Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Reis | Travel

Reis | Travel


<< 1 2 3 4 7 >>

Verwonderplaas,Wonderfontein
Liesel Eiselen - 2008-02-27
Ons was lanklaas hier, op oom Toit se plaas – "ons" plaas, wat nou buurman Gert s'n geword het en waarop hy 'n vakansie-chalet met die ou skaapkraal se klip gebou het sodat (so voel dit) ons steeds kan aanhou terugkom. Elkeen wat aankom klik spytig oor tante Elsa se denneboomlaning. Ons pak uit en kuier, roei op die dam, braai en wonder of die spook nog loop. Ons luister na die bekende stilte en verwonder ons aan die Melkweg van ons kleintyd, so anders as in die stad; en die...

Zea mayz
Johann de Jager - 2008-02-27
Deur die mielierye in die maanlig het die ntombazaans kastig gevlug vir die bafaans wat hul saans voorstaan as die bus hulle láát skemer by die plaashek aflaai ná die dag se skof in die suiwelfabriek. Midsomer is die mielies mooi na 'n goeie voorjaar, blou geblaar, sterk gestam soos palms; so hoog soos 'n ruiter te perd. Saans kaats 'n vars douval die volmaan op die geboë blare in alle rigtings soos disco-liggies as selfs die ligste windjie hul beweeg en wuiwende arms...

Vlietende gedagte aan Grahamstad
Hilda Smits - 2008-02-13
Opgedra aan lady Isobel Fletcher (89) wat haar Grahamstown en Beethoven soms met my deel .Beethoven se klaviersonate vloei wispelturig deur die ruim voorkamer. Haar profiel – daardie kenmerkende haakneus en skerp kennetjie – staan bleek afgemes teen die sterwende wintersdag terwyl sy soos ‘n dirigent, die wasige gehoor afwagtend stil, die beurende stroom note met oumenshande begelei. Die vroegaandverkeer verdun brommend in Hollandweg af en London gaan lê proesend, ‘n...

Grahamstad: Die eiesoortige stad
Jean Lombard - 2008-02-11
Eiesoortige stad. Stad nie soseer in status van bevolkingstelling nie, eerder van katedrale. Katedraalstad. Wanneer Rhodes-universiteitstudente en skoolleerlinge vakansietye wegbreek, is die stad maar soos ‘n dorpie. Stil-beskeie. Dog besig op ‘n ander manier. Veral die Engelse skole lok groot getalle leerders van oral. Dikwels oor ouerlike lojaliteite. Die kunstenaarskarakter is ook sterk teenwoordig. Hoe dan nou anders met die Setlaarsmonument wat geheimsinnig uit die toppie verrys....

Grahamstad: Die klein Engeland van Suid-Afrika
Jacques van der Elst - 2008-02-08
Grahamstad, die “City of Saints” – die plek met sy baie kerke en sy een groot katedraal, die klein Engeland van Suid-Afrika, is klassiek. Ek ken hom van ’n verre verlede, maar was jare laas daar om te kyk wat van hom geword het. Maar van Grahamstad en die elemente het ek baie meegemaak: blootgestel aan sy koue, die reën en sy sonskyn. Ek was jare gelede student daar – nie ’n regte voltyds Rhodian nie, maar ’n aanplakstudent wat Saterdae van Port...

Grahamstown: Stad van die setlaars
Christa Otto - 2008-02-07
Die eerste keer was in 1823. Ongeveer eenhonderd-en-aggentagtig jaar gelede toe die dorpie vol Engelse Engele beginne bewoon is. Die monument staan vandag nog daar om mense te herinner aan die paaie waar ons vandaan kom. Aan die afdraaipaadjies en die nou pad met die nou poort – hiervandaan het alle paaie toe na Grahamstown gelei. Hy het die eerste groentewinkel oopgemaak. Dit het bestaan uit ’n verroeste skoffel-kruiwa met ’n tjieri-tjieri wieletjie wat wortels en rape...

Afrikaans vir jou, Grahamstad
Ilze Olckers - 2008-02-05
Ek het my taal daar verloor. Die dorp met die kolossale monument aan die Engelse koloniste, ‘n postmodernistiese betonfort, effens desperaat, klouend aan die skuinstes. Aan die anderkant, verwaarloos en selfverseker, deel van die natuurlike landskap, Makana se Kop – waar amakwetas dans en die ancestors regeer. Tussen die twee aartsvyande, in die kom van my geboortedorp, was ek verwonder oor die torings en spitse van die kerke en klokke en howe van Highstraat. Die misterieuse swart oog...

