Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vintage@LitNet

Vintage@LitNet


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Toe die Sappe kaas was ...
Izak de Villiers - 2008-04-22
Vanmiddag trek ek die kaas nader, kaas van Bonnievale. En skielik herinner dit my aan die Groot Stryd van die Kaasfabriek op Bonnievale, waar ek ‘n baie jong predikant was in die laat sestigerjare.Dis ‘n heel gevierde gemeente, waar manne soos prof Jan (Koekjan) de Villiers predikant was. (Die naam Koekjan het hy glo gekry toe hy by die kerkbasaar gevra het dat tafels omgeruil moet word: die susters met die groot koeke hierdie kant en die susters met die klein koekies by die deur …)...

Storie van ’n storie
Ellen Botha - 2008-04-16
Hoe ontstaan 'n storie? Waar begin dit, waar eindig dit? Blote toeval? Of méér as dit? Lees gerus en oordeel self: Karakters Die uwe (Dikke-dy Lewerik) Deon Knobel (Deonevzki, e-vriend) Aggie van Schoor (Stomme Swaantjie) Riana Scheepers (skrywer van formaat) Ongeveer twee jaar gelede kontak Deon Knobel my en vra vir 'n herinnering aan sy broer, die digter Wilhelm. So ontstaan daar 'n e-vriendskap vol erns en lawwighede, 'n mengsel wat wissel van rymelary tot diep...

Gebakte vis
Johan Raubenheimer - 2008-04-16
Ek stap in die kombuis in. Hier êrens in die middel-1960’s. Pas terug van die “viswaters”. Ek is vyf jaar oud en het vir myself gaan vis vang. Oupa Pieter het gisteraand saam met al die ander ooms en groter seuns met die net in die rivier gaan vis trek. Ek kon nie saam nie; jy’t reg geraai – ek is te klein. Nou het ek maar vanoggend vroeg my visstok gevat, ’n paar mossels op die wal uitgegrawe en my eie vis gevang – ’n pragtige, groot...

Ons seegroen motor van die sewentigs
Reusedwerg - 2008-04-15
Ek is vir die Junie 1976-inname opgeroep. Ek moes myself toe nou besig hou tot daardie tyd. Ek verlaat die huis op 2 Januarie met my aardse besittings, naamlik twee tasse en R50 in my sak. Sal nooit vergeet nie, my ma het gehuil. Sy het twee weke gelede ook so gehuil toe die matriekuitslae gekom het. Daardie huil was blydskaphuil. Die R50 was baie geld gewees. Moes my deursien vir die maand. Op ‘n dag kuier ek toe ‘n skoolvriend van my in Pretoria raak. Wil ek nie saam met hom ‘n...

Brief aan Wilhelm: My storie oor Florina Petronella
Deon Knobel - 2008-04-14
9 April 2008 Liewe Wilhelm Vandag het ek nogal baie nuus, sommer so van allerlei en nog wat. Ek het verlede week verjaar en die ongelooflike ervaring gehad om 69 jaar oud te word. Soos almal wat minder jonk word, kan ek ook nie glo dat ek hierdie "hoë" ouderdom bereik het en tog steeds jeugdig en vol lewe voel nie. Behalwe vir lastige osteoartritis in my vingers is ek skynbaar blakend gesond, en drink gehoorsaam my bipolêre instandhoudingspille dat ek nie weer hoog...

Nog 'n brief aan my broer, Wilhelm
Deon Knobel - 2008-04-04
Dagsê Wilhelm Ek kom nou net terug van my daaglikse wandeling met die drie honde na die parkeerterrein net agter ons huis. Ek moes jou al vertel het dat ek en Roy toe vyf jaar na jou dood saam hierdie enorme ou huis bo teen Kloofnek gekoop het van die "vier Bergies" - vier gay manne wat saam die huis besit het en wou emigreer Nederland toe. Hulle kon glad nie die huis verkoop kry nie, omdat dit nie die uitleg vir ’n gesinswoning het nie. Self het hulle dit so ingerig...

