Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film

Film


<< 1 2 3 4 7 >>

Daring Doccies Filmfees – Zeitgeist: Addendum en Mugabe and the White African
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-08-03
Die Labia-teater in Kaapstad bied tans ’n filmfees met dokumentêre films aan: Daring Doccies (nog tot 5 Augustus). Dit sluit in films soos Gas Hole (oor die wêreldekonomie se afhanklikheid van olie en die aantyging dat alternatiewe energiebronne onderdruk word), I.O.U.S.A. (oor Amerika se stygende skuldkrisis en die implikasies daarvan vir die res van die wêreld) en The Threat (Venezuela beskik oor die wêreld se grootste oliereserwe, maar die land se charismatiese leier,...

The White Ribbon kykbaar maar uitputtend
André Crous - 2010-08-03
Oorspronklike titel: Das weisse Band Regisseur: Michael Haneke Kamerawerk: Christian Berger Rolverdeling: Christian Friedel, Burghart Klaussner, Susanne Lothar, Maria-Victoria Dragus Looptyd: 140 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 In ’n klein Duitse dorpie waar die baron die helfte van die inwoners op sy plaas in diens het, vind onverklaarbare tragedies plaas. ’n Stewige draad word laag tussen twee bome gespan en wanneer die dokter in die openingstoneel op...

Inception die beste film van die jaar
André Crous - 2010-07-27
Regisseur: Christopher Nolan Kamerawerk: Wally Pfister Rolverdeling: Leonardo DiCaprio, Joseph Gordon-Levitt, Ellen Page, Tom Hardy, Ken Watanabe, Cillian Murphy, Pete Postlethwaite Looptyd: 145 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 Inception is die beste film van die jaar. Regisseur Christopher Nolan het dit reggekry om ’n projek aan te pak waarvan die idees so kompleks en die begroting so groot is soos destyds se Matrix-films. Die resultaat is ’n volslae meesterstuk...

Pynlik grafiese geweld bederf Antichrist
André Crous - 2010-07-27
Regisseur: Lars von Trier Kamerawerk: Anthony Dod Mantle Rolverdeling: Charlotte Gainsbourg, Willem Dafoe Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 Antichrist (’n onsinnige titel) word uitgereik onder ’n wolk van polemiek wat dit sedert die film se première laasjaar by die Cannes-filmfees rondvolg. Regisseur Lars von Trier is lief vir die kalklig en stories oor hom is legendaries, byvoorbeeld sy mishandeling wat aktrise Björk tydens die verfilming...

The definitive account of the 1995 Rugby World Cup
2010-07-22
An acclaimed new documentary tells the real story behind the Springboks’ miraculous road to glory at the 1995 Rugby World Cup, capturing all the excitement, high emotion and political intrigue surrounding this landmark event in the nation’s history. Titled Playing the Enemy as a tribute to John Carlin’s book of the same name, the documentary was written and directed by Helena Nogueira. It will be screened on the History Channel (DStv channel 254) on Friday, 23 July 2010 at 8.30pm....

Rotten Tomato: The Man Without a Past strangely beautiful
Reney Warrington - 2010-07-21
Title: The Man Without a Past Director: Aki Kaurismäki Starring: Markku Peltola, Kati Outinen, Juhani Niemelä, Kaija Pakarinen, Sakari Kuosmanen, Annikki Tähti, Anneli Sauli, Elina Salo, Outi Mäenpää, Esko Nikkari, Pertti Sveholm, Matti Wuori, Aino Seppo, Janne Hyytiäinen, Antti Reini Date of release (Finland): 2002 Runtime:1 hr 37 min Rotten Tomatoes score: 98% Reney’s score: 95% If you woke up today with no name and no memory of the childhood that shaped...

