Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vintage@LitNet

Vintage@LitNet


<< 1 2 3 4 5 6 >>

As die wolke sonsteek kry
Johann de Jager - 2008-08-12
Nadat die sengson weke lank die reeds semi-komatiese syn van dier en plant buite só erg verskroei het dat dit deurskyn, en later bloot bewende opgeefsels van silwerige fata morganas aan die lykant van skadulose stingels, koppe en litte was, het daar een middag ’n skokverrassing gewag, ’n fatale orgasme van natuurkragte. Die gees van die boer self was ook al driekwart kaiing, amper veras, toe die wolke onverwags, sonder waarskuwing, stil – geen veraf gerommel nie – wind-op...

Mango, Pringlebaai en voor my eie kaggelvuur
Deon Knobel - 2008-08-07
11 Julie 2008Liewe WilhelmEk skryf vir jou vandag van 31 000 voet bo seespieël uit die vliegtuig van die Mango-lugredery, veronderstel om van die goedkoopste rederye te wees in Suid-Afrika.En wat doen ek hier in die lug soos ‘n verdwaalde voël in vrye vlug?Ek kom nou net terug van die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein. Hoekom? Ek het besluit om weer die voordragprogram oor jou en jou werk wat ek vir jou 70ste verjaardag in 2005 saamgestel het, te gaan voordra. Die feeskomitee het...

Ek onthou die 1940's (Deel I)
Dirk Pretorius - 2008-08-05
Ek is in 1941 op die plaas Felthum in die Macleardistrik gebore, die middelste van nege kinders van Dirk en Emily Pretorius (neé Botha). My pa was voorman op die plaas wat aan ene Scot behoort het. My ouma Pretorius was die vroedvrou van die omgewing. Die plaas was so 20 myl buite Ugie, ’n gehuggie in die Macleardistrik, in die Noordoos-Kaap. Dit grens aan Griekwaland-Oos.Hierdie was nie die eerste werk wat my pa gehad het nie. Hy is in 1913 gebore en dit was reg in die Depressie toe...

Ek onthou die 1940's (Deel II)
Dirk Pretorius - 2008-08-05
’n Kind bereik natuurlik die tyd wanneer sy sorgvrye bestaan tot ’n einde kom en hy skool toe moet gaan. Aan die begin van 1947 is ek dus ook Ugie toe om my skoolloopbaan te begin. Dit was die naaste Afrikaanse skool en my twee ouer broers en twee susters was alreeds daar. Dit het die skeiding met my ouers redelik vergemaklik, maar ek was glad nie ingenome nie. Ek en my twee broers het by tant Martha, ’n oujongnooisuster van my ouma Botha, gebly en my twee susters by ouma Pretorius....

Wie sou dan ’n Afrikaner kon vermoed?
Johann de Jager - 2008-08-05
(Iewers tussen prolete en profete.)“Hiper-, super- en agterbanker-Afrikaners … Selfs eentyd by ’n kranslegging in die helde-akker dwing dié kranksinnige apartigheid hom af.” Barend vertel. Bitter Barend. “En glo dit as jy wil, by dié geleentheid was daar selfs ’n bekende ja-stemmer of twee by die kranslegging. Ons agterbanker-Afrikaners – dis nou die sektes, wederdopers en polities anderspartydiges – sit of staan toe nou maar so agterlangs...

Rugby, koerantopskrifte en 'n movie
Jan Konterdans - 2008-07-28
1960: Wilson Whineray en Piet Spiere du Toit. 1961: Onleesbare landlynfoto's van Tristan da Cunha-vulkaanuitbarsting. Ons word vinnig geleer wat 'n vulkaan is en dat die eilandbewoners van vis en aartappels leef. 1962: Koerantopskrif: “Orkaan tref Kaap – 90 myl per uur”. My ma vat ons skool toe. Sy's bang die dubbeldekkerbus waai om. 1963: Banieropskrif. Ek kuier by my neef en Saterdagoggend 23 November maak hy my wakker en wys my Die Burger: KENNEDY VERMOOR. ...

