Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Reis | Travel

Reis | Travel


<< 1 2 3 4 7 >>

Stoom, gee stoom!
Yuri Thumbran - 2008-07-02
Daar is 'n afdraai in Paul Krugerstraat na die Capitalpark-stasie. Die afdraai dien onder meer vir Rovos Rail, tegniese personeel van Spoornet, en dan vir 'n spesiale klomp mense - dié wat nog stoomenjins waardeer. In Suid-Afrika kruip ons al nader aan 'n tweede geslag wat nie stoomenjins sal ken nie. Stoomenjins is spesiaal en baie skaars. Hier en daar is daar groepe mense wat nog alles doen om ten minste 'n snuif van 'n stoomenjin te behou vir toekomstige geslagte. Maar dit...

Corona
Willie van Staden - 2008-07-02
“As julle my nie in die Vrystaat begrawe nie”, was Skoonma se woorde, “sal ek nie rus nie.” Toe ek vir Adrie leer ken het, het sy met verlange vertel van haar kindertydse kuiers op die plaas Corona in die Dewetsdorp-distrik, waar haar ma grootgeword het. Adrie was as kind in 1953 laas op die plaas, want na die oupa en ouma se dood is die plaas verkoop. Na haar ma se dood het sy kontak gemaak met die eienaar, Jan Theron. Hy het haar vertel dat die plaas onbewoon is,...

Tweespruit toe met roomkoek op 'n donkiewa
Johann de Jager - 2008-06-24
Wat Piet, my kamermaat, se ma nie geweet het nie, was dat ons twee na die naweek op Brandfort wel Boemfontein per trein sou haal, maar nie verder nie, want onderweg is al ons geld gesteel. Ons kon nie kaartjies koop op Bloem waar ons moes oorstap vir Tweespruit nie. En daar sit ons met 'n tas en 'n yslike koekblik. Binne-in was een van mev Maree se spesiale roomkoeke wat per trein ons bestemming ongeskonde sou kon haal, maar nie op 'n donkiekar en agter op 'n “tiplorrie” onder andere...

Hamartana, en Winburg se Nat en Sapkerke
Johann de Jager - 2008-06-24
Matriekafskeide is belangrike goed, veral as dit joune is, en jy pas jou eerste battery-skeermes present gekry het saam met 'n bottel Aqua Velva-naskeer doepa. Dit moes die meisietjies darem ruik. Die landbouskool op Tweespruit in die Oos-Vrystaat se matriekafskeid was gereël, maar dis plaaswêreld, daar’s nie meisies nie. En die nabygeleë meisieskool het nie genoeg donsies wat kwalifiseer nie. Die matriekseuns moes dus maar gaan meisies soek as maats vir die aand."Ek sê...

Toe open Dominee die dans
Johann de Jager - 2008-06-24
Dit was groot opgewondenheid, al die voorbereidings vir die jaarlikse matriekafskeid by die Hoër Huishoudskool Anna Scheepers op Tweespruit, die amperse dorpie langs die treinspoor van Bloemfontein na Natal. Die gehuggie was bekend vir die genoemde skool, ook 'n landbouskool vir seuns, oom Frans Claerhout die priester-skilder, en 'n kaasfabriek met van die heel voortreflikste produkte.Dit was die jaar 1957 en juffrou Zaaiman, die prinsipale was, saam met die hoofmeisie en "rade",...

‘n Kombuis in die wildernis
Engela Neethling - 2008-06-19
Dis die geure en reuke wat mens opval wanneer jy Port St Johns vanuit Mthatha se rigting nader – die varsheid van die woude, riviere en watervalle, die bekendheid van houtvure, mielies in die kole, papajas, granadillas, pekanneut-plantasies en die koejawelbome wat per ongeluk tussen die geelhout- en kiaatbome kom wortel skiet het. Thea Lombard wag ons in by die oprit, terwyl blouape ons nuuskierig vanuit die boomtoppe betrag. Ons arriveer betreklik laat, teen sononder, nadat ons ‘n paar...

