Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vintage@LitNet

Vintage@LitNet


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Die mooiste herinnering aan my jeug in Afrika: Die held van my drome
Ellen Botha - 2007-10-09
Dis in my matriekjaar, Julie 1959, dat ons pa genooi word om ’n toespraak op Stellenbosch te gaan lewer. Ons vertrek uit die Vrystaat met sy vaal, plat vlaktes voor ons uitgestrek. Pa en Ma sit voor, met die drie dogters soos sardientjies agter in die Pontiac gepak. By voorbaat gewapen met Panado’s vir die hoofpyne wat so seker as môre heeldag gaan kom wanneer Pa met sy minder as goeie bestuursvernuf én hoogtevrees Du Toitskloof-pas agter die stuur moet aandurf....

Oor die grens, noord in Angola
Bobbejaanboer - 2007-10-09
Aanvanklik, vir die eerste 400 km of wat noord in Angola in, het ons bedags gery, laat saans gestop en vinnig kamp gemaak om môre weer met dagbreek noord te ry. Vorder maar stadig, want dis digte bos en dik bome – plekke waar daar vir baie jare geen voertuie was nie. Ja, daar is uitgetrapte paaie, sommige selfs kol-kol teer, maar daar’s landmyne. Daarom bundu-bash ons. Vir my as Kalahariklong heerlik om in die veld te wees. Bedags sit ek op my Rinkhals, vang lekker sonbrand,...

’n Ware vriend
Yuri Thumbran - 2007-10-09
Dit is ’n vriend wat jy nie kan versmaai nie. En vir diegene wat dit ken, was dit in ’n groot mate hul oor op die buitewêreld. Dit is die radio. Vir dié wat nie weet nie, tot met die bekendstelling van televisie in Suid-Afrika in die sewentigs was radio die inding. Oumas en huisvroue het hul Springbokradioverhale getrou gevolg. Dit was amper soos vandag se sepie-gevolg. Stories wat destyds opslae gemaak het, was onder meer Ongewenste vreemdeling, Die wildtemmer, Die...

My oumas
Basie Taljaard - 2007-10-04
Ouma Dina: Haar oorlogtyd Sestien jaar was sy gewees Met meelsakrokkie Op die oop trein Se beestrokke Van Wakkerstroom Na Volksrust En oom Wiesie Wat terselfdertyd Wat op Laingsnek Vir die Kakies lê en wag het Wat vir Boer van Deventer Tereggestel het Skoot in die voorkop Vir twee hamels Aan die Kakies verkoop En jare later by Vaalrivier se drif Sy eie “joiner”-neef wou skiet Bakleityd, sonder-kinders-tyd Vroegopstaantyd Hoenders kosgee ...

''Besoek''
Basie Taljaard - 2007-10-04
(’n Jaar later in ’n leë plaashuis, geboortehuis, grootwordhuis, konsertina-trekklavier-kitaar-eet-kuier-huis.)die stilte groeiword kleinword groot in myword mossievink en tortelduiflaksman lagoor sprinkaangrafaan doringdraad gehangBloekomboom en sipresen wilgers by die spruitdie turksvye blomou sinkplate kraakin die skadu van die bloekomen vra hoekomDie opstal lê leegnet bye wat zoemen hulself kapitalistiesheuningrigmet die vryemark stelselversoensonder aansiens des doodsof...

By die Bad
Mike Olivier - 2007-10-04
“Daar lê sy – wat kan ek nou met haar maak? Vat haar Bad toe.” Volgens oorlewering die bot woorde van ’n ongekunstelde Wentsel-man wat agter Gamkasberg geboer het, wie se vrou enkele oomblikke tevore in haar siekbed die lewe gelaat het. So asof die Bad waarheen hul haar liggaam moes neem, ’n allerlaaste maar hoopvolle poging was om haar terug te bring na waar hy lewend op ’n bankie agter die huis gesit en prewel het. Tragies, as dit werklik gebeur het. Te...

