Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vintage@LitNet

Vintage@LitNet


<< 1 2 3 4 5 6 >>

1991 – Bush, Dammler, dagga en Hendrix
D Kahts - 2007-08-02
Die vroeë 90’s was die tyd van vele kleedrepetisies vir die nuwe Suid-Afrika. Baie van hierdie preludes was maar nog ’n bietjie lomp en deur trial (excuse the pun) en error is die hele transformasie gerehearse tot en met die CNN-oomblik van Madiba se vrylating. 1991 was ook die jaar wat die Bush-familie eerste met Saddam Hussein begin skoorsoek het, en mens kon dit ook op CNN besigtig. Na aanleiding van ’n Nostradamusvideo wat die mediajuffrou ons gewys het, het ons almal...

Die grappie sonder ’n punch line
D Kahts - 2007-08-02


Die vyftigerjare: hemel van sand en see
Zandra Bezuidenhout - 2007-08-02
In die vyftigerjare het ons ’n hele jaar lank uitgesien na die CSV-stranddienste langs die ou strandpawiljoen. Daar was later jare en op ander plekke ook stranddienste, maar ek glo nie ooit so uniek soos dié in die destydse Somerset-Strand nie. Elke Desembervakansie het mense soos oom Wilhelm met die sagte gesig en die oë van ’n engel so lieflik met die kinderskare gepraat van die sandpreekstoel af terwyl die bries deur sy Bybelblaaie fladder. Ek sien nog sy mooi gevormde...

Vroeë tagtigs: Vet Pieter word toe rooi en toe groen
Leon Botha - 2007-08-02
Ou vet Pieter was eintlik Hugo (my broer) se maatjie, amper so vet soos Hennie (ook Hugo se maatjie), maar hulle was eintlik almal maatjies. Ons was almal saam op Laerskool Vastrap, Rustenburg. Pieter se ouers was die eienaars van die Ananda Vakansieoord net buite Rustenburg. Hy het ons, vir my en Hugo, baie vermaak. Hy was die eerste mens wat ek gesien leef het nadat hy hondepellits vir ontbyt geëet het. Maar ou vet Pieter het sy tuisgemaakte bomme gelike. Swembadchloor, salpeter, swael, ’n...

’n Vyfsenttoebroodjie
Yuri Thumbran - 2007-08-02
So ’n paar maande gelede is Ebrahim Saint oorlede. Hy was bekend as een van die min kleremakers in Eersterust. Hy het bekend geraak as Ahbam. Oud en jonk, vet en maer, lelik en mooi het hom so genoem. Wat min mense besef, is dat hy soveel politieke insig gehad het. Hy was ook ’n vertroueling van die ouer garde in ons familie. En hy het baie keer die politieke denke beïnvloed. Vandag wil ek egter ’n ander aspek van Ahbam, die sakeman, besing. Lank voor Eersterust so uitgebrei...

Die koningsbesoek, 1947
Fred Schnetler - 2007-08-02
Toe die reisplan van die Britse koningsgesin se besoek aan Suid-Afrika in ’47 bekend gemaak is, het die hoof van die tweemanskooltjie op Coetzeestroom, mnr Gerrit Breyl, besluit dat Coetzeestroom se leerlinge ook die geleentheid moes kry om Nelspruit toe te gaan om na koning George VI en sy gesin te gaan kyk. Reëlings is met die streekkantoor van Bosbou getref sodat die kwekerylorrie, ’n ’41-Ford, beskikbaar gestel kon word om die leerlinge tot op Nelspruit te bring. Willem...

My stukkie uit die jare toet
Diana Ferrus - 2007-08-02
Hierdie is ’n stukkie uit my boek wat oor ’n jaar of so sal uitkom: Verwoerd is gesteek op die dag wat ons The birds van Alfred Hitchcock gaan kyk het. Dit was een van daai fondsinsamelingspogings van die skool waar al die kinders twee kaartjies gekry het om te verkoop en die geld teen ’n sekere tyd moes hê, ongeag wat ook al. My ouma was die een wat altyd voor by haar borste moes inkrap, die swart sakkie sou voortbring en skel-skel die geld na ’n bitter lang tyd in...

