Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine

Kos & Wyn | Food & Wine


<< 1 2 3 4 7 >>

Jou wyndagboek vir November
Johann H Crafford - 2008-10-29
1. Saterdag 1 November, Stellenzicht: Kom stel 10 oesjare van hierdie wynlandgoed se pinotage-wyne op die proef tydens ‘n uitsonderlike kos- en-wyn-aand in die kelder saam met wynmaker Guy Webber. Die koste is R350 per persoon. Skakel Lucille Jacobs by (021) 883 8988 vir besprekings of stuur ‘n epos aan cljacobs@distell.co.za.2. Saterdag 1 November, Somerset-Wes: Kom geniet ‘n Beyerskloof-proe by Manuka van 12:00 tot 15:00. Skakel (021) 851 6060 vir meer besonderhede.3. Saterdag/Sondag...

Renaissance vir Franschhoek se La Bri
Johann H Crafford - 2008-10-28
Robin Hamilton, eienaar, en sy vennoot, Lindy Waterkeyn, beskryf La Bri as "'n klein, stil en baie mooi plek: net om daar te wees, maak dat jy dinge beter wil doen". Die bou van ‘n nuwe boetiekwynkelder van 120 ton en 'n proelokaal, byna verskuil agter volwasse eikebome, het nie hierdie rustigheid versteur nie, maar is die noodsaaklike belegging om inhoud te gee aan die filosofie om dinge beter te doen.Terwyl die wyse mense in die wynbedryf waarsku teen belegging in sement...

Two Oceans se lekkerdrinkwyne beïndruk beoordelaars en wynskrywers
Johann H Crafford - 2008-10-28
Wie sê gewilde en sakpaswyne kan nie ook van topgehalte wees nie? Two Oceans, wat pas hoë lof in die befaamde wynkenner Robert Parker se Wine Advocate ontvang het, het nou ook op 'n multinasionale paneel in die VK indruk gemaak. Die handelsmerk het by vanjaar se International Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen, waar dit teen veel duurder wyne te staan gekom het, twee silwermedaljes verower.Een van die van die silwermedaljewenners, wat ook die hoogste punte in sy klas gekry...

Van Ryn vanjaar beste ter wêreld x 2
Johann H Crafford - 2008-10-28
Die Van Ryn's-distilleerdery naby Stellenbosch is tydens twee belangrike toonkaste vir die globale spiritualieë-broederskap as die skepper van die beste brandewyn in die wêreld aangewys.Eers het Van Ryn's vroeër vanjaar by die International Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen die titel Beste Brandewyn ter Wêreld met sy 20 Year Old Collector's Reserve verower, en nou het hy die International Spirits Challenge (ICS) se brandewyntrofee vir sy 12 Year Old...

Eerste Dalla Cia cabernet sauvignon pure genot in 'n glas
2008-10-28
Dalla Cia, ‘n geliefde en gerespekteerde familie in die Kaapse wynland wat bekend is vir hulle puik wyne en grappa, het so pas hul eerste cabernet sauvignon bekendgestel - 'n klassieke rooiwyn met net soveel gulheid en karakter as sy groothartige skepper. "Ons speel al vir 'n wyle met die idee om 'n cabernet sauvignon te maak met 'n klassieke styl en goeie verouderingspotensiaal, maar met sagter tanniene en 'n fluweelsagte struktuur," sê passievolle wynmaker...

JC le Roux eerste rosé om Cap Classique-uitdaging te wen
Johann H Crafford - 2008-10-23
Die Huis van JC le Roux, Suid-Afrika se oudste kelder wat uitsluitlik toegewy is aan die maak van vonkelwyn en die voorloper was met die maak van 'n pinot noir Méthode Cap Classique, het die eerste produsent geword om die toonaangewende Wine-tydskrif se Amorim Cap Classique-uitdaging met 'n rosé - die JC le Roux Pinot Noir Rosé 2006 - te wen.Dié sege oor 47 ander vonkelwyn-inskrywings by die 2008-uitdaging was die tweede toekenning in een week vir die vars en lewendige...

