Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats

Expats


<< 1 2 >>

Geld die ongetroude-lewensmaat-visum ook vir gayverhoudings? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-12-12
Vraag Ek is die afgelope sewe jaar in ’n gayverhouding, waarvan ons vyf jaar saamwoon. My vriend werk vir ’n firma met ’n takkantoor in Londen en hulle beoog nou om hom soontoe te stuur vir ’n jaar of langer om uit te help met ’n groot projek. Volgens wat ek verstaan reël hulle vir hom ’n werkspermit. Hoewel ons albei bly is oor die loopbaanvooruitsigte wat vir hom wag met die skuif, is ons erg besorg oor ons eie persoonlike situasie. Is daar enige manier...

As my man 'n werkspermit kry om vir twee jaar in Brittanje te werk sal ek en die kinders saam kan gaan? Breytenbachs verduidelik
Hannes Breytenbach - 2007-12-04
Vraag My man is besig om te onderhandel met ’n Britse firma om vir twee jaar op ’n kontrakbasis in Brittanje te gaan werk. Indien die onderhandelinge goed afloop, sal die firma vir hom ’n werkspermit reël vir die tydperk. Wat my bekommer, is of dit moontlik sal wees vir my en die kinders om by hom aan te sluit in Brittanje tydens die twee jaar. En verder, sal ek kan werk terwyl ons daar woon? Antwoord Indien jou man suksesvol is om ’n werkspermit te kry, sal julle...

Tot watter mate word ek toegelaat om besigheid te doen terwyl ek die VK besoek? Breytenbachs reageer
Hannes Breytenbach - 2007-11-27
Vraag Ek wil graag weet in watter mate ek toegelaat sal word om besigheid te doen terwyl ek op ’n besoek is in die Verenigde Koninkryk. Verder, moet ek ’n visum kry om die VK te besoek vir besigheid en persoonlike doeleindes? Antwoord Suid-Afrikaners word in terme van die Britse immigrasiereëls geklassifiseer as nievisum-burgers. Dit beteken dat jy nie ‘n visum nodig het om die VK te besoek om besigheid te doen of besoek af te lê as ‘n toeris nie, mits jou...

Moet ek 'n Engelse taaltoets slaag as ek in die VK wil woon? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-11-20
Vraag Ek het gehoor dat mens nou deesdae ’n Engelse taaltoets moet aflê as jy in die VK wil gaan woon en werk. Is dit waar? Antwoord Huidiglik moet slegs mense wat aansoek doen vir die permit vir hoogs geskoolde migrante (HSMP) bewys lewer van hul Engelse taalvaardigheid. Dit word gedoen deur ’n Engelse taaltoets af te lê of deur te toon dat jy jou tersiêre onderrig in Engels ontvang het. Die Britse eerste minister, Gordon Brown, het egter nou kort gelede aangekondig...

Tweejaar-werksvakansievisum of HSMP-permit? Breytenbachs bespreek die voordele
Hannes Breytenbach - 2007-10-23
VraagEk wil graag Engeland toe gaan om bietjie my horisonne te verbreed en oorsese werksondervinding te verkry. Ek is graad-gekwalifiseerd en het ’n paar jaar se werksondervinding. Ouderdomsgewys kwalifiseer ek nog vir die tweejaar-werksvakansievisum (ek is nog onder 30), maar vriende van my het nou gesê ek moet eerder kyk of ek nie ’n HSMP-permit of werkspermit kan bekom nie, aangesien daar meer voordele daaraan verbonde is. Is dit inderdaad so en wat is die voordele bo die werksvakansievisum?AntwoordJa,...

Is dit moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-10-17
Vraag My dogter gaan binnekort aansoek doen vir haar Britse burgerskap. Ek is ietwat besorgd oor hoe dit haar Suid-Afrikaanse burgerskap gaan beïnvloed, want haar langtermynplanne is om terug te keer na Suid-Afrika en haar eie besigheid hier oop te maak. Is daar ’n manier hoe sy Britse burgerskap kan kry en nog steeds haar Suid-Afrikaanse burgerskap sal kan behou? Antwoord Ja, dit is inderdaad moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê. Om dit te bewerkstellig...

