Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vintage@LitNet

Vintage@LitNet


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Ons 11 September is beter as die Yanks s’n
Yuri Thumbran - 2007-07-13
Vir die Amerikaners beteken 11 September net een ding: moeilikheid. Wel, Suid-Afrikaners kan ook met ’n stukkie geskiedenis op dié dag spog. Ofskoon dit 20 jaar vroeër was, op 11 September 1981. Dit was soos enige lente-oggend in die oorgangsfase van die winter. Dus, die koue oggendluggie het nie juis baie mense bekommer nie. En die bewolkte weer is as normaal beskou. So teen nege-uur die oggend het dit egter begin. Sneeu. In ’n groot gedeelte van die Witwatersrand, die...

27 Maart 1985
Yuri Thumbran - 2007-07-13
Soms kry ’n mens net ’n nare voorgevoel. Dit het ek dié middag gekry. Na ’n afspraak in Braamfontein is ek terug Aucklandpark toe. En John Pearce, die berugte hoofkonstabel van Johannesburg en goeie vriend van Pik, snel in De Kortestraat af. En ek dink hardop: “Hier is iets aan die gang.” Min het ek geweet wat voorlê. Weens die politieke toestand in die land het ’n mens eenklaps aan ’n terreuraanval gedink. Maar toe is dit ’n perd van...

’n Blik in die verlede ...
Liezel Harris - 2007-07-13
Van vreeslik ver terug kan ek nou nie veel vertel nie, aangesien ek maar in 1982 gebore is, maar my kinderdae sal ek altyd onthou, en een ding is seker: Dit was ’n heel ander era as dié waarin my tweejarige seuntjie vandag grootword. Ja, die goeie ou dae toe Liewe Heksie, Pokkel die eekhoring en Heidi my gunstelingstories was. Dan was daar ook die bekende Trompie- en Saartjie-boeke waaroor ek gaande was. Vandag skakel ’n mens die televisiestel vir die kinders aan en tref stories...

Die dag toe Mandela vrygelaat is
Juanita Oostendorp - 2007-07-13
Waar was ek? Op die brug oor die N1, in my shorts met my jongste op die heup ... die enigste een wat as ’n Suid-Afrikaner registered kon word, want die ander twee was Cape coloureds.Ek het so bevry gevoel dat ek dit gewaag het om in my demin shorts op ’n brug te gaan staan om Mandela te verwelkom.As ek net vir ’n oomblik weer daai gevoel van totale bevryding kan ervaar, net kan sê: “I’m free to do what I want”, maar dit is seker ’n halwe waarheid, het...

1967 se hoë tegnologie
Fred Schnetler - 2007-07-13
Dit was ’n wonderwerk wat op Klaas van Dyk se lessenaar gepronk het: min of meer so groot soos ’n tikmasjien, blink en pikswart, ’n stel nommersleutels (1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 en 0), ’n optel-, aftrek-, vermenigvuldig- en deelteken, asook ’n gelykaanteken soos ons in sub A op skool geleer het. Dié masjien van Texas Instruments het met krag gewerk en jy het hom net aangeskakel as jy werk, anders “brand die wyserplaat uit”. Die syfers was sulke helder...

Sprinkane
Toast Coetzer - 2007-07-13
Ek dink dit was 1986. Ek was in standerd 1 in die Voorbereidingskool Cradock. Ons het een keer ’n jaar Boeresportdag gehou op die Rovers-sportvelde, agter die hoofpawiljoen op die B- en C-velde. Ek was altyd goed in die hindernis, waarin jy onder ’n seil moes deurkruip, dan deur ’n leer se sporte, en so aan. Sakresies en hardloop met lepel en eier en driebeenresies was egter nie my forté nie. Aan die einde van daardie jaar se verrigtinge het ons skoolhoof, mnr Joubert,...

Kinderherinneringe uit die 30’s
Anne Pretorius - 2007-07-12
Eendag het daar twee ooms met ’n kar en perde kom kuier. Dit blyk toe oupa Petrus du Preez, wat ek nie op daardie stadium geken het nie, en ’n ander oom te wees. Vreemde mense was maar skaars en ek, nog nie eers vier nie en baie sku, wou nie groet nie. (Oupa Petrus is op 8 Julie 1938 oorlede, ’n week nadat ek vier geword het.) Toe ek uiteindelik naderkom, gee die een oom vir my ’n tiekie (twee en ’n half sent). Vir my was dit ’n groot rykdom. Natuurlik...