Eclipse is shallow, soppy, overly long
Reney Warrington - 2010-07-14
Title: Eclipse Director: David Slade Genres: Romance, Science Fiction and Fantasy, Drama Runtime: 2 hr 4 min Starring: Kristen Stewart, Robert Pattinson, Taylor Lautner, Ashley Greene, Billy Burke, Peter Facinelli, Elizabeth Reaser, Nikki Reed, Kellan Lutz, Jackson Rathbone, Dakota Fanning, Catalina Sandino Moreno, Xavier Samuel and Bryce Dallas Howard Reney’s score: 33% I don’t ever watch schlock such as Eclipse. Then, my friend Shane asked me to watch the first movie in the series,...

Flikker: Robin Hood 'n aangename verrassing
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-13
Regisseur: Ridley Scott Kamerawerk: John Mathieson Rolverdeling: Russell Crowe, Cate Blanchett, Matthew Macfadyen, Mark Strong, Oscar Isaac, Kevin Durand, Mark Addy, William Hurt, Danny Huston, Max von Sydow Looptyd: 140 minute Sommige resensente het gekla dat die fliek nie die “regte” Robin Hood wys nie, maar ek was baie aangenaam verras deur hierdie “prequel” van die bekende verhaal. Robin (Russell Crowe) en sy latere manne is deel van die Engelse...

Flikker: Endgame 'n interessante kykie na die storie ágter die storie
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-13
Regisseur: Pete Travis Kamerawerk: David Odd Rolverdeling: William Hurt, Chiwetel Ejiofor, Jonny Lee Miller, Mark Strong, Derek Jacobi, John Kani Looptyd: 101 minute ’n Baie interessante kykie na die storie ágter die storie van die NP-regering se onderhandelde skikking met die ANC, wat tot die land se eerste demokratiese verkiesing in 1994 gelei het. Die manne wat sentraal staan, is Thabo Mbeki (’n sjarmante vertolking deur Chiwetel Ejiofor) en Willie Esterhuyse (William Hurt),...

Terugflits (Junie 2010): Pedro Almodvar
André Crous - 2010-07-02
Aangesien die Spaanse filmmaker Pedro Almodóvar se Broken Embraces op 18 Junie in Suid-Afrika begin draai het, is ’n terugblik op sy werk dalk ’n goeie idee, sodat die kyker ’n voorsmakie kan kry van die omvang van hierdie spelerige regisseur se werk. Almodóvar maak al sedert die jare tagtig films, gewoonlik met gay karakters, maar meer dikwels met vroulike hoofkarakters. Die wêrelde waar sy films afspeel, is perfek belig, maar die melodramatiese inhoud word...

Flikker: Broken Embraces is vintage Almodvar
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-02
Oorspronklike titel: Los Abrazos Rotos Regisseur: Pedro Almodóvar Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Lluís Homar, Penélope Cruz, Blanca Portillo, Tamar Novas, José Luis Gómez Looptyd: 125 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Junie 2010 Die gevierde Spaanse regisseur Pedro Almodóvar se films is altyd iets om na uit te sien (en dankie aan die fliekowerhede dat ons hulle ten minste in Suid-Afrika te sien kry). Sy nuutste, weer met die allerpragtige...

Flikker: The Imaginarium of Doctor Parnassus 'n kleurryke skouspel
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-02
Titel: The Imaginarium of Doctor Parnassus Regisseur: Terry Gilliam Kamerawerk: Nicola Pecorini Rolverdeling: Heath Ledger, Christopher Plummer, Verne Troyer, Lily Cole, Andrew Garfield, Tom Waits, Johnny Depp, Colin Farrell en Jude Law Looptyd: 123 minute My groot motivering om na hierdie fliek te gaan kyk, was Tom Waits, daardie lelike sanger van vreemde musiek. En as Nick, die duiwel, stel Waits hoegenaamd nie teleur nie. Trouens, die nogal brokkerige film word op ’n manier saamgebind...