‘n Kombuis in die wildernis
Engela Neethling - 2008-06-19
Dis die geure en reuke wat mens opval wanneer jy Port St Johns vanuit Mthatha se rigting nader – die varsheid van die woude, riviere en watervalle, die bekendheid van houtvure, mielies in die kole, papajas, granadillas, pekanneut-plantasies en die koejawelbome wat per ongeluk tussen die geelhout- en kiaatbome kom wortel skiet het. Thea Lombard wag ons in by die oprit, terwyl blouape ons nuuskierig vanuit die boomtoppe betrag. Ons arriveer betreklik laat, teen sononder, nadat ons...

Sutherland
Barry Vlok - 2008-06-10
Sutherland is in die volksmond. Die ROEP-drang maak dat enkele “strandshuise” ook daar gekoop is, soos op ander plekke in die Noordweste. ’n Vriend van ons soek al lank vir iets wat hy kan vashou en sy eie noem, en koop toe op ’n buurdorp. Daar is die landskap nie so dramaties soos Sutherland nie, maar my vriend moes tog die prys betaal van ’n kliphuis op Sutherland. Die Noordweste het nog daardie iets, maar dit kwyn, en dit laat mens verlang, soos na ’n...

Sutherland suig
Hannes Steyn - 2008-06-10
“Gaan survey Roggeveld en Vaalberg,” beveel die baas en die welkome Reis & Verblyf-ekstras flits deur my gedagtes. “Sekerlik, Meneer,” reageer ek gretig. “Waar is dit geleë?” “Sutherland.” Visies van ’n verkluimde Racheltjie de Beer flits deur my gedagtes. As kompensasie smokkel ek toe maar vir vroulief saam. Vroeg een Junie-oggend rapporteer ek by die Roggies-plaasboer. Ek skimp vir ’n geleentheid berg-op maar hy wys...

Herinnering aan Sutherland
Lorinda Freint - 2008-06-05
In die tagtigerjare vra ‘n vriend my om saam Karoo toe te ry; hy stel belang in ‘n graf van ‘n Britse soldaat wat daar verdrink het. “Verdrink? In die Karoo?” Ek is verbaas. “Sutherland,” antwoord hy. Al werp dit nie lig op die verdrinkery nie. “Geboorteplek van die Louws.” Die Louws? “NP en WEG.” Skielik weet ek waarvan hy praat; dit staan tog alles daar in NP se gedigte:Ek staan weer by 'n wit poelWaar die wintermiddag sneeuEn ek...

Nostalgiese Sutherland
Suzette Maritz - 2008-06-05
Wanneer ek aan Sutherland dink, onthou ek die koud, ysigkoud, koud wat deur murg en been sny en jou laat voel alles is nat. Ons Kaapse mense is dit nie gewoond nie. In die jare 60, toe ek die eerste keer in Sutherland gaan kuier het, was die grootste deel van Verlatenkloof nog grondpad - sinkplaat wat jou tande laat klapper en klippe wat jou bande stukkend steek. Die bestuurder het gelukkig die klippe geken en die passasier het dassies en peperbome getel om die pad korter te maak! Maar op 'n mooi...

Herinneringe aan Sutherland
Estelle Nagel - 2008-06-05
Jy gaan nie Sutherland toe vir die Sterrewag nie. Openbare opinie en die toerismekantoor sê dalk so, maar dis nie so nie. Die Sterrewag was nog nooit vir my ‘n hoogtepunt nie. Jy betree dit in die oggendure waar ‘n toergids vir jou ‘n opvoedkundige video wys en deur die gange begelei om die oorskot van die vorige nag te sien: Coke-blikkies en notas. Jy mag nie eers koekeloer deur SALT se oog nie.Die berugte sneeu is een groot let-down. Jy hoop vir ‘n poskaartwitwinter,...

Die Tanqua Karoo
Chantél Keyzer - 2008-06-02
My herinneringe dateer nie nostalgies terug na my oupa se plaas of Sutherland se sterreryke nagte nie.My herinneringe is varser – vinniger: herinneringe van wegbreeknaweke, van die stad onverskillig agterlaat en laat waai met die N1 in die rigting van Touwsrivier. Ek kan nooit wag om links te swaai op die R46 nie – verby die reservaat op links, dan die dam en dan regs op die eindelose R355.My gemoed lig: die eindelose grysblou koppies laat my hart sing - sónder ophou. Ek sing ou...

