV: Chanette Paul se tweede verslag
Chanette Paul - 2010-02-18
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede verslag deur Chanette Paul van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Nota aan al vyf skrywers Alhoewel daar graadverskille is, het ek by elkeen van die herskrywings goeie verbetering gesien. Gaan lees weer my vorige nota aan...

SkryfNet XXIV: Wilna Adriaanse se tweede verslag
Wilna Adriaanse - 2010-02-17
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Beste Lizanne Met die deurlees van jou verhaal kan ek sien dat jy daaraan gewerk het. Die probleem is egter...

SkryfNet XXIV: Wilna Adriaanse se tweede verslag
Wilna Adriaanse - 2010-02-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Nota aan al vyf skrywers Alhoewel daar graadverskille is, het ek by elkeen van die herskrywings goeie verbetering gesien. Gaan lees weer my vorige...

SkryfNet XXIII: Lina Spies se tweede verslag
Lina Spies - 2010-02-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede verslag deur Lina Spies van: Adri Swart: "Afgedwaalde" en "Kliptuin" Bibi Slippers: "Tweede maal tropies" en "Krisis" Elizabeth Kendall: "Nokturne" en "Herlewing" Elmarie Viljoen: "Vryevers" en "Hondelewe" Hendrik Botha: "Grafskrif" en "Donor" Adri Swart: "Afgedwaalde" en "Kliptuin"...

SkryfNet XXIII: Andries Bezuidenhout se tweede verslag
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2010-02-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede verslag deur Andries Bezuidenhout van: Adri Swart: "Afgedwaalde" en "Kliptuin" Bibi Slippers: "Tweede maal tropies" en "Krisis" Elizabeth Kendall: "Nokturne" en "Herlewing" Elmarie Viljoen: "Vryevers" en "Hondelewe" Hendrik Botha: "Grafskrif" en "Donor" ’n Paar algemene opmerkings voor ek spesifieke...

SkryfNet XXIV: Om te bly vier (2)
Ansie de Kock - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Ansie de Kock se kortverhaal: Die geskenk (vroeër "Om te bly vier") Annelien plak ’n paar sakke kruideniersware op die kombuistafel neer. Sy vee die sweet van haar voorkop af. Haar inkopielys was langer as gewoonlik en die dorp weer ’n malhuis, maar ter wille van haar mense sal sy die ekstra moeite doen. Die krismisrose staan verlep. Vlekkie, haar woelige foksterrier,...

SkryfNet XXIV: Bloedlus (2)
Adriaan Coetzee - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Adriaan Coetzee se kortverhaal: In-wees (vroeër “Bloedlus”) My coathanger-kind is my enigste moord. In standerd nege, met die nuwe skooljaar op hande, storm ek die matriekbadkamers in om ’n groot nood te verlig. Daar is nie tyd om by die eerste verdieping uit te kom nie, het daardie sangoefeninge op die pawiljoene een sekonde langer geduur ... “Wat soek jy hier?” begin...

SkryfNet XXIV: Die erfstuk (2)
Kate Coetzee - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Kate Coetzee se kortverhaal: Die erfstuk “Wat? O genade, nee! Wanneer?” Roep Renè uit terwyl sy die pienk sweetband van haar kop aftrek en haar blonde hare losskud. Sy is pas terug van die gim toe haar huistelefoon lui. “Gisteraand, rustig. Sy moes die een of ander tyd gaan, Renè,” kom Debbie se ewig-geduldige stem. Renè sug en verplaas haar gewig...

SkryfNet XXIV: Loop soos die glas (2)
Lizanne Kruger - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Lizanne Kruger se kortverhaal: Loop soos die glas (sien bespreking tov taalgebruik aan einde van verhaal) Klaas kom staan by die agterdeur. “Daai vrou van my, ons verstaan mekaar nie. Nou, sy dra die baba van my bloed, maar nou, sy slaap by die ander man. My kind gaan mos siek word. Sy moet net weet, as sy breek met my, sy sal lê tussen die wind en die hemel.” Rin kan sien dat...