Die Swartland lap sy wyn- en ander geheime uit
Johann H Crafford - 2008-10-20
Laaaank gelede, toe ek nog ‘n motorskrywer was, het die skakelhoof van ‘n bekende Japanse motorvervaardiger eendag gesê: "As Rondom Lelik (die skuilnaam vir die skakelhoof van ‘n bekende Duitse motorvervaardiger!) jou maan toe vat vir ‘n bekendstelling, vat ek jou Mars toe."En so het ons as motorskrywers gewoond geraak aan beter en beter ... en beter. En elke keer as ons gereken het dis nou die beste, was daar iets beter om die draai.Ook maar goed, want die...

Elegante Allesverloren-geskenkpak met sjiek portglase
Johann H Crafford - 2008-10-20
Allesverloren, die oudste wynlandgoed in die Swartland en alombekend vir sy puik portwyn, vang die stemming van die Kersseisoen perfek vas met ‘n spesiale geskenkpak wat bestaan uit ‘n bottel Allesverloren Port 2005, twee stylvolle portglase en twee verleidelike Lindt-neutsjokolades. Hetsy jy die feesspyse heerlik wil afrond met die soet smaak van die Allesverloren port- en Lindt-kombinasie, of vriende, familie en kollegas daarmee wil verras onder die Kersboom, die ryk, verruklike smaak...

Nederburg wen enigste goud vir Suid-Afrika
Johann H Crafford - 2008-10-20
Nederburg se rits bekronings duur voort. Razvan Macici, die keldermeester, en sy span het die enigste goud vir Suid-Afrika by die 2008 International Sweet Wine Challenge in Australië verower, in dieselfde week dat hulle by in die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings die meeste Grand d'Or-medaljes van enige deelnemer in hul sak gesteek het.Vroeër vanjaar is dié wynmakery by die Ou Mutual-Trofeewynskou as die suksesvolste produsent aangewys, en het hy boonop die Lexus WINE...

Drostdy-Hof seëvier by Value Wine Awards in Kanada
Johann H Crafford - 2008-10-20
Drostdy-Hof, die gewilde reeks toeganklike wyne afkomstig van die skilderagtige Tulbagh-vallei, het uitgeblink by die internasionale Value Wine Awards in Kanada met twee wyne wat met Killer Value-status bekroon is as topgehaltewyne onder $15. Die 2007-oesjare van sowel die Drostdy-Hof Chardonnay as die Drostdy-Hof Merlot is uit meer as 1 000 wyne afkomstig van 14 lande uitgesonder in die prysklas onder $25, die prys waarteen 97 persent van alle wynverkope in Kanada geskied. Die kompetisie word jaarliks...

Bergfietsryers kuier in die suidelikste wynwêreld
Johann H Crafford - 2008-10-20


Monis se muskadel is goud in die mond
Johann H Crafford - 2008-10-20
Monis, een van die oudste en mees gerespekteerde name in gefortifiseerde wyne in Suid-Afrika, het hom weer eens bewys as een van die voorste muskadel-produsente in die wêreld. Die 2001-oesjaar het nie net ‘n goue medalje by die 2008 Muscats du Monde in Frankryk verower nie, maar is ook uitgesonder as een van die top 10. Monis is die enigste Suid-Afrikaanse produsent wat ‘n goue medalje by dié toonaangewende kompetisie ingepalm het. Die houtverouderde Monis Vintage Muscadel...

Versnit-triomf vir Kaapse Wyngilde
Johann H Crafford - 2008-10-17
Die Blaauwklippen-versnitkompetisie vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar met 'n rekord-aantal inskrywings van 79 wynklubs regoor Suid-Afrika, asook een internasionale deelnemer van die Verenigde Koninkryk - 'n beduidende toename in deelname teenoor verlede jaar se 64 inskrywings.Dié kompetisie, gestig deur Blaauwklippen-landgoed, is die enigste van sy soort in Suid-Afrika waar amateur wynklubs hul eie wynversnitte kan inskryf vir beoordeling deur professionele wynkundiges. Benewens verskeie...