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Die wêreld agter nege passe
Abraham H de Vries - 2008-05-23
Sy Kannaland is nie al wêreld wat aan Abraham H de Vries behoort nie. Hy ken ook ander klippe en rante as dié in die Klein-Karoo, maar ’n landskap waarsonder hy nie kán nie, is die horisonne van stories. Foto’s: Cara Bakkes. O, ek ken dié wêreld al jare, dié klipdroë wêreld waarvan al die kontoere, heuwels en dale, berge en klowe duisende jare gelede deur water gevorm is. Maar my nuuskierigheid lei my telkens in ’n...

’n Geheime plek
Marinda Kolev - 2008-05-14
Kasouga – “plek van die luiperd” – is nie êrens in die Laeveld nie. Dis nie die naam van ’n ruskamp in een van KwaZulu-Natal se vele wildreservate nie en dis ook nie ’n wildsplaas in die Bosveld nie. Om die waarheid te sê, dis een van die oudste vakansiebestemmings aan die kus van die Oos-Kaap. Dit lê weggesteek agter ‘n verbleikte rigtingwyser tussen Port Alfred en Kenton-on-Sea. Maagdelik onverstoord deur die ontwikkelingsdrange...

As Elizabeth jou hart steel
Marinda Kolev - 2008-05-14
Ek moet vir ‘n navorsingsprojek Port Elizabeth toe gaan. “Was jy al in Pogt Elizabet?” “Uh, nee, nog nie.” “Onse dogp is ook deel van Suid-Afgika, hoog!” Ek kan nie help om verbouereerd te giggel nie. Hoe verduidelik ek dat vir iemand wat in die ou Transvaal groot geword het, Port Elizabeth nog altyd baie ver was? Dis sekerlik verder as die Kaap, man, en húlle het die Berg, die wingerde én die see. Wat het PE nou eintlik? Maar dit...

Warm hart
Erna Rheeder - 2008-05-14
’n Oos-Kapenaar is die mees lojale mens wat ek ken! Want die Oos-Kaap is ’n plek met ’n warm hart. Toe ek ’n kind was, het ons gedurende die skoolvakansie eers atletiek geoefen en dan die res van die warm somersoggende op Humewood se strand deurgebring; golwe gery en pret gehad. Sardiniabaai het soms ons fikswordstrand geword. My pa was ’n regte rotshengelaar en saam met hom het ek Seaview, Maitlands en Swartkopsriviermond se rotspoele leer ken. Hy het ons ook...

Stutterheim
Chris McDuling - 2008-05-14
'n Dorpie by die Kologaberge. Dit is ‘n plek wat ver van alles is omdat dit so alleen staan, al is die afstande naby aan stede en dorpe in die gebied geleë. Die mense daar is anders. “Hoekom, miskien?” vra jy. Miskien kan ek nie vir jou antwoord nie, omdat dit meer van ‘n gevoel is as wat dit iets is wat jy kan uitwys. In die dae toe die nuwe sisteem van onderwys op ‘n proef iewers moes gebeur het, het hulle dit met oope harte aangepak. “Outcomes-based.”...

Herinneringe aan die Oos-Kaap
Johann de Jager - 2008-05-06
Die koerant het plek gemaak vir berigte en foto’s, veral van die verbymars met saluut aan die stadsvaders, en die vlagstrykingseremonie later. Dit was tydens die besoek van Saldanhabaai se vlootgimnasium in Oos-Londen. Die jaar was 1958, en vir dié plaasseun vanaf die Transvaalse Hoëveld was sy vlootavontuur 'n wonderlike ding, jukstageplaas teen later jare se vreeslike klagtes oor diensplig. Hoëvelders van 1938 se oesjaar het nie baie kans gehad om hulle land te sien...