Scope, Vontsteen en Choegoe
Yuri Thumbran - 2007-07-12
Die vroeë sewentigerjare het beslis ’n indruk op my gelaat ten opsigte van lees en sensasie. Ek onthou hoe ek as kind deur twee publikasies, naamlik die Sunday Express en Scope, in nuus belanggestel het. Die Sunday Express, suster van die Sunday Times, het met Kit Katzin aan die spits verskeie Regeringskandale oopgevlek, insluitend die info-skandaal wat dr Connie Mulder waarskynlik die leierskap van die Nasionale Party gekos het. Daar was ook ’n pragfotobeeld van sneeustorms...

My lysie highlights and lowlights van die 70's
Steve van Niekerk - 2007-07-12
Die sewenties – wat ’n wonderlike tyd om jonk te kon wees. Die dae van rock musiek, drugs en jong liefde het sekerlik sy littekens op my siel gelos. Hier is ’n lysie van my highlights and lowlights van hierdie tydperk. Eers die highlights: 1) Word as Afrikanerseun ingeskryf by Pretoria Boys High School se Risik House-koshuis. Tot vandag toe een van die beste skole in SA, danksy die onskatbare bydrae deur legendariese onderwysers soos Bob Fair, mnr Abernethy, Tally...

Onrus (Deel II)
Slonsgun - 2007-07-12
In 1988 is my pa en 12-jarige boetie in ’n motorongeluk dood. Vaarwel swottings en Stellenbosch. Nou moet ek gaan werk en omsien na ma, suster en skoolgaande broer. Maar waar kry ’n snotkop met geen kwalifikasies en net ondervinding van fuif en party ’n goeie joppie? Die polisie, natuurlik. So is dit dan maar weer terug na my tuisdorp en aansoek doen by die plaaslike polieskamp, soos dit genoem is. Na psigometriese toetse, waarvoor weet ek nou nog nie, en ’n onderhoud met...

Onrus (Deel I)
Slonsgun - 2007-07-12
Ek het in ’n klein Oos-Kaapse dorpie grootgeword, beroemd in die 80’s vir ’n bul rugbyspan en die lewering van die beste (arguably) senter wat die wêreld ooit gesien het. Die dorp is met ’n ysterhand regeer deur die NG Kerk en die NP, so van politieke kreatiwiteit en godsdienstelike verdraagsaamheid was daar nie veel sprake nie. Die skole het hulle toegespits op die uitbouing van Christelike waardes en die Afrikanerkultuur. Die eerste hoërskoolsokkie is in 1981...

Padlangs, 1980
Daniel Hugo - 2007-07-11
Na ’n lang tyd sien ek weer ’n mede-admissant waar ons toevallig gelyk arriveer by Golden Gate: nie die Hemelpoort nie, maar die een in die Vrystaat. Twee jaar diensplig, die land aan die brand en predikers wat apartheid bly goedpraat het my lus vir toga-dra vir goed geblus. “En,” vra ek pront, “is jy nou ’n predikant?” “Fok, nee!” sê hy. Dit is die soort bondigheid wat ’n mens jare al op die kansel...

Susters van sestig
Zandra Bezuidenhout - 2007-07-11
Desember 1965. Graad onder die arm vertrek ons met die trein na Pretoria. Dis so goed as oorsee! Matiemeisies wat nie trek het vir die onderwys nie, val die ou Transvaal binne op soek na ’n betrekking, so te sê verseker van ’n possie in die staatsdiens, of by een van die “rade”. O, vir die avontuur van ’n eie kamer met wasbak en stort in een van Arcadia se sprankelnuwe privaat hotelle, met roekelose name soos Majella, Aviva, Kincora, Riantes. Daar waar lenige jongmans...

Dallas
Yuri Thumbran - 2007-07-11
Dit was in die vroeë tagtigerjare. En die opskrif van die Rand Daily Mail het uitbasuin: “Who shot JR?” Dit het natuurlik verwys na die gewilde dramareeks Dallas, wat deur die destydse SAUK uitgesaai is. Die intriges rondom die Ewingfamilie het die Suid-Afrikaanse samelewing daadwerklik geraak. Restaurants was leeg op ’n Dinsdag. Hier het die idee ontstaan om pryse op ’n Dinsdag te verlaag. Flieks kon min, indien enige, mense lok en kuier was ook beperk. Tot politieke...