Mannetjies en Tsafendas se wurm
Rudi van Rensburg - 2007-10-04
’n Vlugtige terugblik op die sestigs (’n groot deel van my laerskooljare en my hele hoërskoolloopbaan): Sport Mannetjies Roux se manjifieke drie teen die Leeus van 1962 op die rypwit gras van die Vrystaatstadion. Die Wildeman van die Kalahari wat Sky-high Lee van die VSA met ’n magtige volstruisskop op die planke van die Bulsaal in Bloemfontein neervel. Nuuswaardig Republiekwording. Die moord op dr Verwoerd...

’n Ruiter vir miesies Harrison
Deon Knobel - 2007-10-04
Met die agteruitry uit die parkeerterrein van ’n kettingwinkel hoor hy ’n harde slag en sien ’n ou dame op die grond lê en uitroep: “My leg! My leg!” Flink spring hy uit die motor om haar op te help en vra vir die polisie en ambulans. Sy roep net weer “My leg! My leg!” en vra om teruggeneem te word na haar losieshuiskamer verder af in die straat. Genadiglik is daar geen frakture nie, maar ’n spataarsweer van 35 jaar se vreeslikste lyding.Hy’t...

’n Eerste wit Kersfees in Saujon, Charente Maritime, Frankryk
Deon Knobel - 2007-09-25
Dit was Desember 1961 en die jong mediese student het pas sy vyfde jaar van studies voltooi. Hy word gekies en gedelegeer om namens die familie ondersoek te gaan instel na die toestand van Wilhelm, sy siek oudste broer. Dié het skaars vyf maande tevore per skip op die Jagersfontein uit Kaapstad vertrek om aan die Sorbonne-universiteit in Parys sy nagraadse studies in moderne Franse letterkunde en/of filosofie te gaan voortsit. Nadat hy die inleidende kursusse in Franse letterkunde suksesvol...

Die nuwe lewe
Lidia Theron - 2007-09-25
1951Die twee dogtertjies speel in die yl koelte van die peperboom. Onbewus van die vaal stof wat op hierdie barre aarde oor alles hang, is Nelia besig om ’n pad in hulle poppedorpie te bou en Linda bou winkeltjies. Die skaduwees is besig om langer te word. Die vrou wat tot in die deuropening kom, vee haar hande aan haar voorskoot af, die uitdrukking op haar gesig een van ingebeitelde onvergenoegdheid. “Kom, dis tyd vir julle bad.” Sy draai om en terwyl sy in die huis ingaan, kom...

Die dag toe ek weggeloop het
Lidia Theron - 2007-09-25
1950Niks wou meer vir my reg loop nie. Vir wat my ma so moes aangaan oor die simpel rok, kan ek glad nie verstaan nie. ’n Kerkrok, nogal, sagte seegroen georgette met smokwerk op. Sy het met min geld duur betaal daarvoor, maar hoe anders moes ek dit regkry om haar ook seer te maak, so seer soos my deurmekaar binnekant? Dis hoekom ek ’n lemmetjie gevat het en ’n sny in die rok se voorkant gemaak het. Toe sy daaroor begin praat, moes ek liewer stilgebly het, maar nee, ek sê...

Die eerste operas van KRUIK
Deon Knobel - 2007-09-20
Voor die totstandkoming van KRUIK in 1965 is operas in Kaapstad hoofsaaklik in die stadsaal opgevoer met die Kaapse Stadsorkes. Die produksies van die Parasol van die College of Music van die Universiteit van Kaapstad onder die entoesiastiese leiding van Gregorio Fiasconaro en sy medekunstenaar, die sopraan Desiree Talbot, was hoogtepunte van die musiekkalender in Kaapstad. Die triomfantlike opvoering van Turandot, met Joyce Barker, Gé Korsten en Desiree Talbot in die hoofrolle, bly...