Grahamstad-herinneringe
Linda Cilliers - 2008-02-05
Na Desember se gewoel met baie kuiergaste was 'n wegbreek nodig, en so het ons vir twee weke lank deur ons land getoer met ompaaie en agterpaaie langs en klein plekkies soos Boknes, Bathurst en Bethulie raakgery. Eendag laat namiddag in Grahamstad aangekom en sommer so met die inry het die ou argitektuur van die plek my betower. Met hulp van die AA-Verblyfgids beland ons by Lantern Hill Gastehuis. Vinnig deur ons gasheer, Danny Biermann, ingeboek in 'n gesellige selfsorgeenheid en op aanbeveling...

Grahamstad
Sunita Keyser - 2008-02-04
Om met net drie honderd woorde deur Grahamstad te reis, is so moedig as om 'n kontinent met 'n knapsak aan te pak. Maar juis dit is wat die Europese setlaars byna twee eeue gelede gedoen het - om uiteindelik daardeur 'n durende baanbrekersgees in hierdie klein stad te kon plant. Want wanneer ek my as reisiger in een van die breë boomomsoomde strate bevind, weet ek dat dít wat ek om my sien, die sinergie is van mense wat oor tye heen, barrièrs van elke aard moes oorkom. Grahamstad...

Tjamp de Afrikaans
Mariette Koen - 2008-01-22
Wie sal nou nie sy voortande vir ’n oorsese vakansie gee nie? Alhoewel so ’n vooruitsig jou mond sal laat water, is daar tog ’n troosprys vir diegene wat nie so ’n voorreg kan smaak nie. Dié troosprys laat sogenaamde ingeligtes net beterwetend glimlag. Ja, hulle beskou ’n besoek aan Frankryk as dié Mount Everest van besoeke – dit is nou natuurlik vir mense soos ek … die ongeletterdes van die Napoleon-taal! Ek het simptome van hierdie...

Die Lagos-swaeltjie
Hannes Steyn - 2008-01-22
Dit was hier middel-Augustus toe sy vir die eerste keer by my venster opgeduik het, die jong bedelaartjie van so sewe, agt met die reguit hare. Ek het nie eintlik geskrik nie, want bedelaars in die lawaaierige Lagos was en is sekerlik nog steeds so alledaags en irriterend soos Suid-Afrikaanse petrolverhogings. Haar skraal gesiggie was sentimeters van die ruit af en sy het haar vuil handjies bakgehou onder die spitskennetjie. Ek het haar sommer die volgende oggend stilweg Swaeltjie gedoop; waarom,...

In Mosambiek
Lettie Murray - 2008-01-18
Uit Marlothpark vertrek ons met twee voertuie plus die karavaan en ‘n sleepwa na Inhaca-eiland via Maputo. In Komatipoort vind ‘n verkeersman fout met die parkering van die karavaan en kry ons ‘n boete van R500. By die Lebombo-grenspos was dit vir ons middeljariges, en ‘n 85-jarige dame, ietwat deurmekaar. Geen higiëniese sitplek of iets om kele nat te maak terwyl mens in die hitte wag nie. Toe ons eindelik deurgaan, het ‘n besonderse, mooi teerpad op ons...

Pelgrimsreis na my fondamente toe
Louw-Roux Coetzer - 2008-01-18
Die lewe en wêreld moes groter gewees het as my eie kokon wat ek my lewe en wêreld genoem het, het ek gesit en dink eendag toe ek weer mismoedig voel. ’n Paar weke daarna is ek op die trein op pad na Johannesburg. My eerste besoek aan Johannesburg, let wel. Ek heet van ’n klein stofdorpie in die Klein Karoo. Danksy misdaadstigma het ek nie op my laat wag nie en onmiddellik ’n taxi geneem na die reisagentskap, wat my volgende ses maande vir my beplan het. Ek was die enigste...

Die wettige reis van Polinah Mofokeng
Flippie Jacobs - 2008-01-18
"Polonie – Wors gemaak van onder andere varkvleis, gewoonlik gekrui, gereed om geëet te word …" Wel, dit is die woordeboek se amptelike verklaring van dié woord. Vir my was dit egter nog altyd ‘n onderbeklemtoning van ‘n produk wat ‘n groot rol in my kinderjare gespeel het, iets wat ‘n lewensuitkyk kon verander. Polonie was maar skaars in ons huis en vir my ma as enkelouer en broodwinner was dit seker een van die laaste goed waaraan sy gedink...