Wyn, kos, pret en plesier in die Helderberg
Johann H Crafford - 2008-10-09
Terwyl die winter en lente mekaar aan die keel beet het oor wie nou eintlik hierdie tyd van die jaar die septer moet swaai, het die wynmakers van die Helderberg besluit ‘n makietie wag nie noodwendig vir ideale weer nie, en van Vrydag 10 Oktober tot Sondag 12 Oktober gaan die biesies bewe soos die Rola Motors Voet van die Helderberg-fees die winterkoue gaan verdryf. Oor hierdie drie dae word mense genooi om enigeen van die 20 deelnemende wynmakerye langs die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes...

JC le Roux eerste rosé om Cap Classique-uitdaging te wen
Johann H Crafford - 2008-10-06
Die Huis van JC le Roux, Suid-Afrika se oudste kelder wat uitsluitlik toegewy is aan die maak van vonkelwyn en die voorloper was met die maak van 'n pinot noir Méthode Cap Classique, het die eerste produsent geword om die toonaangewende Wine-tydskrif se Amorim Cap Classique-uitdaging met 'n rosé - die JC le Roux Pinot Noir Rosé 2006 - te wen.Dié sege oor 47 ander vonkelwyn-inskrywings by die 2008-uitdaging was die tweede toekenning in een week vir die vars en lewendige...

Deel in Klipdrift se gasvryheid en wen 'n spoghuis op Robertson
Johann H Crafford - 2008-10-03
In die gees van sy kenmerkende vrygewigheid en gasvryheid gaan Klipdrift 'n huis ter waarde van R1,3 miljoen op die Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed by Robertson weggee, naby waar Suid-Afrika se topverkopende brandewyn gemaak word. Mense ouer as 18 kan vir die kompetisie inskryf en staan ook die kans om een van vele pryse te wen. Verbruikers kan ook per SMS inskryf deur die laaste vier syfers te verskaf van die staafkode op hul gunsteling Klipdrift brandewyn. Natuurliefhebbers en buitelewe-entoesiaste...

Wyn- en sjokoladeplesier op Uitkyk
Johann H Crafford - 2008-10-02
Cape Legends het onlangs op 'n seldsame, sonnige lentedag sy beste, huidige oesjaarwyne en -port, asook 'n brandewyn, op die historiese Uitkyk-wynlandgoed naby Stellenbosch ten toon gestel.Maja Berthas, 'n Sweedse spesialis op die gebied van wyn en sjokolade kombineer, en wat onlangs 'n boek oor sjokolade die lig laat sien het, het verduidelik hoe om die beste uit twee van die mees geliefkoosde smaaksensasies ter wêreld te haal. Dis nou wyn in sy verskillende vorme en sjokolade....

Wyngebeure in Oktober
Johann H Crafford - 2008-10-02
Ry jy te gereeld Jan Tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (én weke) op hul kop gaan keer.1. Vrydag 3 Oktober, Vergelegen: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit, met wynmaker André van Rensburg en sjef Henrico Grobbelaar om 19:30 vir 20:00 in die Lady Phillips Restaurant. Die koste is R270 per persoon. Skakel (021) 847 1346 om te bespreek.2. Saterdag 4 Oktober, Elgin: Kom stap saam vanaf Paul Cluver Wines op ‘n vier uur lange roete en...

Klein maar getrein!
Johann H Crafford - 2008-10-01
Dawid het vir Goliat gewys dat grootte nie saak maak nie. En Don Juan en Casanova het dit glo ook bewys! Nou het ‘n handjie vol passievolle garagiste-wynmakers besluit om te wys dat wanneer dit by passie vir wynmaak kom, grootte ook nie tel nie. Inteendeel!Die Durbanville Boetiekwynvereniging (DBWA) het tot stand gekom nadat ‘n handjie vol entoesiastiese en passievolle wynmakers in die Durbanville-omgewing besluit het om kragte saam te snoer en hul uitsonderlike wyne aan die publiek bekend...

