Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay

Gay


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Gay Rolmodel: Jean du Plessis
Lidia Theron - 2007-11-21
Jean du Plessis (regs op die foto) word met reg beskou as een van Suid-Afrika se inspirerende rolmodelle binne die gaygemeenskap. Lidia Theron het by hom gekuier. Kyk jy by die wye vensters uit, sien jy die see van oos na wes in sy blou glorie daar lê. Seilskepies lê stil op die windlose see, met wandelaars op die strand, want die lug is nog ʼn bietjie fris vir swem. Jean du Plessis vertel dat hy en sy lewensmaat Danie Smit, ʼn bekende in musiekkringe, elke dag met waardering...

Egon se nuusbrief uit Israel – En toe trou ons!
Egon - 2007-11-09
“Kan u my asseblief deursit na iemand wat weet van ‘same-sex’-huwelike?” vra ek onseker.“Jammer, Dame, wat’s dit?” vra die vrou op die skakelbord.“U weet, as ’n man met ’n man trou en ’n vrou met ’n vrou,” sê ek half verbouereerd.“Oeee, Dame bedoel ‘n civil union!” antwoord sy verlig. Ek is ook verlig. My jong vriendinne wat reeds die pad by "Home Affairs" geloop het, het vertel dat die...

Uit die boks: Onmin in die Familie
Willie Knoetze - 2007-10-31
“Dit walg my dat my naam met hierdie mense geassosieer word!” 24 uur later het die stof gaan lê. Betrokke maatjie was nie meer nie. “Hierdie mense” was my vriendinne wat op Lentedag getroud is – en geen mannetjie wat te precious vir my mense is, is meer welkom nie.Hierdie episode het my skielik herinner dat, selfs in my vredeliewende seepbelrealiteit, daar steeds wrywing tussen homoseksuele mans en homoseksuele vroue is. ’n Wrywing wat ek glad nie kan kleinkry...

Egon se nuusbrief uit Israel: Uit die kas gegooi
Egon - 2007-10-23
Die issue van uit die klas klim is vir die meeste van ons gays ʼn probleem. Sommige is uit op een plek maar op ʼn ander nog binnekant toegesluit, terwyl ander omtrent hul lewe lank half verskuil in die skaduwees van die kas bly. Ek het die ander aand twee vrouens ontmoet wat in laasgenoemde situasie is. Die een is getroud, maar hulle is reeds vir meer as twintig jaar lovers! Eendag wil ek met hulle gesels en uitvind hoe werk dit. Hoe lewe mens jou hele lewe as leuen? Maar dan is dit half...

FAB - the book launch of the year! - Gallery 1
Melt Myburgh - 2007-10-22
On Friday 19 October 2007 Umuzi Publishers launched their collection of photographs of Cape Town's MCQP (Mother City Queer Project), FAB. Melt Myburgh and Sonia Cabano attended the book launch in the mother city's Metropole Hotel. The event was rightfully billed as the most fabulous party of the year. He shares his impressions. Umuzi's bookmakers from all over Africa attended the launch. ...

FAB - the book launch of the year! - Gallery 2
Melt Myburgh - 2007-10-22
On Friday 19 October 2007 Umuzi (headed by dr Annari van der Merwe - right) launched their collection of photographs of Cape Town's MCQP (Mother City Queer Project), titled FAB. Melt Myburgh and Sonia Cabano rattled their jewellery at the book launch party of the year in the mother city's Metropole Hotel. Here are more of his impressions. A balancing act. ...

Die gaygemeenskap van Kaapstad, 60’s tot 80’s (Deel 3)
Deon Knobel - 2007-10-10
Vir hoe lank en tot wanneer kon die seksbevryde gaygemeenskap sorgvry hulle lewens geniet en veilig voel daarmee? Behalwe natuurlik die ongelukkiges wat gearresteer was of deur Stella bitches beroof en deur seksmaats of Rentboys aangerand en selfs vermoor is.In 1981 kom die eerste berigte van sterfgevalle in San Francisco en New York. Meer en meer gay mans sterf aan ’n siektepatroon, of sindroom, wat gepaard gaan met eienaardige kwaadaardige gewasse van die vel bekend as Kaposi se Sarkoom,...