Rotten Tomato: The Wind That Shakes the Barley intelligent and poignant
Reney Warrington - 2010-07-01
Title: The Wind That Shakes the Barley Director: Ken Loach Starring: Cillian Murphy, Liam Cunningham, William Ruane, Gerard Kearney, Padraic Delaney, Roger Allam, Orla Fitzgerald Date of release (USA): 2006 Runtime: 2 hrs 7 mins Rotten Tomatoes score: 88% Reney’s score: 85% With such intelligent and poignant films on offer such as The Wind That Shakes the Barley you would think that humanity grasps the futility of war. Not so. In a nutshell It is 1920. The Irish are being broken down...

Kortaf: Sex and the City 2 so plat soos ’n loopplankmodel
André Crous - 2010-06-29
Regisseur: Michael Patrick King Kamerawerk: John Thomas Rolverdeling: Sarah Jessica Parker, Kristin Davis, Cynthia Nixon, Kim Cattrall Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 28 Mei 2010 Ek resenseer nie gewoonlik films met syfers aan die einde van titels nie en wil ook nie ‘n gewoonte daarvan maak nie, maar ek voel verplig om jou te waarsku oor wat op jou wag as jy sou kies om hierdie film te gaan sien. Dit is pynlik om te aanskou, veral omdat die filmmakers tog so...

Kortaf: Letters to Juliet oppervlakkig
André Crous - 2010-06-24
Regisseur: Gary Winick Kamerawerk: Marco Pontecorvo Rolverdeling: Amanda Seyfried, Christopher Egan, Vanessa Redgrave, Gael García Bernal Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Junie 2010 Die baie blonde Sophie en haar verloofde gaan op ‘n wittebrood voor hulle regte wittebrood (!) na Verona, die Italiaanse stad van Romeo en Juliet, maar daar is nie ‘n enkele oomblik van romanse tussen hulle nie. Die verloofde word deur Gael García Bernal gespeel,...

Rotten Tomato: Zombieland a thrill ride
Reney Warrington - 2010-06-17
Title: Zombieland Director: Ruben Fleischer Date of release (USA): 2009 Runtime: 88 minutes Rotten Tomatoes score: 89% Reney’s score: 89% Zombieland is one of the most offensive films I have ever seen. I loved it! Yes, it is filled with the obligatory zombie killing that the genre requires (and which is executed with great glee by an ass-kicking Woody Harrelson), but more importantly, it is side-splittingly politically incorrect. In a nutshell America’s gone to hell. Zombies are...

Broken Embraces elegant
André Crous - 2010-06-17
Oorspronklike titel: Los Abrazos Rotos Regisseur: Pedro Almodóvar Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Lluís Homar, Penélope Cruz, Blanca Portillo, Tamar Novas, José Luis Gómez Looptyd: 125 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Junie 2010 Voor jy Pedro Almodóvar se nuutste film begin kyk, behoort jy na jou video-/DVD-winkel te gaan en sy 1988-film, Women on the Verge of a Nervous Breakdown, uit te neem. In Broken Embraces, wat eersdaags in Suid-Afrika...

Die 45ste Karlovy Vary internasionale filmfees
André Crous - 2010-06-16
Karlovy Vary is ’n klein dorpie in die Tsjeggiese Republiek, ongeveer 60 kilometer vanaf die Duitse grens en ’n drie-uurtreinrit wes van Praag, waar een van die belangrikste filmfeeste in die voormalige Oosbloklande jaarliks plaasvind. Hoewel die fees nie heeltemal dieselfde aansien as ander gesaghebbende Europese filmfeeste, byvoorbeeld Cannes of Venesië, geniet nie, is die gebrek aan persgekheid en die toeganklikheid van die geleentheid vir die publiek juis ’n aantrekkingskrag....

Rotten Tomato: Moon uncomfortable and brilliant
Reney Warrington - 2010-06-08
Title: Moon Director: Duncan Jones Cast: Sam Rockwell, Kevin Spacey, Dominique McElligott, Rosie Shaw, Adrienne Shaw, Kaya Scodelario, Benedict Wong, Matt Berry, Malcolm Stewart and Robin Chalk Date of release: July 2009 (UK) Runtime: 97 min Rotten Tomatoes score: 89% Reney’s score: 80% Moon is not a first date movie. In fact, I am not sure what kind of film Moon is. Yes, it certainly is brilliant, as you never see it coming (and I normally irritate fellow movie goers by whispering...

