Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film

Film


<< 1 2 3 4 7 >>

Skoonheid dui op ’n nuwe rigting in die Suid-Afrikaanse filmbedryf
André Crous - 2011-07-29
Regisseur: Oliver Hermanus Kamerawerk: Jamie Ramsay Rolverdeling: Deon Lotz, Charlie Keegan, Michelle Scott Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 5 Augustus 2011 Wanneer skrywers, digters, filmmakers, ensovoorts ’n groot slag slaan met hul debuut, dan is die vrees gewoonlik dat hul volgende werk, bekend as "Die Tweede", nie sal kan voldoen aan die verwagtinge wat geskep is nie. Oliver Hermanus se eerste film, Shirley Adams, vrygestel in Suid-Afrika in 2010, was...

GIPCA conference on Directors and Directing this weekend
2011-07-27
Untitled Document GIPCA conference on Directors and Directing Hiddingh Campus, University of Cape Town 29 to 31 July Tickets: R60 – R120 Bookings: www.computicket.com Directors and Directing is hosted by the Gordon Institute for Performing and Creative Arts (GIPCA) from 29 to 31 July 2011. Featuring several performances in addition to panels and talks, this groundbreaking event will take place at Hiddingh Campus, University of Cape Town (UCT), Want to come up close and personal with directors...

Win Win: Viering van klein oorwinnings
Jacques Liebenberg - 2011-07-27
Win Win Regisseur: Thomas McCarthy Kamerawerk: Oliver Bokelberg Rolverdeling: Paul Giamatti, Amy Ryan, Alex Shaffer en Bobby Cannavale Looptyd: 106 minute Hollywood-grootkoppe hou daarvan om die yslike begroting van die regtige duur flieks te verdedig deur te sê dié (hopelike) lokettreffers se verdienste stel hulle in staat om kleiner flieks met groter “artistieke meriete” te kan maak. Beteken dit mens moet die groot ateljees ’n fliek soos Transformers: Dark of...

Very little bang in The Bang Bang Club
Reney Warrington - 2011-07-27
Untitled Document Title: The Bang Bang Club Director: Steven Silver Cinematography:Miroslaw Baszak Starring:Malin Akerman, Ryan Phillippe, Taylor Kitsch, Frank Rautenbach, Neels Van Jaarsveld Runtime:106 mins I don’t get it. War photographers Greg, Joao, Ken and Kevin, the four original members of The Bang Bang Club, lived the kind of lives, during the violent end of apartheid, that legends and great films are made of. So why is The Bang Bang Club, the film, so boring? It takes more than...

The Green Latern mag maar misgeloop word
André Crous - 2011-07-20
Regisseur: Martin Campbell Kamerawerk: Dion Beebe Rolverdeling: Ryan Reynolds, Blake Lively, Mark Strong, Peter Sarsgaard, Tim Robbins Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 24 Junie 2011 Ag nee, man. Hierdie is regtig net ’n superheldfilm wat probeer geldmaak uit die algemene gewilligheid van kykers om dieselfde soort film oor en oor te sien. En dan word dit nie eens met enige passie hoegenaamd gedoen nie. Hier is dit Ryan Reynolds wat in ’n groen pakkie geklee is...

Harry Potter and the Deathly Hallows, Part II: Die einde van ’n era
André Crous - 2011-07-20
Regisseur: David Yates Kamerawerk: Eduardo Serra Rolverdeling: Daniel Radcliffe, Ralph Fiennes, Emma Watson, Rupert Grint, Alan Rickman, Helena Bonham Carter Looptyd: 130 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 15 Julie 2011 Die einde van die reeks en die einde van ’n era. Dié aflewering, die tweede helfte van die laaste boek se verhaal, beantwoord baie vrae en skets ’n hele paar karakters as meer kompleks as wat ooit vantevore gedoen is. Veral Snape sorg vir ’n paar...

