Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language

Taal | Language


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Afrikaans en die Nederlandse Taalunie (NTU)
Wannie Carstens - 2010-12-02
Die byeenkoms van die Nederlandse Taalunie om hulle 30ste bestaansjaar te vier het volgens wat ek hier vanuit België kon aflei, heelwat dekking in die media in Suid-Afrika gekry – ek het by geleentheid selfs daaraan meegedoen. Mense is seker nuuskierig oor wat werklik gebeur het en ek doen gou verslag daaroor. Die Nederlandse Taalunie (NTU) is die liggaam wat hom amptelik beywer vir die uitbou van Nederlands as taal wêreldwyd. Die NTU word bestuur deur ʼn Raad van Bestuur bestaande...

Protes 1 – Nederland Schreeuwt om Cultuur
Carina van der Walt - 2010-12-02
Sedert Septembermaand kry aankondigings van streng besparingsmaatreëls toenemend momentum in Nederland. Die regering probeer om begrotingstekorte tydens die huidige kredietkrisis aan te vul. Hierdie maatreëls is ingrypend. Veral kuns en kultuur ly daaronder. Die drie fasette waarop bespaar moet word, is die belasting op konsertkaartjies, wat styg van 6 persent na 19 persent, ’n vermindering van kultuursubsidies, en die afskaffing van die Wet Werk en Inkomen Kunstenaars (WWIK). Saam...

Afrikaans het jou nou nodig
Johan van Zyl - 2010-12-01
“Die wêreldliteratuur is ’n volle orkes - nie ’n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is ’n aparte instrument met ’n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word ’n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade” (NP Van Wyk Louw). Die legende NP Van Wyk Louw het dié stelling reeds in 1945 gemaak. Het hy reeds toe al bekommerd geraak oor Afrikaans wat neig na ondergang?...

Van Ewijck-Stigting: Prestasietoekenning
2010-11-19
Die Van Ewijck-Stigting het ten doel om finansiële steun te verleen aan persone en instansies wat hulle daarvoor beywer om kulturele betrekkings in die ruimste sin tussen Nederland en Suid-Afrika te bevorder. Dit sluit in die toekenning van studieskenkings aan persone wat in Suid-Afrika of Nederland wil studeer of navorsing doen in ’n rigting wat met die doelstellings van die Stigting ooreenstem. Die Stigting oorweeg ook een maal per jaar aansoeke vir ’n prestasietoekenning van ’n...

Diana Ferrus se klawer wassie drogie*
Carina van der Walt - 2010-11-09
Die konsert van Diana Ferrus en Florence Filton in Amsterdam op Vrydagaand 29 Oktober was ten bate van Stigting Klawer. Stigting Klawer het saam met die Wereldmuziekschool Amsterdam die aand aangebied. Opbrengste het gegaan na die kinders van die dorpie Klawer – klein en afgeleë in die noordwestelike hoek van die Wes-Kaap. Op die pamflet het ek digter Peter Snyders se gedig herken: “Ek is oek important”. Ek móés gaan. I've come to take you home Die...

Harry Mulisch (83) oorlede – ook hý ontglip aan Nobelprys
Carina van der Walt - 2010-11-01
Jy het geen behoorlike Afrikaans-Nederlandse opleiding gehad as jy nie kennis gemaak het met Harry Mulisch nie. Hy was veral bekend vir sy romans De aanslag (1982) en die magistrale De ontdekking van de hemel (1992). Albei hierdie romans is suksesvol verfilm. Na die vertaling van De ontdekking van de hemel in Engels en Duits het die Nederlandse literêre wêreld toenemend sy naam voorgestel as kandidaat vir die Nobelprys. Saterdagaand 30 Oktober is Mulisch aan die gevolge van kanker oorlede. Sondagoggend...