’n Stoof vir vertroosting
Yuri Thumbran - 2007-07-11
Dit is moeilik om ouma Meraai op te som. Ek onthou dat sy blitsig was met haar haakkierie toe ek ’n kind was. Wegkom van haar was min. Dus moes jy luister en nie teëpraat nie. Sy was welsprekend, en enigeen was welkom in haar huis. Daar was egter ’n tydperk toe besoekers beperk is of weggebly het. Dit het ek nie verstaan nie. Ek het later gehoor dat sy ingeperk was – besoekers moes aan die wette van die dag gehoorsaam wees. Die een gedagte wat uitstaan, is haar kombuis....

Die abba-dae
Rika Swart - 2007-07-11
Op my ouma se rug My eerste onthou van die blou Datsunbakkie gaan baie jare terug. Ek het geen idee hoe oud ek was nie, maar ek vermoed dit was nog voor my eerste skooldae. Dit was al sterk skemer en ek en ouma Hebron was met Bloubos se grondpad op pad huis toe in die blou Datsun. Buite het die reën verwoed op ons neergestorm soos net die Vrystaatse donderstorms kan. Ouma het die paadjie maar versigtig benader, want plaaspaaie is vol verrassings as die reën geval het. Wat voorheen gewone...

Ouma Hebron se suikerkoekies
Rika Swart - 2007-07-11
Ek is terug in ouma Hebron se kombuis. Die reuk van die warm koolstoof vul die vertrek as ek met my hande gebak rondom die blikbeker vol moerkoffie sit. Regte moerkoffie – met die lapsakkie gemaak. Daar is koppies in die kas, maar as ek by Ouma kuier, drink ons sommer uit die blikbekers en soms eet sy sommer uit ’n blikbord ook. Sy is nie ’n fieterjasiesmens nie. Langbroeke en gemaklike plat skoene is haar werksdrag, en die enigste juwele is die dungeslypte pand aan haar ringvinger...

Rugby met ’n beesblaas
Rika Swart - 2007-07-11
Daar is ’n hele paar dinge wat ek as Hebronkind gedoen het wat my hoogs ordentlike stadskollegas nooit in hulle wildste drome sou kon glo nie. Ek kan nie help om lekker te giggel as ek dink hoe heelwat van hulle dalk my geestestoestand met baie meer agterdog sou bejeën as hulle maar net geweet het ... Vat nou meer die beesblaasepisodes. Saam met die winter se groot slag (wat ’n heimweestorie op sy eie is) was daar altyd die uitsien na die dinge wat ’n kind se verbeelding aangegryp...

Kaggelvuur in die Vrystaatse winter
Rika Swart - 2007-07-11
Wortels in die vlaktes Dis so deel van jou soos die onthou wat jy in jou hart dra. Jy kan nie op die plaas grootword en nie plaaskind wees nie. Dis ’n annersgeit wat jy in jou saamdra, oral waar jy gaan. Maar dit los ’n leemte in jou wat net die stilword op die plaas weer kan vul. Die verlange vang jou wanneer jy dit nie sien kom nie. Sommerso skielik, met die gewoel van die stad wat nog om jou dreun, voel jy die leegwees oor jou sak. My hart is vanaand voor die kaggel op Hebron....

Die klein blou Datsun
Rika Swart - 2007-07-11
’n Mens se omgee is ’n snaakse ding. Dis iets wat so diep binne sit dat dit nie altyd vir buitemense sin maak nie. Soms is die omgee soveel meer – dis eerder ’n onthou van alles wat was. Dis soos Ouma se Datsun. As daar medaljes vir klein, dapper bakkies sou wees, staan Datsun voor in die ry. Datsun was digby haar dertigs toe haar en die Van der Merwes se paaie onlangs geskei het. Dit was dertig kleurvolle jare, van die dae toe Ouma haar op die grondpaaie mak gery het tot...

Dag van gelykmaking, 25 Januarie 1981
Neil Swanepoel - 2007-07-11
Dis ’n Sondagmiddag soos enige ander in die Karoo. Die laaste tasse word in die kar gelaai vir die kort rit dorp toe. Die son is besig om te verdwyn tussen donderweerwolke wat saamtrek oor die vallei waar ons woon. Ons jongklomp wag opgewonde vir die harde reëndruppels wat nou-nou die vars, skoon reuk uit die stof sal laat ontplof. Net buite die dorp moet ons voor die brug omdraai, want die water het reeds die rivier se walle oorstroom. Ons probeer terugry en besef meteens dat die pad...