Terugflits: Die Harry Potter-reeks – Deel II
André Crous - 2011-07-20
Untitled Document Met die aanvang van die tweede helfte van die Harry Potter-reeks – dit wil sê die laaste vier films – is daar orde geskep in die huis van hierdie superproduksie. Terwyl die eerste vier films onder leiding van drie verskillende regisseurs was, almal met dieselfde ou John Williams-musiek, is hierdie twee aspekte hersien vir die laaste paar films: John Williams is eers vervang deur Nicholas Hooper, wat ’n ongelooflike energie...

Harry Potter and the Deathly Hallows: Part II damn near perfect
Reney Warrington - 2011-07-19
Untitled Document Director: David Yates Cinematography: Eduardo Serra Starring: Daniel Radcliffe, Ralph Fiennes, Emma Watson, Rupert Grint, Alan Rickman, Helena Bonham Carter Runtime:130 mins 5/5 Harry Potter 7 is a damn near perfect film. Whether you are a devotee to the franchise or not, Deathly Hallows: Part II is a remarkable finale that will entertain until the last line of dialogue is spoken. Give me a minute, or a few sentences rather, to gush over the cinematography, the look of the film....

Bridesmaids is not just a chick flick
Reney Warrington - 2011-07-15
Bridesmaids is not a chick flick just because there’s a lot of chicks in it! It will appeal to anyone with a slightly twisted sense of humour and a tendency toward the politically incorrect. I fitted the bill and loved every minute of it. In a nutshell After losing her boyfriend and small bakery, Annie’s life is in limbo. She stops baking and, well, aimlessly sleeps around. When her best friend gets engaged and seemingly moves on without her to the next level, all hell breaks...

Daar doer in die fliek: Leon van Nierop kyk terug op die Afrikaanse rolprentbedryf
Steyn du Toit - 2011-07-14
Untitled Document Lede van die Daar doer in die Fliek-span. Van links is Christa Lategan (vervaardiger en redigeerder), Zendre Lategan (produksie-assistent), Johan Lategan (regisseur en redigeerder) en André van den Heever (kameraman). Daar doer in die Fliek is nie ’n formele dokumentêr nie. Dit is eerder ’n gesellige kuierprogram waarin Leon van Nierop met nostalgie terugkyk na die geskiedenis van die Afrikaanse rolprent. Hy vertel meer vir Steyn...

Scream 4: ’n postmoderne rilfees!
Rohan Magerman - 2011-07-13
Regisseur: Wes Craven Kamerawerk: Peter Deming Rolverdeling: David Arquette; Neve Campbell; Courteney Cox-Arquette; Emma Roberts; Rory Culkin; Adam Brody Looptyd: 111 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 6 Julie 2011 Vyftien jaar gelede het Wes Craven ’n briljante fliek bekendgestel: Scream, ’n selfbewuste parodie in die slasher-genre. Craven se fliek het die gesig van die genre vir ewig verander. Alhoewel sommige kritici hul mes ingehad het vir die fliek, was Scream nogtans...

Support the production of a new motion picture: Ketchup for Armageddon
2011-07-06
Untitled Document Ketchup for Armageddon is an original story about a time line disruption caused by a spaceship from the future, transporting the Biblical character Hagar and her son Ishmael from the ancient world to a 20th century setting at the end of the century, circa 1999. It starts out as a "swords and sandals" epic and yet we find ourselves in outer space in the course of it. The paranoia surrounding the "millennium bug" is revisited in the playfully apocalyptic atmosphere of the film. Hagar's...

Biutiful bied oomblikke van hoop, maar niks op ’n skinkbord nie
André Crous - 2011-07-06
Regisseur: Alejandro González Iñárritu Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Javier Bardem, Maricel Álvarez, Diaryatou Daff Looptyd: 140 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 22 Julie 2011 ’n Film onder leiding van regisseur Alejandro González Iñárritu is nou al maklik herkenbaar. Sy vorige drie films, Amores perros, 21 Grams en Babel, het almal ’n verskeidenheid hoofkarakters met hul eie afsonderlike stories gehad wat op een...

