Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay

Gay


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Bekendstelling: Anna-Marie de Vos se regsrubriek op Gay@LitNet
2007-01-19
Gay@LitNet het ‘n opwindende nuwe toevoeging gekry: oudregter Anna-Marie de Vos sal voortaan ‘n maandelikse rubriek spesiaal vir Gay@LitNet behartig. Die polemiek aangaande gaykwessies op SêNet en Bieg wys dat dit nodig is om ‘n ruimte te skep waar ingeligte opinies gelug kan word. Anna-Marie se rubriek sal ‘n wye verskeidenheid onderwerpe aanroer, waarvan die eerste die kwessie van gayhuwelike is. Lees wat dink die eerste gay paartjie wat kinders aangeneem het oor trou,...

Egon se nuusbrief uit Israel: Ongewoon gewone dae
Egon - 2007-01-15
Een van ons lesers skryf dat my en Judy se lewe so eksoties en opwindend klink. Natuurlik is dit te verstane, met nuusbriewe oor Hamburg en Londen, Berlyn en München, selfs Jerusalem, maar dis nie noodwendig die hele waarheid nie. Dis waar dat ons twee maande van die jaar nie hier in Israel is nie: ons is óf by Judy se familie in Duitsland óf by myne in Suid-Afrika en dit sorg vir goeie stories. Maar vir tien maande van die jaar volg ons die gewone roetine van opstaan, klasgee,...

Die tale van die Queen en die Groot K ...
Eagan A - 2006-11-29
“Ek is bang,” sê ek. “Waarvoor?” vra my erg flambojante, grootste vertroueling-pel (of eerder “suster”). “Of is dit nou weer een van daai Paula-7de Laan-dramatiese-aanvalle van jou?” Dié gesprek gebeur onlangs in my halwe huis in ‘n voorstad van Pretoria, etlike ure voor ek by die Pretoriase Urologie-hospitaal opgeneem moet word vir ‘n “onder-narkose-ondersoek”, wat dit ook al mag beteken. “Bang...

Crossdress
Anna-Marie de Vos - 2006-11-29
Ons stap, effe beneuk, saam met ons jong dogter na die gayklub se deur, waar ons almal soos wafferse tieners getjap word. Dit is al half laataand en twee ou vrouens soos ons se gaanlêtyd. Binne maal ‘n bont spul rond. Wat ons hier soek, dit nogal saam met ‘n tiener, weet g’n mens nie. Almal is aangetrek volgens die voorskriftelike tema “Crossdress”. Ons ook opgetooi in aandpak en sarong, weliswaar moeilik om te sê wie die ander van ons twee is. Die...

Jan
Anna-Marie de Vos - 2006-11-28
Vir Jan Ek en my stokou hond my blinde hond my dowe hond my hond (Ma se hond, liewe hond), loop vir oulaas langs die see. Sy maer ou lyf draf skuins, ribbekas eerste ál teen die wind die branders kom hy eers agter ná die tyd. Sy oë vaaldof verdwaas gekatarak vang nou en dan ‘n vlietende flits miskien selfs net die verbeelding van ‘n seemeeu wat swiepend laag duik. Selfs nou nog tog die begeerte sy agterlyf kom laaste agterna as...

Op reis
Anna-Marie de Vos - 2006-11-28


Egon se nuusbrief uit Israel: Jerusalem Pride uiteindelik!
Egon - 2006-11-28
Embleem Ek sit nog en wonder oor wat om volgende te doen, toe die oproep kom. “Die Hooggeregshof het besluit: die Jerusalem Pride sal voortgaan – nie as optog nie, maar as byeenkoms in die universiteitstadion!” Ek is op en uit in my mooi Yaris op pad Jerusalem toe. Die laatmiddagverkeer deur die Aravah is druk en in een van die Arabiese dorpe is ’n groot verkeersknoop, maar met my Yehuda Poliker reis ek voort. Verlede jaar ná die ernstige onderhandelinge om...