Vakansie in Durban
Hector Pienaar - 2007-07-11
Dit is 1961 in Harrismith, die jaar toe ek sewe geword het. Ek het Klaas Vakie gespeel in die skoolkonsert, met ’n rooi-en-groen outfit – die works. Ek het goed gedoen op skool en in my eindrapport het juffrou Schoeman nog geskryf: “Hector is ’n voorbeeldige en hardwerkende seun wat goeie werk lewer en word na standerd 1 bevorder.” Daardie Desember het ons Durban toe gegaan met vakansie, want dit was die tyd wat die fabriek gesluit het en my pa sy jaarlikse verlof...

Ouma se stoep
Yuri Thumbran - 2007-07-09
Ouma se stoep sal altyd ’n teer plekkie by my hê. Ek weet nie of dit tradisie was nie, of dalk ’n lus vir avontuur: Oujaarsaande, ná al die vieringe verby was, kon die jonges sommer op die stoep slaap. Daar was geen kommer oor misdaad nie. Omdat Marabastad ’n hanetreetjie van die stad is, kon jy altyd die interessantse geluide hoor. Van kleins af het die sisgeluid van stoomenjins my gefassineer. Saans het die ou kolosse hard gewerk. Jy kon dit tot...

1959
Santa Topham - 2007-07-09
Wie het ook op laerskool berets moes dra na bidure? Eers wynrooies op Tweeling en toe groenes op Heilbron. Die berets is by Die Brugwinkel op Frankfort of Swopshop op Heilbron gekoop. As jong meisiekind mog ons nie die musiek wat op die stoepe geblêr het, geniet nie. Dit was net so sondig soos om fotoboekies te lees. Daardie musiek en dr Conrad Brandt was die eerste wete van rebellie. Dinsdagaande in ’n koshuis ruik na gebrande hare – almal het reggemaak vir debatsvereniging,...

Die jaar 1965 ... ek, 10 jaar oud
Ria Vorster - 2007-07-09
Ai, die lekker onthou-jy-nogs! Die buurt se kinders het gewoonlik almal saam gespeel. Ons het kennetjie gespeel tot laat, gewoonlik in die stofstraat. Dit was al donker en die ligte was aan, maar niemand was bekommerd nie. Daar is nie daardie tyd kinders gesteel en verkrag waarvan ons geweet het nie. (Aaklighede is hush-hush deur grootmense bespreek; kinders het nie sulke bekommernisse gehad nie!) Ons het toktokkie gespeel sonder om ons daaraan te steur dat ons nou eintlik met rusverstoring...

Herinnering
Reinet Naudé - 2007-07-09
Die jaar toe TV begin het (1975/6) – al die kinders van die straat, klaar gebad en met pj’s, het na die huis met die eerste TV gegaan om Haas Das te kyk. Desembervakansies = waatlemoentyd = grootmense kry krone = kinders moet skywe eet! Inryflieks (nié teater) – weereens klaar gebad en met pj’s; Ma het ’n mandjie gepak en niemand koop by die “keffie” nie. 80’s-musiek. Groot nostalgie ... Reinet Naudé << Terug na...

1971
Louise Greyling - 2007-07-09
Ek roep dit in my geheue op asof dit gister was: 1971, my matriekjaar! Skoolfonds daardie tyd was peperduur, tussen R10,00 en R20,00 per jaar. Onderwysers het ’n salaris van ongeveer R110,00 per maand gekry. Ma het ’n hele groot sak kruideniersware gekoop vir R5,00. Ons het pouses oliebolle gekoop teen 5 sent stuk. Ek het nog fiets gery skool toe, na JBM Hertzog – die laerskool het nog nie bestaan nie. Net as dit reën, sou ek met die bedompige rammelkasbus...

Groen Toring van Babel – gebou met R10-note
Lize Hoogenboezem - 2007-07-09
Ek onthou dat ’n Indiërman ons kar op die plaas kom koop het en cash uitgehaal het ... Dit moes omtrent 1966 of 1967 gewees het. Die grootste note daai jare was tienrande, of so vermoed ek maar, want ek was vier of vyf jaar oud – dit was lank voordat Mammon ’n rol gekry het in my movie. Hy, die Indiërman, het ’n groen Babelse toring op ons tuintafeltjie gestapel. Die tjor wat hy gekoop het? Dit was ’n mongooltjie-blou Chevrolet, met sulke lekker stertvinne...

