Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Taaldebat | Language Debate

Taaldebat | Language Debate


<< 1 2 3 >>

Die provinsiale regering ernstig is oor die behoud en bevordering van Afrikaans
Joyce Witbooi - 2006-10-31
Hierdie toespraak is deur me Joyce Witbooi gelewer namens die Wes-Kaapse minister van die Departement van Kultuursake en Sport by die Konferensie oor Afrikaans, 21 Oktober 2006. Agbare Premier Ibrahim Rasool, me Hannetjie Du Preez, hoofdirekteur Kultuursake, lede van die Wes-Kaapse Taalkomitee, verteenwoordiger van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, lede van ander provinsiale taalkomitees, leiers van die Khoisan-gemeenskappe in die Wes-Kaap, verteenwoordigers van taal- en kultuurorganisasies, amptenare...

'n Volhoubare plek vir Afrikaans in hoër onderwys en regeringsteun daarvoor II
Niek Grové - 2006-10-11
Vervolg van deel I 4. Die skoolstelsel “Second language is learned best where first language is learned well.” Wanneer Afrikaans en universiteite ter sprake kom, is dit eerstens belangrik om te weet wat tans in die skoolstelsel gebeur. Die skoolstelsel is die voedingsbron vir universiteite. Indien daar nie leerders is wie se onderrigtaal op skool Afrikaans is nie, gaan daar ook nie universiteite wees waar Afrikaans as voertaal vir algemene onderrig gebruik gaan word nie. ...

'n Volhoubare plek vir Afrikaans in hoër onderwys en regeringsteun daarvoor I
Niek Grové - 2006-10-10
It is a frequently asked question whether and why languages should be maintained. In a global human heritage perspective, languages are as unique as biological species and linguistic diversity should therefore be maintained in the same spirit as biological diversity. – Pekka Sammallahti, Universiteit van Oulu, Helsinki 1. Algemeen1 Daar is baie min Suid-Afrikaners wat vandag onbewus is daarvan dat een van die grondoorsake vir die 1976-studenteopstande in Soweto...

Voorwaardes vir die behoud van Afrikaans as wetenskapstaal: 'n taalbeplanningsperspektief
Vic Webb - 2006-10-03
Vic Webb is die direkteur van CentRePoL (Centre for Research in the Politics of Language), UP1 Inleiding Daar is die afgelope tyd buitengewoon baie gedebatteer oor taalbeleid by HAU's, en ek neem aan dat HAU's wat die beginsels van toeganklikheid, gelykheid, transformasie, kompeterende akademiese opleiding en die bevordering van meertaligheid en diversiteit (insluitende die behoud van Afrikaans as taal van onderrig en leer (TO/L) en die bevordering van die Afrikatale) wil bevorder, waarskynlik...

Die posisie van Afrikaans aan die Universiteite vir Tegnologie
Johan Anker - 2006-09-29
Die vrae van hierdie Taalberaad wentel om die volhoubaarheid van Afrikaans aan tersiêre inrigtings en strategieë om dit of volhoubaar te maak of die volhoubaarheid voort te sit. Ek moet net eers beklemtoon dat statistiek wat in hierdie toespraak gegee word, by benadering afgerond is en op telefoonoproepe, fakse en e-posse berus – enige foute daarin is my persoonlike foutiewe afleidings – die meeste getalle is verskaf vir die 2005/6-jaar en die meeste van die instansies het...

Die staat en onderrigtaal aan universiteite
Christo Viljoen - 2006-09-26
Inleiding* Afgesien van die vier oorblywende historiese Afrikaanse universiteite (HAU’e) (van die oorspronklike vyf bly vier oor na die verdwyning van die RAU), is geen van die ander Suid-Afrikaanse universiteite se onderrigtaal anders as eksklusief Engels nie. Daar is velerlei redes waarom geen van die inheemse amptelike Afrikatale in Suid-Afrika as onderrigtaal op universiteitsvlak gebruik word nie. Een daarvan is die gebrek aan omvattende vakterminologie en die feit dat dit slegs Afrikaans...

O moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosse boys kom weer!
Joan Hambidge - 2006-09-20
'n Vaste plek vir AfrikaansSkrywers: Hermann Giliomee & Lawrence SchlemmerISBN 1-920109-16-1SUN PReSS, 2006R 150.00 (BTW ingesluit) Ons leef in ‘n postmoderne wêreld, ‘n begrip wat alreeds ‘n cliché is. Wat dit egter in effek beteken, is dat daar geen oorkoepelende, standhoudende waarheid is nie. Vir elke persoon is sy interpretasie of posisie geldig. Die wêreld het vir die meeste mense tegelykertyd één...

Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid
Neville Alexander - 2006-09-06
Hoekom praat ons nou oor hierdie vraag? Die feit dat Afrikaans op die oog af aan die kwyn is, is net een van die redes. Baie belangrik is ook die aaklige druipsyfers, veral in die jaarlikse matriekeksamen, onder niemoedertaalsprekers van Standaardafrikaans en Standaardengels. Kan die oorheersing van Engels nog gestuit word? Dit gaan nie soseer oor die dominansie van Engels nie. Dit is ’n vraag wat met die sogenaamde vryemarkstelsel te make het, en op daardie gebied kan net die magspolitieke...

'n Volhoubare plek vir Afrikaans
Frederik Van Zyl Slabbert - 2006-09-06
’n Paar kantopmerkings oor die sosiale konteks van die vraagstelling 1. Die nasionale politieke klimaat word op die oomblik aan die een kant oorheers deur die interne spanninge binne die ANC rondom alliansiekonsensus, leierskapsoorgang en sentralisasie vs desentralisasie van besluitneming, en aan die ander kant, op internasionale vlak, deur Suid-Afrika se staanplek in Afrika, byvoorbeeld NEPAD, die AU ensovoorts, en ons rol, of gebrek daarvan, rondom Zimbabwe, Vigs edm. 2. Gegee hierdie nasionale...

Oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie
Jaco Alant - 2006-08-10
By die amptelike viering van Nelson Mandela se 85ste verjaarsdag op 19 Julie 2003, regstreeks uitgesaai op SABC3 vanaf die Sandton Konvensiesentrum, is nie ’n enkele woord in Afrikaans gesing nie. Daar is swierig konsert gehou saam met kunstenaars soos Sibongile Khumalo, PJ Powers, Ladysmith Black Mambazo, Vicky Samson, Johnny Clegg en Yvonne Chaka-Chaka, maar niemand het in Afrikaans gesing nie. Geen Johannes Kerkorrel of selfs ’n Koos Kombuis nie. Weliswaar is daar dié aand hulde...

LitNet-Taaltoer: Afsluiting
Piet le Roux - 2006-07-17
Afsluiting: George - Stellenbosch Dis vandag die tiende dag dat ek en Henry Cloete op ’n toer is, ’n taaltoer. Op die spoor van Afrikaans het ons geskryf. Wat simboliseer Afrikaans vandag, dertig jaar na 1976? Wie praat dit en hoekom? ’n Statige, wyse vriend het ek padlangs in die Koffiefontein-omgewing gemaak: oom Sekretarisvoël. Vir ’n paar dae was hy my gasheer – my bekendgestel aan iets van Afrikaans. “Hou maar die pos dop, Oom, ek sal skryf. Baie...

LitNet-Taaltoer: Dag Nege
Henry Cloete - 2006-07-17
Dag 9: Beaufort-Wes - George Donkinstraat se hoofdoel is om motors sonder te veel moeite deur Beaufort-Wes te kry. Die misnat oggend sleep karakters met hom saam in dié hoofstraat in, soos die jong vrou wat twee kinders, een aan elke hand, veilig oor die pad wil bring. ’n Man in ’n bruin jas bestudeer die voorkant van ’n brief, in die hoekie gemerk Permit Mail, intens terwyl hy stap – hy maak dit nie oop nie. Die boonste koppie van ’n lemoenskil land in die...

LitNet-Taaltoer: Dag Sewe & Ag
Piet le Roux - 2006-07-17
Dag 7 & 8: Bloemfontein - Beaufort-Wes ’n Fier veldwagter van die Karoo is die sekretarisvoël, hier dertig meter regs van die teerpad by ’n halfweg tussen Bloemfontein en Petrusburg. “Askuus, Meneer,” vra ek, “kan ek u so laat op ’n Maandagmôre pla met ’n navraag?” Die statigheid self draai hy sy langnekkop bo die droë waaigrasse en knieghoë miershope uit my kant toe en “Hmmmm?” “Ek stel belang in...