Die gaygemeenskap van Kaapstad, 60’s tot 80’s (Deel 2)
Deon Knobel - 2007-10-05
Skrywer het na kwalifikasie en voltooiing van sy huisdoktersjaar by Karl Bremer Hospitaal sy latere lewensmaat van 39 jaar juis by so ’n partytjie van een van die mees bekende gay gashere in Kaapstad ontmoet. Na die bekende uitroep van verbasing: “What are you doing here, Dr Roy (een van my lektore van Mediese Skool)" en die oorbekende antwoord: “Same as what you’re doing here, Dr Deon", was alle formaliteite daarmee heen en het die vuur van 39 jaar onblusbaar vlamgevat,...

Die gaygemeenskap van Kaapstad, 60’s tot 80’s (Deel 1)
Deon Knobel - 2007-10-03
Na die matriekeksamen, waarin hy minder goed gevaar het as wat deur hom en ander verwag is, bring hy die Desembervakansie deur op een van die drie groot brullende stropers, een wat aan elk van die drie broers toevertrou is.En hier, in die bakkende somerson en onhoudbare stof en stukkies gebreekte koringbaardstoppeltjies wat deur elke laag van die klere tot op die vel deurgedring het, word van vroegmôre, sodra die dou verdamp het, tot laataand, met die verskyning van die eerste doudruppels op...

Wat gay seuns wil weet
Marius Crous - 2007-09-04
As in-die-kas-student was die eerste gay roman wat ek op Stellenbosch (nog by die destydse Griet-boekwinkel) gekoop het, Edmund White se A boy’s own story (1982). Dit was inderdaad 'n belangwekkende bydrae tot my worsteling met my seksuele identiteit, veral in 'n tyd toe ek in 'n manskoshuis met sy macho fasade en sy straight bravade moes oorleef. Ek wens ek het toe alreeds geweet van Auden se opvatting dat wanneer ‘n man jou viktimiseer, hy eintlik heimlik eroties aangetrokke voel tot...

Once threw a party
Izak de Vries - 2007-08-16
I am the devil in disguise I Karel Niebuhr is mal oor Elvis. Karel Niebuhr is ook ’n Wiskunde-onderwyser in die Moordenaarskaroo. Hy is baie konsensieus, en probeer vreeslik hard om Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid aan die boere en die plaaswerkers se kinders te verduidelik. Dit gaan maar moeilik, maar Karel is baie gelykmatig en hy spandeer baie tyd aan ekstra lesse – meestal verniet. Karel Niebuhr is enkellopend, ten spyte van ’n paar plaastannies se beste bedoelings. Karel...

Meditasie in die woestyn oor trou
Egon - 2007-08-07
Nou onlangs het ek en Judy ‘n paar dae in die woestyn spandeer. Die eerste aand was ons in die Judease wildernis en daarna in die gebied suid van Kidron. As mens eers wegbeweeg van die hoofpad wat noord-suid langs die Dooie See loop, kom jy in ’n klipwoestyn van oop verlate vlaktes. Dit was vir my dadelik duidelik hoekom Jesus gereeld daarheen ontvlug het – die stilte is oorweldigend en tog kalmerend. Die wind waai jou gedagtes oop en jou perspektief verander. “Hier...

Same-Sex Parenting Seminar in Gauteng, presented by The Rainbow Family
8 September 2007 - 2007-08-02
OUT LGBT Well-being and Baby-ventures are jointly hosting, for the first time in Gauteng, a Same-sex Parenting Seminar. The day will focus on the needs of same-sex parents and couples wanting to embark on this journey and unravel the many challenges faced by LGBT communities in this area.The objectives of the seminar are to:• Provide Same-sex parents and parents-to-be with safe, supportive and valuable information on the available options for conceiving, parenting and nurturing a family.•...

Wie is die sexyste skrywer(s) in Afrikaans?
Marius Crous - 2007-07-25
Is daar iets soos ‘n sexy skrywer in Afrikaans? En waaraan word sexy gemeet sonder om te diskrimineer op grond van straight/gay, haargroei, liggaamsbou, ouderdom of beroep en inkomste? Eintlik is alle skrywers seker sexy. Enige man wat met sy brein kan woeker, is ‘n aanwins. ’n Man wat nie net lyf is nie, maar wat as die lig afgeskakel word, darem nog intelligent oor die osoonlaag of die voordele van ’n oop verhouding kan praat.In die tagtigerjare het almal oor Alexander Strachan...