Vir die seun wat ek nooit sal hê nie
Adam Willemse - 2006-11-16


Man
Adam Willemse - 2006-11-16


Soektog
Louis Wessels - 2006-11-14


Reën
Adam Willemse - 2006-11-14
Reën was alles weg [...] die reën val op my hande, die reën val op my arms, die reën val op my oë, die reën val op my lyf, die reën val op my gesig, die reën val op my rug, o, reën val neer hier [...] die reën val neer op doringdraad die reën val op berge, die reën val op valleie die reën word strome, die reën word riviere, die reën word 'n see reën was alles weg hier, was alles skoon...

Geen gay-bloed, asseblief!
Willie Knoetze - 2006-11-01
Willie Knoetze sê die Bloeddiens se besluit is onlogies. Geen seksueel aktiewe persoon behoort bloed te skenk as hulle dan sekere peste nie kan waarneem nie. Hoekom word die GLA nog steeds toegelaat om onverantwoordelik namens LGBTIQ-organisasies te dreig? Dis 2006 en hoog tyd vir ‘n nuwe Boks om uit te pak, en ‘n goeie plek om te begin is seker by die beste en slegste van die afgelope feesseisoen. (Of altans, dit was my plan ... maar kom, laat my nie die proses vooruitloop...

Ons, die paradysvoëls, kan trou!
Willie Knoetze - 2006-11-01
Willie raak skoon soppy ... So ja, daar het jy dit nou: die hooggeregshof sê ons mag nou ook wettiglik trou. En trou soos in Trou – nie "civil unions" of een of ander tweedeklas-institusie nie – die hele maaltyd. Register, verwantskap en al. Ek is mal oor Suid-Afrika! Die feit dat die wet eers oor ‘n jaar volkome herskryf hoef te wees, is nie die ergste nie … Inteendeel, dit gee baie lewensmaats nou genoeg tyd om voor te berei vir die groot stap!...

Hamburg Pride Parade 2006
Egon - 2006-10-31
Heinrich Heine in Hamburg: die romantiese Joodse digter het ’n kort wyle in die stad gewoon Ek het lank gewonder waar die naam Christopher Street Parade vandaan kom, en natuurlik was die antwoord met behulp van die internet nie moeilik om te vind nie. Dis ’n stukkie geskiedenis wat ons jonger lesers gerus kan nagaan – begin by Wikipedia) – want dis altyd belangrik om te besef dat om gay te wees eers in die afgelope paar dekades in die meeste Westerse lande...

Egon se nuusbrief uit Israel: Oorlogstories
Egon - 2006-10-23
Home, where my thought’s escaping Home, where my music's playing Home, where my love lies waiting Silently for me. (Homeward Bound – Simon & Garfunkel) Nog nooit vantevore was ek so bly om die sleutel in die slot te draai, die lig aan te skakel en by my huis te wees soos na hierdie vakansie in Europa nie. Eintlik is dit altyd lekker om na ’n lang tyd terug te kom na geliefde bekende dinge, maar hierdie keer was net anders. Dis nie dat ons vakansie...

''Die boekklub''
Anna-Marie de Vos - 2006-09-08
Ek dink nog steeds dis ‘n goeie idee. Dis net dat die tyd my ‘n bietjie ingehaal het, soos gewoonlik. Ek wou nog ‘n woordeboek koop en eers bietjie daarin lees om gewoond te raak aan die gebruik van minder bekende woorde – sodat dit interessanter sou klink – maar daar is nou nie meer tyd daarvoor nie. Al wat oorbly, is gewone woorde. My deelname aan die skryfgroepie (wat begin is vir oefening) is deel van my plan om groot geld te maak met die skrywery. Ek gaan erotiese Afrikaanse verhale skryf vir...

Dié stukke en stories wérk met ‘n mens!
2006-09-08
Eers 'n huishoudelike saak. Ons gaan die jaar sonder JANIE SMIT in. Sy was van die heel begin saam met ons. Dit was altyd só opmerklik: as sy 'n vroueskrywer se werk gewerf of aanbeveel het, kon ons maar weet daar gaan baie en positiewe terugvoer wees. Ons hoop om weer van haar eie skeppende werk in die toekoms te plaas. Ook RAFIEK MAMMON, wat ons Engelse bydraes gehanteer het, vind dat hy hopeloos te besig is om reg aan die Gay@LitNet-werk te laat geskied. Ons neem daarom ook afskeid...

