Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Resensies | Reviews

Resensies | Reviews


<< 1 2 >>

Kort en kragtig: Spoke op Harleys, Janneman in die Diereryk en 11 dodelike sondes
Leon-Ben Lamprecht - 2011-12-14
Kort is soms kragtig, soos dié man sal kan getuig. Ter ere hiervan (en oor ons almal gaar is ná ’n lang jaar), gooi ons hier drie kort resensies van drie plaaslike albums. Spoke op Harleys Kaalvoet en die Volgende Oggend Kaalvoet (of dan Nicol du Toit, soos sy ma hom gedoop het) was die kitaarspeler van die Stellenbosse rooiwyn-rockers Dikazzins. Hierdie is sy solo-debuut. Die “volgende oggend”, verduidelik hy op sy webblad, “is meer ’n vibe as ’n...

Die geheim van Slangfontein: Voorwaar 'n aanbeveling
Leon-Ben Lamprecht - 2011-12-08
Grootste Treffers/Die geheim van Slangfontein Radio Kalahari Orkes Klik hier en koop Die geheim van Slangfontein van Kalahari.net. Dit was maar ’n kakkerige DVD, om eerlik te wees. Ek moes seker geweet het toe my vriend Die Generaal nie opgewonde klink oor my jongste aankopie nie: Led Zeppelin se The song remains the same-DVD. “Meh,” het hy skouerophalend gereageer. Ek moes toe al geweet het. Maar nouja. Die resultaat? Twee ure van my lewe wat ek nie gaan terugkry nie....

Supernova beklemtoon Minnie se talent
Elbie Adendorff - 2011-10-06
Supernova Emile Minnie Klik hier en koop Supernova nou van Kalahari.net! Emile Minnie is nie ’n onbekende op die musiektoneel nie en het as deel van Vlam reeds sy merk gemaak op die musiektoneel. Van sy lirieke is deur onder meer Laurika Rauch opgeneem. Sy nuwe CD, Supernova, is onlangs uitgereik en toon dat Minnie ’n liriekskrywer van formaat is. Supernova is ’n CD wat daarvan getuig dat hier ’n musiek- en woordkenner aan die woord is. Daar is in die CD ’n terugkeer...

Laurie Levine se Six Winters is hartverskeurend mooi
Leon-Ben Lamprecht - 2011-09-14
Six Winters Laurie Levine My fok! Hoekom het niemand my vroeër vertel van Laurie Levine nie? Om die waarheid te sê, ek is so verstom deur hierdie kunstenaar, deur hierdie musiek, dat ek nie lekker weet hoe om te verduidelik presies hoe baie ek van Six Winters hou nie. (Verskoon my dus as ek spontaan “hallelujah!” en/of “hosanna!” sou uitroep.) Maar ek gaan in elk geval probeer. Vergeet gou bietjie van die biologie, maar as Katie Melua en Janis Joplin...

My land, my lied ’n aangename verrassing
Leon-Ben Lamprecht - 2011-08-31
My land, my lied Ollie Viljoen en Blues & Susters Maatskappy: Rhtyhm Records Prys: R102.95 Klik hier en koop My land, my lied nou van Kalahari.net! Wat ’n aangename verrassing was dié album nie. Ek probeer altyd om op hoogte te bly van wat in die plaaslike musiektoneel aangaan – dit sou immers simpel wees om albums onder die loep te neem en woefully ignorant te bly van die onderstrominge in Suid-Afrikaanse musiek. Natuurlik is daar deesdae so baie dinge daar buite,...

Dance, You’re on Fire on being successful, hard work, and the term “commercial”
Steyn du Toit - 2011-08-19
Buy Secret Chiefs from Kalahari.net! The members of Dance, You’re On Fire have been writing and performing their take on a variety of musical stances since mid-2007. Describing themselves as something of a meeting point between rock ‘n roll and indie, the band aims to deliver tracks with both a pop sensibility and an element of creativity. Their debut album, Secret Chiefs, has recently seen the light. Paul van der Walt, the band’s bassist and back-up vocalist, chatted...