’n Somer in swart en wit: 1961
Griet - 2008-04-02
Ek kan nie die presiese datum onthou nie. Net die swart rokke met die wit kantkragies van die ronde tannies op die lang plaasvoorstoep daar in Swartruggens. Dit was Ma se familie vir wie ons gaan kuier het uit die stad. Die lewe in die woesteny van Afrika was nie maklik nie. Vroue het hulle dae om gebid, want God, en net God alleen, het hulle in hierdie hel op aarde onderskraag. Daar was die oggendgodsdiens, en die gebede met ontbyt, en die middagete met gebed, en aandete met aandgodsdiens. Sonder...

Die sewentigerjare
Alta Els - 2008-04-02
Tot dusver was die sewentigerjare vir my een van die langste, een van die eienaardigste, en dalk ook een van die onsekerste dekades in Suid-Afrika. Dalk is die afbakening van ‘n spesifieke tydperk, die vaspen van tien jaar uit ‘n vorige millennium, op sigself die rede waarom dit vir my soos ‘n skaars sigbare voetpad in ‘n onbekende bos voel, ‘n stukkie geskiedenis waarin alles dieselfde maar ook alles anders was – ‘n onvergeetlike kronkelende reis....

Die jare vyftig
Alta Els - 2008-04-02
Het, nes een van die skrywers, ook weggeloop in die jare vyftig – 1958, om presies te wees. Verskil is net, ek was vyf jaar oud. En omdat dit in die begin van ‘n nuwe skooljaar was, was dit soos altyd in Zandrivierspoort se wêreld, daar naby waar Sun City nou is, somer. Heluit warm – sommer vroeg reeds uit die hel uit, sandbrand warm. Weet jy hoe voel warm grond wat jou voete kan brand? Wel, ek het net eenmaal daarna die hitte so erg beleef soos daardie wegloopdag en dit was...

Vroeg in die sewentig
Alta Els - 2008-04-02
Ek kon die jare vroeg sewentig in my gees herroep deur te begin met: So groei ons boertjies op – met wat ons gekondisioneer is om te glo ons volle self is; ons, die Afrikanertjies, witter as lelies aan die Suidpunt van modderige Afrika. Of ek kon dit wyer trek: Buite die grense van ons gewete, en ver verwyderd van ons sorgelose student-wees, drink die aarde gulsig aan die bloed van ‘n hele Viëtnamese dorpie, uitgewis deur Amerikaanse soldate. Ons dra nie meer soleless sandals nie...

Die hippy hippy shake en meer!
Alta Els - 2008-04-02
In die laat sestigs was ek ‘n Boere-blommekind, nie ‘n opregte oorsese Viëtnam-teenstander, make-love-not-war hippie-tipe nie. Nee, daardie spul flower-power-verdagtes het met ernstige lewenskwessies omgegaan en dagga gerook (nie dat ek die twee dinge kan vereenselwig nie, maar dis immers hoe dit vir my voorgekom het). Watter gewone, gemiddelde deursnee Boeretiener in die wonderlike nuwe Republiek het ek nou eintlik omgegee wat buite hulle eie klein wêreld omgegaan het? Vir...

’n Somer in swart en wit: 1961
Griet - 2008-03-19
Ek kan nie die presiese datum onthou nie. Net die swart rokke met die wit kantkragies van die ronde tannies op die lang plaasvoorstoep daar in Swartruggens. Dit was Ma se familie vir wie ons gaan kuier het uit die stad. Die lewe in die woesteny van Afrika was nie maklik nie. Vroue het hulle dae om gebid, want God, en net God alleen, het hulle in hierdie hel op aarde onderskraag. Daar was die oggendgodsdiens, en die gebede met ontbyt, en die middagete met gebed, en aandete met aandgodsdiens. Sonder...