Terugflits (Mei 2010): Matt Damon
André Crous - 2010-06-04
’n Mens vergeet maklik dat Matt Damon sy enigste Oscar tot dusver nie vir sy toneelspel ontvang het nie, maar vir sy vermoëns as skrywer van die 1997-film Good Will Hunting. Hy het dié toekenning met sy vriend Ben Affleck gedeel. Hoewel Damon vroeër ook in films verskyn het, was dit sy rol as Will Hunting wat hom oornag bekend gemaak het. In die dekade sedert hierdie rol het hy in talle van die mees geprysde films onder leiding van Hollywood se top-regisseurs verskyn:...

Rotten Tomato: Flame and Citron complex, but hugely entertaining
Reney Warrington - 2010-06-03
Title: Flame and Citron (Flammen & Citronen) Director: Ole Christian Madsen Date of release: 2008 Original language: Danish Rotten Tomatoes score: 87% Reney’s score: 95% Certainly one of the worst movie titles ever. Maybe it sounded better in the original Danish – Flammen & Citronen? Hmm, okay, it’s a little better. However, don’t let a badly chosen title stop you from watching this incredibly complex, but hugely entertaining, film, based on actual events. In...

Rotten Tomato: Red Cliff larger than life
Reney Warrington - 2010-06-01
Title: Red Cliff (Chi bi)Director: John WooDate of release: July 2008 (in China) Language: MandarinRotten Tomatoes score: 88%Reney’s score: 90%I don’t often regret not living in China. But had I lived in China when seeing Red Cliff I would have seen the 4-hour version and not the 2,5-hour version edited down for Western audiences. Dammit! In a nutshell ... The evil Prime Minister Cao Cao intimidates the Emperor Han into decreeing war on the kingdoms of Xu in the west and East Wu in the...

The Messenger treffend
André Crous - 2010-05-31
Titel: The Messenger Regisseur: Oren Moverman Kamerawerk: Bobby Bukowski Rolverdeling: Ben Foster, Woody Harrelson, Samantha Morton, Steve Buscemi Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 16 April 2010 The Messenger, Oren Moverman se debuutfilm as regisseur, fokus op twee soldate (gespeel deur Ben Foster en Woody Harrelson) wat een van die moeilikste militêre take op Amerikaanse grond het: Hulle moet besoek aflê by ander soldate se naasbestaandes om hulle in te lig dat hulle...

I Now Pronounce You Black and White oppervlakkig
André Crous - 2010-05-26
Titel: I Now Pronounce You Black and White Regisseur: Oliver Rodger Kamerawerk: Gavin Goodman Rolverdeling: Tyrel Meyer, Astara Mwakalumbwa Looptyd: 80 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 14 Mei 2010 I Now Pronounce You Black and White het sy komiese oomblikke, maar die filmmakers het nog heelwat om te leer voordat hulle enigsins ’n film aanmekaar kan sit wat selfs as gemiddeld bestempel sou kon word. Die gegewe situasie waaruit die res van die storie ontwikkel, is die verlowing tussen...

Flikker: A Serious Man meesterlik
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-25
Titel: A Serious Man Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Michael Stuhlbarg, Sari Lennick, Fred Melamed, Richard Kind Looptyd: 105 minute Dante Alighieri het sy meesterstuk Die goddelike komedie genoem. Ja, nè, en op die ou end is dit net God wat lag, sê Joel en Ethan Coen met hulle nuutste film. Sommer met die proloog (’n outydse tafereeltjie wat in Pole afspeel en die befaamde Jiddisje tradisie van lewenswyshede-in-verhaalvorm satiriseer)...