Spookpsalms vol opgewekte akoestiese melankolie
Leon-Ben Lamprecht - 2011-08-10
Spookpsalms Piet Botha Een van die “elder statesmen” van die Suid-Afrikaanse musiektoneel, Piet Botha, het (uiteindelik!) na agt jaar weer ’n Afrikaanse album die lig laat sien. Na 2003 se Die Mamba en 1997 se ’n Suitcase vol winter (albei puik albums, as jy my vra) is Spookpsalms nou beskikbaar. En hou dit kers vas by die ander twee? Kom ons vind uit (en ek belowe ek sal probeer om nie woordspelings met “spook” en so aan te pleeg nie). Spookpsalms as album,...

The Ploctones: Everything I know about jazz ...
Anton Krueger - 2011-07-14
Untitled Document The Ploctones Musicians: Anton Goudsmit (guitar), Efraïm Trujillo (sax), Jeroen Vierdag (bass) and Kristijan Krajncan (drums) Duration: 70 minutes Given that all I know about jazz is that Hitler banned it and that I quite like Art Blakey’s buzz roll, I was perhaps an odd choice to review this hot Dutch act. Nevertheless, due to there being too few hands on deck, and my penchant for instinctively nodding whenever anybody speaks to me, I somehow ended up with the commission....

Spoorloos – Eckard Potgieter se soliede debuut
Leon-Ben Lamprecht - 2011-07-06
Spoorloos  Eckard Potgieter   Net op ’n punt van orde: daar is seker diegene wat sal betwis dat dit regtig musiek is. Hulle sal sê dis eerder “spoken word”-opvoerings bo-oor musiek, soos dié van Kabous Verwoed. Vir hulle sê ek ... Julle is seker plek-plek reg. Maar kom ons begin voor. Potgieter is beslis eerder bekend as “boererock-pionier” (soos einste Verwoed dit gestel het). Hy was onder meer eienaar van Wildebeest Records – wat van Piet Botha se Suitcase vol Winter tot...

Identiteit deur Saarkie ... "my darling be original"
Leon-Ben Lamprecht - 2011-06-21
Identiteit Saarkie Dis nie dat Saarkie se album Identiteit noodwendig sleg is nie; dis eerder dat dit vir my voel of dit nie genuine is nie. Sien, Saarkie probeer baie hard om as hedonistiese rockers oor te kom (my eerste indrukke is dat hulle mik vir ’n Evanescense- of dalk ’n Nightwish-klank, maar dis dalk eerder oor hulle almal vroulike voorsangers deel). Op die agterkant van Identiteit se cover staan die vyftal – wulps geklee (een het selfs suspenders aan) met kitaar,...

Valiant Swart en Anton L'Amour
Reney Warrington - 2011-06-14
Untitled Document Van kleins af het ek opinies gehad, asook ’n ongehoorde begeerte om hulle te deel. Daarby was die opinies meestal oningeligte, op die plek uitgedinkte wenners. Die pak slae, ekstra huiswerk, uitdrukkings van skok en die taaie wat Dowwe Dolla my mag gee as sy my KKNK-resensie van haar show lees, het my ook nie afgesit oor die jare nie. So, al het ek Song vir Katryn gemis (ek hoor daar was twee seisoene?), so ook elke album en collaboration wat volkshelde Valiant Swart and...

The Red-Blooded Years – aKing matured
Edward-John Bottomley - 2011-05-25
The Red-Blooded Years aKing Click here to buy a copy from Kalahari.net. I’m just going to say it. I have no idea what aKing is singing about most of the time. I understand there’s a lot about bones and evenings and blood and wine and regret, but I find the best way to listen to these Bellville rockers is just to accept the flood of incongruous words coming at you and concentrate on the melody. aKing’s third album, The Red-Blooded Years, was always going to be an interesting...

... en té was daar Mr. Cat & the Jackal
Leon-Ben Lamprecht - 2011-04-07
Sins and Siren Songs Mr. Cat & the Jackal Jirre, maar dis sover ’n goeie jaar vir plaaslike musiek (in elk geval dié wat ek na geluister het). En toe land Mr Cat & the Jackal se album, Sins and Siren Songs, op my lessenaar. Ai. ... ... Ha! Jy’t seker nou gedink ek gaan sê dis kak, nè? Wel, dis allesbehalwe. Om die waarheid te sê, die album is so goed dat ek sukkel om dit in woorde om te sit. Nie dat dit my natuurlik gaan keer om te probeer nie....

