Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Reis | Travel

Reis | Travel


<< 1 2 3 4 7 >>

Geheimenisse van die Noord-Kaap
Ruline de Bruyn - 2008-10-20
As jy tussen Prieska en Copperton ry, begroet versamelvoëlneste bo-op telefoonpale en wildeturksvybome jou langs die pad. In die verte staan ʼn ou mynskag soos ʼn seer vinger afgeëts teen die horison. Die oorblyfsels van ʼn eens florerende kopermyn. Hier was ook ʼn inryteater met sulke boks-"speakers" wat jy by jou motor se ruit ingehaak het. Ben Hur, met Charlton Heston in die hoofrol, was die eerste fliek wat hier gedraai het. Dit was in die sewentigerjare ...Die...

Noord-Kaap-herinneringe
Anna S Ahllers - 2008-10-20
Spierwit klippies so ver as wat die oog kan sien en twee blinkgeskuurde blikemmers vol water op die tafeltjie by die agterdeur: dis my sterkste herinnerings aan die wêreld van my kleintyd. Elke tweede jaar se Kersfees was dit die Kaapse familie se beurt, maar die tussenin jare se Junie-maand was vakansietyd by oupa Frans-hulle op Opwag. Voor Pa ‘n kar gehad het, het ons met die trein gery tot op De Aar. Daar het ons dan oorgeklim op die gemengde trein wat oor Draghoender na Kleinbegin...

Pella in die Noordkaap
Evadné du Plessis - 2008-10-20
Om teen skemeraand met die soet klanke van "Kumbaya" begroet te word na 'n lang dagreis in wederhelf se lawaaierige ou Landie, het my onwillekeurig laat dink dat ‘n gewone aardling seker so moet voel as hy in die hemel aankom. Dit het ons te beurt geval toe ons in die hartjie van die winter die dorpie Pella in die Noord-Kaap binnery op die eerste been van ‘n magiese vakansie. Die klanke was afkomstig uit die honderd jaar oue kerkie wat die middelpunt van hierdie sendingnedersetting...

My Kalahari-Wêreldbeker
Janina Theron - 2008-10-15
Ek bevind my in ons blou Volkswagen Kombi saam met my twee boeties, my ouers en Leon Schuster se "Hie' Kommie Bokke" teen die hange van Sir Lowry's-pas. Op hierdie stadium is ek nog onbewus dat ons daardie kasset al die pad tot in die Kalahari gaan luister, dat die ervaring wat vir my voorlê, vir ewig geëts as herinnering in my bloudruk sal word.Die enigste herinnering wat ek van hierdie spesifieke vakansie het, is beperk tot die tydsduur van een standaard rugby- (Wêreldbeker-eindronde-)...

Dapper oorlewing in die Noord-Kaap
Martha Geiger - 2008-10-15
Die boom gee nie koelte nie. Maar dit voel beter om onder die gekronkelde doringboom met sy yl steekblare stil te hou as in die skreiende, sidderende oop sonbrand en hitte. Ruth is konsekwent dat ons mekaar gereeld aflos en hier, presies halfpad tussen Kamieskroon en Springbok, sal ons gou ons bene rek, nog 'n bottel water agter uit die koelboks haal, ruil en aanry. Strykdag by Ouma en vars-gestrykte linnegoed, nog warm, is skielik in my gedagtes. Die lug ruik verbrand en tref neuswande, keel...

Die waarheid van my hartland
Riana Scheepers - 2008-10-08
Het jy al aan tafel gesit en gehoor hoe die mense om jou mekaar in die rede val en ou stories vertel? Het jy al in Eshowe stil gestaan en na die wind geluister? Na stemme wat sing van goedheid en genade? Riana Scheepers sit aan tafel saam met haar familie op ’n KwaZulu-Natalse plaas en luister na wat hulle vertel. Foto’s: Erwin Niemand. Ek vat weer die lang pad huis toe. Al bly ek reeds amper 20 jaar in die Boland, is “huis toe” nog maar steeds Natal. KwaZulu-Natal,...

