Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Rubrieke | Columns

Rubrieke | Columns


<< 1 2 3 >>

Uit die boks: De la Rey?
Willie Knoetze - 2007-05-03
Nou toe kyk, selfs ek het nie gedink hierdie komper se toetsbord gaan ooit “Bok van Blerk” tik nie – maar daar het dit nou so pas. Dit het my so rukkie gevat om uit te werk – maar my deelname aan die sogenaamde “De la Rey-debat” is alles Pampoen se skuld (nie Steve se snit nie – die eetplek in Mosselbaai). Dis daar waar ek en my ouers die eerste keer die liedjie gehoor het. Wel, ten minste my ouers; ek weet nie wanneer ek die liedjie gehoor het nie. Vermoed...

Egon se nuusbrief uit Israel: Bat mitzvah en partytjies
Egon - 2007-03-28
Gewoonlik hou ons nie daarvan om ons vir die Sabbat aan vaste reëlings te verbind nie, maar verlede week was ’n uitsondering. Dit was Daphne se bat mitzvah, amper soos om “voorgestel” te word in die Gereformeerde tradisie, en iets wat gebeur as ’n dogter twaalf en ’n seun dertien is. By seuns heet dit bar mitzvah. Dis ’n spesiale geleentheid as die dogter of seun vorentoe geroep word om vir die eerste maal voor die gemeente uit die Torah te lees. Toe ons...

Uit die Boks: Vaal tuine
Willie Knoetze - 2007-03-21
Ek het ’n Maandag-ritueel. Ek begin elke week met ’n traan vir iemand wat ek nie ken nie. Nee, wag nou; rol jou oë terug vorentoe en doen jouself ’n guns: gaan kyk na www.postsecret.com. Sien wat ek bedoel? Die webmeester laai elke Sondag nuwe tuisgemaakte poskaarte met anonieme persone se geheime op die blad. Dis ’n ongelooflike platform wat hy geskep het en sluit aan by ander elektroniese biegplatforms soos BiegNet (die uiters gewilde biegplatform op LitNet). Op www.postsecret.com...

Egon se nuusbrief uit Israel: Gym en storte
Egon - 2007-03-01
Ons gesels vandag in die klas oor die wonderwerke wat dit vir die Hebreeuse slawe moontlik gemaak het om uit Egipte te ontsnap. Ons bespreek toe die verskillende teorieë wat verklarings bied vir die paddas en sprinkane, die vlooie en die vlieë. Uiteindelik besluit ’n mens dat al was die wonderwerk daarin geleë dat die dinge alles op presies die regte oomblik gebeur het, was dit steeds genoeg van ’n wonderwerk! In my eie lewe sien ek dikwels dat die wonder van iets juis...

Uit die boks: Vergifnis
Willie Knoetze - 2007-02-28
Kersfees tuis het grootliks sonder voorval gekom en gegaan. Dis nogal anders as dit net jy, jou ouers en twee grootouers is om die etenstafel. Gesprekke dwaal na onbekende mense van jare gelede en familie van wie jy nog nooit gehoor het nie. In die jaarlikse oorsig is vlugtig na tannie Lettie (en haar vriendin van oor die dertig jaar) verwys. Ek wens ek het meer geweet van hulle – maar daardie hoofstuk is duister. My ma het my al vertel wat sy weet – dat Lettie ’n sterk vrou is...

Regtig: Die troureëlings verloop vlot
Anna-Marie de Vos - 2007-02-28
Die troureëlings verloop vlot. Twee tweetandskape is reeds vanaf Uniondale bestel. Suzanne wou eers vasskop oor die kokery, maar uiteindelik het ek toe darem my sin gekry. Ek weet dit is nie gebruiklik vir bruid of bruidegom om self te cater vir die troue nie, maar aangesien ek en Suzanne in die Wet op Siviele Verbintenisse beskryf word as “partye” kan ek seker op my eie paartie kos maak. Daar is natuurlik nie ’n dominee voor oog hier in die Suid-Kaap wat twee lesbiërs...

