Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 >>

Boeke-Insig Boektafel fokus op illustreerders en kinderboekskrywers
2008-06-09
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman belowe om dié kwartaal iets heel buitengewoons te wees. Boeke-Insig tydskrif (nuutste uitgawe op straat 11 Junie) het twee kuiergeleenthede met Ruda, illustreerders en ’n kinderboekskrywer gereël. Maar daar is nie net onderhoude nie, dié tydskrif gaan illustrasies wys en verduidelik hoe dit werk en gaste gaan vermaak word met die animasievideo van ’n baie bekende kinderboek. Die bekroonde Piet Grobler en Jeanine Henning is ons hoofgaste,...

2008 ATKV-Woordveertjies
2008-05-07
Die 2008 ATKV-Woordveertjies word in samewerking met Sanlam op Vrydag, 29 Augustus tydens ’n prestige-geleentheid in Stellenbosch toegeken. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 30 Mei 2008. Die reglemente en inskrywingsvorms is beskikbaar by www.atkv.org.za Daar kan in die volgende kategorieë ingeskryf word vir die ATKV-Woordveertjies: ATKV-Prosaprys Prys vir Spanningslektuur Prys vir Liefdesroman Prys vir Romanses Prys vir Dramateks ...

Via Afrika and Jan Rabie/Rapport Prizes shortlists announced
2008-05-05
Via Afrika is proud to announce the finalists for the 2008 Via Afrika Literary Prizes. Shortlists have been chosen from over 100 nominations in the five award categories, with a cash prize of R30 000 allocated to each category. The shortlists (listed alphabetically according to title) are as follows:W.A. Hofmeyr (Afrikaans literature across all genres)Asbesmiddag, Etienne van Heerden (Tafelberg)Die windvanger, Breyten Breytenbach (Human & Rousseau)Onsigbaar, Deon Meyer (Human & Rousseau)Recht...

Kuieraand met vertaler van Kuifie
7 Maart 2008 Paarl - 2008-03-04
Op Vrydag 7 Maart 2008 om 19:00 gesels Sonya van Schalkwyk, die Afrikaanse vertaler van die Kuifie-reeks, oor haar werk by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl. Van Schalkwyk woon in Frankryk en het reeds meer as 10 boeke in dié reeks na Afrikaans vertaal. Kuifie is in 1929 geskep deur Georges Remi of Hergé, soos hy beter bekend staan. Hy word beskou as die vader van die moderne Europese strokiesprent en sy styl en gebruik van kleur is internasionaal deur kenners geprys. Die boeke...

Narrating our Healing - Perspectives on Working though Trauma available now at a reduced price from Kalahari.net
2008-01-30


Die Loebi-Leesklub
Martie Kruger - 2008-01-14
Die opvoedkundige webwerf www.kinderwerf.co.za is opgewonde om ons leesklub bekend te stel. Jy kan nou maandeliks lid word en elke maand 'n oorspronklike storie, geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van Babalela) ontvang. Dis egter nie al nie! Saam met die storie ontvang jy dan daaglikse aktiwiteite wat jy saam met jou kleinding kan doen asook leerhulpmiddels soos werkskaarte en leeskaarte en "posters". Elke maand dek dan ook 'n ander tema. Verder ontvang jy ook nog...

Etienne van Heerden is die gas by die eerste Insig-Boektafel in 2008
2008-01-04
Etienne van Heerden is die gas by Boeke-Insig se eerste Insig-Boektafel in 2008. Die aanbieder van dié kwartaallikse driegangete-en-gesprek is Ruda Landman. Van Heerden, wat veral bekend is vir sy romans In stede van die liefde, Die swye van Mario Salviati en Toorberg, se nuutste boek, Asbesmiddag, het einde verlede jaar verskyn. Die Insig-Boektafels word op die volgende datums gehou: • Bloemfontein: Vrydag 22 Februarie (18:30-21:00), Ilanga Estate • Pretoria:...

Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2007: Nuwe stemme kom na vore
2007-12-13
Die name van die finaliste wat meeding om vanjaar se Sanlam-pryse vir jeuglektuur is pas deur Tafelberg en Sanlam bekend gemaak. Die finaliste in die kategorie vir Afrikaans is: Christie Nortjé, van Bloemfontein Chris Karsten, van George Fanie Viljoen, van Bloemfontein Nelia Engelbrecht, van Klerksdorp Jan Vermeulen, van Despatch Derick van der Walt, van Pretoria Ben Viljoen, van Durban Die finaliste in die kategorie vir Engels is: June McKinnon, van Parow-Noord Nalini Sooknanan Pillay,...