O, Middleton, jou hartedief
Hannes Steyn - 2008-05-06
En daar duik hierdie troukaartjie toe op in my posbus. Steven en Liza gaan die knoop deurhaak in Middleton. Iewers in die Oos-Kaap. Hulle is albei aan die einde van hul dwelmrehabilitasieprogram by CIARA, ’n Christelike sentrum daar. “Skat, jy weet dat die petrolprys alweer gister gestyg het?” probeer ek halfhartig skerm, want eintlik wil ek nie die Stormers-Hurricanes game Saterdag misloop nie. Maar, soos gewoonlik het sy die stryd gewen en toe ek weer sien, pak ons die...

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Vallei van verlange
Chris Barnard - 2008-04-22
Die meeste daarvan onthou jy soos gister. Maar wat as dit nie meer so is nie? Chris Barnard het die spoor teruggevat na die lekkerste plekke van sy kleintyd. Het dit hoegenaamd iets met die plek te make of dalk eerder met die verbyheid van alles? Op soek na die gekoesterde landskappe van ’n jeug loop jy jou sonder ophou vas teen die verlies. Alles is nog daar en niks daarvan het oorgebly nie.Tyd steel die hart uit alle dinge uit.Dis dieselfde werf. Dis dieselfde opstal. Dis dieselfde kamervenster....

Op die trein na Pretoria – ‘n reisverhaal
Tiens Pretorius - 2008-04-22
Ek en my vriend Ronnie besluit om met die trein op te gaan van Port Elizabeth af. Dit is goedkoper en dan het jy meer geld beskikbaar vir drankies en ander noodsaaklikhede. Buitendien kan ‘n treinrit ‘n groot avontuur wees, soos in ons jongdae. Die trein uit PE vertrek om 13:00 op Dinsdag, 8 April en ek sorg dat ons elfuur al op die stasie is. Ek probeer altyd vroeg wees, dit is maar my gewoonte. Soos my ouma Botha wat met haar swart rok en bont kopdoek altyd ure vroeg op Ugie se stasie...

Berou oor die Hel
Marinda Kolev - 2008-04-16
Kersdag. Desember 1990. Oudtshoorn. Die kwik raak-raak aan 40ºC. Ons ry teen die Swartbergpas se bruin slingerlyf uit en verwonder ons aan die ingenieursvernuf van die 1880’s se handgepakte steenmure. “Thomas Bain het net handearbeid gehad,” vertel my pa graag. “En dit was teen hierdie pas wat julle oom vir die rekkies moes uitloop.” Ons moet stilhou dat die karre nie oorverhit nie en ek het innige simpatie met die troepe wat teen hierdie steiltes moes...

Spoed en sand in Bahrein
Murph R van der Merwe - 2008-04-16
Murph R van der Merwe het op Sondag 6 April 2008 die F1 Grand Prix in Bahrein, Saoedi-Arabië bygewoon en foto’s vir LitSport geneem.Hy sê: “Vir die manne in Rooi was dit ʼn perfekte dag met beide Felipe Massa en Kimi Räikkönen wat onderskeidelik eerste en tweede geëindig het. ʼn Gunsteling, Lewis Hamilton, kon slegs in die 13de posisie klaarmaak nadat hy sy neus-vlerk reeds vroeg in die wedren verloor het. ʼn Onnodige en onbeplande stop in die “pits”...

Grahamstad: Op heilige grond
Linza de Jager - 2008-04-16
Hier staan ek en my wewenaar-pa en my wesie-broers toe op heilige grond. Die grond waarvan ek praat, was niks anders nie as die … teerstraat in Grahamstad. En my broer Alan, met die rooi Ierse hare, was besig om te beduie na die Setlaar-huisie oorkant die straat: “Daar het Oupa grootgeword.” Ons het soos een man (een rouende man!) gekyk na die wit cottage met die sinkdak en stoep. Dis net oorkant die B&B waar ons kom inboek het vir Alan se troue. En hierdie nostalgiese...

