Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 >>

ATKV-huldiging: Charles Fryer
Danie Botha - 2008-05-06
Hierdie toespraak is deur Danie Botha gelewer tydens die ATKV se huldiging van die veteraan-skrywer en -uitgewer Charles Fryer.Ds Symington, Elias Nel, gaste, Loreinne en Charles Charles, ons is vanaand bymekaar om te sê: In jou 62 jaar het jy baie beteken vir die Afrikaanse taal en kultuur, vir ons letterkunde en toneel.Charles het grootgeword in ʼn wêreld wat vele ander ook tot skryf gebring het: Calvinia se kontrei, die Hantam. Die wêreld van Leipoldt, Elise Muller, Boerneef,...

Breyten Breytenbach met UJ-Prys bekroon!
Willie Burger - 2008-04-25
Die Universiteit van Johannesburg-prys vir Skeppende Skryfwerk gaan hierdie jaar aan Breyten Breytenbach se digbundel, Die windvanger. Breytenbach het reeds die prys aanvaar en die prys sal op 16 Junie by die Universiteit aan hom oorhandig word.Die UJ-Prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan die beste skeppende werk wat in die vorige kalenderjaar verskyn het. Die keurpaneel van 9 lede (4 lede van die UJ se Departement Afrikaans, drie akademici van ander universiteite en twee joernaliste) was dit...

Hou Asbesmiddag sy kritici op hulle plek?
Etienne Britz - 2008-03-03
'n Ongunstige resensie van 'n boek is dikwels pynlik om te skryf. Die resensent maak die skrywer teen wil en dank seer en hy knou sy boek. Hy is verplig om te sê as hy nie van 'n boek hou nie, en waarom nie, want hy het die verantwoordelikheid aanvaar om lesers oor die boek in te lig en hulle van eerlike advies te bedien. 'n Resensent het selfs die taak om 'n swak skrywer plat te slaan indien dit nodig is om hom van sy literêre ambisies te red. En hy mag 'n insinking in die werk van 'n...

Commendatio vir die Sanlampryse vir Afrikaanse Jeuglektuur 2007
2008-02-25
Die oes van voortreflike jeugboeke in Afrikaans rondom die tema tegnologie laat ons met groot opgewondenheid oor die potensiaal van nuwe en jonger skrywers wat op die voorgrond tree. Die keuringsproses is in twee fases afgehandel: eers ʼn voorkeuringsproses om ʼn kortlys op te stel en daarna die finale keuring. Reeds in die voorkeuringsproses was daar moeite om tot ʼn kortlys van ses manuskripte te kom – dit was uiteindelik sewe.Die skrywers was Chris Karsten, Fanie Viljoen, Christie...

Sanlam-pryse vir Jeuglektuur 2007 in Kaapstad toegeken
Kabous Meiring - 2008-02-20
Pryswenners vlnr: Derick van der Walt - Afrikaans (Goud), Dill D’achada - Engels (Goud), Fanie Viljoen - Afrikaans (Silwer), Tsireledzo Mushoma - Tshivenda (Goud), John Coetzee - Engels (Silwer) en Kabelo Duncan Kgatea - Setswana (Silwer) Die Sanlam-pryswenners vir Jeuglektuur 2007 is Dinsdagaand 19 Februarie by die Two Oceans Akwarium in Kaapstad aangewys. Met ʼn paar haaie en seeskilpaaie wat agter hom rondswem, het Danie Marais die program gelei en die wenners een vir een aangekondig.Eloise...

Edmund White van naderby
Hennie Aucamp - 2007-11-20
Skrywer: Edmund White My LivesUitgewer: Bloomsbury (hardeband), 2005Prys: R272,81 (hardeband); R171.00 (sagteband)ISBN: 0 7475 7522 3 Reeds vanaf die tagtigerjare van die twintigste eeu het die naam Edmund White gesag in literêre kringe, en nou, in die nuwe millennium, is hy onteenseglik die doyen van gay skrywers. Sy menings, aangehaal op die agterplat van nuwe gay- en gayverwante boeke, geld as ’n stempel vir standaarde, want White is roekeloos eerlik in sy waardebepalings –...