Swart op wit
Neville Galloway - 2008-07-28
Dit was maar half moeilik om die vallei se boere te laat verstaan dat 'n sleepwa wat die hele jaar onder die afdak staan en een keer 'n jaar gebruik word, gelisensieer moes word. Jy lees die Ordonnansie, maar daar staan mos nie van 'n sleepwa wat jy net gebruik om druiwe na die rosyntjiebaan te karwei nie. Ten minste, dit het nog nooit daar gestaan nie, totdat Ou Duvvie dit beetgekry het. Die man is darem vir jou wetsgeleerd, was die algemene sentiment onder die gemeenskap. Duvvie was nie...

Hominiede op Witwatersrif: 'n Halflegende van ons ontstaan
Johann de Jager - 2008-07-28
Hulle het maar hier gewoon, kan ek my verbeel, in grotte en spelonke; troglodiete dus. Al volgende die sonsiklus het hul stellig pal op en af bly dwaal, al met die rug langs, die geologiese rif wat soos die roof van karwatswonde opgehewe bokant prehistoriese hoëveld-plattegrond opgestoot het uit bloeiende substrata tydens een of ander oer kataklisme. Hier kon hulle ver sien; oor omringende savannes die aantog van gevare lank waarneem, en planne maak. Hulle was tydloos, maar het soos die...

Ons was so jonk
Ena Jansen van Vuuren - 2008-07-22
Ek was 16 en jy 17. Dit was in die laat tagtigs, en ons was besig met standerd agt toe ons die eerste keer van mekaar bewus geword het. Die liedjie van Modern Talking wat hulle gister gespeel het, het al die soet herinneringe weer teruggebring. Ek het jou een foto wat ek van jou wegsteek, weer gaan uitgrawe.Toe begin die drome weer, dit was so werklik.Ons was op die plaas, by die dam. Ek het plat op my rug op die wal gelê; jy het op jou maag langs my gelê, jou gesig het die son weggekeer...

Retro-/kognitiewe/spekulatiewe elemente van bestaan
Johann de Jager - 2008-07-21
(Sou holisties die teenwig van apartighede wees?) My huidige geestesprovinsie van digitale denke en dinge, moes ek - teleurgesteld - al dikwels in dèja-vú verruil vir ’n ver-voorgeslagse verblyf in ys, tundras en noorderligte, onsamehangend oorkant die Urals en steppe iewers, in ’n "oblast" waar ek nou van lees in ensiklopedieë, en tog vaag herken – al manier wat vir my oorbly om te reis. Wat is werklik, tóé, of nou? Terug, kan mens...

Profiel van die Briels
Johann de Jager - 2008-07-17
(Brielisme onder Afrikaners?) Ek het hom weer in ’93, net voor die "onvrede van vereniging", raakgeloop by die biblioteekbus op Bethal-stasie. Op sy uitnodiging het ek gaan kuier by die tweevertrek-spoorweggeboutjie daar naby waar hy ná sy aftrede een of ander reg tot okkupasie gekry het. Die "onvrede" ding was nou wat hy die voorhande eerste demokratiese verkiesing suid van die Limpopo genoem het. Hy het 'n lêer met Vrede v vereniging / Rise &...

1958: Die dag toe ek die gaat gevat het
Tiens Pretorius - 2008-07-16
Ek was dertien en nog ‘n heel onskuldige kind met min lewenservaring, wat maar in die dorpstrate rondgeloop het of saam met maats “cowboys 'n crooks” gespeel het in die veld en bosse om die dorp. Dit was vroeg in die jaar en moes op ‘n naweek gewees het, moontlik na kerk op ‘n Sondag. Daardie detail (die spesifieke dag en datum) kan ek nie onthou nie. My pa het redelik onlangs sy pienkerige Opel Rekord ingeruil op ‘n nuwe, groene met ‘n donkergroen...

Chris Burger – die dood van ’n rugbyspeler, en daarná
IL de Villiers - 2008-07-16
Daar is baie mense wat ’n soort ekstra sintuig het. My eerste onthou van so iets was toe ek so vyf jaar oud was en skielik “hemelse” musiek gehoor het, musiek wat ek met blydskap herken het, wat ek tevore gehoor het, die skoonste melodieë wat my vir minute vasgenael het. Ek het daarna kombuis toe gehardloop en vir Ma geskree: "Draai die radio harder!" Sy het skouers opgetrek en gesê die radio is nie aan nie. Agter ons huis was net berg en ek is terug tuin...