Net amper
Louis Lategan - 2008-10-07
Karel kry die oproep vroeg die Maandagoggend van Marydale se polisie. "Is meneer Abrahams een van julle werknemers?""Ja, hoekom?""Ons het hom Saterdagaand op 'n klag van verkragting in hegtenis geneem, maar hy word nou op borgtog vrygelaat. Hy't gevra dat ek Meneer laat weet.""Sê vir hom ek kom; ek sal hom op die stasie kry."Die 250 km se harde, oop wêreld van De Aar na Draghoender skuur teen Britstown langs en loop min of meer saam met...

Agter die wynroete
Louis Lategan - 2008-10-07
Die wynroete langs die Oranjerivier van Groblershoop tot onder duskant Augrabies is nie meer 'n geheim nie, en karre en sleepwaentjies met vreemde nommerplate karwei jaarliks vragte wyn huis toe. Groblershoop en Grootdrink se kelders, dan Upington s'n, en verder teen die rivier af, ook Keimoes en Kakamas, hou baie kele nat. En die plaaslike mense het darem self ook waardering vir die vrug van die druif, veral as hy uit 'n bottel of boks getap kan word. Maar wingerdwerk is harde werk en...

Waar die dooies nog tel
Flippie Jacobs - 2008-10-07
Ja ... nou onthou ek ... ek het dit een oggend in trane vir hom vertel.Ek het gesê dat ek dit graag met hom as my oudste seun wil deel; ek het gevra dat hy vir altyd moet onthou dat ons almal van die Noord-Kaap af kom. Hy het toe vir my gevra om hom meer te vertel oor watse soort plek is hierdie Noord-Kaap dan. Ek het vir hom gesê dit is ‘n baie, baie droë plek - maar ‘n plek wat niemand ooit sal laat dors ly nie. Ek het onthou hoe die stilte van ‘n Karoonag net...

Dag van die visarend
Michael-John Truter - 2008-09-30
Na ’n lang jagavontuur is jou klere vuil, jou gemoed laag en jou energie min, maar my dag saam met die visarend het ’n vuur van woede en bewondering in my verbrokke siel ingeblaas. Op pad na die rivier vir ’n skepsel water het ek die vietse, wollerige, ernstige spesie opgemerk. Die dier het onversteurd na my geloer asof hy iets vir my wou wys. Ek het onmiddellik my aandag op die dier se doen en late gevestig en van my vuil lyf en smag na water vergeet. Terwyl ’n ligte,...

Die twee kante van ’n spoor
Karin Swart - 2008-09-30
Malan de Versailles, Wellington: ’n oogblik deur vreemdeling-oë Die laning dennebome vorm ’n knus pad na die herehuis. Soos ’n somerpaleis lê die Versailles-opstal tussen die wingerde ge-nes en duskant lê die koue spore van ’n trein wat al hygend die lewensaar van ’n dorp, en die hartklop van ’n familie, geword het. Die stasiegebou lê afgewit en rondborstig trots aan dié kant van die spoor en peins oor die "tops and ...

Missie: Woordveertjie
Christa Jonker-Jordaan - 2008-09-22
Heel gepas is die eerste stop op ons naweekreis by die boekedorp, Richmond. Tot 'n paar dae tevore het ek geensins geweet dat die boekedorp bestaan nie, maar die wonderlike skat van die internet bring my die goue wete. “Book Orphanage” lees ons op die deur van 'n geboutjie oorkant die kerk. Manlief bring onmiddellik die motor tot stilstand. “'n Plek met so naam moet ek sien!” sê hy dadelik. Ons is ook geensins teleurgesteld nie. Die plek het kosbare...