Brief aan my broer Wilhelm
Deon Knobel - 2008-03-19
Hallo daar, Wilhelm Jammer dat ek nou eers weer skryf – 34 jaar na jou dood – maar byna die helfte van my lewe het ondertussen verbygeskiet. Vier jaar gelede, en 22 000 lykskouings later, na ’n loopbaan van 40 jaar in Regsgeneeskunde, het ek afgetree. En weet jy hoe irriterend is dit om oor en oor dieselfde vraag te moet beantwoord? “En wat doen jy nou om jou besig te hou?” Dan skeel dit min, soos jy eenmaal geskryf het: “Na de hel met swem op Sondag!"...

Nog iets oor Ronnie en die aantree van Breyten Breytenbach
Deon Knobel - 2008-03-18
Woensdagaand 5 Maart 2008Dagsê Wilhelm Vanmiddag teruggekom van Stellenbosch – vir bywoning van Universiteitskoorbeheerkomiteevergadering (let op, alles aaneen geskryf – het julle dit opgebreek in jou tyd?). Daarna het ek so bietjie deur die strate gedrentel.Snaaks, ek dink jy sou nog steeds tuis gevoel het daar. Ten spyte van al die politieke druk op ons universiteite om proporsionele rasseverteenwoordiging onder die studentegetalle te verseker, het ek hoofsaaklik wit studente...

Stellenbosch in die Tagtigerjare
OA Barbier - 2008-03-13
Praatjie gelewer deur OA Barbier, tweelingbroer van die afgestorwe AK Barbier, tydens die Woordfees op Stellenbosch, vir Dirk Uys se fringe production Die Boordfees (De Gaulle of it all). Middag. Welkom by die Moordfees.Eerstens moet ek net enige misverstand of verwarring uit die weg ruim. Ek is nie AK Barbier nie, maar wel sy tweelingbroer OA Barbier. AK kan ongelukkig nie vandag hier wees nie; om die waarheid te sê, AK is glad nie meer met ons nie. Hy...

Die 1950’s: My oupa
Tiens Pretorius - 2008-02-26
In sy kamer was daar altyd die geur van peperment en pyptabak. Soms het ek in Aliwal-Noord as tienjarige op my knieë op sy bed gesit, met my bene onder my ingevou terwyl ek die strokiesverhale in die Volksblad lees. As hy inkom, sou hy net ’n soort gromgeluid maak, bedoel as ’n groet, en sy hoed en kierie op die stoel neersit. Dan moes ek skoert. Partykeer het hy my darem ’n peperment gegee. Hy was ’n kort buksie met wit hare om sy bles, ’n dik wit...

Kriek se verhaal – 1
Dina - 2008-02-25
Toe ek anderdag saam met vriendin-sussie Mariet in Buffelsbaai vakansie hou, en sit met ’n glasie droë wit en die branders praat so om my, met my en vir my, voel ek ek wil my lewensverhaal met iemand deel. Dina gaan dit vir my op die net en op papier sit. Ek is Kriekie, gebore 7 Januarie 1953 – só sê hulle, want ek het eintlik twee verjaardae gehad: 10 Mei, en in standerd twee vind ek toe uit dat ek eintlik op 7 Januarie verjaar. Meer daarvan later.My regte name is...

1934: Ons emigreer na die Unie
Marie Olivier - 2008-02-05
Kleinerig en skraal met ’n weglêsnor, maar kwaai, regop en streng – dit was my pa wel. Saggeaard en ingetoë was my ewe hardwerkende moeder. Beide ouers diep gelowig, eerlik en toegewyd om aan ons vyf kinders wat nog aan huis was, die nodigste te bied. Ek het nog steeds oa die kiekie waarop ek en my ouer suster en enigste broer voor in die tuin staan. My broer het altyd interessante goeters gedoen. Ek was maar tien: dis net ek van die drie op die kiekie wat vandag nog leef.Waar...

