Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools

Skole | Schools


<< 1 2 3 >>

Hamlet at the Durban Playhouse Opera
Until 30 March 2007 - 2007-02-28
The Actors Co-Operative, in association with the Playhouse Company, presents Shakespeare’s Hamlet in the Playhouse Opera until 30 March 2007. While the production is geared primarily as a learning aid for school learners studying the play as a matric setwork, a public performance will be given on 9 March at 19h00. Tickets for this cost R60 (adults) and R35 (learners and pensioners) and booking is through Computicket on 083 915 8000 or through the Playhouse box office on 031 369 9555 or 031...

Awakening raw talent
Glenwood Boys High, Durban - 16 to 18 March 2007 - 2007-02-28
Durban entertainer Shelley McLean is co-ordinating a weekend festival of empowerment workshops for learners, to be conducted by top arts professionals for learners in the Durban region. This will be held at Glenwood Boys High School over the weekend of 16 to 18 March. Entitled A.R.T (Awakening Raw Talent), McLean’s weekend programme is geared to help fast-track the progress of aspirant performers as they enter the workplace. It will include workshops given by top performing arts professionals,...

Taalwerkmodule: Afrikaans Eerste Addisionele Taal HG, Graad 9
Basie Viljoen - 2007-02-21


Meester 4
Danie Cronjé - 2007-02-21


Oor rook, stook ... en drake
Elsa Herbst - 2007-02-20
My vorige rubrieke het ek al rokend, of liewer, stokend, geskryf. Hierdie rubriek skryf ek sonder om dit eens te oorweeg om 'n sigaret op te steek. En wel om hierdie rede, vriende: ek het ophou rook! Ek is nikotienvry en skoon van dié vreeslike euwel. Soms word ek wel oorval deur 'n skielike lus, maar dit verdwyn gou en dan voel ek weer vry en bly dat ek die nikotien-draak ore aangesit het. En dis nou waaroor hierdie geselsie gaan: Of jy nou 'n ligte roker of 'n kettingroker is –...

Om eerlik te wees ... Genade, Antjie!
Jasper van Zyl - 2007-02-20
Toe ek begin skryf het, het ek begin lees. Ek het enigiets gelees: tydskrifte, rubrieke, internetbladsye, gedigte, koerante, die agterkante van sjampoebottels, lirieke, boeke, inligtingsbrosjures. Noem dit, ek het dit gelees. Antjie Krog het gesê as jy lees, leef jy met 'n groter bewussyn. Die meeste tieners van vandag sien op teen enige Afrikaans-les waarin poësie bespreek word. Ek moet erken: ek ook. En dit gaan nie oor "die manier waarop poësie behandel word op skolevlak”,...

Wes-Kaapse onderwysers ontstoke oor Departement se lees-planne
Melt Myburgh - 2007-02-16
Afrikaans-onderwysers wat die WKOD se eersteronde-trosvergaderings (die sg “cluster meetings”) bygewoon het, se moed het in hul skoene gesak toe 'n omsendbrief getiteld BELEID OOR LEES VIR LEERDERS IN HUIS- EN ADDISIONELE TALE: GRAAD 4- 12 (sic) aan hulle uitgedeel is. Volgens dié dokument, omsendbrief 0002/2007 (verwysingsnommer 20060921-0053 13/2/11/6/1), word daar van leerders wat Afrikaans as vak neem, verwag om jaarliks 'n kruiwavrag boeke deur te draf. 'n Leesverslag oor...

Skatkis kindertydskrif
2007-02-12
Maak lees weer lekker vir kinders! Teken in op Skatkis, ’n prettige tydskrif, wat spesiaal ontwikkel is vir laerskoolkinders. Kinders leer oa hoe goeters werk, hoe ’n mens se liggaam aanmekaar gesit is, hoe om ’n entrepreneur te word. Pret is deel van Skatkis – lekker resepte vir die aspirant-bak-en-brouer, oulike handwerkartikels, lekkerlees verhale en strokiesprente. Tameletjie-sake soos hoe om maats te maak, hoe om die trauma van egskeiding te hanteer, en vele meer word...