My Namibië-droom
Willie Coetzer - 2008-09-16
My lewenslange Namibië-droom was om Sossusvlei te besoek. ‘n Tyd gelede het ek en my pragtige vrou, Bernice, die pad Noorde toe gevat. Heel-heel bo by Ruacana gaan draai. Die hele land deurreis en toe, op pad suid, is my groot droom bewaarheid! Net een bekommernis, oral lees jy "4x4 REQUIRED", en ons toer met ons 1500 cc-Daewoo-karretjie! "Wel," reken ons, "met meer as 4 000 Namibië-kilometers agter die rug, waarvan meer as 1 000 daarvan grondpad, laat ons...

V÷gelfeder-berg
Yolanda McCabe - 2008-09-16
Kom ons praat bietjie oor Vögelfeder-berg. Nee, ek het nie die naam opgemaak nie; daar's ‘n bordjie wat dit sê! Dit is omtrent 70 km van Walvisbaai af in die middel van ‘n area wat kaler en platter is as enige vlakte wat ek ken. Op 'n helder dag kan mens Walvisbaai van daar af sien! Daar is twee berge, maar dit lyk nie soos jou gemiddelde berg nie. Die een berg lyk soos ‘n massiewe, historiese olifant wat op sy sy geval het en so versteen het (‘n 4x4 lyk...

Strandsaluut
Dries van Heerden - 2008-09-16
Het ons maar ag geslaan op die padpredikante op pad Namibië toe. Maar nee, ons vier Kaapse manne dink net vis. Ons vóél al die plukke van pienk-wit kabeljoue en bruin galjoene, ook die hitte van ‘n Namib-vuur as ons by die kamp nat broeke uittrek.Vaal rooitee-bosse mylpaal die knarsvlakte waar ‘n witborskraai ons welkom krys. Dan deur die blompot van die lente. Verby Bitterfontein met sy grafsteenblokke en omdraaitrein. Tussen sonverbrande klippe groei net f-ôls....

Die hart van die Namibië
Elsa Wasserfall - 2008-09-12
Die treffende natuurskoon van Namibië reflekteer ook in die harte van sy inwoners en hul ongelooflike vriendskappe.In November 1957 het my pa sy eerste vastevlerkvliegles onderneem. Hy was algemene praktisyn op die dorp en distriksgeneesheer vir ‘n area so groot soos die Oranje-Vrystaat, wat met ‘n vliegtuig baie meer bereikbaar sou wees.Die noodlot was egter teen hom en die vliegtuig se enjin het gestol net na opstyging. Die loods het ‘n noodlanding in die loop van die Visrivier...

Namibië
Marié Blomerus - 2008-09-10
Dat die Europeërs wat Namibië in die vroegste tye besoek het, dikwels swerwers en ontvlugters was, ly geen twyfel nie. Hulle was dapper en ook waaghalsig. Daarom ook onvergeetlik. Sover bekend was die eerste Europeër wat voet op Namibiese bodem gesit het, Diogo Cão. Aan die begin van 1486 plant hy sy kalksteenkruis by die huidige Kaakruis, maar hy vertoef nie. Na hom volg Dias in 1488 met ’n kruis verder suid by Angra Pequna, vandag bekend as Luderitzbucht. As gevolg...

Toe Namibië net-net nog Suidwes was
Kobie Coetzee - 2008-09-10
Ek kon nooit my studentemaats wat van Suidwes af gekom het, se begrip vir afstand verstaan nie. Vir my was dit ver om van Durban-Wes na Durban-Noord toe te ry. Hulle vertel jou hulle bly naby Windhoek, maar dan is dit ‘n dagreis ver!Tot ons vir die eerste keer daar gaan toer het - met ons karavaantjie en vyf kinders. Dit was net voor die onafhanklikheidsverkiesing, dus nog Suidwes-Afrika en nie Namibië nie.Niemand het ons gewaarsku dat jy liewer nie met ‘n karavaan daardie grondpaaie...

Uittreksels uit my Namibië-dagboek
Linda Truscott - 2008-09-10
... dassies het saam met my eerste geel sonstrale gevoel ... pad net baie reguit ver voor my ... Vreemde kliprantjies, wintergeelgrasse, geharde groen doringbome, kamakazi-voëltjies op die pad ... tannie op Grünau maak twee koppies Ricoffy in polystyrene ... ek moet haar onthou van vier ... besig met bakpoeier inmeng vir karringmelkbeskuit.... sportdag op Stampriet ... boere, Afrikaans, kerrie en rys ... winterwarmson in ons oë as die bal deur die lug trek ... spontane sportmansgees...