Smeer die Weerlig dreun van energie
Leon-Ben Lamprecht - 2011-03-30
Smeer die Weerlig Willim Welsyn Klik hier en koop Smeer die Weerlig nou van Kalahari.net! Dit was my tjommie Korff wat dit seker die beste opgesom het: “Jis, Willim verbeter darem myle met elke album, huh?”. This is true. Welsyn se vorige album, Maanplaas, was werklik puik en is beloon met ’n Vonk-benoeming (waar hy op die end die loef afgesteek is teen Abel Kraamsaal se onlangsste), ’n Sama-benoeming en het ’n Huisgenoot Tempo-toekenning gewen. Maar dis met...

Dit klink die beste, lyk die beste, maar ...
Leon-Ben Lamprecht - 2011-03-10
Bulletin Ryno Velvet Klik hier om die CD op Kalahari.net te bestel. Sonder twyfel: uit die drie albums wat Ryno Velvet al vrygestel het, klink sy jongste, Bulletin, die beste. Die vervaardiging, behartig deur Neil Basson en Velvet self, is puik. So ook die kitaarwerk deur Velvet, Basson en nog ’n Basson – die ene ’n Laubscher (ja, hy van onder meer Zinkplaat). Sonder twyfel, dan ook, lyk dit die beste van sy drie albums. Die ontwerp, deur Gillian Coetzee, is skoon en netjies;...

Nie overwhelmed, nie underwhelmed, net whelmed
Leon-Ben Lamprecht - 2010-12-17
I am Jax Panik Jax Panik In die 1999-tienerfliek 10 Things I Hate About You, ’n verwerking van Shakespeare se The Taming of the Shrew, is daar die volgende stukkie dialoog: Chastity: I know you can be overwhelmed, and you can be underwhelmed, but can you ever just be whelmed? Bianca: I think you can in Europe. Tiener-ek het altyd gemeen as “whelmed” dan nou iets beteken, is dit daai spasie wat gevul word deur daai woordjie “meh” wat deur...

$O$ is befok – moet dit net nie vir die dominee speel nie
Leon-Ben Lamprecht - 2010-11-24
$O$ Die Antwoord Soms is dit moeilik om ’n review te skryf. Die een hier onder was een van hulle. Trouens, ek het dit seker tien keer oorgeskryf. Hoekom? Goeie vraag. My beste antwoord (ha!) is dit: ek moes eers probeer uitvind presies waarom ek so baie van Die Antwoord se musiek hou. Is dit die tong-in-kies-aard daarvan? Is dit die anti-elitisme? Dalk is daar ’n donker deel van my persoonlikheid wat graag ook sulke op-die-oor-af-banaliteite wil uitskree en geld maak daaruit? Of....

“Sacre bleu!”: Robert Plant & The Band of Joy by die Palais des Sports in Parys
Jannike Bergh - 2010-11-16
Dit neem my al ’n hele paar dae om hierdie verhaal te skryf. As ’n nagraadse Franse student wat voorheen nog nooit my voete onder die Eiffeltoring gesit het nie, en wat dan nog boonop die grootste Led Zeppelin-fanatikus onder my vrinne en vyande is, is die dag waarop ek vir die eerste keer langs die Seine kon wandel, sowel as om Robert Plant die aand in lewende lywe in die Palais des Sports te kon beleef, ’n bietjie dik vir ’n daalder. So onwerklik soos ’n leuen,...

Terug in die kraal is vir die hardcore fans
Leon-Ben Lamprecht - 2010-11-02
Terug in die kraal Beeskraal Vir die meeste mense, vermoed ek, bring die woord beeskraal seker visioene van Frieskoeie en mis en groen velde en afgekampte, wel, krale. Dalk ’n krip met water in en ’n soutlek. Die eerste ding waaraan ek egter dink, is Pretoria en Elvis (en Francois Nolte). Wag, laat ek verduidelik. Die uwe sien die band met ’n lekker mengsel van rock ’n roll en boeremusiek wat hulself en hulle musiek nie te ernstig opneem nie. Ek dink aan “Strate...