Ek joke net kon skerper en snaakser wees
Reney Warrington - 2011-07-06
Untitled Document Titel: Ek joke net Regisseur: Stefan Nieuwoudt Rolverdeling:Andrew Thompson, Christel van den Bergh, Solomon Cupido, Morne du Toit, Thokozani Ntuli, Lelia Etsebeth, Bryan Hadwen, Richard Lukunku 1/5 Candid camera films was nog nooit “hogere” kuns nie. Dit kán wel vlymskerp kritiek wees en dit móét verseker snaaks wees. Vat Borat as voorbeeld. Sacha Baron Cohen kan jou in een toneel laat lag, huil en met afgryse gevul laat terugsit. Selfs Schuster...

’n Source Code wat in enige dimensie werk
Jacques Liebenberg - 2011-06-30
Source CodeRegisseur: Duncan Jones Kamerawerk: Don Burgess Rolverdeling: Jake Gyllenhaal; Michelle Monaghan; Vera Farmiga; Jeffrey Wright Looptyd: 93 minute Wat’s dit wat mense in die oggend laat opstaan? Gesig was, aantrek, die kinders regkry vir skool en gaan sloeg by die werk. Dis seker maar gewoonte, maar dalk is dit ook potensiaal, oftewel die moontlikheid van iets beters wat kan kom – of dit nou ’n Stormers-sege, ’n LED-TV of die volmaakte lewensmaat is. En dis...

Flikker: The Adjustment Bureau – ’n intrige-belaaide wetenskapfiksie-liefdesverhaal
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document The Adjustment Bureau Regisseur: George Nolfi Kamerawerk: John Toll Rolverdeling: Matt Damon, Emily Blunt, Anthony Mackie, John Slattery, Terence Stamp Looptyd: 105 minute ’n Bloedjong politikus (Matt Damon) se briljante verkiesingsveldtog om senator te word, ly op die laaste oomblik skipbreuk. Terwyl hy sy verloorder-toespraak in die manstoilette oefen, ontmoet hy ’n vrygeestige danseres (Emily Blunt). Daar is ’n onmiddellike aantrekkingskrag tussen...

Flikker: The Lincoln Lawyer – ’n baie kykbare film met 'n gatskop-klankbaan
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document The Lincoln Lawyer Regisseur: Brad Furman Kamerawerk: Lukas Ettlin Rolverdeling: Matthew McConaughey; Marisa Tomei; Ryan Phillippe; Frances Fisher Looptyd: 118 minute Prokureur Mick Haller is ’n regte hardegat. Sy praktyk, wat hy uit ’n statige ou Lincoln met die nommerplaat “Not guilty” bedryf, fokus hoofsaaklik op ongure karakters uit die bendewêreld. Toe hy die geleentheid kry om ’n kliënt (Ryan Phillippe) uit Beverly Hills te...

Flikker: The Way Back getuig van wilskrag en oorlewingsvermoë
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document The Way Back Regisseur: Peter Weir Kamerawerk: Russel Boyd Rolverdeling: Jim Sturgess, Ed Harris, Colin Farrell, Saoirse Ronan Looptyd: 133 minute Dié film is gegrond op die ware verhaal van sewe gevangenes, meestal Pole, wat in die 1930’s as “vyande van die staat” in een van Stalin se strafkampe in Siberië gevange gehou is. Ná maande lange voorbereidings kry hulle dit reg om tydens ’n sneeustorm te ontsnap. Teen alle verwagting...

Flikker: Bridesmaids – nie juis ordentlik nie
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document Bridesmaids Regisseur: Paul Feig Kamerawerk: Robert D Yeoman Rolverdeling: Kristen Wigg, Maya Rudolph, Rose Byrne, Melissa McCarthy Looptyd: 125 minute Ten spyte van die titel is Bridesmaids geensins jou standaard chick lit-fliek nie. Inteendeel, jou flieksmaak moet ’n bietjie af wees om dit te waardeer (dink: There’s something about Mary en The sweetest thing). Annie (Kristen Wigg) en Lillian (Maya Rudolph) is beste vriende van skooldae af, en beide is nou al...