Om kleur te sien deur die oë van my broer
Wini Esterhuizen - 2007-09-18
My broer was anders as ander kinders. Hy was lief vir mense. Tot die juffrouens en menere het van hom gehou. Hy was ál seun in die skool wat die waagmoed gehad het om maats te wees met die enigste seun wat nie ’n begeerte gehad het om na meisies te loer nie. Hy was altyd besig om te leef. Ek was die laatlam in die familie. My broers en suster het al stewig op hulle eie bene gestaan. Wel, hulle het nie eintlik ’n keuse gehad nie, want geld vir karre was daar nie! ...

Koeloe se wraak
Douwlina du Plessis - 2007-09-17
Altyd wanneer Kersfees met afgemete treë begin naderkom, begin ek en my sus beplan aan ’n tafel wat kreun onder Du Plessisgeregte. Sus Annamart maak die romerigste, geurigste aartappelslaai en brosgebraaide hoender. My spesialiteite is skaapboud, varkboud, soetpatats en gebakte aartappels. Ons is mense wat van goeie kos hou. Ma Marthie sorg vir bakke en bakke romerige smelt-op-die-tong yskasterte vol vrugte. Net kalkoen kry jy nie by sulke byeenkomste op ons tafels nie! Die storie...

Nommer asseblief
Deon Knobel - 2007-09-12
Oom Abraham en sy vrou, antie Ênne, en hulle kinders Bertie en Awie was boesemvriende van die Knobelfamilie en het op ’n buurplaas, Weldaad, gewoon. Daar is gereeld op ’n Sondagmiddag oor en weer gekuier en vir die Knobelkinders was die besoek aan Weldaad ’n groot opgewondenheid. Eerstens het die huis binnedeure met pragtige gekleurde glasruite gehad, en dan was daar die kliprantjies waar die sandsteenklip in helder pastelkleure voorgekom het. As daar met ’n maalklip...

Tot voorbeeld en vermaak in die vyftigerjare
Gert Bezuidenhout - 2007-09-12
Om in jou vormingsjare op King William’s Town te woon, was om twee wêrelde te beleef – en pole uitmekaar. Die Afrikaanssprekendes, ver in die minderheid, was nasionaal, kerkgebonde en ongekunstelde steunpilare van die gemeenskap. Die Engelse, daarenteen, met vanne soos Rose-Innes, Newton-James en Geddes-Page, was gesofistikeerd en wêreldwys, onvoorstelbaar sonder hulle gin en tonics, en almal Sappe, natuurlik. Die vroue het rooi lipstiffie en naellak gedra en hul hare...

Perskes pluk vir kuiermense op ’n Sondagmiddag
Deon Knobel - 2007-09-12
Soos toesig hou oor die melkery in die koeistal, was daar ’n tweede taak wat op die plaas Vêrsien op die skouers van die seunskinders gerus het. Dit was naamlik om gedurende die vrugteseisoen en veral op ’n Sondagmiddag perskes te pluk vir die besoekers wat veral graag in vrugtetyd op die plaas kom kuier het. Op ’n goeie somersmiddag kon maklik tien of meer motors in die aanrit voor die huis geparkeer wees en daar was selde net een of twee insittendes – meestal...

Toesig hou by die melkery
Deon Knobel - 2007-09-12
Op die familieplaas Vêrsien was daar ’n paar takies wat die drie seunskinders nie baie geniet het nie. Pa Gideon het geglo dat die seuns met skoolvakansies nuttig op die plaas gebruik moes word en ook deel moes hê aan aktiwiteite wat van die boerdery ’n sukses moes maak. Die eerste taak was om al om die ander week ’n beurt te neem om te gaan toesig hou by die melkery. En daardie jare is die 50 of 60 koeie per hand gemelk deur uitstekende werkers wat die melk uit...

Treinvakansie in die sestigerjare
Wini Esterhuizen - 2007-09-10
As Ma die dag ’n afspraak by die haarsalon gemaak het, het ons geweet dat dit tyd was vir ons jaarlikse treinvakansie! Na so ’n maratonsessie by die haarsalon het ’n baie langer skaduwee as gewoonlik saam met Ma geloop. Pa was ’n grootkop op die spoorweë. Ma het altyd gesê dat hy sommer hoog op in die spoorweë was. Ek het dit geweet, want ek was al by sy werk. Hy het op die tweede verdieping gewerk. Pa het elke jaar ’n vrypas gekry. Hierdie vrypas...

