Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 >>

LAPA-Uitgewers stel bekend: Die ongelooflikste cool goed
2009-10-02
Hoe berg jou selfoon al daardie inligting? Wat kan die nuutste robotte alles doen? Hoe gaan ’n hologram-TV werk? Ontdek die asemrowende geheime van hedendaagse tegnologiese wonders en die superslim toestelle wat in die toekoms op ons wag. Die supercool wetenskap, ongelooflike tegnologie en briljante uitvindings in hierdie boek sal jou mond laat oophang! Afrikaanse vertaling van Cool stuff exploded uitgegee deur Dorling Kindersley. DIE REEKS Hoe cool goed werk Hoe cool goed werk...

LAPA-Uitgewers stel bekend: Sonja Serfontein en die Groot Kaas
2009-10-02
Sonja Serfontein is dertien. Maar sy is nie ’n gewone dertienjarige nie. Sonja het spesiale kragte. Sy kan ’n honderd keer haar eie gewig optel, haar ore is so skerp dat sy ’n naald kan hoor val ... o ja, en sy kan vlieg. Maar ongelukkig is Sonja (alias X) nie die enigste superheld in die stad nie ... Die irriterende superheld Wolf steel aanmekaar haar kollig. Die Groot Kaas, ’n boosaardige booswig, smee nare planne om die president, te ontvoer. Kan Sonja en Wolf lank genoeg...

LAPA-Uitgewers stel bekend: Aspris Krokkedis
2009-10-02
My boetie is ’n monster, sal IEMAND my tog glo!? Hy’t ’n regte monster-stert, en wrede monster-oë. Hy’s baie rof, hy’s onbeskof, hy breek my goed aspris. Hy krap als om, terwyl hy grom: “Ek’s ’n krokkedis!” ’n Prettige storie op rym oor ’n baie besonderse boetie! DIE SKRYWER Theresa van Baalen het haar eerste stories as kind reeds op haar ma se Olivetti tikmasjien getik, en niemand was blyer oor die uitvinding...

Boekpraatjie op Saterdag, 3 Oktober, met Malene Breytenbach
2009-10-02


Boekpraatjie op Saterdag, 10 Oktober, met met Martie Retief-Meiring
2009-10-02


Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur tydens Augustusmaand met Lekkerleesfees
2009-08-28
Exclusive Books se Lekkerleesfees bestaan uit ’n lekker potjie van die beste klassieke en kontemporêre Afrikaanse literatuur huidiglik beskikbaar. Die Lekkerleesfees, wat gedurende Augustus plaasvind, is ’n viering van ’n wye verskeidenheid van die beste Afrikaanse literatuur, tesame met die bekendstelling van die volgende vyf titels: Audrey Blignault: Uit ’n Dagboek van 'n Vrou deur Marié Heese Thula-thula deur Annelie Botes Sonbrand en braaiboud:...

Melt Myburgh in gesprek met Jelleke Wierenga - hierdie Saterdag!
2009-08-25


Jelleke Wierenga by Protea Boekwinkel op Stellenbosch
2009-08-18


John Miles by Protea Boekhuis op Stellenbosch
2009-08-18


LAPA spog weer met wonderlike kinderboek wat pas hier uit ons stal verskyn het.
2009-07-22
Seeponies en Roset is onderskeidelik nommer 7 en nommer 8 in die gewilde Stalmaats-reeks deur Lize Roux. Daar is net nie EINDE aan Anri se avonture nie! Die groot rooi bad is ‘n pragtige prenteboek. Elke klein water-liefhebbertjie sal MAL wees oor hierdie maatjies wat speel en spat en die badkamer in totale chaos laat. Met Toko het Leon de Villiers weereens bewys waarom hy as skrywer baie hoog gereken word. Shorn is die vertaling van Toko in Engels – ‘n MOET-lees vir ouer tieners...