Home is where ...
Marlon C Thieras - 2008-09-10
... you find yourself staring, in awe of God's creation. The unbelievable majestic views from the top of a canyon slowly but unmistakably carved out over many, many years by the fresh waters of the Fish river. When you cast your eyes as far and wide and close to the edge of the horizon as you possibly can, you cannot help but feel proud and privileged to be one of the "chosen" few to witness the indescribable brilliance of an ingenious Artist, our Creator. And to think that, compared...

Die Vinger
Swerwer - 2008-09-10
Dis 4 Desember 1976, die pad is warm en hittegolwe veroorsaak hersenskimme van drywende water daar doerrr ver op die teer. Die Ford Escort - 1600 Sport - helder oranje, wil-wil aan die kook gaan, en die bordjie regs voor langs die pad lees Mariental (nog) 200 km. Dis 'n plat stuk aarde tussen Keetmanshoop en Mariental; jy kan môre twee dae ver sien aankom en gister is drie dae later steeds sigbaar.Ons is moeg, warm en gatvol gery, ek en my nuwe vrou. Pasgetroud en pas uit die Polisiekollege,...

Windhoek
Haydee Morgan-Hollander - 2008-09-10
Sy pa is ‘n Kalahari, sy ma Boesman en hy ‘n speelding wat kinders laat val het. Só het hy op die aarde beland. Balon se fyn postuur word verdwerg agter die stuur van die Land Rover, die seningrige arms en hande klem verantwoordelik, beheer die voertuig met ‘n tiental gaste versigtig oor die ongelykte. Af en toe is daar kliek- en klapklanke wanneer die meer suiwer Boesman op die dak Balon wys op slangspore tussen die bossies. Dan koukus hulle saggies en bring Balon die voertuig...

'n Slang in Bangkok
Tilla Diedericks - 2008-09-09
Kuier ons in die Ooste op ons eerste ooit oorsese vlug. Ek en die man. Ons land op Bangkoklughawe. Iemand van iewers moet ons oplaai om ons êrens heen te neem. Die skuifdeure van die lughawegebou skuif oop. Ek smelt soos 'n KFC-roomys. Dis die warmste, bedompigste lug wat ek al ooit gevoel het - whap! in my gesig.Ons gaan tuis in die Regent Hotel. Mooi en als, lekker lugversorging op koud gestel. Eet aandete, drink goor wyn en gaan slaap. Môre gaan ons DIE TOER doen.Ek trek so min...

Verstommende Windhoek
Martha Geiger - 2008-09-08
Na die reis padlangs van Suid-Afrika deur Zimbabwe en Botswana is Windhoek genoeg om enige besoeker te laat dink hy of sy hallusineer. Met ons koppe wéét ons ons is in Afrika. Maar die vet weet, dit voel soos Duitsland. Ons liewe oom, direk uit Duitsland, toer saam met ons – en vergaap hom. Ons dog ons is goed voorberei. Ons weet van die Duitse koloniale tydperk en die grondige ontwikkeling van ’n stewige infrastruktuur. Maar dis nogtans ’n verassing. Daardie...

Die punt van die tong
Rene Lotter - 2008-09-08
Jo sit in ’n sonnige ateljee. Agter haar, splinternuwe TV-skerms teen ’n muur. Oral lê drade rond. Jo buk, haal ’n gebakte bokkop uit haar kamerasak. Vars by die sjebien gekoop. Dis nog lank voor kosrubrieke smileys begin oulik vind. Dis 1990. ’n Nuwe land is pas gebore. Nié soos in kontinente wat skeur en lawa wat uitgedruk word en dan oor millennia versteen nie. Nee, ’n nuwe vlag wapper in die ewige son. Ek hou nie van die manier waarop Jo...

