Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns

Rubrieke | Columns


<< 1 2 >>

Pret uit Pretoria op 'n wa uit Tshwane - 'n Proudly South African Special
Theunis Engelbrecht - 2007-10-17
Nadat ons hier by Sound Bites enkele maande gelede ons hooghartige snobisme oor Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiek laat vaar het, danksy briljante nuwe plaaslike albums van onder andere Springbok Nude Girls, Vusi Mahlasela en Foto Na Dans, het ons besluit om hierdie keer weer ons ore uit te leen na wat hier onder ons eie neuse aangaan. En ons is verheug om te sê dat daar weer ‘n klompie stewige Suid-Afrikaanse albums is, en selfs een of twee in Afrikaans. CD VAN DIE MAAND Dan...

Rock around the c(l)ock
Theunis Engelbrecht - 2007-09-27
Raai wie het vanjaar die lekkerste winter van almal gehad? Die rockliefhebbers. Daar het die afgelope drie tot vier maande soveel nuwe rock-CD’s verskyn dat ‘n mens aanvanklik gevrees het jy sal breinskade opdoen as jy na die hele stapel moet luister, maar dit was helaas nie so erg nie. Die grootste klomp van die nuwe uitreikings het mens ‘n sug van verligting laat slaak, want dit het al begin voel of rockmusiek die einde van sy pad begin bereik het. Daar is baie vars asem en...

Dassie met ’n stofsnor
Katvrou - 2007-09-05
Vleis gooi my met ’n stuk e-pos en beveel aan ek moet my Oppikoppi-storie as volg betitel: “’n Veldstudie van geselekteerde oorlewingsmeganismes, soos aangeteken en gefotografeer tydens observasie van en interaksie met ’n gekonsentreerde hoeveelheid Homo (soms) Sapiens Erectus (ook soms) tydens rituele tydverdryf, met spesifieke verwysing na twee waargenome vorme van ouditiewe sosio-tipiese kultuuraktiwiteite bekend as ‘rock’ en ‘roll’, in direkte...

Soete verleiding, 'n springmielie en 'n cool-chic-slick-chick
Theunis Engelbrecht - 2007-09-04
Dit is die meeste van die tyd moeilik om ‘n Laserskyf van die Maand te kies, omdat daar gewoonlik meer as een aanspraakmaker is. Hierdie maand was daar meer as ‘n hand vol van hulle: Modest Mouse, Bruce Springsteen, Velvet Revolver, The View, Bloc Party, Interpol … Daar is dus hierdie keer wéér ‘n keuse gemaak van die DRIE kwaaiste CD’s van die maand: Feist, Sinéad O’Connor en Make Some Noise … CD’S VAN DIE MAAND Feist The...

High oppie Highway
Theunis Engelbrecht - 2007-08-01
DVD VAN DIE MAAND Bob DylanDon't Look Back Oplaas beskikbaar op DVD: DA Pennebaker se dokumentêre fliek oor Bob Dylan se laaste Britse solotoer in 1965. Dis hoofsaaklik ‘n agter-die-skerms-loerdery met vermaaklike oomblikke, soos die perskonferensie op Heathrow-lughawe aan die begin van die fliek waar Dylan so geïrriteerd is met die joernaliste se simpel vrae dat hy absurde antwoorde gee, wat dan deur die einste nuuswolwe opgeslurp word asof dit orakelwoorde is. Histeries. In...

Verruklike vroumense
Theunis Engelbrecht - 2007-07-03
Waar dit ‘n paar maande gelede die outoppies was wat die lekkerste nuwe musiek gemaak het, is dit tans weer die vroue van alle ouderdomme wat die avontuurlikste musiek maak. Wat kan ‘n mens meer vra as nuwe CD’s van Tori Amos, Patti Smith, Suzanne Vega en Björk in een maand? Die debuutalbums van Amy Winehouse en Dolores O’Riordan is ook nie te versmaai nie. Van al hierdie liewe dames is Björk die een wat die mense die mees opgewonde en aan die praat het. Ek het...