Hulp met jou loopbaankeuse
2007-02-05
Matriek en moet jy ‘n loopbaan kies? Revolusionêre wyse om ‘n loopbaan uit te werk wat jou soos ‘n handskoen kan pas. Ons bepaal dit geneties. By Dr Annette Lotter and Assosiate bepaal ons van vroeg af jou genetiese potensiaal en beperkinge en gepaardgaande vaardighede wat nodig is om jou maksimum potensiaal te bereik. Verkieslik voor Graad 10 (maar ook in Grade 11 en 12) om te help met vakkeuses met ‘n beplande loopbaan reeds in gedagte. Tydens konsepsie, word...

Revealed: vibey, one-stop student website
Michelle Langner - 2007-02-01
www.swotstudents.com! A new generation Southern Africa student site is generating wide-spread feedback. It was listed as Ananzi.co.za’s Top 5 site of the week and feedback is glowingly positive … “This is the craziest thing I've seen all year.” “Your website looks awesome and I promise that I will let everybody I know, know.” “K, just looking at the homepage and seriously impressed.” SWOT is funky, youthful, mod and energetic, and hopes...

Meester 3
Danie Cronjé - 2007-01-29


Vyf vinnige vrae aan Johan Bakkes
Johan Bakkes - 2007-01-29
Johan Bakkes is vinnig besig om 'n kultusfiguur te raak onder reisgoggas en wulpse middeljarige vroue. Melt Myburgh het al saam met hom dronk geword en partytjie gehou op 'n besige sypaadjie in Grahamstad. Hy het dié skrywer van Moer toe die vreemde in en Nou's ons in ons donner in gepeper met vyf vinnige vrae. Genade, Johan! By woordfeeste het ek al vele slanke (getroude) dames hul spykerhakke sien aftrippel agter jou wildewragtig image aan. Is almal so gaande oor jou butch voorkoms? ...

Konkrete planne met nuwe geskiedenis
SAOU-gebou, Serenestraat, Pretoria - 26 Januarie 2007 - 2007-01-23
Suid-Afrika se hedendaagse leerstof/leesstof vir die vak geskiedenis op skole kom eerskomende Vrydag 26 Januarie 2007 onder die loep by ‘n seminaar van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria. Dit volg nadat die voorsitter van die Akademie se Geskiedeniskommissie, prof. Fransjohan Pretorius, in die verlede sy ernstige besorgdheid uitgespreek het oor die inhoud van die huidige skolegeskiedenisleerstof waarin die Afrikaanse en Afrikanerrrol in die geskiedenis van die land...

Taalvraestel vir Graad 12 Afrikaans Tweede Taal-leerders
Trippel H - 2006-12-20


Krismis vir Afrikaans-onnies danksy Trippel-H
Melt Myburgh - 2006-12-20
Daar is darem maar snaakse kreature in die onderwys. Dit het ek pas weer besef toe ek matriekvraestelle nagesien het in die Wes-Kaap. Glo my, ek het nie by die nasiensentrum opgedaag om deur onderwysers se modegimnastiek verras te word nie. Nee, ek was daar om 'n bydrae te lewer tot die welsyn van die volk se Afrikaans Tweede Taal-kandidate. En vir die geld, natuurlik! Die vinnigste manier vir onderwysers om geld te maak sonder om die wet te oortree, is steeds om vraestelle aan die einde van elke...

Om eerlik te wees ... Hoe om rassisme aan te blerk ...
Jasper van Zyl - 2006-12-12
"Jy kla oor die toestand van ons landwel, fokken doen iets daaromtrent!" - Fokofpolisiekar - "Brand Suid-Afrika" Alles het oorsake. Hierdie lewe van ons is 'n kettingreaksie. Ons loop. Ons trek skoene aan want ons wil winkel toe gaan want ons wil sigarette gaan koop want ons wil rook want dis lekker want ... So kan mens aangaan, waarskynlik tot in ewigheid. Hoewel ons iewers nie meer die woorde sal hê om die redes te verwoord nie, sal hulle altyd daar wees. Sonder redes...