Bakgat! 2 se album is net wat jy verwag jy gaan kry
Leon-Ben Lamprecht - 2010-10-26
Bakgat! 2-klankbaan Verskeie kunstenaars Kompilasie-albums is maar altyd ’n vreemde mengsel. In my ervaring is daar gewoonlik een of twee liedjies waaroor jy passievol voel, ’n handvol wat jy van hou en so ’n paar wat jy net die eerste keer luister en daarna elke keer skip (tensy jou skip-knoppie gebreek is of jy ingedagte is). Jy verwag dalk nou dat ek vir jou gaan vertel dat Bakgat! 2 se klankbaan anders gaan wees, nè? Wel ... Nee, dit is nie....

Moenie Die afstand tussen tyd op sy baadjie takseer nie
Leon-Ben Lamprecht - 2010-10-06
Die afstand tussen tyd Abel Kraamsaal As ’n mens nou eerlik moet wees, is die prentjie op die buitekant van Abel Kraamsaal se jongste album, Die afstand tussen tyd, nie die soort wat jou gaan laat haas na die till toe om dit te koop nie. Dit het nie die gestroopte elegansie van sê The Beatles se selfgetitelde album (beter bekend as The White Album) nie. Dit het nie die ikoniese imagery van Pink Floyd se Dark Side of the Moon nie. Hel, dis nie eens sexy in die tradisionele sin soos...

Jy mag maar Die vloed uitstal, al is dit nie Eet kreef nie
Leon-Ben Lamprecht - 2010-09-21
Foto na DansDie vloed Ná ’n langerige breuk is Foto na Dans terug op die radar met Die vloed. Hulle laaste uitreiking, die EP met die effens pretensieuse naam Pantomime op herwinbare klanke, het immers in 2008 die lig gesien. Ek is nie een van die die hard fan boys nie – glad nie. Trouens, toe Fokofpolisiekar in 2007 besluit het om vir eers ’n blaaskans te vat, was ek dik geïrriteerd met die hype rondom FND wat kwansuis dan nou die Karre se skoene moes volstaan. Hoe...

Hanru Niemand’s Roepwoorde is the calling card of a gifted songwriter
Riaan Oppelt - 2010-08-31
Hanru Niemand’s second album, Roepwoorde, is a study in perseverance and self-belief, an exercise in conviction through strife that never aspires to be anything but its author’s basic truths sung to exceptionally thoughtful and sensitive music. In eschewing grand ambition and the temptation to make a magnum opus of a series of personal reflections, something that at best requires self-control and balance (how many epic but embarrassingly over-compensatory life stories have not been put...

Wild en wakker is un-PC boeremusiek, ’n lekker musikale toffie om aan te kou
Leon-Ben Lamprecht - 2010-08-18
Wild en wakkerValiant Swart en Ollie Viljoen Klik hier en koop Wild en wakker nou by Kalahari.net. It’s not due to lack of trying. Ek meen, in baie opsigte is die tradisionele fantasties. Dink maar aan melktert, byvoorbeeld. Maar tradisionele boeremusiek het my nog nooit aangegryp nie. Wag, laat ek verduidelik. Daar was nooit ’n tekort aan klassieke of boeremusiek in my grootwordhuis nie. My ma, kranige musiek-onnie, het gesorg vir eersgenoemde (als van Mozart en Beethoven tot...

Les Javan en die Delta Vastrapgenootskap se Hiervandaan op die man af
Leon-Ben Lamprecht - 2010-08-06
HiervandaanLes Javan en die Delta VastrapgenootskapBestel Hiervandaan nou by Kalahari.net!Dis nie maklik om te beskryf hoe Les Javan en die Delta Vastrapgenootskap se musiek klink nie. So, terwyl ek verder dink hieroor, hier is solank bietjie agtergrond. Les Javan, voorheen van Die Gramadoelas (waar hy saam met die ontslape Alex van Heerden gewerk het), is die huidige inwonende kunstenaar by Solms-Delta, ’n wynplaas net buite Franschhoek. In 2007 het die Delta Trust, wat in beheer staan...