Roepman - ’n eerlike film
André Crous - 2011-06-22
Regisseur: Paul Eilers Kamerawerk: Tom Marais Rolverdeling: Paul Loots, John-Henry Opperman, Deon Lotz, Andrew Thompson Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 20 Mei 2011 Enige uitbeelding van Suid-Afrika gedurende die apartheidsjare is amper noodwendig polities van aard. Wanneer ons die interaksie tussen verskillende rasse sien, of die byna waansinnige vasklou aan een soort godsdiens, een taal en een velkleur, dan is dit soos ’n ander wêreld, een wat net-net bekend...

Terugflits: Die Harry Potter-reeks
André Crous - 2011-06-22
Untitled Document Op 15 Julie word die laaste aflewering van die Harry Potter-filmreeks vrygestel: Harry Potter and the Deathly Hallows, Part II. Dit kom ná tien jaar se films – agt in totaal – onder leiding van vier verskillende regisseurs en twee draaiboekskrywers. Weens die reuselengte van die totale produksie (die looptyd van al die films saam is meer as sewentien uur) moes sommige akteurs ook vervang word. Met die afsterwe van Richard Harris, wat...

The Lincoln Lawyer: ’n Prokureur met sy hemp aan
Jacques Liebenberg - 2011-06-15
The Lincoln Lawyer Regisseur: Brad Furman Kamerawerk: Lukas Ettlin Rolverdeling: Matthew McConaughey; Marisa Tomei; Ryan Phillippe; Frances Fisher Looptyd: 118 minute Hoe weet mens wanneer Matthew McConaughey in ’n “ernstige” fliek speel? Hy trek nie binne 30 minute sy hemp uit nie. (Nou moet mens hard dink om te onthou wanneer laas hy nié van sy hemp ontslae geraak het nie. Dit maak tog geldelik sin om jou ster se grootste bate ten toon te stel, dan nie?) Mens sou...

Beautiful Boy: ’n Metodiese afmerking van die rouprosesstappe
André Crous - 2011-06-15
Regisseur: Shawn Ku Kamerawerk: Michael Fimognari Rolverdeling: Michael Sheen, Maria Bello Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 3 Junie 2011 Beautiful Boy is die eerste van sy soort waarvan ek bewus is. Waar die omstandighede van kinders wat moord in die klaskamer pleeg al ondersoek is – kyk na Gus van Sant se Elephant, of die uitstekende Estlandse film Klass – is die ouers gewoonlik grotendeels uit die ondersoek gelaat. Beautiful Boy se twee hoofkarakters is die ouerpaar...

The Adjustment Bureau:
André Crous - 2011-06-15
Regisseur: George Nolfi Kamerawerk: John Toll Rolverdeling: Matt Damon, Emily Blunt, Anthony Mackie, John Slattery, Terence Stamp Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 10 Junie 2011 Hierdie is my soort fliek, en een wat hoogstens een keer ’n jaar verskyn. Dit is stylvol, slim, meesleurend, en heelpad wonder ons wat volgende gaan gebeur – die film maak ons honger vir nog ’n stukkie inligting sonder om ons te frustreer met die weerhouding daarvan. David Norris...

Fast Five: Al hoe vinniger al hoe vrotter
Jacques Liebenberg - 2011-06-09
Regisseur: Justin Lin Kamerawerk: Stephen F Windon Rolverdeling: Vin Diesel, Paul Walker, Jordana Brewster en Dwayne Johnson Looptyd: 130 minute ’n Mens kan veel – en nie veel daarvan goed nie – van die vyfde Fast & Furious-fliek sê, maar een ding staan soos ’n paal bo water: In die snikhete Rio de Janeiro is Dwayne Johnson se FBI-karakter die enigste een wat deurgaans soos ’n vark sweet. Dit daar gelaat. Vele brullende motors, testosteroon, sjoebroekies...