Sestigs – Treinry
Emmie Bedeker - 2007-09-04
Ons was vier kinders (later ses). Om myself in die rede te val: In daardie jare was vier kinders per gesin baie ordentlik. Ieder geval, omdat ons vier kinders was, was die motor baie vol as my ouma ook nog saamgery het. As ons dan van Prins Albert in die Karoo by die familie in die Transvaal wou gaan kuier, het ek en my ouma met die trein vooruit gery.Prins Albertweg, die stasie, was so 40 km uit die dorp. My pa het ons met die groen Cortina weggebring. Op die stasie het my pa op die bord gaan kyk...

My storie oor Kersfees 2004
Bessie de Kock - 2007-09-04
Gou my storie oor Kersfees 2004.Op Oukersaand 2004 slaap ek en my man in die hartjie van Noorweë – in Oslo. Om middernag gaan die brandalarm af, en ons skrik ons terug in Suid-Afrika.Was nie lank nie, of Oslo se hele polisiemag staan in die gange van die woonstelblok. Na baie gesoek en gepraat kom dit uit dat ’n dronk ou die brandalarm stukkend geslaan het.Ons klim terug in die bed, bibberend koud. Buite lê die sneeu meters diep. Ek skakel my klein radio’tjie aan en soek...

My ouma se ses maande
Petrovna Metelerkamp - 2007-09-04
Dis Julie 1956. My ouma se ses maande by ons is verby. Ek kyk hoe sy al die goed in haar kamer inpak. Die koffer waarin haar klere is, staan klaar by die deur. Sy sit op haar stoel en pak foto’s en poskaarte en briewe versigtig in twee kartonbokse op die vloer. Party van die foto’s is op glas, wat sy in koerantpapier toedraai. Ander foto’s van ou mans met lang baarde en van my oupa Willie op sy perd is te groot om plat te lê; sy sit hulle regop in ’n boks. ...

Meneer Beukes
Jaco Fouché - 2007-08-30
Meneer Beukes het ’n baard en lang hare gehad en Engels aangebied – en dit baie goed gedoen. Dit het egter selde gebeur dat kinders goeie punte by hom kry en die meeste van ons is met gemiddelde uitslae deur sy klasse. Een van my maats is na die tweedetaalklas juis om sy punte te verbeter, maar ek wou bly ter wille van kennis wat ek gemeen het ek net by meneer Beukes kon opdoen. Voor ek in standerd agt in sy klas beland het, het hy my een keer daarin geboelie om ’n toespraak...

Toe die Kaapse Vlakte nog veilig was
Afrikaan - 2007-08-30
1966. Dit was nog donker op die koue en nat wintersoggende wanneer ons deur die denneplantasie moet hardloop om die trein te haal op Otterystasie. Die Kaapse Vlakte se wit grond het hard geword onder die dennenaalde, maar as jy eers uit onder die lang denne en verby die laning bloekoms was, was dit die verpestelike sagte sand – die einste sand wat die meeste van die Kaap se groente voorsien. Die meeste oggende haal jy die trein net-net. As jy by die draaihekkie van die spoorwegjaart...

’n Vyfsenttoebroodjie
Yuri Thumbran - 2007-08-30
So ’n paar maande gelede is Ebrahim Saint oorlede. Hy was bekend as een van die min kleremakers in Eersterust. Hy het bekend geraak as Ahbam. Oud en jonk, vet en maer, lelik en mooi het hom so genoem. Wat min mense besef, is dat hy soveel politieke insig gehad het. Hy was ook ’n vertroueling van die ouer garde in ons familie. En hy het baie keer die politieke denke beïnvloed. Vandag wil ek egter ’n ander aspek van Ahbam, die sakeman, besing. Lank voor Eersterust...