O Nick Cave, gee my jou lekker lyf
Theunis Engelbrecht - 2007-05-16
Ná die verbruikerswaansin van elke jaar in Desember voel dit aan die begin van die jaar daarna asof alles en almal om jou van ‘n roller coaster afgeval het. Aangesien popmusiek geen geringe rol speel in hierdie kommersiële breinspoeling nie, hou dit die voordeel in dat ‘n mens rustig kan bestek opneem van die oordaad wat op jou neergereën het – en heelwat daarvan het buitendien gevoel soos die donderreën van ‘n strontstorm. Baie CD’s is maar ‘n...

Robbie vat NIE die koek nie ... ook nie die Krismiskoek nie
Theunis Engelbrecht - 2006-12-12
Dit is met groot verontwaardiging dat ek al die stront gelees het wat Jana-Mariana die afgelope twee keer in my afwesigheid agter my rug kwytgeraak het. As kakpraat ‘n kolletjie was, was Jana al lankal ‘n tarentaal. Vat nou maar Robbie Williams se nuwe CD, Rudebox. Nadat ek Jana se liriese orakelsange daaroor gelees het, was ek nuuskierig om daarna te luister. Jana skryf dat van al die jong rammetjies van wie daar nuwe CD’s uit is, vat Robbie die koek. Gmfff. Ek is seker...

Jingle Hells, Jingle Hells ...
Jana-Mariana Human - 2006-12-04
So met die fyndraai van verbruikerswaansin voor Kersfees is daar weer megastores en megastores en megastores vol nuwe CD’s. Een van die gevaarlikste dinge op aarde om te doen, is om met jou kredietkaart na so ‘n megastore te gaan. Jy stap daar in en word oorweldig deur soveel massas en massas en massas CD’s en DVD’s dat jy eintlik wil naar word omdat die totale oordaad van als so obseen is. Almal is gatvol, die jaar was lank, jy is moeg, jy voel afgeleef soos ‘n hoer...

Van leeuloop tot slaksleep – die onreine waarheid
Jana-Mariana Human - 2006-11-21
Ou Theuniskeriekstiekspenis is uit soos ‘n kers en het my gevra om hierdie Sound Bites namens hom te skryf. Die rede hoekom hy uit soos ‘n kers is, is nie dat hy die opsitkers aan beide kante probeer brand nie, maar na ‘n pakhuis vol nuwe hardegatrock-CD’s geluister het – van voor tot agter na elke liewe liedjie op elkeen van hulle. Hy is behoorlik bleek om die kiewe, sy broek bewe – na hierdie handvol CD’s gaan hy skielik nie meer soos ‘n leeuloop...

Mooimeisiesfontein, o Mooimeisiesfontein
Theunis Engelbrecht - 2006-11-14
Nadat dit die outoppies soos Bob Dylan, T Bone Burnett, Johnny Cash en Neil Diamond was wat tot dusver vanjaar vir die lekkerste musiek gesorg het, slaan die jong poppies nou met die koms van die somer weer in hul bloeiselende menigtes toe. Daar is te kus en te keur vir elkeen in die fleur van sy/haar liefdesgeur. Wonder bo wonder het ek en Jana-Mariana hierdie keer saamgestem oor al die CD’s. Ons is albei baie lief vir die werk van jong vroulike avonturiers. Ons is egter ook van mening...

Die jong poppies en die blowjoppies
Theunis Engelbrecht - 2006-10-30
Ek het ‘n woedende brief gekry van ‘n verontwaardigde leser, mev SS van Blerk van Brackenfell, wat vra hoekom daar so baie oor seks geskryf word in Sound Bites. "Is dit nie al erg genoeg dat my kinders reeds blootgestel word aan afwykende verskynsels soos Fokofpolisiekar en Christina Aguilera nie? Om nie eens te praat van Marilyn Manson en die Leeuloop nie!" skryf mev Van Blerk. Mevroutjie, kalmeer tog nou. Die antwoord op u brandende vraag is voor die hand liggend: 96,7...

Dié outoppies druk die regte knoppies
Theunis Engelbrecht - 2006-10-09
'n Mens moet altyd met die nodige aandag en ontsag luister na die musiek wat deur outoppies gemaak word, want hulle het al die pad (en bowenal afdwaal- en kronkelpaaie) geloop.Wanneer daar in een maand nuwe CD's van vier hoogaangeskrewe outoppies is, is dit dus 'n gedenkwaardige gebeurtenis (al sal Praag-Afrikaners nie noodwendig so dink nie, om nie eens te praat van ATKV-Afrikaners en RSG-Afrikaners nie; maar ons los hulle maar vir eers buite die prentjie).Boonop is Bob Dylan se Modern Times ook...