Maak ‘n draai by Polkadraai
Johann H Crafford - 2008-09-29
WC Fields het eendag gesê ‘n vrou het hom na drank gedryf en hy't nooit eers die ordentlikheid gehad om haar te bedank nie! Pous Johannes XXIII het weer gesê dat mans soos wyn is: sommige verander in asyn, maar die beste verbeter met ouderdom.Daar is baie gesegdes oor wyn, en mens verstaan hoekom wanneer jy so ‘n tree of drie op die wonderlike wynreis geneem het. Net iets wat soveel passie ontlok soos die nektar van die wingerd kan ook soveel sêgoed na vore bring....

Swartskaap doen dit!
Johann H Crafford - 2008-09-24
In die onlangse SA Terroir-wyntoekennings is Swartskaap van Hermanuspietersfontein naby Hermanus deur ‘n paneel wynkenners - Charl Theron, Dave Hughes, Clive Torr, David Biggs en Susan Wessels - aangewys as die beste cabernet franc in Suid-Afrika. Volgens Dave Hughes, bekende wynkenner en beoordelaar, is hierdie die mees eksklusiewe wynkompetisie ter wêreld weens die wyn-van-oorsprong-reëls wat geld. Hy is nie bewus van enige soortgelyke kompetisie waarin die wynbouterreine (terroir)...

Fleur du Cap stel eerste witwyn met skroefdop bekend
Johann H Crafford - 2008-09-23
Fleur du Cap het pas sy eerste witwyn met ‘n nuttige skroefdop bekend gestel - die 2008-oesjaar van sy veelbekroonde Unfiltered Sauvignon Blanc. Al die 2008-witwyne in Fleur du Cap se gewilde Unfiltered-reeks sal met skroefdoppe pleks van kurk gebottel word.Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc is bekend vir sy besonderse gehalte, en dié wyne palm jaar na jaar toonaangewende plaaslike sowel as internasionale toekennings in. Die 2008-oesjaar behoort geen uitsondering te wees nie.Die...

Ervare Pinotage-meesters deel die verhoog
Marius Labuschagne - 2008-09-19
Die uitslae van 2008 Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is ‘n toonkas van Pinotage-meesters wie se kundigheid die afgelope twaalf jaar met verskeie wenwyne bekroon is. Sommige het glorieryk teruggekeer.2008 Absa Top 10 Pinotage-wenners (in alfabetiese volgorde): Anura Pinotage 2007, Beyerskloof Diesel Pinotage 2006, Beyerskloof Reserve Pinotage 2006, Cloof Pinotage 2005, DeWaal Top of the Hill Pinotage 2006, Fairview Primo Pinotage 2007, Rijk's Private Cellar Pinotage 2004, Simonsig Red Hill...

Creation stel nuwe wyne bekend
Johann H Crafford - 2008-09-18
Hulle mag nou wel die nuwe laaities in die straat wees, maar moenie die fout maak en hulle nie na hul werklike waarde skat nie! Jean-Claude en Carolyn Martin (née Finlayson) het in 2002 ‘n rou stuk grond ‘n paar kilometer op in die Hemel en Aarde-vallei gekoop en wingerd begin aanplant. Drie jaar later het JC, ‘n Switserse wynmaker, ‘n vennootskap met ‘n ou vriend, Christoph Kaser, ook ‘n talentvolle wynmaker, aangegaan en vandag is hulle slaggereed om die...

Lomond se Pincushion wêreld se beste in klas
Johann H Crafford - 2008-09-18
Lomond se 2007 Pincushion Sauvignon Blanc is pas in vanjaar se Decanter World Wine Awards as die beste ter wêreld in sy prysklas aangewys. Die enkelwingerdwyn het stof in die oë geskop van talle topname van Nieu-Seeland en Chili in die strawwe kategorie van Minder as £10.Die enkelwingerd sauvignon blanc is vernoem na die speldekussing-proteas wat geil op die landgoed naby Gansbaai groei, en was een van net 26 wyne wat 'n internasionale trofee kon verower in die kompetisie wat...