Flikker: Taking Woodstock 'n klein film met 'n groot hart
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-25
Titel: Taking Woodstock Regisseur: Ang Lee Kamerawerk: Eric Gautier Rolverdeling: Demetri Martin, Jonathan Groff, Imelda Staunton, Emile Hirsch, Eugene Levy, Liev Schreiber Looptyd: 120 minute Dis altyd wonderlik as ’n groot regisseur soos Ang Lee ’n klein film met ’n groot hart aanpak. Hierdie een kyk na die storie ágter die storie van die beroemde (ook berugte) Woodstock-musiekfees in Augustus 1969. Nadat die owerhede van Woodstock toestemming vir die fees geweier het,...

Flikker: Mother and Child 'n stewige Hollywood-drama
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-25
Titel: Mother and ChildRegisseur: Rodrigo GarcíaRolverdeling: Annette Bening, Samuel L Jackson, Naomi Watts en Kerry WashingtonLooptyd: 125 minute As ’n fliek met hierdie titel strategies kort voor Moedersdag uitgereik word, kan ’n mens seker jou sinisme en verwagtings van sentimentele snert vergewe word. Toe heeltemal nie. Hierdie is ’n stewige drama soos ek lanklaas uit Hollywood gesien het, en as Ma en veral Ouma nie regtig oopkopmense is nie, moet jy dalk twee keer dink...

Green Zone verdien lof
André Crous - 2010-05-25
Titel: Green Zone Regisseur: Paul Greengrass Kamerawerk: Barry Ackroyd Rolverdeling: Matt Damon, Khalid Abdalla, Brendan Gleeson, Greg Kinnear Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 28 Mei 2010 Green Zone bevestig al ons vermoedens dat die regering van George W Bush doelbewus intelligensie gefabriseer het om hulle inval in Irak te regverdig en hoewel die film nie ’n dokumentêr is nie, is Greengrass baie bekwaam in die uitbeelding van sowel feite as aksie op die skerm. Die...

Flikker: Hachiko, A Dog’s Story verwarm
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Titel: Hachiko, A Dog’s StoryRegisseur: Lasse HallströmRolverdeling: Richard Gere, Joan Allen, Cary-Hiroyuki Tagawa, Sarah Roemer en Jason AlexanderHierdie is ’n moet vir diere- en veral hondeliefhebbers. Die sterre is uiteraard die absoluut pragtige Akita-honde, ’n skaars Japannese ras. Die verhaal is gebaseer op ’n ware gebeurtenis uit die 1930’s in Japan, maar hier is kollegeprofessor Richard Gere in ’n stewige vertolking. Die Japannese element word egter...

Flikker: Séraphine besonders in sy eenvoud
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Titel: SéraphineRegisseur: Martin ProvostRolverdeling: Yolande Moreau, Ulrich Tukur, Anne Bennent, Geneviève Mnich and Nico Rogner Séraphine Louis, wat bekend staan as Séraphine de Senlis (van die Franse dorpie Senlis), kan volgens my as ’n ware outsider artist beskryf word. Sy het vroeg in die twintigste eeu as ’n brandarm skropvrou in rykes se huise gewerk en wasgoed gedoen, maar elke stukkie vrye tyd en elke sent het sy aan haar skilderwerk bestee. Haar...

Flikker: The Accidental Husband val plat
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Regisseur: Griffin DunneRolverdeling: Uma Thurman, Colin Firth en Jeffrey Dean MorganIn Amerika, só vertel my geëmigreerde vriendin my, is brandweermanne groot, veral ná 9/11. Waar ons ons plaaslik vermaak met brandslanggrappies en so meer, is dit in Amerika heel normaal dat ’n brandweerman die held van ’n romantiese fliek is. Patrick Sullivan (Jeffrey Dean Morgan) uit New York se geromantiseerde werkersklasbuurt Queens (hy lyk soos die arm man se Javier Bardem) het...