1961 – Eendsterte en ander bedreiginge in ’n “eenpartystaat”
Mike Olivier - 2007-08-02
As gebore stadsjapie het ek dikwels verkeerdelik gedink dat ons een of ander “voorsprong” bo plattelandse familielede het. Die rede was seker omdat ons aan soveel meer gebeure in ’n groter verskeidenheid fasette van die gemeenskapslewe blootgestel is. Nefies op die plaas in die Klein Karoo het nie saam met ons gesien hoe die Hertzogtoring 24 uur per dag in Brixton verrys nie. Ligte het regdeur die nag gebrand waar gietbeton aanhoudend vorm gegee het aan dié baken van alle...

1939: Ons kry ’n yskas
Fred Schnetler - 2007-08-02
Op New Agatha het ons ons eie groentetuin gehad en vleis het ons twee keer per week van die slaghuis op Tzaneen gekry wanneer Johannes Ramaipho die pos gaan haal het. Melk was daar oorgenoeg, want ons het ons eie koeie gehad, wat my pa soggens en saans gemelk het. My ma het lekker ryk, geel plaasbotter met baie sout in gemaak en haar eie brood gebak. ’n Yskas het ons, streng gesproke, nie juis nodig gehad nie. Maar toe kom die Oorlog en die onsekerheid wat daarmee saamgaan. Een einde van...

Ontgroening in die vroeë 80’s
Leon Botha - 2007-08-02
Standerd 6, Hoërskool Bergsig, Rustenburg, 1981. Die matrieks het so groot soos my pa gelyk; ons was maar nog kinders. Elke matriek het ’n paar “wurms” gehad wat aan hom moes rapporteer. Ek kan nie die matriek se naam onthou nie, maar generiese sketse van die Kinderbybel se duiwel is na genoeg om my, die wurm, se matriek te beskryf. Die ou het ook ’n moesie en ’n haakneus en ’n bloubaard om sy lang kennebak gehad. Ek was bang vir hom. Sampie was my beste...

Blantyre, 1995: My eerste sigaret
Ruan Kemp - 2007-08-02
1995 was ’n belangrike jaar in die geskiedenis: Ek was in standerd nege, ouer kinders het my nie meer geslaan nie, en ek was jags. Die eerste week in Julie het vyfduisend mense by Hatfield Christian Church in Pretoria bymekaargekom vir die Love Southern Africa-sendingkonferensie, ’n vier dae lange geprekery en gesingery en gebiddery. Die Springbokke is geprys vir die Wêreldbekeroorwinning. Madiba is geprys omdat hy ’n wit man se rugbytrui aangetrek het en daardeur ’n...

Vetkoek vir die grootmeneer
Izak de Vries - 2007-08-02
Dit is April 1987. Wanneer in April weet ek nie meer nie, maar dis waarskynlik naby die einde van die maand. Daar is ’n moerse staking aan die gang. Die swart mense wat vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H) werk, staak. PW sit nog stewig op die troon, sy stywe vinger sweer wraak en sy gek tong lek nog wonde oor die Rubicon wat hy nie kon oorsteek nie. Ek is agtien. Ek het drie maande gelede my rybewys gekry. Ek het kort voor my rybewys die eerste keer regtig, soos...

1944: My droommotor
Fred Schnetler - 2007-08-02
In die Oorlogsjare (dis nou Wêreldoorlog Twee) kon ’n mens geen nuwe motors koop nie. Altans nie van ’42 af nie, want gewone passasierskarre is toe net eenvoudig nie gemaak nie. En as jy ’n plattelander was soos ek, en van karre gehou het, het jy maar min geleentheid gehad om iets te sien wat werklikwaar anders was. Ons karre was Chevs en Fords en Plymouths – en af en toe ’n Dodge, ’n Mercury of ’n Buick, effe duurder variasies op die Chev-Ford-Plymouth-tema. My...