R30 000 literêre prys: Die Jan Rabie Rapport-prys 2008
Sluitingsdatum: 18 Januarie 2008 - 2007-12-11
Die Jan Rabie Rapport-prys erken vernuwing en innovering in die Afrikaanse letterkunde, en word jaarliks toegeken aan 'n debuut- of vroeë (tweede) werk deur 'n Afrikaanse skrywer. Die prys is oop vir inskrywings deur alle uitgewers van Afrikaanse fiksie. Alle boeke in die Afrikaanse volwasse fiksie-kategorie wat vir die eerste keer in 2007 gepubliseer is, sal oorweeg word. Dit sluit in romans, kortverhale en vonkfiksie.Die prysgeld vir die 2008 Jan Rabie Rapport-prys beloop R30 000.REËLS:...

Saterdagstemme/Saturday Voices met Harry Kalmer en Dirk Jordaan
Boekehuis, Aucklandpark; 10 November 2007 - 2007-11-06
BOEKEHUIS - Boekwinkel vir Suid-Afrikaanse en Wêreldliteratuur nooi jou uit na ‘n gesprek met Harry Kalmer, skrywer van En die lekkerste deel van doodwees en Dirk Jordaan, debuutskrywer van Die Jakkalssomer.Die twee romans was albei naaswenners in die Sanlam/Insig Groot Romankompetisie 2007. Albei is moordstories en vra vrae oor die impak van misdaad en geweld. In gesprek met die skrywers is Andries Bezuidenhout, sosioloog en Roof van die Brixton, Moord & Roof-orkes.Waar: BOEKEHUIS,h/v...

Marlene van Niekerk ontvang Suid-Afrika se belangrikste prys in die Afrikaanse letterkundige wêreld
27 September 2007 - 2007-09-26
Suid-Afrika se belangrikste prys in die Afrikaanse letterkundige wêreld, die Hertzogprys, word môreaand (27 September) aan die skryfster Marlene van Niekerk vir haar monumentale roman Agaat oorhandig. Die Hertzogprys word vanjaar toegeken saam met die C.L. Engelbrechtprys, ’n vyfjaarlikse toekenning uit die C.L. Engelbrecht Trust. Die oorhandiging vind plaas in die Endlersaal by die Universiteit van Stellenbosch by geleentheid van die jaarlikse bekroningsplegtigheid van die Suid-Afrikaanse...

Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk: 2006
2007-06-27
Die wenners van die UJ-pryse vir Skeppende Skryfwerk Die boek van toeval en toeverlaat deur Ingrid Winterbach is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-Prys vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans. Winterbach het prys van R50 000 vir die beste werk wat in 2006 verskyn het teen sterk mededinging gekry. Op die kortlys was ook: Horrelpoot deur Eben Venter, Memorandum deur Marlene van Niekerk en Adriaan van Zyl, en Verweerskrif van Antjie Krog. Winterbach se vorige roman,...

Bekendstelling van die nuwe boek van avonturier David Grier
Durbanville Hills-wynmakery, Kaapstad - 27 Julie 2007 - 2007-06-08
Die bekendstelling van die nuwe boek van David Grier, die avonturier wat die Groot Muur van China te voet voltooi het, vind op 27 Julie by die Durbanville Hills-wynmakery plaas. Gaste sal eerstehands kan luister na David se vertelling van sy ongelooflike avontuur. Getekende eksemplare van sy boek, Courage and Rice, sal te koop wees, asook individuele foto’s uit die uitgebreide fototentoonstelling oor sy reis wat by dieselfde geleentheid besigtig kan word. David en Braam Malherbe se uitmergelende...