President Jimmy Carter in Springfield Illinois
IL de Villiers - 2008-07-07
1978 Laat 1977 vlieg ek van Johannesburg terug Kaap toe nadat ek ’n reeks programme vir die SAUK opgeneem het. Gedurende die vlug (die vliegtuig was maar leeg) kom sit Lang David de Villiers skielik langs my. Na ’n tydjie het hy sonder omhaal op sy gewone bedaarde manier gesê: "Ná ek nou pas jou sportrubriek gelees het, dink ek regtig jy hoort by een van ons groot koerante.” Ek het geluister. Toe gaan hy voort: “Ek dink jy moet na die VSA gaan...

Die beker
Johann de Jager - 2008-07-07
Bekerwedstryde in die geweste van Vaalrivier se bolope was belangrike geleenthede jare terug, toe drie nog drie was - eers later vier en vyf - want dit het nie elke jaar plaasgevind nie. Mens het ook nooit vooraf vir seker geweet 'n betrokke wedstryd is 'n bekerwedstryd nie. Dit kon jy eers agterkom wanneer die afskopfluitjie blaas, die spanne volledig en reg gekonstitueer opdraf, en nie van die opponente moes leen om span vol te maak nie, in welke geval die wedstryd dan nie bekerstatus mag...

My Lordship
Neville Galloway - 2008-07-02
Ou Mietjie was die oggend vreeslik senuagtig. Sy moes vir die eerste keer in haar sestig somers in die hof verskyn. Praat kon sy praat, skel kon sy skel, en as jy vir haar gehoor het terwyl sy vir die ander volk vertel hoe sy dinge kan regpraat, sal jy nie kan glo dat sy so vreesbevange is vir die hof nie. "Maar wat roep ek die master op die bank?" wil sy aanmekaar weet. "Man, ou Mietjie," sê die sersant goedig, "roep hom my Edelagbare". "Hoese...

Politieke en wetenskaplike kinderdae
Jan Viljoen - 2008-07-02
Liewe Adri Ek wil tog ook ’n paar staaltjies vertel van my kinderdae wat ook met my pa en oupa Jan Viljoen te doen gehad het. Na my oupa se dood in 1957 (ek was toe vyf jaar oud) het dinge radikaal verander op Tierfontein en die belangrike mense soos Blackie Swart en Harm Oost het nooit weer gekom nie. Die ou portrette en foto's is deur my ma afgehaal en versprei onder dié wat dit wou hê en 3 000 boeke is na Kovsies toe. Ek onthou nog die 5-ton-vragmotor wat die boeke...

Hentiesbaai se ontstaan
NAMIB - 2008-07-01
Die vry algemene siening van die geskiedenis van Hentiesbaai is dat Henty van der Merwe vroeër jare op 'n kol na die Suidweskus toe gery het en in die Omarururivier se mond 'n fontein gevind het met vars water, en toe hy nog uitvind ook dat die vis omtrent uit die water spring na jou hoek toe, toe's die gort gaar en het dit sy gunsteling-vakansieplek geword. Die volgende keer het hy van sy pelle saamgenooi en gou-gou was die plek 'n dorp. Dis egter nie alles so eenvoudig nie …Henty van...

Die gladde drif op die pad na Allesverdampen
(Sensusopname 1970)

Johann de Jager - 2008-06-30
Kasparus, of klein Kas Cloete – slegs nog so genoem as hy by sy oupa, ou Kas Cloete kuier – het destyds, doer in 1970, aangemeld om deeltyds sensus op te neem. Maar Petty Cash - later net PC – het gou sy bynaam geword, want selfs sy maters in die Carlton-liga kon dit darem nie weerstaan nie. Klein Kas moes Petty Cash word, oftewel PC dan, in die dae van snaakse name vir rugbyspelers; dis nou maar wors. PC het hom dit stil laat welgeval, want hy het 'n sagte kol vir woorde en name...