Flikker: Jakhalsdans heel kykbaar
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Regisseur: Darrell James RoodtDraaiboekskrywer: Deon MeyerRolverdeling: Theuns Jordaan, Elizma Theron, Christina Storm en Neil Sandilands Ek vang myself dat ek oorkrities kan wees by Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, flieks, dus was ek bedug vir hierdie film deur regisseur Darrell James Roodt, met die bekende Deon Meyer as draaiboekskrywer. Die storie is maar enkellynig: ’n skooljuffrou (Elizma Theron) wat ’n nuwe intrekker op die Karoodorpie Loxton is, vrees dat sy alles gaan verloor...

Kortaf: A Serious Man heerlik
André Crous - 2010-05-12
Titel: A Serious Man Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Michael Stuhlbarg, Sari Lennick, Fred Melamed, Richard Kind Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 14 Mei 2010 A Serious Man is een van die Coen-broers se mees volwasse films en is my gunsteling uit die films wat vanjaar in die kategorie vir beste film by die Oscars genomineer is. Aan die einde van die 1960’s, in ’n woonbuurt iewers in Minnesota, is fisikadosent Larry Gopnik...

Kortaf: Taking Woodstock vermaaklik genoeg
André Crous - 2010-05-10
Titel: Taking Woodstock Regisseur: Ang Lee Kamerawerk: Eric Gautier Rolverdeling: Demetri Martin, Jonathan Groff, Imelda Staunton, Emile Hirsch, Eugene Levy, Liev Schreiber Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 April 2010 Ang Lee se nuutste film is mooi, vermaaklik en genotvol, maar eintlik relatief oppervlakkig as ’n mens die epiese musiekgebeurtenis waartydens die storie afspeel (Woodstock, 1969!), in ag neem. Demetri Martin, beter bekend as ’n komediant wat dikwels...

Terugflits (April 2010): Die Coen-broers
André Crous - 2010-05-04
Op 14 Mei word een van my gunstelingfilms onder die tien nominasies vir beste film by vanjaar se Oscars in Suid-Afrika uitgereik: A Serious Man. Die film is deur die bekendste regisseursbroers in die bedryf geregisseer: Joel en Ethan Coen. Die Coens se films word gewoonlik as “aweregs” of “eienaardig” bestempel. Dit is waar, maar hulle werk borrel eenvoudig oor van kreatiwiteit en daar is min ander regisseurs wat donker materiaal en ligte dialoog met soveel sukses kan saamsmelt....

Shutter Island ’n grinterige en verrassende sielkundige riller
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-04-29
Titel: Shutter IslandRegisseur: Martin ScorseseKamerawerk: Robert Richardson Rolverdeling: Leonardo diCaprio, Mark Ruffalo, Michelle Williams, Ben Kingsley, Max von Sydow Looptyd: 135 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Die blote feit dat hierdie film op ’n boek deur Dennis Lehane gebaseer is, kon ’n mens al daarvan laat kennis neem het. ’n Paar jaar gelede het ons Run, Baby, Run, ook deur Lehane, gesien in die uitstekende film met Ben Affleck as regisseur (sy...

Date Night skreeusnaaks
André Crous - 2010-04-29
Titel: Date Night Regisseur: Shawn Levy Kamerawerk: Dean Semler Rolverdeling: Steve Carrell, Tina Fey, Mark Wahlberg, James Franco, Mark Ruffalo Looptyd: 85 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 April 2010 Ek was nog nooit ’n groot aanhanger van die televisieprogram Saturday Night Live nie, maar vandeesmaand het twee aktrises wat dikwels in die kort komiese sketse van hierdie program optree, gewoonlik met ’n graad van komedie wat wipplank ry, my werklik verbaas. In Away...

Kortaf: Vermy Leap Year
André Crous - 2010-04-28
Titel: Leap YearRegisseur: Anand TuckerKamerawerk: Newton Thomas SigelRolverdeling: Amy Adams, Matthew GoodeLooptyd: 100 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 16 April 2010 Ons is tans in die middel van twee skrikkeljare, so ek weet nie wanneer hierdie film afspeel nie, maar dalk is dit goed dat die film daaroor swyg, want die logika agter die hoofkarakter se aksies hoort eintlik iewers in die middel van die vorige eeu. Die ambisieuse Anna (Amy Adams) se oninteressante kêrel van vier jaar...