Die Erfenisstigting herdenk ’n eeu van Afrikanerkultuur in Suid-Afrika
2010-10-20
Kort samevatting van ’n simposium ter herdenking aan die stigting van die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910 Die simposium is deur ongeveer 50 persone bygewoon en was uiters geslaagd en prikkelend. Drie temas is aangespreek, naamlik Taal en Godsdiens, Kulturele Identiteit en Kulturele Erfenis. Taal en godsdiens Tom McLachlan van Unisa se onderwerp was “Die groei van Afrikaans sedert 1910 tot ’n volwaardige taal”. Hy het die onderwerp bespreek aan die hand van vier aspekte,...

Die ALV byeen in Port Elizabeth
Marius Crous - 2010-10-13
Maandag 27 September 2010 Op die oggend van 27 September kom me K en vriendin Bubbles op die Noordkampus van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth aan. Hulle is in die stad van winde – met sy historiese geboue uitgelewer aan die gier van ’n Ierse sakeman – vir die tweejaarlikse kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging. Toegerus met genoegsame entoesiasme en ’n kongressak betree die twee die ouditorium. In die glim van die ligte herken...

Waarheen met Afrikaans? – My droom vir Afrikaans
Wannie Carstens - 2010-10-12
Lesing gelewer tydens die Jaarsimposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 30 September – 1 Oktober 2010, Universiteit van Pretoria: Inleiding Dit is nie maklik om te antwoord op ’n vraag soos in die titel van hierdie lesing nie. Daar is gewoon te veel wat in ag geneem moet word voordat ’n mens ’n sinvolle antwoord hierop kan gee. Verder leef ons ook in onsekere tye, met ’n regering wat nie juis besondere ag slaan op die onderhandelde grondwet nie. Dit...

’n Eeu van Afrikanerkultuur in Suid-Afrika
2010-10-06
Simposium ter herdenking aan die stigting van die Unie van Suid-Afrika, op 31 Mei 1910. Saterdag 16 Oktober 2010 Plek: Galery 20.20, Voortrekkermonument Tyd: 08:00 – 17:00 Hierdie relevante en prikkelende simposium met sprekers soos Wannie Carstens, Piet Strauss, Karen Meiring, Flip Buys en talle ander, behoort deur almal wat in die polemiek rondom kulturele identiteit, taal, godsdiens en kulturele erfenis belangstel, bygewoon te word. Registrasie sluit 8 Oktober 2010. Vir navrae...

Waar stond het nijlpaard?
Richard de Nooy - 2010-10-05
Hierdie kortverhaal het in die versameling Zeeën van tijd verskyn. Zeeën van tijd is in 2010 deur die Openbare Bibliotheek Amsterdam ter viering van die vyfjaarlikse Sail Amsterdam gepubliseer. Hierdie boekies, saamgestel en geredigeer deur Guus Bauer en David de Poel van XX Uitgevers, word gewoonlik as geskenke by feeste en gebeurtenisse gegee. “Daar. In het zwembad. Tussen die twee bomen. Er lag een groene plas in het diepe. Dat vond ze heerlijk. Haar staart was net een...

Nanny’s Only belig gevoelige Suid-Afrikaanse issues
Carina van der Walt - 2010-10-05
Nanny’s Only was ’n aangrypende toneelstuk verlede week op Afrovibes Festival in Amsterdam. Afrovibes is veral ’n dans-, teater- en musiekfees met nuwe talent uit Suid-Afrika. Hierdie fees toer tussen 22 September en 24 Oktober deur Nederland en Engeland. Die deurlopende tema is No Borders – geen grense tussen tradisies en die hedendaagse, tussen verskillende kulture, tussen wit en swart en tussen Afrika en Europa nie. Hedendaagse issues oor die verwerking van die apartheidsgeskiedenis,...

Tikkop – Nederlandse perspektief op Suid-Afrika
Carina van der Walt - 2010-09-28
Vrydagaand 17 September was die bekendstelling van Tikkop, die jongste roman van Adriaan van Dis by Uitgewery Augustus in Amsterdam. Vir die skryf hiervan het hy hom maande lank teruggetrek in Suid-Afrika. Die hoofkarakter is Mulder. Hy is ook die alter ego van Van Dis. Mulder ervaar Suid-Afrika so: “Het nieuwe Zuid-Afrika was een beet in zijn kuit, verborg zich achter hoge muren, dook naar verboden schelpen, hoereerde en snoof zich stom.” Een van die eerste vrae wat mens as Afrikaanse...