Brief aan Wilhelm: Breyten Breytenbach en julle verbintenis deur die jare
Deon Knobel - 2008-06-30
20 April 2008Hallo Wilhelm Vanaand wil ek skryf oor jou eertydse vriend en mededigter, Breyten Breytenbach, en julle verbintenis deur die jare. Elke dag wat ek uitstel, kom meer berigte, verslae van onderhoude met hom en briewe in die media voor - óf op LitNet óf in die algemene dagblaaie. Ek kan skaars byhou en wil jou darem laat weet en ervaar hoe kontroversieel, of liewer hoe belangrik en beroemd, hy is in die oë van baie. Ek het jou al gesê dat daar twee groot...

Die konsert in die park
Yuri - 2008-06-19
Op 12 Januarie 1985 het Operation Hunger die “Concert in the Park” op Ellispark gehou. Dit was ten bate van fondsinsameling om die hongeres te help. En dit was een van die eerste groot projekte wat tannie Ina Perlman aangepak het.Vir die eerste keer het ek my vere reggeskud vir ’n opelugkonsert. Die gevoel en afwagting was anders. Die hart het so nou en dan bollemakiesie geslaan. Verwag hulle dan nie 30 000 mense nie? Met ’n komplimentêre kaartjie in die een hand en...

Chris Barnard – hét ek hom maar beter geken
IL de Villiers - 2008-06-18
Dit was 3 Desember 1967. Ek was in my swart Volkswagen 1500 (wat ’n heerlike kar was dit nie, met ’n seepgladde ratkas) op die sinkplaatpad net agter die koppe van Gouritzmond af na Albertinia aan die ry toe DIE NUUS oor Radio Suid-Afrika gekom het: Dokters in Groote Schuur-hospitaal, Kaapstad, het die hart van ’n jong vrou in ’n baie siek man se borskas oorgeplant. Die man leef, en die “geleende” hart klop goed. Dokters het glo laat blyk dat hulle “tevrede”...

As die Boere begin boikot
Johann de Jager - 2008-06-18
(Dan boikot hulle so dikwels hulself.)(Iewers tussen prolete en profete.)So in die koers van 1946, en voor 1948, het die Sapbewind begin gly, iets wat die Nattes toe spoedig voor die wind laat ry. Pa was ’n Natte, maar sy broers en neefs en die meeste van die boere in die omgewing was nog Smutsmense. Ds Gouws het diskreet nooit laat blyk waar hy stem nie, maar het darem baie by die Smutsgesindes gekuier. Dit was pas na die einde van die Tweede Wêreldoorlog en ’n jaar of drie voor...

1957: ’n Dag op ’n snoekskuit in Houtbaai (Deel 2)
Neville Galloway - 2008-06-11
Toe die deur van die bussie op die hawe oopgemaak word, voel dit kompleet of die rooksakdoek voor my mond weggevat word. Die reuk was nie watwonders nie. Die normale vars seelug was erg besoedel met dieseldampe van skuite en daggadampe van diegene wat sulke goete rook. Volgens die intensiteit moes dit ’n aardige klomp gewees het. Die vrot vis op die planke het die aroma aangevul en atmosfeer aan die boeket verleen. Ek dink ’n Franse boeliebai ruik omtrent so. Ons skuit het op...

Met 'n Escort na PW
IL de Villiers - 2008-06-06
Eens op ’n tyd kon ek self aan my karre werk. Ek en ’n vriend op kweekskool het byvoorbeeld ’n ou Volkswagenkombi op ’n bankrotvendusie gekoop en dit feitlik totaal oorgebou en oorgespuit in donkergroen. My Alfa Romeo se dubbelkeelvergassers kon ek self 100% instel nadat twee Italiaanse werktuigkundiges my een aand in ’n agterplaaswerkswinkel in Sorrento beduie het hoe. (Geen werktuigkundige in die Kaap kon dit na my smaak doen nie en dit was die Alfa se groot geheim.) ...