Kry ek outomaties Britse burgerskap weens die feit dat ek met 'n Britse burger getroud is? Breytenbachs vertel ...
2007-10-05
VraagMy man is ’n Britse burger en ek ’n gebore en getoë Suid-Afrikaner. Ons is nou al bykans sewe jaar getroud en het nog die hele duur van ons huwelik in Suid-Afrika gebly. Ons oorweeg dit om dalk vir ’n ruk in Engeland te gaan woon en werk. Wat ek wil weet, is of ek outomaties Britse burgerskap sal kry weens die feit dat ek met ’n Britse burger getroud is.Antwoord’n Huwelik met ’n Britse burger verleen nie outomaties aan ’n persoon Britse burgerskap...

My eksman is verplig om onderhoud te betaal, is dié bevel steeds geldig en afdwingbaar al is hy in Engeland?
Hannes Breytenbach - 2007-09-19
Vraag My eksman is woonagtig in Engeland sedert ons egskeiding voorverlede jaar. Ons het twee kinders uit ons huwelik saam en die toesig oor hulle is aan my toegeken. My man het beperkte toegang en is ook verplig om onderhoud te betaal. Hy het egter die afgelope paar maande nie onderhoud betaal vir die kinders nie en ek weet nie hoe hofbevel geraak word deur die feit dat ek en die kinders in Suid-Afrika is en hy in Engeland nie. Is die onderhoudsbevel steeds geldig en afdwingbaar, al is hy in Engeland?...

Hoe kies ek 'n betroubare immigrasie-adviseur vir permitte en visums na Brittanje? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-08-28
Vraag Ek het onlangs bietjie rondgekyk op die internet en afgekom op ‘n webwerf waar daar heelparty mense is wat hulle dienste as immigrasie-adviseurs vir permitte en visums na Brittanje adverteer. Ek is maar altyd bang om sommer van enigeen se dienste gebruik te maak en wil weet of daar ‘n organisasie is wat dié tipe dienste in Brittanje reguleer, sodat ek dan ten minste seker kan wees ek word in ‘n mate beskerm. Antwoord Om immigrasiedienste en -advies te bied...

Is dit moontlik vir Suid-Afrikaanse burgers om in Engeland te trou terwyl hulle op tweejaar-werksvakansievisums is?
Hannes Breytenbach - 2007-08-16
Vraag My suster en haar vriend is op tweejaar-werksvakansievisums in Engeland. Hulle het nou besluit hulle wil graag in Engeland trou en hulle seremonie op die Engelse platteland hê. Is dit inderdaad moontlik om in Engeland te trou as Suid-Afrikaanse burgers en dit terwyl hulle op dié tipe visum is? Verder, indien dit wel vir hulle moontlik is om daar te trou, het die nabye familie wat wil oorvlieg vir die troue, enige spesiale tipe visums nodig? Antwoord Ja, dit sal wel moontlik...

Wat is die implikasies vir 'n Britse werkgewer as hy uitgevang word dat van sy werknemers se visums reeds verval het? Breytenbachs vertel
2007-08-01
Vraag Ek is pas terug in Suid-Afrika uit Brittanje nadat my tweejaar-werksvakansievisum verval het. Die werkgewer by wie ek daar gewerk het, het ‘n paar mense in diens wie se visums reeds maande gelede verval het en dit lyk of hy maar net anderpad kyk. Wat is die implikasies vir so ’n Britse werkgewer as hy uitgevang word? Antwoord Tans kan ‘n Britse werkgewer wat mense onwettig in diens het, boetes opgelê word van tot £5 000 (sowat R70 000) per oortreding. Die Britse...