Die jare dertig: Bosbounedersettings
Fred Schnetler - 2007-08-02
Langdurige droogtes in die jare twintig en die Groot Depressie van die vroeë jare dertig het dít wat destyds deur die politici as die armblankeprobleem bestempel is, vererger. Desperate gesinne het na Lichtenburg se delwerye gestroom met die hoop om ’n paar diamante uit te grawe – net om die maand se kos te koop. Ander het in agterplase in Johannesburg se agterbuurte geplak, hopende dat hulle een of ander werk sou kon kry. Al daardie mense was min of meer ongeletterd en kon...

1970
Liza Flemming - 2007-07-26
1970. My eerste jaar ná hoërskool; as eerstejaarstudent in die kunsskool van die plaaslike technikon. My naels is gepoleer met Mary Quant se politoer en poetskussinkie. Die ondernaels met ’n wit potlood gekrap – lyk kompleet soos vandag se french nails! Net meer natuurlik en mooier. Ek dra amper geen grimering nie, net ’n baie ligte glimmerstiffie op die lippe, maar die oë is opgemaak soos die mode vereis: swart omlyning met hope maskara sodat die oogwimpers...

Lag-lag deur die 80’s
Tertius Kapp - 2007-07-25
Man, die 80’s was opwindend. Opwindend soos dit net kan wees as jy nie die werklikheid van die bedreiging verstaan nie. Grensvegter-fotoverhale was Angola, die grusame onwerklikheid van ’n necklace was die noodtoestand, en in plaas van aan-aan het ons “gee die AIDS aan” gespeel nadat ons aan Vuil Willie gaan vat het. Ek dink ek was in standerd drie – dit was seker al 1990; ek is nie seker oor die datums nie – toe ek Daniël Celesi genooi het om...

Oor kampe, Kombuis, kunswedstryde en kaki
Gielie Hoffmann - 2007-07-25
Dit was die jaar wat Voortrekkers by my laerskool afgeskaf is danksy ’n tekort aan belangstelling. Die plaasvervangerjeugaktiwiteit, gelei deur ’n charismatiese tannie, het nog vinniger gesneuwel. Vandag is ek nog steeds sonder koers en heenkome. Dit was die jaar wat my pa en ander ooms patrollie gery het: voor, in en agter die skoolbus, gewapen en in kaki, ’n moontlike terroriste-aanval om elke hoek en draai. Vandag wil ek net die blou, blou berge onthou. Dit was die jaar...

Die man met die nat reënstewels
Naomi Meyer - 2007-07-24
Junie 1999: Carbisdale Castle-jeugherberg, Skotland.Middernag. Die jeugherberg se deure is gesluit. Die dosyn of wat inwoners het almal reeds gedwee gaan slaap. Ek en die veearts uit Switserland het pas die sonsondergang op dié wolklose aand bewonder en kies nou koers teen die trap op. Net voordat ons bo kom, kry ek die gevoel dat ek moet omkyk. Onder by die trap staan hy: ’n doodgewone bejaarde man met nat reënstewels. Grys hare, dieselfde kleur as sy oë.Die volgende oggend...

1969: Padkafee-kultuur
Mike Olivier - 2007-07-24
As tiener het ek naweke by ’n padkafee op die Wesrand kelnerwerk gedoen. Só kon my skoolgeld (’n formidabele R6,00) ook uit dié verdienste betaal word, aangesien finansies maar knap was tuis. Verbasend dat ek die spyskaart se detail nog so goed kan onthou, en ook sommige van die gereelde kliënte. Die eienaar van die padkafee en die motorhawe langsaan was ’n trotse Afrikaner wie se taalvoorkeur ook in die spyskaart gereflekteer is, al het sommige kliënte...