Uit die boks: Hie-h, hie-h
Willie Knoetze - 2007-07-23
Hoeveel keer stamp ‘n donkie nou weer sy kop teen dieselfde klip? My vervolgverhaal eindig toe met ‘n klomp knoppe teen my voorkop. So deur die radiostiltes heen het my bipolêre gemoedjie begin mik vir die naaste bodemlose put. Soveel so dat Christine en suster Visser gegil het: “Intervention!!” en met ‘n eie aksieplan vorendag gekom het: skep ‘n fiktiewe karakter en spoor Die Man op oor die radiogolwe; flirt sy sokkies af en kyk wat gebeur. Ten einde laaste...

Vuurmaakhout
Corné van Wyk - 2007-07-03
jy – mooiste seisoen in my hartbring nuwe hoop in my tyd van donker en swartjou oë skenk geboorte aan ‘n ander ekjou wese het my oor die dansvloer na jou aangetrekjou bors my kopkussing teen verweerjou lag die wondersalf teen ‘n bitter sweer en houe wat verbete sou val my engel het die seisoen kom kantelmet vuur van seer uit ‘n ander se manteljou woorde soos swaarde wat my binnedringek ‘n...

Droë profiel
Corné van Wyk - 2007-07-03
Die posman van die lewe het‘n pakkie voor my deur kom losen ek het dit oopgemaaken jou in smarag daarin gevind ...... skielik spruit nuwe leweuit die droë basom my leë profielen ek besef: my lewensvuur was dooie kole (ek, krom en skeef) pyn, ‘n splinter wat deur my hart steek. Maar jy was my eerste asemteug‘n gloeiende nuwe vuursag het jy my in jou arms neergelêen sag het jy my op my voorkop gesoen.My delwery in die skagvan ons verledelaat my kaal kabbelende gedagtesoor...

Langafstandliefde
Cobus van der Merwe - 2007-07-03
Ek sit hier in Dar-es-Salaam voor my Tanzanië-tafel met my oë toegeknyp, wagtend om dit op die laptopskerm te sien. Sit maar oë toe, want om so te sit en staar na “no connection” terwyl die ander skermpie flikker “waiting for http:/www.gaydar.co.za …” is darem net té onlogies frustrerend. En sielskeurend. Want ek weet wat wag wanneer die konneksie inskop. Vreemd hoe die heelal my altyd waarsku as ‘n geliefde my verneuk. Die vorige boyfriend...

Uit die boks: Skote Petoors
Willie Knoetze - 2007-06-20
"Alle mans is straight-acting - tot jy hulle los." So het ek digby twee jaar gelede my eerste rubriek begin. Soos die noodlot dit wil hê, is dit dan ook hoe ek my vierde jaar “oor die muur” ingestorm het: as ‘n mal, “straight-acting” queen. Min het ek gedink dat ek, terugskouend, soveel van my toekoms voorspel het! Julle sien, die malligheid het my mos weer ingehaal. So onvoorspelbaar en onverwags soos die sneeu in Plettenbergbaai het my stomme hart...

Egon se nuusbrief uit Israel: Gilbert en George
Egon - 2007-06-20
We are only human sculptures in that we get up every day, walking sometimes, reading rarely, eating often, thinking always, smoking moderately, enjoying enjoyment, … loving nightly … Jare gelede sê ’n vriendin vir my: “Wat jy nodig het, is femme vrou – nie ’n butch dyke nie!” Die stelling was vir my vreemd. Wat ek nodig gehad het, was ’n mens – "mensch", soos ons in Jiddisj sou sê. Die benaming same-sex relations het...

Egon se nuusbrief uit Israel: As jou suster sterf
Egon - 2007-05-28
Wel eintlik is sy nie my suster nie, maar my stiefsuster. Dié feit het ek vir die grootste gedeelte van my lewe probeer vergeet. Want ek was lief vir haar. Haar ouers was vriende met my ouers en ons is in dieselfde kraaminrigting twee dae uitmekaar gebore. Haar ma was my pa se minnares toe beide nog getroud was en ek het al gewonder of sy my stiefsuster of my halfsuster was. Ek het altyd vermoed dat my pa haar liewer gehad het as vir my, want ek was so anders as hulle: hulle was jollers en...