Karooargief
Jan Theron - 2008-02-05
Môre gaan hulle help skaap bymekaarmaak. Dis nou Keith, Marinus en Jannie. Keith is van die plaas en die ander twee is dorpsjapies. Hulle stap gou oor na ou Dawid-hulle toe. Dit is al skemer. Voor die huisie is ’n asbosskerm. ’n Asbos groei gewoonlik op kaal grond en jy hoef gewoonlik nie ver van ’n plaaswerf te soek om ’n paar met die graaf uit te steek nie. ’n Skerm is ’n wonderlike ding. Dit hou die wind buite en die geselskap binne. Die geskerts en stories...

Ek onthou nie my oupa nie
Estelle Nagel - 2008-02-05
My oupa kon ’n storie vertel waarin ’n kind soos ’n kronkelpaadjie kon verdwaal. Daar is net: ’n knie in ’n verweerde bruin broek, ’n stoel langs ’n Aga-stofie, miskien die vae reuk van tabak wat by lap ingesink het. Die res van my herinneringe is van foto’s in my ma se laai. Verder onthou ek net sy wêreld. Hy het op die vaal stukkie grond tussen Sutherland en Middelpos geboer, teenaan die randjie van die Visrivier, wat nooit geloop het nie. Hy...

Die dag toe John Vorster soos ’n sif gelek het
Charl - 2008-02-04
Tussen 1973 en 1977 was ek die Oos-Kaapse verteenwoordiger van die Afrikaanse Radiodiens (soos dit toe bekend was) in Port Elizabeth. Wonderlike jare.Een van my take was om jaarliks – gewoonlik tussen Kersfees en Nuwejaar – regisseur te wees by die opname van die Eerste Minister, mnr John Vorster, se gebruiklike Nuwejaarsboodskappe. (Ek sal nou-nou die meervoud verduidelik.) Vorster se vakansiehuis was by Oubaai, nie te ver van PE nie, en ek onthou dat hy by minstens een geleentheid in...

Edenville kry ligte
Renée Rautenbach - 2008-01-08
“Die Riemland gaan julle goed doen,” het Pa gesê toe ons twee sussies vir ’n jaar op Edenville by ’n kinderlose tante moes gaan bly terwyl ons ouers in die VSA op 'n fellowship was. Ons was Pretoriase stadskinders met swem-, ballet- en musieklesse en het gedink net plase het nie krag nie, beslis nie ’n dorp nie.1961 was toe die jaar vir Edenville om ligte te kry. Dit het geklink na vreeslike vooruitgang, want selfs op die dorp was daar nog ’n handsentrale...

Vakansie in Swakopmund
Namib - 2007-12-20
Met die vakansieseisoen so aan die gang en die woerts-warts spoed van die moderne lewe, wonder mens of die mense van vandag nie so effe té vinnig beweeg en in dié proses die hele lekkerte van die vakansieproses so in die spoed verloor nie. Miskien daarom dat die mense hulle toevlug in drank, dwelms en vinnige opwinding soos quad-bikes soek? Doer in die sestigerjare was die pad vir ons Suidwestertjies maar lank en swaar na die kus toe. Darem was die laaste stuk nader na die kus...

Flarde: Aggie van Schoor onthou Wilhelm Knobel
Aggie van Schoor - 2007-12-20
Vir Deon Uit en tuis Aggie van Schoor Wilhelm verras my met sy stem in die gehoorstuk: “Ek is t'rug!” (na ’n hele stukkie tyd in die kliniek). “Kom kuier, dan kan jy en my ma mekaar ontmoet.” Na ’n hartlike gegroet gaan Ma aan met haar tuiste-herskepping. Sy verwyder ’n vaas met gewese blomme in water wat al van sy verjaarsdag af daar staan. (Hy was net vir...

Gehijack in Potch
Schalk Bosman - 2007-12-13
As ek reg onthou, was dit die 24ste Mei 1972 dat ’n vliegtuig van SAL op roete van Zimbabwe na Johannesburg geskaak is. Op daardie dag, ’n Sondag, het ons troepe van C-kompanie, 3 SAI, in Potchefstroom reeds gereed gemaak om te gaan slaap toe ’n helse lawaai buite die bungalow losbars. Korporaals en sersante het fluitjies geblaas, teen die deure gehamer en ons almal beveel om op die paradegrond aan te tree. Ons het gedink dat dit net weer ’n manier was om ons rond te...