Oom Nico Retief – Wat wil jy word?
IL de Villiers - 2008-06-05
Dit was September 1952 en ek was in matriek. Ek het stadig van die winkelhaak in die Paarlse Hoofstraat met Nantesstraat opgestap na Meulstraat. Dit was al laatmiddag en oom Nico Retief het aan die sykant van hul groot stoep gesit. Toe ek groet, het hy my nadergeroep. Oom Nico was ’n neef van my pa, seun van oom Niklaas Retief van Klein Drakenstein, my ouma Retief se broer. Oom Niklaas het op Keerweder geboer en was lank voorman van die Sappe in die Paarl én ook voorste bevorderaar...

1957: ’n Dag op ’n snoekskuit in Houtbaai
Neville Galloway - 2008-06-05
“Hei, jy moet opstaan; die roepman is hier!” Was dit nie vir die eternity ring nie, het ek wragtig bly lê. Die Kaapse winters, en veral die oggend, was koud en nat. Drie jersies later, top boots aan en ’n oilskin bo-oor was ek so reg soos ’n man kan kom. “Môre, manne,” klink stinkasems uit die bussie se agterruim vol vissers. Pyp- en zolrook walm die lug toe en net daar oorval die eerste naargeit my. Ruite so toegewasem dat jy nie eers die straatligte...

Herinneringe aan my jeug in Afrika
Middeljare - 2008-06-03
2008Liewe JeugVyf en dertig jaar gelede het jy my naelstring geknip. My herinneringe aan my kinderdae lê afgestof in Afrika.My jeug is ingebrand deur die Afrika-son!My onthou van al die wonderlike rooidagbreekdae sal altyd my toekoms volg.Ek skryf die brief aan jou, my jeug, want ek verlang.Ek verlang deur die kleure van die reënboog, die branderbreek se blou, die volmaan se rond, die wolke se sirkelreis en die winde wat deur my waai.Jy het my uit my kinderskoene gegroei.Jy was my beste...

Oorsig – Uit oerwoud en vlakte
Johann de Jager - 2008-05-27
Sangiro se Uit oerwoud en vlakte was ’n kognitiewe leeservaring, kort na die oorgang tussen die veertigerjare van die 20ste eeu en die vyftigs; ’n voorgeskrewe boek, wat na afloop van die skooljaar ingehandig moes word, maar so begeerlik was dat ek dit oorweeg het om hom as “verlore” aan te meld en die tien sjielings in te betaal. Maar toe kry ek hom present by ’n dame wat vroeg reeds boekliefde by my kon identifiseer, indien nie diagnoseer nie. Retrospektief gesien...

Brief aan Wilhelm, Sondagaand 18 Mei – My kultuurnaweek op Stellenbosch en in Franschhoek
Deon Knobel - 2008-05-27
Naandsê, Wilhelm, dis Sondagaand en net voor nege. Nou net teruggekom van ’n besige naweek van kultuur op Franschhoek en Stellenbosch. Onthou jy nog dat Sondagaande briefskryfaand was en hoe Mamma tot in haar bejaardheid gereeld by die tradisie gehou het om vir haar kinders te skryf, al was dit later ’n gesamentlike brief met deurslagpapier vir die algemene nuus? En dan het sy vir elkeen spesiaal apart meer persoonlike nuus geskryf en o, altyd die vrae van “hoe gaan...

Jan van der Horst – ’n mooi somer
IL de Villiers - 2008-05-27
Maandag 12 Mei lees ek in Beeld dat die Universiteit Stellenbosch ’n nuwe kanselier benoem het. Dis ’n hoë eerbewys, een van die hoogste wat enigiemand kan ontvang. Maar Jan van der Horst, een van Stellenbosch se voorste kanseliers en voorsitter van die Raad, het selfs dít teen die einde van sy lewe as nie meer ter sake en verganklik beskou. ’n Realis en ’n idealis in een persoon – dit was Jan. Wat verby was, was een ding, en wat kom, was vir hom ’n...