Die winter van 1967
Margarethie Bredenkamp - 2007-07-24
Die glas voor my bed is leeg. Nou is daar geen genade nie: Ek sal moet opstaan om by die kraan te gaan water drink. Hierdie vakansie is ek en Annatjie groot genoeg om in die stoepkamer te slaap, het ouma Emma gereken. Die twee niggies saam op die dubbelbed: sagte winterlakens, dan harde, swaar, krapperige wolkomberse en bo-op ’n verekombers. ’n Biltongdors moet geles word. Aan die dele van my gesig wat uitsteek, kan ek voel dat dit bitter koud is. Die fyn yskristalle wat saam met die...

Die negentigerjare
Leon-Ben Lamprecht - 2007-07-24
Ek was sewe jaar oud toe 1990 aanbreek. Van dreigende burgeroorloë, onluste in die townships en paranoïese Afrikaners wat blikkies kos en toiletpapier opgaar, was ek, indien enigsins, slegs vaagweg bewus. Wat ek wel onthou, is etlike ure se lag vir ’n Leon Schuster-program toe die All Blacks vir die eerste keer in jaaaare weer in Suid-Afrika kom toer. Ek onthou hoe ons rugbykaarte uitgeruil het. So patrioties was ek dat ek my Grant Fox-kaart uitgeruil het vir een van Lood Müller,...

Oestyd, 1945
Jan Fourie - 2007-07-24
Middag bring Oupa kos met die perdekar. Die mandjie dekkers word afgelaai en aan die skadukant van die wa gepak. Aron deel die kos uit. Hulle eet rugstring, aartappels en rys, en brood in sous geweek. Elkeen soek ’n skadu’tjie onder die gerwewaens en eet in stilte. Pa gaan solank die siwwe na en eet sy middagkos sommer so “in die hardloop”. Na ete word die laaste wavrag gerwe uitgedors en ’n halfuur later skop die McCormick W30-trekker blou rookdampe uit op pad na...

’n Ou verpleegstertjie!
Ina Dreyer - 2007-07-24
1966: Dom, beskermd grootgemaak, net matriek geslaag. Wil nie onderwyseres word nie – begin liewer verpleeg in die destydse HF Verwoerd Hospitaal. Moeilike dae. Met ’n la-a-ang, tot by die enkels reikende bokseil (uniform) aan, gestywe en spierwit van aangesig en gestalte, betree jy ’n hospitaalsaal (sal maar nie sê waar nie, netnou is daar nog oorlewendes wat eise wil instel) om jou eerste slagoffer te ontmoet. O wee, dis ’n ou oom! “Nou toe nurseNel! Wat staan...

1940’s: Skrywers en my pa
Fred Schnetler - 2007-07-24
In die oorlogsjare moes my pa, wat die bosbouer op New Agatha naby Tzaneen was, ook elke jaar enkele maande op patrollie gaan om toe te sien dat niemand bome op staatsgrond afkap of jag nie. Die veldwag vir die streek tussen die platorand en die Kruger Wildtuin tussen die Letaba- en Olifantsrivier was een van die manne wat aangesluit het om in Noord-Afrika te gaan veg, en daar was net niemand wat sy plek kon vol staan nie. Petrol is gerantsoeneer en my pa en sy handlanger, Jan Madebeyane, het hulle...

Die sestigerjare: Die dag toe ek dr Verwoerd ontmoet het
Charl - 2007-07-24
Ek wonder hoeveel van julle wat nou hier lees, het ooit persoonlik met dr Verwoerd kennis gemaak. Ek het as hoërskoolseun dikwels daardie voorreg gehad, want ek het in sy kiesafdeling, Heidelberg, skoolgegaan. My eerste ontmoeting was egter by die Uniegebou in Pretoria in die lente van 1963. Ons het by vriende gekuier. Dinge by die huis het ons begin verveel en ons jongklomp het besluit om in die nabygeleë tuine van die regeringsetel te gaan rondloop. Ek het my pa se 35 mm-kamera (sonder...