Ek oorweeg om 'n vertoning te reël vir 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep; moet die kunstenaars 'n spesifieke tipe visum of iets hê? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-07-23
Vraag Ek is betrokke in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en hoor gereeld van Suid-Afrikaanse musikante wat in die Verenigde Koninkryk optree. Skynbaar borg julle ook baie van hulle. Ek oorweeg dit baie sterk om ’n vertoning of drie te reël vir ’n Suid-Afrikaanse musiekgroep. Wat ek wil weet is of dit nodig is vir ’n kunstenaar om ’n spesifieke tipe visum of iets te moet hê om daar op te tree? Of kan hulle maar net oorgaan as besoekers en dan een of twee...

''Met elke gedig was die gehoor stil na die laaste woord''
Maryke Steenkamp oor Danie Marais by die Poetry International Festival in Rotterdam

Maryke Steenkamp - 2007-07-03
Die Suid-Afrikaanse digter Danie Marais het opgetree by die Poetry International Festival in Rotterdam, Nederland. Maryke Steenkamp was meegevoer. Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Moet bieg dat ek eers bietjie moes Google om te sien presies wat Danie al gepubliseer het. Ek kon onthou dat ek al hier en daar van sy gedigte raakgelees het, maar was nog nooit ‘n ywerige bewonderaar nie. Nietemin het ek besluit die geleentheid om my moedertaal op volksvreemde grond te hoor, is nie te versmaai...

My beursie en paspoort is in SA gesteel maar my kaartjie terug na Brittanje is bespreek vir oor 'n week. Sal ek met 'n tydelike paspoort terug na Brittanje kan reis? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-07-02
Vraag Ek is op die oomblik in Suid-Afrika met vakansie en sit met ‘n lekker penarie. Ek woon en werk in Brittanje met ‘n grootouervisum, maar my handsak met my beursie en paspoort is gister in Johannesburg gesteel. My kaartjie terug na Brittanje is bespreek vir oor ‘n week. Sal ek met ‘n tydelike paspoort na Brittanje kan reis? Antwoord Suid-Afrikaanse burgers word nie toegelaat om Brittanje binne te kom met enige ander dokument as ‘n geldige Suid-Afrikaanse...

Hoe beïnvloed dit jou posisie as jy op 'n studentevisum in Brittanje geboorte skenk? Sal die kind Britse burgerskap kry? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-06-27
VraagMy dogter en haar jarelange vriend is in Brittanje op studentevisums. Ek het nou die nuus gekry dat sy swanger is met hulle kind. Ek is erg bekommerd oor hoe dit hulle immigrasiestatus gaan raak. Dit lyk of sy van plan is om haar studies voort te sit en in Brittanje aan die kind geboorte te skenk. Sal sy dit kan doen? En verder, sal die kind Britse burgerskap kry omdat hy/sy daar gebore word?AntwoordJou dogter sal in Brittanje geboorte kan skenk. Sodra die kind gebore is en jou dogter ’n...

Is daar statistiek beskikbaar oor die getal Suid-Afrikaners wat elke jaar Britse burgerskap verkry? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-06-11
Vraag Ek is sommer nuuskierig om te weet of daar statistiek beskikbaar is oor die getal Suid-Afrikaners wat elke jaar Britse burgerskap verkry. En ook: Is dit moontlik om dubbele burgerskap te hê – beide Brits en Suid-Afrikaans? Antwoord Dit is inderdaad moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê. Die meeste Suid-Afrikaners doen deur ‘n eenvoudige proses aansoek om hul Suid-Afrikaanse burgerskap te beskerm alvorens hulle aansoek doen om hulle Britse...

Is dit moontlik om vir my ma 'n visum te bekom om op 'n permanente grondslag by ons in Brittanje te kom bly? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-06-06
Vraag Ek en my man het nou onlangs Britse burgerskap verkry en het nou dubbele burgerskap, Brits en Suid-Afrikaans. Ons hou tans vakansie in Suid-Afrika en ek het nou eers regtig bewus geword van hoe eensaam my ma hier is. Ek is haar enigste kind en sy is reeds baie jare ’n weduwee met geen ander naby familie nie. Ek is ook bekommerd oor haar finansiële situasie. Wat ek wil weet is of dit moontlik vir ons sal wees om vir haar ’n visum te bekom om op ’n permanente grondslag...