Cultuurfonds kent Martinus Nijhoff Prijs toe aan Riet de Jong-Goossens
2010-09-28
Amsterdam, 28 september 2010. Het Prins Bernhard Cultuurfonds heeft de Martinus Nijhoff Prijs / Prins Bernhard Cultuurfonds Prijs voor Vertalingen 2010 toegekend aan Riet de Jong-Goossens. Zij ontvangt deze prijs van 35 000 euro voor haar vertalingen van Zuid-Afrikaanse literatuur naar het Nederlands. De uitreiking vindt plaats op 6 maart 2011 samen met de uitreiking van de Martinus Nijhoff Prijs 2011. Riet de Jong-Goossens (Sas van Gent, 1937) uit Nijmegen studeerde eerst Franse Taal en Letterkunde...

Leierskap en bestuur as onontbeerlike elemente op die pad na uitnemendheid – perspektiewe vanuit die laerskool
Bennie Aucamp - 2010-09-15
1. Inleidende opmerkings Warren G Bennis deel in sy boek Reinventing Leadership (1995:3-4) die volgende treffende idee: The key to competitive advantage in the 1990s and beyond will be the capacity of leadership to create a social architecture capable of generating intellectual capital ... Intellectual capital means ideas, know-how, innovation, knowledge, and expertise. That’s what’s going to make the difference. [eie kursivering] Die laaste gedeelte van bostaande aanhaling...

Die rol van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Afrikaanse onderwys
Van Zyl de Villiers - 2010-09-15
Konteks Die bydrae van die SA Akademie tot die Afrikaanse onderwyslandskap word gerig deur die oogmerke van die organisasie, naamlik die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans. In breë trekke behels dit dus dat die Akademie aandring op die wetenskaplike begronding van argumente en voorstelle wat in die openbare diskoers aangebied word – by hierdie konferensie spesifiek die onderwys. Ons kan natuurlik...

Wilders: Nederlandse ET maak land onregeerbaar
Carina van der Walt - 2010-09-08
Die Nederlandse politiek is die afgelope naweek terug by die verkiesingsuitslag van 9 Junie. Toe het dit tot almal se verbasing gedui op twee duidelike stromings. Eerstens het die CDA sy swaarste verlies in meer as twee dekades gely. Balkenende IV kon nie oor sy eie skadu spring nie, al wou hy self dolgraag weer in die regeerstoel sit. Tweedens het die eenmansparty Geert Wilders die derde meeste stemme getrek. Dit het van sy party, die PVV, skielik ’n stem gemaak waarmee die regering rekening...

Opsomming van ATR-referaat: Chris Klopper
Chris Klopper - 2010-09-07
Onderwerp: Die SAOU: ’n Onbeskaamde en onbevange voorstander vir Afrikaans Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie is tans die enigste vakbond wat onbeskaamd en onbevange die belange van minderheidsgemeenskappe, met inbegrip van taalregte, formeel bevorder. Die Afrikaanssprekende gemeenskap sal moet besef dat die belange van die gemeenskap onteenseglik verweef is met die plek en status van ander minderheidsgemeenskappe in SA en die politieke wil van die ANC om dit formeel te erken en daadwerklike...

Opsomming van ATR-referaat: Dr Tersia King
Dr Tersia King - 2010-09-07
Tema: Die stand van Afrikaans in skole Onderwerp: Bekostigbare Afrikaanse privaatonderwys nou noodsaaklik My persoonlike mening is dat ras nie ’n probleem in die wêreld is nie. Kultuur, met al sy verskille, is waar die probleem lê. Ons verstaan nie mekaar se kulture en die religie wat die waardestelsel daarvan vorm nie. Kultuur word deur omgewing en ander invloede gevorm – invloede wat dikwels ook velkleur- en liggaamsverskille veroorsaak, maar wat ons ook help oorleef binne...