SkryfNet XXIV: Visse laat nie spore nie (2)
Margarethie Bredenkamp - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Margarethie Bredenkamp se kortverhaal: Visse laat nie spore nie Marelize kies die tafel met oorleg, bietjie privaat, maar so dat sy die ingang kan dophou. ’n Lang man met ’n blink bles aarsel kort daarna in die kosyn. Henk Pistorius, weet sy toe hy aangestap kom. Hulle bestel koffie. Sy praat onbeholpe oor die weer, die baie reën, die stand van die damme. Die koffie kom. Sy skeur die...

SkryfNet XXIII: Grafskrif (2)
Hendrik Botha - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Hendrik Botha se gedig: Grafskrif There are worse things than being alone but it often takes decades to realize this and most often when you do, it’s too late, and there’s nothing worse than too late. - Charles Bukowski Na byna dertig jaar, skoolgetuigskrif in die hand wat tussen...

SkryfNet XXIII: Donor (2)
Hendrik Botha - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Hendrik Botha se gedig: Donor My hart op veertig by sy bruikbaarheid verby, my niere uitgeloog op vyftig, die lewer verskrompel deur oordaad en die longe hygend, onherroeplik verniel deur teer en nikotien maar ek stuur vir jou my oë, in lewe blou, om die korneas oor te plant sodat jý met ander oë na dieselfde son en sterre as ek in verwondering kan kyk, maar mag...

SkryfNet XXIII: Nokturne (in die plek van “Hartsake”)
Elizabeth Kendall - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: Nokturne my kersie brand ’n klein wit lig teen die stilte van ’n pikswart nag waar alles sag asemhaal en wag uit my vulpen se mond rol dapper woorde oor vlaktes wit papier waar ek hier in vroeë-oggend sit en kyk hoe skadutonge skugter teen die mure lek ons huis se krag is af geen internet of helder lig die yskas stil en dood en...

SkryfNet XXIII: ’n Gedig vir Chris (2)
Elizabeth Kendall - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: Herlewing (’n Gedig vir Chris) Jy het na my gekom op ’n dag toe die garsland aan doodgaansiekte wou beswyk toe die kruike leeg en koud en krakerig was toe niks meer nêrens op ’n plek wou pas toe alles halfmas hang. Tog het die wind gedraai en dans verdwaalde klanke nou soos druppels tussen my en jou. Koring en gars staan blinkvet in die aar...

SkryfNet XXIII: Vryevers (in die plek van “’n Herfsgedig”)
Elmarie Viljoen - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Vryevers Eens op ’n tyd het sy haar skaamwit nagrok versigtig vol gedigte geskryf: verse met klanke wat nog roerloos lê en ritme wat skaars ritsel soos sagte papier. So het sy dan elke aand aan die slaap geraak: geklee in strofes sonder some en skewe-naat-rympatrone, en só gehoop om dalk een oggend as digter te ontwaak. Maar een nag...

SkryfNet XXIII: Hondelewe (in die plek van “Desember”)
Elmarie Viljoen - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Hondelewe Daar kom ’n tyd wanneer die hond met dowwe pels en droë snoet die waterbak nie meer kan haal nie en wakker word in eie bloed. Die onus rus dan op die baas om God te speel en te besluit dat Wagter nou genoeg geleef het: sy blaf is weg, so ook sy byt. Maar dan kom daar ’n ander tyd – vooruit bepaal, soms onverwags –...

SkryfNet XXIII: Krisis (2)
Bibi Slippers - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Bibi Slippers se gedig: Krisis Yalkarra[i] bring droogte na die leë land en ek keer ’n glas water op die mat voor my lessenaar om. Ek verstar, verstaan wat die nat vlek voorspel … Die aardbol trek sy voorkop op ’n plooi “Alles sal verander,” sug die see. Vloedgolwe vrees en verwarring spoel sewe soorte eko-vriendelike waspoeier in die chaos...