Jack Parow se debuutalbum Jack Parow ’n waterskeiding
Leon-Ben Lamprecht - 2010-07-15
So Jack Parow, die sexy Afrikaanse rapper, se vollengte-debuut het die rakke getref. Dis nou hy wie se musiekvideo van “Cooler as ekke” op YouTube al meer as 870 000 hits het. En ek gaan nie lieg nie: wat ’n befokte hoë-oktaan 13-snit-album is dit nie. Saam met hom op die album is genoemde JR en Nel, asook Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties en Disco. Dié kunstenaars ten spyt vat Parow beslis centre stage en hy is op sy beste as hy snaaks of eerlik is, soos...

Myburgh se album Woestyn ánders, maar op ’n herkenbare manier
Leon-Ben Lamprecht - 2010-07-08
WoestynMyburghKyk, as ’n mens nou van die begin af eerlik is, dan is Myburgh se album Woestyn onkonvensioneel. Dis nie dat dit nie effektief is nie, of vermaaklik, of so left of centre dat dit skaars as musiek herkenbaar is nie. Dis bloot ánders, maar op ’n herkenbare manier. As mens nou sou moet, sou jy dit dus met die Windies-hotkloukolwer Shivnarine Chanderpaul se kolfstyl kon vergelyk. Die album is ’n mengsel van allerlei klanke: folksy kitare, trompette met ’n...

Van Coke Kartel se Skop, Skiet & Donner nie "te"
Leon-Ben Lamprecht - 2010-04-15
Klik hier om ’n kopie van hierdie CD te wen!My pa sê altyd waak teen enige "te", behalwe in "te voet", "te perd" en "tevrede". Wat het dié brokkie algemene wysheid met Van Coke Kartel se nuwe album uit te waai? Wel, daar is diegene wat meen dat ons met die aantal albums en shows wat die VanFokKingTasties-crew se onderskeie komponente uitbring en doen, hier met ’n "te veel" te make het. Dan is daar die meer sinieses wat als bloot beskou as ’n reusebemarking-...

Musiek is haar deur se slot: Elzahn Rinquest se Secret Surprise
Leon-Ben Lamprecht - 2010-03-19
Titel: Secret SurpriseSanger: Elzahn RinquestKlik hier vir meer inligting! Destyds (was dit 2004? 2006?) toe ek die eerste keer in die KKNK se feeskoerant Krit se redaksie gedien het, het ek na ’n Elzahn Rinquest-show gaan kyk. Glad nie geweet wat om te verwag nie. Ek meen, ek het geweet sy was deel van die groep Ivanhoe wat die Wes-Kaapse halfeindronde van Jip Rockspaaider in 2002 gewen het. En ek het een van hulle liedjies geken: “Donderwolke”. Maar dit was dit. Ek het totaal...

beste breyten: ’n Popresensie – BB is sexier as die prez
Deborah Steinmair - 2010-02-17
Klik hier om beste breyten by Kalahari.net te bestel! Ek lees op LitNet in ’n resensie van mondmusiek deur Stephanus Muller: Die gesproke stem in mondmusiek is ’n radikale stelling. Dit stel melodie sentraal in die afwesigheid daarvan, impliseer die stil-word van die horisontaal-lineêre dimensie van musiek. Dit wys op musiek se impotensie. Wonderlik gestel, maar oor Breyten se woorde en klanke kan ek om die dood nie ’n akademiese verhandeling skryf nie; die troebadoer met...

Zombies kom met ’n whakka doef doef: Die Radio Kalahari Orkes in Heuningland
Leon-Ben Lamprecht - 2010-01-13
So die Radio Kalahari Orkes is terug. Maar dit beteken nie vir ons almal ewe veel nie. Ek weet byvoorbeeld hulle het twee ander albums die lig laat sien: Stoomradio en Nagloper. Helaas het ek dit nooit geluister nie. Nie dat ek nie wou nie; dit het net so half nie gebeur nie. Jy weet, seker soos mens jouself beloof jy gaan ophou draf of begin rook. Ag, ek bedoel andersom – maar ek’s seker jy verstaan wat ek probeer sê. Dus, met die uitsondering van “Kaptein” op Stoomradio...