LitNet-Taaltoer: Dag Ses
Henry Cloete - 2006-07-17
Dag 6: Pretoria–Soweto–Bloemfontein Omdraaipunt. Baie padbordjies in en om Pretoria is gemerk Tshwane; heelwat van hulle is met spuitverf hermerk tot Pretoria. Almal in Gauteng ry soos hoërskoolseuns op ’n tog van genot, maar Sondagoggend is die N1 kalm. Volg die bordjies. M1 City/Stad. Baragwanath/Chris Hani hospitaal. Dis waar ons moet uitkom om vir Elliot Mashinini en sy mense te ontmoet – so vat die afdraai om te kom waar jy moet kom. Soweto – Ek is...

LitNet-Taaltoer: Dag Vyf
Henry Cloete - 2006-07-17
Dag 5: Kimberley - Pretoria Dit is erg om tegnologies vertraagd te voel in dorpe soos Kuruman en Kimberley. Elke maal moes plekkies van waar ons aflaai en e-pos, nog spesiaal ’n stiffie-drywer in hul rekenaars insit sodat ons van ons laptop kan aflaai. In Kimberley kondig die bordjie buite die IT-plek aan: “Computer Sales. Training. IT-services.”Binnekant die plek is dit ’n ander storie op die rekenaarskerms: “My Netwerk Plekke.” “Internet verkenner.”...

LitNet-Taaltoer: Dag Vier
Piet le Roux - 2006-07-17
Dag 4: Kathu - Kimberley ’n Ander Soweto ontmoet ons vandag op Sishen – waar die onmiddellike, roesrooi aarde afgewissel word met reuse-oopgroefmynhope links en regs. Welkom in ysterwêreld. Andy, die Indiër wat Afrikaans met trots aanleer op Kathu, het gisteraand dié wêreld se ryppatroon verduidelik. Gemiddeld vyftien dae per jaar, maar vanjaar is kouer as gewoonlik. Oggend vier van die LitNet Taaltoer: die vaalgevriesde grasperk kraak met sonsopkoms, die...

LitNet-Taaltoer: Dag Drie
Henry Cloete - 2006-07-17
Dag 3: Springbok - Kathu Tussen sewe en agt voormiddag word soetste REM elke tien minute wreed en sadisties ontnugter deur die kermende selfoonalarm. Die oggend wat kom is vol – Internet moet op Springbok gesoek word, dinge moet gestuur word, en halfure moet by die bank verwyl word (want iemand het Piet se kaart gegabsa). Bowenal het ons vandag name om te sien, sonder enige adresse of afsprake, en iewers langs die pad moet ons ’n goeie 650 km agterlaat. Steinkopf – wat...

LitNet-Taaltoer: Dag Twee
Piet le Roux - 2006-07-17
Dag 2: Koekenaap - Springbok Lies Barnabas op Lambertsbaai het gister misnoegd haar kop en skouers geskud: “Dis die fraiings wat mense aan Afrikaans heg wat die bedreiging is, nie Afrikaans nie.” Henry hou links op die pad wat vleg deur lappe wingerd en wat in die vroegmôre blink na gisteraand se Namakwalandse reën. Op die voorruit skitter-wikkel ’n paar oorblywende druppeltjies teen die kante. Op linkerhand draai ’n wit voël laag oor blaarlose bruin druiwestokke....

LitNet-Taaltoer: Dag Een
Henry Cloete - 2006-07-17
Dag 1: Stellenbosch - Koekenaap Gelaaide kar, gelaaide pad, soos twee lope wat mekaar geduldig opweeg. Tog voel dit meer soos om na ’n spieël te korrel … bagasie is ook buskruit.“Two eighty-four fifteen. Thanks chief.” Dorpstraat se BP het nog nie die son gesien vandag nie. Kom ons draai nie doekies om nie. Ek is moer bang. Bang dat hierdie hele ding ’n helse flop kan wees, bang dat ons beplanning oorhaastig, oorambisieus en ondertollig was, bang dat ons nog...

LitNet-Taaltoer
Piet le Roux - 2006-07-17
Die plan LitNet stuur twee studente op 'n taaltoer deur ’n paar dele van die land om op voetsoolvlak met sprekers van Afrikaans te gesels. Henry Cloete en Piet le Roux, twee studente van die Universiteit van Stellenbosch, se toer het op Maandag 26 Junie begin. Tien dae lank gaan hulle dele van Suid-Afrika platry en vrae oor die taal vra aan al die Afrikaanspraters wat hulle teëkom – op plase, in kroeë, op straat en selfs in die myne. LitNet sal elke dag ‘n verslag met...


<< 1 2 3 >>