Away We Go verras
André Crous - 2010-04-21
Titel: Away We Go Regisseur: Sam Mendes Kamerawerk: Ellen Kuras Rolverdeling: Maya Rudolph, John Krasinski, Chris Messina, Maggie Gyllenhaal, Allison Janney Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 April 2010 Wat ’n aangename verrassing! Hierdie skreeusnaakse komedie roer die hartsnare danksy die aantrekkingskrag van die twee hoofkarakters, wat effens uit plek is in die samelewing, maar nooit naïef of pateties voorkom nie. Burt en Verona is ’n ongetroude paartjie...

Kortaf: A Prophet fassinerend
André Crous - 2010-04-14
Titel: A Prophet Oorspronklike titel: Un Prophète Regisseur: Jacques Audiard Kamerawerk: Stéphane Fontaine Rolverdeling: Tahar Rahim, Niels Arestrup, Adel Bencherif Looptyd: 150 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 April 2010 In Parys word die negentienjarige Malik vir ses jaar opgesluit nadat hy ’n polisieman aanrand. Hy is Arabies, effens skaam en natuurlik bang vir sy nuwe omgewing. Hy ken niemand in die tronk nie, en kort voor lank word hy deur César Luciani, ’n grootkop...

Kortaf: The Blind Side verdien aandag
André Crous - 2010-04-14
Titel: The Blind SideRegisseur: John Lee HancockKamerawerk: Alar KiviloRolverdeling: Sandra Bullock, Quinton Aaron, Tim McGraw, Kathy BatesLooptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2010 Hierdie ware verhaal oor ’n ryk wit vrou van Tennessee wat haar oor ’n daklose jong swart seun ontferm en hom in so ’n mate ondersteun dat hy ’n beurs kry danksy haar vasberadenheid en sy vernuf op die voetbalveld, het Sandra Bullock ’n welverdiende Oscar-beeldjie...

Kortaf: Valentine’s Day hoogs vergeetbaar
André Crous - 2010-04-06
Titel: Valentine’s Day Regisseur: Garry Marshall Kamerawerk: Charles Minsky Rolverdeling: Jessica Alba, Kathy Bates, Jessica Biel, Bradley Cooper, Patrick Dempsey, Hector Elizondo, Jamie Foxx, Jennifer Garner, Topher Grace, Anne Hathaway, Ashton Kutcher, Queen Latifah, Shirley MacLaine, Taylor Lautner, Julia Roberts Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Februarie 2010 Hierdie boerpot van ’n Valentynsdagfilm is oulik en het geen gebrek aan aantreklike sterre nie,...

Kortaf: Alice in Wonderland ’n Smartie-kleurige avontuurrit
André Crous - 2010-04-06
Titel: Alice in WonderlandRegisseur: Tim BurtonKamerawerk: Dariusz WolskiRolverdeling: Mia Wasikowska, Johnny Depp, Helena Bonham Carter, Anne HathawayLooptyd: 105 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Tim Burton se Smartie-kleurige weergawe van Lewis Carroll se verbeeldingryke verhaal vol vreemde skepsels is ’n lekker avontuurrit deur die onderwêreld, waar konyne onderbaadjies dra en horlosies ongeduldig dophou, ’n Wit en ’n Rooi Koningin om die ryk meeding...

Terugflits (Maart 2010): Tim Burton
André Crous - 2010-04-06
Met die onlangse vrystelling van die eerste post-Avatar-film wat ook in drie dimensies vertoon word, Alice in Wonderland, het ek besluit om vandeesmaand op hierdie film se regisseur, Tim Burton, se werk te fokus. Eerstens ’n belangrike punt: Hoewel die 1993-film genaamd Tim Burton’s The Nightmare before Christmas al kultusstatus bereik het, was Burton slegs die skrywer-vervaardiger en nie die regisseur van die film nie. Dit is Henry Selick (Coraline) wat die regie behartig het. Burton...