1971 – SA Formule 1 Grand Prix
Mike Olivier - 2007-08-30
Dit is 05:30 op 6 Maart en ek neem ’n foto van die opkomende son met my Kodak Istematic 33-kamera vanaf Leeukopdraai op Kyalami. Die baan is 2,55 myl lank met die volgende draaie in kronologiese volgorde vanaf die wegspringrooster: Crowthorne, Barbeque, Jukskeisweep, Sunset, Clubhouse, The Esses, Leeukop en The Kink. Internasionale renjaers gaan vandag op dié baan meeding en ons gaan dit meemaak. Wat ’n bakgat gevoel. Ons vier belhamels het teen oggendskemer met ’n...

1959 – Vakansie in die Klein Karoo
Mike Olivier - 2007-08-28
“Plaas toe? Jippie!” Dit was ’n hele 837 myl van waar ons gewoon het, maar vir ons klomp kleingoed was “plaas” sinoniem met avontuur, avontuur en nog avontuur, asook (sonder dat ek dit toe besef het) ontdekkingsekspedisies in die grootwordproses na plekke in mense se harte wat ’n groot rol gespeel het in my ontwikkeling. My pa is as tweede kind en oudste seun van twaalf kinders (tien seuns en twee dogters) daar gebore en het ’n groot deel van sy kinderjare...

Ek onthou Hillbrow – vroeë eighties
Rooi Charles - 2007-08-28
Hillbrow so vanaf die middel-70’s tot die laterige 80’s. Ek dink aan die plekke wat daar was en aan wat alles daar aangegaan het, en net daai ongelooflike vibe. Waar om te begin? Wat van ... sommer by Club 58. Daar bo in Kotzestraat. Daai huisie tussen al die hemelhoë woonstelduiwehokke langsaan. Daar kon jy gereeld kunstenaars soos wyle Alida White te siene kry. Reg oorkant die straat was Tropical Foods, wat die lekkerste sharwarma kon maak – ek onthou nog hoe daai...

My herinneringe van die sestigs – trembusse en die eerste inryteaterbesoeke
Pieter Goosen - 2007-08-28
Ons het in die somer van 1960 in Rietfontein, Pretoria, aangekom nadat my pa deur sy werk verplaas is. Die stof en vaal skakerings van Windhoek was net ’n vae herinnering. Ek onthou nog hoe vreemd groen alles in ons omgewing was. Naby ons huis het Meyerstraat verbygeloop en ek onthou hoe ek vir ure geamuseerd kon sit en kyk hoe die kondukteur van die rooi elektriese dubbelverdiepingbus gesukkel het om die kontaklatte weer terug op die kragdrade te “manouver” nadat dit afgegly...

Eerstejaar op Stellenbosch in die vroeë sestigerjare
Gert Bezuidenhout - 2007-08-28
Met trane in sy oë het my pa, nadat hy en my ma hulle bedorwe laasteling by Dagbreek in die hande van die innemende huiskomitee gelaat het, by die huis aan my suster verduidelik: “Die bed waarop Boetie moet slaap, is só breed, Harriet.” Met sy hande gevaarlik naby mekaar het hy dan die breedte van die koshuisbed beskryf. Hy wou glo opsluit vir my ’n breër bed by die koshuis laat aflewer, maar gelukkig het my wyse suster hom van die plan laat afsien.Ek sidder nog...

Die bobbejaanboer in Angola: My eerste dag
Bobbejaanboer - 2007-08-27
Dit was op ’n Dinsdagoggend, twee dae voor ek grens toe is, dat my vrou my vra om na die massa in haar buik te kyk. Ek voel dié ding, en stel ’n sonar voor. Sy’s bang sy’t ovariële karsinoom, toe’s sy 18 weke swanger! Kan net met twee dokters gebeur om ’n swangerskap vir vier maande te mis. En dít terwyl sy op die Pil is.Met wondere in my hart is ek die Donderdagoggend 04:00 weg grens toe, met my huilende, swanger vroutjie wat moedig agterna...