Onthoukos wen gesogte internasionale kookboek prys
2009-07-02
Onthoukos, saamgestel deur Heleen Meyer met fotografie deur Adriaan Vorster,is op 1 Julie in Parys, Frankryk bekroon met ’n derde plek in die finale rondte van die Gourmand World Cookbook Awards: First Books. 17 Lande is gekortlys vir hierdie kategorie. Die Gourmand World Cookbook Awards is die enigste ware internasionale kompetisie vir kookboeke. Die toekennings wil diegene wat “met woorde kook” bekroon, deurdat dit kleiner internasionale boeke die kans te gee om in hooftaalmarkte...

M-Net Literêre Toekennings 2009: Suid-Afrikaanse letterkunde word vereer
2009-06-15
Die 2009 M-Net Literêre Toekennings het van die beste romans wat verlede jaar in Suid-Afrika die lig gesien het vereer – en een van die wenners se roman gaan as ’n M-Net televisieproduksie verfilm word! Die wenners van die M-Net Literêre Toekennings is Saterdagaand (13 Junie) by ’n glansryke geleentheid by die Bay-hotel in Kampsbaai, Kaapstad, aangewys. Die groot nuus van die aand was Deon Meyer se oorwinning in die nuwe filmkategorie. Meyer se roman 13 uur is...

Wenners van Via Afrika Literêre Pryse by gala dinee aangekondig
2009-06-15
Op Saterdag, 13 Junie 2009, het Via Afrika voortreflikheid in Suid-Afrikaanse skryfwerk beloon toe die wenners van die Via Afrika Literêre Pryse by ’n gala dinee in Kampsbaai, Kaapstad aangekondig is. Soos te verwagte, was die opwinding in die lug tasbaar met vele groot name uit die literêre wêreld en ander vermaaklikheidsektors wat in een vertrek bymekaar gekom het. Soli Philander en Rosie Motene was die gasheer en gasvrou vir die aand en het die gehoor behoorlik vermaak....

Huisgenoot stel boekeseksie bekend
2009-06-05
Wat 'n plesier - ons het boekeblaaie in Huisgenoot!Soveel nuwe boeke verskyn elke jaar dat selfs mense wat dan en wan by 'n groot stadsboekwinkel gaan inloer, nie meer kan tred hou nie. Daarom maak ons in die tweede Huisgenoot van elke maand vir ons lesers 'n venster oop op die reuse boekewêreld daar buite.In ons eerste boekeseksie - 11 bladsye op 11 Junie - gesels ons met vyf skrywers, 17 boeke word bespreek en talle boeke plus twee reuse Otto's word weggegee. Daar is iets...

Etienne van Heerden en Loftus Marais wen die UJ-Pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans
2009-05-20
Klik hier vir LitNet se resensie van 30 Nagte in Amsterdam Klik hier vir LitNet se resensie van Staan in die algemeen nader aan vensters Die UJ-prys vir die beste skeppende skryfwerk in Afrikaans wat gedurende 2008 gepubliseer is, gaan aan Etienne van Heerden se Dertig nagte in Amsterdam. Dit is die negende jaar wat hierdie toekenning gemaak word. Vorige pryswenners was onder meer: Breyten Breytenbach (2007), Ingrid Winterbach (2006), André P. Brink (2005), Marlene...

STORIE-UUR Woensdag 13 Mei om 3nm: NUWE KINDERVERSEBOEK bekendgestel met Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh
Boekehuis - 2009-05-11


Bekroonde Afrikaanse skrywer kom kuier in Hartbeespoort
2009-04-29
Morné Malan, debuutwenner van die Sanlam/Insig Groot Roman-kompetisie 2007, is deur Hartbeespoort se Jasmyn-boekwinkel uitgenooi om oor sy gewilde plaas-en-stad-roman, Suiderkruis, te kom gesels. Die skrywer sal op Saterdag 2 Mei om 12:00 ’n praatjie in die winkel lewer, waarna hy vrae sal beantwoord en eksemplare van sy boek sal teken. “Ek kan nie wag om in Hartbeespoort te kom kuier nie,” sê Malan. “Ek het al soveel mooi dinge van die gebied gehoor –...