The Hangover II – Véél swakker as sy voorganger
André Crous - 2011-06-09
Regisseur: Todd Phillips Kamerawerk: Lawrence Sher Rolverdeling: Bradley Cooper, Ed Helms, Zach Galifianakis, Justin Bartha, Mason Lee Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 27 Mei 2011 Wel, dis veel swakker as sy voorganger. Trouens, dit is so swak dat dit swak sou gewees het selfs al was daar nie ’n voorganger om dit mee te vergelyk nie. Dis waar dat die film grotendeels ’n herhaling is van die eerste film, The Hangover, wat groot sukses behaal het toe dit in 2009...

Pirates of the Caribbean – Jack Sparrow sit geen voet of haak verkeerd nie
André Crous - 2011-05-31
Regisseur: Rob Marshall Kamerawerk: Dariusz Wolski Rolverdeling: Johnny Depp, Penélope Cruz, Ian McShane, Geoffrey Rush Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 20 Mei 2011 Glo dit of nie, hierdie is my gunstelingfilm van Rob Marshall, wie se aartstylvolle Chicago en Memoirs of a Geisha ek nie kon verdra nie. Dié vierde aflewering van die reeks oor seerowers met maskara – eintlik net een: die weergalose Jack Sparrow – is nou wel nie so goed soos die eerste...

I should love Jane Eyre
Reney Warrington - 2011-05-20
Jane Eyre Director: Cary Fukunaga Camera: Adriano Goldman Starring: Mia Wasikowska, Michael Fassbender, Judi Dench, Jamie Bell, Sally Hawkins Runtime: 115 minute I love the sprawling, poetic nature of great English literature. I love Mia Wasikowska. (And don’t tell anyone, but I am a romantic at heart. Wuthering Heights, by the other Brontë,tore me up for days. Shush.) Rotten Tomatoes, my trusted benchmark, also summarises the film as follows: “Cary Fukunaga directs a fiery...

Master Harold and the Boys se inhoud is verouderd en vervelig
André Crous - 2011-05-17
Regisseur: Lonny Price Kamerawerk: Lance Gewer Rolverdeling: Freddie Highmore, Ving Rhames, Patrick Mofokeng Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 13 Mei 2011 Ek wou my hare uit my kop uit trek. Dit mag dalk wees dat Athol Fugard se verhoogstuk ’n insiggewende blik is op sy eie kinderjare en die gemak waarmee ’n jong wit seun mag kon uitoefen oor ’n volwasse swart man, maar in 2011 is dit werklik vervelig. Ten spyte van Freddie Highmore se werk om ’n Suid-Afrikaanse aksent...

Let me in se uitstekende verwerking lok spannings"junkies"
André Crous - 2011-05-17
Regisseur: Matt Reeves Kamerawerk: Greig Fraser Rolverdeling: Kodi Smit-McPhee, Chloë Grace Moretz, Richard Jenkins, Elias Koteas Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 6 Mei 2010 Die idee van ’n verhaal oor kindervampiere kan jou dalk laat huiwer as jy enige smaak het, of dit kan jou vreeslik opgewonde maak as jy ’n aanhanger is van die Twilight-films. Let Me In is egter baie ver verwyder van die spookasemvermaak wat Twilight en sy opvolgprente bied, en is een...

’n Blink bekendstelling
Jacques Liebenberg - 2011-05-17
Thor Regisseur: Kenneth Branagh Kamerawerk: Haris Zambarloukos Rolverdeling: Chris Hemsworth, Natalie Portman en Tom Hiddleston Looptyd: 114 minute Is Thor ’n fliek? Ja, dit is. Is dit iets waaroor ’n mens opgewonde raak? As jy nie kan wag dat The Avengers uitgereik word nie, ja. Dan is dit die moeite werd om van Thor kennis te neem. Want dit dreun en donder en blits dalk 3D, blinkgepoets, maar dis ook al. Daar gebeur nie veel in Thor wat noemenswaardig is nie, maar dis noemenswaardig...