Drie maande in Namibië
Hans Human - 2008-09-08
Ek was in 1969 vir drie maande in Namibië tydens my verpligte militêre diensplig. Sewe van ons het saam met ses permanente lede van die Lugmag van Waterkloof-Lugmagbasis na 'n onbekende bestemming gevlieg. Daar geland hoor ons die naaste dorp is Grootfontein. Die basis was 'n omheinde gebied met net 'n aanloopbaan en 'n beheertoring. Ons bly in tente, stort met 'n brandslang in 'n kruiwa, koop self kos en kook oor 'n oop vuur. Ons sien die ongelooflik...

Drie dae in Windhoek
Stephanie Townsend - 2008-09-02
Windhoek-lughawe. Eerste gedagte is dat dit darem baie donker is (het in die aand geland) en leeg, met net een vliegtuig in die hoekie - ons s'n. Die pad van die lughawe tot in Windhoek self nóg donkerder. Soek hotel se ingang vergeefs vir 15 minute. Verseker nie 'n goeie begin nie, maar kort hierna verander dinge drasties.Skielik is ek omring van gawe mense. Vriendelike gesigte oral. Die meisies in die hotel se ontbytkamer, sewe-uur in die oggend, wat tyd het om 'n komplimentjie...

Namibië
Hannetjie Buys - 2008-09-02
Die humiditeit wasem my sonbril effens toe. Buite Windhoek se sink-lughawegeboutjie druk die wind my romp teen my kuite vas. By die Duitse Klub teug ek aan ’n yskoue Windhoek. Bly om op die grond te wees na die skommelrit in die 737. Vrolike Duitse musiek, dans op die skuim van draughts wat oor die kroegtoonbank drup. Die rooi Mercedes druk sy neus op die nat soutpad Swakopmund toe … weg … na Sêra de Jager se Sesmyl vir Galjoen. Swakop. Statig staan die forte van...

Dis ’n ster ... of is dit?
Johan J Brown - 2008-09-02
Ek en ’n onderwyserkollega het destyds in Boesmanland, sowat 300 km ten noordooste van Grootfontein, ons geroepe gevoel om die leerlinge op ’n opvoedkundige uitstappie te neem. Vir baie is dit die eerste maal wat hulle van hul primitiewe bestaan en buite die grense van die reservaat waarin hulle gebore is, gaan kom. Sò gaan spreek ons die basisbevelvoerder en smeek ’n weermagvoertuig by hom af. Weke se voorbereiding word getref en soveel moontlik agtergrondkennis vir...

Namibië-reisherinneringe
Johan Nieuwoudt - 2008-09-01
Dis 1978. Ek en Reina ry Namibië plat met ’n rooi Kewertjie. Ons is vry, avontuurlustig en in die fleur van ons lewens.By Swakopmund besoek ons laatmiddag die begraafplaas en lees grafskrifte terwyl die mistigheid opstoot vanaf die see. Daardie aand byt die koue en omdat ons nie warm klere het nie, gaan fliek ons knussies onder ’n kombers. Walvisbaai verstom ons met sy berg wit sout wat geëts staan teen die platheid van die omgewing. Die swerms piek flaminke skep ’n...

Is jy moeg vir net ry ... en ry ... en ry ...?
Namib - 2008-09-01
Vat jy die dag die pad binneland toe van die kus af en jy is al gatvol vir al die vervelige teerpad wat onder verbyskuif. Wat van 'n annerste pad vir 'n slag? So bietjie grondpad om jou sinne vir 'n slag weer by te laat kom. Dis dan nou net hier waar jy slap anderkant Wilhemsthal regs afgooi en die grondpad Otjimbingwe toe vat. Maar oppas nou, jy gaan nie soontoe ry nie, want dan gaan jy so effe terug see toe! Nie ver nie, so 20 km ongeveer, gaan so 'n verskuilde plaaspad met g'n...