Kinderboeke word bekroon
2009-04-03
Twee kinderboeke uitgegee deur LAPA Uitgewers word vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Alana Bailey en die illustreerder Emily Bornoff ontvang op 27 Junie die Tienie Hollowaymedalje vir kleuterliteratuur vir Die Prinses van die Afrikavlaktes. Die gewilde kinderboek-skrywer Jaco Jacobs ontvang die Elsabe Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur vir Willemien en die Geel Kat. Met die verowering van die Tienie Holloway-medalje behaal Bailey en...

SAVI-pryse vir Voortreflike Vertaling en Woordeboeke 2009
Oproep om benoemings

2009-03-04
Die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut rig graag weer 'n uitnodiging aan alle belangstellendes om benoemings vir die SAVI-pryse vir Voortreflike Vertaling en Woordeboeke vir oorweging in te dien. Die pryse is in 2000 ingestel en word vanjaar vir die vierde keer toegeken. Die oogmerk van die pryse is om erkenning te verleen aan voortreflike werk in die amptelike tale van Suid-Afrika en om die publikasie van vertalings van werk wat oorspronklik in een van die inheemse tale van die land geskryf...

Nuwe naam vir Huis der Nederlanden
Anneke van Niekerk - 2009-02-16
Die kulturele en inligtingsentrum Huis der Nederlanden in Pinelands, Kaapstad, het meer as ‘n dekade lank dié naam met trots gedra. Daar was egter genoegsaam aanleiding tot ‘n nuwe naam.Die meervoud Nederlanden het aangedui dat die naam albei die Lae Lande insluit. Die sentrum verskaf naamlik inligting oor sowel Nederland as Vlaandere aan Suid-Afrikaners, en wisselwerking op veral kulturele en taalvlak word tussen die drie lande bevorder. Die benaming Huis het ‘n simpatieke...

'n Vurk in die pad / A Fork in the Road
2009-02-09


Die Unhappy Hour en Loftus Marais
2009-02-07


Onthoukos aangewys as wenner in gesogte kookboek-kompetisie
2009-01-08
LAPA Uitgewers se kookboek Onthoukos, saamgestel deur Heleen Meyer,is pas aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die internasionale Gourmand World Cookbook Awards 2008 se kategorie ‘First Books’. Die Gourmand World Cookbook Awards is die enigste ware internasionale kompetisie vir kookboeke. Die toekennings wil diegene wat “met woorde kook” bekroon, deurdat dit kleiner internasionale boeke die kans te gee om in hooftaalmarkte mee te ding, en is verder daarop gemik...

Maskew Miller Longman soek inskrywings vir kinderliteratuurkompetisie
2008-12-12
Maskew Miller Longman, Suid-Afrika se voorste opvoedkundige uitgewery, soek inskrywings vir hulle 2010-Letterkundeprys in die afdeling kinderliteratuur. Elke jaar organiseer Maskew Miller Longman ’n toekenning vir skryfkuns in al Suid-Afrika se amptelike tale. Die toekenning streef daarna om as stimulus te dien vir verdere letterkunde-ontwikkeling in al elf amptelike Suid-Afrikaanse tale. Dit is die enigste kompetisie wat gelyke mate van belang heg aan al elf amptelike tale. Vorige...

Leeskring 6 Januarie 2009
2008-12-12
Op 6 Januarie 2009 om 20:30 kan u in die program “Leeskring” op RSG (100-104FM) luister na ‘n onderhoud met Marthinus van Bart oor die boek Songs of the Veld, Engelse gedigte oor die Anglo-Boereoorlog (Cederberg Publishers). Dit is ’n heruitgawe van ’n versameling anti-empiregedigte wat in 1902 in Londen verskyn het. Dit was ook die eerste publikasie waarin daar ’n gedig van C. Louis Leipoldt opgeneem is. Van Bart het ’n interessante inleiding geskryf...

See 2009 in with a smile at the Joburg Carnival
2008-12-11
This New Year's Eve, the Joburg Carnival will once again give Joburgers the opportunity to don their glad rags, bid farewell to 2008 and party their way into 2009.Now in its fourth year, this vibrant annual event celebrates the best of Jozi - its spirit, its energy, its creativity, its vibe and, most importantly, its people. With its theme of Nyakaza, the carnival pays tribute to a buzzing city that's on the move.The cherry on top of this year's street parade through the inner city will...