No strings attached – ’n verfrissende goeie Vrydagaandfliek
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-05-17
Untitled Document No Strings Attached Regisseur: Ivan Reitman Kamerawerk: Rogier Stoffers Rolverdeling: Natalie Portman, Ashton Kutcher, Kevin Kline Looptyd: 110 minute Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe nodig ’n goeie Vrydagaandfliek is nie: daardie flieks waar jy net kan terugsit en ontspan, maar jy wil darem nie jou tyd mors met iets wat bloot laf of plein dom is nie. Daar is talle in die genre romantiese komedies wat aan die bostaande beskrywing voldoen, maar No Strings Attached is...

Jane Eyre – ’n Klassieke roman foutloos herskep in film
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-05-17
Untitled Document Jane Eyre Regisseur: Cary Fukunaga Kamerawerk: Adriano Goldman Rolverdeling: Mia Wasikowska, Michael Fassbender, Judi Dench, Jamie Bell, Sally Hawkins Looptyd: 115 minute Vandag het ons die (enigsins kunsmatige) genre chick lit, maar die lesers van die 1800’s had Jane Austen se bekoorlike romans, sowel as Emily Brontë se Wuthering Heights (menige skoolkind van my generasie se voorgeskrewe boek) en Charlotte Brontë se Jane Eyre. Al drie skrywers se boeke is al...

Die eerbare uitweg
Jacques Liebenberg - 2011-05-11
Regisseur: Richard J Lewis Kamerawerk: Guy Dufaux Rolverdeling: Giamatti, Rosamund Pike en Dustin Hoffman Looptyd: 134 min Hoe oordeel ons mense? Aan hul dade (ook wat hulle nié doen nie)? En indien wel, oordeel jy iemand aan sy “gemiddelde” optrede, of is een flater genoeg om ’n vriendskap of verhouding te kelder? Die vet weet, daar’s geen formule vir vergifnis nie. Dis seker maar veronderstel om soos aanvaarding te wees: onvoorwaardelik. Maar elkeen het daardie...

Die vlees is gewillig, maar die storie nié
Jacques Liebenberg - 2011-05-04
Regisseur: Neil Burger Kamerawerk: Jo Willems Rolverdeling: Bradley Cooper, Abbie Cornish en Robert de Niro Looptyd: 105 minute Op ’n ooglopend gepaste manier is die titel van die fliek Limitless ironies, want ’n rolprentmaker kan omtrent enigiets met dié storie aanvang. Gelukkig vir die minder kieskeurige fliekganger het die regisseur, Neil Burger, besluit om die beproefde en voorspelbare resep van oordadige, visuele foefies in te span om die gate in die draaiboek (gegrond...

No Strings Attached in tipiese Hollywood-styl
Jacques Liebenberg - 2011-04-28
Regisseur: Ivan Reitman Kamerawerk: Rogier Stoffers Rolverdeling: Ashton Kutcher, Natalie Portman en Kevin Kline Looptyd: 110 minute In geen stadium van die geveg kan ’n mens kla oor die feit dat Natalie Portman skielik in drie, vier flieks te sien is nie. Hoewel haar rolkeuses in die verlede effe eklekties was, was haar kultusstatus nog nooit in die gedrang nie (hoewel, vermoed ’n mens, ’n paar klipharde aanhangers kan kla oor die populistiese erkenning in Oscar-gestalte)....

Unknown stuur af op verbeeldinglose toevallighede
Jacques Liebenberg - 2011-04-20
Regisseur: Jaume Collet-Serra Rolverdeling: Liam Neeson, Diane Kruger, January Jones en Aidan Quinn Looptyd: 109 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 April 2011 Daar’s ’n eenvoudige rede waarom kêrels soos Jason Bourne en Jack Bauer sulke gewilde uitdelers van reg en geregtigheid is: Hulle faal nie. En in die postmoderne, metroman-wêreld word hulle ook gepas geteister deur allerhande demone, net sodat mense kan sien hulle’s eintlik diep seuns wat veel te...