Opsomming van ATR-referaat: Jan Bosman
Jan Bosman - 2010-09-07
Tema: Beskerming, bevordering en bemagtiging deur kultuurliggame “Die formule vir die Afrikaanse gemeenskap is saam te vat in drie begrippe: eiebestaan, naasbestaan en saambestaan.” ~ Willem de Klerk in Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000 Afrikaanse kultuurorganisasies het oor die jare ’n besondere rol gespeel in die bevordering van Afrikaans, maar ook onderwys deur en in Afrikaans. Dat slegs wit onderwys bevoordeel is, moet gesien en verstaan word binne die breë politieke...

Opsomming van ATR-referaat: Christopher Banda
Christopher Banda - 2010-09-07
Tema: Studenteopleiding en die herinstelling van onderwyskolleges Onderwerp: Die oes en die arbeiders ... In hierdie referaat word enkele knelpunte ten opsigte van onderwys in Afrikaans en studenteopleiding bespreek en ’n paar oplossings aan die hand gedoen. Die eerste knelpunt wat onder die loep kom, is die ouderdom van die huidige Afrikaanse onderwyserskorps en die beperkte getal nuwe toetreders tot die beroep. Slegs sowat 5 000 tot 7 000 nuwe onderwysers word jaarliks deur die tersiêre-onderwyssektor...

Enkele kernwaardes van die Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU): Impulsreferaat vir ’n breër debat
Neville Alexander - 2010-09-07
Ek is versoek om ’n paar paragrawe oor die kernwaardes van ’n VAU te formuleer en hoop dat die volgende gedagtes tot ’n breër debat aanleiding sal gee. Ek het probeer om die memorandum so eenvoudig as moontlik te hou en het doelbewus nie gepoog om in filosofiese en ideologiese verfynings te beland nie, sodat ons op hierdie stadium op die onmiddellike problematiek kan fokus. Ek besef natuurlik dat daardie ander gesprek op een of ander stadium na vore gedwing gaan word en neem...

Studenteopleiding en die herinstelling van onderwyskolleges: Hoe en waarom wil ons nou onderwyskolleges herinstel?
Basil F May - 2010-09-07
Die redes vir die sluiting van kolleges is nie meer belangrik nie. Die feite is soms erg verdraai om legitimiteit aan die sluitingsproses te gee. Persone wat min of niks van die luisterryke geskiedenis van onderwyskolleges geweet het nie, is die reg gegee om oor hulle toekoms te besluit en die proses indirek of direk te bestuur. Niemand sal ontken dat, soos in die geval van baie universiteite en technikons, daar op daardie tydstip sake was wat dringend aandag verdien het. As gevolg van die feit dat...

Onderwys in Suid-Afrika: ’n veelkoppige pajamaperd van ’n ander kleur
Bibi Slippers - 2010-09-02
’n Paar komplekse pajamaperde om op te saal. Op die plein voor die Kunstekaapteater waar die Afrikaanse Taalraad se Onderwyskonferensie van 26-28 Augustus plaasgevind het, wei ’n trop absurde veselglas-sebras van allerlei kleure en beskrywings. Sommige van die sebras het meer as een kop; ander het weer geen; party se binnegoed is aan die buitekant, en ander is beskilder met enigiets van seetonele tot slagspreuke. Hierdie bont gespuis het meer te make met die ATR-onderwyskonferensie...

Akademici dit eens: Bevorder Afrikaans én meertaligheid in onderwys
Rudolf Stehle - 2010-09-02
Die toekoms is multikultureel en daarom meertalig. Dit is in dié konteks dat Afrikaans ’n belangrike posisie beklee in die gegradueerde student se taalvaardigheid. Só het prof Russel Botman, die Rektor van die Universiteit Stellenbosch, Saterdag sy spreekbeurt oor die toekoms van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal ingelui. Benewens Botman het dr Theuns Eloff, die Visekanselier van die Noordwes-Universiteit, prof Niek Grové, die Registrateur van die Universiteit...