Ver in die ou Kalahari
Manie Laubscher - 2008-09-01
Dis halftwee in die middag. En die pad is sleg. Wat het my besiel om weer ‘n keer so ver te ry? Dis nou al die soveelste maal en elke keer sê ek vir myself: "Nie weer nie!" Vandag is die warmste dag van Mei en voel dit amper soos in Februarie. En die wind waai of dit Augustus is! Wat kom soek ons hier?Ons is nou al tien minute van die hek af op hierdie sleg pad met die wind wat sulke kronkelrige spoortjies in die sand voor die motor uitkerf. ‘n Springbokram lê so...

Die drie lewenslesse
Keina Swart - 2008-09-01
As jy eers een keer Café Anton op Swakopmund se broodjies geëet het, sal jy vir altyd daarna verlang.As jy eers een keer in die middel van die nag op Bloedkoppie gelê en na die miljoene sterre bo jou kop gestaar het, met Vangelis se musiek wat uit die Land Rover die nagstilte verskeur, sal jy nooit weer na daardie musiek kan luister sonder om daai aand te onthou nie.As jy eers een keer op Sekelduin die nuwe jaar ingevry het met 'n army-outjie van Walvisbaai, kyk jy met nuwe...

Namib se pienk skerpioen
Hannes Steyn - 2008-09-01
My wiskunde-onnie het my geleer dat die kortste afstand tussen twee punte ‘n reguit lyn is. Ek het hom geglo, veral gedurende my vlerksleepjare, toe die lus groot was en die tyd min.Toe trou ek met ‘n vrou wat in alle waarskynlikheid nooit wiskunde op skool gehad het nie.Vroeg in 2002 bestudeer ek die landkaart en my highlighter vind die kortste pad Hentiesbaai toe. Maar toe fouteer ek. Ek laat die oorslaapreëlings aan vroulief oor.Skaars oor die grens toe begin dit lol. "Draai...

Daar’s dan bogger˘l daar
Helena Conradie - 2008-09-01
Die dag toe die twee Amerikaners in die viertrek klim, het hulle gesug en gesê: "Now why would you want to take us to Namibia, there is bugger all there!"Ons was self bietjie verward en wou ons seun se skoonouers beïndruk en het nou gewonder of ons die regte reiskeuse gemaak het.My eie nostalgiese terugdink aan toe ek laas in die land met die golwende blonde grasse was, was toe my seun as kleuter met die vlasblonde hare tussen die grasse afgeneem is en daar geen verskil tussen...

Bitterbossieland
Dolf van Niekerk - 2008-08-26
Wanneer 'n mens ná vele dekades na jou grootword-dorp terugkeer, sal die bittersoet herinneringe van daardie jare saam met jou deur die strate stap. Dolf van Niekerk het een nag op Edenburg se kaal plein gaan stilstaan. Foto's: Gerhard Uys.Dié nag was hulle almal daar. Die maan het geskyn. Spore van 'n skaam dagreëntjie lê nog plek-plek op die stowwerige plein. Sy kom uit haar ouerhuis wat die naaste aan die plein was: Jean, die Engelse meisie met die sagte oë...

Sani-sage
Marcel du Pré - 2008-08-13
Die gesin was nogal verbaas-skepties oor my besluit om ons deeltyd-punte te gebruik in die gebied van die suidelike Drakensberge. Aangekom by Castleburn-oord, is hulle egter heelwat meer toegeeflik. Die plek is pragtig, die chalet luuks. "Hier kan ek lekker rus vir 'n week," sug my vrou. Hierop kry ek so 'n prikkie skuldgevoel, maar dit gaan verby. Ons rus lekker, besoek die nabygeleë kaasfabriek, gaan op rustige staproetes, speel miniatuur golf en die kinders probeer selfs...

Natal
Kobie Coetzee - 2008-08-13
Blou see en geilgroen berge. Wat meer wil 'n mens hê? Dis daar waar die oom van die Kalahari by ons buurvrou-hulle kom kuier het. Die eerste dag toe die reën so heeldag lank khisa, staan die oom by die venster en uitkyk. "Man, maar dit reën darem lekker," sê hy keer op keer. Toe die reën die tweede dag nog so aanhou, was sy entoesiasme al bietjie gedemp, maar die derde dag verklaar hy prontuit: "Nee wat! Dis nou mors van goeie water hierdie." Daardie...

