Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Resensies | Reviews

Resensies | Reviews


<< 1 2 >>

Koos Kombuis se Bloedrivier: Sit dit aan, sit dit aan!
Jackie Rudman - 2008-10-23
Dames en here, vergun my om u voor te stel aan Koos Kombuis, die vulgêre man met die bandana op die kop; hy is als behalwe vroom en speel sy kitaar om vir u 'n tydsdokument te produseer soos byvoorbeeld: sy jongste CD, Bloedrivier. Bloedrivier is Koos Kombuis se eerste solo-CD in vyf jaar, maar hy het definitief nie in al hierdie tyd afgetree in suburbia gesit nie. Sy oor was op die grond, sy neus in die koerant en sy oë op die land. Hy het nie gehou van wat hy sien (of hoor of ruik)...

Fokofpolisiekar stel dosis Antibiotika vry
Annie Klopper - 2008-10-07
Aan die einde van September 1928 het die Nobelpryswenner sir Alexander Fleming die baanbrekende antibiotiese middel penisillien ontdek. Presies 80 jaar later, aan die einde van September 2008, stel Fokofpolisiekar Antibiotika van ’n ander aard vry in die vorm van hul jongste kortspeler en DVD. Die ooreenkoms? Beide kan voorgeskryf word. Antibiotika is Fokof se sesde uitreik sedert hulle totstandkoming in 2003. Baie het verander sedert die vroeë As jy met vuur speel sal jy brand-dae....

Die Kaap is weer Hollands!
Annie Klopper - 2008-09-24
New Holland se debuutalbum, eenvoudig getiteld 01, is deurspek met teenstrydighede: vrolike nostalgie, morsige perfeksionisme, energieke tragiek en sarkastiese verleiding ... Dames en Here, die Kaap is weer Hollands!Die album word ingelei met die potensiële treffersnit "Uhuru", 'n liedjie wat spreek van 'n byna bisarre upbeat onheil:I know it's coming to get me. Get out of my way. Talking 'bout your daddy. Talking 'bout your momma. Talking 'bout your sister....

Lize Beekman herdefinieer adult contemporary met Sit 'n Bietjie Langs My
Kobus Prinsloo - 2008-08-04
Adult contemporary (in Afrikaans blykbaar volwasse kontemporêr – ons hou dus eerder by adult contemporary) het nog al die jare sy plekkie mooi volgestaan in die Afrikaanse mark, al word dit tans in terme van verkope heeltemal oorskadu deur elektroniese pop en die pretmusiek-genre. In vroeër tye sou iemand soos Laurika Rauch die verbeelding van die kopersmark aangryp bo alles en was dit waarlik ‘n bloeityd vir kwaliteit Afrikaanse musikaliteit. Natuurlik was dit nie almal se...

Highway 13
Kobus Prinsloo - 2008-07-08
Ons is padgediertes, ons Suid-Afrikaners. Commuters, reps, bikers, bizniz people, muso's, boere, konsultante, jagters, roadtrippers, feesgangers, migrants, serial vakansiehouers, kampeerders, familiemense, karavaners, wildtuiners, dokters, studente op pad huis toe – ons ken van beweeg.Daar is egter 'n verskil tussen iemand wat van A na B beweeg en selfbehoudend by B uitkom om B se dinge te doen, en iemand wat van A na B wyser word. Eersgenoemde is die norm, laasgenoemde is die ding wat bekend...

Sommer net nie net sommer nie
Elbie Adendorff - 2008-05-21
Louis Loock se debuut-CD, Sommer net, het September 2007 verskyn en is 'n welkome stem op die musiektoneel. Dit is vervaardig deur Charl van Heyningen – 'n bekende in musiekkringe. Die verwerkings van die liedere is goed en die klankvermenging besonders. Die CD getuig van harde werk en moeite wat daarin gegaan het – veral die musici wat optree moet gelukgewens word.Louis Loock is een van die nuwe sangstemme op die toneel en maak die afgelope klompie jare naam vir homself – hy het...

Zinkplaat skep musiek uit die geraas
Annie Klopper - 2008-04-02
Ek sien geen rede om (trom)stokkies om te draai nie: ek is ’n moerse Zinkplaat-fan. Dit mag dus voorkom asof ek bevooroordeeld inval by die resenseer van hulle jongste album, Musiek uit die geraas. Dis egter onmoontlik, aangesien alle vooroordele (goed of sleg) by die deur uitvlieg met die aanskakel van hierdie CD, want dis Zinkplaat like you’ve never heard them before. Zinkplaat domineer al sedert 2003 die Afrikaanse music scene op Stellenbosch, maar besit deesdae ’n ondersteuningsbasis...

Dagboek van 'n Dromer is volwasse, goeie, amperse rou rock, met eenvoudige luisterbare lirieke
Johann P Boshoff - 2007-12-12
Albert de Wet Dagboek van 'n Dromer (Sting 2006, STIDCD 104) Albert de Wet is nog nie die huishoudelike naam wat hy moet wees nie. Hy het egter reeds 'n welverdiende navolging. Of dit bloot is omdat hy in 2005 groot mediablootstelling gekry het as finalis in die RSG Geraas-musiektoekennings (Groentjie) en in Africa Vision Song en ook 'n semifinalis was in Crescendo 2005, en of dit hulle dinamiese optrede is, weet 'n mens nie. Ek glo dis die musiek self. Raker gestel is eerder dat Dagboek van...