SkryfNet XXIII: Ek woon weer in die trope (2)
Bibi Slippers - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Bibi Slippers se gedig: Tweede maal tropies (Ek woon weer in die trope) Op pad terug van die mark af besef ek wìl hier wees, by jou. Ek pak ons oes op die tafel uit verdeel my vertelling in hoofstukkies vrugte; transponeer versigtig na die vreemde toonaard van jou tong: hierdie piesangs: die vallei naby Melmoth as mens amper terug in Empangeni is; hierdie papaja:...

SkryfNet XXIII: Kliptuin (in die plek van “Gestenig”)
Adri Swart - 2009-12-07


SkryfNet XXIII: Afgedwaalde (in die plek van “Verlange”)
Adri Swart - 2009-12-07
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Tweede weergawe van Adri Swart se gedig: Afgedwaalde selfs die voëls slaap maar laat my die sterre tel soos skape in die middel van die nag (as een verskiet) en iemand vlieg ʼn twee-seater wat net my somme deurmekaar kom hel sodat ek weer van voor af moet minus en die afgedwaalde plus in my voet wat slaap (gelukkige hy) maak sterretjies flikkerend nes soek dan die afwesigheid in die holte van ons bed waar...

SkryfNet XXIII: Lina Spies se eerste verslag
Lina Spies - 2009-11-26
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste verslag deur Lina Spies van: Elizabeth Kendall: "Hartsake" en "’n Gedig vir Chris" Bibi Slippers: "Ek woon weer in die trope" en "Krisis" Adri Swart: "Verlange" en "Gestenig" Elmarie Viljoen: "Desember" en "’n Herfsgedig" Hendrik Botha: "Grafskrif" en "Donor" Algemene nota aan al vyf digters....

SkryfNet XXIII: Andries Bezuidenhout se eerste verslag
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2009-11-26
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste verslag deur Andries Bezuidenhout van: Adri Swart: "Verlange" en "Gestenig" Bibi Slippers: "Ek woon weer in die trope" en "Krisis" Elizabeth Kendall: "Hartsake" en "’n Gedig vir Chris" Elmarie Viljoen: "Desember" en "’n Herfsgedig" Hendrik Botha: "Grafskrif" en "Donor" Algemene nota aan...

SkryfNet XXIV: Chanette Paul se eerste verslag
Chanette Paul - 2009-11-19
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Algemene nota aan al vyf skrywers. Gepubliseerde verhale is gewoonlik reeds deur vele filtrerende prosesse, soos onder meer ’n keurder, ’n redigeerder...

SkryfNet XXIV: Wilna Adriaanse se eerste verslag
Wilna Adriaanse - 2009-11-18
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Beste Lizanne Dankie vir die storie wat jy vir ons ingestuur het. Dit het ’n interessante storielyn,...

Sanlam SkryfNet XXII: Almal is rooikoppe (3)
Rita Swanepoel - 2009-10-29
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Rita Swanepoel se verhaal: Almal is rooikoppe Petra bring haar mond na die rand van die beker. Met haar lippe meet sy die hitte. Nog té warm om te kan geniet. Sy vou haar hande om die beker; geen hitte hoort in hierdie koue vermors te word nie. Dis nooit veel van ’n krisis wanneer haar motor gaan staan nie, want gewoonlik gebeur dit in die dorp. Binne minute is daar ’n boerklong wat die...

Sanlam SkryfNet XXII: Stille wraak (3)
Antoinette Diedericks - 2009-10-29
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Antoinette Diedericks se verhaal: Stille wraak Die slymerige vloeistof is orals. Dit word dieper en dieper. My voete kry geen vastrapplek nie. Ek gly en val. Die slym sluit oor my kop. Ek kan nie opstaan nie. Ek probeer gil, maar slym loop by my mond in, wil my versmoor. Wild gryp ek rond; my vingers vat iets raak. Desperaat trek ek myself regop, maar dit gee mee onder my gewig. Stadig gly ek terug in...

Sanlam SkryfNet XXII: Swaard van vergelding (Dag van Vergelding) (3)
Susan van der Walt - 2009-10-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Susan van der Walt se verhaal: Dag van Vergelding Kobus woel rond in sy bed. Sy lakens is sopnat van die vorige nag se stryd teen die koors. Lydia kyk gesteurd na sy een been wat maar nie stil kan lê nie. “Hoe gaan dit hier?” vra sy pa van die deur af. “Ek weet nie, Hannes. Die koors wil maar net nie breek nie.” Sy ma staan op en volg sy pa by die kamer uit. “Ek...