Een dag in Londen
Cecilia Lombard - 2008-01-18
Partykeer doen mens dalk net per ongeluk die regte goed. Soos die een dag wat ek in my lewe al in Londen gespandeer het. Dit was 2003, Septembermaand, op pad terug van Toronto in Kanada, en die vliegtuig het 7:30 die oggend op Heathrow geland, na 'n sewe uur lange vlug en 'n tydsone-verandering van plus vyf uur. Ek het self die oorstaan gereël toe die vlug bespreek is om iets van Londen te sien, maar teen die tyd dat ek by paspoortbeheer kom, was ek klaar moeg. Bygesê, die dagrugsak en...

Botswana op die rug van die wind
Tersia Van Wyk de Vries - 2007-12-19
Daar seil ek en my baby toe al die pad op die Platinum-hoofweg deur Botswana tot bo in die Caprivi. In ons 1994 Mercedes Benz C220 spoed ons in styl verby al die "overlanders" en die manne in die groot 4X4’s. Nie dat hulle nie in styl ry nie, want kyk, dié voertuie het alles wat kan oop- en toemaak. Ons eerste bestemming is Khawa-lodge net buite Ganzi, 938 km van Johannesburg. Ons het so net na 17h00 arriveer en die luggie buite was vars, maar geensins winter...

Keurboomstrand
Plattelander - 2007-12-13
Van al die pragtige plekke in Knysna en Plettenbergbaai se omgewing is Keurboomstrand een van my gunstelinge. Ek was sommer nou die dag weer daar verby, buite seisoen, toe alles stil en verlate was. Daar is altyd ’n dynserigheid in die lug, wat die houthuisies hoog bo teen die duine laat vervaag tussen die groenigheid van die fynbos. Die strand self loop lekker vlak in na die see. Daar is genoeg sand om op rond te hardloop tussen die groepe pikswart rotse. Die golwe breek reëlmatig...

Harkerville – my Everest
Nikki Lordan - 2007-12-13
Dis ’n reis te voet. Al langs die rotsagtige kus van die tuinroete. Asemrowend, beeldskoon en … uitmergelend. Kom ons wees eerlik: jy moet van die mees ervare stappers wees wat die Harkerville met moed sal aandurf. Ons is tien stappers. Op ’n skaal van een tot tien, en tien die mees ervare, sal ek sê ons het al die getalle beset. Van my sestienjarig sussie, wat in haar lewe nog nooit meer as vyf kilometer gestap het nie, tot dié van ons wat glo staproetes is...

Die strate van Kolkata
Plattelander - 2007-12-13
Ek het onlangs my eerste reis na Indië onderneem om ’n kongres in Kolkata te gaan bywoon. Van hier af vlieg mens sowat nege ure lank na Moembai in die noordweste van die land en neem dan ’n verdere drie uur lange vlug na Kolkata, wat op die oostekant van Indië geleë is. Ek het nog altyd gewonder hoe Kolkata werklik lyk. Mens lees so baie van die tragiese omstandighede van die plek se miljoene behoeftige mense. Dit is per slot van rekening die stad waar Moeder Theresa...

“Die leeus is hÝér!”
Yolanda Saayman - 2007-11-28
Ek het eenkeer gelees: “I merely reside in the city. I only ever live when I’m in the bush.” Hierdie woorde sou gouer waar lui as wat ek kon dink … As student het ek die voorreg gehad om een van agt studente te wees wat verkies is tot die Total Timbavati Wildbewaring-en-oorlewingsprogram. Dit was ’n groot eer en die grootste prestasie vir ’n Landsdienslid. Alhoewel die Landsdiens mag klink soos een of ander ondergrondse politiese beweging, was ons...

Reisgenote en gashere
SD Fourie - 2007-11-08
Om te reis is ’n fyn kuns. Die uitsoek van jou reisgenote is ’n nog fyner kuns, maar tog maak mens dikwels dieselfde foute oor en oor: nooi reisgenote saam wat jou naam aanhoudend deur die beeskraal sleep en neem aan dat gasvryheid in die toerismebedryf tuis hoort. Moet sê, die mense van Clanwilliam lag seker nou nog in hul mou vir ons spektakel in die hoofstraat. So besluit ons dat terwyl Clanwilliam se mense ons so goed behandel (ons was daar om my prys vir die reisstorie...