Fisantekraal vir die stille ure
Elbie Adendorff - 2007-12-04
Niël Rademan se splinternuwe CD is 'n kombinasie van oorspronklike lirieke deur Rademan self en Minda Gildenhuys en verwerkings van tradisionele Afrikaanse treffers, soos Danie Bosman se "Net 'n stille uurtjie" en "Boereseun". Niël Rademan het ná sy dramastudie en die voltooiing van sy M-graad as vryskut-musikant begin naam maak. Hy het veral sukses behaal vir sy verwerking van Riana Scheepers se kinderverhaal Die avonture van Wilde Willemientjie, waarvoor...

Dagbreek beklemtoon individuele aanslag van Emile Minnie
Elbie Adendorff - 2007-11-15
Emile Minnie is nie ’n onbekende op die musiektoneel nie en het as deel van Vlam reeds sy merk gemaak op die musiektoneel – en meer spesifiek die kabarettoneel. Sy nuwe CD, Dagbreek, is reeds op die rakke in musiekwinkels en Minnie is besig met ’n landwye toer om dit te bemark. Dit is ’n CD wat getuig dat hier ’n musiek- en woordkenner aan die woord is. Daar is ’n verskeidenheid musiekstyle wat vars op die oor is. Dit is alles oorspronklike musiek, geskryf deur...

Lienka deur Lienka
Johann P Boshoff - 2007-09-11
Lienka R90.95 Klik hier en koop Lienka nou by Kalahari.net Die blinkoog blom van ddisselblom het haar eerste solo-album gemaak – Lienka. Kô’s wees eerlik: Wie kan Lienka se definitive recording van “Valkenburg” (Ingrid Jonker) op ddisselblom se CD ddisselblom vergeet? Alle ander weergawes van dié song gaan verder aan Lienka s’n gemeet word. Verkleurmannetjie, eat your heart out! En nou kan jy daardie stém, daardie aanvoeling, oor en oor...

Poësie kry vlerke: Elbie Adendorff luister na vyftien musiekverse
Elbie Adendorff - 2007-06-05
In 2006 verskyn die debuutdigbundel van Carina Stander, die vloedbos sal weer vlieg. In verskeie resensies oor die bundel word die digter se woordrykheid en klank- en beeldvaardighede geprys. Die gedigte spreek van 'n musikaliteit wat spruit uit die refreine, rympatrone, allitererende en assonerende klanke. Nie net is die woorde op papier musikaal nie, maar dit is ook musikaal op die oor – en daarom is dit seker geen wonder dat die digter in samewerking met Francois le Roux 'n cd saamgestel...

Kaleidoskoop van koorklanke
Charl van Heyningen - 2007-05-30
André van der Merwe Stellenberg Meisieskoor Stellenbosch Universiteitskoor Suid-Afrikaanse Jeugkoor Onder leiding van André van der Merwe Saterdag 26 Mei 2007, Endler Op ’n koue herfsaand is ’n stampvol Endler Saterdag getrakteer op koorsang van wêreldgehalte. In ’n goedgebalanseerde program het al drie kore goed tot hul reg gekom in hierdie aangename venue met sy uitstekende akoestiek. Eerste aan die beurt was die Stellenberg...

Jacques Brel in Afrikaans
Elbie Adendorff - 2007-05-09
Om Jacques Brel as 'n vertaalprojek aan te pak en daarvan 'n verhoog­produksie te maak, en nog later 'n cd, sit nie in elkeen nie. Dit is 'n waagstuk, omdat so baie kunstenaars hier plaaslik, asook internasionaal, Brel se musiek al vertaal en vertolk het. Die meeste van die vertolkings op Suid-Afrikaanse verhoë geskied egter in Engels, Nederlands en Frans. Maar nou is Jacques Brel in Afrikaans op cd beskikbaar! Naòmi Morgan en Bernard Odendaal van die Universiteit van die Vrystaat...

Wegkruip tussen lyne getuig van persoonlike reis
Elbie Adendorff - 2007-03-20
Wegkruip tussen lyneandré g nelR125.00Klik hier en koop Wegkruip tussen lyne Wanneer 'n mooi-ontwerpte, nuwe CD verskyn met die titel Wegkruip tussen lyne en geen woorde soos meisie, sokkie, pampoen of loslappie in die titels of lirieke voorkom nie, moet 'n mens dalk 'n tweede maal kyk en na die CD luister. Wanneer die CD 10 nuutgeskrewe lirieke bevat, en slegs nog een "cover"-opname, moet 'n mens dit dalk begin ernstig opneem. En dit is waarskynlik waar hierdie CD se sterkpunt...

Malva Centauri, verblind deur die son in die cockpit
Henry Cloete - 2007-02-20
Dit is ‘n Dinsdagaand in Januarie. Old Faithful (oftewel die Dorpstraat Teater) staan nog op sy plek – weliswaar met nuwe eienaars (Michelle, Anita en Philip), ‘n nuwe, wisselende spyskaart en ‘n paar nuwe geesbou-entiteite in die rondte (‘n plaat op jou tafel met jou naam op om jou ekstra-spesiaal te laat voel is maar net een) – maar Dorpstraat is steeds Dorpstraat. Dank alles en almal daarvoor! Ons lieflingteater het al vir vele opkomende kunstenaars gedien...

Drie CD Reviews Kyk TV Tesame
Toast Coetzer - 2006-07-03
RooibaardtIncrease da peaceBestel Rooibaardt se album by Gamecock@isat.co.za Radio Kalahari OrkesStoomradioKlik en koop nou by kalahari.net! DNA StringsNomadKlik en koop nou by kalahari.net! 'n Baie groot ou is besig om die heilige kak uit 'n baie klein ou te slaan op die WWE-rofstoeishow. Dis laat op 'n Woensdagaand - Vryheidsdag het gekom en gegaan...


<< 1 2 >>