Die dag toe Nelson Mandela vrygelaat is
Koos A Kombuis - 2007-07-09


Grafskrif
Jaco Botha - 2007-07-09
Daar loop ’n toutjie, ’n draad, tussen daar en daar – tussen dít waaroor jy nostalgies voel en dít waarna jy nog uitsien. Daar en daar beweeg nader en dan weer verder van mekaar – dít is wat jou laat klou aan die tou terwyl jy verbete vorentoe woer-woer. Wat ek nou met soveel helderheid onthou, is 1977 – 30 jaar gelede. Ek en Sagrys staan teen die lyndraad tussen Kabouterland en die Plotte Caffie. Ons is onderskeidelik vier en vyf jaar oud....

Wat vertel jy my nou!
Die ''huisdoktertjie'' van 1963 - 2007-07-09
In saal 5B, die “nieblanke-vrouesaal” van Karl Bremer Hospitaal, is baie ure van die dag deurgebring en die jong huisdokter het geheg geraak aan die pasiënte en hulle aan hom. Die ritueel van soggens op saalrondte kom het vriendelike glimlagte op hulle gesigte gebring. Hierdie dapper vroue was ’n voorbeeld vir ander pasiënte en die jong huisdokters. Hulle het min gekla, en was vriendelik en dankbaar vir elke klein diens of aandag wat hulle ontvang het. Was dit omdat...

Ek onthou hoe apartheid in 1965 geruik het
Frederik de Jager - 2007-07-09
Ek onthou die stoepkamer in ons huis in Lichtenburg waar ek as seuntjie sonder traliedeur geslaap het. Elke aand teen nege-uur moes ek kamer toe: uit by die voordeur, oor die rooi stoep, hoor die fluit, ruik die frangipani by die trap, en in die kamer met jou. Watse fluit is dit, Mamma? Dis dat die swartes uit die dorp moet wees. Hoekom? Sommer. In dieselfde tyd hoor ek ’n vrou hoog gil in die dorp; ek sien haar hardloop en hoe sy soos iemand buite beheer in ’n oliekonka probeer...

Die goedheid van dae
Duimpie se kind - 2007-07-09
Net een kykie of een reukie en daar trippel jy terug op memory lane … Die tyd wat wil-wil bly vassteek in my geheue, is toe ons klein kindertjies was. Dit was in die jare 60, die begin van verandering in politiek en baie ander dinge in Suid-Afrika, maar ek sal dit onthou as die goeie, sorgelose dae. Deels omdat ons nog onnosel, sorgelose kindertjies was en deels omdat jou kinderlewe altyd wonderliker is as jou grootmensdae. Daai jare het grondboontjiebotter-en-brood anders...

Sandsteengeboue in Bethlehem
Deon Knobel - 2007-07-09
Dis jammer my ma leef nie meer nie. Sy sou jou baie van die sandsteengeboue van die ou Bethlehem kon vertel. En ek moet tog vir jou ’n opname maak van my oupa, eerwaarde Roux, se stem waar hy vertel hoe talle van die geboue deur die bouer Louis Ferdinand le Seur gebou is. Oupa het altyd vertel hy was ’n “Masbieker, ’n Franse Kreool” wat as politieke vlugteling uit Madagaskar na Suid-Afrika gekom het; hoe hy leer klip kap en bou het, en hoe hy toe die bekende bouer...

Die besoek van die Koningsgesin in 1947
Deon Knobel - 2007-07-09
Wat die besoek van die Koningsgesin in 1947 betref: Ja, ek onthou dit goed, om ander redes as die opgewondenheid om hulle in lewende lywe te sien. Ek was agt jaar oud, en by die skool het elke leerling (dit was die goeie ou dae van leerlinge en nie leerders nie – nie alle leerders leer tog nie) ’n gedenkborsplaatjie van metaal gekry. Toe ons daarmee by die huis kom, het ons kwaai Broederbondpa ons duidelik laat verstaan dat dit nie by ons Afrikanergesin tuishoort nie. En enige...

Musieklewe in die eertydse Bethlehem
Deon Knobel - 2007-07-09
Ek het wonderlike herinneringe aan my vroeëre musiekervarings in Bethlehem. Dit was die goeie ou dae, toe internasionale uitvoerende kunstenaars Suid-Afrika nog gereeld besoek het. Al was dit ook teen die einde van hulle loopbane, was dit ten minste nog van hoogstaande gehalte en nie so pateties soos die ou Pavarotti nie. Sy opgesmukte gesig en swartgekleurde hare laat hom werklik effens karikatuuragtig lyk. Alhoewel die meeste van die konsertprogramme nog in my besit is, is daar ongelukkig...


<< 1 2 3 4 5 6 >>