Die vyftigerjare
Charl - 2007-07-24
As ek terugreken, moes ek ongeveer in 1958 in standerd twee gewees het. Laerskool Brits. Die jaar waarin ek my eerste fiets gekry het. Daardie tyd moes ons saans vóór die dorp se negeuurfluit geblaas het, bed toe gaan. Die fluit is aan ons voorgehou as “Klaasvakie se fluit”, maar mettertyd het ons agtergekom dat die doel daarvan was “om die swartes van die strate af te kry”. ’n Aandklokreël het dus in daardie jare op ons dorp gegeld. Voor ons kon...

Die vyftigerjare: Visvang by die Hartebeespoortdam
Charl - 2007-07-24
My oupa en ouma Gustafson – grootouers aan my ma se kant – was twee uitsonderlike mense. Hulle het swaar grootgeword. As ek reg onthou, was Oupa die enigste van sewe boeties en sussies wat ’n Engelse konsentrasiekamp oorleef het. Ouma-hulle – hulle was Visagies – daarenteen, is nooit deur die Engelse gevang nie; hulle was die ganse oorlog aan’t vlug, meestal met ’n ossewa. Oupa Gus het net tot standerd vier kon leer; toe moes hy uitspring en gaan werk....

Hillbrow, 1988: Kaffers, punks, en ’n fokken moffie
Ruan Kemp - 2007-07-24
Die Nu Metro-teater in Hillbrow se skerm was so groot soos ’n inry s’n. Omdat daar niks in Fochville gebeur nie, het ons elke dan en wan die uur en ’n kwart Johannesburg toe gery in my pa se seepgroen drieliter- Ford Sierra-stasiewa om te gaan fliek. Een Vrydagaand in 1988 is ons saam met dominee Brink en ’n paar diakens betrokke by die KJA, die jeugvleuel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, en hulle gesinnetjies op ’n verspiedingstog: om te kyk of Steven Spielberg...

Herinneringe van die Voortrekkermonument
Fanus Rautenbach - 2007-07-24
In 1938 was dit ook die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Al die tienjarige kinders van die land het in ’n massakoor gesing. Die dirigent was mnr Kosie Jooste, die hoof van Linden se skool. Ons duisende der duisende kinders het onder andere “O Vader, ons nader u troon in gebede” gesing, asook “Excelsior”! Ons duisende koorsangers het in army-tente op Monumentkoppie gekamp. Ek kan onthou dat ons eerste ete fyngemaakte ertappels (meshpetyters) en maalvleis...

My eerste herinneringe
Fanus Rautenbach - 2007-07-24
My eerste herinneringe van my ouers is toe my ma my jonger sussie verwag het – Marie. Ek was twee jaar oud. Ek het duiwe gehad en alles van voortplanting af geweet; ek het byvoorbeeld gesien hoe die mannetjie eers pronk en “vlerk sleep” (dis waar “vlerksleep” vir “aanlê” vandaan kom) voordat hulle gepaar het, en tog het my ma volgehou met die storie dat duiwe en honde en katte agter die berg gehaal gaan word; die kindertjies was apies en hulle sterte...

Vyftig jaar sedert Spoetnik: ʼn Reeks “onthou-geleenthede”, verbind deur ʼn enkele tema: die ontluikende ruimtetegnologie
Christo Viljoen - 2007-07-24
Dit is vanjaar ʼn halfeeu gelede. Ek was ʼn derdejaaringenieurstudent op Maties. Ons koshuisbrakke het ons so een keer elke kwartaal die luukse van ʼn Sondagmiddagete in die Panoramarestaurant in Andringastraat (regoor die stadsaal) gegun om weg te kom van die geykte koshuisetes. Vir drie sjielings en ses pennies (35 sent in vandag se taal) kon jy ʼn driegangmaaltyd geniet, van sop tot hoofgereg en poeding, wat die naaste aan Ma se Sondagetes gekom het. Die wêreld het die...