Sal my dogter haar Suid-Afrikaanse burgerskap outomaties verloor wanneer sy haar Britse burgerskap kry? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-05-21
Vraag My dogter is al ’n hele rukkie in Brittanje en sy kan binnekort aansoek doen vir haar Britse burgerskap. Haar hart is egter maar nog altyd in Suid-Afrika en sy wil graag terugkom oor ’n jaar of drie. Kan sy haar Suid-Afrikaanse burgerskap behou en sodoende dubbele burgerskap kry – vir Suid-Afrika en Brittanje? Antwoord Jou dogter moet aansoek doen by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris om haar Suid-Afrikaanse burgerskap te behou, alvorens sy aansoek doen om Britse...

Wie kan help met inligting oor hoe om te kwalifiseer vir die HSMP sodat jy in Brittanje kan werk? Breytenbachs kan ...
Hannes Breytenbach - 2007-05-17
Vraag Ek wil baie graag Britse werksondervinding opdoen. Ek kwalifiseer nog ouderdomsgewys vir die tweejaar-werksvakansie, maar het gehoor by ’n personeelagent in Londen dat dié tipe visum beperkend is as mens regtig jou loopbaan in Brittanje wil bevorder. Sy het voorgestel ek kyk of ek kan kwalifiseer vir die HSMP. Kan julle help met inligting? Antwoord Die HSMP is inderdaad ‘n beter permit vir iemand wat sy/haar loopbaan wil bevorder, aangesien daar geen werksbeperkings...

Spook van die gedierte
Liezel van Beek - 2007-05-15
Desmond Tutu was verlede week in Taiwan. Dit was ‘n welkome verrassing om ‘n stukkie Suid-Afrika hier te ontvang, want ek verlang juis deesdae so baie huis toe. Sy besoek het ʼn idee in my binneste laat borrel wat gesmeek het vir genoeg groente om ʼn lekker dik en geurige sop te maak. Maar ek kon eenvoudig nie daarvoor tyd maak nie. En, soos met die meeste dinge wat jy te lank onbewaak verhit, kook dit spoedig droog. Uit die droë bodem van my gedagtepot skraap ek nou...

Wat gebeur as 'n persoon langer as die voorgeskrewe twaalf maande van die tweejaar-werksvakansie in Brittanje werk? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-04-23
Vraag Wat gebeur as ’n persoon langer as die voorgeskrewe twaalf maande van die tweejaar-werksvakansie in Brittanje werk? My vriendin werk tans al langer as ’n jaar op die visum en is baie bekommerd dat sy uitgevang gaan word. Antwoord Die reëls van die tweejaar-werksvakansie stipuleer duidelik dat ‘n persoon nie langer as twaalf maande op dié tipe visum mag werk nie. Die Britse regering sien enige oortreding van die Britse immigrasie reëls in ‘n baie...

Internasionale studente wat gradueer van 'n Britse universiteit word toegelaat om 'n jaar lank in Brittanje te werk. Breytenbachs verduidelik ...
Hannes Breytenbach - 2007-04-17
Vraag Ek was voorheen in Brittanje gewees op ’n tweejaar-werksvakansie en oorweeg dit nou om terug te gaan soontoe en vir ’n graad te studeer aan een van die Britse universiteite. Ek het ’n gerug gehoor dat daar nou ’n skema is wat mens toelaat om in Brittanje te werk nadat jy daar studeer het. Kan julle vir my meer besonderhede gee? Antwoord Die Britse regering het inderdaad ’n nuwe skema aangekondig wat internasionale studente sal toelaat om ’n jaar in Brittanje...

Hoe werk huwelikskontrakte in die VK? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-04-12
Vraag Ek is ’n Suid-Afrikaanse burger en trou oor drie maande met my Britse verloofde. Ons is van plan om die troue in Engeland te hê. Ek is bewus daarvan dat daar verskillende maniere is om in Suid-Afrika te trou – binne gemeenskap van goedere, buite gemeenskap van goedere, ensovoorts. Wat ek wil weet is, hoe werk dit in Engeland? Kan julle my asseblief advies gee in dié verband? Antwoord Aangesien jy met ‘n Britse burger trou, sal jou huwelik beheer word...