Uit die boks: ’n Ander blye boodskap
Willie Knoetze - 2007-02-05
Die lewe is te kort vir vervelige kos, dronk tieners of slegte drag shows. Dieselfde geld vir Trixie et al wat nog steeds glo ’n knik is ’n uitnodiging tot ’n orgie. Of dan nou meer spesifiek – en meer irriterend – ’n uitnodiging vir mans wat jou aan die gulp gryp as hulle groet! So pyl ’n man mos nou die dag op my af (in Stones in Mosselbaai – bid jou aan!) en “wie’s jou pappa” my waar ek met ’n kliënt staan en...

Egon se nuusbrief uit Israel: Kersfees en Chanoeka
Egon - 2007-01-26
en my verse kan leef omdat die verlange die asem is van die poësie (Uit "Manifes" deur Lina Spies) Ek belowe dat ek nie nou my nuusbrief uit Israel sal misbruik om vir u oor die verlange te dig nie. Om in Afrikaans te dig sou in elk geval vir my ’n vreemde opdrag wees. Ek dig slegs in Engels en droom van die dag wat ek in Hebreeus ten minste gedigte sal kan léés. Maar dalk is Kersnaweek tog ’n goeie tyd om oor die verlange te skrywe,...

Uit die boks: Ella
Willie Knoetze - 2007-01-23
Dis asof Moeder Aarde vóór ons geweet het. Vóór ons geweet het en vóór ons begin treur het. Die pyn om afskeid te neem was ondraaglik, en haar reëntrane het ons verswelg. Huise in Glentana is weggeskeur uit die landskap, paaie het vol gate geval, Knysna se brûe is deur die water teruggevat en die berg het Kaaimansrivierpas van hom begin afskud. Haar aanvanklike pynkreet was verskeurend. Maar ons kon nie verstaan nie ... Longontsteking was...

Regtig
Anna-Marie de Vos - 2007-01-19
“Kan Ma-hulle net asseblief die ding low-key hou?” Ek wil my eers bloedig vererg, maar bedink my. “Stemmig,” help ek my sewentienjarige dogter reg. Die arme kind kry ook maar swaar. Nie alleen is sy en haar broer die enigste kinders wat op ‘n rekenaar met ‘n Afrikaanse koppelvlak moet werk nie, hulle het boonop twee ma's – en nou wil dié nog gaan staan en trou ook. Vir ‘n oomblik oorweeg ek wel die versoek. Sal ons maar bedees die siviele...

Bekendstelling: Anna-Marie de Vos se regsrubriek op Gay@LitNet
2007-01-19
Gay@LitNet het ‘n opwindende nuwe toevoeging gekry: oudregter Anna-Marie de Vos sal voortaan ‘n maandelikse rubriek spesiaal vir Gay@LitNet behartig. Die polemiek aangaande gaykwessies op SêNet en Bieg wys dat dit nodig is om ‘n ruimte te skep waar ingeligte opinies gelug kan word. Anna-Marie se rubriek sal ‘n wye verskeidenheid onderwerpe aanroer, waarvan die eerste die kwessie van gayhuwelike is. Lees wat dink die eerste gay paartjie wat kinders aangeneem het oor trou,...

Egon se nuusbrief uit Israel: Ongewoon gewone dae
Egon - 2007-01-15
Een van ons lesers skryf dat my en Judy se lewe so eksoties en opwindend klink. Natuurlik is dit te verstane, met nuusbriewe oor Hamburg en Londen, Berlyn en München, selfs Jerusalem, maar dis nie noodwendig die hele waarheid nie. Dis waar dat ons twee maande van die jaar nie hier in Israel is nie: ons is óf by Judy se familie in Duitsland óf by myne in Suid-Afrika en dit sorg vir goeie stories. Maar vir tien maande van die jaar volg ons die gewone roetine van opstaan, klasgee,...

Egon se nuusbrief uit Israel: Jerusalem Pride uiteindelik!
Egon - 2006-11-28
Embleem Ek sit nog en wonder oor wat om volgende te doen, toe die oproep kom. “Die Hooggeregshof het besluit: die Jerusalem Pride sal voortgaan – nie as optog nie, maar as byeenkoms in die universiteitstadion!” Ek is op en uit in my mooi Yaris op pad Jerusalem toe. Die laatmiddagverkeer deur die Aravah is druk en in een van die Arabiese dorpe is ’n groot verkeersknoop, maar met my Yehuda Poliker reis ek voort. Verlede jaar ná die ernstige onderhandelinge om...