Meester 2
Danie Cronjé - 2006-11-22


Ontmoet John van de Ruit, skepper van Spud
John van de Ruit - 2006-11-20
KlasKamer se inwonende joernalis en resensent, Albertus Kidd, het gaan uitvind hoe dit gaan met John van de Ruit, die gewilde akteur en skrywer van die blitsverkoper Spud. Lees jy Afrikaanse literatuur? Indien wel, wat dink jy daarvan en het dit verander sedert jy op skool was? Ondanks my Nederlandse van is my vermoë om Afrikaans te praat 'n volledige verleentheid. Ek neem aan om in Durban groot te word, is ook nie juis die beste plek om dit op te tel nie … Die antwoord, dus, is jammer,...

Lonkie onbeperk: Faecolalia Maggsii
Lonkie Mackenzie - 2006-11-07
Ek wag nou al byna vyf maande lank vir 'n “gut”-reaksie op Jeremy Maggs se strontstorting oor onderwysers wat vroeër vanjaar in The Herald verskyn het. Beteken hierdie lang stilswye dat ons onderwysers nou maar net vuisvoos op 'n hoop bly lê terwyl elke infantiele bullebak en sy maat van ons 'n slaansak maak? Terug by Maggs se dermlediging, veral die slotkutteltjie: It’s my belief that most (teachers) fail miserably. Until I see some change on this front,...

Meester 1
Danie Cronjé - 2006-11-06


Oor pornografie in die Land van Toe Gordyne en Geslote Deure
Elsa Herbst - 2006-11-06
Toe ek 'n vriendin van my vra wat sy dink die verskil tussen pornografie en erotika is, was haar antwoord: “Nie veel nie; die een het 'n kunstige geurtjie terwyl die ander walglik en skokkend is. Al twee maak maar jags. Oor erotika voel die voyeur minder vuil of skuldig.” 'n Ander vriendin voel daar is 'n groot verskil: “Erotika kielie met 'n grashalm en pornografie bliksem met 'n lat ... dit maak jou siel dood.” My liewe gay vriend sê weer: “Erotika is boring...

Vyf vinnige vrae: Marius Crous
Marius Crous - 2006-11-06
Marius Crous en Melt Myburgh by vanjaar se VersindabaFoto: Naomi Bruwer Die digter Marius Crous se tweede bundel, Aan 'n beentjie sit en kluif, het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Voordat Crous as taalversorger by die parlement beland het, het hy 'n draai in die onderwys gemaak. Hy was ook Afrikaans-dosent aan die Universiteite van KwaZulu-Natal en Namibië. Melt Myburgh het hom stormgeloop met vyf moedswillige vrae. 1. Ek hoor jy was in beheer van dissipline in die dae toe jy skoolgehou het...

Boektrommels aan agtien skole geskenk
2006-10-19
Foto: Dr Louise Combrink (nasionale voorsitter van die Vriende van Afrikaans), me Jean Williams (uitvoerende direkteur van Biblionef), dr Michael le Cordeur (kringbestuurder van die WKOD) en mnr Jack Louw, direkteur van die Taalmuseum, tydens die eerste boektrommeloorhandiging. Agtien Wes-Kaapse skole is elk ‘n trommel vol splinternuwe boeke ryker te danke aan ‘n gesamentlike projek van die Afrikaanse Taalmuseum, die Vriende van Afrikaans (VVA) en Biblionef. Tien primêre skole...

Graad 12 Vierde genre: Kreatiewe respons
Melt Myburgh - 2006-10-19


Graad 12 Tweede (Eerste Addisionele) Taal HG: Langer skryfstuk
Melt Myburgh - 2006-10-19


Afrikaans Primêre Taal Graad 9: Droomwa-toets
Melt Myburgh - 2006-10-18
Afrikaans Primêre Taal Graad 9 Droomwa-toets Totaal: 25 Opsomming van toets Vraag 1 Lees die uittreksel uit Droomwa wat volg en beantwoord dan die vrae. Vraag 2 Verduidelik elke keer in 'n kort sinnetjie wie elk van die volgende karakters in Droomwa is. Vraag 3 Vul die woorde wat in die volgende paragraaf uitgelaat is, in. Skryf slegs die korrekte antwoord teenoor die betrokke vraagnommer neer. Klik hier om die vraestel in PDF af te laai Klik hier om 'n gratis kopie van...