Brief aan Wilhelm oor Mbeki
Deon Knobel - 2008-05-21
26 April 2008 Hallo, Wilhelm, soos jy geraai het, nou net van my wandeling by die tarentale teruggekom. Steeds geen teken van Ou Tant Sarah nie. Hier by ons is dit vanaand een van daardie perfekte, soel herfsaande wat so onderskeidend is aan die Kaap. Ek sit selfs met my studeerkamer se buitedeur oop na die tuin. Vanaand wil ek sommer net gesels oor allerhande dinge wat my die afgelope paar dae baie geïnteresseer het - geen hogere letterkundige praatjies nie. Ek hoop jy het my briewe...

Die Messiaen-ondervinding
Johann de Jager - 2008-05-20
’n Ou man kry ’n stel musiekopnames present. Omdat hy so baie van orrelwerke hou, gee sy kinders hom toe die Gesamtausgabe-stel van Olivier Messiaen, Das Orgelwerk, present vir sy sestigste. Die kunstenaar is orrelis by die Drie-eenheidkatedraal in Parys, en ’n gevierde komponis. “Dít sal Pa nou waardeer; hy het self hierdie orrelis se naam genoem,” het sy een dogter gesê toe hulle die bestelling by Universitas plaas, want dit moes van Duitsland af...

1984
Pierre de Lange - 2008-05-19
In 1984 is Lien, my firstborn, 17, Hannelie is 13, Gerda is 10 en Helena 4 jaar oud.Ek is hier in die mid-veertigs en ry die hele Natal en Oos-Kaap plat om mense te leer hoe om rekenaars te gebruik. Snaaks, ek weet nou nog nie self hoe die goed werk nie. Ek vermoed daar’s klein geel mannetjies met spits ore binne-in.Ulene is pas 40 en werk in die poskantoor, waar sy volgens my kinders sê: “Next counter, please.”Ek beleef Lien se merkwaardige debattalent. Ek geniet haar lang...

Eiland
Johann de Jager - 2008-05-19
Ek onthou my verlange-eiland – het altyd – maar nou toenemend, met my menswees in rypingstyd, al was ek slegs vir een week daar, vyftig jaar terug. Verlang, ja, want die mens is nie gemaak om alleen te wees soos ’n eiland nie, selfs al moet hy dit lewenslank verduur, op verskeie maniere. Bring dit juis die ryping van gees? Dit was ’n week van weemoed wat langer as sewe songetye was. Ek kon nie vir die kort vakansie per trein huis toe, verre noorde toe, gaan en daarna betyds...

Brief aan Wilhelm oor "lyf"
Deon Knobel - 2008-05-14
Kaapstad 9 Mei 2008 Liewe Wilhelm Dis Vrydagaand en hier sit ek voor die rekenaar en skryf die brief aan jou. Ek voel effens koud en jammer vir myself dat ek nie êrens die teëls rooi verf nie. Dis nou asof die winter met mening begin toeslaan en vandag was sommer regtig koud hier by ons. Vanoggend vir my 'n hele klomp groente gaan koop. My laaste bloedtoets toon 'n matige verhoging van trigliseriede, een van die cholesterol-fraksies, en dis glo omdat ek te min groente en te veel...

Kinderdae op die plaas
Deon Knobel - 2008-05-14
Die kinderdae op die familieplaas Vêrsien was vir ses woelwaters 'n idilliese paradys. Oestyd, melkery, perskes pluk vir die gaste, koringstroop, skool toe met die perdewa en later die skoolbus, Ou Maarman se ondergrondse pyp waarmee hy sy dagga gerook het - dit was alles deel van die grootword met pret en terselfdertyd 'n groot leerskool. Die lekkerste was as ons hoor ons gaan Vrede toe vir 'n naweek of selfs 'n paar dae se vakansie by oom Schalk en Mamma se suster tant Louisa (Ou...

Ete by Jan Pickard met Jimmy Kruger
IL de Villiers - 2008-05-14
Dit was ’n laat winteraand in 1978 en die gaste het stadig aangekom by die herehuis van Groot Jan Pickard in Bishops Court. Ek was predikant in daardie geweste en Jan se ma en my ma was vriendinne in die Paarl, in Meulstraat. Ek het iets te drinke gaan soek. Die onthaalvertrekke het vol gestaan en by die kroegie het ’n paar mans losskrum gemaak. Die Minister van Justisie, Jimmy Kruger, was in dié groepie geanimeerd aan die woord. Hy het geknik toe ek naderstaan en voortgegaan...