Kersherinneringe
Gela Wessels - 2007-12-13
In my kinderjare op die plaas is daar elke jaar 'n Kersboom gehou wat deur al die bure bygewoon is. Baie van dié byeenkomste het hul kwota van onvoorsiene voorvalle gehad. Herinneringe wat telkens 'n glimlag mond toe bring. Soos die keer toe oom Gert sy bandjie met Kersliedere in die bandopnemer gesit het, gereed om daardie aand tydens die Kersboom te speel, min wetend dat sy seun Piet later sy eie musiek daarmee geluister het. En toe oom Gert die bandopnemer die aand aansit, toe dawer...

Die mooiste herinnering aan my jeug in Afrika
Deon Knobel - 2007-12-13
Kinderdae op die familieplaas Vêrsien was vol pret en plesier, en ook allerhande takies en werk wat deur pa Gideon uitgedeel was om die kroos van ses (sy eie vier en die twee niggies, dogters van sy suster Katie) besig en uit die kwaad te hou. Nou lekker om aan terug te dink, maar dalk minder lekker toe daar halfvyf in die oggend moes opgestaan word om die perdewa skool toe te haal. In die winter was die grasperk kliphard en wit geryp en al die waterpype toegeys en is kraak-kraak...

Kom laat ons boekevat
Deon Knobel - 2007-12-12
Op Vêrsien, die familieplaas van Gideon en Esther Knobel van Bethlehem en hulle gesin, was boekevat een van die belangrikste daaglikse gebeurtenisse. Na aandete (of "supper", soos ons dit genoem het) het die hele familie bymekaargekom in die “deftige” agtkantige gastesitkamer. Die rusbank met twee gemakstoele was van die sogenaamde Sarel Cilliers-ontwerp, met pragtige gladde swart hand- en rugleunings met wit riempies as mat en rugstut. Sagte dik kussings, oorgetrek met...

Nog ’n formidabele vrou van Versien oorlede
Deon Knobel - 2007-12-06
Op 16 Februarie 2006 is mevrou Nnini Flora Nkomo na ’n onlangse beroerte aanval in die hospitaal op Bethlehem oorlede. Sy word deur die Knobelfamilie onthou as ’n vrou wat byna 60 jaar van haar lewe daaraan gewy het om diens te lewer aan haar werkgewers, eers oom Gideon en tant Esther; en na die huwelik van Henri met Christine Zondagh, het sy die hoofbediende in hulle huis geword en so gebly tot na die dood van Christine in 1996 en Henri in April 1997. Hierna het sy tot haar aftrede...

Goudstad in die late sixties
Buks en Leandré Hanekom - 2007-12-05
In ons dae is ’n vierjarige onderwysdiploma nog met dieselfde status bejeën as ’n graad en onderwysdiploma. Dis eers heelwat later wat dit nie meer die stukkie papier waarop dit gedruk is, werd was nie. Ewenwel, Goudstad Onderwyskollege, daar in Fietas (Aucklandpark), was ook maar net ’n klipgooi van Jan Bom af (Jan Hofmeyrvoorstad). Ons het die wêreld vol gedwaal, van Jan Bom af deur Fietas tot in Makouvlei, die winkelsentrum waar al die studente gewoonlik...

Daar’s ’n Volvo in my hart!
Namib - 2007-12-05
Dis sekerlik nie nodig om van die beloofde en werklike uitkeerwaardes van polisse te vertel nie? Pa het darem self vir my een by geboorte uitgeneem by die Ou Genootskap, gedagtig daaraan om my by ’n universiteit te kry, en toe keer die polis minder uit as wat hy na 18 jaar inbetaal het, om nie eers van die beloofde bedrag te praat nie. Daai gebrekkige groeie wat nie so lekker was nie, sien. Genadiglik het ek darem ’n beurs gekry en met die geldjie wat die polis toe uitgooi, het...