Sanlam SkryfNet XXII: Two-hour Pandora’s Box (Die jas) (3)
Luitje Mulder - 2009-10-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Luitjé M Mulder se verhaal: Two-hour Pandora’s Box (Die jas) Mattheus loop op en af voor Pandora’s. Wat het hom besiel om dinge so ver te laat gaan? Wat is die sin daarin om ’n verhouding met Dorita aan te knoop? Miskien moet hy eerder loop voordat sy hier is. Hy kyk skuldig af en sien ’n papiertjie op die grond lê. Instinktief buk hy en tel dit op. Hy lees dit, frommel...

Sanlam SkryfNet XXII: Daar’s ’n tie-rod betrokke (3)
Harry Cronjé - 2009-10-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Harry Cronje se verhaal: Daar’s ’n tie-rod betrokke Pa is in hart en siel ’n poliesman, maar hy voel ’n sterk roeping om predikant te word. Dis ’n worsteling. Hy wieg tussen sy áánkeerdrang en sy békeerdrang. Eendag voeg hy die daad by die durf. Hy tree toe tot die bediening en aanvaar beroep Kimberley toe. Die gemeente sukkel maar en geld is skaars....

SkryfNet XXII: Deon Meyer se tweede verslag
Deon Meyer - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Prosa Tweede verslag deur Deon Meyer van: Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Antoinette Diedericks : "Stille wraak" Susan van der Walt: "Swaard van vergelding" Harry Cronjé: "Daar’s ’n tie-rod betrokke" Luitjé M Mulder: "Two Hour Pandora’s Box" Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Ek is nie seker jou herskryf...

SkryfNet XXII: Jan van Tonder se tweede verslag
Jan van Tonder - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Prosa Tweede verslag deur Jan van Tonder van: Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Antoinette Diedericks : "Stille wraak" Susan van der Walt: "Swaard van vergelding" Harry Cronjé: "Daar’s ’n tie-rod betrokke" Luitjé M Mulder: "Two Hour Pandora’s Box" Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Ek kan sien, Rita, dat...

Sanlam SkryfNet XXII: Two Hour Pandora’s Box (Die jas) (2)
Luitje Mulder - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Luitje Mulder se verhaal: Two Hour Pandora’s Box (Die jas) Die advertensies op Pandora’s Box se winkelvenster sê nie veel nie. Dis net toe hy wil omdraai en loop dat hy die jas deur die venster sien. Dié jas wat hy nou so lankal na soek. Hy kyk vlugtig op sy horlosie. As hy gou maak, sal hy nog betyds wees om by Dorita te gaan koffie drink. Hy stap die tweedehandse winkeltjie binne....

Sanlam SkryfNet XXII: Almal is Rooikoppe (2)
Rita Swanepoel - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Rita Swanepoel se verhaal: Almal is Rooikoppe Petra bring haar mond na die rand van die beker. Met haar lippe meet sy die hitte. Nog té warm om te kan geniet. Sy vou haar hande om die beker; geen hitte hoort in hierdie koue vermors te word nie. Dis nooit veel van ʼn krisis wanneer haar motor gaan staan nie, want gewoonlik gebeur dit in die dorp. Binne minute is daar ʼn boerklong wat die kap op het en...

Sanlam SkryfNet XXII: Swaard van vergelding (2)
Susan van der Walt - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Susan van der Walt se verhaal: Dag van Vergelding Kobus voel die stamp tussen sy skouerblaaie en probeer vergeefs sy balans hou, maar sy swak voet laat hom in die steek en hy val hard op sy knie. Danie! Dit kan net Danie Combrink wees, dink hy terwyl hy sy boeke begin bymekaarskraap. Sy knie brand soos vuur en hy knip die trane uit sy oë. Juffrou Rademan staan nader om hom te help, maar hy klap haar hand...