Die ongetroude-lewensmaat-visum. Breytenbachs vertel meer
Hannes Breytenbach - 2007-04-04
Vraag ’n Britse maatskappy het ’n werkspermit vir my vriend gereël en hy is gevolglik nou onlangs soontoe om daar te begin werk aan ’n langtermynprojek. Ons is reeds ’n geruime tyd betrokke in ’n ernstige verhouding en het saamgewoon in Suid-Afrika. Die situasie is vir ons ’n groot dilemma, aangesien dit nie lyk of ek vir enigeen van die Britse permitte of visums kwalifiseer nie en dus nie by hom sal kan aansluit oorsee nie. Ek weet dat as ons trou, ek...

God se sonskyn-palet
Jan Coetsee - 2007-03-21
Vrae oor toe en nou: 'n onhistoriese stuiwer in die krities-vrydenkende debatsbeurs Voor '48 was ons respekvol, hopendDaarna andersmet aparte enersheidalmal eiesoortigmet etnies-gelyke andersheid vir hullewat anders-eners is in enerse andersheid Uit vreespersepsiesword selfgeldendrealiteit gekraamen word beleidvir God 'n vergewingslasAngola-ontkennend(verstommend!) dreig krokodildat te ver gedruk digby ongelukmiken godgegewe regteweerbarstigweerhou sal wordmetnoodtoestandead infinitumWyl waterdier...

Expat Netwerk
André Ferero - 2007-03-21
Dit was vroeg Januarie 2006 – daardie tyd van die jaar wanneer mens soms groot besluite neem. Ons het pas teruggekeer van 'n rustige vakansie in die berge van Lesotho. Soos dié van julle wat reeds daar gaan reis het, sal weet, is Lesotho 'n plek waar mens baie tyd kry vir dink. En vir planne maak. Vandat ek kan onthou, maak ek nooit Nuwejaarsvoornemens nie - mens vergeet of ignoreer dit mos in elk geval 'n week of twee later. Ons belangrike besluit het dus niks met welbedoelde voornemens...

My hart in Suid-Afrika
Margaritha Nel - 2007-03-20
Vanuit Ad Dammam, waar ek reeds twee jaar woon en werk, is ek nou wel aangepas? Ek lees weekliks my LitNet-nuusbrief, ek luister na RSG oor die internet, ek lees reaksies en ervaringe op webblaaie van expats. Ek kou daaraan; ek loop soms dae en herkou aan verskeie opinies en ervaringe, weeg myne deeglik op. Ek het twee weke gelede my kontrak verleng na Augustus, en nou lees ek steeds, dalk meer. Herkou ook meer. Vanoggend van 'n vriend wat ook in Suid-Afrika is met verlof, gehoor dat die petrol nou...

Eiendomsreg in Brittanje: Is die verkoper binne magte om op so 'n laat stadium te onttrek? Breytenbachs antwoord ...
Hannes Breytenbach - 2007-03-14
Vraag: Ek het ’n paar jaar terug in Brittanje gewerk en wou nog altyd vir my ’n eiendom daar bekom om te verhuur, aangesien ek graag so my investeringsportefeulje wil diversifiseer en ek beïndruk is met die langtermynvertoning van die Britse eiendomsmark. Ek het via vriende en die internet nou ’n rukkie terug uiteindelik ’n plekkie gekry wat binne my smaak en prysklas val en dan ook die eiendomsagentskap ingelig om die nodige te doen om die koop deur te voer. In...