Chris Chameleon en my amigdala
Katvrou - 2006-10-03
Ek’t die eerste keer besef ek’t ’n amigdala* toe KOBUS! in die jaar 2000 met hulle anti-inflammatoriese “Gee Raat” daarvan praat: gee raat vir die polsende, stomende, jeukende selfverwytgee raat ou man vir my lewensplan,die prys van sneeu, die nuwe eeugee raat vir die wriemelende amigdala in my brein … * ’n Amandelvormige massa grysstof in die serebrum wat ’n rol speel in naderings- en vermydingsgedrag. – Psigologiewoordeboek (Gouws, Louw,...

Van 'n reggae-rabbi tot 'n idioolpop
Theunis Engelbrecht - 2006-08-17
CD’s van die maand Matisyahu: Youth enMatisyahu: Live at Stubb’s Matisyahu is die verhoognaam van Matthew Miller. Tans trek hy wêreldwyd baie aandag vanweë die feit dat hy ’n ortodokse Jood is en hoofsaaklik reggae-musiek maak. Nou ja, dit blyk nie nodig te wees om ’n Rastafariër te wees om eksklusief te kwalifiseer vir die eer om reggae-musiek te maak nie. ’n Mens twyfel of Matisyahu dagga rook, alkohol drink en hoer en rumoer, want hy is so ’n...

Albums met murg
Katvrou - 2006-07-21
Sommige albums het nie nodig om ná ’n week of ’n paar keer se speel in jou kop te klim nie. Sommige albums gryp jou aan die lieshare en pluk jou rond tot jy jou naam, jou van en jou voorvaders vergeet. Sommige albums is só ongewoon dat jy vir dae na die eerste luister steeds daaraan herkou. Sommige albums ruk mal. Hier’s vir jou ’n paar van hulle. Taxi Violence – Taxi Violence Vier manne uit die Kaap – hierdie is ’n kort-kortspeler met...

Toast Coetzer - Die skroeikant
Katvrou - 2006-07-21
“Ons vergeet, maar dis net dormant, dit sluimer iewers tot iets anders - 'n reuk dalk - dit trigger en skielik is jy weer vyf met 'n tuinslang in jou hand, somer, moerbeie, muisvoëls in die kriebosse.” Tik Toast Coetzer se naam by die Google-venstertjie in (vir die Suid-Afrikaanse webblaaie) en jy kry die volgende: Resultaat 1 tot 10 van omtrent 10 300 vir Toast+Coetzer (0,06 sekondes) Die meeste resultate is wel hy. Nie obskure roosterbroodresepte, ’n plaaslike tennisster...

Dans op Loftus met die Robster
Katvrou - 2006-07-07
Maandagoggend na die Paasfees-Oppikoppi. Ons knaag aan ‘n laat ontbyt in ‘n besige Wimpy iewers buite Brits wanneer vriendin Linda se sms deurkom dat hulle nou uit Johannesburg ry om te gaan toustaan vir lekker staanplek op Loftus – vir die Robbie Williams-man. Hulle sal vir my ‘n staanplekkie hou. Dis nou bykans halftwaalf. Die Robster begin na alle waarskynlikheid eers nege-uur vanaand geluide binne sy mikrofoon maak. O die skunnige waansin. Verskeie ure nadat Oppikoppi...

Troumusiek
Theunis Engelbrecht - 2006-07-07
Ek weet ek het laas keer belowe ek sal hierdie keer skryf oor “music to make love by” na aanleiding van die gelyknamige reeks langspeelplate wat in die 1970’s uitgereik is - die meeste daarvan deur James Last wat musiek van Montevani en Vivaldi uitvoer. Ongelukkig kan ek nie vandeesweek oor hierdie netelige onderwerp gesels nie, aangesien ek gou besef het die navorsing daarvoor gaan baie ingewikkeld wees. Dis ‘n steekproef van so ‘n allemintige omvang dat dit baie...


<< 1 2 >>