Bederf jou Dad dié Vadersdag saam met Joan Hambidge en Lize Beekman
Die Boer, Durbanville – 17 Junie 2007 - 2007-06-05
Joan Hambidge is meer as net ‘n fantastiese digter met ‘n ongelooflike talent om met woorde te speel – sy is ook ‘n dogter. Genugtig! het onlangs haar nuutste bundel, Dad, bekendgestel. Die bundel word opgedra aan haar Pa. So, voor jy jou Pa weer “bederf” met Old Spice en sakdoeke, vat hom eerder na Die Boer op Vadersdag. Joan gaan van haar gedigte voorlees, Lize Beekman gaan betower met haar stem en dit alles terwyl jy en jou familie kan smul aan ‘n heerlike...

Boekbekendstelling van BeroepsBekering: Konfrontasie, krisis en kenterin
Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum - 18 Junie 2007 - 2007-06-01
Knowledge Resources, uitgewers van besigheidspublikasies, DVD’s en opleidingsmateriaal wat by uitnemendheid geskik is vir die Suid-Afrikaanse mark, stel bekend. Boekbekendstelling: BeroepsBekering: Konfrontasie, krisis en kenterin Plek: Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum, Saal 2.41-2.43Datum: 18 Junie 2007 Tyd: 14:00Toegang: Gratis RSVP: Debbie Atwell - 083 651 1664 Michele Van Eeden - 083 415 1767 Meer oor die boek BeroepsBekering:...

Inligting oor die Sanlam/Insig Groot Romanwedstryd
2007-05-29
Foto: Simone Scholtz Die wenners van Sanlam, INSIG en Tafelberg-Uitgewers se Groot Roman­wedstryd is op 23 Mei tydens ’n glansgeleentheid by Signal Hill Winery aan­gewys. Erika Murray-Theron het weggestap met die groot prys van R40 000 vir haar wenroman, ’n Tapisserie met klein diere. Harry Kalmer is die naaswenner met En die lekkerste deel van dood wees. In die kategorie vir debuutromans is Morné Malan se Suiderkruis: 'n Vrystaa­t-novelle...

Skryfkursus lei tot vyf nuwe boeke
2007-05-28
Agter vlnr: Etienne van Heerden, Willemien Brümmer en Michael Rands.Voor: Ingrid Wolfaardt, Quintus van der Merwe en Nanette van Rooyen. Foto: Monday Paper Vyf manuskripte wat in die magister vir Skeppende Skryfwerk onder Etienne van Heerden se leiding aan die Universiteit van Kaapstad voltooi is, is vir publikasie aanvaar. Die vyf boeke sal in die komende 2007/2008-publikasieseisoene deur Human en Rousseau en Tafelberg uitgegee word. Die bekende Insig-joernalis Willemien...

Boekpraatjies op Saterdae | Book focus on Saturdays
2007-05-25
The volgende skrywers sal om 11:00 op die betrokke Saterdag in die winkel wees om oor hul werk en/of nuutste publikasie te gesels. * The following authors will be in the shop at 11:00 on the respective Saturdays to discuss their work in general or to focus on their most recent publications. 26 Mei Op hierdie betrokke Saterdag sal Ampie Coetzee oor Breyten Breytenbach se nuutste bundel Die windvanger gesels. Antoinette Kellerman, bekende woordkunstenaar en aktrise, sal ’n keur...

Bekendstelling: Deur die oog van 'n perd
2 Junie 2007 - 2007-05-24


Bekendstelling van Tobea Brink se debuutroman Die Hemelklip
22 Mei, Stellenbosch - 2007-05-16


Stoffel se veldnotas word bekendgestel in Centurion
2007-05-14


Christiaan Bakkes se Stoffel se veldnotas
Tygervallei, 17 Mei 2007 - 2007-05-14


Groot Romanwedstryd: Tafelberg-Uitgewers maak langverwagte kortlys bekend
2007-05-09
Hoewel INSIG se deur gesluit word, beteken dit allermins die einde van die Groot Romanwedstryd. Dié gesogte kompetisie wat meer as ’n dekade lank reeds in medewerking met Sanlam en Tafelberg-Uitgewers aangebied word, gaan voort. Daar is selfs nog vroliker nuus vir deelnemers: Sanlam het die prysgeld vir die huidige kompetisie verhoog tot R40 000 vir die algehele wenner en R15 000 elk vir die naaswenner én die debuutwenner! Tafelberg-Uitgewers onderneem om die wenmanuskrip...