Kan die kinders van 'n persoon wat in Brittanje naturaliseer Britse burgerskap verkry? Breytenbachs antwoord ...
Hannes Breytenbach - 2007-02-21
Vraag: My dogter en skoonseun woon en werk op die oomblik in Brittanje. Hulle wil graag met ‘n gesin begin sodra hulle hul Britse burgerskap verkry. Sal hulle kinders outomaties Britse burgers wees? Sal dit die situasie beïnvloed as hulle ten tyde van die geboorte van die kinders nie in Engeland is nie? Antwoord: Wanneer ‘n persoon Britse burgerskap verkry deurdat hy/sy die vereiste tyd in Brittanje was op ‘n permit in die permanente kategorie van visums soos die HSMP, werkspermit...

Mind the gap: eerste ervarings in die Wildernis van Onderwys in Engeland
Maretha Davel Joubert - 2007-02-20
Wil jy graag in Engeland kom skool hou? Jy het reeds al die nare stories gehoor, die koerant- en tydskrifartikels gelees, en bietjie webnavorsing gedoen. Jy kan nie glo dat studente só ongeskik kan wees nie, jy het vertroue in jou vermoëns as onderwyser en jy glo jy sal dit maak … Dit was my houding voor ek die onbekende Engelse skoolstelsel betree het. My arrogansie en spontane idealistiese ingesteldheid - kenmerkend van onderwysers die wêreld vol - was egter al wat my laat...

Hoe om te kwalifiseer vir 'n Permit vir Hoogs Geskoolde Persone
Hannes Breytenbach - 2007-01-22
Vraag Ek wil baie graag vroeg hierdie jaar Engeland toe gaan om internasionale werksondervinding op te doen. Ek is nog jonk genoeg om te kwalifiseer vir die tweejaar-werksvakansie, maar ‘n vriendin van my wat in Engeland werk vir ‘n personeelagentskap reken ek gaan baie dom wees om nie aansoek te doen vir die HSMP-visum nie, aangesien dit baie meer voordele inhou. Kan julle asseblief vir my verduidelik hoe mense punte kan verdien om vir die permit te kwalifiseer, aangesien ek dan graag...

Breytenbachs beantwoord jou vrae oor studentevisums en tweejaar-werksvakansievisums
Hannes Breytenbach - 2006-12-14
Vraag: Ek het so vier jaar terug klaar gestudeer, intussen gewerk en wil nou graag volgende jaar Engeland toe gaan op ‘n tweejaar-werksvakansievisum en sommer verdere werksondervinding opdoen in my veld. Iemand wat al daar was, sê egter ek gaan dom wees om nie eerder vir die HSMP-permit aansoek te doen nie. Ek het geen benul hoe die verskillende permitte werk nie, so sal bly wees as julle kan raadgee. Antwoord: Die tweejaar-werksvakansievisum is ‘n tydelike visum. Dit word...

Ek lê hier en dink
Catherine Henderson - 2006-12-13


Oorsese planne vir die nuwe jaar?
Hannes Breytenbach - 2006-12-13
Die einde van ‘n jaar is tradisioneel ‘n tyd waar daar weer beplanning gedoen word vir die nuwe een. Baie mense ondersoek ook dié tyd van die jaar die moontlikheid om hul vlerke bietjie oorsee te gaan sprei. Brittanje bly ‘n gewilde keuse, grootliks weens die feit dat Suid-Afrikaners kultureel baie maklik in die land aanpas en daar reeds ‘n groot gevestigde Suid-Afrikaanse diaspora in die land is, wat die aanpassing net soveel makliker maak. Om ‘n oorsig...

Breytenbachs beantwoord vrae oor Britse Permitte vir Hoogs Geskoolde Migrante
Hannes Breytenbach - 2006-11-21
Vraag: Ek wil graag aansoek doen vir die Britse Permit vir Hoogs Geskoolde Migrante, maar het nou gehoor dat die permit opgeskort is. Wat nou? Antwoord: Die Permit vir Hoogs Geskoolde Migrante (HSMP) is inderdaad vanaf 7 November 2006 opgeskort, maar ‘n persoon kan, indien hy kwalifiseer, weer vanaf 5 Desember 2006 ‘n aansoek daarvoor indien wanneer nuwe kriteria in werking tree. Daar kan dus reeds gewerk word daaraan om nuwe aansoeke gereed te kry vir indiening op die datum....