Boeretroos in die Klein Karoo
Annalene Kinghorn - 2008-04-15
“’n Koffie-sjoppie is maar amper soos ‘n volstruisboer se besigheid, my kind,” het oom Koen destyds gese. Dit was so amper ‘n dekade gelede – nog voordat die R62 die kuier-en-koffie-roete deur die Klein Karoo geword het. Behalwe vir Barrydale se Pampoen en Swellendam se Sulina-feetjies was daar nie baie stopplek nie.Dis toe, in daardie dae, dat Magda besluit het Uniondale moet sy eie Oppie-Koffie kry. Met elke sent tot haar beskikking is sy oor die berg na die...

Sit-sit-so by die KKNK
Hannes Steyn - 2008-04-08
Elke jaar direk ná die KKNK begin vroulief aan my karring: “Volgende jaar is ons weer daar.”“Onthou dat ons hierdie keer by bla-bla-bla inboek.”“Hemel, maar daai bla-bla-bla-opvoering was darem puik.” “…”En so poer dit aan tot Pase volgende jaar. Dan is dit weer sulke tyd.Kyk, ek het nie ‘n perbleem met die KKNK nie; ek’s mal oor my taal. Maar laat ek nou maar eerlik wees. Ek het ‘n probleem met daai hengse lot ons'e...

Die Hel van doen wat jy nie moet nie
Hugo Geldenhuys - 2008-04-08
Daar is goete wat mense gewoon nie doen nie – nie eens op wittebrood nie. Soos om ure ná jou jongste troue en met Mevrou se vaste vertroue in jou goeie oordeel, die Gamkaskloof met sy honderde skerp en stowwerige draaie met ‘n Corsa 1.6 aan te pak. "Stap liewer met jou voete teen die Swartberge uit," sê ek, "eerder as om die Hel met beperkte toerusting te tart." ‘n Paar dekades terug, so verneem ek, het ‘n ou op ‘n dag die Hel met sy...

Voor die KK sy NK-stertjie bygekry het
Johann de Jager - 2008-04-02
Dit moet reeds iets soos vyftig jaar gelede wees dat Phutu van Blerk - so gebynaam oor die krummelpap wat die stapelvoedsel van die Hoëvelders is – op Zoar aangekom het; baie jare voor daar 'n N en 'n K feestelik agter Klein Karoo aangehaak is. Na 'n jaar diensplig in die vloot was hy op pad terug Hoëveld toe, na die familieplaas. Pa van Blerk het laat weet dat daar vir hom 'n Ford-bakkie by Holmes Ford in Goodwood wag, sy "huis toe kom"-geskenk, maar ook dat hy op...

Klein Karoo-herinnering
Riette Hugo - 2008-04-02
Liewe Dagboek Ek sit op 'n vreemde plek, tussen vreemde mense - een van hulle die man met wie ek twee weke gelede getrou het (moes trou). Van my Natalse jongmeisiedae tussen suikerriet en goggas is ek op my eie aandrang Stellenbosch toe. En daar het ek my Moses in die vorm van Piet Hugo, van Oudtshoorn, teëgekom. Op 31 Oktober is ons in die magistraatskantoor getroud en sy pa, die afdelingskommissaris van die Oos-Kaap, het ons kom haal. Deur Meiringspoort het hy ons gebring - en ek het...

Ouma Louisa
Tilla Diedericks - 2008-04-02
Op Prins Albertstasie staan ons vieruur in die môre bibberkoud en wag vir Asjas om ons dorp toe te neem. Hy haal en neem ons al vir jare tussen die stasie en die dorp. Dis ver se ry dorp toe - twee ure of so. Ons kom kuier vir ouma Louisa en oom Elias en antie Millie. Ouma staan en wag hande in die voorskootsakke op die stoepie van haar storieboekhuisie. Ek weet daar is biltong en droëwors in daardie sakke! Ek vergaap my aan die vlegsel wat sy bo-oor haar kop gedraai het. My...

’n Voorskoot vol druiwe
Mike Olivier - 2008-04-02
Ou Leen, met net een lang geel tand, kom blikbeker-aan-die-vinger in die stofpad afgedrentel. Elke tree word met blydskap twee keer gegee: ’n soort riel wat haar haastigheid moet verberg. Sý, wat los werkies in my ouma se huis gedoen het toe my pa nog gekruip het, kom nou (oudergewoonte) haar kwota soetwyn by my besoekende pa haal. Sy was bly as ons uit Johannesburg daar opgedaag het en hartseer wanneer ons vertrek het. Dit was meer as veertig jaar gelede, maar is vandag nog die...