Op soek na Stanley Turrentine
Yuri Thumbran - 2007-11-26
Vanoggend het ’n soektog begin om Stanley Turrentine se Pieces of dreams in die hande te kry. Dit is nou ’n paar maande dat dit aan my krap om dié CD te kry. Ek het die langspeelplaat gehad, maar een van my vriende het dit vasgelê. Die rede hiervoor is dat dit as een van die beste jazz-albums beskou word.Die soektog, of liefs die beplanning daarvan, het my onwillekeurig aan Kortstraat in Johannesburg laat dink. So ’n straatjie wat as skakel tussen Markstraat en die...

''Ek stuur ’n kanarie in jou hart af''
WA Odendaal - 2007-11-20
1957. Die mynbus ratel en skommel soos ʼn wafferse beenbreker. Die ruite, en alles wat los kan raak van die ou omgeboude Ford-weermaglorrie, is reeds aan flarde. ʼn Proto-span van ses gespesialiseerdes om ondergrondse reddingsaksies te onderneem by myne wat brand of met ander rampe, is vroegmôre daarin op pad na ʼn Wesrandse myn. Ondergronds is die myn op groot skaal aan die brand – die houtstutte wat daar gebruik word, het ná ʼn ontploffing aan die brand geslaan....

My vierde Angolastorie – Ons en die Buccaneers
Bobbejaanboer - 2007-11-20
32 Bataljon het ons veggroep kom join, en hulle het aangeland sonder ’n mediese ondersteuningspan. Ek en my medics word toe “gevra” of ons nie saam met 32 wil ry nie, en ná ’n oor en weer gegroet is ons saam met hulle vort. Ek sou KM, die 101-bevelvoerder, eers ’n jaar of wat later weer in 1 Mil sien, toe hy flenters geskiet is en ek vir hom narkose moes gee. Die manne van 32 was ’n totaal ander tipe soldaat as die manne van 101. Die grootste gros is ook...

Skool toe met perdewa en later met Vêrsien se skoolbus
Deon Knobel - 2007-11-20
In haar herinneringe aan Wilhelm skryf sy moeder:“Binne ’n jaar na die geboorte van ons vierde en jongste het twee niggietjies, Marié en Rinie Myburgh, by ons aangesluit sodat daar nou ses kleingoed van een tot agt jaar voltyds op Vêrsien was. In die koshuis op die dorp was Agnes, die oudste Myburghdogter, en vakansietye hulle broer Johan.” En gou moes daar plan gemaak word om met ses kinders huis te hou en toe te sien dat almal goed versorg was. Die drie dogters...

1970's
Douwlina du Plessis - 2007-11-14
Ek het in Warrenton grootgeword en geld vir toer en lang vakansies was maar skaars. Ek was ’n spoorwegkind, maar kan nie onthou dat ons ooit in ’n spoorweghuis gewoon het nie. Ons het ons eie huis laat bou. Met Pa se salaris moes ons kies tussen ’n eie huis en gereelde vakansies. Was darem af en toe Hartenbos toe, want Pa was ’n getroue ATKV-lid. Ons het dus gedink kamp is om sluis te ry by Die Weir tussen Warrenton en Christiana in die Vaalrivier. Dan het ons op komberse...

Pole is propvol speelgoed
Abraham H de Vries - 2007-11-05
Pole is propvol speelgoed: motors en vliegtuie en tenks en vragmotors en bliksoldate van elke batiljon. Tot 'n garingtol-trekker wat my pa gemaak het. Oor die hele Pole is daar 'n dak, want somers kan dit lelik warm word en 'n laphoed beskerm nie altyd jou voorkop en jou kieste nie.Pole is my en Dawid se wegkruipplek vir grootmense. Ons het die teekis nie so genoem nie, Pa het daarmee van die dorp af gekom en die speelgoed daarin gepak, en daardie aand was die speelgoedkis se naam Polekas, want...