Vader, hier is hy ...
Estelle Bester - 2008-08-05
Toe God sy kreatiwiteit hier in reusagtige diep voue laat val het om dié majestueuse klowe te skep, het hy geweet dat stemme hoorbaar oor die dieptes sou resoneer. Want hoe anders kon vroue weet van stamstories, nuusies en skinder? En daardie dag van die kind se wegraak?Wanneer mens in dié Babanango-wêreld se teerpad ry, moet dit nie mistig wees nie, want dan is die sigbaarheid ‘n onsigbaarheid wat die genade van ‘n veilige rit ‘n gróót genade maak....

Ou Wakkerword-werf van verlede-jonkwees
Johann de Jager - 2008-08-05
Nie sommer net uit die slaap nie, dié wakkerword ervaring - méér as dit. Die weersiens van 'n droom wat waar geword het uit tye van akute jeug. 'n Berghut teen die platorand waar die Hoëveld afdruip na KwaZulu-Natalse laelande met 'n romantiek wat sigbaar, daglank soos 'n waas of silwer lugspieëlings, in die lug bly hang oor veraf vistas; panoramas van groen wat verblou op die gesigseinders om op die luglyn met die hemel saam te smelt. Tente; 'n kamp ronde seilkegels...

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Sutterland, my hartland
Nanette van Rooyen - 2008-07-29
In haar kortverhaalbundel Om te vlerk het Nanette van Rooyen saam met voëls gevlieg en in haar roman Chinchilla het sy pelsdiere getroetel. Maar wanneer haar hart pad vat, is dit na ’n dorp in die Noord-Kaap. Minstens eenkeer per jaar, in die winter, wanneer die veld hard is van die koue, wil ek terug. Na daar waar die vaalkorhaan laatmiddag “pyp-en-tabaksak! pyp-en-tabaksak!” roep. Snags die dikkop of ’n langasem-uiltjie. Dis wanneer die sneeu nie wit lê nie,...

Winburg – herinneringe aan ’n kort besoek
Igno van Niekerk - 2008-07-22
By die Winburg-kruising is daar ’n trop koeie wat op pad is om die Voortrekkermonument te besoek. Interessant. Wie behalwe koeie besoek nog die Voortrekkermonument? Die kurator van die monument is James. Sy hooftaak is om die koeie uit die terrein te hou. (’n Koeirator dus?) Die monumentmuseum is redelik vervalle met ’n bordjie wat uitbasuin dat mens dit op jou eie risiko besoek. Vreemd. Hoekom so ’n bordjie by ’n museum? Twee van die vertoonsale is leeg. Piet...

Volhard(t) in die Vrystaat
Hannes Steyn - 2008-07-22
“Hier’s ‘n lys. Gaan installeer. Julle het tien dae,” beveel die Baas, wat nog nooit iemand vir lang sinne was nie. Tagtig telefone in net tien dae. Oortyd galore! Ek laaik jou, Baas. “Seker Meneer,” reageer ek versigtig. “Waar is dit? Is daar … bonusse ook?” Ek merk ietwat bekommerd dat hy wegkyk toe hy my vertel dat dit in ’n "informal settlement" net buite ’n Vrystaatse dorp genaamd Koffiefontein is. "Bonus...

Jerome kyk blomme
Christien Malan - 2008-07-22
Teen daardie tyd was Jerome al ’n ervare Namakwaland-blomkyker en fotograaf … maar gewoonlik saam met iemand van Kirstenbosch. Om self te kon rondtoer met sy kameras en genoeg tyd op al die afdraaipaadjies in ’n goeie blomjaar! Sommer op die lughawe al ’n Tazz gehuur, een aand in die Kaap geslaap, voorraad gekry en toe met geleende selfoon en blink oë op die N7 na die beloofde land. Met so ’n smeersel Afrikaans, ’n bietjie meer Engels, en Frans, sy...