Die sewentigs ... Bruines wys hulle kan vermaak
Yuri Thumbran - 2007-07-24
Suid-Afrika se geskiedenis word soms te negatief beoordeel. Daar is oomblikke, indien jy terugdink, wat jou beslis laat glimlag. Een aspek hiervan is die vermaaklikheidswêreld, waar bruin kunstenaars, ondanks apartheidswetgewing, geblom het. Voor in die koor was Richard John Smith, wat ’n deurbraak gemaak het deur die eerste bruin kunstenaar te word wat ’n nommer 1-treffer op Springbokradio se top 20 gehad het. Ek wonder hoeveel onthou “That’s why I love you”. Richard...

Laerskool Kreft in Kempton Park in 1964
Kleinboer - 2007-07-23
Ons onderwyseres in standerd 1 (deesdae word dit graad 3 genoem) was juffrou Crous. Sy was kwaai, en het ’n dik stuk leer gehad wat aan ’n houthandvatsel vas was waarmee sy kinders geslaan het. Ek en my tweelingbroer was haar witbroodjies, seker deels omdat ons ma ook daar skoolgehou het, en ook omdat ons punte in ons vakke goed was en ons soet was in die klas. Sy het my net een keer aangesê om te buk, en toe slaan sy my nie op my boude nie, maar laat die stuk leer bloot agter...

Die sewentigs ... Bruines wys hulle kan vermaak
Yuri Thumbran - 2007-07-23
Suid-Afrika se geskiedenis word soms te negatief beoordeel. Daar is oomblikke, indien jy terugdink, wat jou beslis laat glimlag. Een aspek hiervan is die vermaaklikheidswêreld, waar bruin kunstenaars, ondanks apartheidswetgewing, geblom het. Voor in die koor was Richard John Smith, wat ’n deurbraak gemaak het deur die eerste bruin kunstenaar te word wat ’n nommer 1-treffer op Springbokradio se top 20 gehad het. Ek wonder hoeveel onthou “That’s why I love you”. ...

Uit my memory box ...
Abel Kraamsaal - 2007-07-23
Onwillekeurig spring my gedagtes terug na 15 vC iewers op ’n perd, maar kom ons hou dit in hierdie lewe! Die eerste memory wat by my opkom, is op my ouers se stoep. Ek en my girlfriend Rene, al twee omtrent vier jaar oud, onder my ouers se granaatboom met ons skooltassies. Ek kan nie mooi onthou of dit die begin of einde van die skoolkwartaal was nie, maar die granaatboom was simbolies van ons toekomste, glo ek. My tydnaald spring na die hoek van die straat. Ek en my plastiekkitaartjie,...

Onthou jy nog?
Annette - 2007-07-23
Lank, lank gelede voor TV-speletjies, dwelms en vigs? Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park of saans; van die kafee op die hoek; hop scotch vir meisiekinders; alie-tyd by die skool; touspring, klippie, handstands en donkie; krieket in die groot agtertuin; Haas Das se nuuskas vroegaand; swem in die rivier; kamp op die strand; ’n swaai aan die groot appelkoosboom, gemaak van tou met tamatiekasplank vir sitplek; rugby op die oop stuk veld; tennis in die straat. ...

Petisie in die kunsklas
Henry Cloete - 2007-07-23
1997. Laerskool Eikestad, Stellenbosch. Kuns is maar een van vele klasse waar my persoonlike aspirasies baie hoog was, maar die resultate om een of ander rede net nooit wou oorvleuel met my barstende kunstenaarshart nie. Ek dink baie ander leerlinge het dieselfde gevoel – een sproetgesigseun het selfs sy oor afgesny om die juffrou te beïndruk en haar te oortuig dat daar ’n kunstenaar in hom is. Hy is redelik vinnig geskors. Oukei, dis nie waar nie (die oor-ding – hy’s...