Die sewentigs – nasionale diensplig en grensdiens
Paul B - 2007-08-21
Ons het destyds, in 1972, ’n voorsmakie van militêre diensplig gekry toe ons alreeds in die hoërskole met kadette die fynere kunsies van marsjeer, dril en skyfskiet geleer is. Vlagparades en uniforms was gou ’n algemene ding. Ons het gehoor van die “grensoorlog” wat daar in Suidwes se noorde aan die gang was, en elke jong seun het geweet hy sou een of ander tyd deel word daarvan. Vir ons was dit net ’n saak van natuurlike pligsbesef, en jy het dit maar...

Die laaste gebreekte pop kom tot ’n val
Deon Knobel - 2007-08-17
Ma Esther se moeder was ’n nooi Pienaar uit die distrik van Beaufort-Wes. Soos baie jong vroue van Hugenoteafstammelinge gaan sy ná skool vir opleiding aan die Huguenot Seminary for Girls in Wellington. Dis in alle waarskynlikheid hier dat sy die jong sendingstudent Hendrik Andries Roux van die plaas Radyn in Villiersdorp ontmoet. Van hierdie romanse is min besonderhede aan die nageslag oorgedra. Êrens is daar wel ’n klein leerkoffertjie met die liefdesbriewe geskryf tydens...

Die tweede vernielde pop val uit die linnekas
Deon Knobel - 2007-08-17
Met die ooms en tantes en hulle kinders aan die Knobel- sowel as die Rouxkant word hartlike kontak gehou. Daar word dikwels op Vêrsien gekuier. So was daar die oudste oom, Louis, wat met sy dogter Fifi kom kuier het en daarna aan moeder Kay verslag gedoen het oor die snaakse oom Gideon en die seremonie van huisgodsdiens. Oom Pierre, getroud met auntie Mabel (op Engels nogal), ’n nooi Dalton van Ierse afkoms en van die destydse Rhodesië, was oogkundige op Klerksdorp en het...

Vier gebreekte poppe in die linnekas
Deon Knobel - 2007-08-17
Met die dood van die nou blinde ma Esther in 1997 op 89-jarige ouderdom, waarvan die meeste jare vol belewenis en avontuur maar ook groot teenslae en hartseer was, word die oorvol woonhuis van die familieplaas, Vêrsien, aangepak, uitgepak, oorgepak en uitgesoek. ’n Leeftyd van opgaarsels en uitknipsels word versigtig deur suster Estie, broer Deon en kleinsus Thereschen item vir item uitgesoek: kulturele sake, politieke verslae, notules van vergaderings van die Bethlehemse Amateurtoneelvereniging,...

Ugie in die 1940’s
Tiens Pretorius, MW Pretorius - 2007-08-17
Volgens my ma se vertellinge is perdekarre selfs in die 1940’s nog taamlik algemeen gebruik. (Ek gebruik die naam “perdekar” losweg – dit kan enige gedoente wees wat deur perde getrek word.) Baie mense was nog arm; min het motors en elektrisiteit gehad. Vroue moes dikwels self die perde inspan as hulle iewers heen wou gaan en dit was maar ’n gesukkel met steeks perde. Een perd het byvoorbeeld maklik vir die perd langs hom in die kar geskrik en wou dan die hasepad vat....

Herinneringe uit die 1950’s: Twee dorpe
Tiens Pretorius - 2007-08-16
Laat ek nou maar eers dít sê: Ek is een van nege kinders, naamlik nommer sewe. Gelukkig is ons almal welgeskape in die sin dat nie een gebreklik of verstandelik agter is nie, maar ek sal nie sê ons is almal reg wys nie. My eerste herinneringe kom uit die tydperk toe ons in Elliot gewoon het, waar ek in 1951 begin skoolgaan het. Van die skool het ek nie besonderse herinneringe nie; dit was maar die basiese dinge van leer om te lees en te skryf en somme te maak wat my daar...