A pack of cards!
Peter Finlayson, Bouchard Finlayson, Hemel en Aarde - 2008-09-16
Every vintage is a pack of cards! In 2007 we were dealt the perfect hand and great wines followed. This year has presented different elements and challenges but has resulted in some outstanding wines, particularly sauvignon blanc and chardonnay.Having said this, we had to play a tough poker game in the process! It was a testing vintage, unusual in that weekly rains fell throughout the growing season. Strong growth in the vines with abundant soil moisture crafted a generous vintage with surprisingly...

Tukulu Pinotage weer in ABSA se Top 10
Johann H Crafford - 2008-09-15
Die 2006-oesjaar van die Tukulu Pinotage is vir ABSA se lys van die voorste tien pinotage-wyne gekies. Dit is die vyfde keer dat die handelsmerk só vereer word.Deidre Samson, bemarkingsbestuurder van Cape Legends wat die bemagtigingshandelsmerk verteenwoordig, sê: "Dit is 'n gepaste eerbewys ter herdenking van die tiende bestaansjaar van Tukulu, 'n trotse voorbeeld van 'n omgewings- en maatskaplik volhoubare wynmakery wat boonop uitnemende wyn maak."Tukulu se wyn...

Agter die skerms van ‘n dop!
Johann H Crafford - 2008-09-15
Almal het seker al die bekende ou grappie gehoor van die skooljuffrou wat voor die voorskoolse klassie staan en vra: "Kinders, wie kan vir my vertel waar melk vandaan kom?" En dan, so tussen die armpies deur wat entoesiasties die lug inskiet, wys sy na klein Jannie daar in die middel en vra: "Ja Jannie, waar kom melk vandaan?" Jannie staan dan ewe windmakerig op in sy bank en antwoord vol selfvertroue: "Van Woolworths af, Juffrou!"Ek dink daar's heelwat ouer Jannies...

Paul Cluver Chardonnay wen Decanter-trofee
Johann H Crafford - 2008-09-12
Nadat die Paul Cluver 2007 Chardonnay die Decanter World Wine Awards-streekstrofee vir die beste Suid-Afrikaanse Chardonnay vir minder as £10 ingepalm het, is dié wyn pas in Londen met die internasionale trofee vir die beste ter wêreld vereer. Dié trofee is een van die ses uit 26 internasionale trofeë wat Suid-Afrika gewen het, en dié land se prestasies is 'n triomf, skryf Adam Lechmere in die aanlyn-weergawe van Decanter. Australië, wat meer inskrywings...

Paul Cluver stel 2007 Pinot Noir bekend
Johann H Crafford - 2008-09-12
Die Paul Cluver Pinot Noir 2007 is een van die beste oesjare wat ons nóg bekend gestel het, sê wynmaker Andries Burger. "Dié oesjaar bly getrou aan die vrugte-suiwerheid en struktuur van die wyn wat deur die natuurlike suur voorsien word. Dít is die wese van 'n uitmuntende pinot noir," sê hy."Die neus herinner aan kersies en aarbeie, met tikkies speserye, sampioene en donker sjokolade. Die palet is propvol rooi vrugte, met sweempies speserye en...

Wyn en sokkies van Peter Falke Wines!
Johann H Crafford - 2008-09-09
Die Annandale-area net buite Stellenbosch op die pad na Somerset-Wes het ‘n nuwe wynprodusent, en as jy sokkies op sy cabernet sauvignon ruik, kan dit dalk te make hê met die feit dat Peter Falke meer bekend is vir sy sportsokkies as vir wyn. Vir nou, in elk geval. Hierdie groepie het die moderne wynproelokaal besoek en sowel die Peter Falke Sauvignon Blanc as die Cabernet Sauvignon gate uit geniet. In die gewone volgorde op die grasperk voor die kelder/proelokaal is oudrenjaer Hannes...