Kortlyskandidate vir Via Afrika-pryse bekendgemaak
2007-04-30
Via Afrika maak hiermee die kortlyskandidate bekend vir die 2007 Via Afrika Literêre Pryse. Die Via Afrika-pryse word jaarliks toegeken aan werke wat in die voorafgaande jaar deur Via Afrika se groep uitgewers uitgegee is. Dit sluit in NB-Uitgewers, Jonathan Ball Uitgewers, LuxVerbi-BM, Nasou Via Afrika en Van Schaik Uitgewers. Die Via Afrika Literêre Pryse gee jaarliks erkenning aan uitnemende plaaslike skryfwerk en sluit in die befaamde WA Hofmeyr- en Herman Charles Bosman-pryse...

Kortlyskandidate vir Via Afrika-pryse bekendgemaak
2007-04-25
Via Afrika maak hiermee die kortlyskandidate bekend vir die 2007 Via Afrika Literêre Pryse. Die Via Afrika-pryse word jaarliks toegeken aan werke wat in die voorafgaande jaar deur Via Afrika se groep uitgewers uitgegee is. Dit sluit in NB-Uitgewers, Jonathan Ball-Uitgewers, LuxVerbi-BM, NVA en Van Schaik-Uitgewers. Die Via Afrika Literêre Pryse gee jaarliks erkenning aan uitnemende plaaslike skryfwerk en sluit in die befaamde WA Hofmeyr- en Herman Charles Bosman-pryse vir onderskeidelik...

Lesersontbyt: Marlene van Niekerk gesels oor Memorandum
Vineyard Hotel, Kaapstad 19 Mei 2007 - 2007-04-20
Kom eet 'n laatontbyt saam met INSIG en luister hoe Marlene van Niekerk oor Memorandum gesels. Memorandum, 'n verhaal met skilderye, is die jongste werk uit die pen van Marlene van Niekerk. Dié een het sy aangepak saam met die skilder Adriaan van Zyl. 'Ek en Adriaan het van die begin af besluit dat die teks nie die skilderye direk moes bekommentarieer of 'uitlê' nie en dat die skilderye ook nie illustrasies by die teks moes wees nie,' sê Marlene aan Etienne Britz in hul gesprek...

Akademiepryse 2007
2007-04-01
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 'n vergadering wat op 30 Maart plaasgevind het op die volgende bekronings vir 2007 besluit. Die pryse sal op Vrydagaand, 22 Junie 2007 tydens 'n bekroningsplegtigheid wat by die Universiteit van Pretoria sal plaasvind aan die pryswenners uit die Noorde oorhandig word. 'n Tweede bekroningsplegtigheid sal op Donderdag, 27 September 2007 op Stellenbosch, plaasvind. Besonderhede sal bekend gemaak word. Hierdie verklaring bevat...

Askies, Meneer Wikkelspies - Rona Marx
2007-04-01
Just Done Productions – Publishing would like to announce the release of a new book –Askies, Meneer Wikkelspies by Rona Marx. This volume of poetry is written in Afrikaans. The poems are rooted in contemporary culture – titled "Afrikaners is Plesierig", "Die Taal", "Straatvrou" and "Engel van die Sand" to name a few. The multi-layered poems cover a range of experiences from the struggles of life, love, pure joy to spiritual awakening....

Nuutste roman van Genugtig! uitgewers: ABRA K'DABRA deur Reinet Nagtegaal
2007-03-13
ABRAK'DaBRAReinet Nagtegaal ISBN: 978-0-9584880-6-8 Prys: R159.00 Bladsye: 320 ABRAK'DaBRA is die nuutste roman uit die pen van Reinet Nagtegaal. Haar vorige boek Voorvaders kan vlieg, sê Delores is bekroon met die Insig en Sanlam debuutprys. In hierdie nuutste roman word die stroewe regstelsel teenoor die metafisiese wêreld geplaas. Dit handel oor drie vroue ('n regter, 'n skoonmaker en 'n advokaat) wat binne die strak parameters van 'n regspraktyk soos wafferse hekse met ou resepte...