BRAVO!
2008-12-11
Die somer-uitgawe van BRAVO! met Sandra Prinsloo en Gys de Villiers op die voorblad, sal vroeg in Desember op die winkelrakke beskikbaar wees. "Introspeksie was 'n natuurlike temakeuse om die jaar mee af te sluit en die nuwe jaar te begroet" sê die redakteur Carien Loubser. In hierdie uitgawe raak Steve Hofmeyr introspektief en speel voetjie met die donker, terwyl Francois van Coke ‘n aangrypende brief skryf aan die een wat hom eerste lief gehad het.Ongepubliseerde foto's...

Inskrywings vir die 2009 Jan Rabie/Rapportprys vir innoverende prosa word ingewag
2008-12-04
Prosawerk in Afrikaans (romans, novelles, kortverhale of vonkfiksie) wat tussen 1 Januarie 2008 en 31 Desember vanjaar verskyn het en tekens van vernuwing en innovering toon, kom in aanmerking. Dit sluit in debuutwerk of 'n vroeë, tweede publikasie, maar geen vertalings nie. Verlede jaar se wenner was Willem Anker met Siegried (Kwela).Die wenner word op Via Afrika/M-Net se literêre toekenningsaand in die winter van 2009 aangekondig en ontvang R30 000.'n Kortlys word vroeg in...

Japie Basson flap uit
2008-12-01


Nog Steeds op die Parlementêre Kolfblad - met Insigte oor die Afrikaner en Afrikaans
2008-11-28
Die veteraan-politikus Japie Basson het sy hele lewe aan die politiek gewy. In dié tyd het hy aan verskeie partye behoort, onder meer een, die Nasionale Unie, wat hy self gestig het. Hy was een van ses LV's wat die destydse Suidwes-Afrika in die Suid-Afrikaanse parlement verteenwoordig het, en was daarna die agbare lid vir Bezuidenhout, waar hy feitlik 'n instelling geword het. Hy het sy aktiewe politieke loopbaan afgesluit in die Presidentsraad, wat die eerste treë op die weg...

Tom Lanoye op 29 November 2008 by die Huis der Nederlanden
2008-11-27


Boekpraatjies op Saterdae by Protea Boekwinkel, Stellenbosch
2008-11-27
Saterdag, 29 November. Etienne van Heerden sal om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) met sy uitgewer, Etienne Bloemhof, in gesprek wees oor sy nuutste roman, 30 nagte in Amsterdam wat pas verskyn het. Skakel (021) 882 9100 vir meer besonderhede of stuur u navraag na ls.protea@mweb.co.za.Donderdag, 4 Desember. Die derde deel van mnr Japie Basson, oud-parlementariër en bekende politikus, se memoirs sal om 18:00 op die wynlandgoed Lourensford buite Somserset-Wes bekendgestel word. Martie...

Dana Snyman wen Pica-toekenning
2008-11-24


Blou Bulle: 70 Glorie Jare
2008-10-22
Titel: Blou Bulle: 70 Glorie JareOuteurs: Wim van der Berg & Gerhard BurgerUitgewer: Penguin Formaat: HardebandPublikasiedatum: November 2008ISBN: 9780143025863Prys: R200Klik hier om Blou Bulle: 70 Glorie Jare nou by kalahari.net te bestel! Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier - trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig, dat die drome en visie van dié wat hulle vir 'n...

Nagtegaal Teksprys Finaliste vir 2008 word aangekondig
2008-10-22
‘n Rekord aantal tekste is die jaar ingeskryf vir die Nagtegaal Teksprys Kompetisie. Die keurders (EKM Dido, Hennie van Greunen en Nico Luwes) het ure spandeer om deur die 65 inskrywings te werk en te beoordeel. Alle tekste is anoniem en volgens die voorgeskrewe kriteria beoordeel. Na baie besinning het die beoordelaars hierdie week hul punte na die organiseerdes (Dirk en Reinet Nagtegaal en Joho! uitgewers*) deurgestuur. Die punte is verwerk en kommentaar van die beoordelaars is ter harte...