Walvisbaai Woestynpret
Yolanda McCabe - 2008-04-02
"Kyk Ma! 'n Vandermerwe-gogga!" en die poffertjievingertjies reik uit. Twee groot gogga-oë kyk verskrik na die naderende gedaante. Die gogga beweeg sy swart stokkiesbene soos 'n warrelwind, maar sy poging is tevergeefs. Die handjie omsluit hom en lig hom van sy geliefde Moeder Aarde se sandkorrels af. 'n Gilletjie spring op uit die kindjie se keel en die gogga val weer aarde toe. Hy begin al hardloop nog voor sy bene grond gevat het. Dis juis die einste wat die kindjie se handjie gekielie...

Wegbreek|LitNet-skrywersdorp: Grahamstad - stad van wors en oorlog
André P Brink - 2008-03-19
Lank, lank gelede toe Grahamstad nog ’n dorpie was, het André P Brink daar ingetrek. Vandag, dekades later, kyk hy terug om te probeer sien hoekom dit steeds sy gunstelingblyplek is. Dit was kort ná my aankoms in Grahamstad in 1960 dat my slagtervriend my een Saterdagoggend ingewag het met die mooi storie van die deftige Engelse dame, ’n bloubloed-afstammeling van die Britse Setlaars, wat hom die vorige dag ingeklim het oor die plakkate in sy slaghuisvenster....

Kleintyd se onthou van die plaas
Annalien Burger - 2008-03-17
Ek onthou nog hoe bang ek was – naarbang. Ek sien nog vandag die prentjie asof van bo af … Daar staan my oupa, baie lank en maer met ‘n sagte gesig vol plooie; grysswart hare, skurwe wange van die stoppelbaard wat alreeds weer geskeer moet word, kakiebroek en hemp. Hy praat bedaard en sag. In sy hand die sambok wat hy self gemaak het met die gevlegte handvatsel en lang, dun, gebreide riem. Daar staan ek, klein, met my skouers krom om nog kleiner te lyk, lomp jas wat ek van iemand...

‘ n Vleeslike lekker vakansie by Vleesbaai
Mariekie Boshoff - 2008-03-17
Die gelukkige reisigers is die agt lede van die 8-Team vanuit Utrecht, KZN: die ministerie van vervoer, Danie en Cynny Oosthuizen met hul handige Ventertjie, die DG belas met finansies, Jussie Dirks en gade Rita, die minister van sport en grappe, Kobus Boshoff en sy gade Mariekie met portefeulje reisverslag en ondersoekende joernalistiek. Landheer Johan Davel en sy vroutjie Cornelia Ferreira-Davel (Connie is ‘n Ferreira van die Gamtoos, moet jy weet) voltooi die agttal.Vleesbaai is ‘n...

Die gespikkelde donsveertjie
Hendrik Jansen van Rensburg - 2008-03-17
Toe ek vanoggend na die motorhek stap, vang iets my oog waar dit dwarrel en dans in die oggendwindjie. Dis 'n klein gespikkelde donsveertjie, merk ek op, en onmiddellik voer dit my gedagtes terug na my kinderdae. Partykeer in die vroeë môre gaan jag ons kwartels in die kontoerlande. Ek loop effens voor my pa, wat die haelgeweer dra, en die twee honde werk heen en weer verby my, van links na regs en weer terug deur die lang gras. Wanneer die voëltjies skielik met dawerende vlerkies...

Oupa Klaas se plaas
Antoinette Brink - 2008-03-12
Op oupa Klaas se plaas is alles groot – en groot is nie ‘n groot genoeg woord nie. Strek op na die hemel, trek ‘n sirkel in die lug en hou jou arms uit soos vliegtuigvlerke. Dan eers raak ek aan al die berge voor en agter my. Oupa Klaas is net so groot. Sy maag is so groot dat sy kop wegkruip daar bo-op sy lyf. Ek is half bang vir hom.Alles in die huis is groot. Die eetkamer met sy lang donker tafel is groot. Oupa sit daar doer aan die een punt, Ouma daar doer aan die ander punt....