Pharos Speller Speltoetser en woordafbreker nou gratis beskikbaar
2010-09-01
Die gewilde Pharos Speller Speltoetser & woordafbreker is pas opgedateer en bygewerk en is nou versoenbaar met Windows 7. Dit is gratis aflaaibaar hier. Spesifikasies Pharos Speltoetser en Woordafbreker 3.0 vereis een van die volgende Microsoft Windows-weergawes: Windows NT, Windows 2000, Windows XP, Windows Vista of Windows 7. Pharos Speltoetser en Woordafbreker 3.0 vereis een van die volgende Microsoft Office-weergawes: Office 2000, Office XP, Office 2003, Office 2007, Office 2010. Jy...

Die jeug en die toekoms van Afrikaans in die onderwys
Nico de Wet - 2010-09-01
Ek wil my toespraak graag begin deur ’n bietjie oor myself en my agtergrond te vertel. Ek doen dit om drie redes: Toe ek die eerste keer op die Stellenbosch-kampus by die taaldebat betrokke geraak het, het ek baie gou agtergekom dat as ’n mens vir Afrikaans opstaan en jy manlik en wit is en nog ’n bietjie van ’n baardjie het, word jy met geweldige agterdog bejeën en onmiddellik in ’n boks geplaas. Dalk kan my persoonlike storie ’n gedeelte van...

Die uitdagings vir moedertaalonderrig in ’n veeltalige konteks, met ’n spesifieke fokus op Afrikaans
Neville Alexander - 2010-09-01
Inleidende opmerkings Die samestelling en doelstellinge van hierdie byeenkoms maak dit oorbodig om weer eens die bekende voordele van moedertaalonderrig te herhaal, alhoewel mense geneig is om die eenvoudigste feite tog te maklik te “vergeet” wanneer die waarheid hulle nie pas nie. Ek sou dus graag sommer met die deur in die huis wou val, maar ek moet tog twee proposisies as prolegomena kortliks bespreek, omdat hulle in die vurigste debatte oor die taalkwessie in Suid-Afrika gewoonlik...

Elektroniese storms in die boekewêreld (Deel 2)
Carina van der Walt - 2010-08-27
Lees Deel 1 hier. Dit lyk asof die verskyning van e-boeke op e-leestablette onvermydelik deel van die toekoms is. Die digitalisering van die boekewêreld in die 21ste eeu word vergelyk met die ontstaan van die Koninklike Biblioteek van Alexandrië. Hierdie biblioteek uit die Klassieke Oudheid het in die eerste eeu voor Christus tussen 400 000 en 700 000 boekrolle besit. Google Book Search het alreeds 12 miljoen boeke uit biblioteke in die VSA en Engeland afgelaai. Dit het gelukkig nie...

Elektroniese storms in die boekewêreld (Deel 1)
Carina van der Walt - 2010-08-19
Is jy ook een van die mense wat ’n kledingstuk uit jou reistas haal om ’n ekstra boek saam te neem? Of iemand wat tandeknersend 10 kg se boeke in jou handbagasie deur die kontrole op die lughawe loods? Of iemand wie se huis eintlik te klein is vir al die boekrakke vol met boeke? Dan is daar vir jou ’n oplossing! Die e-boek. Leesbaar op ’n e-leestablet. So ’n e-leestablet is superslank, ongeveer 20 x 15 cm en ongeveer 2 cm dik. Jy kan ’n mag der menigte boeke daarop...

Vrye Afrikaanse Universiteit-gesprekgroep: Uitnodiging
2010-08-18
Die Vrye Afrikaanse Universiteit-gesprekgroep kom byeen op 25 Augustus 2010 by die Huis den Nederlanden (SASNEV) te Pinelands. Die verrigtinge begin om 8h30 en duur tot 14h00. Die sprekers sluit dr Neville Alexander, prof Kwesi Kwaa Prah, dr Sias Mostert, dr Dirk Brand en dr Maarten Venter in. Belangstellende akademici, kundiges, filantrope word genooi om die byeenkoms by te woon. Skakel die SBA by 021 4461378 of e-pos Merle van Diemel by Merle.vanDiemel@media24.com indien u dit wil bywoon....