Kerneels Breytenbach se top tien albums van 2009
Kerneels Breytenbach - 2009-12-17
1. Norah Jones – The Fall Jones slaan ’n nuwe rigting in met medewerkers en musici wat uit radikaal verskillende omgewings kom. Die tromslaner het byvoorbeeld voorheen vir Beck gewerk en die een kitaarspeler vir Tom Waits en Elvis Costello. Maar moenie bevrees wees nie, dis steeds daardie hemelse stem wat naaste aan die oor is. Beste aanknopingspunt: “Chasing Pirates”.2. Manic Street Preachers – Journal for Plague LoversDie lirieke is veertien jaar gelede aan die groep...

“Dis orraait, dis ok, dit is fine met my”: Willim Welsyn se Maanplaas
Leon-Ben Lamprecht - 2009-12-08
Dit gebeur met ons almal. Ons raak ouer, groter, meer volwasse. In organiese terme groei ons. Dis soos met wyn. As jong student het die uwe byvoorbeeld die aakligste soet rosé gedrink (dit het soms tot ’n net so aaklige hoofpyn gelei). Deesdae sit ek nie my lippe daaraan nie. Droog en rooi is die voorkeur. Dit geld uiteraard ook vir musiek (case in point: ek het eens op ’n tyd ’n Spice Girls-CD besit – uit vrye wil). ’n Band soos Zinkplaat, byvoorbeeld,...

Gazelle: undercover blieng-blieng-springbok uit die Kaapse Smeltpotjie
Adriaan Brand - 2009-11-17
Kyk hie’, ek gat hierie ene net so wyd soos die Moederstad vat. Eerstens (en dié moet ek dadelik van my hart afkry): Vader Jakob, wat ’n bland musikale dekade was hierdie nie! Tweedens (en dankie, Boerneef ...): Mensag ons! Hoe moeilik was dit nie in die vorige dekade se River Club-era om die bleek vanieljeprofiel van die live/dance Synergy melkskommel genoegsaam gemeng te kry met sjokolade- en karamelgeure nie (het enigiemand hier ’n inleiding tot die huidige Kaapse...

Adamsappel vokale gimnastiek
Leon-Ben Lamprecht - 2009-11-05
Ons het mos maar almal ons dingetjies. Jy weet, daai goed wat ander laat met 'n "warrefok?" wat oor hulle gesigte spoel as jy hulle vertel. Sommige mense skree byvoorbeeld vir die Blou Bulle (ek het sulke familie én vriende), sommige eet hulle steak gaar, in plaas van medium rare (ek ken ook sulke mense). Ander verkies jou wrintiewaar groente bo vleis. Kan jy glo? Ons het mos maar almal ons dingetjies. Ek is geen uitsondering nie. Terwyl kitaargedrewe rockmusiek (en Tom Waits)...

In die loop van 'n mooi blou geweertjie: The Pretty Blue Guns se Cutting Heads
Henry Cloete - 2009-09-02
Wolke rook hang in die voorkamer van ‘n klein koffiewinkel in Greenwich Village, New York. By die kroegtoonbank sit Kurt Cobain van Nirvana en Silverchair se Daniel Johns* en kyk hul bierglase middeldeur, half verbaas deur die goed se verwaandheid om nou te gaan staan en leeg word. Die manne van The Strokes, Ash en Jet sit aan ‘n groot tafel en trommel hul vingers. Laurika Rauch bars skielik by die voordeur in en sing arms-in-die-lug ekstra-soprano “en drink 'n rooi glasie...

Horehound by The Dead Weather – Not for sensitive listeners
Reney Warrington - 2009-07-29
Release date: 12 July 2009 The New Music Express describes Horehound as “music of ill-repute”. It is damn marvellous! Who’s that? What initially caught my eye on iTunes was the chick on the cover of the album. (What can I say?) Even though you can see only the bottom half of her face, I immediately recognised those lips as belonging to the one and only Alison Mosshart. I had to know more! You might know some of the members. (If you don’t, you most certainly have been...

'n Triomfantelike titelsnit, bloed, blinkers en Coenie: aKING se Against All Odds
Annie Klopper - 2009-05-28
Ek kry daardie lekker gevoel op my maag met die ontvang van voorste plaaslike poprockgroep aKING se jongste vrystelling, Against All Odds. So reikhalsend het ek uitgesien na die vrystelling van hierdie viertal se tweede vollengte-album dat ek skoon voel soos in my tienerdae, toe die vashou van ’n nuwe CD my nog heimlik opgewonde gemaak het. Die klassieke rock- en country-ondertone van die kitaar op die eerste snit, “Set Ourselves Up”, neem my selfs verder terug as adolessensie...