Windhoek, SWA, 10 Desember 1959
Namib - 2007-10-26
Sekerlik weet die meeste mense wat Namibië en sy dinge ken, dat dit die groot aand van die Ou Lokasie in Windhoek was toe dinge gebeur het waarop niemand eintlik vreeslik trots was nie en waar die gedagte van ’n weerstand deur ’n organisasie soos Swapo veel meer spoed gekry het. Vandag, met al die politieke myle wat daaruit beskikbaar is, het die storie al vreeslik baard gekry. Die meer populêre weergawe is natuurlik dié van die huidige regering en sy aanhangers, maar...

Glenda uit die sewentigs
Yuri Thumbran - 2007-10-26
Die destydse koerantmaatskappy SAAN se koerante, naamlik The Rand Daily Mail, Sunday Times en The Sunday Express, het daarvan gehou om aan haar dekking te gee. Of sy nou in Boksburg gedans het, of op Pofadder – daar was altyd ’n fotograaf en verslaggewer in die omgewing. Aan die ander kant het Afrikaanse koerante haar optrede veroordeel. Dit was nie die optrede waarmee ’n Boeremeisie vereenselwig word nie. Sy was in die fleur van haar lewe en moes kinders kry, huishou en...

Mbhalu: Rentia en ek besoek ons wortels
Elize Aspeling - 2007-10-26
Dit het vir my en Rentia negentien jaar geneem om op ’n datum te besluit waarop ons uiteindelik weer die plaas kon besoek. Ons is albei nege en veertig jaar gelede op Troostenberg, in die distrik van Umbhalu, voorheen Nelsburg, gebore. Sy wel in die groot opstal en ek in die voormanshuis, die eerste van ’n ry werkershuise bokant die fontein, maar ons verlange na die plaas was al die jare ewe groot. As dit nie was dat ons verlede Woensdag so gesukkel het om die ellendige Albert Matiyase...

Rofstoei en broosheid
Mike Olivier - 2007-10-26
Dis Vrydagaand. Soos my vriend, is ek ook opgewonde oor ons voorgenome bywoning van die rofstoeitoernooi wat oudergewoonte deur oom Bull Hefer in die stadsaal van Johannesburg gereël is.Die aand begin reeds teen skemer, wanneer ons uitgedos in Revolution- bellbottom-jeans, wit skoene, Curson-polonektruie en Man about town-dubbelborsbaadjies met blink knope by ons voorstedelike stasie op die trein wag. Daarby is ons in Pa se waardevolle Old Spice “gedip”, ewe “beskikbaar”...

My derde Angola-storie: Die Stinger, die CIA en die Unitatrawant
Bobbejaanboer - 2007-10-22
Alles was darem nie altyd bloed en trane nie. Daar was ook ligter tye, en insidente waaroor ek nou nog in my binneste glimlag.Ons is nou al meer as drie weke uit Rundu, oor die rivier waar ek my defekasieritueel gehad het, noord in Angola in.Die vorige aand is ons deur Mavinga, ’n vervalle dorp bestaande uit murasies van wat vroeër ’n mooi klein plattelandse dorpie was. Artillerie en bombardemente het die dorp grootliks verwoes, en al wat daar groei, is vlieë en haat.Ons het...

Die dood van adv JG Strijdom
Charl - 2007-10-22
Dit moes gedurende 1958 gewees het toe ek bewustelik en gereeld koerant begin lees het. Ek was nege jaar oud. My pa was ’n intekenaar op Die Transvaler en hy het my aangemoedig om dit daagliks te lees.Hoekom ek onthou dat dit 1958 was, is omdat dit die sterfjaar van eerste minister JG (Hans) Strijdom was. Gedurende die winter van daardie jaar het Die Transvaler met stygende kommer oor Strijdom se ernstige siekte berig. Hy is in die Volkshospitaal in Kaapstad verpleeg, maar die aard van...