AFRIKAANS + ONDERWYS = UITNEMENDHEID: Ons ondersteun moedertaalonderrig
2010-08-12
MINISTERS BY AFRIKAANSE ONDERWYSBERAAD Knelpunte in die onderwys, veral met betrekking tot Afrikaans, word bespreek by ’n nasionale konferensie wat die Afrikaanse Taalraad in Kaapstad belê het. Twee nasionale ministers, onderskeidelik dr. Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, en me. Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys, is genooide sprekers. Die konferensie by die Kunstekaap-teater sluit aan by die gewilde skolefees van die Kunstekaap en word van 26 - 28 Augustus...

Die Amsterdamse tafelronde oor Afrikaans: twee maande later
Rudolf Stehle - 2010-08-12
Met twee maande wat reeds verloop het sedert die Amsterdamse tafelronde oor Afrikaans op 28 Mei vanjaar het Rudolf Stehle by van die deelnemers gaan hoor wat hulle indrukke van die konferensie was. Hy het hulle ook gepols oor die vordering van samesprekings met potensiële vennote. Willem Botha van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) op Stellenbosch meen die konferensie het in ’n baie goeie gees plaasgevind. “Daar was opregte belangstelling in die aktiwiteite en behoeftes...

Komkommertyd in die boekewêreld
Carina van der Walt - 2010-07-28
Dit is komkommertyd in Nederland. Somervakansie. Hier gebeur weinig in die boekewêreld om oor te skryf. Nederlanders is reislustig. Dan neem hulle stapels boeke saam om te gaan lees. Die boekwinkels maak nou goed geld, maar nuwe publikasies is so skaars soos hoendertande. Dit is elke jaar gedurende Junie, Julie en Augustus dieselfde storie. Gewoonlik word ’n nuwe publikasie van ’n bekende skrywer van wie daar baie verwag word, aangekondig op die voorblad van die NRC-Handelsblad....

Amsterdam-tafelronde oor Afrikaans: Rudolf Stehle berig oor die werk van die voortsettingskomitee na die konferensie
Rudolf Stehle - 2010-07-20
Amsterdam het op 28 Mei gasheer gespeel vir ’n konferensie oor die rol van Afrikaanstalige onderwys en opleiding in die bestryding van armoede in Suid-Afrika. Die organiseerders het nie op hulle laat wag nie, en onmiddellik na afloop van die konferensie is ’n voortsettingskomitee in die lewe geroep. Volgens die amptelike verslag van die konferensie sal die komitee via Afrinetwerk die sluit van vennootskappe tussen Suid-Afrikaanse en Nederlandse organisasies fasiliteer. Verder sal betrokkenes...

Watou – ook Dirk se erf
Carina van der Walt - 2010-07-15
Die afgelope naweek was dit die begin van die twee maande lange kunstefees Watou 2010: Tussen taal en beeld, verzamelde verhalen #2. Watou is ’n klein en ouderwetse dorpie in België op die grens met Frankryk. Die inwonertal is 1 200. Vir die hele jaar lank is dit tjoepstil. Hierdie dorpie het ’n plein, ’n kerk en ’n Spar, maar vanaf begin Julie tot begin September elke jaar stroom poësieliefhebbers na Watou. Aanvanklik het die kunstefees as Poëziezomers ontstaan...

City Books:  Grahamstad – Intieme portrette van ’n stad
2010-06-29
Hierdie Donderdag en Vrydag lees van die land se top skrywers hulle stories oor Grahamstad by die nasionale kunstefees. Dit vorm deel van ’n internasionale projek met die naam City Books. Die City Books stories is spesiaal geskryf vir die geleentheid, en vertel die verhaal van die skrywers se intieme verhouding met die stad. Die stories is in beide Engels en Afrikaans. Tussen die stories word verskeie een minuut films gewys wat tonele oor Grahamstad in die feestyd weerspieël. Die...