Miral: Visueel verleidend of misleidend?
André Crous - 2011-04-14
Regisseur: Julian Schnabel Kamerawerk: Eric Gautier Rolverdeling: Freida Pinto, Alexander Siddig, Omar Metwally, Hiam Abbass Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 15 April 2011 Een ding wat slegter is as ’n film wat kante kies, is ’n film wat op die draad sit en bang is om jukskei te breek of bloed te laat borrel. Miral is ’n film uit die tweede kategorie; die verhaal word vertel uit die oogpunt van Palestynse karakters, maar hoewel dit meestal deur Franse vervaardigers...

Terugflits: Sofia Coppola
André Crous - 2011-04-13
Untitled Document Sofia Coppola, dogter van die beroemde regisseur Francis Ford Coppola (Godfather- en Apocalypse Now-faam), is een van die min regisseurs in Hollywood wie se name so vroeg in hul loopbaan al aan die meeste kykers bekend is. Sy word hierdie jaar veertig en het haar debuut gemaak op die ouderdom van 28, met ’n baie beheerste (“poëties” sal ook ’n goeie beskrywing wees) uitbeelding van vyf tienersusters se massaselfmoord. Haar...

Flikker:Of Gods and Men stel moeilike vrae
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-12
Untitled Document Of Gods and Men (2010; Frans met Engelse onderskrifte) Regisseur: Xavier Beauvois Kamerawerk: Caroline Champetier Rolverdeling: Lambert Wilson, Michael Lonsdale, Olivier Rabourdin Looptyd: 120 minute Met vanjaar se Oscars verby, is daar dadelik ’n insinking in die aanbod in ons fliekkringloop. Desnieteenstaande moet die verspreiders van harte bedank word dat films soos hierdie enigsins vertoon word, al vermoed ek dis vir ’n baie klein gehoor. Daar is godsdiens en...

Flikker: Of Gods and Men stel moeilike vrae
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-08
Of Gods and Men (2010; Frans met Engelse onderskrifte) Regisseur: Xavier Beauvois Spelers: Lambert Wilson, Michael Lonsdale, Olivier Rabourdin Met vanjaar se Oscars verby, is daar dadelik ’n insinking in die aanbod in ons fliekkringloop. Desnieteenstaande moet die verspreiders van harte bedank word dat films soos hierdie enigsins vertoon word, al vermoed ek dis vir ’n baie klein gehoor. Daar is godsdiens en daar is spiritualiteit, en soms lyk dit of die twee niks met mekaar te doen...

Flikker: True Grit te veel van ’n verwenning
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-08
Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Hailee Steinfeld, Jeff Bridges, Matt Damon Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Februarie 2011 Ek is gewoonlik dol oor die Coens se flieks, maar hul weergawe van ’n western is dalk ietwat te veel van ’n verwenning (goeie Afrikaans vir “indulgence”). Dit ontbreek die film egter nie aan styl nie, met noulettende aandag aan detail en pragtige kinematografie. Daarby word ’n...

Kidman faal om Rabbit Hole se leegte te vul
André Crous - 2011-04-07
Regisseur: John Cameron Mitchell Kamerawerk: Frank G. DeMarco Rolverdeling: Nicole Kidman, Aaron Eckhart, Dianne Wiest Looptyd: 90 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 1 April 2011 Rabbit Hole bevat ’n hele paar skote waar die kamera inzoem op ’n karakter; dit beteken dat die kamera fisies nie beweeg nie, maar ons net die indruk kry dat ons nader beweeg. Baie dele van die film het vir my so gevoel: ons bekyk die mense van nader sonder om werklik nader te gaan en dit is jammer,...

Rango laat animateurs groen van jaloesie
Jacques Liebenberg - 2011-04-07
Titel: Rango Regisseur: Gore Verbinski Met die stemme van Johnny Depp, Isla Fisher, Abigail Breslin en Ned Beatty Looptyd: 107 minute ’n Mens kan om baie redes moed verloor en soos Billy Crystal sit en steun in die bed. Sewe uit tien motoriste wat jou pad kruis, behoort ’n kandidaat vir genadedood te wees. Agt punt sewe mense in ’n fliekteater se naam kan ook maar bygevoeg word. So ook die meerderheid mense met honde, kinders en sosiale netwerke. Vir Proteas, politici, “kunstenaars”...