Ronnie Phillips ontvang die Patrick Petersen Gedenkprys
2008-10-22
Die Uitvoerende Bestuur van die Afrikaanse Skrywersvereniging het onlangs besluit om die Patrick Petersen Gedenkprys vanjaar aan die skrywer, Abraham Nicolas "Ronnie" Phillips van Worcester, toe te ken. Ons motiveer as volg:Hy is een van die onwaarskynlikste mense om ‘n skrywers te word. Gegewe sy agtergrond as vroeë-skoolverlater, het hy, ten spyte van dié groot agterstand, skrywer geword. Nie net dien hy as rolmodel vir hulle wat uitsigloos is nie, maar hy motiveer juis...

Werkswinkel in kortverhale by die Breytenbach Sentrum
2008-10-15
Ná die groot sukses van die vorige skryfskole, bied die Breytenbach Sentrum op 21 en 22 November ʼn kortverhaal-werkswinkel aan met Rachelle Greeff as die aanbieder.Greeff is 'n bekende en gewilde skrywer. Haar kortverhale het reeds die CNA-debuutprys, die Sanlam Literêre Prys, en die RAU-prys vir Kreatiewe Skryfwerk ontvang. ʼn Kortverhaal van haar is ook genomineer vir die Caine-prys vir Afrika-literatuur en haar debuutroman is in Nederlands en Duits vertaal. Haar nuutste...

TT Cloete ontvang vanaand erelidmaatskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
2008-09-25
Die bekroonde digter en Hertzogpryswenner, prof. T.T. Cloete, ontvang Donderdagaand 25 September te Potchefstroom die hoogste eerbewys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, naamlik erelidmaatskap. Die oorhandiging vind plaas in die Konserwatoriumsaal van die Noordwes-Universiteit om 19:00. Prof. Cloete was jarelank verbonde aan die Akademie en was ook geruime tyd lid van die Letterkundige Kommissie. Hy was vroeër hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die toenmalige PU vir...

Amanda Patterson facilitates Writers Write, twice a year
2008-09-10
Amanda Patterson only facilitates her course, Writers Write, twice a year. If you would like to be taught by The Write Co founder in either Johannesburg or Durban, please read on.The ideal course for any short story writer, novelist or non-fiction writer is Writers Write. This takes a you all the way through the writing process to a polished, publishable way of writing. You can have your book or you can have your excuses. You can't have both. ~ Amanda PattersonDo you Want to Write a Book?The...

Woordeboekpraatjie by die Huis der Nederlanden
2008-09-02
U word deur die Huis der Nederlanden vriendelik uitgenooi na 'n praatjie deur dr. Frikkie Lombard oor die onderwerp: Hoe boeiend is woordeboeke? Dr. Frikkie Lombard is verbonde aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) op Stellenbosch. In dié praatjie sal gekyk word na fassinerende figure uit die woordeboekwêreld, o.a. Samuel Johnson en James Murray. Hy sal ook 'n uiteensetting gee van watter soorte woordeboeke daar is, en hoe hulle van mekaar verskil. Die wonderwêreld...

Goggatjie se Kinderliedjies DVD
2008-09-01
Die eerste Goggatjie DVD is uiteindelik hier! Die Goggatjie se Kinderliedjies DVD gee vir die eerste keer LEWE aan Goggatjie met 35 minute se voetstamp, opvoedkundige liedjies van die treffer CD: Goggatjie se Kinderliedjies.Met elke liedjie, beeld Goggatjie en sy goeie vriende Erika, Nàthin en Bianca ‘n toneeltjie uit, sodat die kinders belangrike lewensvaardighede kan leer op ‘n genotvolle manier - soos om hande te was en om jou land skoon te hou. Daar is ook die opsie om subtitels...