Sokker in Afrika – ’n gevaarlike droom
Ingrid Glorie - 2010-06-29
Abdelkader Benali De weg naar Kaapstad. Afrika en het WK Voetbal in 2010 Amsterdam: De Arbeiderspers, 2010 Sagteband, 130 bladsye ISBN: 9789029572101 Een van die interessantste stemme in die hedendaagse Nederlandse literatuur is dié van Abdelkader Benali (1975), ’n Nederlandstalige skrywer van Marokkaanse afkoms. Benali het opslae gemaak met romans soos Bruiloft aan zee (1996), De langverwachte (2002) en De stem van mijn moeder (2009), waarin hy die ervarings van migrante op ‘n...

Sakevernuf en “oranjegekte” te ver gedryf
Carina van der Walt - 2010-06-22
Verlede week het ek in Refleksies nogal positief verwys na die Nederlanders se sakevernuf. Daar kan ook ’n keersy aan wees. Die mediadekking wat die Bavaria Babes in Suid-Afrika en in Nederland gekry het, het dit onder die aandag gebring. Op Maandag 14 Junie het die bemarkingsbom gebars tydens die wedstryd tussen Nederland en Denemarke. Een mooi meisie trek altyd die aandag. Dit geld des te meer vir ses-en-dertig blonde bomme. Hulle het die ysige, Hoëveldse koue met onskuldige...

Sokkeruitsendings misken Afrikaans en ander amptelike tale
2010-06-15
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) dra hiermee ons gelukwensing oor aan Bafana Bafana. Ons is trots op die span se vertoning in die openingswedstryd en glo dat ’n basis gelê is waarop voortgebou kan word. Die ATR wil terselfdertyd sy ongelukkigheid uitspreek oor die miskenning van Afrikaans en ander inheemse tale deur SABC TV. Vooraf is geadverteer dat almal in hul eie taal na die Sokkerwêreldbeker-uitsendings sou kon luister. Op die “Language”-skakel kan daar uit Engels,...

Tolkdienste bring harmonie
2010-06-10
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het met belangstelling kennis geneem van prof. Theuns Eloff, rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU), se mededeling dat hy daarin geslaag het om rustigheid op sy kampus te bewerkstellig met die benutting van tolkdienste vir anderstaliges. Daarmee is bewys dat verskillende taalgroepe in harmonie saam kan studeer en leef. In die Suid Afrikaanse onderrigkonteks is simultaantolkdienste, soos wat dit aan die NWU en enkele skole toegepas word, betreklik nuut. Dit word...

“Oranjegekte” en sakevernuf
Carina van der Walt - 2010-06-10
’n Groot deel van die Nederlandse stede is besig om baie vinnig in oranje te verkleur. Dit gebeur in ooreenstemming met die koms van die “WK”-voetbal. Byna alle volkskroeë is volledig in oranje ingepak met die Nederlandse vlag daarby en slagspreuke soos “Hup Holland Hup!” Dit geld ook vir strate oorspan met oranje vlaggies, boomlanings met die boomstamme in oranje ingepak en vensters aan die straatkant vol teddies, ballonne, balle, baniere, hoedjies, glasies, poppe...

Amsterdam-tafelronde oor Afrikaans: Verslag
Rudolf Stehle - 2010-06-01
Die idee van ’n Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU) het wyd aanklank gevind onder Nederlanders en Vlaminge wat Vrydag die rondetafelkonferensie oor Afrikaans in Amsterdam bygewoon het. “As ons nie radikaal anders gaan kyk na die konteks waarbinne ons Afrikaans se posisie as wetenskaptaal verseker nie, is dit neusie verby,” het Christo van der Rheede van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) aan die gehoor gesê. Van der Rheede het gesê dat Afrikaans as wetenskaptaal...

Is dit JM Coetzee?
Carina van der Walt - 2010-05-18
Dit is ’n bedrieglik eenvoudige vraag, waarmee Nederlanders vier dae lank die 70ste verjaarsdag van JM Coetzee, Suid-Afrikaanse skrywer en Nobelpryswenner van 2003, gevier het. Hy was teenwoordig. Gedurende hierdie tyd het hy ’n Nederlandse koninklike onderskeiding ontvang: hy is nou Ridder in de Orde van de Nederlandse Leeuw. De Balie in Amsterdam was uitgedos met tien identiese afbeeldings van Coetzee met die vraag: "Is dit JM Coetzee?" telkens as onderskrif. Op elke afbeelding...