Sanlam SkryfNet XXII: Stille wraak (2)
Antoinette Diedericks - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Antoinette Diedericks se verhaal: Stille wraak Die slymerige vloeistof is orals. Dit word dieper en dieper. My voete kry geen vastrapplek nie. Ek gly en val. Die slym sluit oor my kop. Ek kan nie opstaan nie. Ek probeer gil, maar slym loop by my mond in, wil my versmoor. Wild gryp ek rond, my vingers vat iets raak. Desperaat trek ek myself regop, maar dit gee mee onder my gewig. Stadig gly ek terug in die slymput,...

Sanlam SkryfNet XXII: Daar’s ’n tie-rod betrokke (2)
Harry Cronjé - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Harry Cronjé se verhaal: Daar’s ’n tie-rod betrokke Pa is in hart en siel ’n poliesman, maar hy voel ’n sterk roeping om predikant te word. Dis ’n worsteling. Hy wieg tussen sy aankeerdrang en sy békeerdrang. Hy voeg eendag die daad by die durf. Hy tree toe tot die bediening en aanvaar beroep Kimberley toe. Die gemeente sukkel maar en geld is skaars. Een Sondag na middagete,...

SkryfNet XXIV: Visse laat nie spore nie
Margarethie Bredenkamp - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Margarethie Bredenkamp se kortverhaal: Visse laat nie spore nie Marelize kies die tafel met oorleg, bietjie privaat maar so dat sy die deur kan dophou. ’n Lang man kom in die deur staan, kyk rond en sien haar raak. Terwyl hy aanstap na die tafel toe, merk sy die blink bles, omraam deur swart hare op. “Mevrou Roux?” Sy knik en steek haar hand uit. “Henk Pistorius” Sy handdruk...

SkryfNet XXIV: Loop soos die glas
Lizanne Kruger - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Lizanne Kruger se kortverhaal: Loop soos die glas Klaas het by die agterdeur kom staan. “Daai vrou, ons mekaar verstaan nie. Nou sy dra die baby van my bloed, maar nou sy slaap by die ander man. My kind gaan mos siek word. Sy moet net weet, as sy breek met my, sy sal lê tussen die wind en die hemel.” Pa het hom vererg en gesê Klaas moet loop. Deur die kamervenster het ek hom...

SkryfNet XXIV: Die erfstuk
Kate Coetzee - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Kate Coetzee se kortverhaal: Die erfstuk “Wat? O genade, nee! Wanneer?” Roep Rene uit terwyl sy die pienk sweetband van haar kop aftrek en haar blonde hare losskud. Sy is pas terug van die gim toe haar huistelefoon lui. “Gisteraand, rustig. Sy moes die een of ander tyd gaan, Rene,” kom Debbie se ewig-geduldige stem. Rene sug en verplaas haar gewig van die een slanke been na die...

SkryfNet XXIV: Om te bly vier
Ansie de Kock - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Ansie de Kock se kortverhaal: Om te bly vier Annelien vee die sweet van haar voorkop af. Sy plak die sakke met kruideniersware op die kombuistafel neer, bly nie voor met alles wat nog gedoen moet word nie. Die krismisrose staan verlep. Kasper-brak het ’n donga in die voortuin gegrawe, die grasperk besaai onder die petunias wat sy nét gíster geplant het. Die...

SkryfNet XXIV: Bloedlus
Adriaan Coetzee - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Adriaan Coetzee se kortverhaal: Bloedlus My coathanger-kind is my enigste moord. In standerd nege, met die nuwe skooljaar op hande, storm ek die matriekbadkamers in om verligting van ’n drukkende nood. Daar is nie tyd om by die eerste verdieping uit te kom nie; het daardie sangoefeninge op die pawiljoene een sekonde langer geduur ... "Wat soek jy hier?" begin dit. "Ek pis."...

SkryfNet XXIII: ’n Gedig vir Chris
Elizabeth Kendall - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: ’n Gedig vir Chris Jy het na my gekom op ’n dag toe die garsland aan doodgaansiekte wou beswyk toe die kruike leeg en koud en krakerig was toe niks meer nêrens op ’n plek wou pas toe alles halfmas was Ons het koorsig aan mekaar se lippe gehang ek het in jou blouste oë verdrink, diep weggesink gevoel asof ek jou van toentertyd af ken,...