Tshiungani
Tessa Louw - 2007-11-08
Tshiungani-koppe, agterland van Venda. Rooi sand, klip en kremetart onveranderd sedert die ystertydperk. Aan die rugkant van die grootste boggelrand lê Zimbabwe. Aan my kant van die kliprant lê ’n uitgedorde sandkaros op die dun matras van die horison oopgesprei; klippe sierig soos kerspit- en kettingsteek by hierdie oerdeken ingewerk. Dit is twee ure se ry vanaf Thohoyandou oor Piesanghoek en Witvlag; agterpadlangs deur die Soutpansberg, verby ’n woud van kremetarte...

Petra, die werfhoender
Flippie Jacobs - 2007-11-07
Die lewensreis van Petra, die werfhoender, ’n ongelukkige hennetjie van die groot Karoo, ’n weduwee. Haar man, Rooihaan van Zyl, was die slagoffer in ’n pluimveemoord. Hy is een aand laat by die plaashek ingewag deur drie kalkoene; hulle het die laaste paar mielies in sy beursie gevat en hom toe doodgepik. Die plaaseienaar het nie veel erg met Petra se situasie gehad nie, en afgesien van ’n paar leë beloftes, skrop hierdie drie kriminele kalkoene nog vry in die...

My ontbyt met Al Gore
Gert Cruywagen - 2007-11-07
Dit was so kort nadat Al Gore se dokumentêre fliek An Inconvenient Truth ’n Oscar gewen het dat die uitnodiging na ’n ontbyt met hom op my tafel beland het. Ek het onmiddellik die uitnodiging aanvaar. Die feit dat dit in New Orleans sou wees, wat toe nog besig was (en nou nog besig is) om te herstel van die nagevolge van orkaan Katrina, het die regte snaar aangeraak. Daar word mos gesê dat orkane soos Katrina ’n direkte gevolg is van aardverwarming en dit word selfs...

Per voet of fiets, Koeberg is ’n lekker ervaring
Johann H Crafford - 2007-11-05
Bergfietsry is een van die vinnigs groeiende sportsoorte en buitemuurse aktiwiteite ter wêreld. Gaan neem gerus deel aan een van die vele bergfietsbyeenkomste en jy sal verstom staan om te sien hoeveel pa’s, ma’s en kleingoed die pedale trap dat dit gons. Maar nie almal wil aan wedrenne deelneem nie en daar is dus ’n groeiende vraag na plekke waar individue, paartjies en gesinne die Kaap se buitengewone natuurskoon kan geniet en sommer terselfdertyd saam gehaltetyd...

Die Opstandingsbossie
SD Fourie - 2007-11-05
So slaap ons op die vooraand van my man, Jan, se verjaardag op die hoogste uitkykpunt van Van Zylspas. Een duisend meter bokant seespieël met ’n asemrowende uitsig oor die Marienfluss, ’n grasvlakte tussen die Hartmann- en Otjihipaberge. Na die versengende hitte en, so glo ek, die slegste pad ter wêreld, is die koel wind bo-op die berg ’n lafenis. Soos die kraai vlieg, is ons maar ongeveer 70 km van die see. Beslis soos die kraai vlieg, want tussen ons en die see,...

Om die pyp te rook
SD Fourie - 2007-11-05
Vreemde wêrelde het my van kindsbeen af gelok, bekoor en betower. Iewers in ons voorfamilie was daar blykbaar ’n soortgelyke tante, maar haar amoreuse eskapades het haar in onmin gebring en so het sy uit die annale van die familiegeskiedenis verdwyn. By haar het meer dinge as haar voetsole blykbaar gejeuk! Ons dogter is besig om in ’n ver land haar potjie te krap en toe dit klink asof die kind te veel verlang, was dit die ideale geleentheid om die Arabiese eiland Bahrein,...