In stede van 'n psigoanalise: Narkotiese ritmes van 'n onophoudelike trom
Joan Hambidge - 2007-05-30
Etienne van Heerden 2005 In stede van die liefde Kaapstad: TafelbergISBN 9780624043249 213 bladsye R195.00 I Etienne van Heerden se roman In stede van die liefde is ’n roman oor verglyding; oor geweld; oor artefakte en kuns; oor paranoia; oor dwelmmisbruik; oor die familiewe-lewe; oor die okapi; oor selfmoord; oor kinderdiefstal – ’n volledige mise-en-abyme waardeur die leser van een vertelling tot ’n ander oorbeweeg.[1] In In stede van die liefde word...

Eben Venter, inwonende skrywer by NIAS
Eben Venter - 2007-03-15
As jy ‘n writer-in-residence hier by NIAS (Netherlands Institute for Advanced Study) in Nederland word, loop jy in die vars spore van K Sello Duiker, David Mitchell (van Cloud Atlas-faam) en die gevierde Nederlandse skrywer Thomas Rosenboom. Die NIAS nooi jaarliks by die 50 vakkundiges uit om navorsing te doen in die mens- en sosiale wetenskappe. Een van die vakkundiges is altyd ‘n skrywer. Die NIAS-kampus bestaan uit ‘n aantal 1920’s herehuise tussen hoë beukebome,...

Jeanne Goosen kry dit reg met Ons is nie almal so nie (1990)
CN van der Merwe - 2007-03-15
Ons is nie almal so nie (nuwe herdruk)Jeanne GoosenKwela Boeke ISBN-10: 0-7957-0242-6ISBN-13: 978-0-7957-0242-6 Sagteband148 ppR110 “Hoekom het jy dan ’n ‘mind’, as jy hom nie kan ‘change’ nie,” sê ’n vriend van my graag. Met dit in gedagte, het ek besluit om maar my “mind” te “change”. Dit is nou die laaste aflewering in my reeks oor die top twintig Afrikaanse romans van die negentigerjare, en...

''Die roerendste verhaal wat ek in ’n baie lang tyd gelees het''
Eben Venter se Ek stamel ek sterwe is nou ook in Engels

CN van der Merwe - 2007-03-15
Skrywer: Eben VenterR125.00Uitgewer: Tafelberg-uitgewersISBN: 9780624042723Sagteband224 bladsye English translation of Ek stamel ek sterwe now availableAuthor: Eben VenterR160.00Publisher: Tafelberg Publishers Ltd ISBN: 9780624044253 Softcover 276 pages Ek stamel ek sterwe My beautiful death Toe ek ’n student was,...

Memorandum: 'n verhaal met skilderye: Kanttekeninge deur Joan Hambidge
Joan Hambidge - 2007-02-20
Memorandum: ’n verhaal met skilderyeMarlene van Niekerk en Adriaan van ZylHuman & RousseauISBN-10: 0-7981-4729-6Hardeband met stofomslag144 ppR245 IEtienne Britz illustreer in sy uitvoerige analise van Marlene van Niekerk / Adriaan van Zyl se Memorandum dat geen leser ooit hierdie teks finaal sal kan deurgrond nie. Sy bespreking – wat resensies van ander kritici bevat, asook onderhoude en ’n skrywersoorsig – is te lese op Insig se webruimte (www.insig.com – afgetrek...

De Aar: Boeddhisme | Bhuddism
2006-07-03


Die toetsbord se verbode vrugte
Melt Myburgh - 2006-07-03
'n Verslag oor die Sunday Times-plagiaatgesprek by die Kaapstad Internasionale Boekfees Laat ek nou maar eerlik wees: vir iemand soos ek wat (goddank!) buite die dampkring van die akademie staan, het die debat oor intellektuele eiendomsreg en plagiaat wat opgevlam het ná Stephen Watson se literêre sluipmoordpoging op Antjie Krog, my aanvanklik koud gelaat. (Terloops, ek weier om enige bronne te erken as ek nie daarna voel nie – ou Jimmy Kruger kan my maar lekker sue uit sy katakombe.)...


<< 1 2 >>