''Ná die laatmiddag hoëveldreën'' en nog ander gedigte
Sara Holmes - 2006-09-08
Ná die laatmiddag-hoëveldreën Ná die laatmiddag-hoëveldreënvoel ek jou oral om my heenEk sien jou in die maan se straalwat deur die Golf se nat ruit dwaalEk sien jou in die nat, swart vlekke op teerstrateIn die oggendure is jou plek altyd verlateas ek agter jou rug wil inkruipen in jou oë wil versuipsê dat ek jou liefhetten spyte van enige verset. 27/12/04 Volmaakte Eenheid en al kan ek jouin woorde vasvangpleeg ek net versepoog ek net uitdrukkingkan...

I can’t help being an acid queen, I was born that way
Linda Nell - 2006-09-08
Apologies to all that this column has been a bit long in coming. I’m going to blame it on that cute, bespectacled youth, Harry Potter, winter sale time and the big twice-yearly stock-take. The books for review this time are also a little more bulky and challenging than previous ones have been. This time round we’ve got something for those of you who like to get your teeth into a good piece of well-researched academic writing, balanced with a little acid queen frivolity for those who like...

C Louis Leipoldt: 'n Fiktiewe Portret
Hennie Aucamp - 2006-09-08
Hennie Aucamp bespreek Karel Schoeman se Die Reisiger - 'n novelle wat nie wegskram van C Louis Leipoldt se vermeende homofiele verlangens nie. 1 Die geromanseerde lewensbeskrywings van Karel Schoeman is 'n onderverkende faset van sy oeuvre, wat enigsins vreemd is, aangesien dié vies romancées, om Kannemeyer se terminologie te gebruik, kennelik wegbereiders is vir sy latere biografieë en ander egodokumentêre werk. Die lys vies romancées lyk so: Die hart van...

Dis tyd vir groet
Johann Rossouw - 2006-09-08
Stap saam met Johann Rossouw deur sy lewe. Hy vertel opreg en ontroerend. Dalk herken jy jouself en skep jy moed! In Prediker in die Bybel staan dat daar ‘n tyd is vir alles – ’n tyd vir blydskap en ‘n tyd van smart, ‘n tyd van oorlog en ‘n tyd van vrede, en so meer. In elkeen se lewe kom daar ‘n tyd van groet – ’n hallo-groet en ‘n totsiens-groet. Daar is verskillende maniere waarop mense groet. Afrikaanse families soen mekaar, gee stywe...

Egon se nuusbrief uit Israel: Krisis
Egon - 2006-09-08
Dag 1: Ons kuier in die Swart Woud. In die son is dit buitengewoon warm, maar onder die digte dak van die bome is dit koel en aangenaam. Alles is rustig en die wêreld voel na ‘n vreedsame plek. Dan lui die selfoon – dis Judy se mama. “Het julle die nuus gehoor? Dit klink na oorlog in die Midde-Ooste! Selfs julle tuisdorp is blykbaar deur bomme getref!” skree sy van opgewondenheid oor die telefoon. Mama is geneig tot dramatiese vertellings, maar tog haas ons ons na vriende...

Wat gebeur wanneer jy sê ''Ek is''?
Brenda Nel - 2006-09-08
Brenda neem gebeure van die afgelope paar maande onder oë en wil inspirasie gee. Dit word as 'n uitnodiging tot debat aangebied. Danie Botha “Ek is”-stellings gee identiteit, gee betekenis, erkentenis en verbintenis. Jesus het gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe." Die moordenaar in die tronk het gesê: “Ek is skuldig.” Ons vroue wat lief raak vir vroue sê: “Ek is ‘n lesbian.” ‘n Enkele “Ek is”-stelling...

Geliefde ...
Nandi Venter - 2006-09-08
Ek pen gedagtes neer wat jou nooit sal bereik nie, want jy is te ver weg op jou eie Via Dolorosa. Ek wens ek kon sê dat “ek en jy” nooit gebeur het nie, wens dat ek jou nooit ontmoet het nie, maar ek kan nie. Ek wil jou haat met my hele hart, maar ek het nie die moed nie. Jy het my onherstelbaar seergemaak. Die seer bly altyd sluimer en slaan met tye in bloedkolle deur my vel, want soms is treurende snye die enigste teken van lewe. Dit is jy wat in die nagte by my spook, dit...


<< 1 2 3 4 5 6 >>