’n Reënboog, ’n woestyn en ’n duisend klein tamaties
Tersia Parsons - 2007-10-30
Om hierdie storie enigsins sin te laat maak is dit nodig om te erken dat ek ’n kitscherige kind was. Selfs toe ek ’n tiener was, was my kamermure vol reenboë en inspirerende aanhalings van Helen Steiner Rice. My eerste langspeelplaat was ’n John Denver-album. Maar toe tref die studentejare my en ek ontpop as ’n "late bloomer"-rebel. John Denver het gedwee plek gemaak vir Violent Femmes en ek het saam met Jim Morrison gesug: “I feel life too intensely...

Die Springbokke kom in Johannesburg aan!
Rooi Charles - 2007-10-23
Rooi Charles was vanoggend op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg toe die Springbokke na hul sege in die Wêreldbekertoernooi teruggekeer het. Hy het vir LitNet foto's geneem. Klein en groot was daar Aanvallige verslaggewer Groot Springbok ...

Oor Fords en vure ...
Willem van der Berg - 2007-10-17
Ons sit bymekaar. Ek en my pa, oom Stefan, oom Giel, oom Nellis. Ons sit tussen die bosse van Botswana en die vuur van een of ander soort akasia brand daar tussen ons. Nee, sê oom Stefan, definitief nie kameel nie. Maar darem ‘n doring-affêre. Ons is Kalahari-manne en bederf met kameeldoring. Hy self ook maar ‘n doringhout. Dis nou oom Stefan. Harde, skurwe en dik bas (nou nie die anatomiese gedeelte waarop jy gewoonlik sit nie, maar figuurlik bedoel, jy weet). Met...

’n Onvergeetlike heuningbolletjie in Griekeland ...
Mardi van Heerden - 2007-10-17
Ek ontwaak met verstikkende sapsoet suurlemoenwalms in my neus. Dit slaan amper my asem weg. 'n Klewerig-klam hand beklou my gesig en nek, en gly by my hals af ... "Wat de ...!?" Ek vlieg so skielik op dat ek myself disnis slaan teen die boonste bedraam. "Looovely Ladeeez. Pazzport pleeeeeze." Die Turk in uniform grynslag met blink wange, 'n bottel Lemon Cologne entoesiasties omhoog in sy regterhand. Die dekselse Turke! In stede van die verfrissende,...

Met dapper en stapper deur die Kaapse Blommeryk
Johann H Crafford - 2007-10-15
Ek en Mevrou praat al geruime tyd van ’n staproete aanpak, maar die bergfiets en kajak tree aanhoudend tussenbeide. Toe die uitnodiging dus kom om ’n Rustige Lenteloop (nee, dis nie dieselfde as Robbie Wessels se leeuloop nie!) in die Houwhoekberge aan te pak, het ons die geleentheid met albei hande aangegryp. Net so van die os op die jas: ’n bietjie navorsing toon toe dat hierdie staproete elke jaar in September en vroeg Oktober aangebied word, dat dit deel vorm van die...

Van Kuilsrivier tot Kraaifontein
Wini Esterhuizen - 2007-10-08
Hoekom Ma skielik op 'n mooi dag besluit het dat sy alleen die ou aardbol met Pa se groen Zephyr wou verken, weet net mooi niemand nie. Ma was nooit eintlik 'n regte kilometer-eter nie. Ons het maar elke jaar op ons treinvakansie gegaan. Saterdae het Pa vir haar Grand Bazaars of OK Bazaars toe geneem net sodat ons koskaste darem nooit werkloos is nie. Sy was ook nooit 'n rinkinkvink nie. Sy was maar altyd by die huis by haar kroos – soos alle ma's van daardie tyd het sa haar elke dag vir ons...

Wie de hel is Fanie Botha?
Susan Pienaar - 2007-10-08
My ma het hierdie sadistiese drang om met elkeen van haar drie seuns ‘n wandelroete te onderneem. Ja, sy het haar redes. Maar dít maak nie vir my die pad korter of aangenamer nie. Stap was nog nooit my forte nie.Ons sou die Fanie Botha-roete aandurf. “Wie de hel is Fanie Botha?” vra ek my af toe ons die kombi pak om van ‘n Vrystaatse plaas, in ‘n snikhete Desember, noordwaarts te verkas. Die “ons” was ek en Ma. Dan was daar so ‘n langhaar-kitaarsnaar...

