Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Reis | Travel

Reis | Travel


<< 1 3 4 5 6 7 >>

Hoekom, Jake?
Blou Bul Braampie - 2006-09-28
Die grootste deel van die Springbokke se rugbyseisoen het meer na die Bokkie Horror Picture Show gelyk as na die wel en wee van ‘n internasionale span. Vreemde spankeuses, soos byvoorbeeld Gaffie du Toit en André Snyman op vleuels, het nie net politici laat kopkrap nie, maar het ook die rugbypubliek vroeg-vroeg na hulle Klipdrift laat gryp. Soos wat verwag is, het dit dan ook nie lank gevat voor die Bokke se wiele heeltemal afgekom het nie. Na twee onoortuigende oorwinnings teen die...

Praha (Tsjeggiese Republiek)
Una Beukman - 2006-09-28
Ons arriveer om eenuur in Praag. Dit reën. Jana, ‘n vriendin van ‘n vriendin, ontmoet ons. Sy reël vir ons verblyf by Marcella, wat in ‘n voorstad, ‘n vyftien-minute-treinrit van die stad af, woon. Arme Marcella is ‘n welsynsgeval, want sy is verslaaf aan alkohol, het ‘n gebroke siel en geen inisiatief nie. Ons kon mekaar glad nie verstaan nie en het met sketse en gebaretaal oor die weg gekom. Sy het nogtans uit haar pad gegaan en ons op twee geleenthede...

Italië – Deel I: Rome met die oop arms
Matty Strydom, 2006 - 2006-09-28
“Kyk, die stad gooi haar arms vir ons oop om ons welkom te heet!” Die kinders lag vir my melodramatiese uitroep, maar die stad en sy mense se oopheid en die helder invalshoek van die lug sal ons bybly. Die twee weke met ons meisiekinders in Rome sal nie ons, óf hulle, ooit vergeet nie. Ons blyplek is nog dieper in die “hart” van die stad as wat ons gedink het. Ons verken die eerste dag ons buurt, met die smal straatjie omsoom van elegante klein klerewinkels en...

Die paaie binne my
Annelise Erasmus - 2006-09-28
Dit is halfvyf die middag. Spitsverkeer. Voor my is ‘n ou omie wat die verkeer ontwrig omdat hy 30 km per uur ry. Agter my is ‘n bondel testosteroon wat deur my motor se agterruit probeer ry omdat ek nie oor die omie voor my wil ry nie. Die kinders begin op die agterste sitplek stoei en die kruideniersware val van die sitplek af en rol onder my voete in. Ek wil nie hier wees nie! My oë val op die swart pad wat voor my uitstrek. Die grootpad lok my. Ek wens ek kon verby die afrit...

Winter of somer, Weskuspark bly lekker! (Suid-Afrika)
Johann H Crafford - 2006-09-11
Ek ken mense wat kla dat daar nie genoeg te doen is nie! Hulle is glo verveeld! En dít in die Kaap, waar mense met verbeelding en ‘n avontuurlus elke naweek van die jaar iets opwindends kan doen en ervaar. En sommer tussenin ook. Die lys van wat, waar en wanneer is so lank dat mens nie weet waar om te begin nie. Maar ek het nou ook al slim geraak. Ek vertel nie meer vir almal van al my en vroulief se kuierplekke nie. Net in geval hulle ‘n greintjie verbeelding en avontuurlus...

Truth In Translation (Kigali, Rwanda)
Robert Koen, 2006 - 2006-08-17
In ’n oorlaaide minibus krul ons deur Kigali, heuwel af tot in die vallei en dan weer op teen die hang aan die oorkant. Kinders lag en hardloop langs die motor, terwyl die ouer garde ons stil en strak aanstaar. Dis mooi hier. ’n Fotograaf se droom. Ons groep bestaan uit 11 Suid-Afrikaanse akteurs. Saam verteenwoordig ons amper al die kultuurgroepe van ons land. Ons vorm deel van die FESPAD (Pan African Dance Festival) program met ons musikale teaterstuk Truth in Translation. Die stuk...

In Virginia (VSA)
Willie van Staden - 2006-08-08
2003 Die afgelope Saterdag het ek iets gesien wat ek amper nie kon glo nie - 'n motorfiets met ‘n sleepwa. Dit was 'n Harley-Davidson met twee mense op, en 'n platbak-, tweewiel-sleepwa agter aangehaak. Daar was nogal 'n vrag op: 'n groot Coleman-tipe houer, en 'n kan of klein drommetjie. Ons vriende het Vrydag veilig hier aangekom, en Saterdag is die vyf van ons vroeg na Virginia toe om die Luray Caverns te gaan sien. Dit was net meer as twee ure se ry. Henning het 'n rekenaarprogram wat...

Obrigada, Madeira!
Magda J Van Rensburg - 2006-07-18
Besoekers is beslis nie voorbereid op die oorrompelende prag van hierdie Atlantiese Oseaan-eiland nie. Brosjures kan jou net eenvoudig nie op die impak daarvan voorberei nie. Verskeie legendes bestaan oor die ontdekking van Madeira en die ander eilande van hierdie argipel. Geskiedkundige dokumente bevestig dat die ontdekker van Madeira in 1419, en stigter van Funchal, die Portugese skeepsvaarder Joâo Consalves Zarco was. Dit was glo hy wat die naam Ilha da madeira (“die woudeiland”)...


<< 1 3 4 5 6 7 >>