Afrikaans Tweede Taal HG Graad 12 Vraestel 2 (Letterkunde)
Melt Myburgh - 2006-10-17
Afrikaans Tweede Taal HG Graad 12 Vraestel 2 (Letterkunde) Tyd: 2 uur Punte: 80 Opsomming van vraestel AFDELING A: FEESMAAL – E.A. SWANEPOEL Vraag 1 POTYSTER SWEIS NIE – P.G. DU PLESSIS: Lees die onderstaande uittreksel goed deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. [12] 'N TUISNYWERHEID LANGS DIE PAD – RIANA SCHEEPERS: Kies elke keer die korrekte antwoord op die veelkeusevraag. Skryf die letter en die korrekte antwoord langs jou vraagnommer neer. [8] DANKIE,...

Lonkie onbeperk: Huistaal, sjmuisjtaal
Lonkie Mackenzie - 2006-10-16
Ek huppel blinkoog huis toe met die nuus: my geliefde kom ouers vra. Pa word bleek. Helder oordag skink hy vir hom en my NCVV-ma elk 'n dubbel Oude Meester. Snags syfer hulle angstige gesprekke deur deure en krake; bedags word min gepraat. Later word Dominee ingeroep – hy stem: huwelike oor kultuurgrense werk nie. My hart wil breek, want dis die eerste keer dat ek Pa sien huil. Nietemin dok my sagmoedige Engelse reus enkele dae later sy metaalgroen Manta in ons oprit. Gou word hy liefgekry,...

Legendariese onderwyser: Ella Wagenaar
Laetitia Taute - 2006-09-29
Dr Ella Wagenaar is een van daardie legendariese opvoeders wat geslagte leerders se lewens oor jare heen aangrypend beïnvloed het. Sy word vanjaar 75 en woon op Grahamstad. Na haar aftrede as onderwyser het sy 'n koeksister-onderneming op die been gebring om 'n bron van inkomste te skep vir werklose mense in haar gemeenskap. Een van haar oudleerders, Laetitia Taute (gebore Herselman), onthou vir Ella só: As Ella Wagenaar jou Afrikaanse pad (by wyse van spreke) gekruis het, sou die...

Graad 12 Tweede (Eerste Addisionele) Taal HG: Voorbereide praatjie
2006-09-29
Lewer 'n praatjie van 3 – 4 minute oor een van die volgende onderwerpe: Jy is 'n joernalis wat gesien het hoe die supermodel Kate Moss kokaïne gesnuif het. Die koerantberigte wat jy oor dié voorval geskryf het, het jou wêreldberoemd gemaak. Vertel hoe alles gebeur het en hoe jou lewe sedertdien verander het. Jy word beskou as 'n kenner oor 'n bekende persoon wat sy merk in die wêreld gelaat het. Gee 'n oorsig oor dié bekende se lewe en verduidelik...

Graad 9 Afrikaans Primêre Taal Navorsingstuk: 'n Moderne ikoon
Melt Myburgh - 2006-09-26
'n Moderne ikoon Nelson Mandela, Madonna, Britney Spears, David Beckham – almal moderne ikone wat jong mense regoor die wêreld inspireer. Wie beskou jy as ’n ikoon? Doen navorsing oor 'n moderne (lewende) ikoon vir wie jy nog altyd 'n matelose bewondering gehad het. Gebruik boeke, tydskrifte, ensiklopedieë, die internet, ens. as bronne om 'n profiel oor jou gunsteling-ikoon saam te stel. Jou navorsingstuk moet die volgende afdelings insluit: 'n Inleiding waarin...

Graad 8 Primêre Taal Navorsingstuk: Skool - van toeka tot nou
Melt Myburgh - 2006-09-26
Skool - van toeka tot nou Stel ondersoek in na die manier waarop die lewe in die skool verander het sedert die dae toe jou ouers op hoërskool was. Jou navorsingstuk moet uit vier afdelings bestaan: 'n Kort inleiding waarin jy verduidelik waaroor jou ondersoek handel. Stel jou leser ook bekend aan die persoon (jou ma of jou pa) wat jy by jou navorsing betrek het. Die tweede gedeelte van jou taak bestaan uit 'n vraelys (minstens 10 vrae) en die antwoorde van die persoon met wie...