Die man met die stem
Yuri Thumbran - 2008-05-13
Voor die dae van televisie was hy dié man ... die man wat op radio – Springbokradio – met sy stem getoor het. Bykans elkeen in Suid-Afrika het hom geken. Hy was die Gruesome Gresh. David Gresham. Die aanbieder van die Springbokradio Top 20 en Saterdagoggende die Super Dupa Shopper Show by winkels. Min het ek geweet dat ek hom eendag sou ontmoet. Dit was by ’n musiekvrystelling by EMI. Die man was daar. Soos een vroutjie opgemerk het: sjarmant. En vriendelik. En...

Paul Kruger
IL de Villiers - 2008-05-13
Die skielike veroordeling van Paul Kruger uit sekere oorde – is dit maar deel van die sirkelgang van die geskiedskrywing en herskrywing: dat Hitler dalk in die toekoms ’n held kan word en moeder Teresa ’n skynheilige skurk? Ek verbeel my dié prosesse het reeds effe begin? Oor Paul Kruger: My pa, ’n kampkind op Irene (waar die gesin klippe gekou het en ’n broertjie dood is), het altyd gesê: “Hulle het die arme ou man (oom Paul) oorsee gestuur...

Brief aan Wilhelm na die KKNK, deel 2
Deon Knobel - 2008-05-07
17 April 2008 Dagsê weer, Wilhelm Ek kom nou net terug van die lughawe, waar ek ons groot vriendin Aggie en haar reisgenoot Marie Meyer gaan afsien het na hulle vakansie by Waenhuiskrans. Marie het nou wragtie drie paar babasokkies gebrei vir my drie poppe, want, sê sy ewe vol grappe, koue voete is nie goed vir die gesondheid nie. Ek het dit sommer dadelik vir hulle aangetrek en hulle lyk baie tevrede met die resultaat. Sokkies nogal gebrei met die hakkies wat behoorlik met...

Die mooiste herinnering van my jeug in Afrika
Netta Scheepers - 2008-05-06
Ons was ’n groot gesin: agt kinders, vyf dogters, drie seuns. My ouers was baie lief vir kamp. Naweke, vakansies het ons gaan kamp. Ek was in standard nege, 1970, toe ons by Loskopdam naby Middelburg gaan kamp het. Ses kinders, drie kleinkinders en my ouers. My pa het ’n Toyota Hi-Lux-bakkie gehad en ons almal, met al die bagasie, kos en kamptoerusting in daardie bakkie het die pad van Vanderbijlpark aangedurf. Ons het geswem en op staptoere gegaan, maar die lekkerste van alles...

Voor die voorjaar
IL de Villiers - 2008-05-06
Ek is nou in die laaste stukkie najaar van my lewe: eintlik winter. Lank gelede was Paarl-Gimnasium vóór my eintlike voorjaar, voor die seisoene van my lewe eintlik op dreef gekom het met hul hoogtes en dieptes. Gimnasium het aan die agterkant gegrens aan die straat waar ek gewoon het, Meulstraat. Ná my ouers se onverwagte dood het ek, die enigste kind, die voordeur van my geboortehuis agter my gesluit en op ’n helder sonskyndag weggery, bo by Gim verby waar...

Marico
Francois Willemse - 2008-05-06
Ek stap nou die aand teen skemer by ons kombuis in, besig om te stoei met ’n paraffienlantern se pit (ja, tydens beurtkrag!). Toe ek die donker kombuis instap en die paraffien ruik, dink ek skielik aan sundowners en kry die nostalgie my beet oor ’n amperse vergete tye op Groot-Marico. Stof, veld, paraffien, kerswas en brandende hout: Marico. My oupa se plaas op Groot-Marico was en is nog altyd net daar vir rekreasionele doeleindes. Hoewel hy daar grootgeword het, het hy nooit self...