Wanneer die olifante in die sitkamer ritmies pootstamp: aKING se Against All Odds
Henry Cloete - 2009-05-28
Biegtyd. Toe ek verlede week die Against All Odds-album van aKING aangeskaf het (en byna ‘n boom ontwortel en ‘n motoroppasser ontman het in my haas om die CD in my motor te gaan luister), was ek met die eerste luister teleurgesteld. Én met die tweede luister. Die melodieë het vir my effe ingeperk opgeval. Die hoofsanger se aritmiese lettergreepklem het my bietjie verwar. En die “hooks” van koortjies, brûe en inleidings wat so ontsettend sterk op die groep...

aKING se Against All Odds nie underwhelming, maar ook nie overwhelming
Leon-Ben Lamprecht - 2009-05-28
“Safe as houses/tuck me in/daylight wait’s for no man/you’re still young and breathing’s easy/suck it in” – “Safe as Houses”, Dutch Courage, aKING Met die aankondiging dat Fokofpolisiekar ’n breek sou vat, het my hart, ek sweer, vir ’n rukkie gaan staan. Waar, dan, sou my fix vandaan kom? Well, sometimes a change is as good as a holiday. Daai breek het onder meer vir ons Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel se Waaksaam en Wakker en...

Hy worstel met demone en sing oor 'n engel: Jan Blohm is terug met 7 Jaar
Leon-Ben Lamprecht - 2009-05-26
Jan Blohm is terug. Na sy (baie publieke) worstelinge met sy eie demone het hy dit goed gedink om ’n nuwe album op die publiek los te laat. Daai album is 7 Jaar. Tien snitte (eintlik 11 – daar is ’n spooksnit) lank. Nou kyk, hier moet ek ruiterlik erken: ek is ’n fan. Die man is ’n profeet van rock ’n roll en ek is skaamteloos sy dissipel. Na drie fantastiese albums (en ’n Sama-wenner-DVD) en moontlik bedenklike verskyning in die kykNET-reeks Dit wat stom...

Hartkloppe en heildronke weerklink in Die Heuwels Fantasties
Annie Klopper - 2009-05-26
Vroeër vanjaar skryf Leon-Ben Lamprecht op LitNet oor Die Heuwels Fantasties: Hiér is iets aan die gebeur. Goeie dinge. Eksperimentele dinge. Kom ons hou asem op vir die vollengte-album wat vir later vanjaar beplan word. Al die tekens van 'n meesterstuk is daar. En ek hét asem opgehou. Ek en duisende ander. Maande het ons gewag. Ons fix gekry met Pille vir Kersfees wat met vier snitte net ons musikale maagwande gekielie het vir nog. En nou vir die uiteindelike oordosis...

Mavis Vermaak met sensoriese klanke en poëtiese trefkrag
Annie Klopper - 2009-05-25
Toe ek 'n kind was, het die woorde van Koos Kombuis se "Lisa se klavier" Kaapstad as magiese ruimte aan my bekend gestel. Toe kom Fokofpolisiekar se Kaapstad vol halfgeboude brûe, neonligte en onheil. En dit was ook goed.Nou draai Kaapstad weer in my CD-speler, soos gesien deur die oë van Mavis Vermaak op haar selfgetitelde debuutkortspeler. In die treffende "kaapstadslaapstad" vang Mavis op poëtiese wyse die Moederstad vas as 'n voortslepende "louwarm...

With Bonjour Ashtray Electric cruises onto the scene
Annie Klopper - 2009-05-22
“Give South African rock a chance!” seems like a redundant statement nowadays, but it didn’t seem all that strange almost ten years ago when I made it in the music column of my school newspaper. Back then, my friends and I could debate for hours on the quality and potential of the South African music scene with always one or two sceptics criticising the quality of locally produced rock music. Today, however, the blossoming South African music industry has no one questioning the...