Kortaf: Spread is pure hedonisme
André Crous - 2010-03-26
Titel: SpreadRegisseur: David Mackenzie Kamerawerk: Steven Poster Rolverdeling: Ashton Kutcher, Anne Heche, Margarita Levieva, Sebastian Star Looptyd: 95 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2009Nikki het nie sy eie woonplek nie, maar hy weet hoe om meisies en veral ouer vroue te verlei en slaap só sy pad tot in die beste huise in Hollywood. Anders as ’n prostituut, word hy nie uitgeskop met ’n paar dollarnote nie: Hy bly aan en verskaf nog meer plesier totdat hy...

Rotten Tomato: Tell No One a rare creature
Reney Warrington - 2010-03-25
Title: Tell No One (Ne le dis à personne)Director: Guillaume CanetDate of release: 2006Language: FrenchRotten Tomatoes score: 96%Reney’s score: 95%Tell No One (2006) is one of those rare creatures: an intelligent suspense thriller that is as emotionally haunting as it is thrilling. It surprised both its creators and cast with the commercial success it achieved. In a nutshell ... Alex’s wife is murdered and for a while he is the prime suspect. Eight years later he still has not...

A Single Man ’n glanstydskrifweergawe van intiem
André Crous - 2010-03-24
Titel: A Single ManRegisseur: Tom FordKamerawerk: Eduard GrauRolverdeling: Colin Firth, Nicholas Hoult, Julianne Moore, Matthew GoodeLooptyd: 95 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 26 Februarie 2010 Tom Ford is ’n modeontwerper, en nou is hy ook ’n filmregisseur. A Single Man, gebaseer op die gelyknamige roman deur Christopher Isherwood, is sy eerste film, en soos talle resensente al genoem het, is die film se beelde uitsonderlik. Dit roep egter ’n vraag op wat nie genoeg...

Shutter Island swak uitgevoer
André Crous - 2010-03-23
Titel: Shutter IslandRegisseur: Martin ScorseseKamerawerk: Robert Richardson Rolverdeling: Leonardo diCaprio, Mark Ruffalo, Michelle Williams, Ben Kingsley, Max von Sydow Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Shutter Island het ernstige terapie nodig. Hierdie is ’n film wat so graag aan dieselfde klas as onder andere Psycho, Fight Club, Vanilla Sky en Identity wil behoort, maar dit is baie swak uitgevoer en het my amper nie ’n oomblik vir enige karakter...

Fees van die ongenooides nou op kykNET
2010-03-18
Fees van die ongenooides is die storie van gewone mense wie se lewens deur oorlog geraak word. Wanneer groot opstande, revolusies en oorloë dreig en mense se lewens aangetas word, word hulle sosiale wese in flarde geskeur, hulle toekoms word onseker en hulle lewens kry ’n oop einde. Die desperate dilemma waarin hulle hulle bevind, laat hulle dinge doen wat ondenkbaar sou wees in tye van sekuriteit en voorspelbare vrede. Die verwarring en onsekerheid wat oorlog meebring, veroorsaak...

Nine ’n fees vir die sinne
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-03-17
Titel: NineRegisseur: Rob MarshallSpelers: Daniel Day-Lewis, Sophia Loren, Penélope Cruz, Nicole Kidman, Marion Cotillard, Kate Hudson, Judi Dench, Fergie Looptyd: 118 minute Lanklaas het ’n voorprent my soveel laat uitsien na die film, en Nine, ’n navolging van die werk van Federico Fellini, het my nie teleurgestel nie. Inteendeel; hierdie film is ’n fees vir die sinne – ’n (manlike) fantasie uitgedruk in meesleurende sang en dans. Guido Contini, die groot...


<< 1 2 3 4 7 >>