Suid-Afrika maak skoonskip by Decanter-wyntoekennings
Adam Lechmere - 2008-09-08
Op 'n aand wat vir verskeie verrassings gesorg het, het Suid-Afrika met die louere weggestap by die onlangse internasionale Decanter-wyntoekenningsgeleentheid.Suid-Afrka het 12 streektrofeë en 'n verstommende ses internasionale trofeë ingepalm, onder andere die internasionale trofee vir Bordeaux-variëteite (Onder £10) en die internasionale trofee vir Rhône-variëteite (Onder £10).Cederberg Shiraz het die Rhône-kategorie gewen, terwyl Amani-landgoed...

Wyngebeure in September
Johann H Crafford - 2008-09-08
Ry jy te gereeld Jan tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (en weke) op hul kop gaan keer.1. Sop-Saterdae: Elke Saterdag tot 13 September tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75 per persoon. Skakel Sunette Rust by (021) 862-3104 of stuur ‘n epos aan nedwines@distell.co.za om te bespreek.2. Elke dag: Die...

Nederburg plant ongewone kultivars
Johann H Crafford - 2008-09-08
Nederburg se besluit om 'n gemengde blok carignan en grenache op die plaas te plant, is een van sy proefnemings met ongewone kultivars om nog boublokke vir vernuwing te skep en die wynmakery op die uitwerking van klimaatsverandering voor te berei.Die nuwe wingerd van 3,5 ha in granietagtige Glenrosa-grond volg op die aanplanting van 'n blok grenache van 2,7 ha en 'n blok carignan van 1,2 ha op die plaas verlede jaar. Produsente lewer al verskeie jare malbec, mourvèdre, tannat,...

To decant or not
Christine Rudman Cape Wine Master, wine writer and wine consultant - 2008-09-03
The decanting practice was originally established because some older reds and vintage ports threw a sediment in the bottle. Think back to how wine was made before the advent of filtration or stabilising equipment and you will understand. Such a sediment poured into a guest's glass during a dinner party would be unattractive and probably also taste bitter. It is composed largely of deposited tannins, after all, so the host would prefer to pour a clean glass. By transferring the content of the...

Kom maak ‘n draai by Polkadraai
2008-09-01
Polkadraai-heuwels tussen Stellenbosch en Kuilsrivier is een van die Stellenbosch-wynroete se bes bewaarde geheime. Hier kry mens meestal klein boetiekwynmakerye vanwaar jy asemrowende uitsigte op sowel Stellenbosch en sy omgewing as Valsbaai het. En vir ‘n uitsonderlike eetervaring is Jakarta Rijsttafel Restaurant langs die La Provence-pad net die plek. Hier geniet (kloksgewys van links voor) Ingrid Bein van Bein-privaatkelder, Duncan en Veronica Fransz van Jakarta, en Fanie Joubert van La...

A world first for Darling
Johann H Crafford - 2008-08-14
Darling, less than an hour's drive from Cape Town, is the first wine-producing district to be awarded membership status by the Biodiversity Wine Initiative (BWI) with all individual farms, as well as Darling Cellars, achieving accreditation. Desktop research indicates that this is a worldwide first with no similar achievement elsewhere in the wine-producing world.Inge Kotze from the BWI explains: "This exemplary wine district encapsulates BWI's central philosophy of conservation and continual...

Alchemy of Gold betower beoordelaars in Londen
Johann H Crafford - 2008-08-14
Alchemy of Gold het nóg ’n paneel internasionale beoordelaars wat Suid-Afrikaanse brandewyne naas die beste spesialisbrandewyne uit Frankryk, Spanje, Italië, Kalifornië en elders geproe het, betower.Die jongste medalje-oes – twee goues en vier silwer – by die 2008 International Spirits Challenge in Londen volg op die hakke van die portefeulje se veelvuldige-medalje-sukses by vanjaar se International Spirit Competition.Die goue medaljes is toegeken aan ’n oesjaarbrandewyn...