'n Verkleurmannetjie, 'n apie en Lianie May: Kyk hoe lyk ons nou
Leon-Ben Lamprecht - 2009-05-06
Ek onthou dit soos gister. Wel, seker nie hééltemal soos gister nie, maar steeds. Dit was 2005. Ek was besig met 'n internskap by die nou ontslape Insig toe iemand vir my Chris Chameleon se album van Ingrid Jonker-gedigte Ek herhaal jou speel. Dit het my totaal onkant betrap en ek het letterlik maande lank daarna geluister. Ek luister steeds daarna, om die waarheid te sê. Dit was vir my net nog 'n faset aan 'n merkwaardige man, wie se vroeëre inkarnasie as fopdosser...

Petronel Baard is Weergaloos op nuwe cd
Elbie Adendorff - 2009-03-05
Petronel Baard se nuwe cd, Weergaloos, is onlangs vrygestel. Dit is 'n cd wat gestroop en vol eenvoud voorkom – dit is 'n ryper en dieper Petronel wat hier aan die sing is. Die cd verwoord veral die verlange na die liefde. Die titelsnit is geskryf deur Juhlene Wagner-Möller (wat ook "Karet" geskryf het) en hier kom die hartseer klank van stem en klavier in eenvoud bymekaar. In "Dark Day" word die gevoel van donkerte beklemtoon deur Petronel se stem en die...

Vergeet die konvensies van CD’s: Die Heuwels Fantasties gee Pille vir Kersfees
Leon-Ben Lamprecht - 2009-01-28
Sommige sou sê techno. Met so bietjie van 'n rock vibe. En natuurlike slim lirieke. Met 'n duidelike hook. Ek sou dit bloot as "befok" beskryf. Dalk "awesome". Dalk die vorige twee in een of ander kombinasie. Ingeval jy nie die kop van dié skryfsel gelees het nie, ek praat van Die Heuwels Fantasties se musiek. Indien jy dalk die afgelope paar maande die Oos-Oesbekistanse onderwaterkontakskaakspan afgerig het, 'n bietjie konteks: Pierre Greeff (van Lukraaketaar-faam)...

Super Mario Brothers ontmoet Duran Duran op ‘n love cruise: Jax Panik se Cigarettes & Cinnamon
Annie Klopper - 2009-01-12
Min mense weet dit, maar daar is 'n siekte genaamd Restless Leg Syndrome (RLS). In 'n neutedop beteken RLS dat jou bene weier om tot ruste te kom. Dit word veroorsaak deur dinge soos ongesonde gewrigte, senuweeprobleme of swak sirkulasie en is natuurlik veral steurend wanneer jy wil slaap. Indien jy vermoed jy ly aan RLS of indien jy 'n familiegeskiedenis van RLS het, raadpleeg asseblief jou geneesheer alvorens jy Jax Panik se debuutalbum, Cigarettes & Cinnamon aanskaf. Jou bene sal...

Stef Bos se heel beste ooit
Koos A Kombuis - 2009-01-06
Die Afrikaanse musiekbedryf is nie altyd ’n prettige plek om te wees nie. In ’n omgewing waar die een jong kunstenaar na die ander so hard probeer om met iets nuuts en verstommends vorendag te kom, is dit teleurstellend dat die kwaliteit/kwantiteit-ratio so laag is, selfs in ag genome die feit dat kommersiële musiek ’n plek in enige mark verdien. Die probleem is nie net dat so baie nuwe kunstenaars dieselfde klink nie, maar ook dat soveel gevestigde kunstenaars –...

South Africa Sings Gospel / Suid-Afrika sing gospel: daar is inderdaad 'n mark vir die hele affêre
Guillaume Smit - 2008-12-05
Die kunstenaarlys op South Africa Sings Gospel / Suid-Afrika sing gospel is op die oog af werklik indrukwekkend: bekende gospelsangers soos Leon Ferreira, Danie Botha en Cathy Viljoen skuur skouers met groot name uit die Afrikaanse musiekbedryf - Nicholis Louw, Gé Korsten en Carike Keuzenkamp, om maar enkeles te noem. Die belofte van 'n gehalte-produksie word hiermee in jou agterkop gesit as 'n "moeite-werd" CD om aan te skaf. En as mens deur die songtitels lees, laat die...


<< 1 2 >>