Geen gay-bloed, asseblief!
Willie Knoetze - 2006-11-01
Willie Knoetze sê die Bloeddiens se besluit is onlogies. Geen seksueel aktiewe persoon behoort bloed te skenk as hulle dan sekere peste nie kan waarneem nie. Hoekom word die GLA nog steeds toegelaat om onverantwoordelik namens LGBTIQ-organisasies te dreig? Dis 2006 en hoog tyd vir ‘n nuwe Boks om uit te pak, en ‘n goeie plek om te begin is seker by die beste en slegste van die afgelope feesseisoen. (Of altans, dit was my plan ... maar kom, laat my nie die proses vooruitloop...

Ons, die paradysvoëls, kan trou!
Willie Knoetze - 2006-11-01
Willie raak skoon soppy ... So ja, daar het jy dit nou: die hooggeregshof sê ons mag nou ook wettiglik trou. En trou soos in Trou – nie "civil unions" of een of ander tweedeklas-institusie nie – die hele maaltyd. Register, verwantskap en al. Ek is mal oor Suid-Afrika! Die feit dat die wet eers oor ‘n jaar volkome herskryf hoef te wees, is nie die ergste nie … Inteendeel, dit gee baie lewensmaats nou genoeg tyd om voor te berei vir die groot stap!...

Hamburg Pride Parade 2006
Egon - 2006-10-31
Heinrich Heine in Hamburg: die romantiese Joodse digter het ’n kort wyle in die stad gewoon Ek het lank gewonder waar die naam Christopher Street Parade vandaan kom, en natuurlik was die antwoord met behulp van die internet nie moeilik om te vind nie. Dis ’n stukkie geskiedenis wat ons jonger lesers gerus kan nagaan – begin by Wikipedia) – want dis altyd belangrik om te besef dat om gay te wees eers in die afgelope paar dekades in die meeste Westerse lande...

Egon se nuusbrief uit Israel: Oorlogstories
Egon - 2006-10-23
Home, where my thought’s escaping Home, where my music's playing Home, where my love lies waiting Silently for me. (Homeward Bound – Simon & Garfunkel) Nog nooit vantevore was ek so bly om die sleutel in die slot te draai, die lig aan te skakel en by my huis te wees soos na hierdie vakansie in Europa nie. Eintlik is dit altyd lekker om na ’n lang tyd terug te kom na geliefde bekende dinge, maar hierdie keer was net anders. Dis nie dat ons vakansie...

Dis tyd vir groet
Johann Rossouw - 2006-09-08
Stap saam met Johann Rossouw deur sy lewe. Hy vertel opreg en ontroerend. Dalk herken jy jouself en skep jy moed! In Prediker in die Bybel staan dat daar ‘n tyd is vir alles – ’n tyd vir blydskap en ‘n tyd van smart, ‘n tyd van oorlog en ‘n tyd van vrede, en so meer. In elkeen se lewe kom daar ‘n tyd van groet – ’n hallo-groet en ‘n totsiens-groet. Daar is verskillende maniere waarop mense groet. Afrikaanse families soen mekaar, gee stywe...

Egon se nuusbrief uit Israel: Krisis
Egon - 2006-09-08
Dag 1: Ons kuier in die Swart Woud. In die son is dit buitengewoon warm, maar onder die digte dak van die bome is dit koel en aangenaam. Alles is rustig en die wêreld voel na ‘n vreedsame plek. Dan lui die selfoon – dis Judy se mama. “Het julle die nuus gehoor? Dit klink na oorlog in die Midde-Ooste! Selfs julle tuisdorp is blykbaar deur bomme getref!” skree sy van opgewondenheid oor die telefoon. Mama is geneig tot dramatiese vertellings, maar tog haas ons ons na vriende...


<< 1 2 3 >>