Bekendstelling van Newelig
2007-03-02


Lizz se speelgoed: ʼn Reeks van ses boeke
Sewe Kleure Boeke - 2007-03-02
’n Nuwe reeks eietydse Afrikaanse speeltekste, deur Lizz Meiring, is nou beskikbaar. Hierdie moderne lokettreffers, geskryf en opgevoer in professionele teater, is geskik vir skooltoneel, kunswedstryde, toneelkompetisies, privaat drama-ateljees, spraak- en dramastudente, klaswerk, toneel-eksamens en oudisies. Waar Lizz ook al optree, word sy gevra waar haar toneelstukke (solostukke, dramas, pantomimes, monoloë, sketse, ens) verkry kan word. Tot nou toe was dit glad nie beskikbaar nie,...

Gesprek sonder grense: Johan Degenaar word 80
2006-12-12
Gesprek sonder grense: Huldigingsbundel ter ere van Johan Degenaar se 80ste verjaarsdagSamestellers: Dirk Hertzog, Etienne Britz, Alastair Henderson Gelamineerde hardeband, 343 bladsye H&B Uitgewers, Posbus 179, Stellenbosch 7599 ISBN 978-0-620-37661-7 Prys R215 (BTW ingesluit) Verspreiding, Bestellings: Protea Boekhandel, Posbus 657, Bergzicht Plaza, Andringastraat, 7599 Stellenbosch Tel: 021-882-9100 E-pos: ls.protea@mweb.co.za Johan Degenaar, internasionaal bekende...

Bekendstelling: die vloedbos sal weer vlieg
28 November 2006 - 2006-11-27


Boekbekendstelling: Die boek van toeval en toeverlaat
Wordsworth Books, Tuinesentrum - 28 November 2006 - 2006-11-08


Jans Rautenbach: Dromer, baanbreker & auteur
Genugtig! Uitgewers - 2006-10-27
GENUGTIG! UITGEWERS STEL BEKEND: JANS RAUTENBACH: DROMER, BAANBREKER & AUTEUR ISBN: 0-9584880-2-9Rakprys: R299.00Boekbeskrywing: ’n Glans koffietafelboek met kleurfoto’s.210mm diep en 295mm wyd. 260 bladsye. Beskikbaar by alle groot boekwinkels en by Genugtig! uitgewers “Ek het met die 34-jarige Jans Rautenbach gaan gesels oor hoe dit gekom het dat hy die Ingmar Bergman van Suid-Afrika geword het. ‘Ek is ’n politieke mens,’ het Jans gesê, die blou-grys...

SAVI/Via Afrika Prys van R20 000 gaan aan tweetalige woordeboek
Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut - 2006-10-02
Click here for the English press release Die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut het op 30 September 2006 sy SAVI/ Via Afrika Prys vir Voortreflike Vertaling vir 2006 aan die redaksiespan by Pharos Woordeboeke toegeken vir die Pharos Afrikaans-Engels Woordeboek/English-Afrikaans Dictionary, ’n verwerkte en hersiene uitgawe van Bosman, Van der Merwe en Hiemstra se Tweetalige Woordeboek. Die span, bestaande uit Madeleine du Plessis (hoofredakteur), Jana Luther, Fred Pheiffer en Wanda Smith-Müller,...

In ’n neutedop, agtien verhale oor Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners
Izak de Vries - 2006-09-12
Saamgestel deur Izak de Vries en Karen SimpsonUitgegee deur Bateleur BooksPrys R69,00ISBN 10: 1 86915 565 3ISBN 13: 978 1 86915 565 0 Klik hier om In 'n neutedop te koop by Kalahari.net In ’n neutedop pak agtien lekkerleesverhale oor die lewens en liefdes van Suid-Afrikaners tussen die neutedoppe in. Die bundel bevat ’n elegie vir Johannes Kerkorrel. Daar is ’n liefdesverhaal oor twee Suid-Afrikaners wat mekaar in Dover ontmoet, asook ’n blog wat geskryf is vanaf ’n...

’n Vaste plek vir Afrikaans
2006-07-20
'n Vaste plek vir AfrikaansSkrywers: Hermann Giliomee & Lawrence SchlemmerISBN 1-920109-16-1SUN PReSS, 2006R 150.00 (BTW ingesluit) Die woelinge oor die voertaalbeleid op kampusse wat eens grootliks enkelmedium Afrikaans was, duur al tien jaar. Dit het in die afgelope jaar véél intenser geword, sonder enige aanduiding dat temperature gaan afkoel. In Pretoria het meer as duisend Tukkies teen die marginalisering van Afrikaans geprotesteer...


<< 1 2 3 >>