Die offer
Douwlina du Plessis - 2008-03-10
Daar is vars brood en botter op die tafel. Die koffie word koud in die geel emalje- koffiepot. Die gang is lank en donker en die lamplig wat deur die slaapkamerdeur skyn, is dof. Ek sit alleen by die tafel. Ouma en Pa kom in die donker gang af en ek hoor Ouma fluister: “Ouboet, Marthie gaan dit nie maak nie.”Marthie is my ma. Oupa kom uit sy en Ouma se slaapkamer. Hy wou nie eet nie. Hy vat die groot swart Bybel van die huisorrel af en gaan sit aan die kop van die tafel. Oupa lees van...

Plaasdamme
SD Fourie - 2008-03-10
Nou een oggend breek ‘n hele damwal herinneringe oor my, en dit nadat ek nog slaapverward die verkeerde handdoek gegryp het. So ‘n gisteraand-se-klamme wat iemand argeloos oor die handdoekreling gelos het. Met dié wat my gesig in die klam voue van die handdoek wegraak, stuif daar die geur van kleidamwater uit die voue op in my neus en pylreguit na ‘n klein kamertjie met ‘n vergete deur in die diepste agterkwartiere van my brein. Daar waar ‘n klomp jeugjare se...

As my vriend kon praat, sou hy my vertel van die Vrydagpos
Stephanie Latsky - 2008-03-10
Elke Vrydagoggend om kwart oor nege op die plaas hoor my vriend die konstante pas van die netjiese ou omie wat sy kwartier nader. Ek verbeel my nog altyd volgens my vriend se beskrywing hoe die ou omie in sy groen en grys blokkiespak sy boonste knoop vasmaak, net voordat hy sy weeklikse boodskap aan die liewe ouma op die werf by my vriend laat. Deur sy sjarme seël hy die boodskap met: “Die duurste kunsmis woon op die werf.” Keer op keer wag ek en my vriend gespanne, maar tog sonder...

Om 'n lam te wees
Sunita Keyser - 2008-03-10
twee maal 'n jaar op die plaasas ons skaapstertjies snyis dit of ek ookhier agterlangs seer wil krywant elke keeras 'n lammetjie blêrdink ek wat het oupalank terug gesê:kindliefons het 'n apiehoog in die berge gevangsy stert stompaf gesnyen toewas dit jy – Skaapstertjiedag.Hierdie dag dra 'n uitgelate vreugde in hom saam wat net aan die ingewydes bekend is. Almal trek saam om die skaapkraal, want hier geld 'n outydse maatstaf – wie nie werk nie, sal nie eet nie! En vir elkeen,...

Kleintyd op die plaas
Tiens Pretorius - 2008-03-06
Ek het nie op ’n plaas grootgeword nie, maar kan darem sê dat ek op plase gekuier het in my kindertyd. Eers vriende se plaas buite Aliwal-Noord. Hulle seun het by ons loseer en ek was tien jaar oud toe ek vir ’n naweek saam met hom plaas toe is. Daar het ek my eerste ondervinding opgedoen van hoe donker en stil dit in die nag kan wees en hoe helder die sterre; hoe bleek die veld as die maan opkom, met die vreemde geluide van jakkalse se getjank in die verte. Dan was daar...

Kleintyd se onthou van die plaas
Christel Coetzer - 2008-03-06
Dit was karsies en noem-noem eet en doringboom se gom vir kougoed. “Maaa, kom kyk, Erwin het klem-in-die kaak; sy mond kan nie oop nie.” Dit was streepsuikertyd. “Ons sal nooit weer nie, Ma …”Dit was swem in die sementdam met watergras wat onheilspellend swiep om skurwe hakskene. “Maaaa, kom help! Bruhn verdrink …” Ou Lolo het vervaard sy kruiwa omgegooi en begin hardloop terwyl my ma hard geskrou het vir my pa wat in sy study by die rolltop aan sy...