Pride to come of age in Rosebank
2007-05-16
The chic suburb of Rosebank has been chosen to host the eighteenth Joburg Gay and Lesbian Pride celebrations. The 'Coming of Age' street parade will be held on Saturday 6 October 2007, followed by a festive ‘mardi gras’ and celebrations at Zoo Lake Sports Club. The week preceding the parade will also see Rosebank – one of Johannesburg's most vibrant areas and soon-to-be home of a major Gautrain station – becoming the hub of a seven-day-long “Pride Festival.” ...

Kersfees 2006
Sebastiaan Nouwen - 2007-05-09
Hy is twintig. Pas tweedejaar. Sy uitslae het sowat ’n week gelede uitgekom. Hy sê hy sien nie kans vir Kersfees nie. Nie vir hierdie Kersfees nie. Hulle familie vier al vandat hy kan onthou Kersfees op dieselfde manier. Die hele familie kom Oukersaand van heinde en verre bymekaar. Hulle eet saam en dan word daar geskenke gegee. Dit was tot verlede jaar nog altyd vir hom ’n opwindende ervaring. Vanjaar kan dit vir hom, sê hy, net ’n nagmerrie wees. Die ete en die...

Uit die boks: De la Rey?
Willie Knoetze - 2007-05-03
Nou toe kyk, selfs ek het nie gedink hierdie komper se toetsbord gaan ooit “Bok van Blerk” tik nie – maar daar het dit nou so pas. Dit het my so rukkie gevat om uit te werk – maar my deelname aan die sogenaamde “De la Rey-debat” is alles Pampoen se skuld (nie Steve se snit nie – die eetplek in Mosselbaai). Dis daar waar ek en my ouers die eerste keer die liedjie gehoor het. Wel, ten minste my ouers; ek weet nie wanneer ek die liedjie gehoor het nie. Vermoed...

Gesprek
Louis Wessels - 2007-05-02


Wederlied – ’n letterdig
Johann P Boshoff - 2007-04-17
vir Jaco Schutte Jou song sing jy in jou vrye staat asof daar vlaktes wag vir jou, vir my, koppies, bos en sukkelstrome op my, op jou, in ’n vrye staat. Bring weer jou kitaar, lief. Uit sy snaresing weer jou song van ek en jy,jy en ekop kliprante agter onshuis van klip –asof dáár luike is, en oopnes jou liefde vir my,nes my liefde vir jou: één klank wat vanuit jóú bly klink‑ sonder seer, nou, oor ek en jy, sonder seer, nou,...

telraam
Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17


Ek het dors
Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17


Volmaan
Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17


Sinode 2000
Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17
The church is the only army that kills her own wounded soldiers. Van die vloer:Homoseksualiteit grappies skaats oor die vloer ...Ha ... ha ... hagrappies vlieg deur die lug ...Hie ... hie ...hiedie dominees maak grappies.Haaa ... haaa ... haaa ... ai tog!sinodetyd is grappietyd! die ouderlinge is stildiakens ookwag vir leiding ek is gaylangs my ’n kollega hy’s gaylangs hom ’n ouderling sy seun is gaylangs hom nog ’n ouderling sy broerskind is gaylangs hom...

Swanesang
Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17


Van testosteroon, adrenalien en bevogtiger
Erik Dopper - 2007-04-04
Het mos toe nou onlangs besluit die fiksheid begin maar taan, so miskien is dit goed om weer te begin oefen. Nou dis snaaks hoe dinge in plek val as jy jou half in ’n spesifieke rigting begin wend. Dié dat ek kort voor lank in ’n gayspan begin rugby speel. Ek is nog steeds half verstom dat so iets werklik bestaan en dat dit nie net op Will & Grace gebeur nie. Maar nouja, so begin ons toe mos oefen. Nou geen gay man kan anders as om my gelyk te gee dat mens so deur...

Lili Marlene
Coenie Kukkuk - 2007-04-04
Skuins voor middagete loer Liesl by my deur in. Aan haar gesig kan ek sien sy wil weer iets hê. “Wat?” vra ek ongeduldig, en kyk af na my rekenaar. “Kom ek stick jou vir lunch. Wag, ek weet jy dieet of iets, maar waar ek jou wil vat, maak hulle die beste vegetarian pizzas denkbaar.” Sy bly stil en kyk af en ek weet hier kom dit. “Asseblief, Steven. Ek wil nie alleen gaan nie – dis nie werk nie, dis net ’n vriendin en ek het nie vandag...