Koop-ʼn-Afrikaanse-boek-dag
Amanda de Stadler - 2008-08-08
Soos die afgelope vier jaar al, is dit op 14 Augustus 2008 weer "Koop-ʼn-Afrikaanse-boek-dag" wat deur die Vriende van Afrikaans gekoördineer word. Dit val saam met die jaarlikse Afrikaansweek (11 - 17 Augustus) wat landwyd deur Afrikaanse instansies en skole gevier word. Almal wat belang het by Afrikaans, word gevra om op 14 Augustus een Afrikaanse boek te koop, om te hou of om weg te gee. Dit is 'n bewusmakingsveldtog wat ten doel het om die aandag te vestig op die fantastiese...

Presissie en vakmanskap van gedigte met Jonkerprys bekroon
2008-08-06
Megan Hall se digbundel Fourth Child is pas aangekondig as die wenner van die Ingrid Jonker-debuutprys wat vanjaar aan `n Engelstalige werk gaan. Die toekenning word in vroeg in September tydens die Stellenbosse Versindaba aan haar oorhandig.Die beoordelaarskomitee het bestaan uit die digters Gabeba Baderoon, Kobus Moolman en Ingrid de Kok. Baderoon en Moolman prys die sorgvuldige vakmanskap en emosionele slaankrag van Hall se werk aan. Die verse, wat hoofsaaklik oor verlies en verdriet handel, getuig...

Nuwe dramas by Genugtig!
2008-07-30


Exclusive Books Lekkerleesfees
2008-07-30
Boekbekendstellings | Wen ’n geskenkbewys Flikflooi met jou woordeskat by Exclusive Books-winkels landwyd gedurende Augustusmaand met hul “Lekkerleesfees”. Met hierdie spesiale promosie, wat spesifiek op Afrikaanse literatuur fokus, wil Exclusive Books dankie sê aan hul getroue Afrikaanse lesers, en ook Afrikaans-dag vier, wat op 14 Augustus 2008 plaasvind. Marius Greeff, Exclusive Books se adjunkbemarkingsbestuurder, sê: “Exclusive Books vergroot sy...

Ontmoet Corlia Fourie op 23 Julie 2008 by die Boekehuis in Aucklandpark
2008-07-22


Francois Toerien joins Novel Idea
2008-07-21
Francois Toerien's 22-textisode seriliased story Onderweg was launched by Novel Idea today. Francois joins nine other top South African authors – including Lauren Beukes, Diane Awerbuck and Henrietta Rose-Innes – in this innovative new project, which sees fiction commissioned for the mobile platform distributed to readers throughout South Africa for next to nothing.*Francois Toerien is an actor, director, voice-over artist, TV presenter and writer of the sketch comedy show Die Francois...

Daniel Hugo se vertaling van Tom Lanoye se Een slagerszoon met een brilletje nou beskikbaar
2008-07-16
Titel: ’n Slagterseun met ’n brilletjieOuteur: Tom Lanoye (vertaal deur Daniel Hugo)Genre: Fiksie (kortverhale)Prys: R130.00 (BTW ingesluit)Hardeband/Sagteband: SagtebandAantal bladsye: 120 AgtergrondDie Vlaamse skrywer Tom Lanoye het geen bekendstelling in Suid-Afrika nodig nie. Reeds in 1996 het hy met die opspraakwekkende Kartondose – die eerste van sy tekste wat deur Daniel Hugo vertaal is – ’n huishoudelike naam geword. Die opvoering van sy drama Mamma Medea (vertaal...

Boekpraatjie: Karin Cronje se Alles mooi weer
2008-07-14


Boeke-Insig Boektafel fokus op illustreerders en kinderboekskrywers
2008-06-09
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman belowe om dié kwartaal iets heel buitengewoons te wees. Boeke-Insig tydskrif (nuutste uitgawe op straat 11 Junie) het twee kuiergeleenthede met Ruda, illustreerders en ’n kinderboekskrywer gereël. Maar daar is nie net onderhoude nie, dié tydskrif gaan illustrasies wys en verduidelik hoe dit werk en gaste gaan vermaak word met die animasievideo van ’n baie bekende kinderboek. Die bekroonde Piet Grobler en Jeanine Henning is ons hoofgaste,...


<< 1 2 3 >>