Vrees en verafskuwing op pad Cederberge toe
Francois D Wessels - 2007-10-04
Aaah … die Cederberge. Natuur se opiumden. Die natuur se Teazers. Die natuur se opekroeg. "Pragtig" is ‘n woord wat nie rêrig naby kom nie. "Pragtig" misluk op ‘n fenomenale manier. Die Cederberge is iets wat nie vir woorde gemaak is nie. Dis iets wat eerder in kleurryke Kodak-prentjies moet bly. Maar dis nie waaroor hierdie rubriek gaan nie. Sien, die Cederberge is ‘n bestemming, en om daaroor te skryf, laat geen reg geskied aan die konsep van ‘n...

Die dieper verstaan
Sandra Troskie - 2007-10-03
Binne die swel van ons grenslose ruimte borrel oneindige getalle werklikhede. Wêrelde waarin die regs en aweregs van tyd en ruimte ander werklikhede, ander ervarings weef. In sommige loop tyd en ruimte ’n reguit pad van waar alles begin het tot waar alles sal eindig. Maar in ander krul tyd rondom ruimte op soos ’n duisendpoot, sodat een dag kan dra aan die verlange van ’n duisend jaar. * Dit is donkernag toe ek en Netta in Pangandaran aankom en die belofte...

Wegbreek-reisstoriekompetisie 7: Finaliste
2007-09-21


‘n Indiese massering
Plattelander - 2007-09-12
My vlug huis toe vanaf Kolkata sou Saterdagaand eers om agtuur vertrek. Ek het dus die oggend gaan inkopies doen in die stad en ‘n paar besienswaardighede gaan besoek. Ek was reeds vroeg in die namiddag terug by die hotel en het toe besluit dat daar nog genoeg tyd oor was vir ‘n vinnige masseringsessie in die hotel se gesondheidsentrum in die kelderverdieping.Ek het sommer in my gewone klere daar aangemeld, met die veronderstelling dat alles wat ek nodig sou hê, aan my beskikbaar...

’n Dieper kyk na reis
Nadia de Kock - 2007-09-06
Hoekom is daar ’n klemverskuiwing na kopreise, en hoekom soek ’n tydskrif soos Wegbreek al meer na sulke insetsels? Pico Iyer, die seun van twee Oxfordse filosowe en wêreldreisiger par excellence, verskaf een antwoord: “… now that Tibet is available to most Americans in their living rooms, through the Discovery Channel or Google Earth, the travel writer has to extend the form and refresh it, to write a more inward kind of travel …” Lesers se aandag...

Wegbreek Promosieko÷rdineerder
2007-09-04
Wegbreek wil graag 'n Promosiekoördineerder aanstel. Wegbreek is op soek na 'n jong, energieke persoon met drif en inisiatief vir hierdie interessante en veelsydige betrekking. Die posisie behels die organisering en implementering van koste-effektiewe promosies in ooreenstemming met die kwaliteit en profiel van die handelsmerk om sirkulasiedoelwitte te handhaaf en te verbeter, asook om verdere bewusmaking van die handelsmerk uit te brei. Aktiwiteite sluit in handelsmerk-uitbreidingsinisiatiewe,...

Stasiesongs
Marlet le Roux - 2007-09-04
“Ek staan op die perron … heeltemal onseker van my status in hierdie wêreld, in hierdie stad, hierdie familie ...” Franz Kafka Voordat ek uit Praag vertrek het, is ek gewaarsku dat die Franz Kafka, die trein na suidwes-Bohemië, nie lank stop op Domazlice se stasie nie. Domazlice is die dorp net duskant die grens tussen Tsjeggië en Duitsland, waar ek moet oorklim. Dus, toe hy raserig tot stilstand kom, steier ek haastig, swaar tas in die hand, die gladde...

Jeremy Mansfield?
Johannes Els - 2007-08-29
Daar is ‘n lekker langnaweek in Augustus met die mooi vooruitsig om die seeluggie van Keimond teen die gesig te voel, ‘n welkome wegbreek van ons dorpie se stowwerige winterwind. En al op die spyskaart is sakke braaihout, met tjoppies of dalk ‘n hoendertjie ook êrens op die kole – en ‘n glas skuimkop of die keur van ons land se druiwe-oes vir afronding. Vir afwisseling sal ons darem tone in die seesand kan gaan woel, om die mooistes te behaag. As ons net...