Verroeping
Rozanne Stoman - 2006-11-15
Die boesmanvrou het vanoggendop haar hurke gaan sitmet haar kruisbene, haar lui bewegingwat agter my oë roer"Die tyd," het sy gesê."Voel hom."Die halfrond van die breinomvou met 'n koel senulading 'n oomblik soos somerreën spat deur die boesmanvrouen elke eindpunt is 'n lig in Hillbrowen elke kreukel is 'n heuweldie son is oralswarm son, bitterfrank sweet enmense, vuil tienrande, gesloofde Pep Stores skoenegevlekte teer en spoegvloekende mans in die taxi ploeg...

Tsotsi spyt
Karina Karoolsie - 2006-10-24
As 'n patriotiese expat bevind ek my dikwels in situasies waar ek Suid-Afrika skaamteloos bemark as 'n droomlandskap, en Saterdagaand was geen uitsondering nie. Ek was die enigste Afrikaner in 'n groep Engelse in 'n cool bar in Londen. Ons gesels oor werk, kuier en travel en een van hulle vra my hoe lank mens sal nodig hê om Suid-Afrika deeglik te bewonder. "'n Leeftyd," sê ek, en begin te verduidelik oor die wonderlike weer, die fusion van kosmopolitaanse Kaapstad met ru-mooi...

Breytenbachs beantwoord vrae oor studentevisums
Breytenbachs - 2006-10-16
Vraag: Ek is tans in Suid-Afrika met vakansie en het ‘n tweejaar-werksvakansievisum vir die VK. Ek wil graag vroeg volgende jaar oorskakel van 'n tweejaar-werksvakansievisum na 'n studentevisum. Iemand het my ingelig dat daar sekere kriteria is wat gaan bepaal of jy binne die VK of buite die VK moet wees om die aansoek in te dien. Afgesien van die ooglopende onkostes aan 'n vliegtuigkaartjie na Suid-Afrika om die aansoek van hier af in te dien, is daar enige ander nadele om die aansoek buite...

Breytenbachs beantwoord vrae oor die VK se arbeidstekortlys en HSMP-punte
Breytenbachs - 2006-10-04
Vraag:Ek wil graag aansoek doen om ‘n werkspermit vir Brittanje en verstaan dat dié tipe immigrasiekategorie in twee skei: aansoeke wat op die arbeidstekortlys is en dié wat nie op die lys is nie. Wat presies behels die lys en hoe affekteer dit jou aansoek as jou professie wel op die lys is? Antwoord:Die Britse regering erken die feit dat daar tekorte in sekere sektore en professies in die Britse arbeidsmark is. Hulle stel gevolglik ‘n arbeidstekortlys op, met die spesifieke...

Expatuithangplekke - update vir België
Lizelle Botes - 2006-09-28
Die persepsie wat meeste mense van België het, is dat dit 'n klein landjie is wat net bier en sjokolade het om te bied - nie verkeerd nie, maar nog soveel meer as jy bietjie dieper gaan kyk. Die Suid-Afrikaners wat hulself hier gevestig het oor die jare, hetsy tydelik of permanent, of toevallig hier beland het en nog steeds hier is, sal jou verseker kan vertel van al die ander minder gekende skatte ... Maar 'n paar waarvoor SA'ners hier 'n spesiale plekkie het: Suid-Afrikaanse club in België...

Breytenbachs beantwoord vrae oor permanente verblyfsreg en HSMP-permitte
2006-08-17
Vraag: Ek werk in Brittanje op ’n grootouer-visum – my ouma aan moederskant was ’n Britse burger. Ek hou tans vakansie in Suid-Afrika en oorweeg dit nou om my kuier hier met ’n paar maande te verleng, aangesien ek eintlik verskeie familieverpligtinge hier het. Hoe lank kan ek per jaar buite Brittanje wees sonder dat dit my latere aansoek vir permanente verblyfsreg in Brittanje beïnvloed? Antwoord: Om te kwalifiseer vir permanente verblyfsreg sal jy vyf jaar in die...


<< 1 2 >>