Margaret Thatcher se gradeplegtigheid by RAU
Deidre Golding - 2007-07-20
Sy was en is nog steeds een van die grootste rolmodelle in my lewe. Wie kan hierdie invloedryke vrou ooit vergeet? Ek was wel maar baie jonk toe sy die Britse Premier was, maar ek het toe al geweet dat sy gewis nie ’n katjie was wat sonder handskoene aangevat kon word nie. Sy was voorwaar die Ystervrou van wêreldpolitiek. Een van die onvergeetlikste oomblikke wat ek as jongmens kon ervaar, was die voorreg om haar by RAU te ontmoet toe ek nog daar studeer het. Ek was die Hooforganiseerder...

Die 60’s en 70’s
Annette - 2007-07-20
Onthou julle nog: - Gerhard Viviers se rugbykommentaar; - almal wat laatnag om die “valve”-radio sit en luister na verkiesingsuitslae – en die stilte wat neergedaal het wanneer ons die toe-toe-toe-toe-sein hoor wat ’n berig voorafgaan; - Staal Burger en Willem en Dada my doedie; - hoe dié van ons wat in Engelse skole was, nog “God save the Queen” gesing het by “assembly”; - Republiekwording en die vlaggie wat elke skoolkind so lustig...

Ek onthou die sestigerjare
Lynnette Veldtman - 2007-07-20
Vir my was die sestigs iets spesiaals om te onthou ... opwindend, ontstellend! Ek matrikuleer in 1961 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck – ’n besondere jaar vir ons skool, want ons was die eerste matriekklas wat in die nuwe skoolsaal matriekafskeid gehou het. Ons mag niks teen die mure geplak het nie. In Mei 1965 trou ek in die Groote Kerk. Ek was in daardie tyd werksaam in die naslaanbiblioteek van Die Burger, toe nog in die gebou met die adres Dorpstraat 1. Onder die befaamde redakteurskap...

Ek onthou die maanlanding
Daleen Wiegmans - 2007-07-20
Ek onthou baie goed hoe ons in 1969 op ’n plaas in Mooinooi, naby Rustenburg, om ’n mieliestronkstofie gesit en geluister het na die maanlanding. Ek was nege jaar oud. “Liewe maan” se betekenis was daarna vir my net nooit weer dieselfde nie! Gedurende daardie tydperk kon mens by die roomysfietse roomys koop en kaartjies van die ruimtemanne, spoetniks, Laika die ruimtehond, ensovoorts, kry vir ’n tiekie per roomys! Onthou iemand nog die lekker “zoom”-roomys...

Die sestigs – ek onthou
Daleen Wiegmans - 2007-07-19
Waar gaan my kop met my heen nadat ek die insetsel van Vintage@LitNet oor RSG gehoor het! Ek is ’n 60’s-baba en kan soveel dinge uit daardie jare en die 70’s onthou. Met rugby vandag so baie in die nuus, kan ek nie anders nie as om met heimwee terug te dink aan die radio, rugby en my (oorlede) pa. Ons het ’n groot “valve”-radio gehad – mens moes letterlik wag tot dit opwarm voordat jy daarna kon luister. Natuurlik was daar nog nie televisie nie...

1982: Die Kerklike Jaar
Nathan Bond - 2007-07-19
1982. Voortrekkerhoogte. ’n Opslaanklaskamer langs die barakke van die Presidentswag. ’n Majoor met pers epoulette sê vir ons om by die Kerklike Jaar te hou. Dis belangrik, sê die majoor met die pers skouerbelegsels, dat ons in ons bediening aan die troepe by die Kerklike Jaar moet hou. Operasie Meebos. “Vind en vernietig.” In Cuvelai. Dis belangrik, sê die majoor met die pers skouerbelegsels, dat ons in ons bediening aan die troepe by die...

Ek sal blomme koop, sonder geld
Welma den Haan - 2007-07-19
Lank gelede (November 1999) het ek by ’n wynplaas, Delheim, buite Stellenbosch gaan eet en die natuur ingedrink saam met die heerlike wyn van die plaas. Dit was in ’n tyd toe ek nog reise saam met my beste maat aangepak het. Toe ek dus nou (2006) weer daar gaan eet, was dit so asof ek op ’n bedevaart was. Ek het die heerlikste wyn gedrink en forel geëet, en koffie en ’n koeksister agterna. Ek het die blomme op die plaas beleef en die plante raakgesien wat ek...