Sixties – Jan S Marais en sy poppies
Hannetjie Buys - 2007-08-16
Ek wou maatskaplik gaan swot het. My pa het besluit ’n dogter gaan net universiteit toe om ’n man te kry – en daarmee taboe. Vyf basiese beginsels het vir hom gegeld: 1 Jy gaan NG-kerk toe, 2 jy stem NP, 3 jy het ’n polis by Sanlam, 4 jy bank by Volkskas 5 en AVBOB begrawe jou (waar jy vooraf ’n dubbelgraf koop en maandeliks jou begrafnispolis betaal). ’n Onderwyser, die dominee en die bankbestuurder het almal...

Duif, die hersenskim
Amelia Mulder - 2007-08-13
Duif was ’n regte storieman. En soos enige goeie fabelaar kon hy die waarheid so tot ’n kluitjie brei dat jy naand kwaad kon raak vir sy duimsuiery. “Maar was dit regtig?” sou jy vies vra, terwyl jy jou gereed maak vir nog ’n sarsie wolhaarspinnery. “Maar hoe ken jy my, Ajatolla Mina?” het hy guitig gevra en jou saggies aan die wang geknyp. Dit was Duif. Jy het hom nie werklik geken nie. Nie al Duif se stories was bogpratery nie. Sy arms was bedruk met...

Ek onthou die tagtigs
Maya Fowler - 2007-08-13
Dis 1985. Ek en ’n pel sit op die kindergarten se skoppelmaai. Dis pouse. Ons swaai hoër en hoër, want ons is ’n helikopter. Saam sing ons die taaa ta-ta-ta taaa van die Airwolf-temamusiek en ons dink hardop oor wat ’n wonderlike plek hierdie Amerika, land van Stringfellow Hawke en A-Team en mikrogolfoonde en tegnologies gevorderde Barbiepoppe, moet wees. Dít was vir ons ’n goeie rede om nie trots te wees op ons land nie. Nie die Regering se manewales of die...

Die dors van ’48
Estelle Bester - 2007-08-08
Om aan die wintertyd rondom die 1940’s in die kleintyd se Oos-Vrystaatse omgewing te dink, is om te onthou van die lekker stronkkaggelvure, van beesslag en karmenaadjies uitruil, van ’n worsie afgeknyp vir Kaai, die laaimeester op die stasie, en natuurlik vir Eddie, die stoorman by die koöperasie waar die oeste verkoop word. En ’n onthou van soggens te perd plaasskool toe ry as die lug ysig is, die ryp wit lê. Wit soos die glimmende kapok op die Maluti- en Drakensberge...

die gedig as kulturele wapen
Annesu de Vos - 2007-08-08
ek kykna my kindaan die ander kant vandie vertrek, en ek wonder:moet ek hom sy moedertaal laatleer. hy beweerteenoor my: i do not wantto know your little language, mommyen ek dink by myself, dis ook OK julle mense souiemand soos hynie in ’n hysbak laat ry het niedestydsen ek dink van julleniks nie, daaroor. geheel en alniks nie. daarom is dit OKmet myas die tsotsi’sjulle taal vermoorwant julle soumy kind nie toegelaat hetom in ’n parkie saam te ry nieso onlangs astwintig jaar geledewas...

Die engel van die dood kom op besoek na die Knobelfamilieplaas, Vêrsien
Deon Knobel - 2007-08-07
Dit was die jaar 1945, en soos ons as kinders verneem het, was die oorlog pas verby. Daar was glad nie meer die opwinding om saans met aandete “vir die grootmense” uit die bed te sluip om te kom kyk watse ander en lekkerder kos op die tafel was as met die vroeë aandete van die kinders nie. En voorheen kon die verskoning gou gebruik word van “ek het net kom vgga hoevil skippe het weegg gesink.” Met die lees van die nuus was daar tot dan die onheilspellende diep klank van...

Lafenis in die Karoo
Marietha Channell - 2007-08-07
Sodra die somermaande met toenemende hitte aangemeld het, is die groot, ronde sinkdam naby die tuin oopgemaak en leeggetap. Die vrugtebome en al die akkers in die tuin is oorvloedig natgelei. As die dam leeg was, het die tuinier met ’n graaf en staalborsels ingeklim en begin skoonmaak. Al die modder en slyk en gag wat oor die wintermaande versamel het, word met die graaf uitgeskep en die hele dam word geskrop en afgewit met kalk of so iets. Dan begin die lang wag vir die dam om weer vol...