Egon se nuusbrief uit Israel: Bat mitzvah en partytjies
Egon - 2007-03-28
Gewoonlik hou ons nie daarvan om ons vir die Sabbat aan vaste reëlings te verbind nie, maar verlede week was ’n uitsondering. Dit was Daphne se bat mitzvah, amper soos om “voorgestel” te word in die Gereformeerde tradisie, en iets wat gebeur as ’n dogter twaalf en ’n seun dertien is. By seuns heet dit bar mitzvah. Dis ’n spesiale geleentheid as die dogter of seun vorentoe geroep word om vir die eerste maal voor die gemeente uit die Torah te lees. Toe ons...

Uit die Boks: Vaal tuine
Willie Knoetze - 2007-03-21
Ek het ’n Maandag-ritueel. Ek begin elke week met ’n traan vir iemand wat ek nie ken nie. Nee, wag nou; rol jou oë terug vorentoe en doen jouself ’n guns: gaan kyk na www.postsecret.com. Sien wat ek bedoel? Die webmeester laai elke Sondag nuwe tuisgemaakte poskaarte met anonieme persone se geheime op die blad. Dis ’n ongelooflike platform wat hy geskep het en sluit aan by ander elektroniese biegplatforms soos BiegNet (die uiters gewilde biegplatform op LitNet). Op www.postsecret.com...

Egon se nuusbrief uit Israel: Gym en storte
Egon - 2007-03-01
Ons gesels vandag in die klas oor die wonderwerke wat dit vir die Hebreeuse slawe moontlik gemaak het om uit Egipte te ontsnap. Ons bespreek toe die verskillende teorieë wat verklarings bied vir die paddas en sprinkane, die vlooie en die vlieë. Uiteindelik besluit ’n mens dat al was die wonderwerk daarin geleë dat die dinge alles op presies die regte oomblik gebeur het, was dit steeds genoeg van ’n wonderwerk! In my eie lewe sien ek dikwels dat die wonder van iets juis...

Uit die boks: Vergifnis
Willie Knoetze - 2007-02-28
Kersfees tuis het grootliks sonder voorval gekom en gegaan. Dis nogal anders as dit net jy, jou ouers en twee grootouers is om die etenstafel. Gesprekke dwaal na onbekende mense van jare gelede en familie van wie jy nog nooit gehoor het nie. In die jaarlikse oorsig is vlugtig na tannie Lettie (en haar vriendin van oor die dertig jaar) verwys. Ek wens ek het meer geweet van hulle – maar daardie hoofstuk is duister. My ma het my al vertel wat sy weet – dat Lettie ’n sterk vrou is...

Sinkplaatpad van die gemoed
Pierre Steyn - 2007-02-28
Vrydagmiddag sit ek en kom op 'n manier op die Gay@LitNet website af. Tyd vir lees was daar min Vrydag, maar op die Maandag sit ek toe en lees van die artikels. So na die 4de artikel voel ek asof ek teen 80 km/h op die taaiste grondpad nog was. Die dood van Lohan in die grenstoe-artikel het my hier op kantoor laat snik. Anton, Cobus en JP se manewales het my laat bloos. Sjoe. Lukas se kas het al my vrese van toe ek 21 was aangewakker. Die toring los ek maar vir later, bang hier op kantoor. ...

NG Kerk se standpunt
Lidia Theron - 2007-02-28


Die storie van Cerneels Coetzee
Jacob Meiring - 2007-02-28


Die storie van die advokaat
Hennie van Deventer - 2007-02-28
Aan Johannes de Witt:My ma stuur nou-net vir my 'n skakel na jou storie van die advokaat (wetend dat ek myself ook nou onlangs in die troebel waters van online dating begewe het); sy sê ek moet gou lees en laat weet wat ek dink. Ek maak toe ook so, en my antwoord op haar email was rofweg die volgende: Ag hemel, vee ek nou trane van histerie uit die oog! Dis hilarious, en o, o, O SO RAAK. Regtig, dit kon netsowel ek gewees het. Gaan summier 'n kommentaar van waardering stuur. Ek kan nie...