Leesbegrip vir Primêre Taal Graad 10-11
2006-09-13
Beantwoord die volgende vrae nadat jy die artikel oor Deon Meyer gelees het. Dié artikel het verskyn in Insig van Mei 2003, en is effens aangepas. Deon Meyer Hou my vas, korporaal! Deur EMILE JOUBERT Foto's: PETER RIMELL 1 Die stuk brullende Duitse masjinerie beweeg teen 200 km/h oor die teerpad. Terwyl die tweewielknewel sy krag moeiteloos aanwend, tuit die wind deur my valhelm. Koel lug teen 'n nekvel...

Om eerlik te wees ... Klein dogtertjies moet liewer klein bly
Jasper van Zyl - 2006-09-12
If you tolerate this, your children will be next. - Manic Street Preachers Die wonderlike ding van evolusie (nie Darwin se kontroversiële makro-evolusieteorie nie, maar mikro-evolusie) is dat organismes oor tyd sekere aanpassings aan die struktuur van hul eie selle en weefsel maak wat daardie spesifieke organismes in staat stel om te kan oorleef in die tyd en plek waar dit moet voortbestaan en voortplant. Dat hierdie soort evolusie bestaan, word selfs deur kerkleiers en konserwatiste wat Darwin...

CoolKids: Rousseau Kluever - in die vaarwater van Ryk Neethling en Roland Schoeman
Melt Myburgh - 2006-09-12
Foto deur Kevin Jenkins Maak gerus 'n nota van die naam Rousseau Kluever – van hierdie talentvolle jong man gaan jy nog baie hoor. Dié boorling van Durbanville is een van Suid-Afrika se belowendste jong swemmers. Hy is egter nie net tuis in die water nie – hy het ook 'n passie vir Afrikaans. Rousseau, tans in graad 11 by Rondebosch Boys’ High in Kaapstad, is lid van die Suid-Afrikaanse Junior-swemspan. In Julie het hy deelgeneem aan die DSW-kampioenskappe in Darmstadt,...

Onnies wat 'n verskil maak: San Knoetze, Kingswood College, Grahamstad
Melt Myburgh - 2006-09-12
As die gesig op die foto hier bo iewers 'n klokkie lui, is jy waarskynlik 'n Insig-leser. 'n Portret van San Knoetze, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College op Grahamstad, het in die Julie-uitgawe van dié tydskrif verskyn as deel van 'n foto-essay oor mense wat 'n verskil in hul gemeenskappe maak. Melt Myburgh het San se wêreld gaan verken en terselfdertyd 'n foto van haar by Brent Meistre, fotografie-dosent aan Rhodes Universiteit, gebedel. Almal wat vir San Knoetze ken, stem oor...

5 vinnige vrae: Pieter-Dirk Uys
Pieter-Dirk Uys - 2006-09-12
Met sy besoeke aan skole regoor Suid-Afrika het die legendariese Pieter-Dirk Uys (ofte wel, tannie Evita Bezuidenhout) reeds 'n enorme bydrae gelewer om leerders en opvoeders bewus te maak van die gevare rondom Vigs. Melt Myburgh het vyf vrae aan hom gestel. 1. Met jou Vigs-bewusmakingveldtog het jy die land deurkruis en 'n magdom skole besoek. Wat is jou indruk omtrent die stand van onderwys in die land? 700 skole, oor ’n miljoen jong mense. Die stand van onderwys is altyd moeilik om te...

Oor piesangs en kondome
Elsa Herbst - 2006-08-30
Die Amerikaners noem dit 'n lovercover, die Chinese 'n fuckiesakkie, die Nederlanders 'n spermskerm, en die Namakwalanders 'n trilskil … Só lui 'n flou grappie wat ek nou die dag per sms van 'n ou vriendin uit my laerskooldae ontvang het. “Gebruik 'n kondoom of jy sien jou gat!” propageer ons Departement van Gezundheid luidkeels. Nou wonder ek hoekom so baie mense (tieners ingesluit!) nié aan hierdie versoek gehoor wil gee nie? Hulle kan tog nie só onkundig...


<< 1 2 3 >>