Raats stel nuwe oesjare se wyne bekend
Johann H Crafford - 2008-08-14
Die bekende wynmaker Bruwer Raats van Raats Family Wines stel eersdaags die wyne van sy jongste oesjare bekend. Sowel die 2008 Raats Original Chenin Blanc as die 2007 Raats Cabernet Franc bied 'n ongekende wynervaring. Die Raats Original Chenin Blanc weerspieël duidelik hierdie wynmaker se onwrikbare geloof in hierdie kultivar, en die afwesigheid van hout beklemtoon die inherente vrugtige eienskappe van die chenin-druif. Die 2008-oesjaar is 'n verleidelike kombinasie van appel, pynappel en...

Hemel op aarde
Johann H Crafford - 2008-08-13
"Almal eet en drink, tog waardeer net sommiges die smaak." Die Sjinese filosoof Confucius het die spyker op die kop geslaan toe hy hierdie wysheid kwytgeraak het.Ek het dikwels aan hierdie gevleuelde woorde gedink toe ek en vroulief onlangs die Hemel en Aarde-vallei besoek het. Dis die vallei in die Walker Bay-wynstreek waar puik wyn, puik kos en asemrowende uitsigte op jou wag. En veel meer.Na daai besoek van twee dae aan die wynmakers in die vallei daar by Onrusrivier het ek besluit sy...

Wyngebeure in Augustus
Johann H Crafford - 2008-08-11
1. Kaasfondue: elke Vrydag- en Saterdagaand in Augustus bied Haralds Restaurant op die Eikendal-wynlandgoed op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes sy bekende kaasfondue aan. Die koste is R125 per persoon. Skakel Harald by (021) 855 5033 of 082 663 5901 om te bespreek.2. Sop-Saterdae: Elke Saterdag in Augustus tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75...

Rickety Bridge Sauvignon Blanc lof toegeswaai
Johann H Crafford - 2008-08-07
Die enigste sauvignon blanc-wingerd op hierdie prentjiemooi Franschhoekse wynlandgoed teenaan die rivier is beloon toe die Rickety Bridge Sauvignon Blanc 2007 ‘n vierstergradering ontvang het in Decanter se "New World Sauvignon Blanc Tasting" (gepubliseer in Decanter se Junie-uitgawe). Dit was een van slegs sewe sauvignon blancs, waarvan net twee uit die Kaap, wat hierdie hoë gradering ontvang het.Decanter, wat in Engeland uitgegee word, is een van die voorste en gesaghebbendste...

Kom Paarl toe vir ‘n vuurwarm Persiese fees
Johann H Crafford - 2008-08-07
Verruil die winterbloutes vir ‘n purperwarm wyn-en-kos-ervaring by die Persië tot Paarl-fees op 16 Augustus 2008 by die bekende Nederburg-wynlandgoed buite die Paarl. Hierdie fees, met sy ryk Persiese atmosfeer, ontleen sy tema aan die legende wat te vertel het dat die shiraz-druif (ook bekend as syrah) sy oorsprong in antieke Iran gehad het sowat 7 000 jaar gelede. Getrou aan beelde van die lewe in antieke Persië sal die streek se keurigste wyne en voedsel te proe wees. Besoekers...

Wynbedryf lei wynkelners vir 2010 op
Johann H Crafford - 2008-08-07
Wines of South Africa (WOSA), die niewinsbejag-organisasie wat Suid-Afrikaanse wyne wêreldwyd bevorder, het vorendag gekom met ʼn vernuftige werkskeppingsveldtog om 2 010 wynkelners vir die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 op te lei. Die doel is om te verseker dat plaaslike en buitelandse toeriste in 2010 wynbediening van wêreldgehalte ontvang deur geld vir opleiding deur die verkoop van ʼn rooiwyn van topgehalte in te samel. Dié wyn is spesiaal vir die projek...