Vakansiekatastrofe
Anina Alexander - 2007-08-29
“Hier word ʼn 'Off road'-wa geadverteer, het jy gesien?”“Regtig? Waar? Kan ons gaan kyk?”“Ja, dis in Bloemfontein.”Die volgende dag ry Francois en Amor om na die wa te gaan kyk. Die wa is slegs een maal gebruik, toe is die eienaar oorlede en die weduwee sien nie kans om alleen met die wa te kampeer nie. Na vele onderhandelinge, en die uitvind van pryse oor sekere toevoegsels tot die wa, besluit die twee om die wa te koop. “Wat maak ons nou met die karavaan?”...

(Amper) Soos oom Louis dit gedoen het
Zanel de Lange - 2007-08-21
Ek staan op die punt van die Drakensberg. Presies waar die Voortrekkertannies op die skildery onder in die Voortrekkermonument staan, en ek wonder wat de heng my besiel het ...Ek was drie jaar musiek(like) juffrou by Stanford Lake College in Magoebaskloof, 'n skool wat “adventure” deel van hul kurrikulum gemaak het. Die Graad 9's beplan en pak self 'n week lange stap-en-roei-ekspedisie aan. Juffrou Sportmal gaan die stapdeel mis. Toe kies hulle my.Ek weet boggherol van stap af. Die Engels-onnie,...

Wegbreek-reisstoriekompetisie 6: Finaliste
2007-08-16


Wegbreek-reisstoriekompetisie 5: Finaliste
2007-08-16
Ons derde Wegbreek-reiskompetisie is gewen deur Douwlina du Plessis vir haar storie "My eerste eie reis". Die storie het verskyn in die Julie-uitgawe van Wegbreek. Die finaliste vir ons vyfde Wegbreek-reisstoriekompetisie is: Lughawens, leemtes en lot Wat sê die skaal? Oppas vir die “breek” in “wegbreek” Nkosi Sikelel’ iTietiekoppie Onderweg ... Baie geluk aan die finaliste! Die wenverhaal verskyn in die...

Skoon, vars rook
Judy van Biljon - 2007-08-07
Reis is ’n flirtasie met die onbekende, ’n bestemming sonder ’n waarborg. Reis is beweging, die verskerping van sinne deur die tikkie gevaar dat jy moontlik nie sal terugkom nie, of nie dieselfde sal terugkom nie. Livingstone het byvoorbeeld op reis die gebruik van een arm in ’n onderonsie met ’n leeu verloor. Bowenal is reis die vryheid om toe te gee aan die reislus, ’n oorgawe aan beweging en verandering. Die opwinding van nuwe gesigte, geure, kleure, smake en...

Franskraal se ''Oggendblad''
Dries van Heerden - 2007-08-06
Dis ‘n skemerdonker Sondagmôre. Ek is op pad om Ouma se koerant by die kafee te koop. Sy bly by ons en vir haar is Rapport baie belangrik. Al kan sy nie die nuus daarin onthou nie. Self kan sy nie meer loop nie en het dit my taak geword om te sorg dat sy gereeld, sommer vroeg al, haar koerant kry. Oor Tandjiesberg verkleur die swartgrys na grys. Hier en daar skimmer ‘n belofte van lewe. Netnou sal hierdie metamorfose van nag na dag in die annale van ‘n datum geskryf staan....

Van die Zambezi tot by die see
Marie Cronjé - 2007-08-06
Hy kan sy opgewondenheid nie meer bedwing nie; dit soek uitkomplek. Die trekkers staan gehaak; die sleepwaens hoogvol implemente. Vannag is die nag. Klokslag om twee-uur wil hulle die Zambezi oorsteek; dis altyd makliker so in die nag. Nie dat hulle iets het om weg te steek nie. Alles is ten minste wettig op sy naam. En hy vlug nie. Hy gaan na drie jaar permanent huis toe; see toe. Hy gaan na sy patatrankie. Daar in George se wêreld wag sy al baie lank. Hy was eers bitter teleurgesteld toe...

Leeukyk!
Riana van Staden - 2007-08-02
Ek lag in my mou toe my negejarige seuntjie onlangs in die wildtuin afhaak met: “Kyk nou weer hierdie baie karre, dit maak my sommer de moerig. Hier is seker weer ‘n leeu.” Ek moet my inhou om nie uit te bars van die lag nie, want ja, sowaar is hier weer ‘n verkeersknoop op die pad langs die rivier op pad Onder Sabie toe – leeuwêreld. Oral hang boude en bleek pense by karre se vensters uit – niemand steur hulle aan die reël dat jou arms nie eens...


<< 1 2 3 4 7 >>