Kleintyd se onthou van die plaas
Mathilda Walters - 2008-03-03
Dis nou vir jou ‘n lekkerte! Van speel met die “klong-goed” (uitgespreek as “klôgoed”) van vroeg tot laat. Geen benul van die wêreld se latere gevoel oor sulke dinge nie. Net kinderonskuld en geniet van elke nuut en oud, van wat ek weet en wat die klonge weet van die veld, van die diere en van waarmee mens alles iets kan maak om mee te speel en hoe maklik dit was om te innoveer en net die lewe te geniet tot jy so vuil gespeel is aan die einde van die dag...

Skilpadbessie-padkos
Heidi Heese - 2008-03-03
Ek en my ouer boetie kon nog al twee in die ou geroeste kruiwa pas terwyl my oupa ons oor die warm Karooklippies stoot. Tjuut-tjuut, onder deur die prieel, met ‘n klein kronkelvoetpaadjie veld in. Die hele pad sou ons stories hoor van hoe Oupa in die oorlog baklei het. Soms het hy sommer met sy kaal vuis ingeklim en met windmakerige houe op die blou wolklose hemel gedemonstreer. ‘n Dapperder oupa was daar nie! By die eerste stop moes die skape se waterkrippe skoon kom en die res van die...

Kalahariplaas
Engela Neethling - 2008-03-03
Die water! Kosbare damwater wat met koel kanale ‘n lafenissie uitkabbel na ouma se blom- en groentetuine. Twee keer ‘n week. Want in die Kalahari val water nie uit die lug nie. Net genade. Skottelgoedwater wat smiddae op die pienk en pers Jakobregops uitgeskiet word, sodat hulle moedig aanhou blom onder ‘n snikwarm son. Verbleik gebrand, maar darem. Die warm sementkanaalmure hou groot bekoring vir "skilder" met ‘n nat hoender- of tarentaalveer. Terwyl die seep kook...

Kleintyd se onthou van die plaas
Marie Duddle - 2008-03-03
In my leeftyd was ek nog net één keer op ‘n plaas, destyds toe ek agt was en saam met Ma en Pa na Brits was om vir tannie Ous en oom Boet op hulle plaas te gaan kuier – Twakpraat, hulle tabakplaas naby Brits.Die goot plaashuis met sy akkerboom net buite die kombuisdeur. Basterbrakke lê en bak in die son, en almal van ons wat onder die boom saamkuier. Ma, Pa, tannie Ous, oom Boet met sy pyp in die mond en Klein-Jan, skreeulelik met sy gesig bloedrooi van die son.Ons...

Dae van soet dropreuk en naftalien
Johann de Jager - 2008-03-03
Sit daar tog onder in my geheue iewers nog 'n ou plaaswinkeltjie vas; iets soos Leipold se Slamaaierwinkel vol vinkel, boerseep en rintinkel? Dit vra ek myself toe ek, in die middel van 'n gesukkel om 'n internetblokkasie te breek, skielik boerseep ruik; ja, nie net seep nie, maar die hele mengsel geurende negosie in blikke, sakke en bottels; ook aan oop hanebalke en op rakke uitgestal. Mens, wat 'n lekker plek, veral vir 'n kind. En in daardie ontvanklike jare het ek op Blaauwkop se plaaswinkeltjie...

Kleintyd op die plaas
Janette Duvenage - 2008-02-27
Daar is drie harde houe teen die kombuisdeur. Ek is 16 jaar oud en dit is 1984. Eintlik is Suid-Afrika nog ’n veilige land. Die houe raak stil, maar ek en Ouma is spierwit van die skrik. Dadelik is die sitkamer se ligte en die televisie af en ek en Ouma beweeg vinnig gang langs na die kamer waar die geweer onder die bed lê. Daar gekom, wil ek die kers opsteek, maar Ouma is so op haar senuwees dat sy die vuurhoutjies per ongeluk uit my hand tot diep onder die katel inslaan. Paniek...


<< 1 2 3 4 7 >>