SkryfNet XXIII: Hartsake
Elizabeth Kendall - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: Hartsake Elke hart het vier kamers: dit het ek toentertyd geleer in die biologieklas waar ek ’n tiener was toe was my hart dié van ’n kind sorgeloos en vry, so lig die tyd het aangestap en ek’t ’n hele paar keer sleg my kop gestamp, my hart verloor tyd en raad het dit genadiglik weer reggetoor en netjies op sy plek teruggesit...

SkryfNet XXIII: Krisis
Bibi Slippers - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Bibi Slippers se gedig: Krisis daar is ’n globale ekonomiese krisis en ek keer ’n glas water op die mat voor my lessenaar om klimaatsverandering is die grootste katastrofe waarvoor kontemporêre samelewing nog te staan gekom het en my gunsteling romp word groen in die was want my hippie-hemp is toe nie kleurvas nie ek brand ons aandete breek ’n nael verloor my paspoort...

SkryfNet XXIII: Ek woon weer in die trope
Bibi Slippers - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Bibi Slippers se gedig: Ek woon weer in die trope oppad terug van die mark af besef: ek wìl hier wees, by jou ek pak ons tropiese oes op die tafel uit en sny my verlede in klein stukkies op maak dit verteerbaar vir jou vreemde tong hierdie piesangs: die vallei naby melmoth as mens amper terug in empangeni is hierdie papaja: ek klim as kind die bure se boom, die vrug val saggies in...

SkryfNet XXIII: Gestenig
Adri Swart - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Adri Swart se gedig: Gestenig Die son klim nat uit Gilead en stort sy strale oor ons twee, saam begin ons die woestynreis na die Dooie see. Ek smelt my troupand vir ons goue kalf. Saam dans ons kaalvoet op ’n volmaan aand … soos Israeliete in n vreemde land - sonder enige verdriet. Moeg lê ons langs mekaar en voor God, ons kan nie anders nie ... ons is aan die...

SkryfNet XXIII: Verlange
Adri Swart - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Adri Swart se gedig: Verlange Die maan lê lepel vanaand met my Sy trek my hart se punt see toe … en ek lê en kyk hoe my verlange volword … soos ’n maan Ek probeer jou oproep in die vaal lig van die maan maar ek het vergeet hoe spel ’n mens jou naam Ek speel jou sintuie soos ’n harp, my verlange komponeer...

SkryfNet XXIII: Grafskrif
Hendrik Botha - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Hendrik Botha se gedig: Grafskrif Op jou getuigskrif staan daar tussen reëls dat jy nie sinvol funksioneer in spanverband - heeltyd huiwerend op die periferie waar daar meer asem is as wat die muwwe mainstream bied – Maar somtyds raak dit eensaam daar, en soos Bukowski sou jy ’n leeftyd neem om te verstaan dat eensaamheid oorskat word - maar toe was dit te laat. ...

SkryfNet XXIII: Donor
Hendrik Botha - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Hendrik Botha se gedig: Donor my hart op veertig by sy rakleeftyd verby, my niere uitgeloog op vyftig, die lewer deur vernielsug en die longe deur besoedeling van bruikbaarheid gestroop maar ek stuur vir jou my oë, in lewe blou, om die korneas oor te plant sodat jy met ander oë na dieselfde son en sterre as ek in verwondering kan kyk, maar mag die laaste prentjie, vandag...

SkryfNet XXIII: 'n Herfsgedig
Elmarie Viljoen - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Eerste weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: ’n Herfsgedig Hierbinne my herfshuis waar my hart in die lou-lui son waak, hoor ek ’n heilige gewerskaf buite in my tuin: die tydsame gehark van kraakblare, die fluistersproei uit my geroeste gieter, die vredige spit in beddings wat so lank blomloos moes bly en ek weet daar word vir my ’n winterwonder bewerk. << Terug...


<< 1 2 3 4 9 >>