Die Graaf van Bloemfontein
Christa Jonker-Jordaan - 2007-08-07
Ek was in 1973 in standerd nege. Vir my was dit die lekkerste jaar ooit op skool! Dit was ook in hierdie jaar dat my neef en sy ma vir ’n paar maande by ons in die huis kom bly het. Hulle was in ’n groot ongeluk en sy ma moes eers weer leer loop. My ma het haar dus help versorg. Hy was tweedejaar op Kovsies en dit was heerlik om skielik ’n groter “boetie” te hê, een met pêlle! Ek was ’n laatlam en my eie broers was toe toeka al getroud. Elke Saterdag...

EGBOK-manie
Deidré Golding - 2007-08-07
Wie sal ooit daardie EGBOK-manie vergeet? Dit het al wat leef en beef in die destydse PWV-gebied soos ’n groot histerie gepak. Dit was in die laat tagtigerjare toe die destydse Radio Hoëveld met hierdie briljante idee vorendag gekom het. Hulle het die promosie heel waarskynlik geloods om hulle luisteraars se gemoedstemming op die paaie op te beur deur almal “EGBOK”-bufferplakkers op hulle motors te laat plak. Nou wat het hierdie “EGBOK” beteken? Dit was die akroniem...

Die derde vernielde pop tuimel uit die linnekas
Deon Knobel - 2007-08-07
Grootmoeder Esther Gertruida, na wie geslag op geslag se eersgebore dogter vernoem sou word, was ’n nooi Pienaar van Beaufort-Wes. Sy studeer aan die Huguenot Seminary for Girls in Wellington, waar sy haar toekomstige bruidegom, die forse, groot, jong eerwaarde Hendrik Andries Roux, ontmoet. Op die troufoto van die jong egpaar staan die bruid ewe skouer aan skouer met die bruidegom. Snaaks, hulle het dan gesê sy was skaars vier voet agt duim lank? Ja, word verduidelik,...

KlasreŁnie na 25 jaar – MB ChB 1962
Deon Knobel - 2007-08-07
Dit was op die laatmiddagvlug uit die Kaap na George dat ek haar in die venstersitplek in my ry sien sit. Ek het gevra vir nie-rokers, op die paadjie. Dit was na ’n besige week en jaar, en ek het die tamheid van dié tyd van die jaar oor my voel toesak. Eksamenvraestelle opstel, veelvuldigekeuse-orde van die vorige jaar slinks verander om nog ’n paar studente se gebrek aan kennis bloot te stel of hulle vermoë om kritiese strikplekke raak te sien, te toets. Die weer was onrustig...

Oestyd in die Noordoos-Vrystaat
Deon Knobel - 2007-08-07
As jongste van die drie seuns en beslis nie die boerseun nie, is daar wel aangename herinneringe aan die vroeë jare se oestyd op Vêrsien. Soos die “industriële rewolusie” ook sy inslag op die plaas gevind het, het die oesprosedure mettertyd van manuele na meganiese metodes oorgeslaan. Self as “nie die boerseun” nie, kon geen persoon op die plaas nie bewus gewees het van die twee groot oesseisoene nie. As dit mielie-oestyd geword het, het enige swaap...

1976
Leonore Solomons - 2007-08-07
Die stukkie herinnering is nou so helder voor my geestesoog asof dit net gister was. Dit was in die jaar negentien ses en sewentig toe die eerste en grootste politieke betogings oor die Kaapse Vlakte uitgebreek het. Ek was toe dertien jaar oud en in standerd ses. Dit was ’n hele gedoente. Publieke vervoermiddels is met klippe bestook, motorbande is in die middel van die paaie aan die brand gesteek, winkels is by ingebreek, skole en ander publieke fasiliteite is gevandaliseer. Baie mense,...


<< 1 2 3 4 5 6 >>