Drive Angry – Cage doen nie veel anders as dít nie
Jacques Liebenberg - 2011-04-05
Drive Angry 3D Regisseur: Patrick Lussier Kamerawerk: Brian Pearson Spelers: Nicolas Cage, Amber Heard Looptyd: 104 minute Daar was ’n tyd toe Nicolas Cage ’n mens se aandag gehou het. Hy was ’n onvoorspelbare akteur wat ’n aweregse silwerdoeklewe met besonderhede en nuanse kon vul – van malkop-kinderontvoerder tot eks-soldaat-reisiger-met-’n-swak-knie tot Laura Dern se effe nihilistiese minnaar met sy slangvelbaadjie. ’n Tom Cruise vir die eenkantmense....

Flikker: ’n Paradise Stop by eg SA misdaad en humor
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-05
Paradise Stop Regisseur: Jann Turner Spelers: Rapulana Seiphemo, Kenneth Nkosi, Nick Boraine Suid-Afrikaanse films raak al hoe beter; dit maak my sommer opgewonde! Jare lank het die meeste van ons films so ’n amateuragtigheid gehad (wat ek die cringe-faktor noem), maar laasjaar is afgesluit met Spud, wat in alle opsigte puik afgerond was. Hierdie fliek is deur dieselfde span wat vir die komedie White Wedding gesorg het – regisseur Jann Turner en die twee vriende Rapulana Seiphemo...

Flikker: Never Let Me Go – als pas perfek
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-05
Never Let Me Go Regisseur: Mark Romanek Kamerawerk: Adam Kimmel Spelers: Carey Mulligan, Keira Knightly, Andrew Garfield, Charlotte Rampling Looptyd: 103 minute Blykbaar het wetenskapfiksieskrywers per geleentheid gekla dat hulle nie kan voorbly met die uitdink van vergesogte storietemas nie, want die wetenskap haal hulle al vinniger in. Hierdie film ondersoek die morele en etiese kwessies rondom die gebruik en oes van menslike organe. Een van die vele slim tegnieke wat gebruik word, is dat die...

Somewhere: Ietwat versnipper en vervelig
André Crous - 2011-04-05
Regisseur: Sofia Coppola Kamerawerk: Harris Savides Rolverdeling: Stephen Dorff, Elle Fanning Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 April 2011 Somewhere is Sofia Coppola se vierde en slegste film tot op hede. Ná die monumentale pienk mallemeule van Marie Antoinette, wat gehore behoorlik verdeel het (ek dink dis ’n fees), keer sy met Somewhere terug na die stadige ritme van haar vroeëre films, The Virgin Suicides en Lost in Translation. Maar die eerste skoot...

The Fighter: ’n uitklophou van ’n fliek
Jacques Liebenberg - 2011-03-31
Untitled Document Regisseur: David O Russell Skrywer: Scott Silver Rolverdeling: Mark Wahlberg, Christian Bale, Amy Adams, Melissa Leo, Jack McGee Looptyd: 114 minute Klik hier en koop The Fighter nou van Kalahari.net! Daar’s oomblikke wanneer dit voel of mens nie asem kry nie. As jy gelukkig is, bly dit net ’n oomblik.Vir sommige is dit ’n leefstyl; ’n koue, harde hand wat jou hart so klem dat dit die lewe uit jou pers en jou gehawend deur die lewe laat strompel....

First-time director, Adrian Loveland unhinges Jo’burg
Reney Warrington - 2011-03-29
Untitled Document Title: Unhinged: Surviving Jo’burg Director: Adrian Loveland Producer: Pascal Schmitz Starring: Ferial Haffajee, Robbie Brozin, Justice Malala and David O’Sullivan Reney’s Score: 70% This “home-made” documentary about Jo’burg is precisely as fractured, scary, funny, entertaining, exciting and gut-wrenching as my hometown is. Jo’burg is not for sissies. In a nutshell Adi Loveland, entrepreneur, eccentric, but most of all a born and...


<< 1 2 3 4 7 >>