Amsterdam-tafelronde oor Afrikaans: Rudolf Stehle gesels met Willem Botha
Willem Botha - 2010-05-12
Afrikaans is op 28 Mei vanjaar die onderwerp van ’n tafelronde in Amsterdam. Hierdie eendagkonferensie word deur die NZAV (Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging) georganiseer en deur die Nederlandse Taalunie gefinansier. Rudolf Stehle het met Willem Botha gesels oor sy deelname. Namens wie woon u die konferensie by? As hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Waarom woon u die konferensie by? Alhoewel die hooftaak van die WAT is om die...

Ha!Man: spontane kreatiwiteit
Carina van der Walt - 2010-05-11
Onlangs het Ha!Man, oftewel Francois le Roux, weer ’n keer opgetree in Zuid-Afrika Huis aan die Keizergracht in Amsterdam. Buite was die lenteson die oorsaak daarvan dat baie Amsterdammers met hulle bootjies op die gragte rondgedobber het. Vir ’n oomblik het ek gewonder of ek nie ’n fout gemaak het nie. Dit lyk darem baie verleidelik! Wie is hierdie Ha!Man nou eintlik? My nuuskierigheid het tog die oorhand gekry. Die klein gehoor vul die ruimte. Francois le Roux stel homself...

Lig in die tonnel in die taaldebat
2010-05-10
Lig in die tonnel in die taaldebat. Dis die siening van die Afrikaanse Taalraad en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die aankondiging van die Departement van Kuns en Kultuur dat die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale nog in hierdie jaar voor die Parlement sal dien. Dit is inderdaad ’n saak van dringendheid dat die regering, soos die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vereis, sy gebruik van die amptelike tale met onder meer wetlike maatreël reguleer en moniteer....

US skenk R1 miljoen vir WAT
2010-05-07
Vlnr: Willem Botha, Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die WAT, Leon de Stadler, Jakes Gerwel en Magda Fourie, Viserektor: Onderrig (US) Die Universiteit Stellenbosch (US) gaan R1 miljoen aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) beskikbaar stel. Prof Magda Fourie, Viserektor: Onderrig, gaan op Vrydag 7 Mei die donasie tydens ’n spesiale geleentheid aan die WAT oorhandig. Die US is reeds sedert 1930 die gasheer vir die WAT. Dr Willem Botha, Hoofredakteur en Uitvoerende...

ATR reager op COSAS Gauteng se versoek dat sekere ''rassistiese'' Afrikaansmedium-skole gesluit word
2010-05-05
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het met groot kommer kennis geneem van COSAS Gauteng se oproep verlede week dat sekere “rassistiese” Afrikaansmedium-skole gesluit word omdat hulle ’n “un-original Afrikaans” as onderrigmedium sou gebruik om swart studente op grond van ras uit te sluit. Hierdie oproep bevat sekere stellings en veronderstellings wat die ATR nie onbeantwoord kan laat nie. Die stelling dat Afrikaans nie oorspronklik van Afrika is nie, weerspieël...

Als nie maanskyn en rose in Afrikaanse taaltuin
Rudie van Rensburg - 2010-05-05
Noudat die stof gaan lê het oor Breyten Breytenbach se onlangse voorspelling dat ons in sy leeftyd nog die begrafnis van Afrikaans gaan bywoon, is dit moontlik ’n geskikte tyd om ’n 2010-oudit te doen oor die stand van Afrikaans. Die meerderheid Afrikaanses het Breyten van ’n oormaat pessimisme beskuldig. Want ons jol dan nog só lekker in die taal wat ons saam met moedersmelk ingekry het. Ons sing op rockkonserte, ons lees Rapport en Huisgenoot, en die taal kook...


<< 1 2 3 4 5 6 >>