Oor Regtig rubriek
JJF - 2007-02-28
Dis 'n koue Sondagmôre hier in Engeland vanwaar ek my nou wend tot reaksie op die beautiful woorde wat ek pas gelees het. Die huis is stil en dis net ek hier en tussendeur die harde getik van my huismaat se groot horloos teen die muur, het my grinnik en gelag die stilte nou vir 'n wyle kom steur. Dankie aan Anna-Marie de Vos vir jou woorde. Ek onthou dat ek 'n paar jaar gelede die program op televisie van jou en Suzanne gesien het en dit het my ook geraak: sien, dit is my droom om eendag...

Wonderlik
Margaritha Nel - 2007-02-28
Ek werk in Saudi, en geniet die rubriek geweldig. Meer nog, dis wonderlik stimulerend en motiverend! My reaksie? Wat ‘n vrou! Met durf en moed, liefde en intellektuele krag, jy, Anne-Marie, en jy, Suzanne. Ek het vier jaar gelede die moed in werking gestel om my 12-jarige huwelik te beëindig omdat ek 'n vrou liefhet. My dogter, toe 8 jaar oud, het ook hoeveel maal in woorde, en met haar oë, my gevra om dit asseblief meer subtiel te doen. My seun van 6, was minder gesteur...

Oor Anna-Marie de Vos se rubriek
Pieter Duvenhage - 2007-02-28


Regtig: Die troureëlings verloop vlot
Anna-Marie de Vos - 2007-02-28
Die troureëlings verloop vlot. Twee tweetandskape is reeds vanaf Uniondale bestel. Suzanne wou eers vasskop oor die kokery, maar uiteindelik het ek toe darem my sin gekry. Ek weet dit is nie gebruiklik vir bruid of bruidegom om self te cater vir die troue nie, maar aangesien ek en Suzanne in die Wet op Siviele Verbintenisse beskryf word as “partye” kan ek seker op my eie paartie kos maak. Daar is natuurlik nie ’n dominee voor oog hier in die Suid-Kaap wat twee lesbiërs...

Textuality
Janine Hoek - 2007-02-13


Uit die boks: ’n Ander blye boodskap
Willie Knoetze - 2007-02-05
Die lewe is te kort vir vervelige kos, dronk tieners of slegte drag shows. Dieselfde geld vir Trixie et al wat nog steeds glo ’n knik is ’n uitnodiging tot ’n orgie. Of dan nou meer spesifiek – en meer irriterend – ’n uitnodiging vir mans wat jou aan die gulp gryp as hulle groet! So pyl ’n man mos nou die dag op my af (in Stones in Mosselbaai – bid jou aan!) en “wie’s jou pappa” my waar ek met ’n kliënt staan en...

Egon se nuusbrief uit Israel: Kersfees en Chanoeka
Egon - 2007-01-26
en my verse kan leef omdat die verlange die asem is van die poësie (Uit "Manifes" deur Lina Spies) Ek belowe dat ek nie nou my nuusbrief uit Israel sal misbruik om vir u oor die verlange te dig nie. Om in Afrikaans te dig sou in elk geval vir my ’n vreemde opdrag wees. Ek dig slegs in Engels en droom van die dag wat ek in Hebreeus ten minste gedigte sal kan léés. Maar dalk is Kersnaweek tog ’n goeie tyd om oor die verlange te skrywe,...

Uit die boks: Ella
Willie Knoetze - 2007-01-23
Dis asof Moeder Aarde vóór ons geweet het. Vóór ons geweet het en vóór ons begin treur het. Die pyn om afskeid te neem was ondraaglik, en haar reëntrane het ons verswelg. Huise in Glentana is weggeskeur uit die landskap, paaie het vol gate geval, Knysna se brûe is deur die water teruggevat en die berg het Kaaimansrivierpas van hom begin afskud. Haar aanvanklike pynkreet was verskeurend. Maar ons kon nie verstaan nie ... Longontsteking was...

Regtig
Anna-Marie de Vos - 2007-01-19
“Kan Ma-hulle net asseblief die ding low-key hou?” Ek wil my eers bloedig vererg, maar bedink my. “Stemmig,” help ek my sewentienjarige dogter reg. Die arme kind kry ook maar swaar. Nie alleen is sy en haar broer die enigste kinders wat op ‘n rekenaar met ‘n Afrikaanse koppelvlak moet werk nie, hulle het boonop twee ma's – en nou wil dié nog gaan staan en trou ook. Vir ‘n oomblik oorweeg ek wel die versoek. Sal ons maar bedees die siviele...


<< 1 2 3 4 5 6 >>