Vrystaat
Hannetjie Buys - 2008-07-15
Onder by die populierbos stort die herfsverf uit die hand van die seisoen in oordaad oor die regop stamme. Takke bleek en kaal. Die stil winternagte wat die seisoen toelaat om sy yslaag te strooi, om later plek te maak vir die eerste groen van die volgende somer. Die seisoenverraaiers. Die oostewind waai al vir dae en buig die lang dooie grassade boggelrug teen die harde grond vas. Langtuit dwarrelwinde suig die fyn sand soos die ou Columbus-stofsuier se swartsak op tot bultende klein tornado’s...

Harrismith, juweel van die Vrystaat
Kobie Coetzee - 2008-07-10
Die Oos-Vrystaat is weer mooi vanjaar Die reën maak die aarde bly Nou staan die koppies met lappe groen fluweel Tussen hul oopgesprei. Die Oos-Vrystaat is so mooi vanjaar Die kosmos begin stippel-stippel blom En kort voor lank is die groen kombers Met blommetjieslap omgesoom. As ‘n plek ‘n doodgewone ma van vyf kan aanspoor tot liedjies maak, dan moet dit ‘n mooi plek wees. Veral as hierdie ma kleintyd so ’n weersin in haar musieklesse ontwikkel...

Winterhart
Anemarie Jansen - 2008-07-10
Dit is 'n dag met 'n lug vol helder wolke – soos Karel Schoeman sou sê. 'n Dag wat soos rosyntjiebos in die lyf saadskiet. 'n Dag waarin ek en 'n geliefde is soos die spits melkerige punte in 'n mieliekop, so styf ons doen en late teen mekaar. Dofgeel staan die mielies in derduisend gelid, met hulle droë blare beskermend gevou om die ryp koppe in hulle skede. Wintergeel graslande in die rigting van Sterkfonteindam. So 'n dag is dit toe ons oor die Oliviershoekpas die Vrystaat...

Welkom in Welkom ... of nie
Swerwer - 2008-07-07
Welkom is besonders, nie net nog ’n dorp … uh ... ’skies ... stad in die Vrystaat nie. Hoekom ’n “stad”, weet ek nie. Die “besonders” is versteek in my kinderherinneringe. Vir dié wat al in Welkom was, sal die gedagtes aan groot grys mynhope altyd bybly. Dis egter die storie agter die mynhope wat ek wil vertel. Ek is gebore in die heel laaste huis, van doerie tyd, in Koppie Alleen-weg. ’n Swart baksteenhuisie met ’n roostuin...

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Waar die wolke middag maak
Hennie Aucamp - 2008-07-03
Daar waar die Stormberg en die Bakenberg jou in die Oos-Karoo se kom veilig hou, en waar die reën sy stippelgordyn oor die droë veld laat hang, is waar Hennie Aucamp se grootword lê. So tussen gister se herinneringe en vandag se onthou. Dit kan gebeur dat ’n plek en ’n omgewing ’n herinnering word nog lank voordat jy formeel daarvan afskeid geneem het. So het dit met my gebeur toe ek, baie, baie somers gelede, ’n lang vakansie by my ouers op ons plaas...

Meraai en die Oranje
Anemarie Jansen - 2008-07-02
Regs draai ons by die Onseepkans-bord. Dis die enigste pad wat nou op die GPS aangedui word. Ons ry deur 'n prehistoriese grysgroen landskap met uitsteeksels en lae heuwels van graniet. Tussenin is daar ander klip. Gneiss, die pienker ortoklaas, olevien en horingvels. Dis broeierig en vaalstil. Die enigste uitsondering is die wulpse omhelsing van bome om die Oranje. Dit, en die geilte van die oewerwingerde. Vaalbosse en 'n woud kokerbome hurk laag in die hitte. Enkele plase lê kilometers...


<< 1 2 3 4 7 >>