’n Dubbeldoor boervroudruk in Zoeloeland, 1982/84
Estelle Bester - 2007-10-22
Kultuurdiversiteit in ons land is so kleurvol soos die landskap, en ewe vol uitdagings. My lewe was nogal volgedruk van die diversiteitsinteressanthede met die gereelde toevoeging van kennis en genoeg avontuur. Avontuur soos dié onverwagse inisiasie tot die ubuntu-praktyk terwyl ek eintlik besig was met ’n ander, meer geordende kultuurding. Daardie jare was uitreik tussen kulture raar en ongereken. Maar Kontak, ’n Afrikaanse vroue-rekonsiliasiegroep, leef toe reeds sedert April...

Die lekkerste lekker
Wilma Robertson - 2007-10-17


Die Roaring Sixties en Hillbrow
Leandré Hanekom - 2007-10-17
Dit was so lekker om ’n student te wees in die Roaring Sixties. Ons was die oorspronklike hippies, met ons bell-bottoms en Chelsea boots en geblomde hempies, in die dae toe Hillbrow nog mak was en mens op ’n somersnag tot drieuur in Hillbrow se strate kon loop en by restaurants, nagklubs met folkmusiek en studente-uithangplekke kon ingaan sonder vrees om gemug te word. Kultuur was ook hoogaangeskrewe en so gaan ek en een van my mede-tweedejaar- gorgeous gay maters een aand...

Uitkamp by Lourenço Marques se “see” – 1949
Daan Joubert - 2007-10-17
Ons ma te worde was ’n Voortrekker, ’n ongetroude offisier. In 1936 is sy saam met die Voortrekkers na Lourenço Marques om te gaan kamp, maar sy het ook vooraf aan almal te sê gehad sy gaan haar man daar ontmoet. Wat toe ook gebeur het: hy, ’n offisier van die Vryheidkommando op die trein vanaf Natal wat by Nelspruit by die Transvaalse en Vrystaatse Voortrekkers se trek aangesluit het. Hulle is in 1938 by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument getroud....

Bocuse, Cardin en Italianas!: Ydelheidjies uit die tagtigerjare
Loammi Wolf - 2007-10-15
’n Mens sonder passie is soos ’n slaappil wat half verdoof deur die lewe dwaal. Daar’s niks waaroor sulke mense opgewonde raak nie en die herinneringe waarop hulle teer, is net so vaal soos verlore stofwolkies in ’n droogte. Die wêreld waarvandaan ek kom, is karig en droog, maar die mense is van die kleurrykste karakters wat ek in my omswerwinge deur die wêreld teëgekom het. Dis passievolle en eksentrieke mense wat daar lewe. Ek weet nie aldag of mens...

Windhoek, Suidwes
Hannes Deetlefs - 2007-10-15
Eers: ’n ongelooflik vreedsame tyd. Die tyd toe my pa nie eens ’n sleutel vir sy motor gehad het nie, sommer net ’n skakelaar. En ons huisdeur is nie eens gesluit as ons met vakansie gegaan het nie! En ons kinders het dit as vanselfsprekend aanvaar dat ons ná die vakansie alles so voorgevind het soos ons dit verlaat het. Dit was die tye van Trompie, wat vir sy maat Rooie die volgende raad gegee het vir wanneer die onderwyser hom weer ’n pak slae gee: “Dink...

Kind van Afrika: bevoorreg?
Christa Jonker-Jordaan - 2007-10-15
Miskien moet ek my verhaal in die sestigs begin. As klein dogtertjie het ’n wonderlike swart vrou, Hester, by ons gewerk. Sy was baie lief vir my en ek vir haar. Sy het my altyd saamgenooi as sy na die plaaswinkel loop en my dan die ongeveer drie kilometer op haar rug geabba. Daar het sy altyd vir my lekkers gekoop. Die hele pad soontoe en terug het sy vir my liedjies leer sing. Sotho-woorde leer sê en stories vertel. Sy het my leer fietsry; sy het my skelmpies gehelp om my skoolklere...


<< 1 2 3 4 5 6 >>