Durbanville Hills Sauvignon Blanc 2008 nou beskikbaar
Johann H Crafford - 2008-08-07
Durbanville Hills se 2008 Sauvignon Blanc, die eerste wyn van die kelder se tiende oesjaar, is pas beskikbaar gestel. Met volop tropiese vrugte soos vy, lemmetjie, koejawel en appelliefie, het die wyn ʼn lieflike volheid in die mond, en dit eindig met ʼn vars nasmaak. Die keldermeester, Martin Moore, sê sedert die eerste oes in 1999 het die naam Durbanville Hills bekendheid verwerf vir sauvignon blanc van topgehalte. Moore stel voor die wyn word effens koud op sy eie geniet of saam...

Nederburg wen gesogte shiraz-toekenning
Johann H Crafford - 2008-08-07
Nederburg, wie se 2006 Winemaster’s Reserve Shiraz pas as die wenner van die tydskrif WINE se Shiraz Challenge vir 2008 aangewys is, is besig om baie vinnig ’n uitstekende reputasie vir sy suksesvolle interpretasie van dié kultivar in sy verskillende reekse op te bou. Verlede jaar is hierdie Paarlse wynmakery se eerste shiraz onder die Manor House-etiket - die 2005 - by die International Wine & Spirit Competition in Londen as die wêreld se beste shiraz en wenner van die...

The Coffee Trail
Paul Murray - 2008-07-30
Lourensford Estate, Somerset West – Home to the Coffee Roastery It’s in the beans! That’s the "Bible" when it comes to coffee. They (the beans) give it the crema, and the vuma. Coffee is the new energy, tea rooms are passé. Espresso is coffee made under pressure — from the mean machine. Question is: Can you take it? Blends of different types give the mighty taste, keep you awake and make you crave. It’s a brave new world! At Lourensford in Somerset...

‘n Paradys aan die voet van die Helderberg
Johann H Crafford - 2008-07-28
“Wyn is vir my passie. Dit is familie en vriende. Dit is ‘n warm hart en ‘n edelmoedige gees. Wyn is kuns. Dit is kultuur. Dit is die wese van die beskawing en die kuns van die lewe.”So skryf Robert Mondavi oor die nektar van die gode in sy outobiografie Harvests of Joy.Met hierdie gevleuelde woorde in gedagte het ek een wintersoggend met ‘n nuwe Nissan X-Trail All Mode 4x4-i die pad Stellenbosch toe gevat om ‘n dag by die wynmakers langs die Annandale-pad tussen...

Lord Neethling Noble Late Harvest wen terroir-toekenning
Johann H Crafford - 2008-07-21
Neethlingshof se Lord Neethling Weisser Riesling Noble Late Harvest 2006 is op die jaarlikse Suid-Afrikaanse Terroir-toekennings as die beste natuurlike soetwyn aangewys vir sy uitsonderlik plekgebonde smaak en ’n vermoë om elegansie met ʼn konsentrasie van geur te kombineer.Die 2005-oesjaar van dieselfde wyn is twee jaar gelede by die heel eerste Suid-Afrikaanse Terroir-toekennings ook as die landwye wenner in die kategorie vir natuurlike soetwyne aangewys. Die kategorie dek die hele...

JC le Roux vonkel in pienk
Johann H Crafford - 2008-07-21
Die Huis van JC le Roux sprankel met ‘n nuwe pienk blos, die elegante La Fleurette, wat parmantig sjarme verleen aan Suid-Afrika se geliefde reeks vonkelwyne. Hierdie verfrissende vonkelgenot bied speels dog stylvol die perfekte pasmaat vir in-die-kol modieuse en glansryke sosiale vlinders wat "Le Good Life" ten volle geniet.Met sy unieke en byderwetse voorkoms streel dié toeganklike rosé die sintuie met ‘n vonkelplesier van uitmuntende gehalte en ‘n lae...


<< 1 2 3 4 7 >>