Toe veertig rand nog baie was
Hannes Steyn - 2008-05-06
Dit was 1966. “Johannes Steyn van die standerd 9A-klas. Kom onmiddellik kantoor toe!” My boude het outomaties begin in en uit pers ter voorbereiding van die rottanghoue. Ek ken die hoof se roede beter as enigiemand in die skool. “Wat het jy tog nou weer aangevang, Steyn?” tender Salla Labuschagne hier van agter af. Ek verberg ’n vuis waaruit ’n duim minagtend uitsteek agter my rug en skuifel verby die onnie die Ariesklas uit. “Kom in. Sit, Johannes,”...

Hartbeesfontein 1980’s
Karin Rademeyer - 2008-05-06
Vir jare en jare het die vertrek sonder trappe ons verbeelding aangegryp. Ouma het altyd gegrap dat Count Dracula daar gevangene gehou word. Die ou huis was in die hoofstraat van Hartbeesfontein. Regoorkant Oupa se slaghuis. Die lemoenbome in die voortuin was ons handelhawe. Twee sent ‘n lemoen. Ons het klante oorgewen deur ons tradisionele lemoendans. "Lemoene, lemoene, loop nader met jou skoene!" Tussen die gesmous deur het ek altyd sy oë op ons gevoel. Van bo die huis...

Kleure uit die Sixties
Buks Boude - 2008-05-06
Kaalvoet op 'n plaas en sy skool aan die einde van die vyftigerjare. My totale wêreld. Geld was daar blykbaar nie, en reis anderkant die berge was net 'n droom. Destyds, met die oorgang na die sestigerjare, was daar op radio 'n verhaal van die een of ander held uit ons geskiedenis. Ek dink dit was Gideon Scheepers – of was dit dalk Jopie Fourie? Maak nie saak nie. Wat wel baie saak gemaak het, was die kenwysie: "Al lê die berge nog so blou". Hierdie lied het 'n besonderse...

Eerste deel van ’n brief aan Wilhelm vanaf KKNK in Oudtshoorn - Sondag 23 Maart 2008 en later voltooi tuis in Kaapstad
Deon Knobel - 2008-04-25
Hallo daar Wilhelm Ek skryf vir jou vanaand uit Oudtshoorn, waar ek sedert Vrydag 21 Maart die KKNK-fees bywoon. Soos ’n regte feesganger het ek vanjaar nie ’n huis gehuur of in ’n luukse Bed en Ontbyt-losieshuis bespreek nie. Omdat ek op die nippertjie besluit het om te kom, het ek bespreek in ’n koshuis, meisieskoshuis nogal, en die hostel se naam is Huis Sommers, seker vernoem na ’n familielid van ons laerskoolonderwyseres juffrou Gertie Sommers. Sy was ’n...

'n Vername man
Yuri - 2008-04-22
Oom Windvogel, of beter bekend as oom Wintie, was 'n vername man. Dit was seker wat hy wou voorgee en wat enige kleuter sou dink. Eers later het ek besef dat sy lewe net een gekompliseerde legkaart was. Ek het hom die eerste keer in die laat sestigs gesien. Hy sou altyd by ouma Meraai induik. Mooi opgetof in 'n pak, vilthoed in die hand. Die een ding wat ek uit daardie dae nog klokhelder onthou, is oom Wintie se weeklag oor die verskuiwing Eersterus toe. Oom Wintie was eintlik in sy noppies...

Vernon Koekemoer, Suid-Afrika se antwoord op Chuck Norris
Anton B - 2008-04-22
Hanlie Retief het in Rapport 'n onderhoud gevoer met ene Vernon Koekemoer, Suid-Afrika se antwoord op Chuck Norris. (Superman slaap glo met Vernon Koekemoer-pajamas aan.) Vernon is oorspronklik raakgesien en gefotografeer by een of ander hool in Boksburg met 'n bloesie wat voor toegeknoop is en 'n haarstyl wat herinner aan 'n soort McGyver-mullet gekruis met 'n Pretoria Popsie se groot hare. Billy Ray Cyrus, eat your heart out ... Hy kom van Dogpatch (Brakpan) af. In die Rapport-onderhoud verwoord...


<< 1 2 3 4 5 6 >>