Op die plaas by Oupa en Ouma – die sewentigerjare
Kitty Kruger - 2007-07-18
Naweke by Ouma en Oupa op die plaas – dis wat ek van die vroeë sewentigerjare onthou. Op pad soontoe stop ons op Potch by die kafee vir ’n feesmaal van die rooiste rooi, souterige Weense worsies en slap chips, alles toegedraai in koerantpapier. By Turkstra se bakkery koop ons vars brood om saam te vat vir die mense op die plaas. Die laaste skof is stamperige grondpad tussen mielielande deur, en dan, uiteindelik, die blink van die rooi sinkdak in die verte. Vir stadsjapies soos ons...

Weermag in Mamelodi
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2007-07-17
Ek is agtien jaar oud. Dis 1988 en ek is in Mamelodi, die township ’n paar kilometer van Meyerspark, waar ek grootgeword het. Dis my eerste jaar van diensplig. Die basis is op ’n rantjie aan die agterkant van die township. Langs die basis, bo-op ’n reservoir, is ’n teleskoop gemonteer. Ons kry wagbeurte om die mense daar onder dop te hou. As ons iets verdags gewaar, moet ons die bevelvoerder met die radio laat weet. Deur die lens vind ek Madeleine Coetzee se ouers se...

1939: John McCallum se broeke
Fred Schnetler - 2007-07-17
My pa was bosbouer op New Agatha naby Tzaneen; trouens, dit is hy en Frank Stapleton wat die plantasie beplan het en toegesien het dat die bome geplant word. Ons bure was almal Engelssprekend. Reg oos van ons, waar die Coach House Hotel deesdae is, het Shamus en Kathleen Tyrrell gebly. Onder in die vallei was Jim Cousins en aan die westekant Munro en Shipster. Reg noord van ons was John McCallum, wat van Tomintoul in Skotland gekom het. Ek en my sussie kon van kleintyd af redelik Engels...

Toe die kleur van die see verander het - 1949
Lidia Theron - 2007-07-17
Dis net op Saterdagoggende dat die see so mooi is. Dis ’n blou wat seermaak, soos die mooiste blou in my waterverfblik. Op ses is mens nog te klein om te weet dat die dag van die week niks met die kleur van die see te doen het nie. Omdat die straat waarin ons bly sommer teen die strand was, kon ek sien hoe uitgelate die brandertjies op die strand speel. Ek het gedink aan die dag toe ek amper verdrink het. Die bang van daardie dag toe die brander my omgeslaan en ingetrek het, stoot weer...

My pa het met die klei gespeel ...
Bertie du Plessis - 2007-07-17
Speelklei onder die handelsnaam Plasticine het jy in die jare vyftig van die vorige eeu in plat kartonpakkies gekry, in strokies van so 10 cm lank met riffels soos ’n sinkplaat en ryk primêre kleure: rooi, geel en donkerblou. My pa het soms onverwags in die middag van die werk gekom met ’n pakkie of twee; maar nie vir my om mee te speel nie – vir hóm. Saans na aandete is die bruin imbuia-eetkamertafel met die bal-en-klou-pote afgedek en met bruinpapier bedek,...

1992 – 1994: ’n Onrustige tydperk
Amelia Mulder - 2007-07-16
Om in die annale van die geheue te gaan rondkrap, gee soms ’n gesukkel af. Dis moeilik om die legkaart te bou met los drade wat hulle daarteen verset om saamgeflans te word. Ek het my probeer herinner aan die tydperk van onrus met die aanloop tot die 1994-verkiesing. Maar herinneringe is onbetroubaar – ongebonde aan die orde van chronologie. So wou dit byvoorbeeld die bomontploffings in Kaapstad by daardie tydperk skaar. Maar nee, besef ek dan. Dit was eers jare later. In 1999,...


<< 1 2 3 4 5 6 >>